Skip to content
Question paper

Consumer Studies Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)

IEB Grade 12 Consumer Studies question paper from the 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Consumer StudiesGrade 12201716 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 VERBRUIKERSTUDIES Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy. AFDELING A: Voedsel en Voeding en Die Verbruiker AFDELING B: Kleding en Die Verbruiker AFDELING C: Behuising en Meublement en Die Verbruiker AFDELING D: Geïntegreerde Uitgebreide Skryfrespons 3. Lees die vrae noukeurig deur. 4. Party afdelings het meerkeusevrae. Skryf slegs die korrekte hoofletter langs elke vraagnommer in jou Antwoordboek neer, bv. 1.1.8. A. 5. Nommer die antwoorde presies soos die vrae genommer is. 6. Laat genoeg ruimte tussen elke antwoord. 7. Moenie in die kantlyn skryf nie; laat dit oop vir die neerskryf van punte. 8. Die punte wat vir elke vraag toegeken word, dui die detail wat verlang word, aan. 9. Sakrekenaars mag gebruik word. 10. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 2 van 16 AFDELING A VOEDSEL EN VOEDING EN DIE VERBRUIKER Bestee ongeveer 58 minute aan hierdie afdeling. VRAAG 1 Skryf slegs die korrekte hoofletter (A–D) langs Vraag 1.1 tot 1.5. 1.1 Suiwelintoleransie word gewoonlik veroorsaak deur 'n onvoldoende hoeveelheid van die … ensiem in die spysverteringstelsel. A laktase B maltase C amilase D protease 1.2 Kies die beste aanbeveling vir 'n persoon met MIV/Vigs: A Eet drie groot etes per dag om vol en versadig te voel. B Eet meer vrugte en groente vir die vitamien-, mineraal- en oplosbare veselinhoud daarvan. C Eet meer soutkosse om die natrium te vervang wat deur sweet verlore gaan. D Slaan maaltye oor wanneer eetlus verdwyn. 1.3 Die lipied wat gewild is in moderne diëte omdat dit cholesterol verlaag, is: A Klapperolie. B Botter. C Sagte margarien. D Olyfolie. 1.4 Indien gewig in kilogram (kg) en lengte in meter (m) gemeet word, is die formule om liggaamsmassa-indeks te meet: A Gewig (kg) x lengte (m2). B Gewig (kg) / lengte (m). C Gewig (kg) / lengte (m2). D Gewig (kg2) / lengte (m). 1.5 Identifiseer die faktor wat kan bydra tot die ontwikkeling van hipertensie: A Lae ysterinname. B Rook. C Lae veselinname. D Onvoldoende slaap. [5] IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 3 van 16 VRAAG 2 Pas elke gesondheidsprobleem/siekte in Kolom A by die beste voedselkeuse in Kolom B en die mees geskikte rede vir die voedselkeuse in verhouding tot die gesondheidsprobleem/siekte in Kolom C. Skryf net die hoofletter en Romeinse syfer vir elke antwoord, (bv. 2.6 A vii). Letters en syfers mag net een keer gebruik word. Kolom A: Kolom B: Kolom C: Gesondheids- Beste voedsel- Rede probleem/siekte keuse 2.1 Kwasjiorkor A Hawermoutpap i Verskaf waardevolle hoeveelhede kalium wat help om natrium in die liggaam te balanseer. 2.2 Aterosklerose B Vars aarbeie ii Goeie voorbeeld van proteïen-aanvulling. 2.3 Hipertensie C Stampmielies en iii Uitstekende bron van boontjies vitamien C om die immuunstelsel 'n hupstoot te gee. 2.4 MIV/Vigs D Natuurlike/gewone iv Bevat oplosbare vesel jogurt om cholesterolvlakke te help verlaag. 2.5 Osteoporose E Organiese piesangs v Voorsien baie goeie hoeveelhede kalsium. [10] VRAAG 3 Bestudeer die voedingsinligting op die etikette van drie verskillende brode en beantwoord dan Vraag 3.1 en 3.2. (Voedingsinligting per 100 g.) 3.1 Kies die mees geskikte brood (A–C) vir 'n persoon wat aan een van die volgende toestande ly. Verskaf in elke geval 'n geldige verduideliking vir jou keuse. 3.1.1 Hardlywigheid. (2) 3.1.2 Hoë bloeddruk. (2) 3.1.3 Bloedarmoede. (2) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 4 van 16 3.2 Ondersoek die voedingsinligting van brood C. Bepaal die effek van die voedingstowwe/faktore hieronder gelys op die gesondheid van 'n diabetiese pasiënt. Bepaal of hierdie produk geskik sal wees vir 'n diabetiese persoon om te verbruik. Tabuleer jou antwoord as volg: Energie Koolhidrate Glukemiese Totale vet Dieetvesel indeks (2) (2) (2) (2) (2) Gevolgtrekking: (2) [18] VRAAG 4 Bestudeer die middagete-spyskaarte A en B hieronder en beantwoord Vraag 4.1 tot 4.3. Middagete-spyskaart A Middagete-spyskaart B Volkoring-wrap gevul met gekrummelde Geroosterde hoender hoenderrepies Kapokaartappels Mayonnaise Ertjies met ment Soetrissiesous Julienne wortels Sojasous Glas vars lemoensap (gefortifiseer met Gekapte blaarslaai, roket en grasuie vitamien C en kalsium) Glas melk 4.1 Spyskaart B is die beste opsie vir 'n persoon wat aan seliaksiekte ly. Motiveer hierdie standpunt. (4) 4.2 Noem twee gastro-intestinale simptome van seliaksiekte. (2) 4.3 Verduidelik die doel van die volgende bymiddels in die spyskaartitems wat hieronder gelys word: 4.3.1 Vitamien C wat by vars lemoensap gevoeg word. (2) 4.3.2 Lesitien in mayonnaise. (2) 4.3.3 Natriumbensoaat in soetrissiesous. (2) [12] IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 5 van 16 VRAAG 5 Lees die uittreksel wat aangepas is van 'n artikel in Daily News, Junie 2016 en beantwoord dan Vraag 5.1 tot 5.5. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) help Mauritius om "sy stryd teen vrugtevlieë wat waardevolle gewasse bedreig, te verskerp". Die ekonomiese gevolge van vrugtevlieë is so groot dat lande wat vry is van sulke plae, die invoer van produkte verbied waar die plae teenwoordig is. Die IAEA het aan Mauritius 'n nuwe bestraler verskaf as 'n stap nader aan toenemende voedselsekerheid … 5.1 Watter van die volgende simbole dui vir 'n verbruiker aan dat 'n produk bestraal is? Dui jou antwoord aan deur die hoofletter van jou keuse neer te skryf. A B C D (1) 5.2 Gee die naam van die verbruikersorganisasie waar 'n mens kan kla as jy misleidende advertering van bestraalde voedselsoorte ontdek. (1) 5.3 Definieer die volgende terme: 5.3.1 Voedselbestraling. (2) 5.3.2 Voedselsekerheid. (2) 5.4 Lees die volgende stelling: 'Bestraling van voedsel is 'n stap in die rigting van voedselsekerheid in Suid- Afrika'. In watter mate stem jy saam met of verskil jy van hierdie stelling? Motiveer jou standpunt en bereik 'n gevolgtrekking. (6) 5.5 In die artikel lees ons van "die ekonomiese gevolge van vrugtevlieë …" Bespreek die moontlike ekonomiese gevolge wat voedselbestraling op internasionale handel (invoere en uitvoere) van vars produkte kan hê vir lande soos Suid-Afrika en Mauritius. (3) [15] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 6 van 16 VRAAG 6 Lees die volgende uittreksel aangepas van 'n artikel in Daily News, Julie 2016 en beantwoord dan Vraag 6.1 en 6.2. KZN verreweg bo-aan lys van hartverwante sterftes in die land Deur Zohra Teke KwaZulu-Natal het die hoogste aantal hartverwante sterftes in Suid-Afrika – 36% meer as die nasionale gemiddeld. Hierdie bevinding is gebaseer op die totale versekeringseise wat deur die Suid-Afrikaanse versekeringsmaatskappy Discovery Life afgehandel is. "Die risikofaktore vir hartsiektes is dikwels verwant aan leefstylfaktore soos dieet en fisieke aktiwiteit …" sê Dr. Maritha van der Walt, Discovery Life se hoof-mediese beampte. [Aangepas van: Daily News, 29 Julie 2016] 6.1 Tabuleer jou antwoord soos hieronder aangetoon. 6.1.1 Identifiseer twee risikofaktore vir 'n hartsiekte uit die uittreksel. (2) 6.1.2 Gee raad vir elke risikofaktor, met 'n rede, oor hoe om 'n gesonde hartpraktyk te implementeer. (4) 6.1.1 Risikofaktore 6.1.2 Raad 6.2 Beoordeel die impak op die gesinsbegroting wanneer die broodwinner aan 'n hartsiekte ly. (4) [10] 70 punte IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 7 van 16 AFDELING B KLEDING EN DIE VERBRUIKER Bestee ongeveer 42 minute aan hierdie afdeling. VRAAG 7 Skryf slegs die korrekte hoofletter (A–D) langs die vraagnommers 7.1 tot 7.5. 7.1 Mode kan die beste gedefinieer word as die: A Materiale en teksture wat tydens 'n bepaalde tydperk gewild is. B Goeie keuse van kleure wanneer 'n uitrusting saamgestel word. C Wydte en lengte van broekspype en moue. D Style wat op 'n bepaalde tyd deur 'n groot groep mense aanvaar word. 7.2 'n Kenmerk van 'n goeie basiese klerekas is dat dit: A Verskeie hoogmodieuse, opvallende items bevat. B 'n Verskeidenheid goeie kwaliteit klassieke style bevat. C Items in 'n wye verskeidenheid modekleure bevat om te meng en pas. D Aan die standaarde van die gemeenskap sowel as die portuurgroep voldoen. 7.3 'n Persoon wat klere volgens duursaamheid en kwaliteit kies, toon die volgende waarde: A Ekonomiese waarde. B Gemak. C Estetika. D Sosiale status. 7.4 Identifiseer die modesiklus wat op die grafiek hieronder voorgestel word. A Gemiddelde mode. B 'n Klassieke mode. C 'n Modegier. D Retrospektiewe mode. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 8 van 16 7.5 Watter van die volgende tekstielvesels is die eko-vriendelikste? A Katoen. B Linne. C Sy. D Hennep. [5] VRAAG 8 Pas elke term in Kolom A by die beste verduideliking in Kolom B. Skryf slegs die hoofletter vir elke antwoord langs die vraagnommers 8.1 tot 8.5. Letters kan slegs een keer gebruik word. Kolom A: Term Kolom B: Verduideliking 8.1 Silhoeëtte A Uitrustings wat tans modieus is. 8.2 Handelsnaam B Klere wat nie meer modieus is nie. Eksklusiewe style wat deur modeontwerpers 8.3 Verouderde mode C ontwerp is. Geregistreerde name wat wêreldwyd herken 8.4 Styl D word. 8.5 Kontemporêre mode E Die buitelyn van 'n kledingstuk. 'n Eiesoortige vorm van klere met herkenbare F eienskappe. [5] VRAAG 9 Dui aan of elke sin WAAR of ONWAAR is. Korrigeer slegs die woorde in swartdruk vir elke onwaar stelling. Moenie die hele sin oorskryf nie. 9.1 Nuwe soorte sintetiese vesels en verbetering van produksiemetodes is ekonomiese faktore wat mode-tendense beïnvloed. 9.2 Buitelandse handelsregulasies wat vir die invoer en uitvoer van tekstiele voorsiening maak, is politieke faktore. 9.3 'n Soort verbruikerskrediet waar 'n gekose item deur die handelaar eenkant gehou word totdat die koper die volle koopprys betaal het, staan bekend as bêrekoop. 9.4 Persone wat handelsmerk-etikette dra om in te pas by hul portuurgroep toon individualiteit. 9.5 Nagebootste klere word gewoonlik volgens dieselfde standaarde as die oorspronklike handelsmerkproduk vervaardig. [8] IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 9 van 16 VRAAG 10 Lees die klantklagte hieronder. "Ek het probeer om 'n paar kledingstukke aan ABC Stores terug te besorg. Ek het my kwitansie gehad en die etikette was nog steeds aangeheg. Ek erken die items was 6½ maande oud, maar ek wou nie my geld terughê nie, net krediet by die winkel. Volgens die winkelbestuurder kon sy nie die items aanvaar nie, omdat hulle dit nie meer in voorraad gehad het nie. Ek weet die omruilbeleid is 30 dae, maar hulle behoort sekerlik beter diens aan hul klante te verskaf?" Stel 'n antwoord vir die bogenoemde verbruiker se versoek op waarin jy verduidelik wat die Wet op Verbruikersbeskerming bepaal in verband met verbruikersregte en verantwoordelikhede rakende die terugbesorging van ongewenste goedere. [6] VRAAG 11 Lees die uittreksel hieronder voordat jy Vraag 11.1 en 11.2 beantwoord. Onderskrywing deur glanspersoonlikhede is een van die advertensiewêreld se gewildste hulpmiddels. Om 'n bewonderenswaardige atleet, aktrise of musikant aan jou produk te koppel, kan wondere verrig om die aandag en vertroue van klante te verkry. Al hoe meer glanspersoonlikhede koppel hul name aan volhoubare modes. [Aangepas van: <https://www.theguardian.com>] 11.1 Bespreek hoe glanspersoonlikhede "wondere [kan] verrig om die aandag en vertroue van klante te verkry" en hoe dit tot mode-verandering kan lei. (5) 11.2 Noem vier vereistes waaraan 'n tekstiel moet voldoen voordat dit as volhoubaar beskou kan word. (4) [9] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 10 van 16 VRAAG 12 Bestudeer die illustrasies en beskrywings hieronder voor Vraag 12 beantwoord word. UITRUSTING A UITRUSTING B UITRUSTING C [Bron: <www.shutterstock.com>] [Bron: <www.shutterstock.com>] [Bron: <www.shutterstock.com>] [Bron: <coroflot.com>] [Bron: <coroflot.com>] [Bron: <www.dreamstime.com>] Beige chinobroek, wit Blou denimbroek, wit Bo-die-knie swart romp, rooi kortmouhemp, swart kortmou katoen T-hemp, toeknoop-bloes met kraag, leergordel en swart toeryg- bruin gordel, beige insteek- grys baadjie, swart medium- skoene. doekstofskoene en 'n pet. hakskoene. 12.1 Oorweeg die belangrikheid van eerste indrukke. Kies die toepaslikste uitrusting (A, B of C) vir elk van die volgende onderhoud-scenario's. Motiveer elke keuse met vier geldige redes. Dieselfde uitrusting mag nie meer as een keer gekies word nie. 12.1.1 'n Onderhoud vir 'n pos in die Openbare Betrekkinge-afdeling by Edgars se hoofkantoor. (5) 12.1.2 'n Onderhoud vir 'n pos as sportafrigter by 'n hoërskool. (5) 12.2 Gebruik jou kennis van klerekasbeplanning om die veelsydigheid/ buigsaamheid van uitrusting B vir 'n jong volwassene wat 'n eerstejaar universiteitstudent is, te beoordeel. (4) 12.3 Bespreek hoekom voldoening aan 'n maatskappy se kleredragkode noodsaaklik is vir die persoonlike groei van 'n jong volwassene wat die professionele beroepswêreld betree. (3) [17] 50 punte IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 11 van 16 AFDELING C BEHUISING EN MEUBLEMENT EN DIE VERBRUIKER Bestee ongeveer 50 minute aan hierdie afdeling. VRAAG 13 Pas die korrekte soort belasting in Kolom B by elke voorbeeld in Kolom A. Skryf slegs die korrekte hoofletter (A–F) langs die vraagnommers 13.1 tot 13.5. Letters mag slegs een keer gebruik word. Kolom A: Kolom B: Voorbeeld Soort belasting 13.1 Jess betaal hierdie soort belasting op A Kapitaalwinsbelasting. haar maandelikse salaris. 13.2 Jess se pa is 'n eiendomsagent. Hy B Invoerbelasting. betaal hierdie belasting op die kommissie wat hy verdien. 13.3 Jess se oom het sy vakansiehuis aan C Aksynsbelasting. die kus verkoop. Hy moet belasting betaal op die wins van die verkoop. 13.4 Jess se oupa is onlangs oorlede. D Werknemerbelasting. Hierdie belasting moet op sy huis en ander bates betaal word. 13.5 Jess se tante voer meubels van oorsee E Boedelbelasting. af in om in haar winkel te verkoop. Sy betaal belasting op elke vrag. F Voorlopige belasting. [5] VRAAG 14 Bestudeer die volgende terme, verwant aan die koop of verkoop van 'n huis. Verduidelik elke term en sê of die koper of verkoper verantwoordelik is vir die kostes wat daarby betrokke is. Tabuleer jou antwoorde as volg: Term Verduideliking Betaling deur (moenie hierdie kolom Koper/Verkoper oorskryf nie) 14.1 'n Deposito. (2) (1) 14.2 'n Elektrisiteits- voldoeningsertifikaat. (2) (1) 14.3 Eiendomsagent se kommissie. (2) (1) 14.4 Oordragkoste. (2) (1) [12] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 12 van 16 VRAAG 15 Lees die scenario hieronder voordat jy Vraag 15.1 tot 15.3 beantwoord. Die aankoop van groot huishoudelike toestelle is 'n finansiële verbintenis. Steve moet 'n nuwe yskas koop, maar hy kan nie die kontantprys van R8 999.00 bekostig vir die een wat hy graag wil hê nie. Hy gaan 'n deposito aan die handelaar (winkel) betaal en die res oor twee jaar afbetaal. 15.1 Skets drie faktore wat Steve moet oorweeg wanneer hy 'n yskas kies. (3) 15.2 Steve moet 'n kontrak met die handelaar aangaan. 15.2.1 Noem die soort kredietooreenkoms wat Steve sal aangaan. (1) 15.2.2 Gee die waarskynlike persentasie wat Steve moontlik aan die handelaar as 'n deposito sal moet betaal. (1) 15.2.3 Die handelaar kan 'n Kredietburo gebruik om Steve se krediet- waardigheid na te gaan voordat 'n kontrak met hom aangegaan word. Verduidelik wat dit beteken. (3) 15.2.4 Gee twee voordele vir Steve om die yskas op krediet te koop. (2) 15.3 Steve merk op dat die yskas 'n A+ energiegradering het. Verduidelik die belangrikheid hiervan. (3) [13] IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 13 van 16 VRAAG 16 Lees die gevallestudies hieronder wat gebaseer is op vier verskillende gesinne om jou te help om Vraag 16 te beantwoord. GESIN 1 GESIN 2 Nazreen, Devan en hul twee tieners is 'n Jane is 'n enkelma met 'n babatjie. Haar aktiewe middelinkomste-gesin. Hulle werk in maandelikse inkomste is R2 000. Jane huur Kaapstad, maar wil nie in die stad bly nie. 'n tweekamerwoonstel op die 6de Albei het 'n motor. Hulle beplan om 'n huis verdieping. Sy neem deel aan 'n maandelikse in 'n nuwe behuisingsontwikkeling/kompleks stokvel. te koop met behulp van 'n eiendomsagent. GESIN 3 GESIN 4 John en Suzie het 'n vyfjarige tweeling. Hulle Themba en Busi het een kind. Hulle het 'n het onlangs getrek uit 'n droogtegeteisterde huishoudster en 'n kinderoppasser. Hulle is gebied. John kon nog nie werk kry nie, Suzie welaf en het 'n groot, gerieflike huis verdien R600 per week. Die gesin woon in 'n (eiendomstitel). Hulle laat tans 'n strandhuis plakkershut in 'n informele nedersetting en bou. moet dikwels vir kos bedel. 16.1 Skryf slegs die korrekte hoofletter (A–D) langs die vraagnommers 16.1.1 tot 16.1.8. 16.1.1 As 'n huurder sal Jane waarskynlik vir die volgende kostes verantwoordelik wees: A Elektrisiteit en water. B Herstelwerk na stormskade. C Onderhoud van die gebou. D Heffing. (1) 16.1.2 Watter gesin woon in "laedigtheid-behuising"? A Gesin 1. B Gesin 2. C Gesin 3. D Gesin 4. (1) 16.1.3 'n Groot voordeel van 'n stokvel is: A Dit voorkom dat mense lenings uitneem en in die skuld beland. B Dis 'n veiliger manier van spaar as om geld in 'n bankrekening te hou. C Die lede is daartoe verbind om elke maand geld te spaar. D Daar is geen risiko aan verbonde nie. (1) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 14 van 16 16.1.4 Gesin 4 moet kla by die … as hulle enige probleme ondervind met die bou van hul strandhuis. A SABS B NHBRR C EAAB D NCF (1) 16.1.5 Bouplanne moet goedgekeur word deur ... A die bouer. B die argitek. C die plaaslike munisipaliteit. D die ingenieur. (1) 16.1.6 Identifiseer die rol van die eiendomsagent as Nazreen en Devan na 'n geskikte huis soek: A Om namens die koper vir 'n huislening aansoek te doen. B Om die eiendom in die koper se naam te registreer. C Om die verkoper te help om strukturele foute te verbloem. D Om 'n skakel tussen die koper en die verkoper te wees. (1) 16.1.7 Watter gesinne kan voordeel trek uit die behuisingshulp wat die regering voorsien? A Gesin 2 en 4. B Gesin 1 en 3. C Gesin 2 en 3. D Gesin 1 en 4. (1) 16.1.8 Die hulp wat die regering kan bied, kan in die vorm van die volgende wees: A 'n Behuisingsubsidie van die nasionale Behuisingsubsidie- skema. B Kollateraal vir 'n persoonlike lening by die bank. C 'n Behuisingsubsidie van 'n werkgewer. D Terugbetaling van 'n verbandlening van die bank. (1) IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 15 van 16 16.2 Bestudeer die advertensie hieronder vir Villa Pierro Landgoed in die Kaapstad-gebied en beantwoord Vraag 16.2.1 tot 16.2.3. GERIEFLIK GELEË VILLA PIERRO LANDGOED BIED  In die noordelike  Woonstelle en meenthuise. voorstede.  Super-moderne sekuriteit.  25 minute vanaf Kaapstad  Leefstylsentrum met gemeenskaplike se middestad. swembad en gimnasium.  16 km vanaf Stellenbosch.  Winkelsentrum, vulstasie.  Slegs 3 km na N1-  Sportveld & beplande toekomstige crèche. hoofweg. 16.2.1 Oorweeg die behuisingsbehoeftes van Gesin 1 (Nazreen en Devan). Oordeel hoe 'n meenthuis in hierdie landgoed aan hul behoeftes kan voldoen ten opsigte van die volgende: (a) Ligging. (4) (b) Deeltitel-eienaarskap. (4) (c) Geriewe. (4) 16.2.2 Goeie infrastruktuur is die munisipaliteit se verantwoordelikheid. Maak 'n lys van vier basiese dienste wat die plaaslike regering aan inwoners van die noordelike voorstede behoort te verskaf. (4) 16.2.3 Noem drie inisiatiewe wat die Villa Pierro Landgoed se beheerliggaam in die gemeenskaplike areas kan implementeer om die verantwoordelike gebruik van water te demonstreer. (6) Tabuleer jou antwoord: Voorstelle: Redes/verduidelikings: [30] 60 punte IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VERBRUIKERSTUDIES Bladsy 16 van 16 AFDELING D GEÏNTEGREERDE UITGEBREIDE SKRYFRESPONS Bestee ongeveer 30 minute aan hierdie afdeling. VRAAG 17 Lees die bronne wat hieronder verskaf word en beantwoord die vraag wat volg. Onwettige klere-invoere bedreig Suid-Afrikaanse kleinhandel Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse klerebedryf is erg bekommerd oor die toename van onwettige Chinese invoere. Navorsing toon dat Suid-Afrikaanse klerehandelaars ongeveer 50% plaaslike en 50% ingevoerde produkte verkoop. Daar is egter ongeveer 6 000 Chinese winkels wat 99% Chinese produkte verkoop. Massiewe kleinhandelsentrums skiet op in Johannesburg, Durban en elders en akkommodeer 'n groot hoeveelheid klerehandelaars. Die meeste sulke winkels voldoen nie aan die wetlike vereistes soos registrasie by die Suid- Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie. [Aangepas van: <http://www.fin24.com>] 10 fantastiese Suid-Afrikaanse aanlyn-klerewinkels waaroor jy mal sal wees – wat mode betref, dink ons dat plaaslike ontwerpers en handelsmerke bobaas is! Ons het 'n lys saamgestel van 'n paar van ons trots Suid-Afrikaanse aanlyn-klerewinkels – van juweliersware en handsakke tot klere en skoene, het hierdie webwerwe alles wat jy nodig het vir jou modebehoeftes. Tsonga* het nie net 'n reeks praktiese leerskoene en handsakke vir mans en dames nie (hulle ligte skoene en plat skoene is ons gunstelinge), maar al die skoene word handgemaak deur plaaslike inwoners uit die gemeenskap. *Tsonga vervaardig leerskoene, handsakke en bykomstighede wat alles handgemaak word in Suid- Afrika. Hulle produkte word na die VSA, Australië en ander lande uitgevoer. [Aangepas van: <http://www.essentials.co.za>] Jy glo dit is belangrik om klere te koop wat in Suid-Afrika gemaak word, maar nie almal deel hierdie standpunt nie. Skryf 'n oortuigende verduideliking wat jou begrip van die volgende kwessies toon:  Die ekonomiese impak van goedkoop klere-invoere op Suid-Afrika. (7)  Die voordele daarvan om "trots Suid-Afrikaans"-klere te koop en om plaaslike mode-ontwerpers en -vervaardigers te ondersteun. (8)  Die voordele daarvan om klassieke modes soos praktiese leerskoene en handsakke vir jou werksklerekas te koop. (5) Jou verduideliking moet: – gedetailleerd en oortuigend wees. – na inligting in die bronne verwys. – jou eie kennis van die kwessies insluit. – 1½–2 bladsye lank wees. 20 punte Totaal: 200 punte IEB Copyright © 2017

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all