Skip to content

Consumer Studies Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

Question paperConsumer StudiesGrade 12201814 pages

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN VERBRUIKERSTUDIES 2018 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) 1 Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20 2 Die Verbruiker 20 20 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising 40 40 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/2018 SSE VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 Rente gehef of betaal op die hoofsom plus die rente tot op datum: A Saamgestelde rente B Vaste rente C Prima rente D Enkelvoudige rente (1) 1.1.2 Die tipe groente wat van BTW vrygestel is: A Geblikte B Gedroogde C Vars D Bevrore (1) 1.1.3 'n Niehernubare vorm van energie: A Hidro-energie B Steenkool C Wind D Son (1) 1.1.4 Die betekenis van voedselsekerheid: A Voedsel is veilig en higiënies B Vrugte en groente word organies geproduseer C Individue het elke dag genoeg voedsel D Mense ly nie aan dieetverwante siektes nie (1) 1.1.5 Die toestand waar are verstop en vernou: A Arteriosklerose B Hoë bloeddruk C Anemie D Hiperglukemie (1) 1.1.6 'n Aansteeklike virusinfeksie wat die lewer aanval: A Disenterie B Gastroënteritis C Hepatitis A D Tuberkulose (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/2018 SSE 1.1.7 … help om 'n gesonde immuunstelsel te handhaaf omdat dit die voering van die longe en ingewande gesond hou. A Vitamien A B Proteïen C Sink D Yster (1) 1.1.8 'n Verbruiker wat osteoporose wil voorkom, maar laktose-intolerant is, mag … drink. A aarbeigegeurde melk B suurmelk/amasi C cream soda-gegeurde melkskommel D warm sjokolade met melk gemaak (1) Bestudeer die kledingitems hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.9 en 1.1.10. A B C D 1.1.9 Die kledingitem wat die beste keuse vir 'n dame met 'n groot borsmaat sal wees: A Kledingitem A B Kledingitem B C Kledingitem C D Kledingitem D (1) 1.1.10 Die kledingitem wat die middel die beste sal beklemtoon: A Kledingitem A B Kledingitem B C Kledingitem C D Kledingitem D (1) 1.1.11 Alle boukontrakteurs moet by die … -raad geregistreer wees. A Nasionale Huisbouersbeskermings B Nasionale Huisbouersregistrasie C Nasionale Huisbouersregulasie D Nasionale Huisbouerstandaardiserings (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/2018 SSE 1.1.12 Wanneer 'n koper van 'n eiendom by die eiendom intrek voordat die verband in sy/haar naam geregistreer is, is hy/sy aanspreeklik vir die betaling van … A okkupasiehuur. B die intrekkostes. C tussentydse huur. D die aanvangsgeld. (1) 1.1.13 Die regsdokument wat eienaarskap van 'n eiendom bewys: A Koopakte B Registrasieakte C Titelakte D Eienaarsakte (1) 1.1.14 Huishoudelike toestelle het hierdie eienskap sodat verbruikers dit kan gebruik ongeag voorafgaande kennis, vaardighede of vermoëns: A Funksionele ontwerp B Dekoratiewe ontwerp C Ergonomiese ontwerp D Universele ontwerp (1) 1.1.15 'n Verantwoordelike verbruiker sal ... nadat 'n huishoudelike toestel gekoop is. A toestelle van verskillende winkels vergelyk B die waarborg en kontrak deeglik lees C die toestel vir enige defekte nagaan D die winkel se teruggee- of omruilbeleid deeglik lees (1) 1.1.16 Een van die volgende verteenwoordig die bedryfskoste van 'n besigheid: A Huurdeposito B Aankope van aanvangstoerusting C Registrasiegeld D Water en elektrisiteit (1) 1.1.17 Die 5 P's van 'n besigheid verwys na die … A bemarkingsplan. B bemarkingstrategie. C besigheidsplan. D operasionele strategie. (1) 1.1.18 Produkspesifikasie help om 'n produk te … A standaardiseer. B spesifiseer. C onderhou. D kies. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/2018 SSE 1.1.19 Bereken die verkoopprys van EEN produk as die produksiekoste R21,90 en die winsgrens 70% is: A R15,33 B R20,93 C R37,23 D R42,83 (1) 1.1.20 Peter se kleinskaalse onderneming lewer nou produkte by sy klante af. Dit gee sy onderneming 'n … oor sy mededingers. A gelykbreekpunt B groter teikenmark C verskillende winsopslag D mededingende voordeel (1) 1.2 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by die voedselverwante gesondheidstoestand in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 G. KOLOM A KOLOM B VOEDSELVERWANTE BESKRYWING GESONDHEIDSTOESTAND 1.2.1 Anoreksie A bene word dunner, bros en swak 1.2.2 Suiwelintoleransie B opbou van vetneerslae op die binnewande van die are 1.2.3 Hipertensie C glukosevlakke van die bloed is 1.2.4 Hipoglukemie abnormaal laag 1.2.5 Osteoporose D laktose bly onverteer E 'n sielkundige eetversteuring F aarwande verloor hulle natuurlike elastisiteit en verhard (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/2018 SSE 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 'n Regsooreenkoms tussen twee of meer partye (1) 1.3.2 Spreek een party vry van enige aanspreeklikheid indien hy/sy sou versuim om die ooreenkoms te eerbiedig (1) 1.3.3 'n Versekering dat 'n produk vir 'n bepaalde tydperk in 'n werkende toestand sal bly (1) 1.3.4 Goedere wat deur nie-amptelike- of ongemagtigde verspreidingskanale in 'n land ingevoer is (1) 1.3.5 'n Gemeenskapsgebaseerde spaarklub (1) 1.3.6 Maatskappye bied produkte te koop aan en verkoopsmense ontvang 'n gedeelte van die verkope van 'n laer vlak (1) 1.4 Identifiseer DRIE stellings oor deeltiteleienaarskap in die lys hieronder wat KORREK is. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Die heffing bly vir baie jare dieselfde B Gehoorsaam die reëls van die regspersoon C Jy het jou eie privaat ontspanningsarea D Eenhede kan teen 'n wins verkoop word E Hoef niemand in kennis te stel oor die verandering van eienaarskap indien 'n eenheid verkoop word nie F Verantwoordelik vir die instandhouding van die hele eiendom G Beheer en bestuur die deeltitelblok H Benodig toestemming om veranderinge aan die buitekant van jou eenheid te maak (3) 1.5 Kies TWEE eienskappe uit KOLOM B wat by die stadium van die modesiklus in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A tot H) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.4 I en J. KOLOM A KOLOM B STADIUM IN DIE MODESIKLUS TWEE EIENSKAPPE 1.5.1 Bekendstelling A massaproduksie van die styl 1.5.2 Hoogtepunt/Piek B al hoe minder mense dra die styl 1.5.3 Veroudering/Einde C modestyl verdwyn D mode word bekendgestel E al hoe meer mense dra die mode F baie mense dra die mode G modesiklus is voltooi H modeleiers aanvaar of verwerp die styl (3 x 2) (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/2018 SSE VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Noem die begin- en einddatums van 'n belastingjaar. (1) 2.2 Noem die instansie wat belasting invorder. (1) 2.3 Noem die TWEE tipes direkte inkomstebelasting. (2) 2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. David het pas begin werk en moet sy studielening met vasgestelde rente aan die bank terugbetaal. Hy koop 'n bed op paaiemente en 'n televisiestel volgens bêrekoop. Inflasie maak dit moeiliker om binne die beperkings van sy begroting te leef. 2.4.1 Definieer die term inflasie. (2) 2.4.2 Noem die instrument wat gebruik word om die inflasiekoers te bepaal. (1) 2.4.3 Verduidelik waarom dit vir David beter is om 'n vasgestelde rentekoers in plaas van 'n wisselende rentekoers op sy studielening te hê. (3) 2.4.4 Bespreek waarom David die bed op paaiemente koop en die televisiestel volgens 'n bêrekoopooreenkoms. (6) 2.5 Bespreek die interverwantskap tussen die waarde van geld, inflasie en die Suid-Afrikaanse Reserwebank. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/2018 SSE VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Beantwoord die volgende vrae oor cholesterol. 3.1.1 Noem TWEE tipes cholesterol. (2) 3.1.2 Verduidelik die verskil tussen die twee tipes cholesterol. (2 x 2) (4) 3.2 Skryf 'n paragraaf en bespreek waarom geneties gemodifiseerde gewasse in die toekoms die wêreld van hongersnood kan red. (6) 3.3 Bestudeer die inligting hieronder wat op die etiket van 'n macaroni-en-kaas met spekvleis-gereg verskyn en beantwoord die vrae wat daarop volg. MACARONI-EN-KAAS MET SPEKVLEIS Gemaak met romerige kaas en vars tamatiesous met 'n spekvleis- en cheddarkaas- bolaag. Bestanddele Allergene Pasta, melk, water, spekvleis, tamatie, cheddarkaas, sout, plantolie, Koeimelk koringmeel, ui, gemodifiseerde mielieblom, tamatiepasta, suiker, Koring hoenderaftreksel, knoffel, vars basiliekruid, gisekstrak, bestraalde Gluten mosterdpoeier Eier Spekvleis bevat: Varkvleis, water, sout, fosfate, suikers, antioksidante, sitroensuur, speserye, geurmiddel, kleurstof, preserveermiddel (natriumnitraat) Tipiese voedingsinligting Gemiddelde waardes Per 100 g-porsie Per 300 g-porsie Energie (kJ) 650 1 950 Proteïene (g) 6,0 18,0 Glukemiese koolhidrate (g) 18 53 waarvan: 0,0 0,0 Totale suiker (g) Totale vet waarvan 6,6 19,8 Versadigde vet (g) 2,8 8,4 Transvet (g) 0,1 0,3 Mono-onversadigde vet (g) 2,7 8,1 Poli-onversadigde vet (g) 1,0 3,0 Cholesterol (mg) 27 81 Dieetvesel (g) 1,2 3,6 Totale natrium (mg) 380 1 140 3.3.1 Noem DRIE verskillende tipes bymiddels in die gereg. (3) 3.3.2 Noem EEN rede tot kommer oor die gebruik van die natriumnitraat. (1) 3.3.3 Verduidelik die funksie van die natriumnitraat in hierdie gereg. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/2018 SSE 3.3.4 Verduidelik waarom koeimelk, koring, gluten en eier afsonderlik op die etiket genoem word. (2) 3.3.5 Identifiseer die bestanddeel wat met kortgolwe behandel is om die hoeveelheid patogeniese bakterieë en ander skadelike mikro- organismes te elimineer of te verminder. (1) 3.3.6 Stel TWEE riglyne voor wat 'n verbruiker moet volg voordat hierdie gereg geëet word om die oordrag van voedseloordraagbare siektes te voorkom. (2) 3.3.7 Verduidelik waarom hierdie gereg geskik is vir die bestuur van osteoporose. (6) 3.3.8 Stel 'n bygereg voor wat saam met hierdie dis bedien kan word wat dit meer geskik sal maak vir 'n verbruiker met hoë bloed- cholesterolvlakke. (1) 3.3.9 Evalueer die geskiktheid van hierdie gereg vir 'n verbruiker wat vetsug/obesiteit wil bestuur. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/2018 SSE VRAAG 4: KLEDING 4.1 Noem TWEE ekonomiese faktore wat 'n invloed op modeverandering het. (2) 4.2 Verduidelik die term volhoubare tekstiele. (3) 4.3 Bespreek DRIE riglyne vir die keuse van kleur wanneer uitrustings vir die werksomgewing gekies word. (3) 4.4 Bespreek die rol wat tegnologie in modeverandering speel. (5) 4.5 Bestudeer die foto's en inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Hierdie uitrusting bestaan uit 'n vlootblou baadjie (50% katoen, 50% linne), wit T-hemp, steenkleurige katoen chinos/langbroek en wit tekkies/sneakers. [Bron: www.woolworths.co.za] 4.5.1 Noem of hierdie uitrusting verteenwoordigend van 'n modegier, klassieke mode of kontemporêre mode is. (1) 4.5.2 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 4.5.1. (2) 4.5.3 Stel TWEE gepaste veranderings aan hierdie uitrusting voor om dit geskik te maak vir 'n man met 'n professionele beroep, wat nuwe kliënte ontmoet. Gee 'n rede vir elke voorstel. (2 x 2) (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/2018 SSE VRAAG 5: BEHUISING 5.1 Beantwoord die volgende vrae oor verhuring. 5.1.1 Definieer die term huurooreenkoms. (3) 5.1.2 Stel DRIE koste-implikasies voor wat in 'n huurooreenkoms (3) ingesluit behoort te word. 5.2 Waar word 'n titelakte geregistreer? (1) 5.3 Noem VYF maniere waarop 'n werkgewer 'n werknemer kan ondersteun wat 'n huis wil koop. (5) 5.4 Verduidelik hoe die betaal van 'n deposito ELK van die volgende sal beïnvloed wanneer eiendom gekoop word: 5.4.1 Verbandregistrasiegelde (2) 5.4.2 Oordraggelde (3) 5.5 Bespreek waarom dit beter kan wees om 'n huis te koop as om 'n huis te bou. (7) 5.6 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A. VOORLAAIWASMASJIEN B. DUBBELBALIE- WASMASJIEN Funksies en kenmerke Funksies en kenmerke • A+-energieverbruiksgradering • A-energieverbruiksgradering • 5 wasprogramme • 2 wasprogramme • Was 5 kg droë klere per lading • Was 3 kg droë klere per lading • Was, spoel en spindroog outomaties • Was klere aan die een kant en • Gebruik 150 tot 200 liter water per spindroog klere aan die ander kant. wassiklus Klere word met die hand van die was- na die spinkant oorgeplaas. • Gebruik 50 liter water om al die vuil klere te was [Bron: Eie bron] Vergelyk die wasmasjiene met spesifieke verwysing na: 5.6.1 Waskapasiteit vir 'n gesin van vyf lede (2) 5.6.2 Menslike energieverbruik (4) 5.6.3 Waterverbruik (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/2018 SSE Tabuleer jou antwoord soos volg: VOORLAAI- DUBBELBALIE- WASMASJIEN WASMASJIEN 5.6.1 Waskapasiteit vir 'n gesin van vyf lede (1) (1) 5.6.2 Menslike energieverbruik (2) (2) 5.6.3 Waterverbruik (1) (1) 5.7 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Daar is 'n toenemende aanvraag na huureiendom in Suid-Afrika. [Vertaal uit Property 24, 31 Augustus 2017] Staaf hierdie stelling. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/2018 SSE VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Definieer die term winsopslag. (2) 6.2 Noem VIER vereistes van verpakking. (4) 6.3 Noem TWEE komponente wat die produksiekoste van 'n produk bepaal. (2) 6.4 Noem VIER maniere waarop produsente kan verseker dat hul produkte nie 'n negatiewe uitwerking op die omgewing sal hê nie. (4) 6.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Frieda het baie jare by 'n gordynwinkel gewerk. Aanvanklik het sy nie veel van kledingstof of die meet en maak van gordyne geweet nie. Sy het 'n baie klein salaris verdien. 'n Kollega wat op aftrede gestaan het, het haar mettertyd opgelei. Frieda se salaris het effens verbeter. Sy het 'n industriële naaimasjien met haar spaargeld gekoop en 'n leë slaapkamer in haar huis in 'n funksionele naaldwerkkamer omskep. Die kollega het die winkel se kliënte na Frieda verwys sodat sy in haar vrye tyd vir hulle gordyne tuis kon maak. Frieda het hierdie kliënte 'n bietjie minder vir arbeid gevra as wat die winkel gevra het. Sy het aan haar kliënte raad gegee oor die beste kledingstof en moontlike gordynstyle om aan hulle individuele behoeftes te voldoen. Frieda het ook na die kliënte se huise gegaan om akkurate mates van die vensters te neem. Kliënte het haar vertrou om hoë kwaliteit gordynstof vir hulle te koop. Sy was 'n waardevolle kliënt by een die plaaslike fabrieksmateriaalwinkels en het groot afslag by hulle gekry. Sy het vir haar kliënte besigheidskaartjies gegee. Sy het gou baie kliënte gehad en 'n goeie wins gemaak. 'n Nasionale hotel het aan haar 'n kontrak gegee om gordyne te maak. Sy het 'n assistent in diens geneem en besluit om uit haar werk te bedank. 6.5.1 Frieda is trots daarop om kwaliteit produkte te maak. Verduidelik hoe sy kwaliteit produkte verkry. (2) 6.5.2 Verduidelik die beste manier om die industriële naaimasjien in stand te hou sodat die gordynproduksie nie onderbreek word nie. (3) 6.5.3 Bespreek die finansiële voordele vir Frieda soos sy van ongeskoolde na geskoolde werker gevorder het. (6) 6.5.4 Beskryf waarom Frieda se besigheid 'n mededingende voorsprong het. (4) 6.5.5 Bespreek die faktore hieronder wat bygedra het tot die sukses van Frieda se besigheid: (a) Beskikbaarheid van menslike vaardighede (2) (b) Beskikbaarheid van werkruimte (1) (c) Aantreklikheid vir die klant/verbruiker (2) 6.5.6 Gee geldige redes waarom Frieda se besigheid 'n volhoubare winsgewende besigheid kan word. (8) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Consumer Studies

View all