Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
VERBRUIKERSTUDIES
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n Insetsel van 1 bladsy (i). Haal die
Insetsel uit die middel van die vraestel uit. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Die vraestel is in vier afdelings verdeel:
AFDELING A: Voedsel en Voeding en die Verbruiker
AFDELING B: Kleding
AFDELING C: Behuising en Meublement en die Verbruiker
AFDELING D: Uitgebreide Skryfrespons
3. Lees die vrae noukeurig deur.
4. Begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy.
5. Nommer die antwoorde presies soos die vrae genommer is.
6. Party afdelings het meerkeusevrae. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte
hoofletter in jou Antwoordboek neer, bv. 1.1.8 A. Moenie die ruit gebruik wat op
die binneblad van jou Antwoordboek gedruk is nie.
7. Laat 'n reël tussen jou antwoorde oop.
8. Moenie in die kantlyne skryf nie; laat dit oop vir die neerskryf van punte.
9. Die punte wat aan elke vraag toegeken word, dui die detail wat verlang word, aan.
10. Sakrekenaars mag gebruik word.
11. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Consumer Studies Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Consumer Studies question paper from the 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Consumer Studies · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 2 van 16
AFDELING A VOEDSEL EN VOEDING EN DIE VERBRUIKER
Bestee ongeveer 60 minute aan hierdie afdeling.
VRAAG 1
Moenie die ruit gebruik wat op die binneblad van jou Antwoordboek gedruk is om
hierdie vrae te beantwoord nie.
Skryf slegs die korrekte hoofletter (A–D) langs die vraagnommer neer.
1.1 Kies die opsie wat nie direkte belasting is nie.
A Inkomstebelasting
B Belasting op toegevoegde waarde
C Eiendomsbelasting
D Kapitaalwinsbelasting
1.2 Kies die toepaslike definisie vir inflasie.
A Die verandering in die koste van 'n hipotetiese mandjie goedere oor
'n tydperk.
B 'n Persentasie van die volle bedrag verskuldig aan die bank of enige
ander finansiële instelling.
C Die rente wat die kommersiële bankgroep en ander leningsinstellings
moet betaal.
D Die persentasie waarmee die pryse van goedere en dienste in 'n jaar
styg.
1.3 Identifiseer 'n simptoom van bulimia nervosa.
A Eet groot hoeveelhede kos
B Benoude bors
C Lewensbedreigende allergiese reaksie
D Hoë vlak HDL-cholesterol
1.4 'n Voedseletiket wat beweer dat die voedselproduk "laag in vet" is, moet die
volgende hê …
A 2 g vet per 100 g vaste stowwe
B 1 g vet per 100 g vaste stowwe
C 3 g vet per 100 g vaste stowwe
D 0 g vet per 100 g vaste stowwe
1.5 Identifiseer die korrekte eenheid om LMI te meet.
kg2
A
m
kg
B
m
kg × ouderdom
C
m
kg
D
m2
[5]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 3 van 16
VRAAG 2
Pas 'n funksie in Kolom B by 'n voedselbymiddel in Kolom A.
Skryf slegs die hoofletter (A–J) langs die vraagnommer neer.
Kolom A Kolom B
Voedselbymiddel Funksie
'n Stabiliseerder wat gebruik word vir 'n egalige
2.1 Vitamien C A
tekstuur en verbeterde voorkoms.
Oksiderende middel wat in gebakte produkte met
2.2 Lesitien B
gis gebruik word.
2.3 Pektien C Verhoed dat vette en olies galsterig word.
2.4 Tartrasien D Natuurlike kleurstof wat uit voedsel verkry word.
2.5 Vitamien E E Preserveer vrugte of verryk lemoensap.
2.6 Natriumnitraat F Basis van kougom.
2.7 Kalsiumperoksied G Verbeter die smaak van voedsel.
H 'n Emulgeerder wat 'n gladde tekstuur verseker.
I Geel voedselkleursel.
J Gebruik as 'n preserveermiddel in vleis.
[7]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 4 van 16
VRAAG 3
Bestudeer die voedseletiket hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
[Bron: <https://glutenfreewewillbe.files.wordpress.com/2012/06/contains.jpg>]
3.1 Noem 'n bestanddeel op die voedseletiket wat vermy moet word deur 'n
persoon wat gluten-intoleransie het. (1)
3.2 Voltooi die onderstaande tabel met betrekking tot glutenallergie en gluten-
intoleransie.
3.2.1 definisie
3.2.2 sigbare simptome
3.2.3 bestuur
Tabel:
Glutenallergie Gluten-intoleransie
Definisie (2) (2)
Simptome (2) (2)
Bestuur (2)
[11]
VRAAG 4
4.1 Definieer osteoporose. (2)
4.2 Gee vier biologiese faktore wat die risiko van osteoporose verhoog. (4)
4.3 Noem drie kalsiumvervangers vir individue met laktose-intoleransie om
osteoporose te voorkom. (3)
[9]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 5 van 16
VRAAG 5
Bestudeer die pasiëntprofiel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Pasiëntprofiel:
Geslag: Vroulik
Ouderdom: 15
Algemeen:
• Voortdurend moeg
• Kortasem en duiselig
• Gebrek aan aptyt
Fisieke waarnemings:
• Baie bleek
• Binnekant van die onderste ooglid baie bleek, in
plaas van rooi
• Vingernaels – dun en plat (lepelvormig)
Bloedtoetsuitslae:
• Verlaagde yster- en hemoglobienvlakke
5.1 Identifiseer die dieetverwante gesondheidstoestand wat in die bogenoemde
pasiëntprofiel voorkom. (2)
5.2 Stel 'n lys met voedselsoorte op wat ingesluit en uitgesluit moet word van
hierdie pasiënt se dieet om hierdie gesondheidstoestand te bestuur.
Motiveer jou keuses.
(8)
[10]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 6 van 16
VRAAG 6
Bestudeer die voedingsinligting hieronder van items wat by 'n skool-snoepwinkel
verkoop word en beantwoord dan die vrae wat volg.
Porsiegrootte Kilojoules Cholesterol Dieetvesel Vitamien C
Totale vet Natrium Suikers Proteïen Kalsium Yster
Bruintjies
sjokolade/ 1 2 268 24 g 40 mg 640 mg 0g 54 g 4g 0% 4% 12%
fudge
Griekse 2
1 764 42 g 10 mg 400 mg 2g 2g 4g 40% 8% 8%
slaai koppies
Wors-
1 2 583 41 g 120 mg 1 560 mg 5g 2g 17 g 0% 9% 18%
rolletjie
Kaasburger 1 2 520 12 g 45 mg 680 mg 2g 7g 15 g 2% 20% 15%
Geroosterde
hoender-
1 2 012 28 g 0 mg 701 mg 2g 0g 24 g 0% 0% 0%
mayonnaise
toebroodjie
Macaroni en 2
3 024 50 g 149 mg 861 mg 1g 7g 31 g 0% 80% 9%
kaas koppies
[Bron: <http://myfitnesspal.com/food/calories/>]
6.1 Kies uit die snoepwinkel die voedselitem wat 'n diabetiese individu moet
vermy en gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
6.2 Evalueer die voedselitems wat by die snoepwinkel verkoop word ten
opsigte van hul geskiktheid vir kinders. (6)
6.3 Ouers en kinderversorgers behoort opgevoed te word oor gesonde
eetgewoontes. Formuleer redes vir gesonde eetgewoontes van
skoolgaande kinders. (4)
6.4 Die inname van kos wat hoog in vet en natrium is, soos die voedselitems op
hierdie snoepwinkel se spyskaart, kan lei tot koronêre hartsiektes en hoë
bloeddruk (hipertensie).
Noem vier dieetriglyne vir elk van die bogenoemde gesondheidstoestande. (8)
[20]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 7 van 16
VRAAG 7
Lees die onderstaande stelling en beantwoord dan die vrae wat volg.
Is organiese voedsel regtig veiliger en
voedsamer?
Die meeste verbruikers wat organiese kos koop, beskou dit as
gesonder, maar is dit regtig die moeite werd om tot 40%
meer te spandeer op wat in werklikheid dieselfde
produk kan wees?
[Bron: <www.health24.com/Diet-and-nutrition/Healthy-foods/is-organic-food-really-
safer-and-more-nutritious-20161125>]
7.1 Verduidelik kortliks wat met die term organiese voedsel bedoel word. (2)
7.2 In watter mate stem jy saam of verskil jy van die stelling hierbo? Motiveer
jou standpunt en kom tot 'n duidelike gevolgtrekking. (6)
[8]
70 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 8 van 16
AFDELING B KLEDING
Bestee ongeveer 40 minute aan hierdie afdeling.
VRAAG 8
Moenie die ruit gebruik wat op die binneblad van jou Antwoordboek gedruk is om
hierdie vrae te beantwoord nie.
Skryf slegs die korrekte hoofletter(s) langs die vraagnommer neer.
8.1 Haute couture kan die beste gedefinieer word as:
A mode wat vinnig aanvaar word en deur 'n beperkte groepie
verbruikers gedra word.
B nuwe, unieke en eksklusiewe style wat deur modeontwerpers geskep
word.
C tydlose mode wat weens sy eenvoud lank in die mode bly.
D 'n styl wat tans aanvaar word en deur baie mense gedra word. (1)
8.2 Kies die kombinasie faktore wat modeverandering sal beïnvloed:
A ekonomiese resessie
B retrospektiewe modes
C beroemde persoonlikhede
D geografiese leefwyse
E kulturele feeste
F keuse van die individu
G einde van klassieke style
H modesiklusse (4)
8.3 Kies twee gevolge van handelsmerkdiefstal.
A Hierdie handelsname word wêreldwyd herken.
B Verlies aan inkomste vir die vervaardiger van geregistreerde
handelsmerke.
C Negatiewe impak op die reputasie en beeld van die handelsmerk.
D Klere word van meer volhoubare tekstiele gemaak.
E Minder elektrisiteit en energie word gebruik om nabootsings te
vervaardig. (2)
8.4 Opwaartse herwinning kan die beste gedefinieer word as:
A Vesels word versigtig behandel.
B Spin vesels in nuwe klere.
C Slegs plaaslik-vervaardigde tekstiele word gebruik.
D Maak iets nuuts uit ou kledingstukke. (1)
[8]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 9 van 16
VRAAG 9
Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord dan die vrae wat volg.
Uitrusting A Uitrusting B Uitrusting C
[Bron: <https://za.pinterest.com/pin [Bron: <https://www.stunningstyle.com/ [Bron: <https://za.pinterest.com/
/63754150956235208/?lp=true>] blog/2018/8/10/how-to-dress-minimal- dusekannon/>]
classic>]
[Bron: https://vipoutlet.com/ [Bron: <https://za.pinterest.com/ [Bron: <https://za.pinterest.com/
product/goodfellow-co-mens] mensfashion/>] 80smensfashion/>]
9.1 Identifiseer die tipe mode geïllustreer in Uitrusting A en C. (2)
9.2 Uitrusting B kan geïdentifiseer word as klassieke mode. Hoekom is dit
belangrik om klassieke style in die klerekas van 'n jong volwassene wat die
beroepswêreld betree, in te sluit? (5)
9.3 Teken 'n grafiek van die modesiklusse wat deur Uitrusting A, B en C
verteenwoordig word. Benoem die grafieke en die verskillende stadiums
van die modesiklusse. (10)
[17]
VRAAG 10
Verduidelik die effek van tekstielnavorsing en nuwe tegnologie op klereproduksie,
wat tot modeverandering lei.
[5]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 10 van 16
VRAAG 11
Bestudeer die uitrustings hieronder en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.
UITRUSTING A UITRUSTING B
[Bron: <http//za.pinterest.com/rippedjeans/>] [Bron: <http//za.pinterest.com/miniskirts/>]
Beskrywing: Beskrywing:
• geel uitgerafelde trui • wit oortrektrui
• geskeurde denimbroek • denim miniromp
• hoëhakskoene • swart stewels
• helderrooi lipstiffie • subtiele vleeskleurige lipglans
11.1 Verduidelik waarom die toepaslike keuse van klere belangrik vir 'n
werkonderhoud is. (4)
11.2 Gee redes hoekom nie een van hierdie uitrustings gepas sou wees vir 'n
onderhoud as 'n ontvangsdame by 'n hotel nie. (4)
11.3 Stel vier riglyne voor vir geskikte klerekeuses vir 'n werkonderhoud. (4)
[12]
VRAAG 12
12.1 Voorspel die gevolge vir die Suid-Afrikaanse klerebedryf as verbruikers sou
voortgaan om onwettige klere-invoere te ondersteun. (4)
12.2 Formuleer 'n strategie om plaaslike of "Trots Suid-Afrikaanse" kleding-
produkte te bevorder. (4)
[8]
50 punte
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 11 van 16
AFDELING C BEHUISING EN MEUBLEMENT EN DIE VERBRUIKER
Bestee ongeveer 50 minute aan hierdie afdeling.
VRAAG 13
13.1 Kies die korrekte term tussen hakies. Skryf slegs die term langs die
vraagnommer in jou Antwoordboek neer.
13.1.1 (Maandelikse versekering / Verbandbeskermingsversekering) sal
die verbruiker teen skade aan hul huis beskerm. (1)
13.1.2 (Aanvangsfooi / Inspeksiefooi) sal vir die assessering van die
eiendom gehef word. (1)
13.1.3 (Okkupasiehuur / Interimrente) is die verborge koste waarop die
koper en verkoper ooreenkom as vergoeding indien die
okkupasiedatum en die werklike verbandregistrasiedatum nie
saamval nie. (1)
13.2 Gee die term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer in jou Antwoordboek neer.
13.2.1 Hierdie soort rente word bereken op die oorspronklike hoofbedrag
en word aan die einde van elke beleggingsperiode uitbetaal. (1)
13.2.2 Dit is die regskoste wat die koper betaal by die afhandeling van die
verkoop van 'n eiendom. (1)
[5]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 12 van 16
VRAAG 14
Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Heritage Landgoed Kenmerke
• Moderne argitektuur en afwerkings
• Uitgelegde tuine
• Veilige omgewing
• Beheerde toegang
• Versorgingsdiens
• Pendel-winkeldiens
• Biblioteek
• Sakesentrum en koffiewinkel
• Rolstoelvriendelik
• Naby OR Tambo Internasionale Lughawe
en Sandton
[Bron: <https://www.pamgolding.co.za/property-development/modderfontein/heritage-estate>]
Khumo is 'n jong, onafhanklike, enkellopende vrou wat hou van reis. Sy het pas haar droom
verwesenlik as 'n lugwaardin vir 'n bekende redery wat op OR Tambo Internasionale Lughawe,
Johannesburg, gestasioneer is.
14.1 Gee redes waarom die meenthuis hierbo geskik sal wees vir Khumo se
leefstyl. (4)
14.2 Khumo is 'n eerstekeer-koper en weet nie of sy 'n eiendom moet koop of
eerder huur nie. Stel, met ondersteunende redes, die beste keuse vir
Khumo voor. (6)
[10]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 13 van 16
VRAAG 15
Bestudeer die onderstaande advertensies en beantwoord dan die vrae wat volg.
Advertensie A Advertensie B
[Bron: [Bron:
<https://www.gumtree.co.za/a-building-trades/>] <https://www.gumtree.co.za/a-building-trades>]
15.1 Kies 'n bouer en gee 'n rede vir jou keuse. (2)
15.2 Noem die voordele en nadele om jou eie huis te bou. Tabuleer jou antwoord. (10)
15.3 Maak 'n lys van die dokumentasie wat die bank benodig voordat 'n
boulening goedgekeur word. (4)
[16]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 14 van 16
VRAAG 16
Hellopeter.com het die volgende klagte ontvang:
Swak diens vir herstel van wasmasjien
My Wishy-Washy wasmasjien is al die afgelope drie weke stukkend.
Elke dag maak die kliëntediensafdeling beloftes dat hulle my
wasmasjien sal kom regmaak. Wanneer die tegnikus instap, is sy
woorde: "Jammer ek het nie onderdele nie; jou wasmasjien moet vir
herstelwerk ingeboek word." Dit het die werkswinkel meer as 'n week
geneem om my te kontak sodat hulle my wasmasjien kon kom oplaai
nadat hulle bevestig het dat my wasmasjien op 'n sekere dag afgehaal
sou word en niemand opgedaag het nie. Die oproepsentrum luister
slegs na 'n klagte en kan nie veel daaraan doen nie. Praat ek met die
bestuur, kry ek beloftes van terugvoering, waarna ek GEEN
terugvoering ontvang nie. My wasgoedrekening is amper R2 000 en
wie gaan daarvoor betaal?! Ek sal nooit weer 'n Wishy-Washy
wasmasjien koop nie – die swakste diens ooit.
[Bron: <https://www.hellopeter.com]
16.1 Teken 'n vloeidiagram van die korrekte kanale (stappe) wat verbruikers
moet volg wanneer hulle 'n klagte het. (5)
16.2 Belangrike inligting ontbreek in die klagte wat Hellopeter.com ontvang het.
Skryf 'n e-pos aan die vervaardiger, wat alle relevante inligting bevat, om
die beste moontlike resultaat te verkry. (Hierdie e-pos mag nie langer as
een bladsy wees nie). Fiktiewe inligting moet gebruik word. (8)
16.3 Die uiteinde van die klagte was dat die verbruiker 'n terugbetaling ontvang
het en nou 'n nuwe wasmasjien moet koop.
Verduidelik aan die verbruiker die finansiële verantwoordelikheid voordat
nuwe toestelle aangekoop word. (4)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 15 van 16
16.4 Die verbruiker moet tussen die volgende drie wasmasjiene kies. Bestudeer
die onderstaande byskrifte en beantwoord dan die vrae wat volg.
Masjien A Masjien B Masjien C
Energieverbruik = Energieverbruik = Energieverbruik =
0,95 kWh/siklus 0,55 kWh/siklus 1,75 kWh/siklus
Wasfunksionaliteit Wasfunksionaliteit Wasfunksionaliteit
ABCDEFG ABCDEFG ABCDEFG
Spindroog funksionaliteit Spindroog funksionaliteit Spindroog funksionaliteit
ABCDEFG ABCDEFG ABCDEFG
Waterverbruik = 55 liter Waterverbruik = 42 liter Waterverbruik = 55 liter
Geraas – was = 5,2 Geraas – was = 5,5 Geraas – was = 5,2
spin = 7,0 spin = 7,2 spin = 7,5
[Bron: https://jtmservice.co.uk/ [Bron: https://www.hirschs.co.za/ [Bron:
commercial-washing-machine- lg-f-l-w-machine-7kg-silver- https://michaelbluejay.com/electricit
efficiency-ratings/] f12u2qnp7s] y/laundry.html]
16.4.1 Rangskik die drie wasmasjiene ten opsigte van energieverbruik van
die beste tot die swakste. (3)
16.4.2 Rangskik die drie wasmasjiene ten opsigte van waterverbruik van
die beste tot die swakste. (3)
16.4.3 Kies die masjien wat die volhoubaarste is ten opsigte van energie-
en waterverbruik. (1)
16.4.4 Evalueer die impak op die omgewing as 'n gesin elke dag 'n
tuimeldroër gebruik. (5)
[29]
60 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 16 van 16
AFDELING D UITGEBREIDE SKRYFRESPONS
Bestee ongeveer 30 minute aan hierdie afdeling.
VRAAG 17
"Geneties gemodifiseerde voedsel was nog nooit gewild onder verbruikers nie, maar miskien
verander wetenskap denkwyses" – Sahil Lala
[Bron: Sunday Times, Food Basket, April 2017]
Bestudeer die uittreksels hieronder. Gebruik die inligting en skryf 'n opstel waarin jy
debatteer of die gebruik van Geneties Gemodifiseerde (GG) voedsel toegelaat moet word.
Jy moet 'n duidelike mening oor die saak vorm en jou standpunt deeglik motiveer.
Gebruik die volgende punte vir jou voorbereiding:
• Voorsien jou opstel van 'n titel.
• Organiseer jou opstel deur paragrawe te gebruik.
• Voorsien 'n definisie vir die term Geneties Gemodifiseerde Organismes (GGO's).
• Formuleer 'n duidelike gevolgtrekking.
Punte sal volgens die rubriek toegeken word.
Stelling 1
Suid-Afrika se unieke situasie ten opsigte van GM
Terwyl baie lande GM-produksie toelaat, is Suid-Afrika se Wet op Geneties Gemodifiseerde
Organismes van 1997 min of meer uniek. Dit laat mielies toe wat gemodifiseer is om
grondproteïene te bevat wat dodelik vir insekte is, om die menslike voedselketting te betree. Die
meeste lande wat toelaat dat GM-stapelvoedsel gekweek word, doen dit net vir gebruik in
dierevoedsel. Volgens een studie het GM-aanplanting in Suid-Afrika, produksie met 1,1%
verhoog, hoewel dit vreemd is dat pogings om die voordele te evalueer, uiters beperk is.
[Aangepas van: Sunday Times, Food Basket, April 2017]
Stelling 2
Dwarsdeur Europa en die VSA het anti-GM-aktiviste gewasse vernietig en wetgewing gesoek
om proefnemings stop te sit. Sedertdien het verskeie studies getoon dat openbare menings
kalmeer het. Verbruikers se kommer was primêr tweevoudig: dat GM-voedsel 'n inherente
gesondheids-risiko inhou en dat die maatskappye wat GM-sade skep, groot kettings sou
domineer en kleiner, armer produsente met hoë pryse sou penaliseer.
[Aangepas van: Sunday Times, Food Basket, April 2017]
Stelling 3
Die meeste Suid-Afrikaners gebruik elke dag, sonder hul medewete of toestemming,
onbewustelik geneties gemodifiseerde voedselprodukte.
"Plaaslike boere gebruik steeds giftige glikosaatgebaseerde produkte en boer met gewasse wat
geneties gemodifiseer is en dus Geneties Gemodifiseerde Organismes is. Selfs as hierdie produkte
korrek geëtiketteer was, sou die meerderheid Suid-Afrikaners geen ander keuse gehad het as
om dit te verbruik nie," het Haidee Swanby van die Afrikasentrum vir Bioveiligheid (ASB) gesê.
[Bron: <https://www.health-e.org.za/>]
Stelling 4
Beduidende vordering ten opsigte van GG-gewasse is in Suid-Afrika se landbousektor gemaak,
insluitende groter oeste, wat 'n direkte impak op voedselproduksie en voedselsekuriteit het en 'n
verminderde gebruik van plaagdoders en onkruiddoders in GM-gewaslanderye. "Dit het 'n
noemenswaardige impak op die omgewing, biodiversiteit en gesondheid van plaaswerkers wat aan
chemikalieë blootgestel kan word terwyl hulle daarmee in die landerye werk," sê dr. Eugenia
Barros, biowetenskaplike hoofnavorser van die Wetenskaplike Nywerheids- en Navorsingsraad.
[Bron: <http://www.engineeringnews.co.za>]
20 punte
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2017 Question Paper

Question paperIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)

AddendumIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2019 Addendum
Related documents

AddendumIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2019 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Consumer Studies Grade 12 IEB 2019 Memo

MemorandumIEB
