NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
graa
ONTWERP V1
(TEORIE)
NOVEMBER 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum View all
Design P1 Nov 2025 MG Afr (1)
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 23
- File size
- 762.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 23
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1 (Ken 10 punte in totaal toe)
1.1.1 (Ken 8 punte toe, 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek)
Die tekstielontwerp-advertensie in FIGUUR A gebruik warm kleure, oranje-geel,
treffende pers-pienk en bruin om 'n sterk visuele impak te skep. Die lewendige,
analoë kleurskema van die patrone in die agtergrond en op die model se rok skep 'n
harmonieuse maar lewendige ritme.
Die gedrukte advertensie het 'n gladde, blink of mat tasbare tekstuur. Op die
dekoratiewe cerise-pienk bril vorm die spiraal egter 'n blink en geïmpliseerde tasbare
tekstuur. Die geïmpliseerde gladde, syerige tekstuur van die model se vel,
kontrasteer met die swart gevlegte haar(tress queue)-verlengstuk wat beide glad,
syerig en tasbaar is. Die gedrukte tekstielontwerp met herhaalde lyne in die
agtergrond en voorgrond (die model se rok) skep 'n illusie van tasbare tekstuur.
Eenheid is duidelik in die tekstielontwerp deur die gebruik van herhaalde gekurfde
lyne, organiese en geometriese fatsoene en vorme. Helder-cerise-pienk en oranje
kleure word herhaal om die voorgrond en agtergrond van die
tekstieladvertensieontwerp saam te bind. Waaieragtige fatsoene in die agtergrond
word op die model se rok herhaal en skep 'n geïntegreerde tekstielontwerp-
advertensie.
Beweging word geskep deur die waaieragtige diagonale fatsoene wat in die
ontwerp herhaal word. Hierdie fatsoene word in 'n diagonale rooster geplaas wat
die diagonale beweging in tekstielontwerp beklemtoon. Die dekoratiewe 'bril' skep
'n spiraalgerigte beweging. Herhaalde lyne gebruik in die vloeiende patroon skep
beweging.
1 1.2 (Ken 2 punte toe)
Die fokuspunt van die komposisie is die vrou se gesig in die middel - die deel wat
eerste die kyker se aandag vang. Die sentrale plasing van die model wat 'n gladde,
warm, sterk, bruin veltoon, kontrasteer met die patroonagtergrond wat 'n sterk
fokuspunt vorm. Die spiraalpatroon van die cerise-pienk bril en die cerise-pienk
lipstiffie wat die model dra, beklemtoon die model se gesig as die fokuspunt. Die
model se gesig word verder geaksentueer as die fokuspunt deur subtiele aksente
op haar voorkop, wange en neus wat haar gesig 'n driedimensionele kwaliteit gee
en ’n sterk kontras met die plat, tweedimensionele agtergrond met patrone skep.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V1.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSTOE- VRAE PUNTE
KENNINGS (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.1.1+1.1.2 2+1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1.1+1.1.2 3+1
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 1.1.1 3
Evalueer, Besin/Nadink 30%
Sintetiseer, Regverdig
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.2 (Ken 10 punte in totaal toe)
1.2.1 (Ken 8 punte, 'n maksimum van 2 punte per kolpunt toe)
Die oë, neus en mond word belyn deur ’n dun swart cloisonnistiese lyn, wat
hierdie vorms beklemtoon. Sterk, hoekige lyne is gebruik om 'n gestileerde
agtergrond op die handsak te skep. Dik, geboë kontoerlyne definieer die
gelaatstrekke – hierdie ekspressiewe kontoerlyne laat die gesig lewendig
word.
Die oppervlak is verdeel in klein, geometriese kompartemente van driehoeke,
sirkels, boë en onreëlmatige veelhoeke. Herhaalde konsentriese
sirkelagtige fatsoene skep 'n lewendige ritme op die oppervlak. Klein,
naïewe reghoekige fatsoene is oor die voorkant van die handsak gestrooi wat
verskeidenheid by die oppervlakpatroon van die ontwerp voeg.
Verskeidenheid is duidelik in die verskillende tinte en skakerings van koue
blou, warm beige en rooi kleure. Die tweedimensionele fatsoene en die
uitgekerfde driedimensionele fatsoene skep 'n verskeidenheid oppervlak-
patrone en -teksture.
Die driedimensionele vorm van die handsak is simmetries gebalanseerd
aangesien die vorm van die ontwerp vertikaal verdeel kan word. Die
variasies in die grootte en plasing van fatsoene skep 'n asimmetriese
balans.
1.2.2 (Ken 2 punte toe)
Die handsak is sterk beïnvloed deur die gestileerde en geometriese styl van
uitgekerfde Afrika-maskers of Kubisme, soos gesien in die oë, neus en lippe.
Nog 'n moontlike invloed kan Postmodernisme met die klem op kleurvolle,
speelse en komplekse ontwerpstyl wees, en die onduidelikheid van die
onderskeid tussen die skone kunste en kunshandwerk. Die invloed van Pop-
ontwerp is duidelik in die kitsch en sterk kleur van die eklekties ontwerpte
handsak.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V1.2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.2.1 3
Verstaan, Verduidelik, Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 1.2.2 2+2
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 1.2.1 3
Interpreteer 30%
Evalueer, Besin/Nadink
Sintetiseer, Regverdig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]
2.1 (Ken 4 punte toe)
2.1.1 (Ken 2 punte toe)
Liggaamsbespotting is onrespekvol teenoor vroue van alle kleure en groottes. Die
plakkaat FIGUUR C toon vroue wat lank, kort, slank en vol kurwes is en wat sonder
skaamte poseer, wat die boodskap oordra dat alle vroulike liggaamstipes ewe mooi
is. Die advertensie toon ook 'n verskeidenheid vroue van verskillende rassegroepe
om die boodskap oor te dra dat alle vrouerasse ewe mooi is.
2.1.2 (Ken 2 punte toe)
Die plakkaat toon geslagsvooroordeel of -stereotipering omdat slegs vroue in die
plakkaat uitgebeeld word. Mans lei ook aan liggaamsonsekerhede en word ook
onderwerp aan die stigma van liggaamsbespotting. Wanneer die velkleur van die
vroue as dieselfde voorgestel word, kan dit as ’n stereotipe beskou word, aangesien
dit slegs een rassegroep raak. Al die vroue het swart hare, wat ander tipes hare,
soos blond, bruin, ens. uitsluit.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
2.2 Ken 6 punte toe (2 punte per kolpunt/aspek)
Die slanke vorm van FIGUUR D is organies en is moontlik geïnspireer deur bene
en/of takkies wat in die natuur gevind word. Die gegote organiese vorm van die
aluminiumraamwerk skep die illusie dat dit handgemaak en broos/breekbaar is.
Die rande van die vierkantige geometriese vorm van die houtsitplek word deur die
geronde hoeke versag. In kontras hiermee het FIGUUR E 'n geometriese bonkige
vorm wat bestaan uit vertikale en horisontale oorvleuelende vlakke. Die vorm van
die pilaaragtige pote is op 'n draaibank gedraai en kom dik en stewig voor in
vergelyking met die gestrekte Nguni-beesvel-rugleuning, leersitplek en
armleunings.
Die estetiek van FIGUUR D is modern-industrieel en spreek tot die gebruik van
kontemporêre materiale. Die dekonstruktivistiese trefkrag kom voor in die
gebroke/onvolledige dele van die rugleuning. In vergelyking daarmee skep
FIGUUR E se geskulptureerde estetiek 'n tradisionele gevoel vir 'n stoel wat lyk asof
dit vir koninklikes gereserveer is. Die kombinasie van materiaal gesien in die
gebruik van Nguni-vel en die houtpote wat op 'n draaibank gedraai is, skep 'n
eklektiese estetiek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR D blyk organies geïnspireerd te wees deur die gebruik van takagtige of
beenagtige verteenwoordiging van die gegote aluminiumrugleuning en -pote.
FIGUUR D se minimalistiese benadering is geïnspireer deur eksklusiewe
('high-end') kontemporêre ontwerp terwyl FIGUUR E se gebruik van tradisionele
materiale in 'n kontemporêre rigting gerealiseer is wat 'n unieke en treffende stoel,
wat vir koninklikes gereserveer is, skep. Die Nguni-beesvel is deur Afrika-
vakmanskap en kulturele identiteit geïnspireer.
Die stoel in FIGUUR D lyk onvoltooid want die onvolledige rugleuning is ongemaklik,
dit is nie ergonomies ontwerp nie want dit ondersteun nie die gebruiker se rug nie.
Die pote van die stoel lyk breekbaar, delikaat en asof dit maklik kan breek. In
teenstelling hiermee is die sitplek van hout gemaak en is glad met geronde rande
wat die stoel gemaklik maak om op te sit. In vergelyking hiermee is die stoel in
FIGUUR E van hout en leer gemaak wat beide warm en gemaklik is. Die stoel wat
in goeie verhouding is, ondersteun die liggaam en het 'n stewige rugleuning en
armleunings.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte mag vir antwoorde in tabelvorm
toegeken word. 'n Maksimum van 4 punte kan toegeken word waar kandidate
twee aparte vergelykings aanbied wat substansiële en relevante stellings
toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn in jou nasienwerk.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 2.1.1 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 2.1.2 1
2.2 1
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 2.1.1 1
Organiseer 2.1.2 1
2.2 2
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 2.2 3
Interpreteer 30%
Evalueer, Besin/Nadink
Sintetiseer, Regverdig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3 [10 punte]
LET WEL: Slegs TWEE voorbeelde (3.1 en 3.2) sal vir hierdie nasienriglyne bespreek
word.
3.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe)
Die Toring van die Winde en die kontemporêre Sweedse Uitkyktoring Kärven deel
ooreenkomste en verskille ten opsigte van funksie. Die Toring van die Winde is in
ongeveer 50 VHJ deur die Griekse sterrekundige, Andronikos van Cyrrhus, gebou
en dit het as beide 'n kloktoring en 'n meteorologiese stasie gedien. Die oktogonale
ontwerp, met elke kant wat aan 'n hoofwindrigting front, het sterrekundiges gehelp
met oriëntasie en is aan spesifieke winde gekoppel wat die astronomiese funksie
daarvan beklemtoon het. In teenstelling daarmee is die Uitkyktoring Kärven, wat
in Augustus 2024 ingewy is, 'n moderne struktuur ontwerp deur White Arkitekter. Dit
is 12 meter hoog met 'n diameter van sewe meter en dit het 'n unieke hiperboloïede
(eenbladige) uurglasfatsoen wat gedraaide strooi verteenwoordig. Hierdie vorm,
gekombineer met die hoogte en opelugplatform, beklemtoon die primêre funksie
daarvan as 'n uitkykstasie in 'n natuurlike omgewing.
Die materiale wat in die Toring van die Winde en die Sweedse Uitkyktoring Kärven
gebruik is, is duidelik verskillend aangesien elke argitektuurstyl in 'n ander historiese
tydperk gewortel is. Die Toring van die Winde is 14 meter hoog met 'n diameter van
8 meter. Dit is vervaardig uit Pentaliese marmer, bekend vir die fyn grein en helder
wit kleur. Die marmer wat bo-op kalksteenfondasies gelê is, vorm die mure en vloer
van die oktogonale struktuur wat duursaamheid en elegansie beklemtoon. Die
dakontwerp word gekenmerk deur tapse blaaie wat by 'n sirkelvormige sluitsteen
bymekaarkom, wat toelaat vir gelyke gewigsverspreiding – 'n metode wat die
presisie van antieke Griekse konstruksietegnieke beklemtoon. In teenstelling
hiermee gebruik die Kärven-uitkyktoring meesal materiale soos metaal en hout wat
'n moderne estetiek gefokus op funksionaliteit in sy natuurlike omgewing weerspieël.
Metaalringe en reguit houtbalke vorm die hiperboloïede struktuur, wat tot die unieke
uurglasfatsoen bydra. Toegang word verkry deur 'n hoekige metaalopening op
grondvlak, wat lei tot 'n gegalvaniseerde metaal-spiraaltrap, wat lei tot 'n
houtuitkykplatform. Hier word die balustrade geskep deur die struktuur se
opgaande houtbalke wat veiligheid verseker terwyl dit die toring se organiese
ontwerp komplementeer. Alhoewel beide strukture toewyding tot materiaalgehalte
en doelgerigte ontwerp vertoon, beklemtoon die Toring van die Winde Klassieke
simmetrie en blywende materiale, terwyl Kärven se ontwerp 'n harmonieuse
konneksie met die omgewing prioritiseer deur moderne materiale en 'n meer ope
strukturele benadering.
Die dekoratiewe benadering na die boonste gedeelte van die buitekant van die
torings verskil betekenisvol tussen die twee strukture. By die Toring van die Winde,
vertoon 'n omslagtig dekoratiewe fries agt verpersoonlikte windgode wat die invloed
van Griekse mitologie aandui, elkeen verteenwoordig 'n hoof- of tussen-
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
hoofwindrigting – Boreas (N), Kaikias (NO), Apeliotes (O), Eurus (SO), Notus (S),
Livas (SW), Zephyrus (W), en Skiron (NW). Bokant hierdie fries is daar 'n kroonlys
versier met ingewikkeld uitgekerfde leeukoppe wat ook as waterspuite dien wat
moeiteloos dekoratiewe en praktiese elemente kombineer. Die binneste plafon is
oorspronklik geverf, maar slegs klein spatsels blou verf het oorgebly, dit is miskien
beïnvloed deur die behoefte om die lug te vertoon, wat die verbinding met
astronomiese waarneming uitlig. In teenstelling doen die Uitkyktoring Kärven
afstand van die byvoeg van dekoratiewe elemente ten gunste van die beklemtoning
van die argitektoniese fatsoen self. Die ingewikkelde rangskikking van houtbalke is
beïnvloed deur die landskap; die balke vorm nie net die buitenste struktuur nie maar
skep ook dinamiese patrone deur die interaksie van lig en skaduwee. Die gapings
tussen hierdie balke gooi verskuiwende patrone binne en oor die platform wat 'n
minimalistiese dog visueel aangrypende dekoratiewe effek bied wat op natuurlike lig
en strukturele ontwerp eerder as toegepaste ornamentasie staatmaak. Wesentlik
vier die eerste struktuur swierige artistiese versierings en simboliese
verteenwoordiging terwyl die tweede een funksionele eenvoud en die invloed van
die skoonheid van strukturele geometrie aangryp.
Die gevorderde Klassieke tegnologie of gnomoniek, bestudering van sonwysers,
word getoon deur die agt kante van die Toring van die Winde; ingesnyde lyne toon
die teenwoordigheid van sonwysers. Gate vir die gnomone (stawe wat skadu's skep)
is steeds sigbaar wat die waarneming van tyd deur sonlig toelaat. Aan die
binnekant van die toring is daar kanale en gate in die vloer wat die teenwoordigheid
van 'n wateraangedrewe meganiese tydaanwyser (horlosie) bevestig wat in 'n
reservoir, verbind aan die toring, gestoor is. Terwyl die sonwysers op natuurlike lig
vertrou het, het die tydaanwysermeganisme 'n meer gevorderde tegnologiese
benadering tot tydhou, onafhanklik van die weer, verteenwoordig. 'n 18de-eeuse
gravering deur Stuart en Revett toon 'n windwyser bo-op die toringdak, wat die rigting
van die heersende winde sou aangedui het en wat verder tot die toring se funksie
sou bygedra het. In teenstelling met die Klassieke tegnologieë, het moderne
tegnologie verder tot die konstruksie van torings bygedra, soos gesien in die gebruik
van modellering- en berekening-sagteware om die Uitkyktoring Kärven te ontwerp.
Die metaalringe wat die ondersteunende struktuur vorm, is rondom die trap
gerangskik, met diameters wat van grondvlak tot halfpad met die toring op,
verminder voordat dit geleidelik na die bokant vermeerder. Hierdie presiese
berekening verseker die stabiliteit van die struktuur. Die geweefde raamwerk van
reguit houtbalke wat bo-oor die metaalringe gelê is, skep die illusie van 'n gekurfde
hiperboloïede fatsoen wat soos 'n uurglas lyk. Hierdie moderne benadering
kontrasteer met die historiese konstruksiemetodes, tog maak beide staat op
versigtige ontwerp en materiale om die voorgenome resultate te verkry, wat wys hoe
kontemporêre gereedskap antieke argitektoniese tegnieke komplementeer.
Die Toring van die Winde is geleë aan die voet van die Atheense Akropolis in
Griekeland en het belangrike historiese en kulturele belang, aangesien dit tussen
twee sleutelareas geleë is: die Akropolis, die hart van godsdienstige en kulturele
lewe, en die Romeinse Agora, die openbare plein waar Atheners en besoekers
handels- en sosiale aktiwiteite bedryf het. Die posisie beklemtoon die
belangrikheid van tyd in die sosiale lewe van antieke Athene en ook hoe die meet
van tyd met die daaglikse lewe en openbare byeenkomste gekruis het. In
teenstelling is die Uitkyktoring Kärven geleë in die Getterön-natuurreservaat en dien
as 'n fokuspunt vir natuurentoesiaste wat deur die gebied se natuurlike skoonheid
aangetrek word. Alhoewel die Athene-toring strategies geplaas is om
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
die belangrikheid van tyd in 'n besige stadsomgewing te weerspieël, beklemtoon die
Kärven Toring se ligging sy rol in die versterking van die waardering van die
natuurlike wêreld en lok mense om te rustig te wees en oor hulle omgewing te
besin. Beide torings, al is hulle verskillend met betrekking tot doel en ligging,
beklemtoon die rol van argitektuur in die vorming van hoe mense met hulle
omgewings in wisselwerking tree, of dit die besige stad van Athene is of die rustige
uitgestrektheid van Getterön is.
OF
3.2 VERGELYKING TUSSEN 'N KLASSIEKE GEBOU EN 'N KONTEMPORÊRE
GEBOU
Geboue gekies: die Toring van die Winde, Athene, Griekeland, en die
kontemporêre Makkah Koninklike Kloktoring
Die Horologion van Kyrristos, algemeen bekend as die Toring van die Winde, is in
ongeveer 50 VHJ deur die Griekse sterrekundige Andronikos van Cyrrhus gebou.
Dit het gefunksioneer as 'n kloktoring en meteorologiese stasie (gegee). Die
oktogonale ontwerp was in lyn met die funksie daarvan, met elke sy/kant wat aan 'n
hoofwindrigting gefront het wat gehelp het met astronomiese waarnemings en
korrelering van spesifieke winde, wat die tweeledige doel as 'n tydaanwyser en
astronomiese instrument bevestig het. In teenstelling daarmee is die Makkah
Koninklike Kloktoring, ontwerp deur SL Rasch GmbH en Dar Al-Handasah, tussen
2002 en 2011 in Mekka gebou. Anders as die antieke Toring van die Winde,
funksioneer hierdie moderne struktuur primêr as deel van 'n hotelkompleks wat
duisende pelgrims bedien. Die massiewe horlosie (uurwerk) vertoon nie net die
tyd nie maar flits vyf keer 'n dag om gebedstye te sein, wat tegnologiese kenmerke
met Islamitiese godsdienstige en gemeenskapsdoel integreer. Beide strukture
weerspieël die innoverende gebruik van tydhou vir hulle onderskeie tydperke – die
een meng astronomie en meteorologie in die antieke tyd, en die ander inkorporeer
moderne tegnologie om geestelike behoeftes te dien.
Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring toon treffende
verskille ten opsigte van die materiale en konstruksietegnieke wat gebruik is en dus
word hulle onderskeie historiese tydperke weerspieël. Die Toring van die Winde, 14
meter hoog met 'n 8 meter-diameter, is primêr uit Pentaliese marmer gebou, 'n
materiaal bekend vir die fyn grein en wit kleur. Die marmer vorm beide die mure
en dak, met tapse blaaie wat by 'n sirkelvormige sluitsteen bymekaarkom om gewig
eweredig te versprei. Die toring staan op kalksteenfondasies, wat sterkte/krag met
'n elegante, tydlose estetiek kombineer. Daarteenoor gebruik die Makkah
Koninklike Kloktoring moderne materiale soos beton en staal vir die struktuur wat
duursaamheid en skaal beklemtoon. Die gebou se boonste 200 meter is met
veselversterkte plastiek (FRP) saamgestelde panele bedek, ontwerp vir liggewig
sterkte en visuele impak. Dit het miljoene LED-ligte vir verligting snags, en 'n 23
meter hoë simboliese halfmaan, gemaak van goue mosaïek wat met veselglas
ondersteun is, bo-op die toring. Die materiale gebruik vir die Toring van die Winde
bewys Klassieke vakmanskap en natuurlike bronne, terwyl die Makkah Koninklike
Kloktoring moderne ingenieurswese, sintetiese materiale en tegnologie vertoon om
'n monumentale en funksionele baken te skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring bevat ingewikkelde
detail wat die kulturele, godsdienstige en funksionele invloede van hulle onderskeie
tydperke toon. Die Toring van die Winde is versier met 'n fries wat agt
verpersoonlikte windgode toon wat elk 'n hoof- of tussen-hoofwindrigting – Boreas
(N), Kaikias (NO), Apeliotes (O), Eurus (SO), Notus (S), Livas (SW), Zephyrus (W),
en Skiron (NW) verteenwoordig. Bokant hierdie fries is daar 'n kroonlys versier met
ingewikkeld uitgekerfde leeukoppe wat ook as waterspuite dien wat dekoratiewe,
estetiese trefkrag en praktiese nuttigheid meng. Die binneste plafon is
oorspronklik geverf, maar slegs klein spatsels blou verf het oorgebly, dit is miskien
beïnvloed deur die behoefte om die lug te vertoon, wat die verbinding met
astronomiese waarneming beklemtoon. In teenstelling daarmee word die Makkah
Koninklike Kloktoring gekenmerk deur wyserplate met ingewikkelde
mosaïekontwerpe en Arabiese skrif wat boodskappe oor die Islamitiese geloof,
Allah, en Mohammed oordra. Hierdie wyserplate, verlig met LED-ligte, is dag en nag
oor ver afstande sigbaar om die invloed van digitale tegnologie op die kontemporêre
kloktoring te toon. Bokant die wyserplaat is daar 'n massiewe halfmaan wat die
invloed van Islam op die ontwerp wys, terwyl die agt-verdieping hoë toringspits
versier is met 'n goudgetinte glasfasade wat 'n moderne en luukse gevoel gee.
Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring illustreer gevorderde
tydhou-tegnologieë van hulle onderskeie eras alhoewel hulle ontwerpe en doelwitte
betekenisvol verskil. Die Toring van die Winde vertoon 'n bemeestering van
gnomoniese tegnologie, duidelik in die uitgekerfde sonwyserlyne op al agt kante en
die oorblywende gate vir gnomone (stawe wat skadu's gooi). Kanale en gate in die
vloer bevestig die bestaan van 'n wateraangedrewe meganiese tydaanwyser aan die
binnekant wat gewerk het wanneer sonlig onbeskikbaar was. 'n Silindriese torinkie
aan die suidekant het as 'n watertenk gedien en 'n klepmeganisme is gebruik om die
watervloei na die tydaanwyser te beheer. Daarby het 'n 18de-eeuse gravering deur
Stuart en Revett 'n windwyser bo-op die dak windrigting aangedui. Sirkelvormige
relings het eens die tydaanwyser se sentrale meganisme omring, soos deur duike in
die vloer voorgestel. In vergelyking daarmee gebruik die Makkah Koninklike
Kloktoring die jongste tegnologie ten opsigte van die horlosiemeganisme geïntegreer
in die wêreld se hoogste kloktoring. Die klok se 43-meter-deursnee-wysiger is verlig
met sonkrag-LED-tegnologie, wat sigbaarheid tot 25 km ver verseker. Dit dien die
tydsensitiewe aard van Islamitiese gebed deur vyf keer per dag te flits om gebedstye
aan te dui. Die toring sluit ook 'n hoëtegnologie-waarnemingsplatform in met
teleskope en interaktiewe uitstallings vir astronomiese doeleindes en is toegerus met
groen tegnologieë, soos energie-doeltreffende beligting en klimaatsbeheer.
Verder saai gevorderde kommunikasiestelsels die oproep tot gebed en ander
godsdienstige aankondigings uit wat die geestelike funksie daarvan beklemtoon.
Terwyl die Toring van die Winde antieke vindingrykheid te opsigte van tydhou en
meteorologiese waarneming toon, kombineer die Makkah Koninklike Kloktoring
voorpunttegnologie en volhoubaarheid met godsdienstige belangrikheid wat aandag
gee aan die behoeftes van 'n moderne, globale gehoor.
Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring het beide 'n
betekenisvolle ligging, wat hulle belangrikheid binne hulle onderskeie kulturele en
godsdienstige kontekste beklemtoon, maar hulle dien verskillende gehore en
doelwitte. Die Toring van die Winde is aan die voet van die Atheense Akropolis in
Griekeland geleë, 'n middelpunt van godsdienstige en kulturele lewe in antieke
Athene. Die nabyheid daarvan aan die Romeinse Agora, 'n sentrale publieke plein
vir handel- en sosiale interaksie, benadruk die belangrikheid van tyd om die
daaglikse lewe in die oudheid te koördineer. Die ligging beklemtoon toeganklikheid
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
en die rol wat dit gespeel het om 'n breë en diverse gemeenskap te dien, vir beide
Atheners en besoekers. In teenstelling daarmee is die Makkah Koninklike
Kloktoring binne loopafstand (300 meter) van die Groot Moskee van Mekka geleë,
die heiligste terrein in Islam en die sentrale bestemming vir miljoene Moslem-
pelgrims. Anders as die Toring van die Winde, is toegang beperk tot Moslems
aangesien nie-Moslems verbied word om die stad Mekka binne te gaan. Hierdie
eksklusiwiteit versterk die toring se godsdienstige belangrikheid en die rol daarvan
as 'n simbool van Islamitiese geloof, wat 'n spesifieke geestelike doel eerder as 'n
gemeenskaplike doel dien. Terwyl die Toring van die Winde geposisioneer is om
gemaklik met die sosiale en kulturele lewe van antieke Athene te integreer, is die
Makkah Koninklike Kloktoring doelbewus geplaas om die heilige ervaring van
Islamitiese pelgrims te ondersteun en te versterk in 'n hoogs eksklusiewe en
godsdienstig belangrike ligging.
OF
3.3 Daar word van die kandidaat vereis om 'n opstel te skryf deur enige Klassieke
gebou/struktuur met 'n Inheemse Kennisstelsels(IKS)-gebou/struktuur te vergelyk
wat hulle bestudeer het deur na die kolpunte gegee, te verwys. Ken 2 punte per
kolpunt toe.
Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings of 'n vergelyking
van 'n Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige
kontemporêre gebou of 'n vergelyking van 'n Klassieke of Klassiek
geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)-
geboustruktuur wat die kandidaat bestudeer het.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir antwoorde in tabelvorm
toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate
twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon.
Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.
V3 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNINGS (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 3 2
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 3 4
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 1
Interpreteer 30% 3
Evalueer, Besin/Nadink 2
Sintetiseer, Regverdig
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1 Ken 20 punte in totaal toe. (10 punte vir elke beweging)
Vir elke beweging ken soos volg punte toe:
5 punte in totaal vir doelwitte, invloede en kenmerke
2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld
1 punt vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp
2 punte vir verwysing na die stelling in die konteks van die ontwerpbeweging
LET WEL: SLEGS EEN punt kan vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp van
elke beweging toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as riglyne.
Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
• BAUHAUS
• ART NOUVEAU
Bauhaus
Stelling: Die Wassily-stoel deur Marcel Breuer 'verander die wêreld'. Dit het van
tradisionele bonkige meubels afgewyk en eerder op die suiwerheid van fatsoen/vorm,
industriële materiale en die idee van meubels wat massavervaardig kan word,
gefokus. Die Wassily-stoel bly vandag 'n ikoniese modernistiese meubelstuk wat vir
sy tydlose ontwerp en invloed op toekomstige generasies van minimalistiese en
industriële ontwerp gevier word.
Die Bauhaus-skool is in 1919 deur Walter Gropius in Weimar, Duitsland, gestig met
die doel om kuns, ontwerp en vakmanskap te verenig om funksionele, pragtige
voorwerpe te skep. Gropius het 'n visie gehad van 'n 'totale kunswerk' ('total work
of art') wat argitektuur, skilder en beeldhouwerk geïntegreer het en het die skool se
kurrikulum rondom praktiese werkswinkels op terreine soos metaalwerk,
skrynwerk/meubelmakery, weefwerk en tipografie gestruktureer. Aanvanklik is daar
op vakmanskap klem gelê, maar in 1923 het Bauhaus verskuif na industriële
produksie met die slagspreuk 'Van Kuns na Industrie' ('Art into Industry') wat 'n
praktiese fokus op massaproduksie weerspieël het. Die doelwit van die Bauhaus-
skool was om die wyse waarop die wêreld kuns, kunsvlyt en tegnologie waargeneem
het radikaal te verander. Deur innoverende onderrigmetodes wat oorleg en
funksionaliteit beklemtoon het, het hulle 'n holistiese benadering tot ontwerp
geïmplementeer. Die beweging se etos was om kuns in die alledaagse lewe te
integreer deur praktiese, esteties aantreklike voorwerpe en geboue te ontwerp.
Bauhaus is beïnvloed deur die Kuns-en-Kunsvlytbeweging wat die belangrikheid van
tradisionele vakmanskap, eenvoudige vorms en die waarde van funksionele
skoonheid van alledaagse voorwerpe beklemtoon het. Alhoewel die Bauhaus
industriële produksietegnieke geïntegreer het, het dit die Kuns-en-Kunsvlyt-
beklemtoning van hoë kwaliteit vakmanskap, funksionaliteit en 'n estetiek wat selfs
utiliteitsvoorwerpe mooi gemaak het, behou. Bauhaus, het daarom 'n brug tussen
tradisionele vakmanskap en opkomende industriële tegnieke verteenwoordig. Die
Ekspressionistiese beweging, bekend vir hulle emosionele en subjektiewe benadering
tot kuns en die De Stijl-beweging het ook die Bauhaus beïnvloed. Onderwysers, soos
Johannes Itten en Paul Klee, het kleurteorie, persoonlike uitdrukking en die ondersoek
van abstrakte vorms versterk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
'n Kenmerk van die Bauhaus was die ekspressiewe benadering wat Bauhaus-
ontwerpe 'n gevoel van individualiteit gegee het, selfs binne die raamwerk van
funksionaliteit en eenvoud. Die Bauhaus het ook 'n kenmerkende estetiek en 'n
funksionele benadering tot ontwerp ontwikkel wat eenvoud en die gebruik van
moderne materiale beklemtoon het. Kunstenaars en ontwerpers is aangemoedig
om hulle unieke perspektiewe te ondersoek deur die tegnologiese vooruitgang en
samelewingsveranderinge van die vroeë 20ste eeu te ondersteun.
'n Voorbeeld van Bauhaus-ontwerp is die Wassily-stoel, in 1925 deur
Marcel Breuer ontwerp.
Die Wassily-stoel-ontwerp sluit Bauhaus-kernbeginsels in, soos die 'vorm volg
funksie'-filosofie, die gebruik van moderne materiale en 'n stroombelynde,
geometriese estetiek. Breuer, geïnspireer deur die sterk, liggewig eienskappe van
buisstaal wat in fietsrame gebruik is, het 'n stoel ontwerp wat revolusionêr vir daardie
tyd was. Die stoel word gekenmerk deur 'n skeletagtige raam gemaak van gebuigde,
gepoleerde chroomstaal met leer of kleedstof daaroor gestrek om die sitplek,
rugleuning en armleunings te vorm.
Art Nouveau
Stelling: Art Nouveau het in die laat 19de en 20ste eeue ontstaan. Beïnvloed deur 'n
ryk Europa, was dit 'n nuwe beweging wat gereageer het op die streng verwysing na
vorige ontwerpstyle en oordadige ornamentasie van die Victoriaanse era. Die
kunstenaars en ontwerpers wou 'hulle wêreld verander' deur 'n verenigde estetiek te
skep wat vakmanskap, innovering en die skoonheid van natuurlike fatsoene te vier.
Art Nouveau het die balans van die gematigde fasade van die Edwardiaanse en
Victoriaanse samelewings te versteur.
Op daardie stadium is daar algemeen geglo dat mediums soos skilder en
beeldhouwerk verhewe was bo kunshandwerk soos meubelmakery en ysterwerk.
Die doel van Art Nouveau-kunstenaars was om daardie oortuiging te verander om
eerder te streef na 'totale kunswerke', die beroemde Gesamtkunstwerk, wat geboue
en binneversiering geïnspireer het waarin elke element as 'n harmonieuse geheel
gewerk het. Dit het ten doel gehad om die hiërargie tussen 'skone kunste'
(skilderwerk en beeldhou) en 'toegepaste kuns' (meubelmakery, metaalwerk) uit te
daag, en om kushandwerk tot die vlak van hoë kuns te verhoog.
In die middel van die 19de eeu het Japan oopgemaak vir die Weste en Europese
kunstenaars is aan Japannese houtblokdrukwerk bekendgestel, die skoon lyne,
asimmetrie en gebruik van natuurtemas het Art Noneau-estetiek baie beïnvloed.
Een van die belangrikste invloede op die Art Nouveau-styl het gekom van natuurlike
fatsoene wat organiese, vloeiende lyne en motiewe soos blomme, plante en diere
belig het. In reaksie op die swak ontwerpkwaliteit van industriële massaproduksie
asook die invloed van die Kuns-en-Kunsvlytbeweging, het Art Nouveau die
belangrikheid van vaardige vakmanskap en hoëgehalte materiale, soos ingelegde
eksotiese hout, ivoor, emalje en kosbare stene, soos opaal, ens. beklemtoon. Nog
'n invloed was die Simbolisme beweging wat gefokus het op die uitdruk van emosies
en idees deur simboliese beelde wat Art Nouveau se gebruik van simboliese en
allegoriese temas aangemoedig het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Art Nouveau was bekend vir hulle kenmerkende vry vorm, draaiende lyne
(sweepslaglyne), wat die geheime van die natuur, die sensuele wêreld en die vroulike
vorm te vier. Natuurlike motiewe soos pouvere, eksotiese diere soos
verkleurmannetjies en insekte, soos naaldekokers, het 'n onttrekking aan die
werklikheid, 'n verlange na die eksotiese, 'n dekadente dromerigheid getoon. Plat
areas met gedempte of dowwe kleur, soos gedempte groen, delikate pienk en ligpers,
diep oranje en rooi gemeng met aardse tone en koel blou is gebruik met sterk
buitelyne. Art Nouveau het asimmetriese balans in hulle ontwerpe gebruik, dikwels
is 'n sensuele vroulike figuur binne 'n raam geplaas.
Een voorbeeld van Art Nouveau-ontwerp is die trap in die Hôtel Tassel wat deur
Victor Horta ontwerp is.
Hierdie ontwerp is 'n voorbeeld van Art Nouveau-ontwerp, beroemd vir die grasieuse,
vloeiende lyne en die insluiting van natuurlike fatsoene en materiale. Die
gietystertrapleuning, met sy elegante kurwes en plantagtige motiewe, straal 'n
organiese lewendigheid uit, terwyl 'n groot dakvenster die ruimte baai in natuurlike lig,
wat die ingewikkelde detail aksentueer en 'n dinamiese wisselwerking tussen lig en
skadu skep. Victor Horta se innoverende gebruik van lig en ruimte in hierdie ontwerp
was revolusionêr, wat 'n blywende impak op moderne argitektuur gelaat het. Kleurglas
en mosaïekteëls versterk die estetiek, en moedig 'n gevoel van harmonie en
aaneenlopendheid regdeur die huis aan.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V4.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNINGS (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 4
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 4.1 8
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2
Evalueer, Besin/Nadink 30% 4.1 4
Sintetiseer, Regverdig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
4.2 (Ken 10 punte toe] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe)
'n Belangrike inspirasie vir die Kuns-en-Kunsvlytbeweging het van sosiale
hervormers Walter Crane, John Ruskin en William Morris gekom wat besorg was oor
die afname in ontwerpstandaarde as gevolg van massaproduksie in fabrieke. Hulle
wou terugkeer na handgemaakte ontwerpe met die klem op gehalte vakmanskap en
materiale. Sigbaar op die vensters van die kabinet is die herlewing van die Gotiese
kleurglasvensterontwerp en die oordadig versierde skarniere is ook deur die Gotiese
era geïnspireer. Die beweging is geïnspireer deur die plaaslike materiale wat
duidelik is in die gebruik van mahoniehout. In teenstelling met die Kuns-en-Kunsvlyt-
minimalisme is die Postmoderne beweging beïnvloed deur Robert Venturi se
slagspreuk 'Less is a Bore' ('Minder is Vervelig') soos gesien in die boekrakontwerp
met die baie, komplekse lae. Postmodernisme fokus op maksimering en neem
eklektiese inspirasie uit Dadaïsme, Surrealisme, Pop-kuns, Modernisme en
Dekonstruktivisme.
Die klem van Kuns en Kunsvlyt op 'truth to materials' ('getrou aan materiale) is duidelik
in die hout wat 'n natuurlike toestand gelaat is. Die natuurlike warm-bruin kleur van
die houtgrein, die dowwe silwer piouter en gepoleerde geelkoper toon die fyn
vakmanskap van die beweging. Vlak, gekerfde slangmotiewe skep 'n tonale
verskeidenheid in die natuurlike kleur hout. In teenstelling daarmee gebruik
Postmodernisme lewendige rooi, geel, blou en groen wat deel gevorm het van hulle
verwerping van Modernistiese beskeidenheid. Postmodernisme se gebruik van
veelvuldige pastelkleure lei tot 'n kitsch-estetiek vir die boekrak.
Tipies van Kuns en Kunsvlyt is die gebruik van simmetriese balans. Die kabinet kan
in twee ewe groot identiese kante verdeel word en elke kant het dieselfde visuele
gewig. Net so is die Postmodernistiese boekrak ook simmetries gebalanseerd
aangesien beide die linker- en regterkante van die boekrak identies in vorm en kleur
is.
Kuns en Kunsvlyt se doel was om terug te keer na die waardes van die Middeleeuse
Gotiese samelewing, waar Christelike waardes, orde, stabiliteit en eenvoud hoog
geag is, soos gesien in die glasvenster in FIGUUR H. Sterk klem is geplaas op die
statusverhoging van die handwerk-kunstenaar, die funksie en eerlikheid van die
konstruksieproses. Kuns en Kunsvlyt se doel was om versiering minimaal te hou,
terwyl Postmodernisme se doelwit individualiteit was, om Modernistiese konformiteit
te verwerp. Die Postmoderne boekrak in FIGUUR I toon duidelik ’n komplekse
ontwerp wat nie net funksioneel is nie, maar ook ’n uitsonderlike visuele stelling
maak. Een van die kerndoelwitte van Postmodernisme was om die versperring
tussen hoë en lae ontwerp af te breek.
Die klem in Kuns en Kunsvlyt is op 'vorm volg funksie'. Die kabinet is ontwerp om
gepas vir die doel te wees en die versiering is minimaal. Hierdie konsep lê klem
op 'n ontwerp wat nie net goed moet lyk nie, maar ook aan die praktiese behoeftes en
vereistes van gebruikers moet voldoen. Die Kuns-en-Kunsvlyt-kabinet balanseer
funksionaliteit met estetika en verseker dat elke aspek van die ontwerp tot die primêre
doelwit bydra. Terwyl die Postmodernistiese boekrak as 'n boekrak kan funksioneer,
het dit ook 'n dubbelsinnige funksie wat die elemente van skoonheid, humor,
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
gevatheid en parodie in die omgewing inbring. Afhangend van die konteks kan die
betekenis van sulke stukke/items verander, wat kan maak dat dit as standpuntstukke
of beeldhouwerke beskou kan word.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir antwoorde in tabelvorm
toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate
twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon. Gebruik
kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.
V4.2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE (10)
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.2 2
1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 4.2 4
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk,
Interpreteer 30% 4.2 2
Evalueer, Besin/Nadink 1
Sintetiseer, Regverdig
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 16 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1 (Ken 20 punte in totaal toe)
5.1.1 (Ken 2 punte toe)
Die titel 'Ubuntu', is 'n Nguni-woord wat menslikheid en deernis beteken. Met die
betekenis van die titel van die ontwerp in gedagte, bepleit die Ubuntu-inperkbed die
menslike en deernisvolle behandeling van individue wat met Ebola virus besmet
is. Gedurende die Ebola-uitbreking is hospitale dikwels oorweldig met te min
hulpbronne om siekes te versorg. Die Ubuntu-inperkbed is liggewig, ekonomies
en maklik om met die hand aanmekaar te sit en kan daarom as 'n draagbaar of
hospitaalbed funksioneer. Dus stel die bed mediese fasiliteite in staat om meer
siek mense tydens pandemies of uitbrekings te behandel. Dit laat toe vir die
doeltreffende en menslike behandeling en vervoer van pasiënte by mediese
fasiliteite. Bamboes is 'n natuurlike, volhoubare materiaal wat bekend is daarvoor
dat dit liggewig en higiënies is, 'n eienskap wat belangrik is om in ag te neem omdat
Ebola is hoogs aansteeklike siekte is.
Gee krediet aan ander geldige antwoorde.
5.1.2 (Ken 2 punte toe)
Die Hippo-'roller' is 'n goeie voorbeeld van 'n sosiokulturele ontwerp wat lewens
verbeter het. Dit maak die vervoer van water makliker en 'n prettige aktiwiteit vir kinders
in landelike gebiede waar water dikwels ver van leefareas is.
Gee krediet aan ander geldige antwoorde.
5.1.3 (Ken 16 punte toe)
Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam
van die ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte,
materiale en tegnieke en 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerp-
voorbeeld en hoe dit sosiokulturele kwessies aanpak.
EEN SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE SOSIOKULTURELE ONTWERPER/
ONTWERPGROEP:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 17 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
(Ken 1 punt toe)
Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpproduk
Gehekelde 'Klein Kaktus' ('Tiny Cacti') deur Projekt.
(Ken 5 punte toe)
Bespreek die doelwitte, ontwerpmateriale en tegnieke deur die ontwerper/
ontwerpgroep gebruik
Die doel van Projekt se ontwerpe is om tradisionele kunshandwerk te bewaar en te
verhoog deur unieke tasbare stukke te skep. Projekt spesialiseer in uiters fyn
hekeltegnieke met gebruik van klein hekelnaalde om hoëgehalte-, handgemaakte
stukke te skep. Hulle produkte wissel van snaakse jakkalse en stoute apies tot
eienaardige kaktusse. Hulle doel is om natuurlike materiale te gebruik, soos
100% katoen en linne wat volhoubare en etiese produksie beklemtoon. As 'n
regverdige-handelsinisiatief verseker hulle dat kunstenaars vaardigheidsopleiding
ontvang wat spesifiek op die Imizamo Yethu informele nedersetting gefokus is.
Projekt brei opleidingsprogramme uit om besigheids- en geletterdheids-
vaardighede in te sluit om die vroue te help om onafhanklik te wees.
(Ken 2 punte toe)
'n Verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessie(s) aanpak
Die ontwerpgroep bemagtig werklose vroue wat in lae-inkomste-gebiede woon om
'n salaris te verdien. Deur hulle opleiding in hekeltegnieke te gee, leer hulle 'n
waardevolle vaardigheid wat kreatiwiteit en innoverende onafhanklikheid
aanmoedig. Die Klein Kaktus ('Tiny Cacti') is gesog as 'n binneversierings-
ontwerp en kan alleen of in 'n groep vertoon word.
EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP
(Ken 1 punt toe)
Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep en hulle ontwerpproduk:
Kusungu Maternity Village (Kraamdorpie) deur MASS Design Group.
(Ken 5 punte toe)
Bespreek die doelwitte, ontwerpmateriale en tegnieke deur die ontwerper/
ontwerpgroep gebruik
Argitektuur het die mag om van die wêreld se dringendste kwessies, veral in Afrika,
aan te pak. Argitektuur is in plek, erfenis en kultuur gewortel en kan gemeenskappe
vorm en volhoubare ontwikkeling aanmoedig. MASS Design Group is 'n firma wat
ten doel het om argitektuur as 'n instrument vir sosiale verandering te gebruik.
Mass Design Group se doel is om die probleem van moedersterftes as gevolg van
komplikasies tydens geboortes op te los. In 2010 in Malawi was ongeveer een in
36 vroue lewenslank in gevaar te sterf om tydens swangerskap of bevalling,
grootliks as gevolg van oorsake wat voorkom kon word. Kraamwaghuise word
gebruik om toegang te verkry tot vaardige professionele mense wat langs
gesondheidsentrums geleë is. Hierdie fasiliteite verskaf 'n gemoniteerde ruimte vir
verwagtende moeders vanaf die 36ste week tot by die bevalling.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 18 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Elke slaapeenheid is ontwerp om optimale daglig en natuurlike ventilasie te kry en
verminder die risiko dat aansteeklike siektes versprei. Dit verskaf ook privaatheid
en gemak. Die materiaal gebruik is saamgeperste gestabiliseerde
grondblokmure wat sonstrale gedurende die dag absorbeer en hitte gedurende
kouer aande uitstraal. Dit is ontwerp rondom repliseerbare modules wat by
plaaslike bronne verkry word en die nuwe prototipe kan makliker geskaal word en
by ander terreine aangepas word. Studies wat ná besetting gedoen is, toon dat
hierdie nuwe dorpie-prototipe gemakliker is en verwagtende moeders voel
veiliger.
In die geboustruktuur ondersteun die suile 'n stelsel van houtkappe wat die daklyn
verby die gewelplafon laat steek. Die 'saltbox' en 'butterfly-dakke van die
modulêre slaapkamereenhede is in lyn met die komplementêre geometrie om
reënwater beter op te vang en te herlei. Die dramatiese oorhellings beskerm die
mure teen reën. Die dubbellaag-dakontwerp laat lug sirkuleer om die
kamertemperatuur gedurende alle seisoene gemaklik te hou. Die 'butterfly'-effek
laat dagligson toe om die mure te verwarm wat saans hitte uitstraal om 'n gemaklike
slaaptemperatuur te onderhou.
(Ken 2 punte toe)
'n Verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessie(s) aanpak
MASS DESIGN GROUP het die kwessie van sosiale verandering met dokters,
verpleegsters en verwagtende moeders by die Kasungu-fasiliteit, die Kraamdorpie,
bespreek. Die ontwerpers het die enkelblokkonsep van die bestaande
Kraamdorpie-prototipe afgebreek in 'n reeks kleiner komplekse wat om klein
binnehowe gesentreer is. Hierdie grondplan is geïnspireer deur die volksuitleg
van Malawiese dorpies waar familiekomplekse bestaan uit verskeie klein geboue
wat uitgebreide en onmiddellike familie huisves. Die kleiner behuisingsblokke
hanteer die gebrek aan 'n gevoel van gemeenskap wat intergeneratiewe deel van
kennis aanmoedig asook die uitruil en ondersteuning tussen ervare en nuwe
moeders en dit help ook om moedersterftes as gevolg van komplikasies tydens
bevallings aansienlik te verminder. Die dak van die Kraamdorpie hang ver oor om
skadu en beskutting aan die dorpie se binnehowe te verskaf en om die samekoms
en wisselwerking tussen moeders aan te moedig. Hierdie ruimtes kan ook
familielede en oppassers akkommodeer wat saam met verwagtende moeders reis
en hulle noodsaaklike emosionele en sielkundige ondersteuning gee. Toegewyde
opleidingsareas steun werkswinkels oor pre- en postnatale versorging en
handwerkopleiding en help die moeders om 'n inkomste te verdien terwyl hulle van
die huis weg is, wat opmaak vir die verlies aan lone wat 'n betekenisvolle
struikelblok is vir wydverspreide gebruik van kraamdorpiefasiliteite in Malawi. Die
gedeelde ruimtes het sentrums vir deel, aktiwiteite en leer geword wat help om die
lewensgehalte van verwagtende moeders pre- en postnataal te help verbeter.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V5.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNINGS (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.1.2 + 5.1.3 1+1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.1.1 + 5.1.3 1+3
Middel Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.1.3 8
orde
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.1 1
Evalueer, Besin/Nadink 30% 5.1.2 1
Sintetiseer, Regverdig 5.1.3 2
5.1.3 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 19 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
5.2 (Ken 20 punte in totaal toe)
5.2.1 (Ken 2 punte toe)
Die leunstoele in FIGUUR K is beïnvloed deur die muurskilderwerk van die
amaNdebele of enige ander Afrika inheemse gemeenskap. Die ontwerp op die
leunstoele gebruik 'n verskeidenheid geometriese fatsoene wat herinner aan die
amaNdebele-patrone. Die diamant- en driehoekige fatsoene op die ontwerp het 'n
dik swart buitelyn wat die amaNdebele-invloed weerspieël.
Kandidate kan ook verwys na die patrone van tradisionele amaZulu- of
isiXhosa-oorbelle of kralewerk as 'n invloed op die oppervlakpatroon gesien op
die leunstoele.
5.2.2 (Ken 8 punte toe)
Ken 1 punt toe vir die naam van die inheemse kulturele gemeenskap wat die
tradisionele kunshandwerk gemaak het, 5 punte vir 'n bespreking van die
materiale, metodes en prosesse gebruik om die tradisionele kunshandwerk te
skep en 2 punte vir die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk.
(Ken 1 punt toe)
Naam van die tradisionele/inheemse kulturele gemeenskap wat die
kunshandwerk maak
Basotho-gemeenskap wat grasvlegsels vervaadig
(Ken 5 punte toe)
Die materiale, metodes en prosesse gebruik om die tradisionele
kunshandwerk te skep
Grasweefwerk is 'n tradisionele kunshandwerk wat deur die Basotho-gemeenskap
beoefen word. Gras is die materiaal wat vir die weefwerk gebruik word en word
verkry by maatskappye wat dit koop by mense wat dit in die hooglande van Lesotho
oes en dit dan na verskeie afsetpunte in die laagland van Lesotho vervoer. Die
ouer geslag dra die kuns van grasweefwerk van geslag ná geslag oor. Daar is
waargeneem dat die bemeestering van die weefproses soos 'n leerlingskap is waar
die mentor sertifiseer dat die student 'n stadium bereik het waar hulle sonder
toesighouding kan weef.
Die strooihoede wat mokorotlo of modianyewe genoem word, word deur
grasweefwerk gemaak. Die grondstof gebruik om die produkte te maak, is die
'Leholi'- of 'Mosea'-gras, wat vir weefwerk gebruik word. Om 'n hoed te ontwerp,
word 'n keëlvorm gekonstrueer deur bondels riete te draai wat deur rye tou in plek
gehou word. Dit word gekenmerk deur twee dekoratiewe bande gevlegte riete op
die rand en 'n kenmerkende gedraaide tossel by die boonste punt van die kroon.
'n Veelkleurige gestreepte veselband word aan die binnekant van die hoed gestik;
dit kan vir die heg van bandjies gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 20 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
(Ken 2 punte toe)
Sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk in tradisionele konteks
Die hoed het 'n breë rand en 'n gepunte bokant, 'n ontwerp wat glo deur die vorm
van die berg Qiloane geïnspireer is. Die hoede het in die middel-1900's
gewild geword aangesien dit nou verbind is met die vorming van nasionale
identiteit. Hierdie hoede het die nasionale simbool van Lesotho en ook die
nasionale simbool van die Basotho-mense geword.
Die verskil tussen modianyewe en mokorotlo is in die ontwerp en tipe gras. Slegs
barena (stamhoofde) mag modianyewe dra, derhalwe 'uitvoerders van oordeel'.
Die ander meer versierde een is mokorotlo, vernoem na die liedere wat Sotho-mans
sing. 'n Visuele beeld (prentjie) van die Mokorotlo verskyn op die vlag van Lesotho
en ook op Lesotho se voertuignommerplate.
5.2.3 (Ken 10 punte toe)
Ken 1 punt toe vir die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en die naam van
die produk, 6 punte vir 'n bespreking van die doelwitte, invloede en materiale
van die ontwerper/ontwerpgroep en 3 punte vir 'n verduideliking van hoe die
kontemporêre ontwerpproduk 'n aanpassing en voortsetting van die inheemse
kunshandwerk is.
(Ken 1 punt toe)
Naam van ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporêre ontwerpproduk:
Siyanda Mbele, die Mvelo Afrika-lessenaar.
(Ken 6 punte toe)
Algemene doelwitte en invloede van die ontwerper/ontwerpgroep se werk:
Mbele neem in ag dat elke stam dieselfde rituele uitvoer, maar op ander maniere, of
eenderse simbole gebruik, maar dat dit verskillende betekenisse kan hê.
Ná navorsing skep hy 'n storie wat hy beoog(bedoel) as die storie wat die stuk vertel
of 'n analogie wat die stuk sal verteenwoordig. Gewoonlik neem hy
tweedimensionele simbole of patrone en verander dit in driedimensionele
meubels.
Beïnvloed deur sy liefde vir die Zoeloe-kultuur, het Mbele die
meubelontwerpmaatskappy gestig wat in luukse handgeverfde meubels
spesialiseer. Sy maatskappy, Pinda, kombineer moderne ontwerp met tradisionele
Suid-Afrikaanse elemente. Mbele is deur Afrika-kulture, simboliek en kulturele
praktyke geïnspireer. Hy gebruik Ndebele-, Venda- en Zoeloe-patrone in sy
ontwerpe, wat in meubelstukke met 'n kontemporêre Afrika-estetiek geïnterpreteer
word, met 'n gevoel van moderne minimalistiese en die middel van die eeu.
(Ken 3 punte toe)
'n Verduideliking van hoe die kontemporêre ontwerpproduk 'n aanpassing en
voortsetting van die inheemse kunshandwerktegniek is:
Die inheemse kunshandwerktegniek van kerfwerk op tradisionele Zoeloe-
kleibierpotte word as inspirasie vir hierdie kontemporêre weelderige meubel-ontwerp
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 21 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
gebruik. Die handgekerfde Zoeloe-simbole en die fatsoen van die lessenaar
verteenwoordig beide die manlike (driehoeke) en die vroulike (diamante).
Wanneer die driehoeke en diamante saamgebind word, verteenwoordig dit
eenwording.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
GEEN punte moet gegee word vir herhaling van ontwerper(s) en hulle werk
wat reeds in hierdie vraestel gebruik is nie.
V5.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNINGS (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.2.1 + 5.2.2 1+2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.2.2 + 5.2.3 1+2
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 5.2.1 1
Organiseer 5.2.2 + 5.2.3 3+4
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.3 2
Evalueer, Besin/Nadink 30% 5.2.3 2
Sintetiseer, Regverdig 5.2.2 2
VRAAG 6 [20 punte]
6.1 (Ken 4 punte in totaal toe)
6.1.1 (Ken 2 punte toe)
Ekovriendelik beteken produkte wat ontwerp is om min of geen skadelike effek op
die omgewing te hê nie. Produkte wat van ekovriendelik materiale gemaak is,
bevorder die verantwoordelike verkryging van materiaal regdeur hulle lewenssiklus.
Daarom kom produkte, goedere, gebeure en ekovriendelik dienste nie die planeet
duur te staan nie. FIGUUR L het plastiekdeksels gebruik om 'n ekovriendelike
produk te skep wat dit volhoubaar en tog mooi as 'n ontwerpoplossing maak.
6.1.2 (Ken 2 punte toe)
Om produkte uit herontwerpte materiale te maak, kan tot voordeel van die omgewing
wees. Ou gebruikte materiale kan gebruik word om nuwe produkte te skep,
byvoorbeeld maak 'n rugsak uit 'n gebruikte denimbroek.
Produkte kan, waar moontlik, van herwinde, na-industriële-graad-plastiek gemaak
word in plaas van ongebruikte plastiek. Ongebruikte plastiek is 'n hars wat gemaak
word met natuurlike gas of ru-olie. Dit bevat nie enige herwinde materiale nie, waar
ná-verbruiker herwinde plastiek die herwinning van plastiekverpakking aan die
einde-van-lewensiklus behels. Dit kan water- en koeldrankbottels, plastieksakke,
melkhouers, ens. insluit. Herskep van nywerheidsafval soos hout, plastiek,
skrootmetaal of tekstiele tot nuwe funksionele produkte.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
6.2 Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie.
Ken 1 punt toe vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n
bespreking van die doelwitte, materiale en prosesse en 2 punte vir 'n
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 22 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
bespreking van die ontwerpproduk en 'n verduideliking van hoe dit
omgewingskwessies aanpak.
EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE OMGEWINGSONTWERPER/
ONTWERPGROEP:
(Ken 1 punt toe)
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van die ontwerpe
Transformer(Transformeer)-meubelreeks deur V&A in samewerking met Pedersen
en Lennard (Kaapstad, Suid-Afrika), 2023.
(Ken 5 punte toe)
Doelwitte, materiale en prosesse
Die Transformer-reeks eenvoudige modulêre meubel-eenhede het ten doel om in ’n
verskeidenheid ruimtes te funksioneer. Afhangend van hoe die eenhede
gekombineer word, en op watter hoogte, kan dit vir amfiteatersitplekke tot bistro-styl-
tafel-en-stoelkombinasies gebruik word, asook op kindervriendelike en
rolstoelvriendelike hoogtes. V&A het heelwat tyd bestee om saam met die
plaaslike ontwerpmaatskappy Pedersen en Lennard te werk om 'n oplossing te kry
wat herontwerpte plastiekafvalmateriaal gebruik om ongewone meubels te
vervaardig en om terselfdertyd ons planeet te red.
Plastiekafval en moeilik herwinbare plastiek word versnipper, verhit en in
plastiekplanke saamgedruk wat daarna in die meubelstukke gevorm word. Die
Transformer(Transformeer)-reeks skep 'n unieke geleentheid vir die gebruik van
'verskillende tipes plastiek, alles in een plank. Elke meubelstuk is van allerhande
tipes plastiek gemaak, bv. tandepastabuisies, verpakking, plastiekwinkelsakkies,
naamborde, ens. Te danke aan die proses om verskillende plastieksnippers te
smelt, het die klaarprodukte 'n unieke terrazzo-agtige estetiek – die finale produk het
'n marmer-, kwartssteen- of granietestetiek. Nog 'n plus vir die ontwerpers is dat
die eienskappe van die herwinde plastiekmateriaal hulle verskeie ontwerp-
oplossings gegee het wat nie moontlik is met tradisionele materiale soos hout en
plaatmetaal nie. Die materiaal se onderhoud is min, dis hittebestand, waterdig,
kleurvas en hoogs duursaam.
(Ken 2 punte toe)
'n Bespreking van die ontwerp en 'n verduideliking van hoe dit
volhoubare/omgewingskwessies aanpak.
Volhoubaarheid, sirkulering en eksperimentering is duidelik in duursame vlekvrye
staal en herwinde plastiekmateriale wat vir hierdie modulêre meubelstukke gebruik
word. Meer en meer Transformer(Transformeer)-stukke word op verskillende
plekke by die V&A bygevoeg. Om volhoubaarheid en omgewingskwessies aan te
pak, sal die V&A alle plastiek wat van hulle eie afvalhanteringsfasiliteit kom,
herontwerp. Sodoende skep hulle al hoe meer 'n sirkelekonomie. Die meubels is
geskik vir families – dit kan 'n gesin van drie of 'n meer uitgebreide byeenkoms
akkommodeer. Die meubels voorsien in die behoeftes van hierdie top
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 23 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
toeristebestemming se klante wat mooi openbare ruimtes met verantwoordelike
keuses wat die aarde bewaar, verdien.
LET WEL: Kandidate sal krediet kry vir die bespreking van ander voorbeelde
deur Heath Nash.
EEN KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP
(Ken 1 punt toe)
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe:
Die Re-Ply-stoel-ontwerp deur Dan Goldstein.
(Ken 5 punte toe)
Doelwitte, materiale en prosesse
Die doelwit van die Re-Ply-stoel is maksimum gebruikergemak as gevolg van die
ergonomies-gevormde sitplek en die feit dat dit kan terugleun. Hierdie ontwerp-
proses gebruik opeengestapelde kartonhouers as materiaal wat herontwerp word
deur dit in die sitplek van 'n stoel te transformeer. Die stoel gebruik vier lae
swaardiensriffelveselbord wat opeengestapel, gesny, gelamineer, gevorm en gevou
word in 'n sterk, gemaklike skulp. Hierdie skulp word op 'n driehoekige
gegalvaniseerde buisstaalbasis geplaas wat die stoel in staat stel om te wieg en
terug te leun. Vir bykomende gemak kom dit ook met 'n nagemaakte pels- of
viltoortreksel.
(Ken 2 punte toe)
'n Bespreking van die ontwerp en 'n verduideliking van hoe dit
volhoubare/omgewingskwessies aanpak.
Die Re-Ply-stoel pak volhoubare en omgewingskwessies aan deur karton te
herontwerp, dit uit die herwinningsirkel te haal en dit in iets permanent en duursaam
te maak. Die bokse is relatief sterk ten opsigte van spanning en word in die helfte
gevou om 'n ondersteunende sitplek en rugleuning vir die stoel te vorm . Elke
element van die stoel ontwikkel uit veelvuldige funksies. Byvoorbeeld slegs een paar
boute sit die sitplek aan die metaalbasis vas. Dieselfde boute hou die voulyn in en
stel die stoel in staat om te wieg. Aangesien die basis driehoekig is, vereis dit slegs
een kontakpunt met die sitplek.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V6 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNINGS (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 6.1.1 + 6.1.2 1+1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 6.2 4
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 6.1.1 + 6.1.2 1+1
Organiseer 6.2 6
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 6.2 2
Evalueer, Besin/Nadink 30% 6.2 2
Sintetiseer, Regverdig 6.2 2
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 12 Design
Explore more published documents in this catalogue.

















