Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 
View all



Design P1 Feb March 2016 Afr_hlayiso.com_.pdf
Design · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 14
- File size
- 1.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.
3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
VRAAG 1 tot 3
AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
VRAAG 4
AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
konteks (40 punte)
VRAAG 5 en 6
4. Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.
5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite.
6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
spandeer.
7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE
BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1
FIGUUR A: Admirable Man (Bewonderenswaardige Man) uit
die 95 Nelson Mandela-plakkaatversameling deur Ana Paula Caldas
(Suid-Afrika), 2013.
Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels van ontwerp
ten opsigte van FIGUUR A hierbo:
• Fokuspunt
• Kleur
• Lyn
• Balans
• Patroon [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.2
FIGUUR B: Buigbare Platpakstoele deur Wintec se Stratflex-reeks
(Suid-Afrika), 2013.
1.2.1 Analiseer en bespreek die gebruik van die volgende ontwerpterme
ten opsigte van FIGUUR B hierbo:
• Minimalisme
• Getrouheid aan materiale
• Lineariteit (6)
1.2.2 Bespreek VIER voordele wat met platpakmeubels geassosieer kan
word. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
FIGUUR A: 15de Antirassismefees-plakkaat deur Unusual (VSA), 2005.
2.1 Bespreek die simboliek wat uit die plakkaat hierbo na vore kom. (8)
2.2 Verduidelik hoe die komposisie of uitleg tot die doeltreffende oordrag van die
boodskap bydra. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 3
BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Verwys na FIGUUR A en FIGUUR B hieronder en beantwoord die vraag wat
volg.
FIGUUR A: Shweshwe-materiaal FIGUUR B: Vlisco-materiaal deur
deur Da Gama Textiles (Suid-Afrika), Vlisco Fabrics (Demokratiese
2009. Republiek van die Kongo), 2007.
Vergelyk die twee tekstielontwerpe hierbo deur die volgende as riglyne te
gebruik:
• Moontlike invloede
• Funksie
• Lyn
• Ritme
• Kleur [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.2
FIGUUR C: Die Rooi Lokasie-museum van die Mense se Stryd
('Red Location Museum of the People's Struggle')
deur Noero Wolff Argitekte (Port Elizabeth, Suid-Afrika), 2005.
Hierdie museum en gemeenskapsentrum is in die Rooi Lokasie-'plakkershut'-
nedersetting, die oudste deel van New Brighton, Port Elizabeth gebou.
Hierdie gebou herdenk die eerste opstand teen apartheid in 1952 toe
spoorwegwerkers geweier het om hulle passe te wys om die
spoorwegeiendom binne te gaan. Hierdie museum sluit ook 'n kunsgalery, 'n
mark, 'n sentrum vir kreatiewe kunste, 'n biblioteek, geletterdheidsentrum en
'n konferensiesentrum in. Die interieur sluit ses groot 'herinneringshouers' in
wat uit rooi geoksideerde gegolfde sinkplate gebou is om by die kleur van die
oorspronklike plakkershutte van die area aan te sluit. Dit huisves voorwerpe
en uitstallings wat met apartheidgeskiedenis verband hou.
Skryf 'n opstel (ten minste 200–250 woorde of EEN volle bladsy) waarin jy die
kontemporêre Suid-Afrikaanse gebou in FIGUUR C hierbo met ENIGE
klassieke gebou wat jy bestudeer het, vergelyk.
Gebruik die volgende as 'n riglyn vir jou opstel:
• Konteks
• Doel/Funksie
• Materiale en bou-/konstruksietegnieke
• Argitektoniese kenmerke
• Vorm en ruimte [10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4
4.1 Die oorspronklike stigter van die Kuns-en-Kunsvlytbeweging, William Morris,
het een groot wens vir 'n goeie samelewing gehad – 'dat ons niks in ons
lewens sal hê wat ons nie as bruikbaar beskou nie en wat ons nie glo mooi is
nie.'
Met verwysing na die bostaande aanhaling, kies TWEE visuele beelde wat op
die volgende twee bladsye getoon word en skryf 'n aparte opstel oor die
beweging/styl wat deur ELKE beeld verteenwoordig word.
Gebruik die volgende riglyne vir jou opstelle:
• Gee TWEE redes hoekom die beeld wat jy gekies het, tipies is van die
beweging/styl waaraan dit behoort en noem of die aanhaling hierbo van
toepassing is op jou keuse.
• Bespreek TWEE ander kenmerke en/of invloede en EEN ander werk en
ontwerper van die beweging/styl wat op die aanhaling van toepassing is. (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
Renaissance Art Nouveau
Goties De Stijl
Bauhaus Art Deco
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
Barok
Dekonstruktivisme
Kuns en Kunsvlyt Skandinawies
Victoriaans
Romeins
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
4.2
FIGUUR A: Reënboogstoel FIGUUR B: Koningstoel deur Shao Fan
deur Patrick Norguet (China), 1996. (Postmodernisme)
(oorsprong en datum
onbekend). (Popkuns)
Skryf 'n opstel (ten minste 200–250 woorde of EEN volle bladsy) waarin jy
FIGUUR A met FIGUUR B vergelyk. Jou vergelyking moet na die
doelstellings, kenmerke en invloede van elke beweging, soos gesien in
FIGUUR A en FIGUUR B, verwys. (10)
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN
VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5
BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1
FIGUUR A: Plakkaat wat bewustheid van kinders wat wêreldwyd
honger ly, bevorder deur Karen Morvan (VSA), datum onbekend.
5.1.1 Wat is die sosiale boodskap van die plakkaatontwerp hierbo? (2)
5.1.2 Verduidelik hoe die gebruik van beelde, teks, komposisie en kleur
hierdie boodskap ondersteun. (4)
5.1.3 Skryf 'n opstel (ten minste 200–250 woorde of EEN volle bladsy)
waarin jy die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse
ontwerper/ontwerpgroep en EEN internasionale ontwerper/
ontwerpgroep wat sosiokulturele kwessies op een of ander wyse
hanteer, bespreek.
Verwys na die volgende in jou bespreking:
• Noem die ontwerper of ontwerpgroep.
• Bespreek die doelstellings, materiale, tegnieke en metodes van
hierdie ontwerper/ontwerpgroep om te verduidelik hoe
sy/haar/hulle werk sosiale kwessies hanteer. Verwys na ten
minste EEN werk deur die ontwerper/ontwerpgroep om jou
stellings te motiveer.
Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy
voorheen bespreek het of ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat in
hierdie vraestel verskyn, verwys nie. (14)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
5.2
FIGUUR B: Zoeloemandjie deur RootzCreationz
(Suid-Afrika), 2013.
5.2.1 Skryf 'n paragraaf waarin jy die belangrikheid om tradisionele
kunsvlyt te beoefen, bespreek. Verwys na die produk in FIGUUR B
as inspirasie. (4)
5.2.2 Skryf 'n artikel vir 'n reistydskrif waarin jy EEN van Suid-Afrika se
tradisionele kunsvlyte bevorder. Bespreek die oorsprong, tipiese
materiale, tegnieke en gebruik van patroon en motiewe. Verwys na
ten minste EEN produk om jou stellings te illustreer. (6)
5.2.3 Bespreek die werk van EEN sosiaal verantwoordelike,
kontemporêre Suid-Afrikaanse of Afrika-ontwerper of
-ontwerpgroep wat tradisionele metodes en/of materiale in
sy/haar/hulle ontwerpe inkorporeer.
Gebruik die volgende as riglyne vir jou opstel:
• Doelwitte
• 'n Kort analise van ten minste EEN werk om te verduidelik hoe
dit tradisionele materiale en/of tegnieke weerspieël
• Die sosiale kwessies wat deur die werk van hierdie ontwerper of
ontwerpgroep aangepak word
Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy
voorheen bespreek het of ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat in
hierdie vraestel verskyn, verwys nie. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 6
6.1 Watter EEN van die ontwerpe in FIGUUR A en FIGUUR B hieronder is 'n
voorbeeld van suksesvolle omgewings-/volhoubare ontwerp? Beskryf in jou
antwoord die materiale wat vir vervaardiging gebruik is en hoe dit 'n invloed op
omgewingskwessies het.
FIGUUR A: Co. se Carpenter- FIGUUR B: Swatch Chrono Plastic-
reeks horlosies, gemaak van horlosies.
herwonne hout. (6)
6.2 Bespreek EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpmaatskappy
en EEN Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpmaatskappy wie se werk jou
gemotiveer het om 'n volhoubare ontwerper te word.
Verwys in jou bespreking na die volgende:
• Noem die ontwerper/ontwerpmaatskappy.
• Noem en beskryf EEN voorbeeld van die werk van die ontwerper/
ontwerpmaatskappy.
• Bespreek hoe die ontwerper/ontwerpmaatskappy se gebruik van
materiaal jou gemotiveer het om 'n volhoubare ontwerper te word.
Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpmaatskappy(e) wat jy voorheen
bespreek het of ontwerper(s)/ontwerpmaatskappy(e) wat in hierdie vraestel
verskyn, verwys NIE. (14)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Design P1 Feb March 2016 Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Design P1 Feb March 2016 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Design P1 Feb March 2016 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
DSGN P1 S16 QP Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
DSGN P1 S16 QP Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Design P1 Nov 2016 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Design
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023-24.pdf
Memorandum
Design P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Question paper
Design P1 Nov 2024 MG Eng.pdf
Question paper
Design P1 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper


