Skip to content
Question paper

Consumer Studies Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

IEB Grade 12 Consumer Studies question paper from the 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Consumer StudiesGrade 12201817 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2018 VERBRUIKERSTUDIES Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy. AFDELING A: Voedsel en Voeding en die Verbruiker AFDELING B: Kleding en die Verbruiker AFDELING C: Behuising en Interieur en die Verbruiker AFDELING D: Uitgebreide Skryfrespons 3. Lees die vrae noukeurig deur. 4. Party afdelings het meerkeusevrae. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte hoofletter in jou Antwoordboek neer, bv. 1.1.8. A. Moenie die ruit gebruik wat op die binneblad van jou Antwoordboek gedruk is nie. 5. Nommer die antwoorde presies soos die vrae genommer is. 6. Laat genoeg spasie tussen elke antwoord. 7. Moenie in die kantlyne skryf nie; laat dit oop vir die neerskryf van punte. 8. Die punte wat aan elke vraag toegeken word, dui die detail wat verlang word, aan. 9. Sakrekenaars mag gebruik word. 10. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 2 van 17 AFDELING A VOEDSEL EN VOEDING EN DIE VERBRUIKER Bestee ongeveer 60 minute aan hierdie afdeling. VRAAG 1 Moenie die ruit gebruik wat op die binneblad van jou Antwoordboek gedruk is nie. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte hoofletter (A–D) in jou Antwoordboek neer. 1.1 Vigslyers ly dikwels aan wanvoeding as gevolg van: A 'n gebrek aan laktase. B te veel insulien. C 'n gebrek aan eetlus. D 'n gebrek aan oefening. 1.2 Fisiese simptome van Anorexia Nervosa sluit in: A oormatige gewigsverlies, opgeblaasdheid en diarree. B oormatige gewigsverlies, moegheid en hardlywigheid. C oormatige gewigsverlies, sosiale onttrekking en gebrek aan emosie. D depressie, buierigheid en tandprobleme. 1.3 Kies die beste aanbeveling vir die beheer van anemie: A vermy die kos wat die reaksie veroorsaak vir 'n sekere tydperk. B volg 'n gesonde dieet wat rooivleis, lensies en tamaties insluit. C doen gereelde gewigdraende oefeninge. D verlaag die totale GI van 'n ete deur hoë-GI- en lae-GI-voedselsoorte te kombineer. 1.4 Geneties-gemodifiseerde voedsel kan die beste gedefinieer word as: A voedsel wat met baie kort lig- en radiogolwe behandel word. B voedsame en veilige kos wat aan alle huishoudings beskikbaar is. C voedsel wat geproduseer word deur metodes wat die produktiwiteit van die ekostelsel volhoubaar maak. D voedsel wat deur die manipulasie van die DNA-molekule ontwikkel word. 1.5 Die hoofdoel van voedseletikettering is: A om die verbruiker te beskerm en inligting oor spesifieke voedsel- soorte te verskaf. B om as 'n preserveermiddel op te tree en die groei van mikro- organismes te vertraag. C om siektes of toestande soos kanker, senuwee-aandoenings en obesiteit te voorkom. D om aan verbruikers te toon dat sekere kosse veilig en maklik is om te eet. [5] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 3 van 17 VRAAG 2 Kategoriseer die volgende belastings as direkte of indirekte belasting. Tabuleer jou antwoord soos hieronder getoon: • belasting op toegevoegde waarde • aksynsbelasting • eiendomsbelasting (tariewe) • kapitaalwinsbelasting • LBS-belasting • invoerbelasting • voorlopige belasting • lisensies • hereregte (oordragsfooi) • boedelbelasting Direkte belasting Indirekte belasting [10] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 4 van 17 VRAAG 3 Bestudeer die bestanddele-inligting op die voedseletiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Groente (minimum 52%) (wortels, uie, kool, soetrissies, rissies) (in veranderlike verhoudings), water, tamatie- purée, sonneblomolie, (antioksidant TBHQ (E319)), speserye (bestraal), koring, sout (nie-gejodeer), geneties-gemodifiseerde mieliestysel (E1401), suurheidsreguleerder (E330). [Aangepas van: <www.koo.co.za/products/range/chakalaka>] 3.1 Die mieliestysel in die Chakalaka is geneties gemodifiseer en het daarom sekere voordele. Identifiseer enige vier voordele deur slegs die hoofletters van jou keuse neer te skryf. A Dit het dikwels meer letsels. B Gewasse raak plaagbestand. C Die gereelde inname van antibiotika-weerstandige gene kan individue weerstanding maak teen die doeltreffendheid van antibiotika. D Produkte het 'n langer rakleeftyd en het beter verwerkings- en vervaardigingseienskappe. E Gewasse kan 'n verbeterde geur, voorkoms en tekstuur hê. F Diere kan groter en vinniger groei, wat oneties is. G Kossoorte kan meer voedsaam wees. H Die mieliestysel kan 'n superorganisme word. (4) 3.2 Noem een rede hoekom die speserye in die Chakalaka bestraal word. (1) 3.3 Verduidelik kortliks hoekom bestraalde voedsel voordelig vir MIV / Vigspasiënte kan wees. (2) 3.4 Ontleed die bestanddelelys om aan te toon dat hierdie Chakalaka 'n geskikte keuse is om by 'n MIV / Vigspasiënt se dieet in te sluit. Tabuleer jou antwoord soos hieronder aangedui: Bestanddeel Motivering (5) 3.5 Stel 'n geskikte, voedsame middagetespyskaart saam wat die Chakalaka insluit en bedien kan word om die gesondheid van 'n MIV / Vigsindividu te beheer. Motiveer jou keuses. (4) [16] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 5 van 17 VRAAG 4 Jy is 'n voedingblogger en die volgende vraag is deur Beth op jou blog geplaas. Kan die inname van te veel suiker tipe 2- diabetes veroorsaak? Deur Beth W. Orenstein [Aangepas van <www.everydayhealth.com>] 4.1 Beantwoord Beth se blogvraag deur twee oorsake vir die ontwikkeling van tipe 2-diabetes hieronder te identifiseer. Skryf slegs die korrekte hoofletters van jou keuse neer. A Die pankreas bou nie voldoende insulien op om die bloedglukose- vlakke effektief te beheer nie. B Na 'n ete word proteïene verteer en gemetaboliseer en deur die liggaam vir energie gebruik. C Die liggaam kan nie die insulien effektief gebruik nie en liggaamselle kan dus insulienweerstandig word. D Daar is nie voldoende insulien om die liggaamselle te ontsluit en energie te verskaf nie, wat hoë bloeddruk veroorsaak. (2) 4.2 Voorsien Beth van vyf dieetverwante riglyne wat sy sal moet implementeer as sy met tipe 2-diabetes gediagnoseer word. Motiveer hierdie riglyne. (5) [7] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 6 van 17 VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder voordat jy Vraag 5.1–5.5 beantwoord. Tebogo se verhaal Tebogo sukkel met haar gewig vir solank as wat sy kan onthou. Sy is 21 jaar oud en studeer tans aan die universiteit. Sy is 163 cm lank en het tot onlangs 70 kg geweeg. Om haar aan kos te vergryp, het vir haar 'n leefwyse geword. Die frekwensie van haar kosvergrype het die afgelope paar maande toegeneem en haar gewig het skielik met 'n verdere 15 kilogram toegeneem. Tebogo is tans baie bekommerd oor haar gewig. Alhoewel Tebogo haar voorkoms haat en baie bekommerd is oor wat sy aan haar liggaam doen, weet sy nie hoe om op te hou nie. Sy probeer haar kosinname gedurende die dag beperk, maar die drang om haar aan kos te vergryp oorval haar gewoonlik later in die middag. Sy eet gewoonlik eers 'n verskeidenheid kitskosse, gevolg deur heelwat soet versnaperings. Sy probeer die kos opeet voordat haar broer van sy sokkeroefening af terugkom. Die skuldgevoelens oor wat sy doen, laat haar depressief voel, gevolglik bring sy na sulke vergryp-episodes heelwat tyd in die badkamer deur waar sy purgeer. Sy voel skaam hieroor, maar is in hierdie bose kringloop vasgevang. Na 'n besoek aan 'n dokter word Tebogo uiteindelik met bulimia nervosa gediagnoseer. [Aangepas van: v/d Merwe (2013)] 5.1 Identifiseer drie redes uit die uittreksel waarom Tebogo met bulimia nervosa gediagnoseer is. (3) 5.2 Noem twee newe-effekte van die spysverteringstelsel van Tebogo se eetversteuring wat nie in die uittreksel genoem word nie. (2) 5.3 Stel 'n bestuurstrategie vir bulimia nervosa aan Tebogo voor. (3) 5.4 Definieer die term "liggaamsmassa-indeks" en verduidelik aan Tebogo hoe om haar LMI te bereken. (2) 5.5 Bereken Tebogo se LMI. Gebruik die tabel hieronder om vir haar te verduidelik in watter kategorie van klassifikasie sy val en bepaal dan haar ideale liggaamsgewig. (Toon alle berekenings.) LMI Tabel: Klassifikasies LMI Ondergewig ˂18,5 Normaal 18,5–24,9 Oorgewig 25,0–29,9 Vetsug, klas I 30,0–34,9 Vetsug, klas II 35,0–39,9 Uiterste vetsug, klas III ≥40 (4) [14] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 7 van 17 VRAAG 6 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord Vraag 6.1–6.7. Huidige inflasie Suid-Afrika – VPI-inflasie Hierdie grafiek bevat 'n oorsig van huidige Suid-Afrikaanse inflasie: VPI Suid-Afrika. Die inflasie is gebaseer op die verbruikersprysindeks (VPI). Die inflasiegrafiek dui die inflasiekoerse gedurende die afgelope 12 maande aan. Huidige inflasie Suid-Afrika (VPI) ― afgelope 12 maande 1,2 1 Inflasie-persentasie 0,8 0,6 0,4 0,2 0 Des Des Nov Nov Okt Okt Sep Sep Aug JulJul2017 Jun Aug Jun 2017 Mei Mei Apr Apr Mar Mar Feb Jan Feb Jan 2017 2017 - 2017 - 2017 - 2017 - 2017 - 2017 2017 - 2017 - 2017 - 2017 - 2017 - - Jun - - Mei 2017 - 2017 - 2017 - 2017 - 2017 2017 - 2017 - 2017 - 2017 - 2017 - - Des - Nov Nov Okt Oct Sep Sep Aug 2017 Jun Aug JulJul 2017 Mei 2017 Apr Apr Mar Mar Feb 2017 Des Jan Feb Jan 2016 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2017 2016 Inflasie (maandelikse basis) [Aangepas van: <http://www.inflation.eu/inflation-rates/south-africa/current-cpi-inflation-south-africa.aspx>] 6.1 Die grafiek hierbo verwys na die Verbruikersprysindeks (VPI). Definieer die term. (2) 6.2 Tussen watter maande in 2017 het Suid-Afrikaanse verbruikers die hoogste vlak van inflasie beleef, en wat was die persentasie? (2) 6.3 Voorspel wat die gevolge vir Suid-Afrikaanse huishoudings sal wees as die inflasiekoers teen bogenoemde koers aanhou styg. (3) 6.4 Noem twee moontlike redes vir die verhoogde inflasiekoers. (2) 6.5 Bespreek die maatreël wat die regering getref het om lae-inkomste- huishoudings met voedselaankope by te staan. (2) 6.6 Voorspel die uitkoms as kinders aan 'n erge proteïentekort ly. Noem vier simptome van hierdie siekte. (5) 6.7 Stel twee proteïenryke kossoorte voor wat van BTW vrygestel is en dus meer bekostigbaar sal wees. (2) [18] 70 punte IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 8 van 17 AFDELING B KLEDING EN DIE VERBRUIKER Bestee ongeveer 40 minute aan hierdie afdeling. VRAAG 7 Pas die illustrasie in Kolom A by die modeterm in Kolom B en die beste beskrywing in Kolom C. Skryf slegs die hoofletter en die Romeinse syfer vir elke antwoord (bv. 7.6 G vii) neer. Die tabel vervolg op die volgende bladsy. Kolom A Kolom B Kolom C Illustrasie Modeterm Beskrywing 7.1 A Haute couture i Hierdie mode is tydloos, eenvoudig en bly gewild. 7.2 B Modeneiging ii Hierdie kledingstukke word deur mode- ontwerpers geskep en deur 'n paar modeleiers gedra. 7.3 C Silhoeët iii Style wat algemeen deur die meerderheid mense aanvaar word. 7.4 D Massamode iv Hierdie mode word gou deur 'n relatief klein groepie verbruikers aanvaar omdat dit 'n kort lewensduur het. IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 9 van 17 7.5 E Modegier v Buitelyn van jou liggaam of kledingstuk, wat jy op 'n afstand kan waarneem. F Klassieke mode vi Mode wat in 'n sekere algemene rigting verander. [10] Bronne: Afbeelding 7.1: [<https://image.freepik.com/free-vector/fashion-models-silhouette-pack_23-2147563634.jpg>] Afbeelding 7.2: [<https://za.pinterest.com/explore/audrey-hepburn-black-dress/>] Afbeelding 7.3: [<https://i.pinimg.com/originals/20/cc/ee/20ccee8556298f38fbcaa191025051de.jpg>] Afbeelding 7.4: [<https://i.ytimg.com/vi/mc-VF4 xtqxk/hqdefault.jpg>] Afbeelding 7.5: [<https://i.pinimg.com/736x/fb/3d/4c/fb3d4ce105075fb0096dfab06fa542c3--kate-middleton- dress-kate-middleton-style.jpg>] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 10 van 17 VRAAG 8 Lees die onderstaande teks voordat jy die vrae wat volg, beantwoord. Shirley is 25 jaar oud en het pas haar regsgraad voltooi. Sy begin haar eerste werk by 'n bekende regsfirma en sal die meeste van haar tyd in die hof deurbring. Sy is egter verlore wat klerekasbeplanning betref, en het jou raad nodig. [Eie teks] Shirley het die volgende items in haar studentklerekas. 1. RUGSAK 2. SY-KAMISOOL 3. OORGROOT WIT T-HEMP 4. GRYS T-HEMP 5. GESTREEPTE TOP 6. CHAMBRAY TUNIEK 7. LIGTE OORTREKTRUI 8. SNOESIGE BAADJIE 9. LEERBAADJIE 10. LANG BAADJIE 11. SWART ROK 12. POTLOODROMP "TRENCH COAT" 13. SWART DENIM 14. GIRLFRIEND JEANS 15. SLENTERBROEK 16. DENIM KORTBROEK 17. ATLETIEKSKOENE 18. SWART HOËHAKSKOENE 19. ENKELSTEWELS 20. OORKRUIS SANDALE [Bron: <https://i.pinimg.com/originals/66/a7/f4/66a7f499867c48dc7f69d96081285359.jpg>] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 11 van 17 8.1 Stel vyf klassieke items voor wat Shirley by haar bestaande klerekas kan inkorporeer om dit geskik te maak vir haar nuwe werk by die prokureursfirma. (5) 8.2 Evalueer Shirley se bestaande klerekas vir haar nuwe loopbaan. (5) 8.3 Skep 'n volledige en gepaste uitrusting vir Shirley om in die hof mee te verskyn, met items uit haar huidige klerekas en party van die klassieke style wat in Vraag 8.1 voorgestel word. (3) [13] VRAAG 9 Modekeuse en -verandering word deur verskeie faktore beïnvloed. Kies in elk van die volgende gevalle die faktor wat niks met die ander twee in gemeen het nie en gee 'n rede vir jou keuse. 9.1 Godsdiens / Resessie / Kultuur. (2) 9.2 Fisiese self / Sielkundige self / Beeld wat persone van hulself het. (2) 9.3 Identifiseerbaar / Standaard van voorkoms word verseker / Geen individualiteit. (2) 9.4 Min grimering / Besondere hoë hakke / Baie parfuum. (2) [8] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 12 van 17 VRAAG 10 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Olimpiese mode: wenner of nie? Ralph Lauren het die VSA se spandrag Die "tuis" trui vir die Verenigde State se hokkiespan, ontwerp vir die afsluitingseremonie van die deur Nike. 2018 Winter Olimpiese Spele ontwerp Kanada, Frankryk en Pole het in Oktober 2017 hul uitrustings vir die 2018 Olimpiese Winter Spele in PyeongChang, Suid-Korea, bekendgestel. Daar was selfs 'n spesiale Olimpiese modevertoning in Warskou wat ook Kroasië, Griekeland, Letland en Serwië ingesluit het. In November 2017 het die Verenigde State uit die wegspringblokke gekom en by die kompetisie aangesluit. In 'n soort stylaflos het Ralph Lauren die VSA se spandrag vir die afsluitingseremonie bekendgestel. Burton het die sneeuplankrydrag vertoon en Nike het die hokkietruie van die Verenigde State sowel as Kanada bekendgestel. Tot dusver is die wenner skynbaar … sportdrag! Dit mag dalk belaglik klink, maar mode het só deel van die Olimpiese Spele geword dat die buitekompetisiedrag van atlete, en selfs sommige kompetisiedrag, al hoe meer na basiese loopplankhandelsware begin lyk. [Aangepas van: <https://www.nytimes.com/2017/11/02/fashion/olympics-ralph-lauren-burton.html>] 10.1 Noem vier faktore wat modeverandering beïnvloed. (4) 10.2 "… mode het só deel van die Olimpiese Spele geword …" Identifiseer die faktor in Vraag 10.1 waarvan hierdie stelling deel sal vorm. (1) 10.3 Handelsmerke soos Ralph Lauren en Nike word in die uittreksel genoem. Bespreek hoe die gebruik van hierdie name die koopgedrag van verbruikers en die huidige Olimpiese Spele se modeneigings kan beïnvloed. (8) [13] VRAAG 11 Verduidelik hoe verbruikers hul gebruik en keuse van klere kan beheer om volhoubaarheid te ondersteun en sodoende 'n kleiner koolstofvoetspoor na te laat. [6] 50 punte IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 13 van 17 AFDELING C BEHUISING EN INTERIEUR EN DIE VERBRUIKER Bestee ongeveer 50 minute aan hierdie afdeling. VRAAG 12 Pas die voorbeeld in Kolom A by die toepaslikste rolspeler in Kolom B en die finansiële vereiste of raad in Kolom C. Skryf slegs die hoofletter en die Romeinse syfer vir elke antwoord (bv. 12.6 G vii) neer. Kolom C Kolom A Kolom B Finansiële vereiste of Voorbeeld Rolspeler Raad 12.1 Huur A Eiendomsagent i NHBRR 12.2 Bou B Huurder ii Huurkontrak 12.3 Koop C Huiseienaar iii Salaris Vullisverwy- 12.4 D Inspekteur iv Huislening dering 12.5 Versekering E Regering v Eiendomsbelasting F Munisipaliteit vi Omvattend [10] VRAAG 13 Vergelyk die koop, bou en huur van 'n huis ten opsigte van: 13.1 Leefstyl 13.2 Koste 13.3 Belegging 13.4 Onderhoud Tabuleer jou antwoord soos hieronder aangetoon: KOOP BOU HUUR LEEFSTYL KOSTE BELEGGING ONDERHOUD [12] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 14 van 17 VRAAG 14 Kevin en Jo-Anne kan nie 'n huis vind wat by hul lewenstyl en behoeftes pas nie. Hulle besluit om eerder 'n erf te koop en hul eie huis te bou. 14.1 Noem vyf faktore wat in ag geneem moet word wanneer jy jou eie huis bou. (5) 14.2 Dis baie belangrik om die regte bouer te kry wanneer jy jou eie huis bou. Noem twee nadele wanneer 'n onbetroubare bouer gekies word. (2) 14.3 Noem vyf kriteria wat by die boukontrak ingesluit moet word om Kevin en Jo-Anne te beskerm. (5) [12] VRAAG 15 Bestudeer die advertensie vir 'n drieslaapkamermeenthuis hieronder en gebruik die inligting om Vraag 15.1–15.9 te beantwoord. R900 000 3-slaapkamermeenthuis Die opwindendste nuwe ontwikkeling wat Centurion in jare gesien het, is pas van stapel gestuur! Hierdie goed ontwerpte, vrystaande meenthuis het 3 slaapkamers, 2,5 badkamers (en suite is 'n volledige badkamer) met 'n ruim privaat tuin en 'n enkel motorhuis en enkel motorafdak. Die Hudson het 'n pragtige gemeenskaplike klubhuis met swembad, ingeboude braaigeriewe en 'n kinderspeelarea. Uitstekende sekuriteit sluit 24 uur-toegangsbeheer met patrolliewagte en 'n 2,1 m hoë muur met 8-draad elektriese heining bo-op in. Elke huis het 'n songeiser en veseloptika na die huis met een jaar gratis internetgebruik. Geen hereregte (oordragsfooi). Heffing slegs R1 861. Ontwikkelaar het alleenmandaat aan Rawson Eiendomsagente toegeken om hierdie unieke eenhede te verkoop. [Aangepas van: <Property24.com>] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 15 van 17 15.1 Identifiseer die soort huiseienaarskap in die advertensie. (1) 15.2 Definieer die term "alleenmandaat". (1) 15.3 Bespreek die rol van die eiendomsagent wanneer hierdie eiendom verkoop word. (4) 15.4 Die advertensie lui "Geen hereregte" (oordragsfooi). Verduidelik wat met hierdie term bedoel word. (2) 15.5 Verduidelik hoekom dit nie nodig is om hereregte (oordragsfooi) te betaal wanneer een van hierdie meenthuise gekoop word nie. (2) 15.6 Alhoewel geen hereregte (oordragsfooi) vir hierdie eiendom nodig is nie, is daar ander koste verbonde by die aankoop van 'n eiendom. Noem twee addisionele kostes wat betaal moet word. (2) 15.7 Aan wie is die koste wat in Vraag 15.6 gemeld word, betaalbaar en hoekom? (4) 15.8 'n Maandelikse heffing is elke maand betaalbaar. Hoeveel is die heffing vir hierdie geadverteerde eiendom? (1) 15.9 Stel vier spesifieke gebruike vir hierdie heffing voor. (4) [21] VRAAG 16 Adviseer die verbruikers in Kaapstad wat 'n wasmasjien wil koop, ten einde hul waterverbruik te verminder en 'n kleiner negatiewe impak op die omgewing te hê. [5] 60 punte IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 16 van 17 AFDELING D UITGEBREIDE SKRYFRESPONS Bestee ongeveer 30 minute aan hierdie afdeling. VRAAG 17 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. "Kos te duur" (www.news24.co.za) 2017-10-26 14:10 Chelsea Pieterse, The Witness Arm gesinne spandeer minder as die helfte van wat hulle moet op kos. Lae-inkomste inwoners van Pietermaritzburg spandeer 54% minder aan kos as wat hulle moet. Dit is volgens die Pietermaritzburg-agentskap vir Maatskaplike Gemeenskapaksie (Pacsa), wat Woensdag sy jaarlikse voedselprysbarometer bekend gemaak het. Volgens die verslag prioritiseer mense kwessies soos onderwys, skuld, elektrisiteit en vervoer, bo kos. Van die redes hoekom mense finansieel sukkel, is lae lone en werkloosheid. Die verslag toon dat minstens sewe persone per stedelike huishouding in Pietermaritzburg op 'n lae inkomste moet oorleef. In September vanjaar beloop die koste van 'n basiese, maar voedsame kosmandjie vir hierdie huishoudings net meer as R4 000 per maand. Pacsa het egter bevind dat lae-inkomste huishoudings net minder as R2 000 aan kos spandeer. "Dit beteken dat lae-inkomste huishoudings slegs die helfte van die voedsel wat hulle elke maand benodig, kan bekostig," volgens die verslag. Die aanbieder van die verslag, Pacsa se Julie Smith, het gesê dat twee derdes van swart Suid-Afrikaners in 2017 onder die broodlyn geleef het. Volgens haar kan 'n kwart van hulle nie bekostig om "behoorlike kos op die tafel te sit nie". Smith het gesê dat die gemiddelde loon van R2 900 per maand as onder die broodlyn beskou moet word, aangesien die loon onder lede van die huishoudings verdeel word. Sy het bygevoeg dat die omvang van inflasie op kos "buitengewoon is". Volgens Smith is 'n verdere probleem die feit dat maatskapliketoelaagbetalings te laag is. "Kindertoelaes is R380 per maand. Dit is onder die broodlyn. In September het ons bevind dat die koste om 'n kind te voed, R578 per maand beloop," het sy gesê. Die verslag het ook bevind dat party supermarkte die hoeveelheid produkte per verpakking verminder sonder om die prys aan te pas. "Byvoorbeeld: 'n sewekilogramsak aartappels verkoop nou teen dieselfde prys as waarvoor 'n tienkilogramsak voorheen verkoop is. Pacsa monitor hierdie gewigsverskuiwings – hierdie praktyk het die afgelope jaar toegeneem en dek verskeie voedselsoorte in die trollies wat vrouens elke maand probeer koop," het Smith gesê. "Ons is van mening dat die krisis wat ons in die laevlaktoelaes sowel as die ekonomie in die gesig staar, van so 'n ernstige aard is dat die staat sy begrotingstoewysings in geheel moet hersien en heroorweeg," het sy bygevoeg. Voedselsoorte wat jaarliks beduidende vlakke van inflasie toon, sluit in: • Eiers – 5% • Gebakte boontjies – 6% • Bevrore hoenderporsies – 36% • Sout – 19% • Hoenderpote – 50% • Koffie – 7% • Hoendernek – 44% • Kool – 48% • Beesvleis – 26% • Tamaties – 34% • Spinasie – 93% IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 17 van 17 Daar is 'n wesenlike bedreiging vir huishoudelike voedselsekuriteit in arm gemeenskappe in Suid-Afrika. Skryf 'n artikel in reaksie op hierdie nuus24-uittreksel en bespreek die redes vir hierdie bedreiging en probleme wat verband hou met voedselproduksie. Stel oplossings voor om verbruikers in armer gemeenskappe te help. Die artikel moet: • 'n toepaslike opskrif en inleiding hê. • ongeveer 500 woorde (1½–2 bladsye) en toepaslike paragrawe bevat. • tot 'n duidelike gevolgtrekking kom en 'n geldige rede vir jou antwoord verskaf. Punte sal toegeken word volgens die rubriek. Kategorie 4 punte 3 punte 2 punte 1 punt Fokus op en Die hele antwoord is Die antwoord is Die antwoord is Geen poging gebruik van akkuraat gekoppel meestal verwant gedeeltelik verwant aangewend om die artikel aan die onderwerp aan die onderwerp. aan die onderwerp. antwoord aan die en die leser kan dit Dwaal op 'n stadium Nie 'n sterk skakel onderwerp te duidelik verstaan. af, maar die leser met die onderwerp koppel nie. kan steeds iets oor nie. die onderwerp leer. Inhoud: Alle feite in die Byna alle feite in die Party feite in die Feite verkeerd of Deeglikheid antwoord is antwoord is antwoord is irrelevant. akkuraat. Besliste akkuraat. Enkele akkuraat. Baie min Geen melding van skakel na arm verwysings na Suid- verwysing na Suid- Suid-Afrika of die gemeenskappe in Afrika en die artikel. Afrika en die artikel. artikel nie. Suid-Afrika en die artikel. Inhoud: Antwoord relevant Antwoord relevant Bespreek slegs die Antwoord nie van Toepaslikheid en verskeie redes en noem 'n paar redes vir toepassing op en oplossings word redes en voedselsekuriteit- voedselsekuriteit- genoem. oplossings. krisis. redes of oplossings nie. Gevolgtrekking Verstaan die Verstaan die Verstaan die Geen begrip van die onderwerp deeglik onderwerp. onderwerp ietwat. onderwerp nie. en bied 'n duidelike Gevolgtrekking Geen duidelike Geen duidelike en bondige relevant. gevolgtrekking nie. gevolgtrekking nie. gevolgtrekking aan. Aanbieding Toon van antwoord Toon is konsekwent Toon, taal en Skryfwerk is amper is volwasse. en geskik vir terminologie is onverstaanbaar. Geskikte, gepaste professionele swak. Toon, taal en en professionele argument. Opskrif hou nie terminologie uiters argument. Goeie en gepaste verband met artikel swak. Uitstekende en gebruik van taal en nie. Inleiding en gepaste gebruik van terminologie. Pogings tot korrekte paragrafering nie taal en terminologie. Opskrif vir artikel inleiding en teenwoordig nie. Toepaslike opskrif verskaf. paragrafering. vir artikel. Meestal toepaslike Interessante inleiding en inleiding. paragrafering. Korrekte paragrafering met goeie oorgange. 20 punte Totaal: 200 punte IEB Copyright © 2018

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all