Skip to content
Memorandum

Consumer Studies Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Consumer Studies memorandum from the 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Consumer StudiesGrade 12201924 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 VERBRUIKERSTUDIES NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 200 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning van fynere besonderhede in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiseringsvergadering, daar verskillende vertolkings mag wees van die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 24 AFDELING A VOEDSEL EN VOEDING EN DIE VERBRUIKER VRAAG 1 Skryf slegs die korrekte hoofletter (A–D) langs die vraagnommer neer. 1.1 B 1.2 D 1.3 A 1.4 C 1.5 D VRAAG 2 Pas 'n funksie in Kolom B by 'n voedselbymiddel in Kolom A. Skryf slegs die hoofletter (A–J) langs die vraagnommer neer. 2.1 E 2.2 H 2.3 A 2.4 I 2.5 C 2.6 J 2.7 B VRAAG 3 3.1 Noem 'n bestanddeel op die voedseletiket wat vermy moet word deur 'n persoon wat gluten-intoleransie het. Koring IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 24 3.2 Voltooi die onderstaande tabel met betrekking tot glutenallergie en gluten- intoleransie. 3.2.1 definisie 3.2.2 sigbare simptome 3.2.3 bestuur Glutenallergie Gluten-intoleransie Definisie Glutenallergie verwys spesifiek na: Gluten-intoleransie is: Wanneer die immuunstelsel reageer op 'n oorerflike afwyking 'n bepaalde proteïen in koring en dit as (outo-immuunsiekte) waarin die eet skadelik beskou word. van gluten lei tot skade aan die Die immuunstelsel ontwikkel dan 'n voering van die dunderm en wat verdedigingsmeganisme en vervaardig wanabsorpsie van minerale, vitamiene teenliggaampies. en ander voedingstowwe tot gevolg Die immuunstelsel oorreageer met het. sterk en ongewone teenliggaampies Selde lewensgevaarlik wat 'n inflammatoriese interaksie veroorsaak. Lewensgevaarlik Simptome Galbulte Letsels op die vel Ekseem Geswelde enkels Jeukerigheid / Veluitslag Velprobleme psoriase Geswelde lippe Veluitslag Geswelde mond Geswelde tong Geswelde gesig Geswelde keel Asma Loopneus en verstopte neus Nies Hoes Kortasem Asemhalingsprobleme / Lugwegkonstruksie Bestuur Lees etikette noukeurig. Wees bewus van verborge koringproteïen in voedsel. Doen navraag oor die spyskaart wanneer jy uiteet. Verwyder alle gluten uit jou dieet. Sluit alle kosse wat koring, gars, rog of hawer bevat, uit jou dieet uit. Wees bedag op koring in pakkies sop, worsies, verwerkte vleis, bevrore vleis en visprodukte wat koringmeel as 'n bindmiddel of bedekking bevat. Neem vitamiene en minerale om enige tekorte aan te vul Vervang koringbevattende kossoorte met alternatiewe/plaasvervangers IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 24 VRAAG 4 4.1 Definieer osteoporose. • 'n Toestand wat gekenmerk word deur 'n afname in beendigtheid. Dit verminder beensterkte en lei tot bene wat broos / swak / bros is. • Lei tot abnormaal poreuse bene wat saamgepers kan word soos 'n spons. • Hierdie gesondheidstoestand van die skelet verswak die been, en lei tot gereelde frakture as gevolg van die verlies van kalsium / fosfor / Vit D en ander minerale in die liggaam oor 'n lang tydperk. 4.2 Gee vier biologiese faktore wat die risiko van osteoporose verhoog. • Genetiese faktore / familiegeskiedenis • Geslag – lae estrogeenvlakke by vroue • Ouderdom • Liggaamsgewig • Liggaamsvorm (klein, kort mense het minder been om te verloor as langer mense met groot beenstruktuur) • Lae estrogeenvlakke lei tot verlies van beenmassa (Menopause) • Hiperaktiewe skildklier oormaat van die hormoon onttrek kalsium uit bene 4.3 Noem drie kalsiumvervangers vir individue met laktose-intoleransie om osteoporose te voorkom. • Melkvervangers (soja / klapper / quinoa / amandels / rys / joghurt / kaas / laktosevrye melk) • Tofu • Gefortifiseerde vrugtesap / ontbytgrane en brode • Groen groente (enige voorbeeld) • Vis met sagte, eetbare grate soos salm / sardientjies • Neute • Sojaboonprodukte IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 24 VRAAG 5 5.1 Identifiseer die dieetverwante gesondheidstoestand wat in die bogenoemde pasiëntprofiel voorkom. Bloedarmoede/Anemie of Ystertekortanemie 5.2 Stel 'n lys met voedselsoorte op wat ingesluit of uitgesluit moet word van hierdie pasiënt se dieet om hierdie gesondheidstoestand te beheer. Motiveer jou keuses. Sluit in: Motivering: Rooivleis en orgaanvleis. Bevat groot hoeveelhede bloedyster, wat maklik geabsorbeer word Vit C-bronne soos donker Bevorder die absorpsie van yster. blaargroentes en sitrusvrugte. Foliensuur, sitrusvrugte, piesangs, Kan nie deur die liggaam geproduseer broccoli, peulgewasse en verrykte word nie, wat sal lei tot vergrote brood, graan en pasta. rooibloedselle. Dit is dus nodig vir die vorming van rooibloedselle. Vit B12 in vleis, suiwelprodukte en Kan nie deur die liggaam geproduseer sojamelk of voedselprodukte wat word nie, wat sal lei tot vergrote verryk is met B-vitamiene rooibloedselle. Dit is dus nodig vir die vorming van rooibloedselle. Sluit uit: Vermy groot hoeveelhede tee en Verminder die absorpsie van yster. koffie. Tannien vorm 'n onoplosbare Oksalate, karbonate, fosfate en fitate. verbinding wat daartoe lei dat minder yster beskikbaar is vir absorpsie. VRAAG 6 6.1 Kies uit die snoepwinkel die voedselitems wat 'n diabetiese individu moet vermy en gee 'n rede vir jou antwoord. Bruintjies Hoë suikervlak (54 g) wat vinnige/drastiese styging/vermeerdering van bloedglukosevlakke sal veroorsaak IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 24 6.2 Evalueer die voedselitems wat by die snoepwinkel verkoop word ten opsigte van hul geskiktheid vir kinders. Hoë kilojoule-inhoud wat tot vetsug by kinders kan Bruintjies lei Worsrolletjie Kaasburger Geroosterde hoender- mayonnaise Macaroni & kaas Kosse is gelaai met vet, suiker en sout Al die kosse Hoë natriuminhoud, risiko van hoë bloeddruk Die meeste kositems, maar veral die worsrolletjie Baie min tot geen vesel, risiko van hardlywigheid Baie min vesel in al die kosse Lae ystervlakke, risiko om anemie te ontwikkel Hoendermayonnaise 0% yster Yster versterk die immuunstelsel Lae Vit C-vlakke, wat nodig is vir die absorpsie van Die meeste kos bevat 0% Vit C, yster om die risiko van anemie te voorkom behalwe Griekse slaai Anti-oksidant wat die beskadiging van selle verhoed en die risiko van infeksies verminder Kalsiumvlakke is baie laag – kinders benodig Slegs macaroni en kaas bevat kalsium om sterk bene en tande te ontwikkel en 80% ADT ragitis en osteoporose te voorkom Gevolgtrekking: Geen kositems wat by hierdie snoepwinkel verkoop word, is dus geskik vir kinders nie, aangesien dit hul risiko vir die ontwikkeling van bloedarmoede, vetsug, koronêre hartsiekte en hoë bloeddruk (hipertensie) verhoog. Die gebrek aan belangrike mikrovoedingstowwe sal kinders se groei en ontwikkeling beïnvloed.  Of Die volgende voedselsoorte is goed, omdat... (rede) Die volgende voedselsoorte is sleg, omdat ... (rede) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 24 6.3 Ouers en kinderversorgers behoort opgevoed te word oor gesonde eetgewoontes. Formuleer redes vir gesonde eetgewoontes van skool- gaande kinders. • Gesonde eetgewoontes help vir groei en ontwikkeling. • Verseker dwarsdeur die dag stabiele energievlakke. • Help om te leer, konsentreer en presteer. • Voorkom vetsug by kinders en ander dieetverwante gesondheids- toestande. • Verminder hiperaktiewe gedrag. • Stel kinders in staat om as volwassenes gesonder koskeuses te maak. • Voorkom wanvoeding.  • Kinders moet meer groente en vrugte eet om die nodige vesel in hulle dieet te verskaf en hardlywigheid te voorkom • Dra by tot 'n sterker immuunstelsel wat infeksies sal verhoed wat kan lei tot die verhoogde gebruik van antibiotika wat kan lei tot 'n swak spysvertering-stelsel wat uiteindelik kanker kan veroorsaak 6.4 Die inname van kos wat hoog in vet en natrium is, soos die voedselitems op hierdie snoepwinkel se spyskaart, kan lei tot koronêre hartsiektes en hoë bloeddruk (hipertensie). Noem vier dieetriglyne vir elk van die bogenoemde gesondheidstoestande. Koronêre hartsiektes Hoë bloeddruk • Verminder die inname van • Eet minder natrium. versadigde vette en transvetsure en • Beperk natrium-inname tot 1,5–2,3 g vervang dit met mono-onversadigde per dag. en poli-onversadigde vette. • Vermy verwerkte voedsel soos • Wees bewus van verborge vette. biltong, aartappelskyfies en • Beperk die inname van geurmiddels. hoëcholesterolvoedsel en vervang • Eet minder versadigde vette. dit met voedsel van plantaardige • Eet laevetsuiwelprodukte. oorsprong. • Eet voedsel wat ryk is aan kalium, • Beperk die inname van rooivleis. kalsium en magnesium – verlaag • Eet olierige vis wat ryk is aan bloeddruk. onversadigde vette. (Omega-3 en • Eet veselryke volgraanprodukte. Vit D) • Moet nie ekstra sout tydens die • Eet kosse ryk aan oplosbare vesel. kookproses byvoeg nie. / Kook met • Gebruik gesonde kookmetodes. kruie • Lees altyd voedseletikette. • Handhaaf 'n gesonde • Sluit minstens 5 porsies vrugte en liggaamsgewig. groente per dag in – bevat geen • Drink meer water. cholesterol nie. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 24 VRAAG 7 7.1 Verduidelik kortliks wat met die term organiese voedsel bedoel word. Organiese voedsel is die produk van 'n boerderystelsel wat die gebruik van mensgemaakte kunsmisstowwe, plaagdoders, groeireguleerders en lewendehawe-voertoevoegings vermy OF 'n stelsel wat natuurlike plaag- doders gebruik. Bestraling en die gebruik van Geneties Gemodifiseerde Organismes (GGO's) of produkte wat uit of deur GGO's geproduseer word, word oor die algemeen deur organiese wetgewing verbied. 7.2 In watter mate stem jy saam of verskil jy van hierdie stelling? Motiveer jou standpunt en kom tot 'n duidelike gevolgtrekking. Stem saam – die geld werd Veiliger, want: • Hierdie produkte word verbou en gekweek sonder die gebruik van chemiese plaagdoders, onkruiddoders, kunsmisstowwe en GGO's, derhalwe is die kos natuurlik en verminder die gesondheidsrisiko's. • Voedsel bevat nie chemiese preserveermiddels of kunsmatige bymiddels soos kleurstowwe of wasagtige stowwe om byvoorbeeld insekte af te weer nie. • Geen antibiotika of groeihormone word gebruik nie en diere word organiese produkte gevoer. • Toksiese metaal. Kadmium is 'n giftige chemiese middel wat natuurlik in grond voorkom en deur plante opgeneem word. Studies het aansienlik laer kadmiumvlakke in organiese graan getoon in vergelyking met konvensioneel verboude gewasse, maar nie in vrugte en groente nie. Die laer kadmiumvlakke in organiese graan kan verband hou met die verbod op sintetiese bemestingstowwe in organiese boerdery. • Plaagdoderresidu. In vergelyking met konvensioneel verboude produkte, het organies gekweekte produkte laer waarneembare vlakke van plaagdoderresidu. Organiese produkte het moontlik residu as gevolg van plaagdoders wat vir organiese boerdery goedgekeur is of as gevolg van lugbesoedeling deur konvensionele plase. Die verskil in gesondheids- gevolge is onduidelik weens veiligheidsregulasies vir maksimum residuvlakke wat vir konvensionele produkte toegelaat word. • Bakterieë. Vleis wat konvensioneel geproduseer word, kan 'n hoër voorkoms van bakterieë hê wat weerstandig is teen antibiotiese behandeling. Die algehele risiko van bakteriële kontaminasie van organiese voedsel is dieselfde as vir konvensionele voedsel. • Voedsel is natuurlik, wat gesondheidsrisiko's soos kanker en onvrug- baarheid wat met chemiese stowwe verbind word, verminder. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 24 Meer voedsaam / gesonder, want: • Die vitamien- en mineraalinhoud is waarskynlik hoër omdat die chemikalieë wat gebruik word om gewasse vinniger ryp te maak, voedingstowwe verwyder wat gewoonlik tydens die natuurlike rypwordingsproses in voedselprodukte gesintetiseer sal word. • Voedingstowwe. Studies het klein tot matige toenames in sommige voedingstowwe in organiese produkte getoon. Die beste bewys van 'n beduidende toename is in sekere soorte flavonoïede, wat anti-oksidant- kenmerke het. • Omega-3-vetsure. Die voedingsvereistes vir organiese veeboerdery, soos die primêre gebruik van gras en alfalfa vir beeste, lei oor die algemeen tot hoër vlakke van omega-3-vetsure, 'n soort vet wat gesonder vir die hart is as ander vette. Hierdie hoër omega-3-vetsure word in organiese vleis, suiwel en eiers aangetref. Duidelike gevolgtrekking Alhoewel daar slegs 'n minimale toename in die voedingswaarde van organiese kos is, is dit belangrik om daarop te let dat organiese voedsel beslis veiliger vir menslike verbruik is, omdat die kos nie onkruiddoders, plaagdoders en geneties gemodifiseerde organismes bevat nie. Stem nie saam nie – nie die geld werd nie Nie veiliger nie, want: • Muf is meer geneig om op organiese vrugte en groente te groei as gevolg van insekskade, wat kan lei tot voedselvergiftiging, aangesien gifstowwe geproduseer word. • Daar is 'n tekort aan plaaslik vervaardigde organiese voedselprodukte wat lei tot groter invoer en bydra tot besoedeling en aardverwarming. • Negatiewe invloed op ekosisteem, aangesien party organiese plaag- doders giftig vir erdwurms en vis is. Nie meer voedsaam / gesonder nie, want: • Etikette moet baie versigtig gelees word, aangesien organies nie altyd beteken dat dit gesond is nie. Oormatige hoeveelhede sout en suiker kan steeds bygevoeg word. 95% van die bestanddele moet organies wees voordat dit as organies beskou kan word. Duidelike gevolgtrekking Volgens die Food Advisory Consumers Service is daar geen afdoende bewys dat organiese kos veiliger of voedsamer as konvensionele produkte is nie. Die enigste verskil is hoe dit gekweek en verwerk word. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 24 AFDELING B KLEDING Skryf slegs die korrekte hoofletter(s) langs die vraagnommer neer. 8.1 B 8.2 A, C, D, E (enige volgorde, maar slegs die eerste vier) 8.3 B, C (enige volgorde) 8.4 D VRAAG 9 9.1 Identifiseer die tipe mode geïllustreer in Uitrusting A en C. A = Gemiddeld / Kontemporêr / Standaard mode / Hedendaags / Modeneiging C = Modegier / Retro 9.2 Uitrusting B kan as klassieke mode geïdentifiseer word. Hoekom is dit belangrik om klassieke style in die klerekas van 'n jong volwassene wat die beroepswêreld betree, in te sluit? • Klassieke style is geneig om tydloos te wees. • Simplisties het moontlikhede om deftig of gemaklik te wees, te meng en pas met ander items. • Bly gewild en kan vir meer as een seisoen gedra word deur net bykomstighede te wysig. • Word as goeie smaak beskou, omdat dit simplisties en tydloos is. • Word oor 'n lang tydperk gedra, wat beteken dat jy nie gereeld klere hoef te vervang nie. • Is geskik vir die meeste mense en sal gevolglik die meeste figuurtipes vlei. • Is van hoë gehalte en dus 'n goeie belegging. • Gepas vir meeste geleenthede en kleredragbeleide IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 24 9.3 Teken 'n grafiek van die modesiklusse wat deur Uitrusting A, B en C verteenwoordig word. Benoem die grafieke en die verskillende stadiums van die modesiklusse. Klassieke grafiektekening Modegier grafiektekening Verkope/Aantal/Populariteit/ Gemiddeld/Kontemporêr/Standaard grafiektekening Hoeveelheid Tyd / Tydsduur 1 2 3 4 5 Verskillende stadiums: 1. Inleiding / bekendstelling / begin / nuut 2. Styg / groei / toename 3. Piek / volwassenheid / kulminasie 4. Afname 5. Verouderd / eindig / verwerping VRAAG 10 Verduidelik die effek van tekstielnavorsing en nuwe tegnologie op klereproduksie, wat tot modeverandering lei. • Ontwikkeling van sintetiese mikrovesels en nuwe afwerkingsprosesse het gelei tot die verbetering van materiaaleienskappe en nuwe produksiemetodes en dus deurlopende verandering in die modebedryf. • Die klereproduksiebedryf is meestal gemeganiseerd en in 'n mate gerekenariseerd, wat lei tot meer klere wat geproduseer word en die modeverandering dus makliker gemaak. • Met verbeterde naaldwerk- en breimasjiene word meer klere geproduseer, gevolglik verminder die koste van mode-items; laer pryse help om produksie en verdere verkope te stimuleer, en daardeur gereelde mode- verandering te bevorder. • Groter verskeidenheid klerestyle. • Beter kommunikasie op sosiale media platvorms. • Makliker en vinniger betaalmetodes • Die gebruik van tegnologie bevorder die ontwikkeling van meer volhoubare tekstiele en style wat lei tot meer gereelde modeveranderings IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 24 VRAAG 11 11.1 Verduidelik waarom die toepaslike keuse van klere belangrik vir 'n werkonderhoud is. • Jy moet in 'n baie kort tydjie jou talente, vaardighede en persoonlikheid so positief as moontlik oordra. • Maak seker dat jy weet wat die kleredragkode van die maatskappy is voordat jy vir 'n onderhoud gaan. Jy sal dan die geskikste klere vir die onderhoud kan kies. • Dit is altyd beter om eerder te deftig as te simplisties aan te trek, aangesien jy tydens die onderhoud deur senior personeel beoordeel gaan word. • Vir 'n professionele pos sal besigheid-professioneel die toepaslikste aantrekkode wees. • Jou kleredrag is 'n belangrike vorm van kommunikasie en sal jou onderhoudvoerder vertel hoe ernstig en professioneel jy is / jy mag beoordeel word op grond van jou kleredrag • Jy het net een geleentheid om 'n positiewe eerste indruk te skep en niks het 'n groter impak as die manier waarop ons onsself aanbied nie. • Kleding, persoonlike higiëne, lyftaal en gesigsuitdrukking dra alles by tot 'n eerste indruk. • 'n Persoon wat toepaslik en oordeelkundig vir 'n onderhoud geklee is, sal die indruk skep dat hy of sy selfversekerd, bevoeg, ernstig en leergierig is en dus ernstig opgeneem behoort te word. • Kleur – verduidelik waarom seker kleure meer gepas vir die werksomgewing is. 11.2 Gee redes hoekom nie een van hierdie uitrustings gepas sou wees vir 'n onderhoud as 'n ontvangsdame van 'n hotel nie. • Hotel-ontvangsdame – die besoekers se eerste kontak met die hotel. Die manier waarop jy vir die onderhoud aantrek, moet die algemene kleredrag van die hotel weerspieël. Wees dus professioneel wanneer jy jou uitrusting saamstel, aangesien dit besoekers se eerste kontak met die hotel sal wees waartydens hulle indrukke oor die hotel sal vorm. • Geskeurde jeans en minirompies is nie geskik vir 'n professionele werk nie, omdat dit te veel van die liggaam ontbloot en om 'n professionele voorkoms te skep, moet jy oormatige sexy klere soos geskeurde jeans en minirompies vermy. • Hoë hakke sal nie gepas wees nie, aangesien die ontvangsdame die hele dag op haar voete is en vir 'n onderhoud wil die individu die boodskap oordra dat hy / sy bewus is van wat die werk behels. • Uitrustings is te informeel, wat dit moeilik maak om 'n professionele voorkoms tydens die onderhoud te skep. Dit is altyd beter om eerder te deftig as te simplisties vir 'n onderhoud aangetrek te wees. • Geel uitgerafelde oortrui ontbloot te veel van die liggaam, wat nie geskik is vir iemand wat interaksie met gaste van verskillende lande en kulture het nie. Dis goed om sensitief teenoor ander se oortuigings te wees. (Antwoord moet verband hou met aantrek vir 'n onderhoud) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 24 11.3 Stel vier riglyne voor vir geskikte klerekeuses vir 'n werkonderhoud. • Maak seker dat klere netjies en skoon is / Trek netjies aan. • Dra deftige en gemaklike skoene. • Hou bykomstighede minimaal en professioneel. • Kleredrag om by die werksomgewing of die maatskappy se kleredragkode te pas (geen T-hemde met slagspreuke nie). • Klassieke style is 'n goeie keuse, aangesien dit tydloos is. • Moenie klere dra wat uitlokkend / ontblotend mag lyk nie. • Moet goed sit, nie te styf nie • Geen onderklere mag wys nie VRAAG 12 12.1 Voorspel die uitkoms op die Suid-Afrikaanse klerebedryf as verbruikers steeds onwettige klere-invoere ondersteun. • Al hoe minder klere sal in Suid-Afrika vervaardig word. • Plaaslike klere- en tekstielbedryf sal ly. • Lei tot werksverliese en geen inkomste nie. • Armer gemeenskappe. • Sal die land se ekonomie benadeel. • Boere wat vesels soos katoen, bamboes, hemp en wol vir klereproduksie produseer, se inkomste sal daal omdat minder klere plaaslik geproduseer word. • Plaaslike ontwerpers verlaat die land 12.2 Formuleer 'n strategie om plaaslike of "Trots Suid-Afrikaanse" klereprodukte te bevorder. • Advertensieveldtogte op TV en sosiale media om 'n wye gehoor van die algemene publiek bewus te maak van die beskikbaarheid van plaaslik vervaardigde klere. • Registrasie as "Trots Suid-Afrikaans" sal toegang tot plaaslike tenders en bemarkingsplatforms bied. • Bevorder die gehalte van plaaslik vervaardigde items deur verbruikers op te voed oor die nodige kriteria om deel van die "Trots Suid- Afrikaans"-veldtog en die gebruik van plaaslike produkte te wees. Bewys van gehalte deur middel van sertifisering van 'n geakkrediteerde verifiëringsliggaam of beroepsvereniging. • Bevorder billike handelspraktyke, aangesien die "Trots Suid-Afrikaans"- handelsmerk werks- en omgewingspraktyke aan deelnemers voorskryf sodat werkers nie uitgebuit word nie. • Bevordering van die nakoming van spesifieke omgewingstandaarde. • Betrek meer plaaslike vervaardigers by die veldtog deur middel van aansporings, soos tenderprosesse, om deel van die veldtog te wees. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 24 • Bevorder 'n veldtog by markte vir handgemaakte produkte waar plaaslike vervaardigers hul klere verkoop. • Bevorder die voordele van die aankoop van plaaslike produkte soos werkskepping. • Laat beroemde persoonlikhede en vermaaklikheidsterre die klere op sosiale media dra en bemark. • Verkope kan bevorder word wanneer klere-items aan liefdadigheids- projekte gekoppel word IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 24 AFDELING C BEHUISING EN MEUBLEMENT EN DIE VERBRUIKER VRAAG 13 13.1 Kies die korrekte term tussen hakies. Skryf slegs die term langs die vraagnommer in jou Antwoordboek neer. 13.1.1 Maandelikse versekering 13.1.2 Inspeksiefooi 13.1.3 Okkupasiehuur 13.2 Gee die term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die term langs die vraagnommer in jou Antwoordboek neer. 13.2.1 Enkelvoudige rente 13.2.2 Oordragkoste / Aktefooie VRAAG 14 14.1 Gee redes waarom die meenthuis hierbo geskik sal wees vir Khumo se leefstyl. • Sy is enkellopend en die meenthuis bied goeie veiligheid aangesien dit in 'n veilige omgewing is en beheerde toegang het. • Bespaar geld op die koste om 'n groter eiendom en tuin te onderhou. • Omdat sy baie sal reis en gereeld weg van die huis af sal wees, kan Khumo net toesluit en vertrek. • Naby die lughawe waar sy werk. • Sy kan die gemeenskaplike fasiliteite benut soos die biblioteek, uitgelegde tuine en pendeldiens na winkelsentrum. • Naby genoeg aan sakesentrum en beskikbare pendeldiens. • Uit die prentjie kan veronderstel word dat dit 'n deeltitelhuis is waar die korporatiewe liggaam toesig sal hou oor die bestuur van die kompleks. 14.2 Khumo is 'n eerstekeer-koper en weet nie of sy 'n eiendom moet koop of eerder moet huur nie. Stel, met ondersteunende redes, die beste keuse vir Khumo voor. Koop • Khumo word die wettige eienaar van die eiendom • Gevoel van trots, sekuriteit en onafhanklikheid • Kan as sekuriteit vir 'n lening gebruik word • Belegging, want gesin kan erf • Sy kan wins maak wanneer sy verkoop, omdat die waarde van eiendom gewoonlik mettertyd styg • Die besit van 'n eerste huis lei dikwels tot die latere aankoop van 'n beter huis IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 24 OF: Huur • Kan in die begin 'n meer bekostigbare opsie wees • Maandelikse uitgawes kan laer wees – geen heffings nie • Huur is 'n vaste bedrag per maand • Khumo betaal nie versekering op die eiendom nie • Sy betaal nie eiendomsbelasting of belasting nie • Sy sal nie verantwoordelik wees vir enige onderhoud nie • Maklik om te trek (gewoonlik na kennisgewingstydperk) (Bereik 'n duidelike gevolgtrekking met rede – 1 punt) VRAAG 15 15.1 Kies 'n bouer en gee 'n rede vir jou keuse. Advertensie B / Joel Human – bouer is by NHBRR geregistreer 15.2 Noem die voordele en nadele van die bou van jou eie huis. Tabuleer jou antwoord. Voordele Nadele • Dit kan minder kos as om 'n huis te • Dit kan meer kos as om 'n huis te koop (mits jy weet wat jy doen). koop, want daar is altyd die risiko van • Kan ontwerp word om die eienaars foutiewe konstruksie en ontwerp. se behoeftes en smaak te pas. • Risiko vir foutiewe ontwerp en • Die nuutste ontwerpe en tegnologie vloerplan kosteverhoging tydens kan ingesluit word. bouproses. • Die huis kan volgens die eienaar se • Kwaliteitsbeheer is baie belangrik. eie skedule voltooi word. • Die proses kan tydrowend en • Die eienaar kan toebehore, verf en ingewikkeld wees (vertragings). vloer kies om hul smaak te pas. • Bestuur en toesig oor subkontrak- • As daar nie voldoende fondse is teurs is moeilik, kompleks en vol nie, kan die bouwerk 'n ruk lank risiko's. gestop word. • Die aanlê van 'n nuwe tuin is duur. • Dit is 'n belegging. • Manier om te spaar • Geen oordragskoste • Die eienaar sal nie vorige foute en swak vakmanskap erf nie. • Nuwe eiendomme is in ontwikkelende areas wat die waarde van die eiendom positief beïnvloed IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 24 15.3 Maak 'n lys van die dokumentasie wat die bank benodig voordat 'n boulening goedgekeur word. • Volledig voltooide huisleningaansoek • Bewys van inkomste en uitgawes en stabiele inkomste • Titelakte van grond • 'n Gedetailleerde kwotasie van die bouer (geregistreer by die NHBRR) • Bewys van registrasie van huis by NHBRR • Kontrak tussen bouer en jouself • 'n Skedule van toebehore en afwerkings • 'n Bouplan (goedgekeur deur munisipaliteit) • ID dokument / Identifikasie • Kopie van Koopaanbod, behalwe as geen kooptransaksie plaasvind nie • Laaste drie maande se bankstate met bankstempel • Boukontrak en kwotasie, onderteken deur jou en die bouer • Inkomstebelastingnommer • Alle risiko bouversekeringspolis • Bewys van adres VRAAG 16 16.1 Teken 'n vloeidiagram van die korrekte kanale (stappe) vir verbruikers om te volg wanneer hulle 'n klagte het. HANDELAAR / KLIËNTEDIENS / VERKOOPPERSONE WINKELBESTUURDER VERVAARDIGER / WISHY WASHY SA NASIONALE NASIONALE VERBRUIKERSUNIE VERBRUIKERSFORUM KLEIN-EISEHOF / VERBRUIKERS TRIBUNAAL / OMBUDSMAN MEDIA Handelaar-Vervaardiger-Verbruikersorganisasie-Regsaksie (Howe) -Media (–1 punt indien nie vloeidiagram nie) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 24 16.2 Belangrike inligting ontbreek in die klagte wat Hellopeter.com ontvang het. Skryf 'n e-pos aan die vervaardiger, wat alle relevante inligting bevat, om die beste moontlike resultaat te verkry. (Hierdie e-pos mag nie langer as een bladsy wees nie). Fiktiewe inligting moet gebruik word. Leerders moet 'n e-pos aan die vervaardiger skryf wat die volgende inligting insluit. • Naam / voorletters of van • Telefoonnommer vir huis / besigheid / sel • Rekeningnommer (indien van toepassing) • Aard van die klagte en waarom hy / sy ontevrede is • Besonderhede van die winkel waar die aankoop gemaak is • Datum en plek van die transaksie • Die koste van die produk of uitgawes as gevolg van gebreekte wasmasjien • Metode van betaling • Faktuurnommer of enige inligting wat die produk kan identifiseer • Wat verkeerd was • Duidelikheid oor wat van die uitkoms verwag word • Hoe lank hy / sy bereid is om te wag • Heg alle dokumente aan (sien asseblief aangehegte dokumente / kwitansie) Voorbeeld: Datum (gewoonlik outomaties) Aan: wishywashy@hotmail.co.za Cc: die winkel / bestuurder Van: Florence Nightingale Onderwerp: Herstel van wasmasjien Geagte (bestuurder se naam) / Wie dit mag aangaan Inleiding: Verduidelik wie jy is en hoekom jy skryf Stukkende wasmasjien Liggaam: Eerste paragraaf – meld wat jy gekoop het, wanneer en waar, insluitende die reeksnommers waar van toepassing. Tweede paragraaf – meld die probleem wat jy met die produk ondervind. Verskaf soveel besonderhede as moontlik. Heg afskrifte van enige relevante dokumentasie aan (kwitansies, waarborge, briewe, ens.). IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 19 van 24 Slot: In die laaste paragraaf – meld watter stappe jy wil laat neem om jou klagte op te los. Verskaf presiese maar redelike tydraamwerke vir optrede. Meld dat jy verder sal optree as jy nie van hulle hoor nie. Die uwe Handtekening Naam in drukskrif • Wees formeel en saaklik / Netjies en maklik om te lees / Kort en saaklik 16.3 Die uiteinde van die klagte was dat die verbruiker 'n terugbetaling ontvang het en nou 'n nuwe wasmasjien moet koop. Verduidelik die finansiële verantwoordelikheid voordat nuwe toestelle aangekoop word aan die verbruiker. Vooraf: • Vergelyk verskillende handelsmerke en kyk goed rond. Party verskaffers bied die opsie om verskillende toestelle op hul webwerwe te vergelyk. Produkvergelykingsverslae is 'n nuttige hulpmiddel. • Vergelyk verskillende winkels. • Maak seker dat die winkel waar jy uiteindelik koop, 'n goeie reputasie het en betroubaar is. • Doen navrae oor ekstra koste soos diensfooie, installeringsfooie, afleweringskoste en administrasiekoste. • Lees die winkel se terugneem- of omruilbeleid. • Maak seker dat die item van 'n waarborg voorsien word. • Lees die waarborg en kontrak baie noukeurig. • Moet binne begroting val • Vergelyk kontant -en kredietopsies 16.4 Die verbruiker moet tussen die volgende drie wasmasjiene kies. Bestudeer die onderstaande byskrifte en beantwoord dan die vrae wat volg: 16.4.1 Rangskik die drie wasmasjiene ten opsigte van energieverbruik van die beste tot die swakste. 1. Masjien B 2. Masjien A 3. Masjien C 16.4.2 Rangskik die drie wasmasjiene ten opsigte van waterverbruik van die beste tot die swakste. 1. Masjien B 2. Masjien A & C IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 20 van 24 16.4.3 Kies die masjien wat die volhoubaarste is ten opsigte van energie- en waterverbruik. Masjien B 16.4.4 Evalueer die impak op die omgewing as 'n gesin elke dag 'n tuimeldroër gebruik. • As die gesin laer temperature gebruik, sal elektrisiteit en geld bespaar word en hul koolstofvoetspoor sal verminder word. Die anti-kreukelsiklus sal help dat die klere nie gestryk hoef te word nie, wat elektrisiteitsverbruik sal verminder en geld spaar. • Behalwe vir gasdroërs is droërs nie energie-doeltreffend nie (B- tot D-) • 'n Gesin sal egter groter bondels wasgoed hê en hierdie gesin gebruik elke dag die droër, wat hul elektrisiteitsverbruik verhoog en hul koolstofvoetspoor vergroot. Fossielbrandstowwe word benodig om elektrisiteit te genereer en skadelike gasse word in die atmosfeer vrygestel. • Ouer masjiene mag dalk raserig wees wat geraasbesoedeling veroorsaak • Pluis van masjien veroorsaak besoedeling • Daaglikse tuimeldroog verniel klere, wat dan weer aangevul moet word en dus rommelhope vul • Daaglikse gebruik sal daartoe lei dat die masjien van gereeld vervang moet word en van die onderdele kan dalk nie herwin word nie Gevolgtrekking Die familie moet eerder hul klere buite ophang as die weer dit toelaat. As hulle die droër oordeelkundig gebruik, sal hul finansiële uitgawe en omgewingsimpak verminder word. Deur die droër daagliks te gebruik, verhoog hulle hul elektrisiteits- verbruik en dit sal 'n negatiewe impak op die omgewing sowel as op die gesin se finansies hê. (4 punte evaluering + 1 punt gevolgtrekking) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 21 van 24 AFDELING D UITGEBREIDE SKRYFRESPONS VRAAG 17 Bestudeer die uittreksels hieronder. Gebruik die inligting en skryf 'n opstel waarin jy debatteer of die gebruik van Geneties Gemodifiseerde (GG) voedsel toegelaat moet word. Jy moet 'n duidelike mening oor die saak vorm en jou standpunt deeglik motiveer. Gebruik die volgende punte vir jou voorbereiding: • Voorsien jou opstel van 'n titel. • Organiseer jou opstel deur paragrawe te gebruik. • Voorsien 'n definisie vir die term Geneties Gemodifiseerde Organismes (GGO's). • Formuleer 'n duidelike gevolgtrekking. Punte sal volgens die rubriek toegeken word. Stelling 1 Suid-Afrika se unieke situasie ten opsigte van GM Terwyl baie lande GM-produksie toelaat, is Suid-Afrika se Wet op Geneties Gemodifiseerde Organismes van 1997 min of meer uniek. Dit laat mielies toe wat gemodifiseer is om grondproteïene te bevat wat dodelik vir insekte is, om die menslike voedselketting te betree. Die meeste lande wat toelaat dat GM-stapelvoedsel gekweek word, doen dit net vir gebruik in dierevoedsel. Volgens een studie het GM-aanplanting in Suid-Afrika, produksie met 1,1% verhoog, hoewel dit vreemd is dat pogings om die voordele te evalueer, uiters beperk is. [Aangepas van: Sunday Times, Food Basket, April 2017] Stelling 2 Dwarsoor Europa en die VSA het anti-GM-aktiviste gewasse vernietig en wetgewing gesoek om proefnemings stop te sit. Sedertdien het verskeie studies getoon dat openbare menings kalmeer het. Verbruikers se kommer was primêr tweevoudig: dat GM-voedsel 'n inherente gesondheidsrisiko inhou en dat die maatskappye wat GM-sade skep, groot kettings sou domineer en kleiner, armer produsente met hoë pryse sou penaliseer. [Aangepas van: Sunday Times, Food Basket, April 2017] Stelling 3 Die meeste Suid-Afrikaners gebruik elke dag, sonder hul medewete of toestemming, onbewustelik geneties gemodifiseerde voedselprodukte. "Plaaslike boere gebruik steeds giftige glifosaatgebaseerde produkte en boer met gewasse wat geneties gemodifiseer is en dus Geneties Gemodifiseerde Organismes is. Selfs as hierdie produkte korrek geëtiketteer was, sou die meerderheid Suid-Afrikaners geen ander keuse gehad het as om dit te verbruik nie," het Haidee Swanby van die Afrikasentrum vir Bioveiligheid (ASB) gesê. [Bron: <https://www.health-e.org.za/>] Stelling 4 Beduidende vordering ten opsigte van GG-gewasse is in Suid-Afrika se landbousektor gemaak, insluitende groter oeste, wat 'n direkte impak op voedselproduksie en voedselsekuriteit het en 'n verminderde gebruik van plaagdoders en onkruiddoders in GM-gewaslanderye. "Dit het 'n noemenswaardige impak op die omgewing, biodiversiteit en gesondheid van plaaswerkers wat aan chemikalieë blootgestel kan word terwyl hulle daarmee op die landerye werk," sê dr. Eugenia Barros, biowetenskaplike hoofnavorser van die Wetenskaplike Nywerheids- en Navorsingsraad. [Bron: <http://www.engineeringnews.co.za>] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 22 van 24 Rubriek: Kriteria 4 3 2 1 0 Kandidaat Uitstekende Die term Geen definisie verskaf 'n definisie vir die "geneties word gegee bondige definisie term "geneties gemodifiseerde nie. vir die term gemodifiseerde organismes" "geneties organismes" word gemodifiseerde word gegee wat verduidelik, organismes" begrip toon van maar met min die term. begrip. Kandidaat Uitstekende Duidelike 'n Poging is Kandidaat het Kolpunt is nie onderskei tussen differensiasie differensiasie aangewend om slegs voordele in hierdie voordele en tussen die tussen voordele te onderskei of nadele opstel nadele van die voordele en en nadele word tussen die gegee, nie albei aangespreek gebruik van nadele word gemaak. voordele en nie. nie. GGO's gemaak. nadele. (4 × 2 = 8) 4 × voordele 4 × nadele Kandidaat Dit blyk uit die Ontleding toon 'n Kandidaat Kandidaat laat Geen poging ontleed die kandidaat se duidelike begrip slaag nie die ontleding om hierdie positiewe en ontleding dat sy / van die positiewe daarin om weg OF spreek probleem aan negatiewe impak haar kennis van en negatiewe sinvol te slegs een te spreek, van GGO's aan GGO's uitstekend impak van GGO's. ontleed nie, positiewe of word aange- die hand van die is. Kandidaat Kandidaat verwys maar toon een negatiewe wend nie. stellings verwys na al die slegs na party van darem 'n mate impak aan. verskillende die stellings van begrip van Geen stellings tydens tydens ontleding. GGO's. verwysing word die ontleding. Kandidaat na enige van verwys slegs die stellings na een van die gemaak nie. stellings tydens ontleding. Gevolgtrekking Verstaan die Min begrip van Geen onderwerp in die onderwerp. gevolgtrekking diepte en bied Geen duidelike nie. 'n duidelike gevolgtrekking gevolgtrekking. nie. Organisasie en Toon van artikel is Toon is Toon, taal en Skryfwerk is Geen titel meganika: volwasse. konsekwent en terminologie is amper gegee nie. Geskikte, geskik vir swak. Opskrif onverstaanbaar. Organisasie Toon toepaslike en professionele hou nie Toon, taal en en meganika professionele argumente. Goeie verband met terminologie ontbreek. Professionele argument. en gepaste artikel nie. uiters swak. argument Uitstekende en gebruik van taal Poging Inleiding en gepaste gebruik en terminologie. aangewend vir paragrafering Taal en van taal en Opskrif verskaf vir korrekte afwesig. terminologie terminologie. artikel. Meestal inleiding en Toepaslike opskrif toepaslike paragrawe. Opskrif vir artikel. inleiding en Interessante paragrafering. Inleiding inleiding. Korrekte paragraaf met Paragrawe goeie oorgange. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 23 van 24 Die opstel word holisties nagesien met behulp van die IEB-brongebaseerde opstelrubriek met die volgende riglyne. Definisie: Genetiese modifisering is die gevolg van genetiese ingenieurswese. Die genetiese kode in lewende selle word deur DNA opgemaak. Die lang, kettingagtige DNA-molekules word in chromosome verdeel, wat weer verdeel word in eenhede wat as gene bekend staan. Gene beheer die eienskappe van lewende dinge, soos die kleur van blomblare of 'n kind se oë. Wetenskaplikes kan deesdae die individuele gene identifiseer wat vir 'n gewenste eienskap verantwoordelik is, dit onttrek, kopieer en die kopie in 'n ander organisme inplant. Daardie organisme sal dan dieselfde eienskap besit. Genetiese ingenieurswese maak dit dus moontlik om genetiese materiaal van een organisme in 'n ander organisme in te plant om sodoende eienskappe van een spesie na 'n ander oor te dra. Voordele: • Gewasse kan aangepas word sodat dit plaagweerstandig is. • Minder plaagdoders hoef op gewasse gespuit te word, wat beter vir die omgewing is. • Party gewasse word gemodifiseer sodat hulle weerstandig teen onkruiddodende chemikalieë is. • Chemikalieë kan dan gebruik word om onkruid uit te roei sonder om die gewas ook dood te maak. • Gewasse kan 'n verhoogde weerstand teen siekte, droogte en temperatuurskommeling hê, wat dit moontlik maak om gewasse in gebiede met lae landbouproduktiwiteit te verbou. • Die gewasse se opbrengste is groter. • Meer mense kan gevoed word. • Produksiekoste kan verlaag word. • Voedselprodukte wat van geneties gemodifiseerde gewasse gemaak word, het 'n langer raklewe en ook beter prosesseer- en vervaardigingseienskappe. • Geneties gemodifiseerde kos is goedkoper en meer volop. • Gewasse kan 'n beter smaak, voorkoms en tekstuur hê. • Voedsel kan as 'n eetbare entstof gebruik word. • Voedsel kan meer voedingswaarde as konvensionele gewasse hê. Nadele: • Dit is onduidelik wat gebeur met gene wat in ander produkte geplaas word. • Dit is nie bekend hoe hierdie gewasse die direkte omgewing, soos die grond waarin hulle gekweek word, beïnvloed nie. • Niemand weet wat sal gebeur as geneties gemodifiseerde plante konvensionele plante bestuif nie. • Dit is moontlik dat genetiese modifisering aangewend kan word om diere groter en vinniger as gewoonlik te laat groei, sodat hulle op 'n jonger ouderdom vir verbruik geslag kan word. Dit is oneties. • Daar is geen spesifieke gegewens wat bewys dat geneties gemodifiseerde voedsel skadeloos is nie. • Die praktyk van genetiese modifisering is vaag en die wetenskaplike ontwikkeling wat dit moontlik maak, het so onlangs plaasgevind dat daar geen waarborg is dat ons nie in die toekoms probleme sal ondervind nie. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 24 van 24 Positief: • Insekbestand, verhoogde produksie, verhoogde opbrengs, beter voedselsekuriteit, langer rakleeftyd, uitvoer van kos na arm lande, toegang tot meer voedingryke kosse. • Verminderde gebruik van plaagdoders en onkruiddoders in GM-landerye. Dit het 'n aansienlike uitwerking op die omgewing, biodiversiteit en gesondheid van plaaswerkers wat aan chemikalieë blootgestel kan word terwyl dit in die landerye toegedien word. • Minder kweekhuisgasvrystellings. Negatief: • Grondproteïen wat noodlottig is vir insekte mag die menslike voedselketting betree. Die meeste lande wat toelaat dat GM-voedsel gekweek word, doen dit net vir gebruik as dierevoedsel. Risiko van gene-migrasie. • GM-voedsel hou 'n inherente gesondheidsrisiko in. Mense kan antibiotika-weerstandig raak, onbekende allergiese reaksies. • Instansies wat GM-sade skep, sal voedselkettings oorheers en kleiner, armer produsente met hoë pryse penaliseer. • Al word hierdie produkte van korrekte etikette voorsien, sal die meeste Suid-Afrikaners geen ander keuse hê as om dit te verbruik nie. Totaal: 200 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all