Skip to content

Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paperConsumer StudiesGrade 12201816 pages

Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 VERBRUIKERSTUDIES PUNTE: 200 TYD: 3 uur *CNSTA* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. TYD AFDELING PUNTE (MINUTE) VRAAG 1: Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20 VRAAG 2: Die Verbruiker 20 20 VRAAG 3: Voedsel en Voeding 40 40 VRAAG 4: Kleding 20 20 VRAAG 5: Behuising 40 40 VRAAG 6: Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs in swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 3 VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D. 1.1.1 Die belasting wat deur die verbruiker betaal word vir goedere en dienste is, word … genoem. A donasie-belasting B boedelbelasting C eiendomsbelasting D belasting op toegevoegde waarde (1) 1.1.2 BTW is belasbaar op … A aangesuurde melk. B vars melk. C kondensmelk D laevet-melk. (1) 1.1.3 Die rentekoers wat deur die Reserwebank gehef word: A Saamgestelde koers B Uitleenkoers C Primakoers D Repokoers (1) 1.1.4 Voedsel wat die algemeenste bestraal word: A Appels en pere B Vis en vleis C Kruie en speserye D Melk en joghurt (1) 1.1.5 ’n Goeie keuse van ʼn versnapering vir ’n persoon wat aan hipertensie lei is … A grondboontjies, vrugte en gekookte eiers. B wortels, vrugte en laevet-maaskaas. C springmielies, wortelstokkies en biltong. D vrugte, Weense worsies en soutvleis. (1) 1.1.6 Laktose-intoleransie kan verbind word daaraan dat daar te min van die volgende ensieme in die spysverteringskanaal is. A Maltase B Laktose C Glukose D Amilase (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) 1.1.7 ’n Stabiliseerder word by ’n kitsnageregmengsel gevoeg om … A ’n gelyke, gladde konsistensie te gee. B te voorkom dat die vet galsterig word. C te voorkom dat die mengsel skei. D die groei van mikroörganismes te vertraag. (1) 1.1.8 … sal bydra om die cholesterolvlakke te verlaag. A Koffieverromer B Wors C Vlakoek D Sardientjies (1) 1.1.9 Ekovriendelike tekstiele … A word gekweek om die grondtoestand te verbeter. B word gekweek sonder insekdoders en word met natuurlike kleursel gekleur. C produseer oeste oor ’n paar seisoene en kan meer dikwels geoes word. D word gekweek sonder onkruiddoders en word in mooi kleedstowwe omskep deur chemiese kleursel te gebruik. (1) 1.1.10 Die korrekte volgorde van die stadiums van die modesiklus: A Bekendstelling, afname, piek, uitgedien B Piek, uitgedien, bekendstelling, afname C Uitgedien, bekendstelling, piek, afname D Bekendstelling, piek, afname, uitgedien (1) 1.1.11 Oordragkoste word aan die … betaal. A eiendomsagent B munisipaliteit C verkoper D SAID (1) 1.1.12 Die finansiële verantwoordelikheid wat ’n huurder van ’n eiendom teenoor die munisipaliteit het: A Water en elektrisiteit B Verbandregistrasie C Deposito en versekering D Tariewe en belasting (1) 1.1.13 Belasting wat betaal word op die wins van die verkope van ’n eiendom staan as … bekend. A eiendomsbelasting B kapitaalwinsbelasting C boedelbelasting D oordragbelasting (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 5 1.1.14 Shaheed wil ’n huis koop. Watter van die volgende sal die mees geskikste manier vir die finansiering van ’n huis wees? A Huurkooptransaksie B Bêrekoop C Verbandlening D Huurkoop verkope (1) 1.1.15 Wanneer ’n verbruiker ’n huislening by die bank aangaan, moet hy die volgende versekering uitneem om die lening te dek in geval van sterftes: A Huiseienaarsversekering B Lewensversekering C Korttermynversekering D Boedelversekering (1) 1.1.16 Die vereistes vir ’n potensiële winsgewende besigheidsgeleentheid is: A Prys, passie, beskikbaarheid van werkers, kwaliteitsbeheer B Kwaliteitsbeheer, voorraadbeheer, kwaliteit van berging C Produk, prys, passie, mense D Kliënteverhouding, produk, voorraadbeheer, kwaliteitsbeheer (1) 1.1.17 Produkspesifikasie is … A roumateriaal om die produk te vervaardig. B beperkings met betrekking tot produksie van die produk. C inligting oor verpakking van die produk. D al die produkte moet dieselfde voorkoms, grootte en kwaliteit hê. (1) 1.1.18 Beplanning van die produksieproses is belangrik om … A die produksie van die produkte te bespoedig. B kompetisie tussen werkers te verhoog. C bergingstoestande van produkte te verbeter. D kommunikasie met kliënte te verbeter. (1) 1.1.19 Watter van die volgende besighede sal die laagste aanvangskoste vereis? A ’n Wassery wat linne was en stryk vir spysenieringbesighede in die omgewing. B ’n Besigheid waar koekies en beskuitjies van die huis af verkoop word. C ’n Klein klerefabriek wat uniforms, sportdrag en sweetpakke vir skole maak. D ’n Besigheid wat van die huis af gordyne maak en verkoop. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) 1.1.20 … is een manier hoe verbruikers volhoubare verbruik kan toepas. A Produkte te gebruik wat uit nuwe roumateriaal gemaak is B Ontslae te raak van weggooibare koppies en borde C Inkopiesakkies en geskenkpapier te hergebruik D Alle afval in die vullisblik te gooi (1) 1.2 Kies die beskrywing in KOLOM B en die voedsel in KOLOM C, wat sal help om die toestand te beheer, om te pas by die voedselverwante toestand in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) en die Romeinse syfer (i–vii) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld: 1.2.6: H: x. KOLOM A KOLOM B KOLOM C Voedselverwante Beskrywing Voedsel wat sal toestand help om die toestand te beheer 1.2.1 Laktose A Oormatige toename in i Veselperskes intoleransie liggaamsgewig en aarbeie is ryk aan vitamiene C 1.2.2 Diabetes B Kalsium word vinniger ii Joghurt onttrek as wat dit vervang word 1.2.3 Osteoporose C Die immuunstelsel iii Volgraanbrood- vernietig rooibloedselle rolletjies 1.2.4 Anemie D Die bloed bevat minder iv Botter rooibloedselle en verlaag die hoeveelheid suurstof wat na die bloedselle vervoer word 1.2.5 HIV/Vigs E Verstopping en vernouing v Melk van die bloedvate F Bloedglukosevlakke is vi Witbrood abnormaal hoog want die liggaam kan dit nie beheer nie G Onvermoë van die vii Lewer liggaam om melksuiker te verteer (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 7 1.3 Kies die korrekte term/woord tussen hakies. Skryf slegs die woord/term tussen hakies langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK. 1.3.1 Herwonne tekstiele het ’n (lae/hoë) koolstofvoetspoor. 1.3.2 Nagemaakte klere word algemeen by (vlooimarkte/boetieks) verkoop. 1.3.3 Bamboesvesel is ’n voorbeeld van (hernubare/nie-hernubare) tekstiele. 1.3.4 Koop van organiese katoenprodukte toon dat ’n verbruiker (ekovriendelik /begrotingsbewus) is. 1.3.5 Die gebruik van ou klere om ʼn heeltemal nuwe kledingstuk te maak is (herwinning/omskepping). 1.3.6 Mode wat tydloos is, staan as (klassieke/giere) bekend. (6 x 1) (6) 1.4 Identifiseer VIER stellings uit die onderstaande lys wat die doel van voorraad- beheer in ’n besigheid toon. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Laat te veel tyd vir produksie toe B Hou tred met die verkoopprys C Maak seker dat die regte materiaal gekoop word D Waarborg voortsetting van produksie E Voorkom vermorsing van materiaal F Handhaaf werkers se vaardighede G Handhaaf kliënteverhoudinge H Voorkom onnodige besteding (4 x 1) (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Verduidelik die term uitsluitingsklousule. (2) 2.2 Noem DRIE basiese dienste wat munisipaliteite aan wonings in hul munisipale gebiede behoort te verskaf. (3) 2.3 Voltooi die onderstaande tabel met betrekking tot nie-voorlopige en voorlopige belasting. Tabuleer jou antwoord soos volg: Nie-voorlopige Voorlopige belasting belasting Gereeldheid/tipe inkomste verdien (1) (1) Hoe dikwels word die belasting betaal (1) (1) (4) 2.4 Gee DRIE voordele verbonde aan sonkrag om ons van elektrisiteit te voorsien. (3) 2.5 Verduidelik TWEE maniere hoe verbruikers kraanwater in hu; huise kan bespaar. (2) 2.6 Lusindiso het die volgende advertensie in die plaaslike koerant gelees. BENODIG JY ’N VAKANSIE? Ten volle gemeubeleerde woonstel. Drie slaapkamers, groot woonruimtes. Oorkant die strand, binne loopafstand van inkopiesentrum en vermaaklikheid. ---o0o--- Beskikbaar: 22 Desember 2017 tot Januarie 2018. Deposito: R4 000,00 teen 30/10/2017 Finale betaling: R3 000,00 10 dae voor aankoms Maklike manier van betaling: Enige Pick n Pay, Checkers/Shoprite se geldmark SMS slegs die PIN-kode vir besprekingsbevestiging Kontak: Zukie 0819340007 vir verdere inligting ---o0o--- Lusindiso was so opgewonde en het die volle bedrag geld gedeponeer na die verwysing wat Zukie telefonies gegee het. Hy het Zukie geskakel om die SMS met die kodenommer te bevestig. Toe hy weer ’n paar dae voor die vakansie vir Zukie probeer skakel het, het die telefoonnommer nie op die netwerk bestaan nie. 2.6.1 Identifiseer die oneerlike skema in die advertensie. (1) 2.6.2 Analiseer in ’n paragraaf, hoe Lusindiso in hierdie skema gelok was. (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 9 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Gee DRIE redes waarom antioksidante as voedseladditiewe gebruik word. (3) 3.2 Noem VYF faktore wat die ontwikkeling van osteoporose sal verhoog. (5) 3.3 Oorgewig persone het ʼn hoër risiko vir gesondheidsprobleme. 3.3.1 Noem TWEE hartverwante gesondheidsrisiko’s wat tydens vetsug kan voorkom. (2) 3.3.2 Bespreek DRIE eetgewoontes om oorgewig (vetsug) te beheer. (3) 3.4 Verduidelik waarom die gebruik van volgraan voordelig is vir ʼn persoon wat aan diabetes ly. (4) 3.5 Noem DRIE voordele wat organies gekweekte voedsel vir die natuurlike omgewing mag hê. (3) 3.6 Bestudeer die onderstaande skets en beantwoord die vrae wat volg. 3.6.1 Identifiseer die voedselverwante siekte wat sal ontstaan as gevolg van die opbou van plaak in die arteries soos hierbo geïllustreer word. (1) 3.6.2 Gee ’n rede waarom die opbou van plaak in die arteries voorkom. (2) 3.6.3 Lys DRIE risiko faktore vir die bogenoemde voedselverwante siekte. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) 3.6.4 Verduidelik die volgende dieetriglyne om die siekte geïdentifiseer in VRAAG 3.6.1 te voorkom of te beheer: (a) Eet vetterige vis soos sardientjies minstens twee keer per week (2) (b) Verhoog die inname van peulgewasse (2) 3.7 Lees die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg. Mev. Adams het ʼn personeelkafeteria vir die werkers. ʼn Gewilde versnapering, ’n toebroodjie met verskillende vulsels, word bedien. Kies uit die onderstaande lys ʼn geskikte kombinasie vir ʼn werknemer wat aan koronêre hartsiekte ly en motiveer jou keuse. Een Een tipe brood Een smeer Twee bykosse proteïenvulsel x Wit x Botter x Knoffel- x Blaarslaai x Volgraan x Margarien polonie x Tamatie x Bruin x Margarien-‘lite’ x Gerookte x Komkommer hoender x Laevetkaas x Tuna wiggies/skywe mayonnaise Tabuleer jou antwoord soos volg: Een tipe brood Een smeer Een Twee bykosse proteïenvulsel (1) (1) (1) (2) Rede Rede Rede Redes (1) (1) (1) (2) (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 11 VRAAG 4: KLEDING 4.1 Verduidelik die volgende terme: 4.1.1 Klassieke styl (2) 4.1.2 Retrospektiewe mode (2) 4.2 Verduidelik die volgende stadiums van die modesiklus: 4.2.1 Beginstadium/bekendstelling (2) 4.2.2 Hoogtepunt/piek (2) 4.2.3 Afname/einde (2) 4.3 Handelsmerkrowery het ʼn definitiewe impak op die verkope van wettige beskermde handelsmerke. Regverdig hierdie stelling. (4) 4.4 Joyce is kort en geset. Kies DRIE items uit die lys hieronder vir haar om na ’n besigheidsvergadering te dra. Gee ʼn rede vir elke keuse. x Swart baadjie x Blou denim jeans x Swart langbroek x Pienk langmou T-hemp x Rooi gebreide trui x Wit langmouhemp (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 5: BEHUISING 5.1 Verduidelik die volgende terme: 5.1.1 Oordragskoste (2) 5.1.2 Okkupasiehuur (2) 5.1.3 Titelakte (2) 5.2 Lys die finansiële implikasies wat ’n verbruiker moet oorweeg wanneer huishoudelike artikels op huurkoop gekoop word. (4) 5.3 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Vivie is ’n 35-jarige weduwee met drie jong kinders wat sy moet versorg na die dood van haar man. Sy werk as ’n skoonmaker en verdien R3 200 per maand. Sy wil haar kinders in ’n veilige huis grootmaak en wil vir ’n behuisingsubsidie by die regering aansoek doen. 5.3.1 Verduidelik wat ’n behuisingsubsidie is. (3) 5.3.2 Verduidelik of Vivie vir ʼn staatsbehuisingsubsidie sal kwalifiseer. (5) 5.3.3 Noem VIER voordele om staatsbehuisingsubsidies aan lae- inkomste, eerste-keer-huiseienaars te voorsien. (4) 5.4 Bespreek waarom koop nie altyd finansieel beter is as om te huur nie. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 13 5.5 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. LG 10 kg Direct Drive Tatin voorlaaier-wasmasjien. Prys – R10,999 Addisionele 10 jaar-waarborg op duursame en betroubare direkte dryfkrag- motor Model: FH4UIJBSK4 KLEUR: WIT GROOTTE: 10 kg 5.5.1 Verduidelik die term kontrak. (2) 5.5.2 Bespreek die volgende kriteria wat ʼn voornemende koper moet oorweeg voordat hy/sy hierdie wasmasjien koop: (a) Verbruik van menslike energie (2) (b) Moontlike omgewingsimpak (2) 5.5.3 Analiseer die geskiktheid van die wasmasjien vir ʼn groot gesin. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Verduidelik die volgende terme: 6.1.1 Gehaltebeheer (2) 6.1.2 Volhoubare winsgewendheid (2) 6.1.3 Beste verkope scenario (2) 6.2 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. ZELDA SE SUKSESVOLLE WASSERY Zelda het matriek geslaag maar kon nie werk kry nie. Sy woon in ’n area wat omring is deur kolleges waar studente buitekamers, koshuise en woonstelle huur. Zelda het begin om studente se klere te was en te stryk vir ’n inkomste. Sy het weekliks geld gespaar om haar eie wasmasjien, tuimeldroër, strykplank, strykyster en skoonmaakmiddels te koop. Sy het voortdurend meer studente bygekry waarvoor sy wasgoed moes doen. Zelda het haar suster se leë buitekamer in haar eie wassery omskep deur haar Verbruikerstudiekennis oor tekstiele, toestelle en ruimte beplanning te gebruik. Zelda het strooibiljette by die industriële fabrieke en vir werkers uitgedeel. Haar besigheid het so uitgebrei dat sy twee van haar vriende in diens geneem het. Kort daarna het sy ’n ander wassery-tak in die industriële gebied oopgemaak. Die gewaste klere is altyd netjies en verpak in plastiekomhulsels gemaak van herwinde plastiek. 6.2.1 Noem Zelda se teikenmark. (2) 6.2.2 Identifiseer TWEE aanvangsbehoeftes uit die gevallestudie. (2) 6.2.3 Lys TWEE oorhoofse koste in haar besigheid waarmee Zelda haar suster moet help betaal wanneer sy die buitekamer as ’n wassery gebruik. (2) 6.2.4 Verduidelik die vereistes van die verpakkingsmateriaal vir die skoon klere. (3) 6.2.5 Beskryf die VIER P’s van die bemarkingsamestelling in die gevallestudie. (4) 6.2.6 Gebruik die inligting in die gevallestudie en verduidelik VIER faktore wat Zelda in die keuse van haar besigheid moet oorweeg. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VERBRUIKERSTUDIES 15 6.2.7 Zelda vra R14,00 om een kg klere te was en te stryk. Haar oorhoofse koste per kg beloop R6,60. Sy wil 60% wins per kg maak. (a) Bereken die produksiekoste vir 18 kg skoon klere. (3) (b) Bereken die wins wat Zelda op 18 kg skoon klere maak. (3) 6.3 Bestudeer Zelda se kontantvloeiprojeksie hieronder en ontleed die redes vir die inkonsekwente inkomste en uitgawes. 18 Sept. 18 Okt. tot 18 Nov. tot 18 Des. tot 18 Jan. tot Tydperk tot 14 Okt. 14 Nov. 14 Des. 14 Jan. 14 Feb. kg klere gewas en 400 kg 560 kg 700 kg 250 kg 800 kg gestryk Inkomste R11 504,00 R16 665,00 R20 832,00 R7 447,00 R23 805,00 Uitgawes R7 440,00 R10 416,00 R13 020,00 R4 650,00 R1 488,00 (7) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Consumer Studies

View all