Skip to content
Question paper

Consumer Studies Grade 12 NSC Supplementary 2018 Question Paper

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2018, 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201818 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) 1 Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20 2 Die Verbruiker 20 20 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising 40 40 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D. 1.1.1 'n Hernubare vorm van elektriese energie: A Steenkool B Fossielbrandstowwe C Windenergie D Kernkrag (1) 1.1.2 Aksynsbelasting is betaalbaar op … A 100% lemoensap. B versoete drankies. C gepasteuriseerde melk. D verouderde wyn. (1) 1.1.3 James het 'n tweedehandse televisiestel by sy buurman gekoop. Die kontrak het dit duidelik gestel dat sy buurman geensins aanspreeklik sou wees indien die televisiestel enige probleme sou gee nie. Dit is 'n voorbeeld van … A 'n vrystellingsklousule. B grysgoedere. C 'n afkoeltydperk. D onbillike sakepraktyk. (1) 1.1.4 'n Antioksidant wat die immuunstelsel van 'n persoon met HIV/Vigs versterk: A Kalsium B Helium C Selenium D Natrium (1) 1.1.5 Die voedingstof wat nodig is om die absorpsie van yster deur die liggaam te verbeter: A Kalsium B Vitamien C C Vitamien D D Kalium (1) 1.1.6 'n Voordeel van organiese voedsel: A Groter opbrengste B Laer produksiekoste C Pesbestand D Gesonder produkte (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.1.7 'n ... is die voedselbymiddel wat voorkom dat die bestanddele in roomys van mekaar skei. A Emulsifiseerder B Bleikmiddel C Verdikkingsmiddel D Preserveermiddel (1) 1.1.8 Die koste van 'n porsie mieliemeel het tussen April 2015 en April 2016 met 43,7% gestyg. Hierdie prysstyging kan 'n ernstige negatiewe impak op … hê. A voedselinvoere B geneties gemodifiseerde voedsel C organiese voedsel D voedselsekerheid (1) 1.1.9 Die ooreenkoms tussen die aantal mense wat haute couture en uitgediende modes dra, is dat ... A modevoorbeelde duur is. B min mense gesien word wat die mode dra. C die meeste mense nie die mode ken nie. D dit aan die einde van die modesiklus voorkom. (1) 1.1.10 EEN van die volgende loopbane het die grootste invloed op jou keuse van klere vir 'n werksklerekas: A Bankier B Mediese dokter C Binnehuisversierder D Kelner in 'n restaurant (1) 1.1.11 'n Regeringswerknemer kan regeringsbystand kry om eiendom te koop deur middel van … A 'n polis. B 'n subsidie. C regeringsversekering. D hervestigingstoelaes. (1) 1.1.12 Die beginsel wat daarop gemik is om toestelle te ontwerp wat deur enigeen gebruik kan word: A Dekoratiewe ontwerp B Funksionaliteit C Volhoubaarheid D Universele ontwerp (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.1.13 'n Eenmalige fooi wat deur 'n bank gehef word om 'n huisleningsaansoek te verwerk: A Aktebesorgingsgeld B Aanvangskoste C Registrasiegeld D Diensfooi (1) 1.1.14 Die etiket hieronder lig 'n verbruiker oor die … van 'n toestel in. A energiedoeltreffendheid B omgewingsimpak C kostedoeltreffendheid D waterverbruik (1) 1.1.15 'n Ekonomiese stofsuier wat die beste kopie sal wees vir 'n verbruiker met beperkte stoorplek, maar 'n groot area om skoon te maak: A Silindervormige stofsuier B Stofsuier wat in die hand gehou word C Staafvormige stofsuier D Regopstaande stofsuier (1) 1.1.16 Die faktor wat die doeltreffende produksie van kwaliteitprodukte beïnvloed: A Kliënteverhoudings B Afleweringstrategieë C Voorraadbeheer D Volhoubare verbruik (1) 1.1.17 Die faktor wat verseker dat produkte altyd dieselfde is: A Voldoen aan spesifikasies B Noukeurige beheer van finansies C Beplanning van produksie D Netjiese werkplek (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.1.18 Die stelling wat 'n produksieplan verduidelik: A Totale tyd nodig om die produksiekoste van 'n produk te bereken B Maak 'n lys van die grondstowwe wat nodig is om 'n produk te maak C Afmetings wat nodig is om 'n kwaliteitproduk te verseker D Gekontroleerde werkspas van die begin tot die einde van produksie (1) 1.1.19 Marknavorsing is belangrik omdat dit … A die verbruikers se voorkeure bepaal. B verseker dat die produk winsgewend sal wees. C die entrepreneur in staat stel om 'n instandhoudingsplan te kies. D aandui waar die entrepreneur meer produkte kan vind. (1) 1.1.20 Die faktor wat tot sommige entrepreneurs se mislukking bydra: A Het 'n passie vir die besigheid B Gee af en toe krediet aan klante C Werk lang ure D Boots die verkoopprys van mededingers na (1) 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.2.5 kontantverkope. 1.2.1 Jenna Juweliersmaatskappy voer horlosies deur nie-amptelike verspreidingskanale in (1) 1.2.2 Nadat Normia vir skoene betaal het wat sy aanlyn bestel het, het sy ontdek dat die maatskappy nie bestaan nie. (1) 1.2.3 Eddie, 'n onderwyser, het 'n stel kastrolle gekoop nadat 'n verkoopspersoon 'n demonstrasie by die skool gelewer het. Toe hy sy begroting nagaan, het hy besluit om die bestelling binne drie dae na aankoop te kanselleer. (1) 1.2.4 Verbruikers betaal maandeliks geld in 'n gesamentlike bankrekening in. Aan die einde van die jaar koop hulle kruideniersware wat hulle dan onder mekaar verdeel. (1) 1.3 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.4 spaargeld. 1.3.1 'n (Semi-geskoolde/Geskoolde) werker werk onafhanklik en produseer hoë kwaliteit produkte. (1) 1.3.2 Die huur van 'n perseel vorm deel van die (vasgestelde/veranderlike) koste van 'n besigheid. (1) 1.3.3 Om te bepaal of 'n entrepreneur met 'n besigheid moet voortgaan, moet hy of sy (kwaliteitsbeheer toepas/'n uitvoerbaarheidstudie doen). (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.4 Kies die behuisingsopsie in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.5 G. KOLOM A KOLOM B BESKRYWINGS BEHUISINGSOPSIE 1.4.1 Abongile verdien R3 400 per A bou maand. Die gesin het twee kinders en het nog nooit B koop, gebruik 'n huislening voorheen eiendom besit nie. C regeringsgesubsidieerde 1.4.2 Yuclin se werk vereis dat hy behuising elke jaar of twee deur die land moet reis. D huur 1.4.3 Sasha is baie kreatief. Sy E gebruik 'n eiendomsagent geniet dit om die huis te versier en om in die tuin te F voltiteleienaarskap werk. Die gesin besit 'n erf. 1.4.4 Sanda en sy gesin het 'n stabiele inkomste en spaargeld. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.5 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1 2 3 4 Swart skouerlose Oopmou-rok met Blou moulose rok Swart moulose kreukellinnerok pienk en oranje van rekbare slooprok met gedrukte motiewe kleedstof horisontale en vertikale pylnate [Bron: www.woolworths.co.za] Kies VIER KORREKTE stellings met betrekking tot die rokke hierbo. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Rok 1 is heel moontlik 'n modegier. B Rok 2 is heel moontlik 'n modegier. C Rok 4 is die beste voorbeeld van 'n klassieke styl. D Rok 3 is die beste voorbeeld van 'n klassieke styl. E Rok 1 is die minste geskik vir professionele drag. F Rok 4 is die minste geskik vir professionele drag. G Rok 4 sal die illusie skep dat die vrou groter is. H Rok 2 sal die aandag van die middellyf en die heupe weglei. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.6 Bestudeer die bestanddelelys hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Pastaslaai (Bedien 6) 250 g pasta 500 g streepspekvleis/macon 250 mℓ pitmielies ½ komkommer 200 g kersietamaties 200 g cheddarkaas 250 mℓ mayonnaise 250 mℓ volroomjoghurt sout en swart peper Kies VYF KORREKTE stellings met betrekking tot die pastaslaai hierbo. Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Die slaai het 'n lae vetinhoud. B Die slaai het 'n hoë mono-onversadigde vetinhoud. C Dit is geskik vir 'n persoon met hoë bloedcholesterol. D Dit kan help met die voorkoming en bestuur van osteoporose. E Die spekvleis/macon kan 'n bymiddel bevat wat kanker kan veroorsaak. F Die slaai kan help met die voorkoming en bestuur van anemie. G Die slaai is geskik vir 'n persoon met 'n melkallergie. H Dit is nie geskik vir 'n persoon met glutenintoleransie nie. I 'n Persoon met laktose-intoleransie kan die slaai eet. J Die komkommer sal help met die versterking van die immuunstelsel. (5) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEVAARLIGTE FLIKKER VIR DIE MIDDELINKOMSTEGROEP IN SUID-AFRIKA Dit raak al moeiliker vir middelinkomsteverbruikers in Suid-Afrika om vir voedsel op die tafel te sorg. Stygings in inflasie, petrol en dieselpryse maak dit finansieel moeiliker vir verbruikers. Daar word voorspel dat inkomstebelasting in 2017 ook sal styg. [Aangepas uit Beeld, 31 Oktober 2016] 2.1.1 Definieer die term inflasie. (2) 2.1.2 Beskryf die uitwerking van inflasie op die koopkrag van die rand, soos wat dit in die uittreksel hierbo voorspel word. (2) 2.1.3 Noem TWEE maniere waarop die regering inkomstebelasting van middelinkomsteverbruikers verhaal. (2) 2.1.4 Verbruikers betaal brandstofbelasting/-heffings op elke liter petrol of diesel wat hulle koop. Verduidelik waarvoor hierdie brandstofbelasting/-heffings gebruik word. (1) 2.1.5 Verduidelik hoe die verhoging in die petrol- en dieselprys sal bydra tot die uitdagings wat Suid-Afrikaners het om vir voedsel op die tafel te sorg. (3) 2.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Neo besit 'n woonstel op die vyfde verdieping van 'n woonstelblok. Hy raak dikwels ontslae van medikasie, wat reeds die vervaldatum bereik het, en vuil seepwater deur dit in die toilet weg te spoel. Hy het die gewoonte om die kraan te laat loop wanneer hy skeer en wanneer hy kosmaak, spoel hy sy vetterige kastrolle onder lopende water af. Beskryf TWEE maniere waarop Neo waterbesoedeling kan voorkom. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 2.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Jake was nog nooit agterstallig met die betaling van sy huishoudelike munisipale dienste nie. Die munisipaliteit het vir lank nie die elektrisiteitsverskaffer betaal nie. Die verskaffer het besluit om tussen 06:00– 08:00 en 17:00–19:30 vanaf Januarie 2017 geen elektrisiteit aan huishoudings in die munisipale gebied te verskaf nie. [Aangepas uit eNCA.com 18 Januarie 2017] 2.3.1 Noem TWEE huishoudelike munisipale dienste, buiten elektrisiteit, wat gelewer word. (2) 2.3.2 Verduidelik of Jake 'n verantwoordelike verbruiker is of nie. (2) 2.3.3 Analiseer tot watter mate enige TWEE partye in die scenario hierbo hul verantwoordelikhede ten opsigte van munisipale dienste nagekom het. (2 x 2) (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Gee VYF voedingsriglyne om hipertensie te bestuur. (5) 3.2 Noem VIER oorsake van ystertekort-anemie. (4) 3.3 Skryf 'n paragraaf om die uitwerking van hoë glukemiese indeks (GI)-voedsel en lae glukemiese indeks (GI)-voedsel op die bloedglukosevlakke te verduidelik. (4) 3.4 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KYK NA JOU HART MET HIERDIE GESONDE-HART- VOEDSELVERVANGINGS … Aartappelskyfies → springmielies Botter → canola-olie vir voedselbereiding Wit, verfynde meelblom → bruin, volgraanmeelblom [Bron: Pick-n-Pay Fresh living magazine, Oktober 2016] Verduidelik die redes vir die vervanging van die voedsel hierbo: 3.4.1 Aartappelskyfies vervang met springmielies (2) 3.4.2 Botter vervang met canola-olie vir die bereiding van voedsel (4) 3.4.3 Wit, verfynde meelblom vervang met bruin, volgraanmeelblom (2) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Skool in 'n klein landelike gemeenskap het baie min infrastruktuur. Die skool sukkel finansieel en tog hou hulle jaarliks 'n sportdag. Daar is baie boere in die gemeenskap wat organiese boerdery beoefen. Hulle borg die skool met mieliemeel en vars melk vir ontbyt en rou maalvleis, rys en groente vir middagete. Hulle verskaf ook emmers water uit 'n privaat plaaslike dam. Die skool kon 'n klein, draagbare gasstofie koop waarop hulle die kos gaarmaak. Terwyl hulle die maalvleis vir middagete berei het, het hulle gas opgeraak. Almal het gou geëet en met die program voortgegaan. 'n Paar uur later het die leerders en personeellede erge maagkrampe en waterige diarree, wat later bloederig geword het, ontwikkel. Sommiges moes gehospitaliseer word. 3.5.1 Identifiseer die voedseloordraagbare siekte wat die leerders en personeellede ontwikkel het. (1) 3.5.2 Beveel die behandeling aan wat die geaffekteerde leerders en personeellede moet ontvang. (4) 3.5.3 Stel VYF maniere voor waarop die leerders en personeellede besmet kon gewees het. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Sonia voel oorgewig. Soms kan sy dit nie help om groot hoeveelhede voedsel te eet nie. Agterna voel sy skuldig en depressief en braak sy alles wat sy geëet het. Haar bekommerde moeder het haar na 'n dokter geneem wat behandeling voorgestel het. 3.6.1 Noem die eetversteuring waaraan Sonia ly. (1) 3.6.2 Analiseer hoe die volgende sal bydra om Sonia te help om te herstel: (a) Sielkundige behandeling (4) (b) Voedingkundige onderrig en behandeling (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 4: KLEDING 4.1 Noem VIER faktore wat modeverandering beïnvloed. (4) 4.2 Noem TWEE eienskappe van die piek-/hoogtepuntstadium van die modesiklus. (2) 4.3 Verduidelik die belangrikheid van veelsydige items vir 'n werksklerekas. (2) 4.4 Bespreek hoe jou kennis van standaardmodeneigings, klassieke modes en modegiere toegepas kan word wanneer jy 'n basiese werksklerekas beplan. (6) 4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. John is 'n argitek en boukontrakteur. Hy werk meestal buitenshuis. Dit is sy taak om te verseker dat die geboue wat hy ontwerp het, volgens spesifikasies gebou word. Analiseer hoe die somer John se klerekeuse sal beïnvloed met spesifieke verwysing na: 4.5.1 Weerstoestande (4) 4.5.2 Kleur van die kledingstukke (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 5: BEHUISING 5.1 Gee VYF maniere waarop werkgewers hul werknemers ten opsigte van behuising kan bystaan. (5) 5.2 Verduidelik TWEE tipes versekering wat deur huiseienaars, maar NIE deur huurders NIE, betaalbaar is. (2 x 2) (4) 5.3 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. THE PARAGON 'n Bekoorlike nuwe behuisingsontwikkeling naby die universiteit. Belê in 'n behuisingsontwikkeling wat winsgewende belonings op lang termyn bied. Woonstelle vanaf R849 999,00, BTW ingesluit (geen oordragskoste betaalbaar nie). Die 9-verdieping-ontwikkeling bied 'n wye keuse van woonstelle. Sekuriteit geniet voorrang en sluit veiligheidswagte en elektriese omheining in. Gemeenskaplike fasiliteite sluit 'n dakswembad, 'n gimnasium op die perseel, braaigeriewe en 'n gemeenskaplike onthaalarea in. 5.3.1 Identifiseer die tipe huiseienaarskap in die advertensie hierbo. (1) 5.3.2 Verduidelik die term oordragskoste. (3) 5.3.3 Gee 'n rede waarom geen oordragskoste betaalbaar is as 'n woonstel gekoop word nie. (2) 5.3.4 Gebruik die inligting in die advertensie en verduidelik waarvoor die heffing gebruik sal word. (4) 5.3.5 Verduidelik die geldigheid van die stelling hieronder: Belê in 'n behuisingontwikkeling wat winsgewende belonings op die lang termyn bied. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 5.4 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SAMSUNG – 45 liter- Vinnige oorsig KONVEKSIE-MIKROGOLFOOND LED-vertooneenheid Stoomskoonmaak R4 590,00 6 kragvlakke Smart-sensor-kooktegnologie Deurmeganisme: handvatsel Mikrogolfverspreiding: draaitafel Binne-afwerking: keramiek-emalje Kinderslot Klankopsie Binneliggie Ses verskillende gaarmaakopsies  Mikrogolf  Rooster  Konveksie  Mikrogolf en rooster  Mikrogolf en konveksie  Rooster en konveksie Die verskillende gaarmaakopsies help om aandete vinniger op die tafel te kry sonder om geur of tekstuur in te boet. Byvoorbeeld, gebruik die mikrogolf-en-konveksie-opsie om 'n hoender vinniger as in 'n konvensionele oond gaar te maak terwyl die hoendervel ook bros word. Die verskillende gaarmaakopsies maak dit moontlik om die oond vir broodbak, pizzas en die maak van joghurt te gebruik. Die smart-sensor-tegnologie stel die vogtigheidsvlak van die voedsel outomaties vas en stel dan die optimale kooktyd en krag. Die veelsydige en gerieflike gaarmaakopsies help ook om energieverbruik te verminder. Die keramiek-emalje sorg vir binne-afwerking wat maklik skoonmaak, higiënies en duursaam is. [Bron: http://www.dionwired.co.za] 5.4.1 Noem DRIE verantwoordelikhede van 'n verbruiker nadat hierdie konveksie-mikrogolfoond in sy/haar kombuis geïnstalleer is. (3) 5.4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. 'n Werkende jong volwassene met beperkte fondse moet sy/haar baie klein, nuutgeboude kombuis toerus. Hy/Sy werk lang ure en het nie baie tyd om maaltye in die week te berei nie. Die werkende jong volwassene eksperimenteer graag oor naweke met nuwe disse. Evalueer die geskiktheid van die konveksie-mikrogolfoond vir hierdie werkende jong volwassene. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Noem DRIE prysbepalingstrategieë wat 'n onderneming kan gebruik. (3) 6.2 Noem DRIE funksies van reklame in 'n onderneming. (3) 6.3 Verduidelik die doel van voorraadbeheer in 'n onderneming. (3 x 2) (6) 6.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Lungi, 'n enigste kind, het op sy pa se veeplaas grootgeword. Hy het altyd daarvan gedroom om 'n boer te word. Op skool het hy Landbouwetenskappe as vak geneem en besigheidsbestuur op universiteit gestudeer. Nadat sy pa oorlede is, het Lungi die plaas geërf. Gou het hy die buurplaas gekoop en begin om hoë kwaliteit vleis aan die plaaslike slaghuise te verkoop. Hy het besluit om sy eie slaghuis in die dorp oop te maak en het dit Farm Inn genoem. Hy het vars vleis asook 'n verskeidenheid geroosterde vleisdisse wat bestel en weggeneem kon word, verkoop. Hierdie besigheid was die eerste van sy soort in sy gemeenskap. Hy het ook 'n Farm Inn Restaurant in 'n groot, moderne winkelsentrum oopgemaak waar hy geroosterde vleisdisse verkoop het. Hy het geskoolde/opgeleide kelners, sjefs en slagters in diens geneem. Lungi het Farm Inn-plastieksakkies en foelieverpakking vir die geroosterde vleisdisse ontwerp. 6.4.1 Noem VIER inligtingsitems wat op die etiket van die verpakking vir die geroosterde vleisdisse moet verskyn. (4) 6.4.2 Gee VIER redes waarom Lungi se onderneming 'n mededingings- voorsprong het. (4) 6.4.3 Verduidelik waarom Lungi veral oor sy werkers se higiëne streng is. (2) 6.4.4 Lungi verkies roetine/voorkomende instandhouding bo regstellende instandhouding vir die masjinerie in die slaghuis. Bespreek die gevolge van ELK van die volgende instandhoudingsmetodes: (a) Roetine/voorkomende instandhouding (2) (b) Korrektiewe instandhouding (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 6.4.5 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Lungi vra die volgende bedrae vir die vleis wat oor die kole gerooster word: R6,00 vir 1 stukkie wors R8,00 vir 1 porsie hoender R12,00 vir 1 porsie biefstuk Sy winsopslag is 80%. 'n Kliënt koop vleis vir 10 mense wat 'n partytjie by haar huis gaan bywoon. Bereken die verkoopprys vir 10 van ELK van die volgende:  Wors  Hoender  Biefstuk Toon ALLE berekeninge. (6) 6.4.6 Analiseer die vereistes van die potensieel winsgewende besigheidsgeleentheid wat tot die winsgewendheid van Lungi se onderneming bygedra het. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all
Consumer Studies Grade 12 NSC Supplementary 2018 Question Paper | Hlayiso