Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
VERBRUIKERSTUDIES
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 200 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulp-
eksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop van korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning van detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die
nasienriglyne.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentMemorandum 
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)










View all





Consumer Studies Memo 2018 Afr hlayiso.com
Consumer Studies · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Publisher
- IEB
- Pages
- 19
- File size
- 293.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 19
AFDELING A VOEDSEL EN VOEDING EN DIE VERBRUIKER
VRAAG 1
1.1 C
1.2 B
1.3 B
1.4 D
1.5 A
VRAAG 2
Kategoriseer die volgende belasting in direkte of indirekte belasting.
Tabuleer jou antwoord soos hieronder getoon:
Direkte belasting Indirekte belasting
eiendomsbelasting belasting op toegevoegde waarde
LBS-belasting aksynsbelasting
voorlopige belasting invoerbelasting
kapitaalwinsbelasting lisensies
hereregte (oordragsfooi)
boedelbelasting
VRAAG 3
3.1 Die mieliestysel in die Chakalaka is geneties gemodifiseer en het daarom
sekere voordele. Identifiseer enige vier voordele deur slegs die hoofletters
van jou keuse neer te skryf.
B D E G (in enige volgorde)
3.2 Noem een rede hoekom die speserye in die Chakalaka bestraal word.
• Speserye bevat baie bakterieë en bestraling verhoed dat dit die
Chakalaka besmet.
• Om die aantal bakterieë wat siektes veroorsaak uit te skakel of te
verminder, maak die kos veiliger.
3.3 Verduidelik kortliks hoekom bestraalde voedsel voordelig vir MIV/Vigspasiënte
kan wees.
• Voedselbestraling verhoog die veiligheid van kos en sal die MIV/Vigs-
pasiënt teen voedseloordraagbare siektes beskerm.
• Kos word met baie kort- en liggolwe gesteriliseer, wat die kos binnedring
om skadelike organismes (salmonella) dood te maak sonder om die kos
self radioaktief te maak.
• Maak dit geskik vir MIV/Vigspasiënte se verswakte immuunstelsel.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 19
3.4 Ontleed die bestanddelelys om aan te toon dat hierdie Chakalaka 'n
geskikte keuse is om by 'n MIV/Vigspasiënt se dieet in te sluit.
Tabuleer jou antwoord soos hieronder aangedui:
Bestanddeel Motivering vir geskiktheid
Groente: wortels / soetrissie / Bevat flavonoïede en fitosterole om die
tamatiepuree immuunstelsel te versterk.
Groente: wortels / soetrissie / Hou vel en slymvliese in die longe en
tamatiepuree spysverteringskanaal gesond.
Groente: wortels / soetrissie / Antioksidante wat skade aan selle en
tamatiepuree / sonneblomolie / infeksies voorkom.
graan / mieliestysel
Groente: wortels / soetrissie / Dra by tot die herstel van infeksies.
tamatiepuree
Groente: wortels / soetrissie / Hou gesonde immuun- en senuwee-
tamatiepuree stelsels in stand.
Water Help met dehidrasie wanneer pasiënte
diarree het.
Graan / mieliestysel Selenium help om T-helperselle te
aktiveer.
Antioksidant TBHQ Voorkom of vertraag oksidasie van
bestanddele.
Kandidate moet aandui dat dit geskik is, aangesien die MIV/Vigspasiënt 'n
verswakte immuunstelsel het.
3.5 Stel 'n geskikte, voedsame middagetespyskaart saam wat die Chakalaka
insluit en bedien kan word om die gesondheid van 'n MIV/Vigsindividu te
bestuur. Motiveer jou keuses.
Puntetoekenning:
Die spyskaart moet geregte insluit (ook die Chakalaka) wat geskik is vir middag-
ete en wat verskillende voedselgroepe insluit.
Drie verskillende redes vir die insluiting van spesifieke geregte (voedingstowwe
ingesluit in die gereg, met motivering) moet verskaf word.
Voorbeelde van geregte:
Proteïen Versterk die immuunstelsel.
Vleis, vis, hoender, melk, eiers en
peulgewasse
Yster
Lewer, rooivleis, hoender, vis,
volgraanprodukte en peulgewasse
Fitochemikalieë soos flavonoïede en
fitosterole wat natuurlik in voedsel
aangetref word
Vit B6
Witbone, aartappels, vleis, vis, hoender,
mielies, neute, groen blaargroente,
broccoli en avokadopere
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 19
Vit A Hou die slymvliese van die longe en
Donkergroen, geel, oranje en rooi vrugte ingewande ongeskonde en maak dit
en groente vir kieme te moeilik om die liggaam
binne te dring en infeksie te
veroorsaak.
Antioksidante wat infeksies en
beskadiging van selle voorkom.
Vit C Help met herstel van infeksies.
Sitrusvrugte, koejawels, mango's, Antioksidante wat infeksies en
maroelas, tamaties, aartappels en beskadiging van selle voorkom.
aarbeie
Vit E Antioksidante wat infeksies en
Plantolies, margarien en neute beskadiging van selle voorkom.
Nodig om 'n gesonde immuunstelsel
en senuweestelsel in stand te hou.
Selenium en sink Belangrike beskermers van die
immuunstelsel.
VRAAG 4
4.1 Beantwoord Beth se blogvraag deur twee oorsake vir die ontwikkeling van
tipe 2-diabetes hieronder te identifiseer. Skryf slegs die korrekte hoofletters
van jou keuse neer.
A C (Enige volgorde)
4.2 Voorsien Beth van vyf dieetverwante riglyne wat sy sal moet implementeer
as sy met tipe 2-diabetes gediagnoseer word. Motiveer hierdie riglyne.
• Volg 'n gesonde dieet deur klein, gereelde maaltye te eet, aangesien dit
uiterste fluktuasie van die bloedglukosevlak voorkom.
• Moenie maaltye oorslaan nie – dit help om die bloedglukosevlakke
konstant te hou.
• Kies kossoorte wat laag in versadigde vette en kilojoules is om gewig te
verloor indien oorgewig of om 'n gesonde liggaamsgewig te handhaaf.
• Kies hoëveselkossoorte, bv. peulgewasse, appels, gerolde hawer – dit
het 'n stabiliserende uitwerking op die bloedsuikervlak.
• Eet meer lae-GI-kossoorte – dit stel energie geleidelik vry en hou die
liggaam langer versadig.
• Eet kossoorte wat maer proteïen bevat om die ontwikkeling van
kardiovaskulêre siekte te voorkom.
• Vermy geraffineerde suikers en wees bewus van verskuilde suikers om
die risiko van 'n hoë bloedsuikervlak te verlaag.
• Handhaaf 'n gesonde liggaamsgewig om optimale insuliengebruik te
verseker en sodoende bloedglukosevlakke te beheer.
• Gebruik min sout en vermy versadigde vette – om bloeddruk en
cholesterol te beheer.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 19
VRAAG 5
5.1 Identifiseer drie redes uit die uittreksel waarom Tebogo met bulimia nervosa
gediagnoseer is.
Redes Voorbeeld uit uittreksel
Sy eet meer kos as wat die meeste "'n verskeidenheid kitskosse"
individue onder soortgelyke
omstandighede sal eet
Die oormatige kosinname vind in 'n kort "Sy probeer die kos opeet voordat haar
tydjie plaas broer van sokkeroefening af terugkom"
Bring baie tyd in die badkamer deur "bring sy ... heelwat tyd in die
badkamer deur"
Purgeer "purgeer"
Depressie "laat haar depressief voel"
Skaam "skaam"
Bose kringloop "bose kringloop"
Vergryp aan kos "kosvergrype"
Het min of geen beheer oor eet "die drang om haar aan kos te vergryp,
oorval haar"
Lae selfbeeld "haar voorkoms haat"
Skuldgevoelens "skuldgevoelens"
Kompenserende gedrag "Sy probeer haar kosinname
gedurende die dag beperk"
Geheimsinnige optrede "Sy probeer die kos opeet voordat haar
broer van sokkeroefening af terugkom"
Gebrek aan beheer "heelwat"
Weet nie hoe om op te hou nie "weet sy nie hoe om op te hou nie"
Eet baie soet versnaperings "gevolg deur heelwat soet
versnaperings"
5.2 Noem twee newe-effekte van die spysverteringstelsel van Tebogo se
eetversteuring wat nie in die uittreksel genoem word nie.
• Seer keel.
• Maagpyn.
• Tandbederf as gevolg van vomering / Verwering van tande / Suur vreet
die tandemalje.
• Sooibrand.
• Opgeblaasdheid.
• Diarree.
• Hardlywigheid.
• Geswelde speekselkliere.
• Dehidrasie.
• Edeem.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 19
5.3 Stel 'n bestuurstrategie vir bulimia nervosa aan Tebogo voor.
Bestuur moet insluit:
• Behou 'n gesonde liggaamsgewig en verkry inligting oor gesonde eet
gewoontes deur 'n dieetkundige te raadpleeg wat 'n gesonde eetplan sal
uitwerk met voldoende lae-GI-koolhidrate (om voedseldrange te
voorkom), sowel as genoeg vette (om langer vol te laat voel).
• Hierdie eetplan moet ook die nodige minerale en vitamienaanvullings
insluit. Op hierdie manier kan 'n gesonde liggaamsgewig, normale
eetgewoontes en goeie voeding bereik word.
• Sielkundige terapie wat sal help om ongesonde, negatiewe oortuigings
en gedrag deur gesonde, positiewe oortuigings en gedrag te vervang.
• Gedragsvaardighede sal aangeleer word om stres te hanteer, emosies
te beheer en goeie verhoudings te ontwikkel.
• Medikasie, soos antidepressante, tesame met sielkundige terapie, kan
help om die simptome van bulimie te verminder.
5.4 Definieer die term "liggaamsmassa-indeks" en verduidelik aan Tebogo hoe
om haar LMI te bereken.
LMI kan gedefinieer word as die verhouding tussen gewig en lengte. 'n Hoë
LMI word met liggaamsvet en gesondheidsrisiko's geassosieer. Dit is die
voorkeurmetode om gewig by volwassenes te bepaal.
LMI word bereken deur 'n persoon se gewig in kilogram (kg) te deel deur sy
of haar lengte in meter kwadraat.
5.5 Bereken Tebogo se LMI. Gebruik die tabel hieronder om vir haar te
verduidelik in watter kategorie van klassifikasie sy val en bepaal dan haar
ideale liggaamsgewig. (Toon alle berekenings.)
Tebogo se LMI = 85 ÷ (1,63)²
= 32 (Vetsug, klas I)
Normale gewig = (1,63)² × 18,5 = 49 kg
(1,63)² × 24,9 = 66 kg
Tussen 49 kg–66 kg
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 19
VRAAG 6
6.1 Die grafiek verwys na die Verbruikersprysindeks (VPI). Definieer die term.
• Die instrument wat gebruik word om die prysstygings en die
inflasiekoers te bepaal.
• Die VPI weerspieël die verandering in die koste van 'n denkbeeldige
mandjie goedere en dienste wat deur 'n tipiese huishouding gekoop
word. Dit word maandeliks gedoen en staan ook as die lewenskoste
bekend.
6.2 Tussen watter maande in 2017 het Suid-Afrikaanse verbruikers die hoogste
vlak van inflasie beleef, en wat was die persentasie?
• Februarie–Januarie 2017
• 1,09%–1,1%
• Effens hoër as 1%, maar oorskry nie 1,1% nie
6.3 Voorspel wat die gevolge vir Suid-Afrikaanse huishoudings sal wees as die
inflasiekoers teen bogenoemde koers aanhou styg.
• Verbruikers sal minder vir dieselfde hoeveelheid geld kan koop.
• Lone en salarisse sal nie tred hou met die inflasiekoers nie.
• Minder geld sal beskikbaar wees as die inflasiekoers hoër is as die
rentekoers wat op spaargeld verdien word.
• Styging in brandstofpryse.
• Styging in voedselpryse.
• Hoër werkloosheid.
• Hoë voedselpryse sal daartoe lei dat verbruikers se keuses beperk is / 'n
kleiner verskeidenheid voedsel kan koop.
6.4 Noem twee moontlike redes vir die verhoogde inflasiekoers.
• Toename in voedselpryse wêreldwyd.
• 'n Skielike verhoging in brandstofpryse as gevolg van hoë oliepryse.
• Resessie.
6.5 Bespreek die maatreël wat die regering getref het om lae-inkomste-
huishoudings met voedselaankope by te staan.
Die regering van Suid-Afrika het basiese voedselsoorte vrygestel van BTW,
wat beteken dat Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) teen 0% gehef
word. Dit sluit items in soos bruinbrood, bruin koringmeel, rou eiers,
droëboontjies, mieliemeel, geblikte sardientjies, vars vrugte en groente,
vars- en poeiermelk en suiwelpoeiermengsel, droëmielies, mielierys,
stampmielies, lensies, wit rys, sonneblomolie en peulgewasse (ertjies en
bone).
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 19
6.6 Voorspel die uitkoms as kinders aan 'n erge proteïentekort ly. Noem vier
simptome van hierdie siekte.
Gevolg:
• kinders sal kwasjiorkor ontwikkel, omdat proteïenvoedsel baie duur is.
Simptome:
• swak spysvertering
• chroniese diarree
• infeksies
• toestand van hare, vel en naels verswak
• edeem (retensie van liggaamsvloeistowwe)
• geswelde buik (boepens)
• maer ledemate
6.7 Stel twee proteïenryke kossoorte voor wat van BTW vrygestel is en dus
meer bekostigbaar sal wees.
• hoendereiers
• sardyne (geblik)
• vars melk / melkpoeier / suiwelpoeiermengsel
• aangesuurde melk
• stampmielies
• peulgewasse / lensies / droë bone
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 19
AFDELING B KLEDING EN DIE VERBRUIKER
VRAAG 7
7.1 C v
7.2 F i
7.3 A ii
7.4 E iv
7.5 B vi
VRAAG 8
8.1 Stel vyf klassieke items voor wat Shirley by haar bestaande klerekas kan
inkorporeer om dit geskik te maak vir haar nuwe werk by die
prokureursfirma.
• Swart langbroek
• Grys langbroek / romp
• Eenvoudige wit hemp
• Baadjie wat by langbroek / romp pas
• Netjiese paar skoene om saam met langbroek en rompe te dra /
eenvoudige hofskoene
• Goeie kwaliteit handsak
Enige ander klassieke items wat by haar bestaande klerekas sal pas.
8.2 Evalueer Shirley se bestaande klerekas vir haar nuwe loopbaan.
Sy sal party van die bestaande items as informele drag kan dra, volgens
haar leefstyl en persoonlikheid. Sy het egter klere vir formele / deftige
funksies by die regsfirma nodig.
Haar klere moet die beeld van die regsfirma weerspieël.
Sy sal 'n kern van basiese, klassieke style in neutrale kleure nodig hê.
Klassieke items wat sy kan meng en pas.
Gevolgtrekking: Die meeste klere in haar huidige klerekas is nie geskik vir
haar nuwe loopbaan / werksomgewing nie, maar sy sal sekere stukke kan
gebruik wat sy met klassieke items kan meng om haar klere geskik te
maak. OF enige ander toepaslike antwoord wat die geskiktheid van haar
huidige klerekas evalueer.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 19
8.3 Skep 'n volledige en gepaste uitrusting vir Shirley om in die hof mee te
verskyn, met items uit haar huidige klerekas en party van die klassieke style
wat in Vraag 8.1 voorgestel word.
• Voorbeeld gegee:
− Eenvoudige wit hemp (klassieke item) (enige klassieke item kan
gebruik word)
− Swart potloodromp (bestaande klerekas) (enige geskikte item uit
bestaande klerekas)
− Swart baadjie
− Swart hoëhakskoene
• Toepaslikheid vir regsfirma
VRAAG 9
Modekeuse en -verandering word deur verskeie faktore beïnvloed.
Kies in elk van die volgende gevalle die faktor wat niks met by die ander twee in
gemeen het nie en gee 'n rede vir jou keuse.
9.1 Resessie
Die ander is sosiale faktore wat modeverandering beïnvloed.
Resessie vorm deel van ekonomiese faktore wat modeverandering
beïnvloed.
9.2 Beeld wat persone van hulself het
Die beeld wat persone van hulself het, vorm deel van die selfbeeld.
Die fisieke en sielkundige self is deel van selfkonsep.
9.3 Geen individualiteit
Nadeel van korporatiewe drag.
Om identifiseerbaar te wees en 'n standaard van voorkoms te verseker, is
van die voordele van korporatiewe klere.
9.4 Min grimering
As jy vir 'n onderhoud aantrek, moet jy min grimering dra.
Baie hoë hakke en baie parfuum moet vermy word wanneer jy vir 'n
onderhoud aantrek.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 19
VRAAG 10
10.1 Noem vier faktore wat modeverandering beïnvloed.
• Ekonomiese faktore
• Sosiale faktore
• Politieke faktore
• Tegnologiese faktore
10.2 "… mode het só deel van die Olimpiese Spele geword…" Identifiseer die
faktor in Vraag 10.1 waarvan hierdie stelling deel sal vorm.
Sosiale faktore
10.3 Handelsmerke soos Ralph Lauren en Nike word in die uittreksel genoem.
Bespreek hoe die gebruik van hierdie name die koopgedrag van verbruikers
en die huidige Olimpiese Spele se modeneigings kan beïnvloed.
• Handelsname sal uiters belangrik vir tieners en jong volwassenes wees, of
hulle dit kan bekostig of nie. Dit kan daartoe lei dat sommige verbruikers
skuld aangaan.
• Tydens die Olimpiese Spele wil hulle deel wees van die modeneigings
en nie uitgelaat voel nie. Groepdruk.
• Duur handelsname word dikwels met goeie kwaliteit geassosieer,
moedig koop aan.
• Advertensieveldtogte assosieer handelsname met sukses, mode,
rykdom en status waarvan verbruikers deel wil wees.
• Groepaanvaarding en sosiale status is belangrik vir verbruikers, daarom
sal hulle hierdie handelsmerke koop.
• Omdat dit sportklere is, sal dit verbruikers goed oor hulself laat voel en
hul selfvertroue en selfbeeld bevorder.
• Nagemaakte goedere sal die mark binnekom en dit vir sommige
verbruikers meer bekostigbaar maak. Sal nie van dieselfde gehalte
wees nie.
(Antwoorde moet met die Olimpiese Spele verband hou.)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 19
VRAAG 11
Verduidelik hoe verbruikers hul gebruik en keuse van klere kan beheer om
volhoubaarheid te ondersteun en sodoende 'n kleiner koolstofvoetspoor na te laat.
• Koop klere wat gemaak word van volhoubare tekstiele soos organiese katoen
en sy.
• Baie brandstof word gebruik om goedere in te voer, en dit verhoog die
koolstofvoetspoor, aangesien koolstofdioksied tydens verbranding in die
atmosfeer vrygestel word. Vermy die aankoop van ingevoerde klere.
• Koop klere wat van plaaslik vervaardigde tekstiel gemaak is, omdat dit
volhoubaarheid en die Suid-Afrikaanse ekonomie bevorder.
• Moenie ongebruikte klere weggooi nie. Verkoop dit aan tweedehandse
klerewinkels of skenk dit aan 'n kinderhuis, hospies of welsynsorganisasie.
Herwin.
• Omskep ou klere of materiaal in nuwe klere of sny dit om skoonmaaklappe te
maak. Hergebruik.
• Produksie van nuwe klere word verminder deur klere te herwin en sodoende
die koolstofvoetspoor te verlaag.
• Koop klimaat- / etiekbewuste handelsmerke wat stappe doen om hul koolstof-
voetspoor te verminder.
• Koop minder, maar beter kwaliteit, want dit is die beste manier om
koolstofvoetspoor te verminder omdat klere langer sal hou.
• Lugdroog klere, in plaas van tuimeldroog om koolstofvoetspoor te verminder.
• Gebruik die koue siklus van die wasmasjien.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 19
AFDELING C BEHUISING EN INTERIEUR EN DIE VERBRUIKER
VRAAG 12
12.1 B ii
12.2 D i
12.3 A iv
12.4 F v
12.5 C vi
VRAAG 13
Vergelyk die koop, bou en huur van 'n huis ten opsigte van:
13.1 Leefstyl
13.2 Koste
13.3 Belegging
13.4 Onderhoud
Tabuleer jou antwoord soos hieronder aangetoon:
KOOP BOU HUUR
LEEFSTYL Buigsaamheid – die Kan volgens eie Beperk – geen
eiendom kan verbou behoeftes ontwerp buigsaamheid om
word. word. eiendom te verbeter
nie.
KOSTE Fluktueer, afhangende Fluktueer, Huur verhoog met
van rentekoerse. afhangende van inflasie.
Kos aanvanklik meer rentekoerse.
as om te huur. Kan meer kos as
koop.
BELEGGING Groeiende waarde. Groeiende waarde. Geen beleggings-
Genereer rykdom. Genereer rykdom. voordeel vir jouself
Kan ook teen sy Kan ook teen sy nie.
waarde geld leen. waarde geld leen.
ONDERHOUD Onderhoud van huis Lae instandhouding Onderhoud is
en tuin. aanvanklik omdat huis eienaar se verant-
nuut is. woordelikheid.
Hoë koste om nuwe
tuin te vestig.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 19
VRAAG 14
14.1 Noem vyf faktore wat in ag geneem moet word wanneer jy jou eie huis bou.
Terrein • Kies terrein om aan eie behoeftes te voldoen
• Raadsaam om eiendomsagent te gebruik om wettigheid van
aankoop te verseker
Plan • Kies huisplan volgens persoonlike behoeftes / finansiering
beskikbaar / geskiktheid van die terrein
• Tekenaar of argitek sal verseker dat huisplanne wettig is en
aan vereistes van plaaslike owerheid voldoen
Bouer • Gebruik NHBRR om geregistreerde bouer / kontrakteur te kies
om die huis te bou
• Maak seker dat jy 'n kwotasie ontvang, wat alle vereistes
uiteensit, voordat jy 'n finale keuse maak
Finansiering • Reël finansiering voordat bouery begin
• Banklening of regering se behuisingsubsidie
14.2 Dis baie belangrik om die regte bouer te kry wanneer jy jou eie huis bou.
Noem twee nadele wanneer 'n onbetroubare bouer gekies word.
• Daar sal 'n risiko van foutiewe konstruksie en ontwerp wees
• Dit kan meer as die oorspronklike kwotasie kos weens swak
vakmanskap
• Dit kan baie probleme en stres vir die eienaar veroorsaak as bouwerk
vertraag word weens 'n onbetroubare bouer
• As 'n onbetroubare bouer nie subkontrakteurs tydens die bouproses kan
bestuur nie, word dit die grondeienaar se verantwoordelikheid
• Boetes kan gehef word as die gebou se vordering vertraag word
14.3 Noem vyf kriteria wat by die boukontrak ingesluit moet word om Kevin en
Jo-Anne te beskerm.
Koste • 'n Volledige uiteensetting van alle koste, insluitende bou- en
regskoste
Algemene • Bepaalde datums vir die aanvang en voltooiing van die
inligting bouproses
• Metode en terme van betaling
Waarborge • Om te verseker dat daar geen strukturele gebreke, lekkende
dak, foutiewe boupraktyke of onvoltooide werk is nie
Kansellasie- • Die gevolge wanneer die grondeienaar of die bouer nie hul
klousule deel van die ooreenkoms nakom nie
Spesifikasielys • Dit beskryf al die materiale, afwerkings en toebehore wat
gebruik gaan word in die konstruksie van die huis
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 19
VRAAG 15
15.1 Identifiseer die soort huiseienaarskap in die advertensie.
Deeltitel
15.2 Definieer die term "alleenmandaat".
'n Verkoper gee slegs een eiendomsagent alleenreg om sy eiendom te
verkoop.
15.3 Bespreek die rol van die eiendomsagent wanneer hierdie eiendom verkoop
word.
• Hulle sien toe dat die koop en verkoop van die eiendom glad verloop.
• Beskerm die belange van die kliënt (gewoonlik die verkoper).
• Verskaf inligting oor skole, mediese fasiliteite, winkels, geriewe,
misdaadvlakke.
• Adviseer oor die billike markwaarde van die eiendom.
• Help die koper met sy/haar aansoek om 'n huislening.
• Kan namens die koper aansoek doen om 'n verband.
• Openbaarmaking van alle feite met betrekking tot die eiendom.
• Sien toe dat enige geld wat deur die koper betaal word, behoorlik
gefaktureer word en in 'n toepaslike rekening inbetaal word.
• Gee raad, koördineer en bestuur die hele koopproses
• totdat die eiendom in die naam van die koper geregistreer is.
• Die agent kan navrae, geskille en probleme wat tydens die koopproses
mag voorkom, bemiddel en oplos.
15.4 Die advertensie lui "Geen hereregte" (oordragsfooi). Verduidelik wat met
hierdie term bedoel word.
• Hereregte is 'n regeringsbelasting wat betaalbaar is wanneer die
eienaarskap van 'n eiendom van die verkoper na die koper oorgedra
word.
• Oordrag van die eiendom in die nuwe eienaar se naam.
15.5 Verduidelik hoekom dit nie nodig is om hereregte (oordragsfooi) te betaal
wanneer een van hierdie meenthuise gekoop word nie.
• Die eiendom is nuut gebou / 'n nuwe ontwikkeling / word van die
ontwikkelaar gekoop.
• Dit het nog nie voorheen aan iemand anders behoort nie / die koper sal
die eerste eienaar wees.
• Die eiendom kos minder as R900 000.
15.6 Alhoewel geen hereregte (oordragsfooi) vir hierdie eiendom nodig is nie, is
daar ander koste verbonde by die aankoop van 'n eiendom. Noem twee
addisionele kostes wat betaal moet word.
• Prokureursfooie
• Aktekantoorfooi
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 19
15.7 Aan wie is die koste wat in Vraag 15.6 gemeld word, betaalbaar, en
hoekom?
• Transportaktegeld: betaling vir die transportaktebesorger (prokureur) vir
toesig oor die oordragproses.
• Aktekantoorfooi: betaalbaar aan die Aktekantoor om die eiendom in die
naam van die koper te registreer.
15.8 'n Maandelikse heffing is elke maand betaalbaar. Hoeveel is die heffing vir
hierdie geadverteerde eiendom?
R1 861,00
15.9 Stel vier spesifieke gebruike vir hierdie heffing voor.
• Versekering op die geboue.
• Betaling van tariewe en belasting.
• Waterverbruik van die kompleks.
• Elektrisiteitsverbruik van al die dienste, behalwe die eienaar se eie
elektrisiteitsverbruik.
• Onderhoud van die geboue (aan die buitekant van die eenhede) en
gemeenskaplike areas (tuin en swembad).
• Sekuriteitsreëlings by die kompleks.
• Dekking van enige buitengewone uitgawes, byvoorbeeld skade
veroorsaak deur oorstromings.
(Maak seker dat leerders se antwoorde nie algemeen is nie en nie
huiseienaarskoste insluit nie.)
VRAAG 16
Adviseer die verbruikers in Kaapstad wat 'n wasmasjien wil koop, ten einde hul
waterverbruik te verminder en 'n kleiner negatiewe impak op die omgewing te hê.
• Voorlaaiwasmasjiene gebruik die minste water.
• Bestudeer die water- en energieverbruiksgraderings op die etiket.
• Oorweeg om die wasmasjien te koop wat die minste water per kilogram
wasgoed gebruik.
• 'n Outomatiese instelling om watervlakke aan te pas, verseker dat slegs die
vereiste hoeveelheid water gebruik word.
• Vervaardigers kan aandui hoe om van omgewingsvriendelike verpakking
ontslae te raak. Raak op die regte manier daarvan ontslae deur dit te herwin.
• Koop plaaslik vervaardigde wasmasjiene om die koolstofvoetspoor van
verskeping- en vervoervrystellings te verminder.
• Koop 'n wasmasjien met 'n filter wat vesels opvang sodat dit nie deur afval-
water beweeg en moontlike skade aan die omgewing aanrig nie.
• Koop 'n wasmasjien met 'n kouewateropsie. Dis omgewingsvriendelik omdat dit
nie elektrisiteit gebruik om die water te verhit nie.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 19
AFDELING D UITGEBREIDE SKRYFRESPONS
VRAAG 17
Daar is 'n wesenlike bedreiging vir huishoudelike voedselsekuriteit in arm
gemeenskappe in Suid-Afrika. Skryf 'n artikel in reaksie op hierdie nuus24-
uittreksel en bespreek die redes vir hierdie bedreiging en vir probleme wat
verband hou met voedselproduksie. Stel moontlike oplossings voor om verbruikers
in armer gemeenskappe te help.
Die artikel moet:
• 'n toepaslike opskrif en inleiding hê.
• ongeveer 500 woorde (1½–2 bladsye) en toepaslike paragrawe bevat.
• tot 'n duidelike gevolgtrekking kom en 'n geldige rede vir jou antwoord verskaf.
Punte sal toegeken word volgens die rubriek.
Kategorie 4 punte 3 punte 2 punte 1 punt
Fokus op en Die hele antwoord Die antwoord is Die antwoord is Geen poging
gebruik van is akkuraat meestal verwant gedeeltelik verwant aangewend om die
artikel gekoppel aan die aan die onderwerp. aan die onderwerp. antwoord aan die
onderwerp en die Dwaal op 'n Nie 'n sterk skakel onderwerp te
leser kan dit stadium af, maar met die onderwerp koppel nie.
duidelik verstaan. die leser kan nie.
steeds iets oor die
onderwerp leer.
Inhoud: Alle feite in die Byna alle feite in Party feite in die Feite verkeerd of
Deeglikheid antwoord is die antwoord is antwoord is irrelevant.
akkuraat. Besliste akkuraat. Enkele akkuraat. Geen melding van
skakel na arm verwysings na Baie min verwysing Suid-Afrika of die
gemeenskappe in Suid-Afrika en die na Suid-Afrika en artikel nie.
Suid-Afrika en die artikel. die artikel.
artikel.
Inhoud: Antwoord relevant Antwoord relevant Bespreek slegs die Antwoord nie van
Toepaslikheid en verskeie redes en noem 'n paar redes vir toepassing op
en oplossings word redes en voedselsekuriteit- voedselsekuriteit-
genoem. oplossings. krisis. redes of oplossings
nie.
Gevolgtrekking Verstaan die Verstaan die Verstaan die Geen begrip van
onderwerp deeglik onderwerp. onderwerp ietwat. die onderwerp nie.
en bied 'n duidelike Gevolgtrekking Geen duidelike Geen duidelike
en bondige relevant. gevolgtrekking nie. gevolgtrekking nie.
gevolgtrekking aan.
Aanbieding Toon van antwoord Toon is konsekwent Toon, taal en Skryfwerk is amper
is volwasse. en geskik vir terminologie is onverstaanbaar.
Geskikte, gepaste professionele swak. Toon, taal en
en professionele argument. Opskrif hou nie terminologie uiters
argument. Goeie en gepaste verband met artikel swak.
Uitstekende en gebruik van taal en nie. Inleiding en
gepaste gebruik terminologie. Pogings tot paragrafering nie
van taal en Opskrif vir artikel korrekte inleiding teenwoordig nie.
terminologie. verskaf. en paragrafering.
Toepaslike opskrif Meestal toepaslike
vir artikel. inleiding en
Interessante paragrafering.
inleiding.
Korrekte
paragrafering met
goeie oorgange.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 19
Die artikel word holisties nagesien met behulp van die IEB-brongebaseerde
opstelrubriek en die volgende riglyne.
Inleiding:
• Voedselsekerheid beteken dat alle mense daagliks toegang het tot voldoende
veilige en voedsame kos om 'n aktiewe en gesonde lewe te lei.
• Drie hoofbeginsels:
− beskikbaarheid van voedsel
− toeganklikheid van voedsel
− gebruik van voedsel
Bespreek redes vir hierdie bedreiging:
• Verkryging van voedsame, veilige kos en water is dikwels 'n probleem in armer
gemeenskappe, aangesien dit baie duur kan wees, en hierdie gemeenskappe
het dalk nie skoon, veilige lopende water nie.
• Armer gemeenskappe is dikwels nie naby aan dorpe/stede nie, en hoë
vervoerkoste na hierdie sentra toe kan 'n impak op hul toeganklikheid tot
voedsel hê.
• Alhoewel 'n regering dalk voedselbeskikbaarheid en -toeganklikheid kan
verseker, is dit verbruikers se verantwoordelikheid om hul basiese kennis van
voeding te gebruik om voedsel- en waterhulpbronne veilig te gebruik om 'n
gesonde lewe te handhaaf – dit is dikwels onmoontlik in armer gemeenskappe
omdat hulle dalk nie die betrokke inligting het nie.
• Werkloosheid, asook lae lone, maak dit vir hierdie gemeenskappe
onbekostigbaar om gesonde kos te koop.
• Inligting, opvoeding (arm gemeenskappe sukkel dikwels om wyse koopkeuses
te maak), kennis oor voeding en higiëne is dikwels beperk.
• Beperkte sosialemediadienste weens afgeleë ligging maak dit onmoontlik vir
hierdie gemeenskappe om voordeel te trek uit spesiale aanbiedings by winkels.
• Armer gemeenskappe prioritiseer hul inkomste en spandeer die meeste van
hul geld op opvoeding, skuldvereffening, elektrisiteit en vervoer, eerder as op
kos.
• Kindersorgtoelaes dek soms nie eens 'n kind se basiese voedselbehoeftes nie.
• Voedselpryse het teen 'n hoë koers toegeneem en hulle betaal dieselfde prys
vir minder kos, wat dit onmoontlik maak om 'n gesin te voed.
• Die pryse van voedsel wat deur arm gemeenskappe gebruik word (voorbeelde
uit uittreksel) styg skerp a.g.v. inflasie.
Probleme wat met plaaslike voedselproduksie geassosieer word:
• Stakings
− Voedselbedryf – afname in voedselproduksie.
− Vragmotorbestuurderstakings – voedsel word nie betyds aan
gemeenskappe gelewer nie en kan bederf of vermors word.
− Plaaswerkerstakings – party aspekte van die boerderyproses kan nie
voortgaan nie, soos die verbouing, oes en verpakking van voedsel, wat die
beskikbaarheid van voedsel verminder.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 19 van 19
• Grondhervorming
− Lewensvatbare plase word aan onervare boere gegee, waardeur die
beskikbaarheid van voedsel verminder word.
− Onervare boere kry geen ondersteuning en leiding om suksesvol te boer en
voldoende voedsel te produseer nie.
• Droogtes en onbeskikbaarheid van water
− Lei tot afname in voedselproduksie – bedreig voedselsekerheid namate
voedselpryse toeneem.
− Geen water – produksie word beperk / gewasse vrek / swak opbrengste.
− Minder kos word geproduseer, wat voedselprysstygings tot gevolg het.
− Besoedeling, as gevolg van swak sanitasie; beskikbare water kan nie
gebruik word nie, lei tot laer voedselproduksie.
• Voorstelle om armer gemeenskappe te help
− Loongeskille tydens stakings moet so gou moontlik afgehandel word om 'n
afname in voedselproduksie te voorkom.
− Eie groentetuine – moedig armer gemeenskappe aan en leer hulle om hul
eie groentetuine te begin.
− Hulle kan die produkte van hierdie tuine gebruik om hul inkomste aan te vul.
− Armer gemeenskappe moet opgevoed word oor BTW-vrygestelde
kossoorte, goedkoper opsies (veral ander proteïenbronne), oordeelkundige
voedselkeuses, insluitende die voorbereiding van voedsame etes.
Gevolgtrekking
Nagesien volgens vereistes van rubriek.
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2018
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Nov 2025 MG Afr (1)

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
Consumer Studies May June 2018 Memo Eng hlayiso.com

Memorandum
Consumer Studies May June 2018 Memo Afr hlayiso.com

Memorandum
Consumer Studies Nov 2018 FINAL Memo Afr hlayiso.com . hlayiso.com

Memorandum
Consumer Studies Feb March 2018 Memo Afr hlayiso.com

Question paper
Consumer Studies May June 2025 Afr
More from Grade 12 Consumer Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2025 ENG

Question paper
Consumer Studies Nov 2025 Eng

Errata
Consumer Studies Erratum Sept 2024 hlayiso.com

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2024 Afrikaans hlayiso.com

Question paper