You're offline
Skip to content
Question paper

Design P1 May-June 2025 Afr.pdf

Subject: DesignGrade 12202515 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN ONTWERP V1 (TEORIE) MEI/JUNIE 2025 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 2 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is DRIE keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAAG 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm beantwoord NIE. 6. Gebruik die korrekte nommering. Verkeerde nommering sal NIE gekrediteer word NIE. 7. Beantwoord AL die kolpunte wat in elke vraag vereis word. 8. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet bestee. 9. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. 2025 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 3 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 4 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Afrika- bedrukte katoen deur African Sonic (Nigerië), 2021. Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR A hierbo: • Kleur • Spasie • Balans • Kontras • Eenheid (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 5 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 1.2 FIGUUR B: Bykomstige meubelstuk deur Jean Servais Somian (Ivoorkus), 2019. Analiseer die ontwerp in FIGUUR B deur na die volgende te verwys: • Lyn • Tekstuur • Vorm • Klem • Funksie (5 x 2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 6 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP 2.1 Kuberteistering (geboelie) kan potensieel werklike dodelike gevolge hê. Kom ons staan saam vir verandering. FIGUUR C: Plakkaat vir 'n kuberteistering-veldtog deur Karina Kotval (VSA), 2012. woorde kan dodelik wees dink voordat jy 'n teks/boodskap stuur Identifiseer TWEE simbole in FIGUUR C en verduidelik hoe dit gebruik word om die boodskap van die plakkaat oor te dra. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 7 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 2.2 FIGUUR D: Skootrekenaarsak deur Sealandgear (Suid-Afrika), 2022. FIGUUR E: Hausa-stam-sak (Nigerië), circa 1960. Skryf 'n paragraaf waarin jy die sak in FIGUUR D met die sak in FIGUUR E vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking: • Invloede • Materiale • Ergonomie (3 x 2) (6) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 8 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: ARIGTEKTUUR Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3. 3.1 FIGUUR F: Garni-tempel aan die songod Mihr gewy, in opdrag van Koning Tiridates I (Armenië), 70–80 AE. FIGUUR G: Die Praalgraf van die Marteling van Poolse Dorpies in Michniów herdenk die massamoord van die inwoners van Michniów gedurende die Tweede Wêreldoorlog in 1943 deur Duitse magte, deur Nizio Design International (Pole), 2009. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 9 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 3.1 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Antieke Romeinse tempel in FIGUUR F met die kontemporêre praalgraf (museum) in FIGUUR G vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking: • Invloede/Inspirasie • Funksie • Konstruksie/Tegnologie • Materiale • Versiering (5 x 2) [10] OF 3.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur wat jy bestudeer het, vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking: • Invloede/Inspirasie • Funksie • Konstruksie/Tegnologie • Materiale • Versiering (5 x 2) [10] OF 3.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels-gebou/-struktuur wat jy bestudeer het, vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking: • Invloede/Inspirasie • Funksie • Konstruksie/Tegnologie • Materiale • Versiering (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 10 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 Bestudeer die visuele beelde hieronder en beantwoord die vraag op die volgende bladsy. Kuns en Kunsvlyt Art Nouveau De Stijl-geïnspireerd Bauhaus Art Deco Pop-ontwerp Postmodernisme Dekonstruktivisme Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 11 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 'Die funksie van ontwerp is om ontwerp te laat funksioneer.' – Micha Commeren Kies enige TWEE van die ontwerpbewegings/-style wat deur die visuele beelde (prentjies) op die vorige bladsy voorgestel word, wat die aanhaling hierbo ondersteun of verwerp. • Kuns en Kunsvlyt • Art Nouveau • De Stijl • Bauhaus • Art Deco • Pop-ontwerp • Postmodernisme • Dekonstruktivisme Skryf TWEE afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy na die volgende verwys: • Die doelwitte en invloede van ELKE beweging • Die stilistiese kenmerke van ELKE beweging • Noem 'n ontwerper en ontwerp uit ELKE beweging en bespreek hoe hierdie ontwerpe die aanhaling hierbo ondersteun of verwerp. (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 12 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 4.2 FIGUUR H: Modernistiese tafellamp FIGUUR I: Skandinawiese tafellamp (2) deur Edgar Brandt (Frankryk), deur VH Woolums (Denemarke), 1960. circa 1931. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die tafellampe in FIGUUR H en FIGUUR I hierbo vergelyk en verduidelik waarom hulle tipies is van die bewegings wat hulle verteenwoordig. Verwys na die volgende in jou bespreking: • Doelwitte • Invloede • Materiale • Lyn • Kleur (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 13 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 FIGUUR J: Zambulance by Zambikes (Zambia), 2015. FIGUUR J: Zambulance deur Zambikes (Zambië), 2015. 5.1.1 Bespreek die sosiale voordele en ontwerp-estetika van die Zambulance-ontwerp in FIGUUR J hierbo. (4) 5.1.2 In TWEE afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk), bespreek hoe sosiokulturele kwessies in die werk van EEN Suid- Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep hanteer word. Verwys na die volgende in jou bespreking: • Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerp wat sosiokulturele kwessies hanteer • 'n Bespreking van die doelwitte, materiale en tegnieke wat deur die ontwerper/ontwerpgroep gebruik word • 'n Ontleding van die ontwerp om te verduidelik hoe dié werk sosiokulturele kwessies hanteer Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE. (8 x 2) (16) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 14 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 5.2 FIGUUR K: Kandelaar ('Pendant light') deur Mash T Design Studios (Suid-Afrika), 2022. 5.2.1 Verduidelik hoe die ontwerp in FIGUUR K hierbo 'n unieke herinterpretasie van inheemse kunshandwerktegnieke is. (2) 5.2.2 Bespreek EEN inheemse tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het. Verwys in jou bespreking (ten minste EEN bladsy) na die volgende: • Naam van EEN tradisionele kunshandwerk-/inheemse kultuur- gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk gemaak het • Materiale, metodes en tegnieke gebruik • Die funksie van die kunshandwerk in die tradisionele konteks daarvan (8) 5.2.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse of Afrika-ontwerper/- ontwerpgroep wie se ontwerpe die aanpassing van inheemse kunshandwerktegnieke weerspieël om unieke en kontemporêre ontwerpe te skep. Verwys na die volgende in jou bespreking: • Naam van ontwerper/ontwerpgroep en EEN kontemporêre ontwerpproduk • Doelwitte, invloede en algemene kenmerke van die ontwerper/ontwerpgroep se werk • 'n Ontleding van hoe die ontwerper/ontwerpgroep die tradisionele tegniek aanpas en toepas om 'n kontemporêre ontwerpproduk te skep Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 15 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 6 FIGUUR L: Saadstrooi-tekkie ('Rewilding Sneaker') deur Kiki Grammatopoulos (Griekeland), 2023. Die tekkie-ontwerp hierbo versprei/strooi saad terwyl daarmee gestap word. Die ontwerp is beïnvloed deur die proses van pelsdiere wat saad versprei soos wat hulle deur die veld beweeg. 6.1 Definieer die term bioafbreekbaar ('biodegradable') met verwysing na die materiale wat vir die tekkie-ontwerp in FIGUUR L hierbo gebruik word. (1) 6.2 Bespreek die omgewingsvoordele van die tekkie-ontwerp in FIGUUR L hierbo. (3) 6.3 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpgroep bespreek wie se ontwerpe volhoubaar is en omgewingskwessies ondersoek. Verwys na die volgende in jou opstelle: • Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van sy/haar/hulle ontwerpe • Doelwitte, materiale en prosesse • 'n Ontleding van die ontwerp wat verduidelik hoe dit volhoubaar is en hoe dit omgewingskwessies aanpak/hanteer Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE. (8 x 2) (16) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Design

Explore more published documents in this catalogue.

View all