Skip to content

Design Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperDesignGrade 12201812 pages

Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN ONTWERP V1 (TEORIE) 2018 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAE 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosio-kulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. Moet NIE in tabelvorm antwoord NIE. 6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet bestee. 7. MOET NIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/2018 SSE AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Brons-koper-en-turkooishangertjie deur Mike Edelman (Maryland, VSA), 2016. Bespreek FIGUUR A met verwysing na die volgende: • Gebruik van materiaal • Moontlike inspirasie • Vorm • Fokuspunt • Kleur (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/2018 SSE 1.2 FIGUUR B: Heraldiese Mieliepatroon-muurpapierontwerp deur Quagga (Suid-Afrika), 2012. Analiseer die gebruik van die volgende in FIGUUR B hierbo: • Lyn • Toonwaarde • Onderwerp • Balans • Ritme (5 x 2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/2018 SSE VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP FIGUUR C: Makarapa deur Plan International (Suid-Afrika), 2015. 2.1 Identifiseer DRIE simbole in FIGUUR C hierbo en bespreek die moontlike betekenisse daarvan. (6) 2.2 Verduidelik die boodskap van die plakkaat in FIGUUR C hierbo met verwysing na die term kulturele diversiteit. (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/2018 SSE VRAAG 3 Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Verwys na FIGUUR D en FIGUUR E hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR D: Bruidshaarkam FIGUUR E: Bruidshaarkam met deur Asante-kunstenaar (Ghana), 1932. Pêrelfiligraanwerk deur Highland Angel (Skotland), 2016. Skryf 'n kort opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy FIGUUR D met FIGUUR E vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking: • Moontlike invloede • Funksie • Tekstuur • Patroon • Materiaal (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/2018 SSE 3.2 FIGUUR F: Bacchus-tempel, argitek Detail van Bacchus-tempel, argitek onbekend (Baalbek, Libanon), onbekend (Baalbek, Libanon), 3de eeu VHJ. 3de eeu VHJ. FIGUUR G: Mainz-sinagoge Detail van Mainz-sinagoge deur Manuel Hertz Architects (Duitsland), deur Manuel Hertz Architects (Duitsland), 2010. 2010. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke tempel in FIGUUR F met die kontemporêre sinagoge (Joodse plek van aanbidding) in FIGUUR G hierbo vergelyk. Anders kan jy enige Klassieke gebou vergelyk met enige kontemporêre gebou wat jy bestudeer het. Verwys na die volgende in jou vergelyking: • Funksie • Struktuur • Boumateriaal • Invloede • Dekoratiewe elemente of styl van die geboue (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/2018 SSE AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 Om te ontwerp is baie meer as om bloot saam te voeg, te rangskik of selfs om te versorg: dit gaan oor die toevoeging van waarde en betekenis, om te verryk, te vereenvoudig, te verduidelik, te wysig, te vereer, te dramatiseer, te oorreed, en miskien selfs om te amuseer. –Paul Rand Kies enige TWEE bewegings uit die lys hieronder wat die aanhaling hierbo weerspieël. • Goties • Renaissance • Barok • Neoklassiek • Kuns en Kunsvlyt • Art Nouveau • Bauhaus • De Stijl • Modernisme • Postmodernisme • Dekonstruktivisme Skryf 'n opstel (ten minste TWEE bladsye) waarin jy bespreek hoe ELKE beweging die aanhaling hierbo weerspieël. Ondersteun jou antwoord deur na die volgende te verwys: • Die doelwitte en invloede van ELKE beweging • Die stylkenmerke van die bewegings wat jy gekies het • Verwys na EEN voorbeeld en ontwerper uit BEIDE beweging om jou stellings te motiveer (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/2018 SSE 4.2 FIGUUR H: Bugatti Tipe 57, Art Deco (Italië), 1934 tot 1940. FIGUUR I: Cadillac Eldorado, Pop Design (VSA), 1959. Skryf 'n vergelykende opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy bespreek hoe FIGUUR H en FIGUUR I kenmerkend is van die ontwerpbewegings wat hulle verteenwoordig. Verwys na die volgende om jou antwoord te ondersteun: • Inspirasie • Doelwitte • Lyn • Vorm • Kleur (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/2018 SSE AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 €35 = ongeveer R455,00; €6,50 = R84,50 €24 = R312,00; €6,50 = R84,50 FIGUUR J: Sosiale Bewustheidsveldtog: Waarom Jy Dit Nie Kan Laat Reën Nie ('Why You Can't Make It Rain Social Awareness Campaign') deur Saatchi & Saatchi (Nederland), 2007. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/2018 SSE 5.1.1 Verduidelik hoe die sosiale boodskap in die plakkate in FIGUUR J oorgedra word. Verwys na die volgende: • Beeldgebruik • Kleur • Gebruik van jukstaposisie/naasmekaarstelling (3 x 2) (6) 5.1.2 Skryf 'n opstel (ten minste TWEE bladsye) waarin jy die werk van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep bespreek wat sosiokulturele kwessies in hulle werk aanpak. Verwys na die volgende in jou bespreking: • Doelwitte wat verband hou met die konsep van sosiokulturele ontwerp • Noem en bespreek 'n ontwerper/ontwerpgroep en EEN van sy/haar/hulle produkte wat sosiale verantwoordelikheid weerspieël. (14) [20] OF 5.2 5.2.1 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor 'n soort inheemse tradisionele kunshandwerk wat in Suid-Afrika beoefen word. Verwys na die volgende in jou opstel: • Die geskiedenis en sosiale funksies van die tradisionele kunshandwerk • Materiaal, metodes en prosesse • 'n Bespreking van EEN voorbeeld asook die naam/name van die inheemse kulturele gemeenskap of inheemse handwerk- kunstenaar wat dit gemaak het • Die waarde van die beoefening van hierdie soort kunshandwerk in kontemporêre Suid-Afrika (10) 5.2.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor enige EEN Suid- Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep wat tradisionele handwerktegnieke/-materiaal vir moderne gebruik aanpas. Gebruik die volgende struktuur wanneer die vraag beantwoord word: • Gee die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en sy/haar ontwerpproduk(te) • Bespreek hoe tradisionele tegnieke/metodes en materiaal op kontemporêre ontwerp toegepas is en verwys na spesifieke voorbeelde om jou stellings te ondersteun • Bespreek of hierdie produk(te) 'n sosiokulturele bydrae maak Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/2018 SSE VRAAG 6 6.1 FIGUUR K: Plastiekbesoedeling-veldtog deur Surfrider (Europa), 2012. Die 'kos' hierbo stel sushi-rolletjies, Japanese seekos, voor. 6.1.1 Bespreek hoe die plakkaat in FIGUUR K die aandag op die omgewingswaarskuwing hierbo vestig. (4) 6.1.2 Dink jy dat 'n plakkaatveldtog effektief kan wees om gedragsverandering te weeg te bring? Motiveer. (2) 6.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN EN 'N HALWE bladsye) waarin jy die werk bespreek van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep/ ateljee en EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep/ateljee wie se werk omgewings-/volhoubaarheidskwessies aanpak. Verwys na die volgende in jou bespreking: • Algemene doelwitte van die ontwerper/ontwerpgroep/ateljee en sy/haar/hulle ontwerpproduk(te) • Noem EEN ontwerper en sy/haar ontwerp en verduidelik die invloed daarvan op die omgewing Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE. (14) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all