Skip to content
Memorandum

Consumer Studies Grade 12 IEB 2017 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Consumer Studies memorandum from the 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Consumer StudiesGrade 12201721 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 VERBRUIKERSTUDIES NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 200 punte Hierdie nasienriglyne is voorberei vir gebruik deur eksaminatore en subeksaminatore, wat 'n standaardisasievergadering moet bywoon ten einde te verseker dat die riglyne konsekwent geïnterpreteer word en gedurende die nasien van kandidate se skrifte toegepas word. Die IEB sal nie enige gesprek van korrespondensie oor enige nasienriglyne voer nie. Daar word besef dat daar verskillende sienings oor sekere sake van beklemtoning van besonderhede in die riglyne kan wees. Daar word ook besef dat sonder die voordeel van die bywoning van 'n standaardisasievergadering, daar verskillende interpretasies van die toepassing van die nasienriglyne kan wees. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 21 AFDELING A VOEDSEL EN VOEDING EN DIE VERBRUIKER VRAAG 1 1.1 A (1) K 1.2 B (1) begrip 1.3 D (1) K 1.4 C (1) begrip 1.5 B (1) K VRAAG 2 2.1 C ii (2) toep 2.2 A iv (2) toep 2.3 E i (2) toep 2.4 B iii (2) toep 2.5 D v (2) toep VRAAG 3 3.1 3.1.1 Hardlywigheid Brood A – het die grootste hoeveelheid dieetvesel om peristalse te stimuleer en sodoende hardlywigheid te verlig. 3.1.2 Hoë bloeddruk Brood B – bevat die minste natrium – natrium/sout moet beperk word in die dieet van 'n persoon met hoë bloeddruk omdat dit water behou en bloeddruk verhoog. Bevat ook die minste hoeveelheid vet – persone met hoë bloeddruk moet hul gewig dophou. 3.1.3 Bloedarmoede Brood B – bevat die meeste yster – nodig vir die produksie van hemoglobien om suurstof in die bloed na die selle te vervoer. Geen punte vir verkeerde keuse nie. 3.2 Ondersoek die voedingsinligting van brood C. Bepaal die effek van die voedingstowwe hieronder gelys op die gesondheid van 'n diabetiese pasiënt. Bepaal of hierdie produk geskik sal wees vir 'n diabetiese persoon om te verbruik. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 21 Tabuleer jou antwoord soos volg: Dieetvesel (3,3 g/100 g. 'n Produk met Energie Koolhidrate Glukemiese Totale vet hoë (944 kJ/100 g) (43 g/100 g) indeks (70) (1,7 g/100 g) veselinhoud het 4,8–6 g vesel/100 g) Die beheer van Witbrood = GI-telling van Relatiewe lae Lae diabetes verfynde/eenvou- 70 of meer = vetinhoud – veselinhoud behels 'n dige koolhidrate. hoë GI. Dit dis goed vir 'n 3,3 g. vermindering in Hoë koolhidraat- verskaf diabeet omdat Versadigings- die totale inhoud 43 g per vinnige of hulle moet waarde is laag kilojoule- 100 g, dus nie selfs waak teen daarom sal jy inname – aanbeveel vir onmiddellike gewigtoename gou honger 944 kJ per diabete nie energie en hartsiektes. voel na inname 100 g is redelik omdat dit omdat dit Vet inhibeer van hierdie hoog – saamgestel sal vinnig die aksie van produk. energiedig wees uit stysel afbreek insulien Diabete eerder as en suiker, wat tydens (natuurlik of benodig hoë voedingstofdig. kan lei tot 'n piek vertering en ingespuit) wat versadigings- Energie- in bloedsuiker en glukose lei tot swak waarde om inname moet die diabeet het vinnig in die beheer van aptyt te help energieverbruik onvoldoende/ bloed-stroom diabetes. beheer en uitbalanseer geen insulien om vrylaat. Nie Laevetkosse gewigtoename om gewigs- hierdie goed vir verhoed dat te verhoed. toename te energiepiek te diabete nie plaak in Vesel (veral verhoed – verlaag nie. omdat 'n piek bloedvate oplosbare belangrik vir 'n in die opbou – goed vesel) vertraag diabeet. glukosevlak- omdat leegmaak van ke nie beheer bloedsomloop- maag, en help kan word nie. probleme gevolglik om voorkom by die baie diabete. bloedsuikervlak te beheer. Gevolgtrekking Nie geskik nie – hierdie produk het lae voedingswaarde (bestaan uit koolhidrate, vet, 'n klein hoeveelheid proteïen en natrium/leë kilojoules stil dus nie honger nie, nie voedsaam nie en sal nie bydra tot die beheer van bloedsuikervlakke nie. Alle suiker en stysel sal bloedglukosevlakke verhoog. Lae glukemiese indeks Assesseer 2 geskikte punte om te motiveer hoekom dit nie geskik is nie. Ander geldige motivering kan aanvaar word. Punt toegewys vir NIE GESKIK NIE. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 21 VRAAG 4 4.1 Spyskaart B is die beste opsie vir 'n persoon wat aan seliaksiekte ly. Motiveer hierdie standpunt. • Spyskaart B is die beste aangesien dit geen koring-, rog-, gort- of hawerprodukte, wat bronne van gluten is, bevat nie. • Aartappelstysel is glutenvry en daarom geskik vir 'n seliakie-lyer. (Ertjies, wortels en lemoensap is geskikte keuses). • Spyskaart B bevat geen souse nie – geen versteekte gluten nie – wat dit meer geskik maak • Spyskaart A is nie geskik nie omdat dit 'n volgraan-wrap het = koringmeel bevat gluten. • Die hoender is gekrummel – krummels kan gluten bevat. • Kommersiële souse soos soetrissie en soja bevat dikwels (koring) stysel wat gluten kan bevat en die toestand vererger. Enige vier geldige punte om die stelling te motiveer. Antwoorde moet verband hou met die vermyding van gluten vir 'n seliakie-lyer. 4.2 Noem twee gastro-intestinale simptome van seliaksiekte. • Opgeblaasde buik, diarree, maagpyn, hardlywigheid, winderigheid, vetterige stoelgang, sooibrand, naarheid/ braking, bloed in stoelgang. 4.3 Verduidelik die doel van die volgende bymiddels in die spyskaartitems wat hieronder gelys word: 4.3.1 Vitamien C gaan maklik verlore tydens prosessering. Fortifikasie beteken dat meer as die oorspronklike hoeveelheid bygevoeg word om die voedingswaarde te verhoog. Dit dien ook as 'n anti-oksidant – verhoed oksidasie/verkleuring van die sap. 4.3.2 Lesitien is 'n emulgeermiddel – verhoed dat olie en water (asyn/ suurlemoensap) skei/ gee 'n gladde dik tekstuur. 4.3.3 Natriumbensoaat is 'n preserveermiddel – verhoed groei van bakterie en muf in kos soos konfyt, sap en speserye. Dien ook as geurversterker in suur voedsel, bv. slaaisouse. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 21 VRAAG 5 5.1 Watter van die volgende simbole dui vir 'n verbruiker aan dat 'n produk bestraal is? B 5.2 Gee die naam van die verbruikersorganisasie waar 'n mens kan kla as jy misleidende advertering van bestraalde voedselsoorte ontdek. Reklame Standaarde Owerheid (van Suid-Afrika). Naam is gevra, nie afkorting nie. 5.3 Definieer die volgende terme: 5.3.1 Voedselbestraling – behandeling van voedsel met kortgolf ioniserende bestraling/gammastrale wat die effek van pasteurisering of sterilisering van voedsel het. Die strale dring die voedsel binne en maak ongewenste bakterie, parasiete en insekte dood omdat biologiese selle sensitief vir bestraling is. Verleng die raklewe van voedsel. 5.3.2 Voedselsekerheid – beskikbaarheid/voortdurende voorsiening van voedsel (bv. plase en winkels). Dit moet bekostigbaar wees en wat mense wil hê (toepaslik/geskik kultureel, ens.). Dit moet veilig en voedsaam wees (vars, geen skadelike stowwe). Dit moet versprei word waar dit benodig word (regte tyd en plek). Dit moet volhoubaar wees vir nou en vir die toekoms. 5.4 Bestraling van voedsel is 'n stap in die rigting van voedselsekerheid in Suid- Afrika. In watter mate stem jy saam met of verskil jy van hierdie stelling? Motiveer jou standpunt en bereik 'n gevolgtrekking. STEM SAAM: • Raklewe word verleng (rypword en spruiting word uitgestel) wat sal bydra tot voedselvoorsiening – voedsel sal langer beskikbaar wees. Dit bring mee dat voedsel na afgeleë plekke vervoer kan word terwyl dit nog vars genoeg is – dit kan dus versprei word na waar dit benodig word, wanneer dit benodig word. Dit verminder voedselvermorsing en kan dus meer mense voed. • Omdat mikro-organismes onaktief gemaak word en insekte/eiers doodgemaak word, word voedsel deur bestraling veiliger gemaak. Dit sal dus aan die vereiste voldoen om veilig en betroubaar te wees. Varsheid word uitgebrei en die voedsel bevat nie skadelike stowwe nie/verskaf 'n alternatief vir gevaarlike chemikalieë. Dis 'n veilige en goedgekeurde metode. • Bestraling veroorsaak minimale verlies aan voedingswaarde en is dus 'n manier om voedsame kos te verskaf. Voedingsverliese is vergelykbaar met ander verwerkingsmetodes. • Bestraling is 'n nuwe en moderne manier van voedselpreservering en sal dus 'n lewensvatbare manier bied om voedselvoorsiening vir die toekoms te bevorder – volhoubaar. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 21 STEM NIE SAAM NIE: • Bestraling is 'n duur proses en sal die prys van voedsel verhoog en mag dus miskien nie aan die vereiste van bekostigbare voedsel voldoen nie. 'n Groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking is baie arm. Vervoer na en van die bestralingsfasiliteite sal bydra tot die koste – dit sal aan die verbruiker oorgedra word. • Party mense sal dalk nie voedsel wat bestraal is, wil koop nie weens kulturele/gesondheidsredes. • Party voedingstowwe word daardeur geraak en dit mag dalk nie voldoen aan die vereiste van voedsame kos nie/'n geringe verlies aan voedingstowwe mag dalk nie vir almal aanvaarbaar wees nie. • Nie alle voedsel is geskik vir bestraling nie (bv. eiers, vetterige kos). Formaldehied (baie skadelik) word tydens die bestraling van koolhidrate vervaardig – veiligheidsmaatreëls word nie ten volle nagekom nie. Nie alle skadelike mikro-organismes word vernietig nie. • Daar is die potensiaal vir misbruik – besmette kos mag dalk gesteriliseer word om dit eetbaar te maak. • Die proses van voedselbestraling produseer radio-aktiewe afvalmateriaal waarvan daar moeilik ontslae geraak kan word en wat gevaarlik vir die omgewing is. Op die lang duur is dit nie werklik volhoubaar nie. GEVOLGTREKKING: Byvoorbeeld – bestraling van kos is 'n stap in die rigting van voedselsekerheid in Suid-Afrika omdat dit sal verhoed dat groot hoeveelhede kos verlore gaan/sal veroorsaak dat meer kos beskikbaar is vir mense wat dit nodig het/sal na verafgeleë plekke geneem kan word terwyl dit vars en eetbaar is … of enige ander geskikte kommentaar. OF: Voedselbestraling sal nie help met voedselsekerheid nie, want dis te duur/die kos wat bestraal word, is beperk en dus nie vir die massas beskikbaar nie/dit is nie volhoubaar in 'n arm land nie/dit kan uitgebuit word vir wins of arm lande kan dit uitbuit … of ander geskikte kommentaar. Kandidate kan gedeeltelik saamstem/verskil – moet vyf geldige punte bespreek wat verband hou met bestraling en voedselsekerheid (5) plus 'n gevolgtrekking (1). Geen punt vir net saamstem/verskil nie. 5.5 Bespreek die moontlike ekonomiese gevolge wat voedselbestraling op internasionale handel (invoere en uitvoere) van vars produkte kan hê vir lande soos Suid-Afrika en Mauritius. • Langer raklewe van voedsel maak vervoer na ander lande moontlik; sonder bestraling sal dit nie moontlik wees nie. • Met bestraling kan produkte soos vars vrugte en groente aan kwarantynvereistes voldoen en maak dus voorsiening vir/geen beperkings/toename in handel met ander lande. • Kwaliteit van produkte verbeter – Suid-Afrika/Mauritius kry 'n reputasie vir goeie kwaliteit wat lei tot verdere handel. 'n Toename in internasionale handel beteken ekonomiese groei vir die uitvoerland – meer buitelandse investering gevolglik 'n toename in internasionale kapitaalvloei – verskaf 'n goeie balans in plaaslike ekonomie. • Sonder metodes om die kwaliteit van voedsel te preserveer, soos bestraling, kan voedselbederf lei tot onvoldoende voedsel vir die bevolking. Hulle sal moet invoer. Dit beteken meer invoere, minder uitvoere wat duur kan word vir die land. Werksverlies – negatiewe inpak • Werkskepping. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 21 VRAAG 6 6.1 6.1.1 Identifiseer twee risikofaktore vir 'n hartsiekte uit die uittreksel. 6.1.2 Gee raad vir elke risikofaktor, met 'n rede, oor hoe om 'n gesonde hartpraktyk te implementeer. Tabuleer jou antwoord soos volg: 6.1.1 Risiko- 6.1.2 Raad (verduidelik) faktore Leefstylfaktore: • Rook minder/hou op rook. REDE: Bloedvate trek saam tydens rook – lei daartoe dat die hart harder moet werk om bloed te pomp. Rokers het ook 'n laer bloedsuurstof-inhoud wat die hart vinniger moet laat klop om genoegsaam suurstof te verskaf. • Beperk alkoholinname/hou op om alkohol te verbruik/gebruik matig. REDE: Oormatige alkohol/fuif/langtermyn alkoholmisbruik dra by tot hoë bloeddruk – 'n ernstige risiko vir hartaanval. Alkoholinname dra ook by tot gewigtoename – verhoog ook bloeddruk. • Beheer stresvlakke. REDE: Streshormone veroorsaak dat hartklop versnel en bloeddruk styg. Stres kan ook gedrag soos drink of rook beïnvloed en kan dus 'n direkte invloed op hartsiektes hê. Enige een geldige aanbeveling met motivering/ verduideliking Dieet: • Verminder inname van versadigde- en transvette/ versteekte vette/te veel vet oor die algemeen. REDE: Dit kan LDL (slegte) cholesterol vermeerder en 'n hoër risiko vir koronêre hartsiektes veroorsaak (Kongenitale hartdefekte). • Sluit onversadige vette en omega-3 essensiële vetsure in olierige vis in. REDE: Onversadigde vette het 'n (LDL) cholesterol- verlagingeffek wat die risiko van kongenitale hartdefekte as gevolg van plaak verminder. Omega-3 EFA's het kardiovaskulêre voordele omdat dit LDL cholesterolvlakke, trigliseriede, bloeddruk en inflammasie help verlaag. • Beperk inname van kos hoog in dieet cholesterol (orgaanvleis, rooivleis, skulpvis). REDE: Hoë bloedcholesterolvlakke hou verband met hartsiektes/aterosklerose weens die opbou van vetterige plaakaanpaksel op die wande van bloedvate. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 21 • Eet plantvoedsels om veselinname te verhoog . REDE: Die versadigingswaarde help gewigstoename beheer – oorgewig mense het 'n veel hoër risiko vir hartsiektes. Oplosbare vesel verlaag bloedcholesterolvlakke – verminder kans vir opbou van plaak wat lei tot verstopte of verharde kroonslagare/totale hartblokkasie. • Beheer KJ/energie-inname. REDE: Oorgewig mense het 'n veel hoër risiko vir hartsiektes , want hul harte moet baie harder werk. • Verminder natriuminname. REDE: Om bloeddruk te help beheer, 'n belangrike risikofaktor vir hartsiektes/hartaanvalle. Hoë bloeddruk laat die hart harder werk. Enige een geldige aanbeveling met motivering/ verduideliking Fisieke aktiwiteit: • Wees meer aktief/sluit matige oefening (genoeg om polsslag effens te verhoog) in die daaglikse roetine in/gereeld (verskeie kere per week). REDE: Dit sal ekstra KJ verbrand en help om die ideale liggaamsmassa te handhaaf/beheer gewig. Om hartspier te versterk. Enige een geldige aanbeveling met motivering/ verduideliking Enige 2 faktore (2) 'n Aanbeveling vir elke faktor met 'n rede (2 × 2 = 4) 6.2 Beoordeel die impak op die gesinsbegroting as die broodwinner aan 'n hartsiekte ly. • Verhoogde mediese kostes sal aangegaan word – doktersbesoeke en medisyne, dus minder besteebare inkomste vir ander behoeftes/dienste. Mediese fonds kan uitgeput raak en gesin sal mediese rekeninge moet betaal. Mediese fonds-bydraes kan verhoog word en gesin meer kos. • Produkte wat gesond vir die hart is, kos meer en sal dus die kosrekening duurder maak. • Risiko van moontlike werkverlies – 'n siek persoon is minder produktief en kan afgelê word/werksure kan verminder word/dalk nie in staat om langer te werk nie. Die gesin sal dan minder of geen inkomste hê. • Verlore werksdae as gevolg van swak gesondheid kan betaalde siekteverlof oorskry en lei tot inkomsteverlies as gevolg van onbetaalde dae. • Die koste van 'n lewens- of ongeskiktheidspolis sal hoër wees vir persone met kongenitale hartdefekte omdat hulle 'n hoë risiko is. • Die broodwinner kan sterf en dit kan lei tot 'n gebrek aan inkomste en finansiële swaarkry. Assesseer geskikte antwoorde wat verband hou met impak op gesinsbegroting. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 21 AFDELING B KLEDING EN DIE VERBRUIKER VRAAG 7 7.1 D (1) k 7.2 B (1) begrip 7.3 A (1) toep 7.4 C (1) begrip 7.5 D (1) k VRAAG 8 8.1 E (1) K 8.2 D (1) K 8.3 B (1) K 8.4 F (1) K 8.5 A (1) K VRAAG 9 9.1 ONWAAR – tegnologiese faktore. 9.2 WAAR 9.3 WAAR 9.4 ONWAAR – voldoening/groepdruk. 9.5 ONWAAR – minderwaardiger/swakker/erger/laer standaarde IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 21 VRAAG 10 Lees die klantklagte hieronder. "Ek het probeer om 'n paar kledingstukke aan ABC Stores terug te besorg. Ek het my kwitansie gehad en die etikette was nog steeds aangeheg. Ek erken die items was 6½ maande oud, maar ek wou nie my geld terughê nie, net krediet by die winkel. Volgens die winkelbestuurder kon sy nie die items aanvaar nie, omdat hulle dit nie meer in voorraad gehad het nie. Ek weet die omruilbeleid is 30 dae, maar hulle behoort sekerlik beter diens aan hul klante te verskaf?" Stel 'n antwoord op die bogenoemde verbruiker se versoek op waarin jy verduidelik wat die Wet op Verbruikersbeskerming bepaal in verband met verbruikersregte en verantwoordelikhede betreffende die terugbesorging van ongewenste goedere. • 'n Verbruiker is daarop geregtig om goedere binne 6 maande van aankoop terug te bring as dit beskadig/foutief is. Dit geld nie vir items wat nie geskik is nie, of as iemand van besluit verander, of as die verbruiker die skade veroorsaak het. • Party winkels sal items terugneem as dit ongewens is, bv. 'n geskenk – in die scenario hierbo is die winkel se inruilbeleid 30 dae. Hierdie beleid kan wissel van winkel tot winkel. Die klant hierbo het geen reg om die klere na 6 maande terug te bring nie. • Hierdie winkel sal waarskynlik nie die ou voorraad kan verkoop nie en daar is geen wetlike verpligting om 'n volle terugbetaling of krediet na so 'n lang tyd te gee nie. • Verbruiker se regte – reg op regstelling en reg om goedere terug te neem. Indien die items teruggebring word, kan die verbruiker die vorm van regstelling kies – terugbetaling, herstel of vervanging volgens die winkel se beleid. • Verbruiker se verantwoordelikheid – om regverdig te wees, reëls en regulasies te volg, regverdig/billik, redelike terme en voorwaardes – antwoord moet gestaaf word. VRAAG 11 11.1 Bespreek hoe glanspersoonlikhede "wondere [kan] verrig om die aandag en vertroue van klante te verkry" en hoe dit tot mode-verandering kan lei. • Glanspersoonlikhede word as rolmodelle/simbole van sukses beskou – hulle is helde wat mense wil naboots; verbruikers vertrou hulle gunsteling glanspersoonlikheid se voorbeeld. • Glanspersoonlikhede kry baie mediadekking; wat hulle dra, is bekend en word in tydskrifte, op televisie, in flieks, aanlyn, by rooitapyt- geleenthede, ens. vertoon = dit trek verbruikers se aandag. • As gevolg van hierdie groot bewustheid wat by gewone mense geskep word van die modes wat glanspersoonlikhede dra, raak hierdie style meer gewild. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 21 • Modeontwerpers gebruik dus glanspersoonlikhede om nuwe modes bekend te stel deur aan hulle haute couture/hoogmode-klere te verskaf waarin hulle gesien en gefotografeer kan word. • Glanspersoonlikhede word gereeld in nuwe uitrustings gesien – sodra hulle in 'n nuwe uitrusting gesien word, word dit nageboots. Dit lei tot gereelde modeveranderings. Sypel-oor-teorie (trickle-across-theory). • Verbruikers se selfbeeld kry 'n hupstoot as hulle dieselfde style as glanspersoonlikhede kan dra – hierdie style word dus gewild en lei daartoe dat modes verander. • Verbruiker aanvraag word sodoende geskep en die produkte word meer algemeen beskikbaar. Style word meer bekostigbaar as gevolg van massaproduksie. Antwoorde moet verband hou met verandering in mode. 11.2 Noem vier vereistes waaraan 'n tekstiel moet kan voldoen voordat dit as volhoubaar beskou kan word. • Gekweek en geprosesseer met minimale impak op die natuurlike omgewing. • Etiese metodes moet gebruik word, bv. mense- en diereregte moet gerespekteer word. • Hernubare bronne moet gebruik word (nie noodwendig organies nie). Bronne moenie uitgeput of permanent beskadig word in die produksie van die tekstiel nie. • Gewasse moet die minimum water benodig. • Oeste moet groot wees. • Min of geen chemikalieë moet gebruik/benodig word vir die kweek of vervaardiging van die tekstiele. • Herwonne materiale kan gebruik word (bv. plastiek PET-bottels) – minder nuwe materiale benodig. • Vesels moet duursaam wees sodat dit langer kan hou voordat dit weggegooi word. • Eko-vriendelike IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 21 VRAAG 12 12.1 12.1.1 Die mees geskikte uitrusting vir 'n onderhoud vir 'n pos in die Openbare Betrekkinge-afdeling by Edgars se hoofkantoor. Uitrusting C • 'n Goeie eerste indruk – haar uitrusting is formeel en konserwatief. 'n Romp en baadjie lyk professioneel, deftig en geskik vir hierdie werksomgewing. • Sy is netjies, behoorlik bedek (geen borsgleuf sigbaar, romp nie te kort nie). Bybehore is geskik – hakke nie te hoog nie, nie te veel juwele nie, ens. • Sy dra klassieke style eerder as om byderwets en modieus te probeer lyk – sy sal in 'n kantooromgewing pas. • Haar liggaamstaal straal selfvertroue uit daarom sal sy met 'n eerste indruk bevoeg voorkom. • Rooi is een van Edgars se korporatiewe kleure wat ʼn positiewe invloed in die onderhoud kan hê • Neutrale kleure met 'n spatsel rooi ('n kragtige kleur wat selfversekerdheid aandui) skep 'n positiewe eerste indruk. • 'n Goedversorgde voorkoms dra by tot 'n goeie eerste indruk, dus kan haar haarstyl netjieser/vasgebind wees. Uitrusting C is die beste. Uitrusting A kan gekies word, maar geen punt vir die keuse nie. Punte sal net toegeken word vir geldige motivering van keuse. 4 geldige redes om keuse te motiveer. Moet verband hou met eerste indruk. 12.1.2 'n Onderhoud vir 'n pos as sportafrigter by 'n hoërskool. Uitrusting A • Hy is taamlik deftig aangetrek, maar hy hoef nie 'n pak klere of 'n das vir hierdie werksonderhoud te dra nie daarom is hy paslik geklee en skep 'n positiewe eerste indruk. • Hy is eenvoudig geklee – hy probeer nie formeel of modieus wees nie, gevolglik skep hy die indruk dat hy bereid sal wees om buite op die sportveld betrokke te wees. • Hy moet in hierdie pos 'n goeie rolmodel vir tieners wees – klassieke klere in sinvolle, neutrale kleure is daarom goed. • Hy is netjies en eenvoudig geklee, daarom lyk hy toeganklik en nie intimiderend vir hoërskoolleerders nie. • Eerste indrukke sluit liggaamstaal in – hy lyk fiks en vol selfvertroue, in staat om 'n sportspan van hoërskoolleerders te beheer. • Formele uitrusting, maar nie korporatief nie Uitrusting A is die beste. 4 geldige redes om keuse te motiveer. Moet verband hou met eerste indruk. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 21 12.2 Gebruik jou kennis van klerekasbeplanning om die veelsydigheid/ buigsaamheid van uitrusting B vir 'n jong volwassene wat 'n eerstejaar universiteitstudent is, te beoordeel. • Dit is baie veelsydig omdat dit maklik is om te meng en pas – basiese/neutrale kleure en klassieke style word gebruik sodat kledingstukke elk saam met iets anders gedra kan word, bv. verskillende kleure broeke of hemde. Jeans en 'n wit T-hemp sal goed saam met baie ander kleure gaan. • Die student kan belangstelling wek en individualiteit uitdruk deur byderwetse mode-bykomstighede by te voeg en sodoende veelsydigheid en 'n buigsame uitrusting skep. • Die skoene en gordel kan verander word vir ander kleure en style – dit sal die basiese kledingstukke anders laat lyk. • Hierdie uitrusting kan deftiger of gemakliker lyk, deur geskikte bykomstighede by te voeg, daarom is dit veelsydig en geskik vir 'n verskeidenheid funksies. • 'n Baadjie of trui kan in kouer weer bygevoeg word – veelsydig vir verskillende seisoene of om dit deftiger te maak. 4 punte bespreek – moet verband hou met veelsydigheid/ buigsaamheid, nie net algemene geskiktheid nie. 12.3 Bespreek hoekom voldoening aan 'n maatskappy se kleredragkode noodsaaklik is vir die persoonlike groei van 'n jong volwassene wat die professionele beroepswêreld betree. • Om dieselfde/soortgelyk as almal anders aan te trek, skep 'n gevoel van samehorigheid en sekuriteit – die nuwe jong professionele persoon sal by die personeel en groep as 'n geheel inpas. • Die klere wat ons dra het 'n sielkundige effek op ons, bv. ons voel óf goed óf ongemaklik as ons sekere goed dra. Om te konformeer, beteken dat wat hulle dra aanvaarbaar is vir ander in die werkplek – daarom sal die jong volwassenes gemaklik voel en 'n positiewe selfbeeld ontwikkel omdat hulle veilig in hul werksomgewing voel. • Om volgens die kleredragkode aan te trek, beteken ook dat die jong professionele werker deur die maatskappy se kliënte aanvaar word – dit sal hul selfvertroue laat toeneem as hulle met kliënte werk. • Om aan die maatskappy se kleredragkode te voldoen, dui aan dat hulle identifiseer met die maatskappy se beeld, waardes, etiek, ens. – trots op waar hulle werk en dit kan vir die maatskappy aandui dat hulle bereid is om as deel van 'n span saam te werk. • Maak hulle minder opvallend, en in staat om die onsekerhede van jong volwassenheid en 'n nuwe werk te hanteer. • Om aan die maatskappy se kleredragkode te voldoen, sal hulle in staat stel om professioneel en bevoeg te voel, en gevolglik bydra tot hul persoonlike groei en selfvertroue. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 21 AFDELING C BEHUISING EN MEUBLEMENT EN DIE VERBRUIKER VRAAG 13 13.1 D (1) k 13.2 F (1) k 13.3 A (1) k 13.4 E (1) k 13.5 B (1) k VRAAG 14 Term (moenie Verduideliking Betaling deur hierdie kolom Koper/Verkoper oorskryf nie) 14.1 'n Deposito 'n Bedrag betaalbaar as 'n pand/waarborg vir 'n Koper kontrak, waarvan die balans later betaal word. Dit is gewoonlik tussen 5–20% van die koopsom en kan kontant of in enige ander vorm van bykomende sekuriteit soos 'n versekeringspolis of ander bates betaal word. Dit vorm deel van die totale bedrag. 14.2 Elektrisiteits- 'n Sertifikaat wat deur 'n gekwalifiseerde Verkoper voldoening- elektrisiën uitgereik word wat sertifiseer dat die sertifikaat elektriese installering in die huis veilig is volgens minimum wetlike standaarde. Dit is 'n wetlike vereiste vir die oordag van eienaarskap. 14.3 Eiendomsagent Agente word kommissie betaal as betaling vir die Verkoper (omdat se kommissie werk wat hulle doen om die huis vir die eienaar te dit by verkoop- verkoop. Dit is 'n persentasie (gewoonlik 5–8%) prys ingesluit is, van die eiendom se verkoopprys. Hoe hoër die is dit in verkoopprys, hoe groter is die kommissie. Dit werklikheid die word betaal nadat die verkoop afgehandel is. koper wat dit betaal) 14.4 Oordragkoste Oordragkoste is belasting wat in terme van die Koper Wet op Hereregte gehef word op enige onroerende eiendom wat van eienaar verwissel. Dit is aan die SAID betaalbaar. Dit is 'n persentasie gebaseer op die waarde van die eiendom, maar slegs as dit meer as R600 000 werd is. Dit is nie betaalbaar as 'n nuwe eiendom van 'n ontwikkelaar gekoop word nie. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 21 VRAAG 15 15.1 Skets drie faktore wat Steve moet oorweeg wanneer hy 'n yskas kies. • Funksies bv. ysmaker/watermasjien/selfontdooi-funksie vir gerief; verstelbare rakke vir items van verskillende groottes./universele ontwerp • Energieverbruik – menslik: gebruikersvriendelik, maklik om skoon te maak/selfontdooi-modelle spaar tyd en menslike energie. • Energieverbruik – nie-menslik: kyk na energie-doeltreffendheid vir laer lopende koste en minder omgewingsimpak. Dit moet ook vry wees van CFC's (chloorfluoorkoolstof) wat die osoonlaag beskadig en tot aardverwarming bydra. • Die grootte benodig om aan Steve se vereistes te voldoen en in beskikbare ruimte in sy kombuis in te pas. • Steve se leefstyl – onthaal hy, koop hy vleis in grootmaat …? • Kontroleer kwaliteit bv. SABS en duur van waarborge. Prys moet verband hou met kwaliteit. Kan hy die maandelikse paaiemente met sy begroting bekostig? Aanvaar 3 geldige faktore – moet verwys na keuse van yskas. 15.2 Steve moet 'n kontrak met die handelaar aangaan. 15.2.1 Noem die soort kredietooreenkoms wat Steve sal aangaan. Afbetalingsverkooptransaksie/huurkoop. 15.2.2 Gee die waarskynlike persentasie wat Steve moontlik aan die handelaar as 'n deposito sal moet betaal. 10%. 15.2.3 Die handelaar kan 'n Kredietburo gebruik om Steve se kredietwaardigheid na te gaan voordat 'n kontrak met hom aangegaan word. Verduidelik wat dit beteken. • Die kredietburo sal 'n rekord hê van Steve se kredietgeskiedenis, m.a.w. sy betalingsrekord by al die ander kredietverskaffers waar hy rekeninge gehad het. • Die kredietgeskiedenis sluit die aantal en soorte rekeninge in wat hy het, en hoeveel van sy beskikbare krediet hy tans gebruik asook of hy ooit agterstallig was met betaling en of hy insolvent verklaar is. • Dit sal bepaal of hy verdere krediet verkry of nie. • Hierdie kontrole word benodig om 'n te groot skuldlas van verbruikers en die toekenning van roekelose krediet deur besighede te verhoed. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 21 15.2.4 Gee twee voordele vir Steve om die yskas op krediet te koop. • Steve kan 'n nuwe yskas kry, selfs al kan hy nie die volle koopsom bekostig om kontant te betaal nie. • Hy het onmiddellike gebruik van die yskas al is dit nie ten volle betaal nie. • Dit is vir hom makliker om kleiner maandelikse paaiemente te hanteer – dit verminder die impak op sy maandelikse begroting. • As hy eers spaar om kontant te betaal, kan die spesifieke model dalk nie meer beskikbaar wees nie. • Bou goeie kredietrekord. Aanvaar twee geldige voordele vir 'n kredietaankoop. 15.3 Steve merk op dat die yskas 'n A+ energiegradering het. Verduidelik die belangrikheid hiervan. Dit beteken die toestel is energie-doeltreffend en gebruik dus minder elektrisiteit. Die energiegraderings wissel van A (mees doeltreffend) tot G (minste doeltreffend) in Suid-Afrika. Dit beteken dat die lopende koste laer sal wees en dit sal meer omgewingsvriendelik wees/volhoubaar, alhoewel dit aanvanklik dalk meer mag kos. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 21 VRAAG 16 16.1.1 A (1) k 16.1.2 D (1) begrip 16.1.3 C (1) k 16.1.4 B (1) k 16.1.5 C (1) k 16.1.6 D (1) k 16.1.7 C (1) toep 16.1.8 A (1) k 16.2 Bestudeer die advertensie hieronder vir Villa Pierro Landgoed in die Kaapstad-gebied en beantwoord Vraag 16.2.1 tot 16.2.3. 16.2.1 Oorweeg die behuisingsbehoeftes van Gesin 1 (Nazreen en Devan). Oordeel hoe 'n meenthuis in hierdie landgoed aan hul behoeftes kan voldoen ten opsigte van die volgende: (a) Ligging – hierdie landgoed is buite die stadskern in die voorstede geleë, en sal dus: • Stiller wees as om in die stadsentrum te woon – hulle wil nie die drukte van die stad hê nie. • Verder buite die stad is eiendomme goedkoper as in die stad en munisipale tariewe is goedkoper. • Verder van die werkplek af – hulle moet reisfaktore oorweeg (tyd, koste, ongerief) alhoewel 25 minute nie te veel is vir mense wat naby groot stede woon nie. • Naby die hoofweg – omdat hulle motors het, sal dit gerieflik wees, maklike toegang tot hoofroetes. Nietemin sal dit ook 'n hoof-verkeersroete wees (minder gerieflik/tydrowend weens verkeersdrukte). • Dis tussen Kaapstad en Stellenbosch en dus gerieflik vir albei sentrums vir inkopies, uiteet, ontspanning. • Landgoed is naby Stellenbosch universiteit en skole – tieners in die huis. 4 punte bespreek met betrekking tot hoe die ligging hulle sal pas/nie pas nie. (b) Deeltitel-eienaarskap – sal hul behoeftes pas: • Gedeelde geriewe = gedeelte koste, bespaar die gesin dus geld. • Gemeenskaplike gebiede word deur die korporatiewe liggaam administreer – hulle het die voordeel van tuine, onderhoud van buitemure, opritte, ens. sonder die verantwoordelikheid of die werk. • Sekuriteit is ultra-modern – is 'n veilige plek om te bly. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 21 • Heffing sluit munisipale tariewe in. • Hulle het die voordeel om deel van 'n gemeenskap te wees – nie in 'n afgesonderde huis nie , veral vir tieners. • Dit is 'n bate wat in waarde sal toeneem en aan hul kinders oorgedra kan word. Om in 'n kompleks te woon, mag dalk nie hul behoeftes pas nie. • Maandelikse heffing is 'n ekstra uitgawe in hul begroting; dit sal ook jaarliks verhoog. • Mense orals – kan raserig wees, gebrek aan privaatheid. • Gemeenskaplike areas en fasiliteite word gedeel, nie hul eie nie en dus nie privaat nie. • Toestemming moet van die bestuursliggaam verkry word voordat veranderings aan hul geboue gemaak kan word. • Daar sal reëls wees wat nagekom moet word. 4 punte bespreek oor hoe deeltiteleienaarskap hulle sal pas of nie. (c) Geriewe: • Hulle is 'n aktiewe gesin en sal dus die swembad en gimnasium gebruik, wat net vir die inwoners se gebruik bedoel is, en dis baie gerieflik op die terrein geleë. • Die geriewe word onderhou en skoongemaak, so dis nie hul verantwoordelikheid of uitgawe nie. • Die kinders kan veilig na die verskeie geriewe loop – swembad, winkels, gimnasium, sportveld. • Daar is winkels binne die kompleks/landgoed – gerieflik maar keuse kan beperk/duur wees. • Vulstasie is baie gerieflik – kan enige tyd brandstof ingooi sonder om landgoed te verlaat. • Sportveld is gerieflik vir tieners om na skool en gedurende naweke te gebruik, kan op gesonde manier sosialiseer met ander jongmense in die landgoed – maar dit mag dalk nie altyd beskikbaar wees wanneer hulle dit wil gebruik nie. 4 punte bespreek – hoe die geriewe hulle sal bevoordeel of nie. 16.2.2 Goeie infrastruktuur is die munisipaliteit se verantwoordelikheid. Maak 'n lys van vier basiese dienste wat die plaaslike regering aan inwoners van die noordelike voorstede behoort te verskaf. • Skoon watervoorsiening • Elektrisiteit- en/of gasvoorsiening • Rioolstelsel / sanitasie • Vullisverwydering en stortingsterreine • Paaie en sypaadjies • Geute en stormwaterdreine • Straatligte • Biblioteke • Parke en ontspanningsgeriewe IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 19 van 21 Munisipale dienste in terme van infrastruktuur vir die gemeenskap (nie verkeerspolisie, brandweer, ens. nie) Nie die swembad, sportvelde wat landgoed bied nie. 16.2.3 Noem drie inisiatiewe wat die Villa Pierro Landgoed se beheerliggaam in die gemeenskaplike areas kan implementeer om die verantwoordelike gebruik van water te demonstreer. Tabuleer jou antwoord: Voorstelle (x 3): Redes/verduidelikings (x 3): Installeer reënwatertenks in die Hê 'n voorraad gratis water om tuin. swembadwater aan te vul/ watertuine. Plant 'n inheemse tuin./ Waterwyse Het nie baie water nodig nie. plante/vetplante Gebruik 'n swembadbedekking. Verminder verdamping. Vermy enige dekoratiewe waterfonteine/strukture Moenie oormatig terugspoel nie. Vermors water. Versamel en hergebruik grys water Herwin die water – vermy die van inwoners (storte, baddens, behoefte om vars skoon water vir wasmasjiene) vir gebruik in die die tuine te gebruik. tuine. Maak tuine vroegoggend of laat in Om verdamping te verminder. die aand nat./Vermy natmaak van tuine gedurende winderige dae Inligtingsborde in gemeenskaplike Informele onderrig en inligting. area – “spaar water” Stel ʼn persoon aan om lekplekke Elimineer probleemareas en maak en watergebruik te kontroleer. seker onderhoud word uitgevoer, d.i. druppende krane, verminder watergebruik. Aanvaar ander geskikte antwoorde – moet verband hou met waterbesparende inisiatiewe wat die landgoed kan implementeer (3 × 2 = 6) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 20 van 21 AFDELING D GEÏNTEGREERDE UITGEBREIDE SKRYFRESPONS VRAAG 17 Die ekonomiese impak van goedkoop klere-invoere op Suid-Afrika • Die eerste bron toon aan dat daar groot hoeveelhede goedkoop invoere na Suid-Afrika plaasvind, waarvan baie onwettig is. Om onwettig te wees, beteken dat hulle nie die korrekte prosedures vir invoere gevolg het nie, soos om invoerbelasting te betaal. Dit beteken dat hul verkooppryse minder kan wees. • Vervalste produkte – onwettig • China is ook in staat om goedere goedkoop te vervaardig as gevolg van hul goedkoop arbeid. Suid-Afrikaanse vervaardigers moet minimum lone of meer vir hul werkers betaal. Suid-Afrika se arbeidswette beskerm werkers teen uitbuiting – hulle het daarom spesifieke werksure en werksomstandighede (insluitende gesondheids- en veiligheidsprosedures), gevolglik kos SA produksie meer en SA werkers produseer minder as hul Chinese eweknieë. • Omdat plaaslike vervaardigers baie kompetisie het (onregverdig omdat baie daarvan onwettig is) kan hulle dikwels nie finansieel kompeteer nie. Plaaslike vervaardigers sluit dus hul besighede, wat tot duisende werksverliese en 'n toename in werkloosheid lei wat ʼn direkte impak op families het. • Plaaslike vervaardigers en handelaars moet BTW hef op verkoopte goedere – dit verhoog die verkoopprys vir verbruikers. Baie van die Chinese kleinhandelaars voldoen nie aan die wetlike vereistes nie soos om by SAID te registreer en hulle vermy dit onwettig om SA BTW te betaal wat hul bedryfskoste verder verminder daarom minder geld vir die Suid-Afrikaanse regering. • Baie van die goedkoop invoere word ontwerp om kitsmodes te wees, dit wil sê om slegs vir een seisoen of 'n gedeelte van 'n seisoen gedra te word. Dit is goedkoop, so mense is tevrede om daarvan ontslae te raak en op 'n gereelde basis te vervang. Mense koop dus dikwels nuwe klere, maar hul geld gaan nie aan plaaslike vervaardigers nie en bevoordeel nie die SA ekonomie deur belasting en werkskepping nie. Trouens, nog meer geld verlaat SA en gaan na Chinese vervaardigers toe. 7 punte bespreek wat verband hou met die ekonomiese impak op plaaslike produksie en SA as 'n geheel. Die voordele van die aankoop van "trots Suid-Afrikaans"-klere en ondersteuning van plaaslike ontwerpers en vervaardigers. • As jy SA-vervaardigde goedere koop, dra jy by tot die SA ekonomie: Suid- Afrikaanse maatskappye en werkers sal geld verdien. Byvoorbeeld, vervaardigers soos Tsonga gebruik plaaslike inwoners om leerskoene met die hand te maak – en skep daardeur werk en gee plaaslike BBP ʼn hupstoot. • Plaaslike vaardighede word so ontwikkel en plaaslike werkers sal voordeel daaruit trek. Werkloosheid sal afneem – meer gesinne verdien hul eie inkomste, wat beteken minder mense is afhanklik van regeringstoelaes om te oorleef. Dit skep trots en verhoog die selfbeeld van mense wat hul vaardighede kan gebruik om goedere te vervaardig. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES – NASIENRIGLYNE Bladsy 21 van 21 • SA mode-ontwerpers is entrepreneurs wat hul vaardighede bydra tot ons land. As ons hulle ondersteun, ondersteun ons plaaslike talent. Hul besighede en reputasies sal groei en hulle sal meer verdien – en sodoende meer belasting bydra. Soos hul besighede groei, sal selfs meer plaaslike werk geskep word. Dit sal daartoe lei dat die vaardigheidsbasis van die plaaslike industrie vergroot. • Verbruikersgedrag skep aanvraag en beïnvloed die mark. In Suid-Afrika is daar 'n groot mark vir goedkoop invoere en die volume van hierdie beskikbare produkte het gegroei, wat baie nadelig vir plaaslike ontwerpers en vervaardigers is. As mense plaaslik-vervaardigde klere koop, sal plaaslike ontwerpers meer moet ontwerp en vervaardig om in die aanvraag te voorsien. • Suid-Afrikaanse modeontwerpers vertoon hul skeppings by modevertonings (bv. Kaapstad Modeweek) – dit lok baie besoekers van dwarsoor die wêreld en bring toeriste-inkomste na SA wat 'n hupstoot vir die ekonomie is. • Patriotisme • Omgewingsaspekte/-voordele 8 punte bespreek wat verband hou met die aankoop van 'TSA' en die effek daarvan op plaaslike ontwerpers en vervaardigers. Die voordele om klassieke modes soos praktiese leerskoene en handsakke vir 'n werksklerekas aan te koop. • Hierdie style raak nie uit die mode nie – is tydloos/bly gewild en kan jarelank gedra word. Dit spaar geld (goeie waarde vir geld) omdat dit nie dikwels vervang hoef te word nie. • Klassieke style is eenvoudig/nie uitspattig nie, en getuig altyd van goeie smaak. Dit is belangrik om by die werk smaakvol geklee te wees. • Klassieke skoene is gemaklik. Dit is belangrik omdat jy die hele dag die skoene by die werk dra. • Dit pas die meeste mense, dus sal jy goed lyk by die werk. • Klassieke style gaan saam met baie soorte klere en is gewoonlik in neutrale of basiese kleure. Dit is prakties vir 'n werksklerekas omdat jy nie 'n spesifieke paar skoene/handsak hoef te hê wat by 'n spesifieke uitrusting pas nie/hoef nie handsakke te ruil om by verskillende uitrustings te pas nie. • Klassieke leerskoene en handsakke sal goeie kwaliteit (sal lank hou/ duursaam) wees, wat beteken dat dit deftig sal lyk, goed sal pas en duursaam sal wees vir 'n volhoubare werksklerekas. Geld kan dan op prettige mode-items spandeer word vir na-ure. 5 punte bespreek wat verband hou met voordele van klassieke skoene en handsakke in 'n werksklerekas. Totaal: 200 punte IEB Copyright © 2017

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all