Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
ONTWERP V1 (TEORIE)
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 




View all



DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Design · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 17
- File size
- 1.3 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.
3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
VRAE 1–3
AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
VRAAG 4
AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
konteks (40 punte)
VRAE 5–6
4. Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.
5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in
tabelvorm antwoord NIE.
6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag
moet bestee.
7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
WOORDELYS
Gebruik die volgende woordelys om seker te maak jy verstaan hoe om ʼn spesifieke
vraag te benader:
Analiseer/ ʼn Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente en
Ontleed: beginsels.
Vergelyk: Wys verskille en ooreenkomste in ʼn geordende wyse binne dieselfde
argument.
Bespreek: Bied jou standpunt en gee redes vir jou stellings (motiveer).
Verduidelik: Verduidelik en gee redes vir jou stellings (motiveer).
Identifiseer: Stel vas of dui aan wie of wat (iemand of iets) is.
Definieer: Noem of beskryf noukeurig die aard, omvang of betekenis van iets.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 3
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: ‘ONGESIENE’ ONTWERPE
Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1
FIGUUR A: Herfs/Winter 2013/14 modeversameling deur Sindiso Kumalo
(Suid-Afrika)
1.1.1 Bestudeer die bostaande figuur en analiseer en bespreek SLEGS VIER
van die volgende:
Lyn
Eenheid
Uitleg
Balans
Kontras (4 x 2) (8)
1.1.2 Watter ontwerpbeweging/-styl dink jy, weerspieël die beste die
ontwerpeienskappe in FIGUUR A gesien? Motiveer jou antwoord. (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 5
1.2
FIGUUR B: Goud-beslaande haarkam deur Michelle Liao (Suid-Afrika), 2017.
Verduidelik die gebruik van die volgende ontwerpterme in verhouding tot
FIGUUR B hierbo:
Postmoderne
Negatiewe ruimte
Gebruik van materiaal
Struktuur
Funksie (5 x 2) (10)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR MIDDEL VAN ONTWERP
2.1
FIGUUR C: ‘Vervang vrees vir die onbekende met nuuskierigheid’,
plakkaatontwerp vir Verdaagsaamheid uitstalling, Tarek Atrissi Ontwerp, 2017.
2.1.1 Wat is die boodskap wat deur die plakkaat in FIGUUR C oorgedra
word? (1)
2.1.2 Verduidelik hoe die ontwerper van simboliek, beeldspraak, kleur en
teks gebruik gemaak het om die boodskap van die bostaande plakkaat
in FIGUUR C effektief oor te dra. (5)
2.1.3 Bespreek of die konsep stereotipe van toepassing is op die plakkaat in
FIGUUR C. Motiveer jou antwoord. (2)
2.1.4 Identifiseer en verduidelik die Gestalt-beginsel wat duidelik in die
bogenoemde plakkaatontwerp voorkom. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 7
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Verwys na FIGUUR D en FIGUUR E en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR D: Jeff Koons FIGUUR E: Die Mali Handsak,
Kunshandsak, Louis Vuitton, 2017. Hamethop, (Suid-Afrika), 2015.
Skryf ʼn opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die handsakke in FIGUUR D
en FIGUUR E vergelyk, deur hul ooreenkomste en verskille te bespreek met
verwysing na:
Gebruik van kleur
Inspirasie/Invloede
Patroon
Teikenmark
Produksietegnieke (5 x 2) (10)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 9
3.2
FIGUUR F: Die Parthenon in Griekeland, 800 VC, ontwerp deur Ictinus en
Calicrates.
FIGUUR G: Heuwel van die Boeddha-aanbiddingsterrein, Makomanai
Takino Begraafplaas, Sapporo, Japan, 2015 deur Tadao Ando.
Skryf ʼn VERGELYKENDE OPSTEL (van ten minste EEN volledige bladsy)
waarin jy die klassieke gebou in FIGUUR F met die kontemporêre gebou in
FIGUUR G hierbo vergelyk. Alternatiewelik kan jy enige klassieke gebou (wat jy
bestudeer het) met enige kontemporêre gebou vergelyk.
Sluit die volgende inligting in jou bespreking in:
Doel/Funksie
Teikenmark
Uitleg/Plan
Materiale en boutegnieke
Verhouding tot die terrein (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4
4.1 “Uitstekende ontwerp is ʼn meervlakkige verhouding tussen menslike lewe en sy
omgewing.”
[Naoto Fukasawa]
Met verwysing na bogenoemde aanhaling, skryf TWEE AFSONDERLIKE
OPSTELLE waarin jy verduidelik hoe enige TWEE van die ontwerpbewegings/-
style hieronder ʼn meervlakkige verhouding tussen menslike lewe en hul
omgewing weerspieël.
Ondersteun jou antwoord deur die oorsprong, doelstellings, invloede en
eienskappe van die bewegings/-style asook die bespreking van ten minste EEN
ontwerper en hul werk te bespreek.
Kuns en kunsvlyt De Stijl
Postmodernisme Art Nouveau
Modernisme Pop
Art Deco Bauhaus
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 11
4.2
FIGUUR H FIGUUR I
4.2.1 Identifiseer die ontwerpbewegings/-style wat deur die
tekstielontwerpe in FIGUUR H en FIGUUR I voorgestel word. (2)
4.2.2 Skryf ʼn VERGELYKENDE OPSTEL waarin jy FIGUUR H
vergelyk met FIGUUR I om jou begrip van die ooreenkomste en
verskille tussen die twee ontwerpbewegings/-style volgens die
volgende te toon:
Onderwerp
Doelstellings
Ruimte/Perspektief
Kleur
Steun jou antwoord met feitelike inligting uit elke
ontwerpbeweging/-styl. (4 x 2) (8)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING C: ONTWERP IN ’N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGSFAKTOR EN
VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1
FIGUUR J: Woobi Spel lugbesoedelings-masker is ontwerp om aanloklik vir
kinders te wees, 2017.
Die Deense ateljee Kilo Design het ʼn masker geskep om kinders wat in gebiede
met baie hoë vlakke van lugbesoedeling leef, te beskerm en op te voed. UNICEF
statistieke toon dat 300 miljoen kinders woon in plekke met die mees giftige
vlakke wat ooit aangeteken is. Die toestel is ontwerp vir kinders ses jaar en ouer.
5.1.1 Definieer die term sosiaal verantwoordelike ontwerp en verduidelik
hoe dit van toepassing is op die ontwerp in FIGUUR J. (2)
5.1.2 Wat maak dat die ontwerp van die produk aanloklik vir kinders is? (2)
5.1.3 Sou jy gemaklik voel om ʼn gesigsmasker in die openbaar te dra, veral
in dele van die wêreld waar dit nie algemene praktyk is nie?
Regverdig jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 13
5.1.4 Skryf TWEE AFSONDERLIKE opstelle (minstens 1½ bladsye in totaal)
waarin jy die werk van EEN kontemporêre sosiaal-verantwoordelike
Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN kontemporêre
sosiaal- verantwoordelike internasionale ontwerper/ontwerpgroep
bespreek wat jy bestudeer het. Verwys na EEN ontwerp-voorbeeld deur
ELKE ontwerper/ontwerpgroep wat sosiaal verantwoordelike
ontwerppraktyke aanspreek.
Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek
het NIE, of ontwerpers waarna in hierdie vraestel verwys word. (7 + 7) (14)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
5.2
FIGUUR K: Design Afrika het ʼn reeks mandjies en sakke wat vir inkopies en
die strand geskik is. KAT Shopper and Beach Shopper
(Suid-Afrika), 2016.
5.2.1 Dink jy produkte wat tradisionele vlyt-tegnieke insluit, kan suksesvol vir
moderne toepassing gebruik en geïntegreer kan word? Verwys na die
geweefde mandjie in FIGUUR K. (2)
5.2.2 Bespreek enige EEN inheemse handwerk wat jy bestudeer het. In jou
bespreking, verwys na die volgende:
Materiaal, metodes en prosesse om die handwerkproduk te maak
ʼn Beskrywing en ontleding/analisering van EEN voorbeeld
Die moontlike funksies van die handwerkproduk (3 + 3 + 2) (8)
5.2.3 Bespreek die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse
ontwerper/ontwerpgroep wat tradisionele metodes en/of materiale in hul
ontwerpe inkorporeer en sodoende sosiale en/of kulturele kwessies
aanspreek.
In ʼn opstel van EEN volle bladsy, sluit die volgende in:
Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en die naam van die
produk
ʼn Kort beskrywing en ontleding van minstens EEN werk, en
verduidelik hoe dit die invloed van die tradisionele handwerk
weerspieël
Die etiese kwessies wat deur die werk van die
ontwerper/ontwerpgroep aangespreek word
Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen genoem het
NIE, of oor geskryf het nie. (1 + 5 + 4) (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 15
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die beelde in FIGUUR L hieronder, sowel as die bygaande inligting
om jou te help om die volgende vraag te beantwoord.
FIGUUR L: Binne-buite skool (‘Inside Out School’) deur Andrea Tabocchini
en Francesca Vittorini, Ghana, 2017.
Soos die naam aandui, vervaag die Binne-buite skool (‘Inside Out School’) die
grense tussen binne en buite. Die gebrek aan hulpbronne en die
terreinbeperkings het 'n volhoubare ontwerpstrategie geïnspireer. Die skool is
met die hand gebou van materiaal wat op die terrein (grond, hout en plantegroei)
beskikbaar is deur ʼn span plaaslike werkers en internasionale vrywilligers wat
die skool binne 60 dae saamgestel het. ʼn Ligte houtstruktuur lig die dak op en
die struktuur bevat ʼn stoep wat tot in die tuin strek.
Deur die beelde en inligting wat verskaf word te gebruik, identifiseer en
bespreek al die maniere waarop die ontwerp van die gebou in FIGUUR L ʼn lae
omgewingsimpak verseker en aan volhoubare beginsels voldoen. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 17
6.2 In TWEE AFSONDERLIKE opstelle, bespreek die werk van enige EEN
kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN kontemporêre internasionale
ontwerper/ontwerpagentskap of ateljee (minstens 1½ bladsye in totaal) wat
jy bestudeer het wie se werk aan omgewings- en/of volhoubare probleme
aanspreek.
Sluit die volgende inligting in:
Die naam van die ontwerper/ontwerp agentskap/ateljee en die titel van
ʼn produk
Hoe die ontwerper/ontwerpagentskap of ateljee omgewings- en/of
volhoubare kwessies aanspreek in sy/haar ontwerpproses
Algemene eienskappe van die ontwerper/ontwerpagentskap/-ateljee
Die titel en ʼn kort beskrywing van EEN groot ontwerp-/ontwerpprojek
wat deur hierdie ontwerper/groep onderneem word is
Jy mag NIE verwys na enige ontwerper wat jy voorheen bespreek het NIE,
of ontwerpers waarna in hierdie vraestel verwys word. (7 + 7) (14)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 May June 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 May June 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 Nov 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 Nov 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Design P1 Feb March 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Design
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023-24.pdf
Memorandum
Design P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Question paper
Design P1 Nov 2024 MG Eng.pdf
Question paper
Design P1 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper



