Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
NOVEMBER 2024
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all



--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)

Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)
Grade 12 Design Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Design · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Daar is DRIE keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.
3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
VRAAG 1 tot 3
AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
VRAAG 4
AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
konteks (40 punte)
VRAAG 5 en 6
4. Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.
5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
beantwoord NIE.
6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
bestee.
7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE
Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. Nov
1.1
FIGUUR A: Tekstielontwerp ter ere van Swart Geskiedenis-maand
('Black History Month') deur Spoonflower (VSA), 2020.
1.1.1 Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsel in
FIGUUR A hierbo:
Fatsoen
Kleur
Lyn
Ritme (4 x 2) (8)
1.1.2 Verduidelik hoe die patrone in FIGUUR A Afrika-geïnspireerd is. (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.2
FIGUUR B: Raku-gebakte keramiek- en mandjiewerk-houer deur
Willow Bend Studio-ontwerpers Marc Jenesel en Karen Pierce (VSA), 2018.
1.2.1 Analiseer die ontwerp in FIGUUR B hierbo deur na die volgende te
verwys:
Beweging
Die gebruik van tekstuur
Die vorm
Die eklektiese aard daarvan (4 x 2) (8)
1.2.2 Dink jy dat die houer in FIGUUR B 'n dekoratiewe of 'n funksionele
ontwerp is? Gee redes vir jou antwoord. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
2.1
FIGUUR C: Geslagstereotipe-veldtogplakkaat deur
Lindsay Helms (VSA), 2017.
Verduidelik hoe beelde en teks gebruik word om die boodskap van
geslagstereotipering in FIGUUR C hierbo oor te dra. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.2
FIGUUR D: Tradisionele amaZulu- FIGUUR E: Modieuse
haarstyl (Suid-Afrika), 2022. byekorfhaarstyl (VSA), 1960's.
Skryf 'n paragraaf waarin jy die haarstylontwerpe in FIGUUR D en FIGUUR E
vergelyk met verwysing na die volgende:
Invloede
Vorm
Tekstuur (3 x 2) (6)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: ARGITEKTUUR
Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3.
3.1
FIGUUR F: Opgeknapte Panathenaic-stadion in opdrag van
staatsman Lykourgos (Athene, Griekeland), circa 330 VHJ.
FIGUUR G: Marqués de Riscal Hotel- en Wynkelder-kompleks
deur Frank Gehry (Spanje), 2006.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Antieke Griekse stadion in
FIGUUR F met die kontemporêre hotel- en wynkelder-kompleks in FIGUUR G
vergelyk.
Verwys na die volgende in jou vergelyking:
Invloede
Materiale
Vorm
Betekenis van terrein/ligging
Funksie (5 x 2) [10]
OF
3.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur
of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige kontemporêre
gebou/struktuur wat jy bestudeer het, vergelyk.
Verwys na die volgende in jou vergelyking:
Invloede
Materiale
Konstruksie/Tegnologie
Versiering
Funksie (5 x 2) [10]
OF
3.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur
of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels-
gebou/struktuur wat jy bestudeer het, vergelyk.
Verwys na die volgende in jou vergelyking:
Invloede
Materiale
Konstruksie/Tegnologie
Versiering
Funksie (5 x 2) [10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die visuele beelde (prentjies) hieronder en beantwoord die vraag op
die volgende bladsy.
Kuns en Kunsvlyt Art Deco
De Stijl Bauhaus
Modernisme Skandinawies
Pop-ontwerp Postmodernisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
'n Goeie ontwerp moet beide funksioneel en esteties bevredigend wees.
Kies enige TWEE van die ontwerpbewegings/-style wat deur die visuele beelde
(prentjies) op die vorige bladsy voorgestel word, wat die stelling hierbo
ondersteun.
Kuns en Kunsvlyt
Art Deco
De Stijl
Bauhaus
Modernisme
Skandinawies
Pop-ontwerp
Postmodernisme
Skryf TWEE afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy na die
volgende verwys:
Verduidelik hoe die stelling hierbo verband hou met ELKE beweging wat jy
gekies het.
Die doelwitte en invloede van ELKE beweging
Die stilistiese kenmerke van ELKE beweging
Noem 'n ontwerper en ontwerp uit ELKE beweging en bespreek hierdie
ontwerpe om jou antwoord te motiveer. (2 x 10) [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.2
FIGUUR H: Dekonstruktivisme-ring deur Anneke Schat (Nederland),
circa 2015.
FIGUUR I: Art Nouveau-ring deur René Lalique (Frankryk), circa 1900.
Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die ringe in FIGUUR H en
FIGUUR I hierbo vergelyk en verduidelik hoe hulle tipies is van die bewegings
wat hulle verteenwoordig.
Verwys na die volgende in jou bespreking:
Doelwitte
Invloede
Gebruik van lyn
Ritme
Ergonomie (5 x 2) [10]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
KONTEKS
VRAAG 5
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1
FIGUUR J: Rockson Square-trap deur
Arthur Erickson Architects (Kanada), 1983.
5.1.1 Bespreek TWEE positiewe en TWEE negatiewe funksionele
ontwerpkenmerke van die trap in FIGUUR J hierbo. (4)
5.1.2 In TWEE afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk), bespreek
hoe sosiokulturele kwessies in die werk van EEN Suid-Afrikaanse
kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale
kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep aangeraak word.
Verwys na die volgende in jou bespreking:
Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerp wat
sosiokulturele kwessies aanraak
'n Bespreking van die doelwitte, materiale en tegnieke wat deur
die ontwerper/ontwerpgroep gebruik word om sosiokulturele
kwessies aan te raak
'n Ontleding van die ontwerp om te verduidelik hoe die werk
sosiokulturele kwessies aanraak
Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen
bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn,
verwys NIE. (8 x 2) (16)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.2
FIGUUR K: Voëlnes('Bird's Nest')-swembadtuinhuisie ('n buitelug-
struktuur wat skadu teen die son verskaf en vir buitelugonthaal gebruik kan
word), Jao Kamp Okavango Delta-lodge (Botswana), 2022.
5.2.1 Verduidelik die rol wat Inheemse Kunshandwerk-tegnieke in die Suid-
Afrikaanse toerismebedryf kan speel met verwysing na die ontwerp in
FIGUUR K hierbo. (2)
5.2.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy EEN inheemse
tradisionele kunshandwerk bespreek wat jy hierdie jaar bestudeer het.
Verwys na die volgende in jou bespreking:
Naam van EEN tradisionele kunshandwerk-/inheemse kultuur-
gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk gemaak het
Die materiale, metodes en prosesse wat gebruik is om die
tradisionele kunshandwerk te maak
Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk in die
tradisionele konteks daarvan (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.2.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk bespreek van
EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse of Afrika-ontwerper/-ontwerpgroep
wie se ontwerpe die aanpassing van inheemse kunshandwerktegnieke
weerspieël om unieke en kontemporêre ontwerpe te skep.
Verwys na die volgende in jou bespreking:
Naam van ontwerper/groep en EEN kontemporêre ontwerpproduk
Doelwitte, invloede en materiale van die ontwerper/ontwerpgroep
se werk
'n Bespreking van hoe tradisionele kunshandwerktegnieke/
-metodes op die kontemporêre ontwerpproduk toegepas is
Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen
bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn,
verwys NIE. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 6
6.1
FIGUUR L: Herontwerpte en volhoubare mode-reeks deur
Katekani Moreku (Durban), 2022.
In 'n praatjie oor herontwerpe in sy werk, het Katekani Moreku gesê: 'Ek dink
die toekoms lê in volhoubaarheid – dit is ons plig as ontwerpers om in die
behoeftes van die huidige generasie te voorsien sonder om die behoeftes
van die toekomstige generasie te ruïneer.'
Bespreek Katekani Moreku se stelling hierbo deur na sy mode-reeks te verwys
wat in FIGUUR L gesien kan word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van
EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN kontemporêre internasionale
ontwerper/ontwerpgroep bespreek wie se ontwerpe volhoubaar is en
omgewingskwessies ondersoek.
Verwys na die volgende in jou opstelle:
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van sy/haar/hulle
ontwerpe
Doelwitte, materiale en prosesse
'n Ontleding van die ontwerpproduk, met 'n verduideliking waarom dit
volhoubaar is en hoe dit omgewingskwessies aanraak
Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of
ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE. (8 x 2) (16)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)
Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper