NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Design Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)
Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 632.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1. (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe.)
1.1.1 Op die agtergrond van die tekstielontwerp is daar verskeie drywende, plat,
organiese, biomorfiese fatsoene wat 'n mens herinner aan die fatsoene wat
deur 'n lawalamp geskep word. Voor hierdie fatsoene is skildagtige of
blaaragtige fatsoene wat onderling met mekaar verbind is, wat 'n vertikale,
kettingagtige, herhalende patroon vorm wat 'n treffende tekstielontwerp skep.
Daar is verskeie kleure in die tekstiel wat duidelik, helder en opvallend is. Die
warm, suiwer magenta oorheers die ontwerp en gee daaraan 'n vreugdevolle,
vroulike of retro-kwaliteit. Koel bloue, groen en pers kontrasteer met die warm
magenta pienk wat 'n opwindende en lewendige ontwerp skep. Die insluiting
van die neutrale kleure, wit en swart, voeg kontras en klem by die ontwerp.
Die ontwerp weerspieël sterk wit cloisonnistiese buitelyne. Hierdie wit
buitelyne skei die fatsoene op die voorgrond van die plat agtergrond en skep 'n
sterk opvallende kontras. Die wit kontoerlyne skep 'n vertikaal vloeiende,
kromlynige beweging. Binne die blaaragtige fatsoene beweeg spits lyne
horisontaal en vertikaal, wat 'n dekoratiewe kwaliteit by die ontwerp voeg.
'n Dinamiese ritme word geskep deur die herhaling van die lewendige pienk,
blou en groen kleure. Die herhaalde spits lyne op die voorgrond skep 'n
optiese beweging en 'n dinamiese ritme. Die herhaling van die organiese
patroon op die agtergrond en die voorgrond dra ook tot die ritmiese kwaliteit van
die ontwerp by.
1.1.2 Die gestileerde skildagtige fatsoene herinner 'n mens aan Afrika-stamskilde.
Die dun, swart herhaalde lyne in die groter, skildagtige fatsoene herinner ons
aan dierehorings of -tande. Die skerp, dun, lang dorings van Afrika-doringbome
en die geronde organiese fatsoen laat 'n mens dink aan klippies. Die dun,
horisontale, spits lynpatrone in die kleiner, vereenvoudigde, plat, skildagtige
fatsoene kan ook sinspeel op Afrika-stamliggaam-verfversiering en -insnyding.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V1.1 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.1.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1
Middel-orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1.1 4
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 1.1.2 2
Evalueer, Besin/Nadink 30% 1.1,1 1
Sintetiseer, Regverdig
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.2 (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe.)
1.2.1 Beweging word geskep deur die buigsame, golfagtige/gedraaide geweefde mandjie
wat aan die raku-gebakte keramiekhouer vasgemaak is deur 'n unieke
jukstaposisionering van materiale. Die verlengde herhaalde vertikale lyne van die
houer skep 'n sagte vloeiende beweging. Die krake wat deur die raku-glasuur-
tegniek veroorsaak word, skep 'n dinamiese, golwende (golfagtige) beweging.
Een van die herkenbaarste kenmerke van raku-gebakte keramiek is die kraakglasuur.
Die vinnige afkoeling van die geglasuurde stukke skep 'n netwerk van fyn krakies in
die glasuur, wat die oppervlak 'n gladde dog visueel getekstureerde voorkoms
gee. Die geweefde mandjiewerkgedeelte van die houer toon duidelik 'n growwe
tasbare tekstuur. Wit kolletjies dra ook by tot die tasbare gevoel wat met die
geglasuurde gladde gevoel van die raku-gebakte pot kontrasteer.
Die tradisionele vorm van die kleipot is verander; dit is verdeel en verleng deur die
byvoeging van mandjiewerk wat vanaf die rand van die keramiekbasis geweef is.
Die vorm word trompet- en blomagtig, met die mandjiewerk wat uitwaarts aan die
bokant oopwaaier. Die vorm is vertikaal verdeel om 'n fokuspunt te skep. Hierdie
verdeling toon 'n gloeiende oranje binnekleur wat deur die raku-glasuur geskep
word.
Die houer is eklekties van aard omdat dit uit 'n verskeidenheid Oosterse en Afrika-
style en -kulture leen om 'n nuwe, innoverende ontwerp te skep. Die mandjie is
moontlik geïnspireer deur Afrika-mandjiewerk en die raku-glasuur word in Japan, 'n
Oosterse kultuur, aangetref. Die verhewe wit kolletjies wat op die kleipot gevind
word, verwys na Afrika-stamgesigverf en liggaam-insnyding.
1.2.2 Hierdie houer is nie funksioneel nie omdat dit oopgesny is en nie vloeistowwe sal
kan hou nie. Die doel van hierdie houer is dekoratief omdat dit 'n sterk estetiese
stelling maak en gebruik kan word om 'n interieur te verfraai. Beide die raku- en
mandjieweeftegnieke word as ekspressiewe media gebruik, eerder as om 'n
gebruiksvoorwerp te skep. Of anders kan die houer as funksioneel beskou word
omdat dit 'n rangskikking van gedroogde blomme en takkies kan hou.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V1.2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.2.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1
Middel-orde Toepas, Implementeer, 40% 1.2.1 4
Hoër orde Organiseer
Analiseer, Vergelyk, Vertolk 1.2.2 2
Evalueer, Besin/Nadink 30% 1.2.1 1
Sintetiseer, Regverdig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]
2.1 (Ken 4 punte toe.)
Die boodskap van die plakkaat is dat geslagstereotipering gevaarlik is en op jong,
beïnvloedbare kinders afgedwing word. Die visuele beelde/prentjies van die klein
kindertjies wat teddiebere vashou lyk kwesbaar teen die groot, dreigende, bose en
onheilspellende swart beeld van 'n figuur wat agter die twee kindertjies is. Die teks
wat in die hande voorkom, verwys na geslagstereotipes van seuns (bv. taai, manlik)
en meisies (bv. vriendelik, soos 'n dame); dit beskryf watter eienskappe van hulle
verwag word. Die teks word vervat in fatsoene wat die beeld van groot,
oorweldigende, klouagtige naels skep, wat op 'n dreigende manier na die klein
visuele beelde/prentjies van die kinders uitsteek. Die woorde wat in die hand aan
die regterkant geteken is, toon woorde soos 'tough', 'manly', 'forceful', 'aggressive'
(taai, manlik, kragtig, aggressief), ens. en versterk die karakterverwagting van mans,
terwyl die woorde wat vir die vroulike hand gebruik word, d.w.s. 'ladylike', 'dumb',
'crazy', 'simple' (damesagtig, stom, mal, eenvoudig), ens. die stereotipiese karakter
van vrouens versterk. Die wit sans serif-teks onderaan die plakkaat kontrasteer met
die swart landskap en vestig jou aandag op die twee klein wit visuele beelde/prentjies
van die kinders.
2.2 (Ken 6 punte toe. 'n Maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek.)
Die vorm in FIGUUR D word beïnvloed deur 'n tradisionele amaZoeloe-hoed
(IsiCholo) wat deur 'n vrou gedra word om aan te dui dat sy getroud is. Die haarstyl
in FIGUUR E word beïnvloed deur die 1960's stedelike Westerse Pop-kultuur en is 'n
mode-stelling wat die draer maak glansryk en stylvol in voorkoms.
Die vorm van die haarstyl in FIGUUR D lyk soos 'n lang, wye tregter met 'n plat
bokant en staties. Dit is 'n sterk, geometriese, silindriese vorm wat die getroude
vrou 'n majestueuse kwaliteit gee. Die vorm van die byekorf-haarstyl in FIGUUR E
is ook lank, organies, lywig en imposant, maar dit is sagter en meer organies/lywiger
as FIGUUR D.
Die tasbare tekstuur van die haarstyl in FIGUUR D is grof, styf en versier met 'n rand
bestaande uit gladde, blink krale. Die verskeidenheid teksture skep 'n interessante,
dekoratiewe haarstylontwerp. Die opgerolde haarstyl in FIGUUR E het 'n gladde en
syagtige tekstuur, en haarsproei is gebruik om die rigiede byekorfvorm te set.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte kan vir tabelvergelyking-antwoorde
toegeken word. 'n Maksimum van 4 punte kan toegeken word waar kandidate
twee aparte vergelykings aanbied wat belangrike en relevante stellings toon.
Gebruik die kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 2.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 2.1 1
Middel-orde Toepas, Implementeer, 40% 2.1 1
Organiseer 2.2 2
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 2.2 2
Evalueer, Besin/Nadink 30% 2.2 2
Sintetiseer, Regverdig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3 [10 punte]
LET WEL: Slegs twee voorbeelde (3.1 en 3.3) sal vir hierdie nasienriglyne bespreek
word.
3.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe, vir 'n totaal van
10 punte.)
Die Panathenaic-stadion van Athene is geïnspireer deur die beskermgodin Athena,
en die behoefte om die verskillende optredes en kompetisies/gevegte van die
Panathenaic-fees, wat elke vier jaar gehou is, aan te bied. Daarteenoor is die nuwe
Marques de Riscal-hotel deur die gedraaide vorme van druiweranke en -takke
beïnvloed. Die pienk, goud en silwer gekleurde blaredakke is deur die kleure van
wyn en die gefragmenteerde, chaotiese karakter van die Dekonstruksie-beweging
geïnspireer. Dit word beïnvloed deur Gehry se vorige Guggenheim-kunsgalery in
Bilbao, Spanje, wat as katalisator gedien het om Bilbao op Europa se kulturele kaart
te plaas. Net so maak die Marqués de Riscal-hotel- en wynkelderkompleks ook die
deure na nuwe moontlikhede oop vir die toekoms van die klein dorpie, Elciego.
Die antieke Panathenaic-stadion is gebou uit 'n plaaslik beskikbare, natuurlike
marmerkleurige klip met die naam poros wat 'n liggewig, sagte kalksteen is wat
algemeen gebruik is vir konstruksie en standbeelde van Antieke Griekeland. Vlakke
klipbanke is rondom die baan gerangskik. Daarenteen maak die Marques de Riscal
van moderne hoëtegnologie-materiale in die bouproses gebruik. Gewapende beton,
wat met sandsteen bedek is, word vir die hoofdele van die gebou gebruik. Die
grootste deel van die gebou bestaan uit baie verskillende swierige staalafdakke wat
deur staalkolomme geanker is. Die afdakke is uitgevoer/bedek met titanium en
spieëlkleure van goud, pienk en 'n gepoleerde spieëlafwerking.
Die Panathenaic-stadion toon geen organiese vorme nie, maar is geskep rondom die
versonke, geronde reghoekige vorm van die atletiekbaan met vlakke sitplekke
daaromheen, wat in die skuins kante van die kloof ingebou is. Die golwende vorme
van die afdakke van die Marques de Riscal-hotel skep 'n ontploffing van kleur en 'n
gevoel van beweging, en die vertikaal teruglopende vloerplan gee 'n piramide-agtige
voorkoms aan die algehele vorm van die gebou. Die golwende organiese vorme
word onderbreek deur reglynige vorme, bedek met natuurlike blonde sandsteen wat
'n verhouding met die omliggende geboue van die gebied skep.
Die Panathenaic-stadion is in 'n kloof geleë en is gebou ter ere van die beskermgodin
van Athene. die kulturele middelpunt van Griekeland. Dit is moontlik oor 'n reeds
bestaande sportfasiliteit gebou en opgegradeer met klipsitplekke vir die 'bevoorregte
klompie mense', terwyl toeskouers voorheen op die natuurlike hange aan die kant
van die stadion sou gesit het. Die Marques de Riscal is geleë op die terrein van 'n
lank bestaande wynplaas in die Rojas-omgewing wat bekend is vir sy
wynproduksie. Die hoogte van die Avant Garde-gebou oortref nie dié van die
kerkkloktoring in die klein stad van Elciego nie, om die identiteit van hierdie klein
landboubevolking van die La Rioja-streek te bewaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die Panathenaic-stadion is spesifiek gebou om die Panathenaea-spele aan te bied,
wat hoofsaaklik vir atletiekkompetisies gebruik is, maar sy atletiekbaan was ook
tydens kultusfeeste 'n plek waar wilde diere geslag is en gladiators geveg het. Die
Marques de Riscal-wynkelderkompleks funksioneer as 'n ruimte vir die produksie
van wyn, asook 'n ruimte vir ontspanning en het 'n toerisme-terrein van belang
geword in die belangrike historiese wynproduserende gebied van Rioja. Die
kompleks produseer en sorg vir studies wat betrokke is by die wynmaakproses,
asook die verskaffing van 'n venue vir wynproe. Die hotel bevat 'n restaurant,
eksklusiewe suites, vergader-/konferensiekamers en 'n gespesialiseerde winkel wat
produkte verkoop wat met die wynmakery verband hou.
OF
3.2 Daar word van die kandidaat verwag om 'n opstel te skryf deur enige Klassieke
gebou/struktuur of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met 'n kontemporêre
gebou wat hulle bestudeer het, te vergelyk.
OF
3.3 'N KLASSIEKE OF KLASSIEK GEÏNSPIREERDE GEBOU/STRUKTUUR IN
VERGELYKING MET 'N INHEEMSE KENNISSTELSELS(IKS)-GEBOU/STRUKTUUR
Die Panteon word met die iSwati-byekorfhut vergelyk:
Die invloede van Klassieke Griekse argitektuur is duidelik aan die buitekant van die
Pantheon wat baie van die buitekant van die Parthenon in Athene leen. Hierdie
invloed kan gesien word in die Pantheon se gebruik van 'n fronton/geweldriehoek en
die Korintiese hoofletters wat op die kolomme van die stoep gebruik is. Die
koepelvormige hoofgebou is egter meer Romeins in styl. Die iSwati-hut funksioneer
as 'n manifestasie van die eSwatini-identiteit en is geïnspireer deur die behoefte aan
beskerming en hulle tradisies in hulle kulturele oortuigings, asook die natuurlike
materiale wat geredelik in hulle omgewing beskikbaar was.
Die materiaal wat gebruik word om die sirkelvormige gebou van die Pantheon te bou,
is baksteen en beton; die buitekant is oorspronklik met marmerpleisterwerk bedek om
by die stoep te pas. Hierdie swaar, sterk en grootse materiale het die belangrikheid
van die Romeinse keiser en ryk suksesvol oorgedra. Die iSwati-hut is geheel en al
van natuurlike materiale gebou wat spesifiek volgens hulle bou-eienskappe gekies
is. Die volhoubare boumetode en -materiale maak gebruik van gedroogde dekgras
wat uit die onmiddellike omgewing geoes word en 'n raamwerk van boompies wat
met tou aan mekaar gebind is.
Beide die Pantheon en die iSwati-hut is op 'n sirkelvormige basis gebou en maak
gebruik van die koepel as 'n dominante vorm. Die iSwati-hut is gebou met 'n
sentrale boomstam wat as die hoofstut dien. Wannneer die raamwerk klaar gebou
is, word dit met dekgras bedek om 'n byekorf te vorm. Die materiaal en
konstruksietegnologie maak die hut stabiel, warm in die winter en koel in die somer.
Die koepel van die Pantheon is gebou met behulp van 'n innoverende, nuwe
konstruksietegniek wat voorsiening gemaak het vir die afmetings van die binnehoogte
en die deursnee van die koepel om dieselfde te wees. Die spanwydte van die
koepel bly die grootste onversterkte koepel wat nog ooit gebou is en is 'n bewys van
die Romeinse ingenieurskundigheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die gewig van die koepel word verminder deur vyf ringe van 28 koffers wat in grootte
verminder soos wat hulle na die okulus/ronde venster styg. Die okulus by die
koepel se toppunt en die toegangsdeur is die enigste natuurlike ligbronne aan die
binnekant. Dwarsdeur die dag beweeg lig van die okulus rond in hierdie ruimte met 'n
omgekeerde sonwyser-effek: dit merk tyd met lig eerder as met skaduwee. Die
okulus bied ook verkoeling en ventilasie; tydens storms, hanteer 'n dreineringstelsel
onder die vloer die reën wat deur die okulus val.
Die iSwati-byekorfhut is een van die min kulture wat dekoratiewe patrone in die
dekgras skep; gebonde grasse en rankpatrone word geskep om die lae ingang te
omraam. Net so is die Pantheon aan die buitekant van die gebou versier deur
sestien monolitiese kolomme op die stoep. Die kolomme en dekoratiewe hoofletters
is van Egiptiese graniet gemaak, en die basisse is uit wit Griekse marmer gesny.
Die binnemure en vloer is met marmer en verguldsel versier en die buitekant van die
Pantheon is oorspronklik met marmerpleisterwerk versier.
Die struktuur van die Klassieke gebou, die Pantheon, weerspieël die funksie
daarvan. Die naam, struktuur van die stoep en pedimentversiering dui daarop dat die
gebou se oorspronklike funksie dié van 'n tempel was. Dit is ontwerp as 'n plek
vanwaar die keiser openbare verskynings kon maak en het standbeelde van die vele
gode van die Romeinse panteïstiese samelewing gehuisves. Wanneer jy na die
iSwati-byekorfhut kyk, openbaar die struktuur ook die funksie daarvan: die dik
grasdak bied beskerming teen die strawwe klimaat en die lae ingang het
beskerming teen vyande gebied omdat hulle in 'n kwesbare posisie sou moes buig
om toegang tot die hut te kry.
Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings of 'n vergelyking
van 'n Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige
kontemporêre gebou of 'n vergelyking van 'n Klassieke of Klassiek
geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)-
geboustruktuur wat die kandidaat bestudeer het.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir tabelvergelyking-antwoorde
toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate
twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon.
Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.
V3 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 3.1, 3.2, 3.3 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 2
Middel-orde Toepas, Implementeer, 40% 3.1, 3.2, 3.3 4
Hoër orde Organiseer
Analiseer, Vergelyk, Vertolk 1
Evalueer, Besin/Nadink 30% 3.1, 3.2, 3.3 2
Sintetiseer, Regverdig
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1 Ken 20 punte in totaal toe.
Ken 10 punte vir elke beweging toe: 5 punte in totaal vir doelwitte, invloede en
kenmerke, 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld, 1 punt vir die
naam van 'n ontwerper en ontwerp en 2 punte vir verwysing na die stelling in
die konteks van die ontwerpbeweging.
LET WEL: SLEGS EEN punt kan vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp van
elke beweging toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as riglyne.
Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
• KUNS-EN-KUNSVLYTBEWEGING
• BAUHAUS
DIE KUNS-EN-KUNSVLYTBEWEGING
Verband met die stelling
Die Kuns-en-kunsvlytbeweging het goeie ontwerpe voortgebring, want vorm is deur
funksie bepaal, bv. verbindings is sigbaar gelaat en het deel geword van die buite-
ontwerp en estetika van die produk. Die estetiese waarde van die produkte was
ook belangrik – versiering is gebruik om die basiese ontwerp te verbeter.
Bespreek die doelwitte, invloede en stilistiese kenmerke
Een van die hoofdoelwitte van die Kuns-en-kunsvlytbeweging was om 'n alternatief
vir die kieskeurige oorversierde massavervaardigde goedere van die 19de eeu te
bied. Hulle het ten doel gehad om die waarde en betrokkenheid van die geskoolde
vakman en ontwerper te hervestig om die gehalte van die ontwerp te verbeter. Die
vervaardiging van handgemaakte goedere van 'n hoë gehalte is aangemoedig in
teenstelling met massavervaardigde produkte van 'n lae gehalte. Produkte moes
eenvoudig wees en goed werk. Ornamentasie is tot die minimum beperk op
meubels, maar gestileerde beelde uit die natuur het die estetiese aantrekkingskrag
van oppervlakontwerpe op tekstiele, matte, muurbehangsels en keramiek verseker.
Die Kuns-en-kunsvlytbeweging is beïnvloed deur die organiese lyne en fatsoene van
blare, plante en voëls wat gelei het tot esteties aangename kromlynige
oppervlakontwerpe vol beweging. Die gebruik van onopgesmukte plaaslike klip,
oop dakbalke en vloerplanke wat die natuurlike grein van hout weerspieël, beïnvloed
deur die Rustic English Cottage-styl se gebruik van natuurlike materiale, het tot die
esteties aangename gehalte van hierdie ontwerpe bygedra. Die Gotiese style se
klem op orde, funksie en eenvoud was nog 'n invloed. Hulle belangstelling in die
Middeleeuse Gotiese styl het ook gelei tot die gebruik van mitologiese wesens soos
drake as onderwerp en die gebruik van Middeleeuse ontwerpmotiewe soos die
drieblaarpatroon en die vierblad.
Kenmerkende fatsoene op oppervlakontwerpe was plat en organies met duidelike
buitelyne wat beheerde kromlynige ritmes gevorm het. Hierdie oppervlakontwerpe
het meestal bestaan uit simmetries gebalanseerde komposisies wat die beweging
stabiliseer het en 'n algehele gevoel van orde oorgedra het. Plat areas met ryk,
sterk kleure is in verskillende skakerings van blou, geel en rooi gebruik, wat dikwels
aan Gotiese loodglasvensters herinner. Dit is soms met aardkleure gekombineer.
Een voorbeeld van die Kuns-en-kunsvlytbeweging is die Biblioteektafel ('Library
Table') deur Gustave Stickley.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die Biblioteektafel ('Library Table') is beide funksioneel en esteties bevredigend.
Die tafel is stewig en eenvoudig, maar terselfdertyd dekoratief as gevolg van die
seskantig gevormde blad, die getekstureerde leerbedekking en die ry knopies
('studs') wat die deksel op sy plek hou. Tipies van die Kuns-en-kunsvlytbeweging is
die gebruik van hout, 'n natuurlike materiaal, sowel as van sigbare verbindings om die
vakman se hand te toon. Tipies is ook die feit dat die hout nie geverf is nie om die
natuurlike patrone wat deur die grein van die hout gevorm is, te openbaar.
BAUHAUS
Verband met die stelling
Die Bauhaus het goeie ontwerpe geskep wat funksioneel en massavervaardig is,
maar terselfdertyd esteties bevredigend is. Hulle het geglo dat funksie vorm moet
bepaal. Alle oppervlakversiering is verwerp en die skoonheid van produkte lê in
perfek gebalanseerde, suiwer, geometriese vorme, skoon lyne en gladde teksture.
Bespreek die doelwitte, invloede en stilistiese kenmerke
Die Bauhaus se doel was om ontwerp weer in kontak te bring met die alledaagse
lewe deur estetika en funksionele ontwerp te herenig. Hulle wou die gaping tussen
kunstenaar en vakman kleiner maak deur die Bauhaus Skool te stig.
Die Bauhaus is beïnvloed deur die Kubiste se strewe na noodsaaklike eenvoud deur
die reduksie van vorme tot eenvoudige, geometriese vorme. Hulle is ook deur die
masjientydperk beïnvloed en het geglo dat hulle ontwerpe geometries moet wees,
met skoon rande en gladde oppervlakke, wat hierdie masjien-estetika weerspieël.
Die Bauhaus het kenmerkend gebruik gemaak van suiwer geometriese vorme soos
kubusse, keëls en sfere wat kalmte en stabiliteit oorgedra het. Die buitelyne van
hierdie vorme was duidelik en presies en het herinner aan masjinerie. Materiale is
modern en meestal masjienvervaardig, soos beton, gewapende beton, gewapende
glas, en staal, wat produkte en geboue 'n industriële voorkoms gee. Oppervlakke is
onopgesmuk, glad en slank, wat die aandag op die struktuur en funksie van die
ontwerp plaas. Uiterse eenvoud, die gebruik van gehalte-materiale en pragtig
afgewerkte oppervlakke verseker die estetiese aantrekkingskrag van hierdie
ontwerpe
'n Voorbeeld van 'n Bauhaus-ontwerp wat beide funksionaliteit en estetiese
aantrekkingskrag weerspieël, is die Bauhaus Ineenpassende Tafeltjies ('Nesting
Tables') deur Joseph Albers.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die vier tafels is funksioneel omdat hulle in mekaar gepas kan word om een eenheid
te vorm om ruimte te bespaar in 'n area waar ruimte 'n kwessie is. Elkeen van die
vier tafels kan vir 'n verskeidenheid ander funksies gebruik word, bv. 'n klein
lessenaartjie, om tee te bedien, drankies op te sit, ens. Elke tafel in hierdie stel van
vier tafels is 'n perfekte, meganiese, kubusagtige vorm, tipies van Bauhaus-
ontwerp. Reguit skraal houtlyne omraam die voorkant en agterkant van die
tafelblad en gaan verder afwaarts om die pote te vorm. Die tafelblad vorm 'n
soliede reghoek en die pote omring 'n reghoekige ruimte. Die herhaling van reghoeke
lei tot 'n sterk verenigde, geordende en gebalanseerde ontwerp, wat ook tipiese
kenmerke van Bauhaus-ontwerpe is. Die glasblaaie is aan die onderkant in
skakerings van kruisementgroen, geel, oranje en blou verlak om 'n prettige aspek by
'n leefkamer te voeg.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V4.1 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 4
Middel-orde Toepas, Implementeer, 40% 4.1 8
Hoër orde Organiseer
Analiseer, Vergelyk, Vertolk 2
Evalueer, Besin/Nadink 30% 4.1 4
Sintetiseer, Regverdig
4.2 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe.)
Die ring in FIGUUR H weerspieël die Dekonstruktivis se doel om vorme te
fragmenteer om dele te verken, eerder as om harmonie, eenheid en balans te
skep. In teenstelling met die Art Nouveau-ring in FIGUUR I wat tendoel het om die
sensuele vorme en lyne van die natuur te herhaal om ritmiese eenheid te skep.
Die Dekonstruksie-ring word duidelik beïnvloed deur die belangstelling van Kubisme
om voorwerpe in geometriese lyne en vorme te fragmenteer, terwyl die Art Nouveau-
ring die invloed van organiese fatsoene van die natuur, soos poue, toon. Die
Dekonstruksie-ring is groot, oorlaai en stekelrig, wat die invloed van die Anti-
Ontwerp-beweging se bevraagtekening van konvensionele skoonheidstandaarde,
terwyl die Art Nouveau-ring uit strelende, gladde, draaiende/kolkende oppervlakke en
vorme bestaan.
Die Dekonstruksie-ring word opgesny deur baie oorkruisende, reguit diagonale lyne,
tipies van Dekonstruksie-ontwerpe, wat skerp, gebroke bewegings tot gevolg het.
In vergelyking is die sweepslaglyn wat geskep word deur die vloeiende, sensuele
buitelyn van die pou se kop en nek wat rondom die Art Nouveau-ring drapeer, meer
aaneenlopend en draaiend/kolkend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
'n Vloeiende ritme word geskep deur die herhaalde, geboë koppe van poue in
FIGUUR I, wat kronkelend om die sentrale edelsteen draai. 'n Uitwaartse stralende
ritme word deur die herhaling van die waaieragtige lyne en sirkels bo-op die poue se
koppe geskep. Daarteenoor word 'n chaotiese ritme deur die reguit, hoekige,
lukraak geplaasde lyne in FIGUUR H geskep.
Ergonomie (gerief vir die draer) is duidelik nie een van die hoofdoelwitte van die
Dekonstruksie-ring nie omdat dit redelik swaar op die vinger moet wees en die
uitstaande lyne daarvan sal aan baie goed vashaak terwyl die hand en vinger
beweeg word. Die Art Nouveau-ring lyk ligter en gemakliker om te dra. Die pou
se kroonvere strek aan weerskante van die middel van die ring langs die vinger, wat
dit minder geneig sal maak om aan goed vas te haak, maar tog nie baie gemaklik
op die vinger nie.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir tabelvergelyking-antwoorde
toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate
twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon.
Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.
V4.2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.2 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1
Middel-orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.2 4
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk
Evalueer, Besin/Nadink 30% 4.2 2
Sintetiseer, Regverdig 1
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1
5.1.1 (Ken 4 punte toe.)
'n Positiewe kenmerk van die trapontwerp is die gladde styging van elke trap wat
laag en gemaklik lyk om te gebruik. Die trap maak voorsiening vir inklusiewe
toegang; liggaamlik geskikte mense en mense met gestremdhede kan dieselfde
trap gelyktydig gebruik. 'n Negatiewe kenmerk van die trapontwerp is dat daar te
min handrelings is en dit kan daartoe lei dat mense val. Die skerp draaie in die
opgang kan gevaarlik wees vir rolstoele, wat ongelukke tot gevolg kan hê. Die
steil helling/daling van die opgang sonder spoedwalle kan fisies nogal uitdagend en
gevaarlik wees.
Gee krediet aan enige ander geldige antwoorde.
5.1.2 (Ken 16 punte toe.)
Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam van
'n ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte,
materiale en tegnieke en 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld
en hoe dit sosiokulturele kwessies aanraak.
EEN SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE SOSIOKULTURELE ONTWERPER/
ONTWERPGROEP:
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk
BRANDweerstasie Soweto ('FIRE Station Soweto') deur Rodney Eksteen in
samewerking met Jeanne Homer en Jocelin Flank.
Bespreek die doelwitte, materiale en tegnieke van hierdie ontwerper
Rodney Eksteen, 'n 25-jarige lid van die brandweerdiens in Suid-Afrika, het in
samewerking met medeprofessor in argitektuur, Jeanne Homer, en Jocelin Flank
van Oklahoma State University 'n brandweerstasie in die Johannesburg-omgewing
ontwerp wat meer as net 'n brandweerstasie is. Dit het ten doel gehad om die
dienste en pligte van 'n brandweerstasie te verskaf wat nie net aan die
gemeenskap van Soweto behoort het nie, maar ook die gaping tussen
brandweerpersoneel en inwoners oorbrug het. Die ontwerp het ten doel gehad
om beide kante te help glo dat hulle vennote is met die versorging en welstand van
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
hulle gemeenskap. Die materiale en tegnieke wat vir hierdie gebou gebruik is, is
onkonvensioneel in styl, met gebruik van 'n staalraam, betondakglas en
aluminiumvel om maksimum natuurlike lig in die gebou in te laat. Sonpanele word
gebruik om elektrisiteit op te wek en dit maak die gebou energiebesparend en
volhoubaar. 'n Minimale gebruik van swaar tradisionele baksteen en dagha word
op die mure gebruik.
Ontleed EEN voorbeeld en verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
kwessie(s) aanraak
In die verlede is brandweerstasies as pakhuise gebou, eerder as dele van
gemeenskappe. Hulle het soos militêre installasies met tralievensters en hekke
gelyk en het gedien as stoorplek vir brandweertoerusting en personeel. Buiten die
reaksie van brandweerstasies op noodgevalle was daar min tot geen interaksie
tussen brandweerpersoneel en burgers nie. Hierdie brandweerstasie is oopplan
en vol lig, wat die publiek innooi. Dit is nie meer 'n struktuur wat 'n outoritêre
regering verteenwoordig nie – dit reik uit na die publiek en skep 'n brug tussen die
regering en die publiek.
EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en hulle ontwerpproduk
Studio vir Haweloses ('Homeless Studio') deur die University of Southern
California's School of Architecture.
Ontleed die doelwitte, materiale en tegnieke van hierdie ontwerper
In reaksie op 'n groeiende kommer oor die kwessie van hawelose mense het die
University of Southern California's School of Architecture die Homeless Studio
geskep, 'n studenteprojek wat daarop gemik is om die krisis van haweloses te
verlig. Ontwikkel in samewerking met Madworkshop ('n nie-winsorganisasie en
argitektuurontwerpgroep) het die Homeless Studio holistiese oplossings ontwikkel
om die kwessie van haweloosheid aan te pak.
Vervaardig met materiale soos laaghout, Perspex en aluminium, is die skuilings
bedoel om lig te wees en maklik om rond te beweeg. Die skuiling kom in
verskillende fatsoene en groottes, maar het ruimte vir een persoon om te slaap.
Elke ontwerp hanteer die behoefte van sy inwoner vir sekuriteit, privaatheid en
skuiling teen die elemente. Hierdie projek maak voorsiening vir die fisiese
skepping van hulle prototipes, wat 'n 30-bed-skuiling ingesluit het wat 'n prototipe
skuiling vir haweloses sal word. Die ontwerpers het hulle voltooide strukture aan
hawelose mense oral in die stad gelewer.
Bespreek EEN voorbeeld en verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
kwessie(s) aanraak
Ontwerpers het die sosiale kwessie van haweloosheid aangepak deur hierdie
versameling tydelike, beweegbare, modulêre en uitskuifbare strukture te skep wat
die haweloses van die straat af kan hou, terwyl hulle geweier het om op
staatsingryping staat te maak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die Homeless Studio se plan stel die groep ontwerpers in staat om aan praktiese
vervaardigingswerkswinkels deel te neem en werklike gevallestudies te onderneem
met plaaslike inwoners wat haweloosheid ervaar.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V5.1 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.1.1 + 5.1.2 1+1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.1.1 + 5.1.2 1+3
Middel-orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.1.1 2
5.1.2 6
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 5.1.2 2
Evalueer, Besin/nadink 30% 5.1.2 4
Sintetiseer, Regverdig
5.2
5.2.1 (Ken 2 punte toe.)
In FIGUUR K word die Voëlnes('Bird's Nest')-swembadtuinhuisie gebou deur
gebruik te maak van inheemse kunsvlyttegnieke soos mandjieweef, hut- en
kraalkonstruksie. Internasionale en plaaslike toeriste wat die lodge besoek, word
blootgestel aan Botswana se tradisionele kunsvlyt-erfenis wat gesien word in die
tuinhuisie-ontwerp. Die potensiaal van hierdie inheemse kunsvlyttegnieke
verhoog die status van ontwerp aangesien dit die 'oue' (tradisionele) met die 'nuwe'
(moderne) laat saamsmelt'. Dit help ook om toeriste 'n unieke, egte Afrika-
ervaring te gee.
5.2.2 (Ken 8 punte toe.): 1 punt vir die tradisionele handwerk-/inheemse kulturele
gemeenskap, 5 punte vir 'n bespreking van die materiale, metodes en
prosesse en 2 punte vir die sosiale waarde en funksie van die handwerk.
Naam van EEN tradisionele kunshandwerk-/inheemse kultuur-gemeenskap
wat die tradisionele kunshandwerk gemaak het:
IsiZulu Ceramics.
Die materiale, metodes en prosesse wat gebruik is om die tradisionele
kunshandwerk te maak:
Die oproltegniek word gebruik om Zoeloe-potte te maak. Die hoofmateriaal is
rooi en donker klei wat uit die berge versamel word en tot 'n fyn poeier op 'n
slypsteen gemaal word. Hierdie poeier word dan gedroog totdat dit die regte
digtheid bereik het, of 'n geskikte graad van plastisiteit. Die mure van die houer
word geleidelik uit 'n sirkelvormige basis opgebou. Daar word noukeurig gelet op
simmetrie en die korrekte breedte van mure. Binne- en buitemure word gevorm
en met 'n stuk kalbas, klip of metaalgereedskap gepoleer. Sodra dit klaar is, word
die pot met komberse bedek en in 'n hut geplaas totdat dit hard soos leer is en dit
word dan vir sewe dae buite gedroog. Daar is twee hoof Zoeloe-
versieringstegnieke, nl. toegepaste en gekerfde versiering. Toegepaste versiering
word gedoen deur klein kleiballetjies op potte (Intsumpa) vas te heg of om druk van
binne die pot uit te oefen om buitenste uitsteeksels te skep. Gekerfde versierings
wat op die pot ingeskryf is, skep herhalende patrone. Zoeloes het putvuur
gebruik. Potte word in 'n vlak put geplaas en met droë aalwynblare en hout
bedek, wat dan aan die brand gesteek word. Potte wat bedoel is om uit te eet en
te drink, moet 'n tweede met koeke droë beesmis in die vuur gesit word. Potte
kom uit die tweede vuur met 'n swart voorkoms, gevryf met appelliefieblare, 'n klein
plat klippie en dierevet, wat 'n blink, gladde en swart afwerking daaraan gee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 16 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk:
Die hooffunksies van hierdie pottebakkeryhouers is om vleis, graan en groente te
kook en voor te sit. Brou, bedien en drink sorghumbier. Vervoer en berg water,
gee medisyne, brand wierook as deel van seremonies wat daarop gemik is om die
voorouers te vereer en mee te kommunikeer. Die meeste pottebakkers maak
vandag houers vir die brou, opdien en drink van sorghumbier (utshwala), en 'n
reeks kleiner opdien- en eethouers vir die verbruik van uphuto, 'n mielie-
gebaseerde pap, en amasi. Fatsoene en groottes wissel volgens hulle funksie –
die grootste pot is die onversierde 'imbiza', 'n pot wat gebruik word om te kook en
tot 40 liter tradisionele bier kan hou. Drinkpotte het 'n urnvorm met 'n silindriese
tregter, wat vermorsing voorkom en skink vergemaklik. Die 'umancishane', 'n
kleiner pot, dui aan 'n besoeker wat bier daarin ontvang het, aan dat slegs 'n kort
kuier verwag word.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
5.2.3 (Ken 10 punte toe.): 1 punt vir die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en
hulle produk(te), 6 punte vir doelwitte, invloede en materiale en 3 punte oor
hoe tradisionele tegnieke/metodes en materiale op die relevante
kontemporêre ontwerp toegepas is
Naam van ontwerp/ontwerpgroep en hulle produk(te):
Vase Telewire Light deur Mash T Studio
Algemene doelwitte, invloede en kenmerke van die ontwerper/ontwerpgroep
se werk:
Mash T Studio se missie sentreer om die behoud van die essensie van tradisionele
ambags-/vakmanskap deur tegnologie en hierdie kunsvlyt te laat saamsmelt om
'n kontemporêre ontwerp-estetika te skep. Hulle put uit die ryk Suid-Afrikaanse
kulturele erfenis om moderne ontwerp te inspireer. Hierdie benadering stel hulle
in staat om nuwe lewe in tradisionele ontwerpe, tegnieke en voorwerpe te blaas, en
om hulle relevansie in vandag se samelewing te verseker sodat hulle nie vergeet
word nie. Tradisionele materiale soos krale en telefoondraad word gebruik om
hierdie moderne, onverwagte nuwe vorme te vorm.
Mash T Studio werk nou saam met tradisionele vakmanne om Suid-Afrikaanse
stories in hulle uiteenlopende reeks produkte te verweef, wat wissel van beligting
tot meubels, bv. The Hlabisa-bank, wat geskep is in samewerking met
Houtlander en meesterwewer, Beauty Ngxongo.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 17 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
'n Bespreking van hoe tradisionele tegnieke/metodes op die kontemporere
ontwerp toegepas is:
Die Vase Telewire-scooby-hanglamp, deel van die Alfred-ligreeks, is 'n voorbeeld
van 'n kontemporêre ontwerp wat tradisionele Suid-Afrikaanse kunsvlyt, d.w.s.
mandjie- en telefoondraadweef, aanpas om pragtige produkte te skep wat in 'n
kontemporêre ontwerp inpas. Die hanglamp bestaan uit twee mandjieagtige
vorme wat in die middel ontmoet. Die boonste helfte waaier oop na die bokant wat
soos 'n breë mandjie lyk, en die onderste helfte vorm 'n meer buisvormige
afwaartse mandjievorm. Die kombinasie van twee mandjievorme het 'n nuwe,
onverwagte kontemporêre vorm tot gevolg.
Hierdie ligtoebehore is geskep in samewerking met die meester-teledraadwewer,
Bab' Alfred Ntuli en Elizabeth Joubert van Tin Lab Designs. Geïnspireer deur die
praktyk wat van so vroeg as die 1960's gesien is, waar Zoeloe-nagwagters stukkies
telefoondraad om hulle tradisionele stokke begin weef het, voeg hierdie plafonligte
'n moderne kinkel by 'n eeue-oue tradisie, met 'n kenmerkende estetika vir enige
interieur.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
GEEN punte moet gegee word vir herhaling van ontwerper(s) en hulle werk
wat reeds in hierdie vraestel gebruik is nie.
V5.2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.2.1 + 5.2.2 1+2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.2.3 3
Middel-orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.2.1 + 5.2.2 1+3
+ 5.2.3 +4
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 5.2.2 3
Evalueer, Besin/Nadink 30% 5.2.3 1
Sintetiseer, Regverdig 5.2.3 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 18 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6 [20 punte]
6.1 (Ken 4 punte toe.)
Modeontwerper Katekani Moreku, glo in die herwinning en herontwerp van
weggooimateriaal vir sy mode-ontwerpe. Katekani is in staat om plaaslike, gewilde
items soos mieliemeelsakke, helderkleurige, gestreepte plastiektafeldoeke, natuurlike
geweefde mandjies en shweshwe-stof in volhoubare mode te transformeer. Katekani
vind onkonvensionele materiale en weggooi-items by liefdadigheidswinkels wat hy
omskep in nuwerwetse mode-ontwerpe vir die huidige generasie. Katekani
beklemtoon dat die herontwerp van weggooiklere en -voorwerpe kostedoeltreffend
is. Deur te herontwerp, voel hy bemagtig om uitdrukking te gee aan sy
persoonlikheid en unieke kenmerkende styl in sy reeks wat teksture en helderkleurige
tekstielstof kombineer, wat sy volhoubare modereeks alles behalwe konvensioneel,
eenvormig of basies maak. Moreku voeg ook by dat ons huidige generasie
bewustheid moet begin skep van die belangrikheid van herontwerp en herwinning
sodat ons toekomstige geslagte in staat sal wees om die hoeveelheid besoedeling te
verminder.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
6.2 (Ken 16 punte toe.)
Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam van 'n
ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte, materiale en
prosesse en 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld en hoe dit
omgewingskwessies aanpak.
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe: Waste to
Wonder Pavilion deur Architecture Studio theMAAK: 'n getransformeerde openbare
ruimte met gebruik van herontwerpte Tetra Pak-rommel (Suid-Afrika), 2019.
Doelwitte, materiale en prosesse gebruik:
Die primêre doel van die argitektefirma, theMAAK, is om 'n praktiese benadering te
gebruik in 'n poging om die gemeenskap in Langa ('n lae-inkomstegebied in Kaapstad)
te bemagtig en op te voed sodat hulle verstaan wat 'afval' is en hoe om dit tot hulle
voordeel te benut. Nog 'n doel is om 'n dinamiese 'kultuur vir die gebruik van
openbare ruimtes' in ontwikkelende gemeenskappe aan te moedig. Die span hoop
dat die projek 'n positiewe reaksie by die gemeenskap sal skep en wêreldklas
argitektuur sal voorsien word aan diegene wat dit die nodigste het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 19 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die tema was om 'n tydelike Wonder Pavilion-struktuur te skep. Met die hulp van
theMaak het die gemeenskap 'n Wonder Pavilion met Tetra-Pak-verpakkingsmateriaal
(herwinde melkkartonne) gemaak. Die binnekant van die Tetra-Pak-verpakking is 'n
swaardiens-, taai papier wat waterwerend is, wat dit duursaam en geskik maak vir 'n
tydelike afdak.
Die proses wat theMAAK gevolg het, was 'n samewerking met eendersdenkende
mense van verskillende agtergronde en wat ander vaardighede as Langa gehad het.
Idees is uitgeruil, gedeel en kreatiewe mense het die geleentheid gekry om by mekaar
te leer. Deur hierdie samewerking het theMaak die gemeenskap gehelp om
omgewingsontwerpe van 'n hoë gehalte meer toeganklik en inklusief te maak.
'n Ontleding van die ontwerp en 'n verduideliking van hoekom dit volhoubaar is
en omgewingskwessies aanpak:
Die Waste to Wonder Pavilion is 'n swaaiende, modulêre afdak-ontwerp wat 'n
origami-net, argitektoniese patroon en/of struktuur skep deur die binnekantse wit deel
van die melkkartonne te gebruik. Die pawiljoen toon duidelik hoe Tetra-Pak-afval
gebruik kan word om 'n pawiljoen te bou en maak die gemeenskap bewus van die
'estetiese en materiële potensiaal van afval'. Die hergebruik en herontwerp van
Tetra-Pak skep 'n volhoubare ontwerp wat omgewingskwessies aanpak. Deur
opvoeding en gedeelde inligting beland minder melkkartonne in stortingsterreine of op
die strate van Langa en die omliggende gebiede. Hierdie herwinningsinisiatief
verskaf pragtige openbare infrastruktuur, moontlik gemaak deur samewerking, en
moedig die gemeenskap aan om verantwoordelik en oplettend te wees in hulle
omgewing.
INTERNASIONALE OMGEWINGSONTWERPER/-ONTWERPGROEP
Naam van ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe:
Zero Waste-opwip('pop-up')-restaurant deur Linda Bergroth (Manhattan-jaarmark),
2018.
Doelwitte, materiale en prosesse:
Die tydelike, vierdaagse Zero Waste-opwip('pop-up')-restaurant bou voort op die
konsep wat deur Helsinki's Restaurant, Nolla, geskep is, en sy hoofdoel is om die
'eerste nul-afval-restaurant in Manhattan' te skep. Linda Bergroth het die opwip-
restaurant ontwerp, gebaseer op haar Skandinawiese agtergrond. Die doel daarvan is
om voedsel te gebruik wat normaalweg weggegooi sou word, en om nie-volhoubare
verpakking te verwerp. Hulle het saam met ontwerpers, ingenieurs en argitekte
gewerk om te besin oor afvalbestuur en waterdoeltreffendheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 20 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die materiaal wat gebruik word om die opwip-restaurant te bou, is herwinde Tetra Pak
– 'n verpakkingsmateriaal wat algemeen gebruik word vir melkkartonne en
voedselverpakking. Sjef Luka Balac het gesê: 'ons geregte by Zero Waste-
opwip('pop-up')-restaurant word van plaaslike en organiese bestanddele gemaak,
asook neweprodukte wat algemeen oor die hoof gesien word en alle oorskiet word
gekomposteer. Volhoubare voedselverpakking, bioafbreekbare oplossings en
materiële innovasies word die afgelope tyd oorweeg.' Die muurpanele van die
opwip('pop-up')-restaurant word in groepe deur ReWall in Iowa vervaardig, en kry hulle
kleur van watter produkte ook al op daardie tydstip verwerk word. Deur aan die
materiale getrou te bly, het die oppervlakke 'n gevlekte silwerblou kleurtoon van ver af,
terwyl die teks en strepieskodes van die verpakking sigbaar is as daar 'n mens van
nader kyk. Die opwip-restaurant en produkte is ontwerp om 'n prettige visuele
ervaring en 'n intieme eetervaring te skep, en die herwinde Tetra-Pak skep 'n
omgewing met uitstekende akoestiek.
'n Ontleding van die ontwerp en 'n verduideliking van hoekom dit volhoubaar is
en omgewingskwessies aanpak:
Die Zero Waste-opwip('pop-up')-restaurant is 'n uitstekende voorbeeld van 'n
kringloop-ekonomie, waarin hulpbronne so lank as moontlik gehou en hergebruik word.
Dit verskil van 'n lineêre ekonomie waar materiale en produkte gemaak, gebruik en
dan weggegooi word. Die opwipgeleentheid het ook werkswinkels en praatjies oor
die kringloop-ekonomie en nul-afval-mode ingesluit. Hierdie ontwerp pleit by mense
om ons lewenstyl, eetgewoontes en die materiaal wat ons gebruik, te heroorweeg.
Die filosofie agter hierdie ontwerp moet ons doelwit wees – verminder afval en help om
die natuurlike omgewing vir die toekomstige geslagte in stand te hou. Ons moet
verantwoordelik wees en die regte keuses maak. Die Zero Waste-opwip('pop-up')-
restaurant is werklik 'n volhoubare ontwerp wat geheel en al van herwinde en
herwinbare materiale gemaak is – meubels en eetgerei was ook 100% herwinbaar en
deur volhoubare ikoniese Skandinawiese style geïnspireer.
Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
V6 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 6.1 + 6.2 2+2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 6.2 2
Middel-orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 6.1 2
6.2 6
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 6 2
Evalueer, Besin/nadink 30% . 2
Sintetiseer, Regverdig 2 2
6
.
TOTAAL AFDELING C: 40
2
GROOTTOTAAL:
6
100
.
2
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (English)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper