Skip to content

Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

MemorandumDesignGrade 12202519 pages

Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN ONTWERP P1 (TEORIE) MEI/JUNIE 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 2 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte] Kandidate MOET ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2 beantwoord. 1.1 (Ken 10 punte toe, 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek) Die Afrika- bedrukte katoen weerspieël 'n lewendige en ryk kleurskema wat tipies van Afrika- tekstiele is. Sterk, primêre kleure soos rooi, geel en blou word saam met donkerblou, swart en wit gebruik. Hierdie kontras skep 'n dramatiese effek. Die druktegniek, batik/knoopverf skep 'n ongelyke, gevlekte kleur in die rooi en geel gedeeltes van die ontwerp wat met die soliede lig en donkerblou areas van die ontwerp kontras. Die tekstielontwerp skep verskillende optiese illusies van vooruitkommende (voorgrond) en terugtrekkende (agtergrond) spasie. Die groot geel en blou diamantvorms lyk asof dit uitstaan as gevolg van perspektieflyne wat in die vier hoeke van hierdie diamante bymekaarkom. Die dominante donkerblou keëlvorms wat bymekaarkom om 'uurglas'-vorms te vorm, lyk asof dit terugtrek. Die afnemende ligblou en wit sekelmaan fatsoene op die donkerblou kegel of uurglas fatsoene skep die illusie van drie-dimensioneel ruite. Die tekstiel ontwerp weerspieël 'n kristallografiese balans aangesien die visuele gewig eweredig in alle rigtings regdeur die komposisie versprei is. 'n Simmetries gebalanseerde patroon word herhaal in die kruising van vertikale en horisontale gedeeltes wat struktuur en harmonie skep. Koel blou kleure kontrasteer met spatsels van warm geel en rooi-geel kleure. Nog 'n kontras van die batik ontwerp is die gebruik van geometriese driehoeke en diamante met organiese fatsoene. Hierdie kontras maak die ontwerp besig en lewendig. Die roosteragtige perspektiwiese lyne wat bo-op die vorms geplaas word, verenig en verbind al die fatsoene van die ontwerp. Die herhaling van die diamant- en driehoekvorms asook die gebruik van die primêre kleure rooi, blou en geel skep eenheid in die ontwerp. Nog 'n verenigende element is die herhaalde gebruik van swart cloisonné-buitelyne. Ken ander geldige stellings ook aan, insluitend konseptueel akkurate beskrywings, selfs al is die terminologie nie handboek-spesifiek. V1.1 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE VAARDIGHEDE TOEKENNING (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.1 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1 Middel-orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1 4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 1.1 2 Evalueer, Besin/nadink 30% 1 Sintetiseer, Regverdig OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 3 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 1.2 (Ken 10 punte, 'n maksimum van 2 punte elk vir elke kolpunt/aspek toe) Die ontwerp gebruik 'n kombinasie van vertikale en horisontale lyne om die lywige/groot vorm van die produk te definieer en om 'n baie stabiele struktuur te skep. Die donker, horisontale lyne van die houtgrein op die laaie is baie prominent en kontrasterend met die vertikaal lyn van die sentrale pilaar. Sirkelagtige lyne word gevorm deur gate in die laaie wat as handvatsels dien. Hierdie klein sirkeltjies weerspieël die sirkelagtige basis van die poot van die tafel en voeg beweging by 'n andersins rigiede ontwerp. Die tekstuur van die meubelstuk is glad en blink as gevolg van die pienk/rooi verf en verniste houtmateriaal. Die visuele tekstuur van greinpunte van die hout maak die oppervlak interessant en gedetailleerd. Die greinagtige tekstuur van die stompagtige basis kontrasteer met die gladde laaie bo-op. Die vorm van die kanttafeltjie is 'n lywige “T” in die vorm van 'n alfabet wat geskep is deur die kruisende tafel blad en stompagtige silindervorm van die tafelbeen. 'n Hol reghoek word in die middel van die silindriese massa gevorm. Die laaie is groot kubusse wat genoeg plek vir stoor het. Die gebruik van die pienk/rooi kleur op die reghoek wat sentraal geplaas is, word beklemtoon deur die negatiewe spasie wat met die dominante bruin hout van die tafel kontrasteer. Die twee groot laaie is aan beide kante geplaas vir balans wat die lywigheid van die struktuur beklemtoon. Die produk is 'n meubelstuk wat funksioneer as stoorplek vir gereedskap/benodigdhede in die laaie en as 'n tafel waarop voorwerpe geplaas kan word. Die hol reghoek in die middel van die silinder kan as 'n rak gebruik word. Die stuk kan ook as bykomstige meubels gebruik word, bv. 'n bedtafeltjie of sitkamertafeltjie. Gee krediet aan enige ander geldige stelling V1.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE (10) TOEKENNINGS Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.2 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1 Middel-orde Toepas, Implementeer, 40% 1.2 4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 1.2 2 Evalueer, Besin/Nadink 30% 1 Sintetiseer, Regverdig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 4 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte] 2.1 (Ken 4 punte toe) Die geweer is 'n simbool van gevaar en intimidasie. Net soos 'n geweer fisiese skade kan veroorsaak, kan kuberteistering emosionele en sielkundige skade aanrig met dreigemente van geweld of beserings wat deur 'n digitale middel gedoen word. Die selfoon simboliseer digitale konneksie en aanlyn platforms waar kuberteistering dikwels plaasvind. Dit verteenwoordig die medium waardeur boelies hulle slagoffers teiken, met gebruik van sosiale media, boodskaptoeps ('apps'), en ander digitale platforms om haat en teistering te versprei. Selfone maak anonieme kommunikasie moontlik, wat boelies in staat stel om agter skerms weg te kruip terwyl hulle kuberteistering pleeg. Hierdie selfoon is gesigloos en simboliseer ook 'n gebrek aan toerekenbaarheid wat individue kan help om skadelike gedrag aanlyn te verrig. Hierdie plakkaat beklemtoon die belangrikheid van die bevordering van digitale burgerskap en verantwoordelike aanlyn gedrag om kuberteistering te beveg. Dit beklemtoon die behoefte aan bewustheid. 2.2 (Ken 6 punte toe) Die kontemporêre Sealandgear gladde (FIGUUR D), eenvoudige skootrekenaarsak kan 'n standaard 15 cm-rekenaar en bykomstighede vat. Dit is 'n ekovriendelike ontwerp omrede dit herbruikbare materiaal soos seildoek van reklameborde en veiligheidsgordels van motors wat andersins op afvalhope sou beland het gebruik. Dit word beïnvloed deur huidige omgewingskwessies. Die dekoratiewe Hausa-stam-sak (FIGUUR E) is beïnvloed deur die ruk kulturele erfenis van Nigerië en is tradisioneel deur vroue vir sosiale gebeurtenisse gebruik. Hierdie Hausa- handgeweefde sakke is ook beïnvloed deur tradisionele Nigeriese geometriese patrone wat in hulle kenmerkende handgeweefde tekstiele gevind word. Hierdie Hausa sakke reflekteer sosiale identiteit en seremonieuse gebruik, terwyl die Sealandgear sak vir digitale era, draagbaarheid en omgewings bewussyn ontwerp is. Die herdoelgemaakte, stewige weggegooide materiale van die Sealandgear- skootrekenaarsak skep duursame en stylvolle sakke. Die gebruik van hierdie stewige materiaal en versterkte stikmetodes verbeter die sak se sterkte, wat dit vir daaglikse gebruik geskik maak. Hierdie materiaal is sinteties, wat 'n stedelike en industriële gevoel skep. In kontras hiermee is die materiaal van die Hausa-stam-sak natuurlik en organies wat die sal 'n aardse gevoel gee.  Die sak is handgeweef met gebruik van plaaslike gedroogde blare wat gedraai word om opwindende en intrinsieke geometriese patrone te vorm in verskillende aardse kleure met gebruik van natuurlike kleurstowwe. Die sak word ook versier met klein skulpies en stukkies gekleurde leer wat daaraan 'n organiese karakter verleen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 5 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Ergonomie is effektief gemaak in die Sealandgear-skootrekenaarsakontwerp met die dun, liggewig, funksionele en gemaklike ontwerp. Die deurdenkte kompartementalisasie verseker doeltreffende organisasie en maklike toegang tot besittings. Dit is ontwerp met 'n ritssluiter voor om toestelkabels veilig te berg. Die verstelbare skouerbande stel jou in staat om dit op 'n gemaklike hoogte te dra wat na jou smaak is. Die Hausa-stam-sak is ergonomies ontwerp want dit laat die draer twee opsies toe om dit te dra. Die lang geweefde band gaan oor die skouer of die sak kan met die handvatsel wat by die sak se ontwerp ingesluit is, gedra word. Die sak se insetsel kan groter gemaak word om meer persoonlike items te hou. LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte kan vir tabelvergelyking-antwoorde toegeken word. 'n Maksimum van 4 punte kan toegeken word waar kandidate twee aparte vergelykings aanbied wat belangrike en relevante stellings toon. Gebruik die kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk. Ken ander geldige stellings ook aan, insluitend konseptueel akkurate beskrywings, selfs al is die terminologie nie handboek-spesifiek. V2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE VAARDIGHEDE TOEKENNING (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 2.1 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 2.2 1 Middel-orde Toepas, Implementeer, 40% 2.1 2 Organiseer 2.2 2 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk Evalueer, Besin/Nadink 30% 2.2 2 Sintetiseer, Regverdig 2.2 1 VRAAG 3 [10 punte] LET WEL: Slegs twee voorbeelde (3.1 en 3.3) sal vir hierdie nasienriglyne bespreek word. 3.1 (Ken 'n maksimum of 2 punte per kolpunt/aspek vir 'n totaal van 10 punte toe.) Die Garni-tempel (FIGUUR F) is in opdrag van Koning Tiridates I van Armenië rondom 70–80 AJ gebou. Die vloerplan van die tempel toon die invloed van die tipiese Romeinse panteïstiese styl tempel wat die beeld van die songod in die cella vertoon. In kontras hiermee is die vorm van die Praalgraf van die Marteling van die Poolse dorpie, Michniów (FIGUUR G), beïnvloed deur die gebeurtenisse wat tydens die massamoord van die inwoners van Michniów deur Duitse magte in 1943 gedurende die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind het. Die herdenking van hierdie historiese gebeurtenis beïnvloed nie net die argitektuur nie maar ook die binnekant en die permanente uitstalling wat in die dramaties gesegmenteerde vorm van die praalgraf gehuisves word. Die elegante verhoudings van die Garni-tempelstruktuur inspireer 'n indruk van mag en harmonie waar die gefragmenteerde vorm van die praalgraf 'n simbool van chaos, vernietiging en onderdrukking is wat die Poolse dorpies tydens die Tweede Wêreldoorlog beïnvloed het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 6 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Die oorspronklike funksie van die Garni-tempel in Armenië was as 'n heidense tempel wat hulde betoon het aan die songod Mihr. Dit funksioneer nou as 'n belangrike toeriste- aantrekking in Armenië. Anders as die tempel, funksioneer die Praalgraf van die Marteling van die Poolse dorpie, Michniów, as 'n argitektoniese gedenkstuk. Die herdenkingsgebou huisves 'n permanente uitstalling van foto's en historiese dokumente. Die uitstalling se funksie is om die besoeker se sensoriese ervaring te verhewig deur die gebruik van multimedia, die keuse van materiaal en die integrasie van skulpturele vorms wat die museum opmaak. Die Garni-tempel is gebou deur die gebruik van ioniese pilaarkoppe bo-op die kolomme wat van rotsblokke van die plaaslike steengroef gemaak is. Die reghoekige vloerplan het bestaan uit 'n kolonnade en 'n cella op 'n opgeligte podium; die klein cella sou oorspronklik die kultusbeeld van die songod Mihr gehuisves het. Wanneer daar van die noordelike en suidelike fasades gekyk word, lyk die Praalgraf van die Marteling onverwags soos 'n gewone plaashuis/landelike huis. Die monolitiese liggaam van die praalgraf bestaan uit 11 segmente wat op só 'n wyse gebou is dat die gevoel van rustigheid van die gewone landelike/plaashuis verpletter word deur frakture, snitte en skeure wat 'n dramatiese effek skep. Lig bereik die binnekant van die gebou deur die krake tussen die segmente en simboliseer hoop/vrede. Die glasering en skeure in die struktuur gee die besoekers aansigte van groot strak kruise wat die gebou omring. Tegnologie laat wat lyk na die degradering van iets solied om 'n unieke atmosfeer te skep. Die materiaal wat in die konstruksie van die Garni-tempel gebruik is, is by die plaaslike steengroef gesny met gebruik van grys basalt-rotse en vulkaniese asklip. Die basaltblokke is gemonteer met gebruik van die Griekse tegnologie waar geen messelklei gebruik is nie, saamgebind deur yster- en geelkoperklampe. Die omringende kolomme is in vier dele saamgestel; opmekaar gestapel en met tappenne bymekaar gehou. Die dak sou volgens die tipiese antieke Romeinse manier in plek gehou word, met gebruik van swaelstertteëls. Moderne tegnologie is by die Praalgraf gebruik in die vorm van gewapende beton wat 'n koue, kliniese effek skep. Die binneste betonkolomme is met houtvlamafwerking bedruk wat mettertyd 'n patina gekry het wat die tekstuur meer sigbaar maak. Dieselfde effek word verkry op die mure en staaldakstruktuur waar daar spore is van water, stof en grond wat die gebou verweerd en vervalle laat lyk. Die Garni-tempel is fyn versier in die imperialistiese Romeinse styl. Die buitekant van die tempel is met uitgekerfde reliëfmotiewe versier. In die geweldriehoek is reliëfsnywerk van plante en geometriese figure. Die fries wat om die buitekant van die gebou gaan, beeld 'n ononderbroke lyn van akantblaarkrulversiering uit, gekombineer met leeumaskers en waaieragtige palmblare wat krag en wysheid simboliseer. Die klippe voor die gewellys het uitstaande beelde van leeukoppe. In teenstelling met die buitenste oppervlakversiering van die Garni-tempel, is die binnekant van die Praalgraf verlig deur die krake in die soliede segmente. Die natuurlike ligbron verander afhangend van die tyd van die dag en seisoen. Die natuurlike lig verlig die permanente uitstalling van foto's wat die vooroorlogse dorpie met hulle eenvoudige kothuisies en inwoners en die pynlike vernietiging wat in die dorpie plaasgevind het. OF 3.2 Daar word van die kandidaat verwag om 'n opstel te skryf deur enige Klassieke gebou/struktuur of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met 'n kontemporêre gebou wat hulle bestudeer het, te vergelyk deur na die gegewe kolpunte te verwys. Ken 2 punte per kolpunt toe. Gee krediet aan geldige stellings. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 7 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 3.3 'N KLASSIEKE OF KLASSIEK GEÏNSPIREERDE GEBOU/STRUKTUUR IN VERGELYKING MET 'N INHEEMSE KENNISSTELSELS(IKS)-GEBOU/STRUKTUUR Die Romeinse Tempel van Hercules word vergelyk met die Batammariba-tata- sombas (huise): Die Romeinse Tempel van Hercules in Rome is beïnvloed deur vorige style en kombineer nuwe Romeinse innovering en materiale suksesvol met bestaande ontwerpelemente van samelewings wat die Romeine oorwin het. Die tempel toon sterk Griekse invloede want dit is deur 'n Griekse argitek in die laaste helfte van die 2de eeu VHJ ontwerp. Dit is 'n ronde tempel van Griekse 'omsuilde' ontwerp, d.i. heeltemal deur 'n kolonnade omring. Soortgelyk, met betrekking tot vorm, is die tweeverdieping-, ronde toringhuise wat deur die Batammariba-stam wat in die naburige lande Togo en Benin, Wes-Afrika, woon, wat hoofsaaklik deur hulle omgewing beïnvloed is. Hulle staan bekend as die mense wat die 'werklike bouers van die aarde' is. Die Batammariba is 'n landelike gemeenskap wie se tegniese prestasies ten opsigte van bou met grond, en die behoefte aan defensiewe/verdedigende ontwerp sterk beïnvloed word deur hulle sosiale strukture en godsdienstige simboliek Die families leef tipies in wydverspreide kampe met 'n stel tata- sombas (huise) wat met mekaar verbind is. Dit lyk soos klein forte wat een klein ingang het wat beskerming bied teen aanvalle deur naburige stamme. Die Romeinse tempel wat 'n sirkelagtige kolonnade het wat die dak sonder enige mure ondersteun, funksioneer as 'n tempel gewy aan die panteïstiese Romeinse god, Hercules. Die verborge aansig van die kultusbeeld wat op 'n cella van die tempel staan, funksioneer as 'n beskermende private ruimte. Gebou vir 'n heeltemal verskillende doeleinde word die funksie van die tweeverdieping hoë tata-sombas duidelik as 'n behoefte aan beskerming teen vyande deur middel van 'n enkele klein ingang op die grondvloer wat dit vir vyande moeilik maak om toegang te verkry. Die grondvloer word saans hoofsaaklik vir die beskutting van diere gebruik terwyl die tweede vloer die kombuis bevat en toegang tot die dak verskaf. Die dak funksioneer ook as 'n plek waar graan gedroog en geberg kan word, wat gesinne in staat stel om vir uitgebreide tydperke in hulle huise te bly wanneer hulle aangeval word. Die tempel van Hercules is volgens 'n geometriese sirkelvormige formaat gebou wat 'n silindriese klip-cella bevat wat die binneste deel van die vertrek vorm. Die tempel word omring deur 'n sirkelvormige kolonnade van Korintiese pilare. Hoë pilare gee die struktuur 'n verhewe voorkoms wat versterk word deur die silindriese gepunte dak. Die konstruksie van die gebou gebruik die tipiese 1ste-eeuse Romeinse tegnologie wat duidelik is in die konstruksie van die pilaarkoppe wat in twee dele gemaak is. 'n Enkele blok word gebruik om die vloerlys en basis te kerf. In teenstelling bou die Batammariba hulle tata-sombas met die dik mure uit plaaslik verkrygde modder en klei. Die huise het dik kleimure wat dit teen die warm klimaat isoleer en daar is oral klein openinge wat beskerming bied teen die stof van die seisoenale winde. Die grasdakke het luike waardeur gifpyle geskiet kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 8 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Die tempel van Hercules gebruik 'n klassieke Griekse boumateriaal, 'Pentelic'-marmer wat 'n sterk, swaar materiaal is wat mag en krag oordra. Die kolomme, entablement en cella word almal met 'Pentelic'-marmerblokke uitgevoer terwyl die binneste mure van die cella met asklip en pleisterkalk uitgevoer word. Asklip is 'n vorm van kalk en pleisterkalk is 'n vorm van pleister. Aangesien die Batammariba in Wes-Afrika woon en soos met die meeste Wes- Afrika-boumetodes word die tata-sombas van die Batammariba gebou uit 'n mengsel van strooi en beesmis. 'n Spesiale vernis gemaak uit die Néré-vrug word aan die mure gewend om dit waterdig te maak. Hierdie materiale is aards en integreer goed met die natuurlike omgewing. Die tempel van Hercules het minimale versiering aangesien die silindriese vorm van die gebou nie 'n permanente geweldriehoek of fries het waarop tradisionele snywerk gemaak sou word nie. Die hoë, gegroefde kolomme is voltooi met Korintiese pilaarkoppe wat Romeinse mag en krag weerspieël wat tipies van die Romeinse styl is. Tipies van Wes-Afrika-kulture wat 'n animistiese godsdiens (aanbidding van diere) volg, word die Batammariba-geloof weerspieël in hulle versiering van die keëlvormige altare wat buite die huise en by die ingange van huise gevind word wat versier is met dierekopbene en veelvuldige obsessies wat as beskerming bedoel word. Die tata-sombas word dikwels amper soos mense behandel, en soms het die voorkante patrone wat lyk soos gesiglittetekens. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings, insluitend konseptueel akkurate beskrywings, of 'n vergelyking van 'n Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou of 'n vergelyking van 'n Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)- geboustruktuur wat die kandidaat bestudeer het. LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir tabelvergelyking-antwoorde toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk. V3. VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE VAARDIGHEDE TOEKENNING (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 3.1, 3.2, 3.3 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1 Middel-orde Toepas, Implementeer, 40% 3.1, 3.2, 3.3 4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 1 Evalueer, Besin/Nadink 30% 3.1, 3.2, 3.3 2 Sintetiseer, Regverdig TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 9 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 [30 punte] 4.1 Ken 20 punte in totaal toe. Ken 10 punte vir elke beweging toe: 5 punte in totaal vir doelwitte, invloede en kenmerke, 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld, 1 punt vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp en 2 punte vir verwysing na die stelling in die konteks van die ontwerpbeweging. LET WEL: SLEGS EEN punt kan vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp van elke beweging toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as riglyne. Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede: • BAUHAUS • POP-ONTWERP BAUHAUS Die Bauhaus ondersteun die aanhaling wat sê dat die hooffunksie van ontwerp 'is om ontwerp te laat funksioneer'. Die Bauhaus-skool het met die konsep vorendag gekom dat vorm funksie moet volg, d.i. dat die funksie van 'n ontwerp die vorm en struktuur daarvan moet bepaal. Hulle het geglo dat enige onnodige detail die aandag van die uitdrukking van die funksie van 'n produk sou aflei. Voorts steun hulle 'wesenlikheid van materiaal'-filosofie die stelling dat die gebruik van ongeverfde, ontblote/blootgestelde materiaal soos staal help om die struktuur en funksie van produkte te vertoon/onthul. Hulle doel was om eenvoudige ontwerpe te skep wat die masjien-tydperk weerspieël. Die skool was ten doel om kunshandwerk-ontwerpers op te lei om funksionele, esteties-aantreklike produkte vir massaproduksie te ontwerp. Bauhaus-ontwerp is beïnvloed deur die De Stijl-geloof om alle nie-noodsaaklike kenmerke te elimineer om die mees essensiële, funksionele vorme, lyne en kleure te vind. Paul Cezanne se verplatting van vorm na geometriese fasette en die Konstruktivistiese gebruik of geometriese abstraksie en geloof in maksimum reduksie is ook invloede op Bauhaus. Soos De Stijl het Bauhaus-ontwerpers basiese, suiwer, geometriese vorme, reguit lyne en gladde oppervlakke verkies om onpersoonlike, masjienagtige produkte verkies om hulle funksie duidelik te weerspieël. Bauhaus-produkte druk kenmerkend suiwerheid, eenvoud en orde uit, en glo dat hierdie eienskappe beter daartoe in staat is om 'n ontwerp goed te laat funksioneer. Die buitelyne van hierdie vorme is suidelik en presies, wat herinner aan masjinerie. Materiaal is modern en meesal deur masjiene geproduseer, soos beton, gewapende beton, versterkte glas en staal wat produkte en geboue 'n industriële voorkoms gee. Oppervlakke is onversier, glad, wat die aandag op die struktuur en funksie van die ontwerp plaas. Produkte word opgemaak uit 'n rangskikking van hoofsaaklik geometriese vorms en fatsoene, soos sfere, kubusse, sirkels, driehoeke en vierkante wat kalmte en stabiliteit oordra. Kleure word tot die primêre kleure (geel, rooi en blou) verminder en die neutrale kleure (swart, grys en wit) om die algemene doel van eenvoudigheid te steun. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 10 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 'n Voorbeeld van 'n Bauhaus ontwerp is die Bauhaus-skaakstel ('Bauhaus Chess Set') deur Josef Hartwig. Die skaakstel steun die stelling dat die skaakstukke minimale lyne, sirkels en vierkante gebruik om die stukke tot hulle basiese funksie van beweging verminder. Die X-vormige biskop verteenwoordig sy diagonale bewegings, terwyl die amper onbeperkte bewegings van die koningin verteenwoordig word deur 'n sfeer bo-op 'n kubus. Deur die eliminasie van alle godsdienstige en monargale simbole wat tipies in skaak gebruik word, het die Duitse ten doel om die spel vir 'n moderne era te herontwerp. POP-ONTWERP Pop-ontwerpers het ten doel gehad om die behoeftes van die verbruiker te bevredig en om die gees van moderne, stedelike lewe in die 1960's te vergestalt. Die klem was op populêre attraksie eerder as op funksionaliteit. Hulle hoofdoel was om ontwerpe te skep wat pret en ongewoon was, eerder as om ontwerpe te skep wat funksioneel was. Pop-ontwerp is deur Pop-kuns beïnvloed, en hul belangstelling in populêre, alledaagse, gewone stedelike kultuur en hulle uitbeelding van kitskos, filmsterre, elektroniese toerusting en massaproduksie. Pop-kunstenaars, soos Andy Warhol en Roy Lichtenstein, verteenwoordig alledaagse ontwerpmateriaal op 'n ironiese en humoristiese wyse en was 'n belangrike invloed op kommersiële ontwerp. Pop-ontwerp is ook beïnvloed deur die treffende patrone van Op-ontwerp en hulle gebruik van herhaalde lyne, kolle of vierkante in minimale kleur. Die Anti-ontwerp-beweging se bevraagtekening van gevestigde standaarde van skoonheid en gebruik van onverwagse vorme, visuele woordspelings en skokkende kleur het Pop-ontwerp ook beïnvloed. Die Anti-ontwerp-beweging het die voorwerp se formele funksie ondermyn en die belangrikheid van funksie bevraagteken. Hierdie bevraagtekening van funksie kan ook gesien word in Pop- ontwerpprodukte waar onverwagse vorms die plek van tradisionele vorms ingeneem het, bv. die vorm van die Boca- bank/sofa deur Studio 65 is in die nie-tradisionele vorm van lippe. Die gebruik van beelde soos planete, die heelal en vuurpyle in advertensies, klere, huishoudelike goedere en motors as inspirasie vir meubels toon die invloed of die Wetenskaplike Era op Pop-ontwerp. Werk is gekenmerk deur 'biomorfiese', organiese, vloeiende en golwende vorms. Hierdie ontwerpprodukte het die idee dat vorm funksie moet volg, verwerp. Funksie is oorskadu deur beeld, visuele spelings, kleur en humor. Pop-ontwerpers het begin om nuwe materiaal en tegnieke te gebruik, soos gevormde laaghout en spuitgegote plastiek (vir die eerste keer kon 'n stoel uit 'n enkele stuk plastiek gevorm word, bv. die Panton-stoel wat 'n enkel voetstukvrydraende stoel is). Humor en gevatheid het in alle aspekte van ontwerp begin verskyn, bv. Alessi se suurlemoendrukker. Kitsch (slegte smaak met 'n sekere skerpheid), spelerigheid en ironie is gebruik om die estetiese erns van dinge wat voorheen as pragtig beskou is, te ondermyn. Plastiek is uitgevind en akriel, veselglas, Styrofoam, PVC- plastiek, verchroomde staal en metaalallooie was nog nuwe, sintetiese materiaal wat Pop- ontwerpers gebruik het. As gevolg van tegnologiese ontwikkelings in chemie, is nuwe sintetiese verf in die 1960's ontwikkel wat ontwerpers in staat gestel het om te eksperimenteer met 'n wye reeks helder kleure om hulle prettige, lewendige ontwerpe te skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 11 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 'n Voorbeeld van 'n Pop-ontwerp wat die stelling verwerp, is Joe Colombo se Tube Chair. Die onverwagse, nie-tradisionele stoelvorm, wat uit vir aaneengeskakelde buise bestaan, is tipies van Pop-ontwerp. In plaas daarvan om op funksie te fokus, is die ontwerper se doel om gevestigde norme uit te daag, om te boei en vermaak. Die helder, lewendige oranje kleur skep 'n prettige en vreemde produk wat tipies van Pop-ontwerp is. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V4.1VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE VAARDIGHEDE TOEKENNING (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.1 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 4 Middel-orde Toepas, Implementeer, 40% 4.1 8 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 2 Evalueer, Besin/nadink 30% 4.1 4 Sintetiseer, Regverdig 4.2 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe) Beide Modernistiese en Skandinawiese ontwerpers het ten doel om minimalistiese en eenvoudige ontwerpe te skep. Die gladde en eenvoudige Modernistiese tafellamp in FIGUUR H weerspieël die Modernistiese doel om eenvoudige, masjienagtige produkte te skep. Die Skandinawiese tafellamp in FIGUUR I illustreer die Skandinawiese behoefte aan eenvoud en elegansie. Tipies van Modernisme is die tafellamp in FIGUUR H se gebruik van ronde skywe en buisagtige vorms, wat die invloed van masjientegnologie toon. In teenstelling is die tafellamp in FIGUUR I, tipies van Skandinawiese ontwerp, en toon die invloed van beide aard, in die gebruik van organiese houttak-vorms, en die masjien, in die gebruik van 'n buisvormige, silindriese lampkap- vorm. Die Modernistiese tafellamp se gebruik of geometriese vorms toon die invloed van Kubisme, De Stijl en Bauhaus. Die biomorfiese lyne van die Skandinawiese lampstaander herinner aan die biomorfiese lyne en vorms wat in Surrealisme gebruik is. Die Modernistiese tafellamp in FIGUUR H is tipies van Modernisme in die gebruik van slegs masjiengemaakte materiaal soos matglas en staal wat dit 'n industriële, koue en onpersoonlike gevoel gee. In teenstelling daarmee laat FIGUUR I se gebruik van natuurlike, warm organiese materiaal, soos getekstureerde katoen en hout die lamp meer aantreklik lyk. Die lyne gebruik in FIGUUR H is reguit, skoon en gedefinieer wat bydra tot die rigiede, masjienagtige eienskap van die ontwerp. In teenstelling is die tafellamp in FIGUUR I minder styf as gevolg van die organiese, saggies gekurfde lyne van die takagtige binneste en die effens gekurfde rande van die lampkap. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 12 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Tipies van beide Modernistiese en Skandinawiese ontwerpe is die gebruik van hoofsaaklik neutrale kleure in FIGUUR H en I, om 'n stil, kalm atmosfeer oor te dra. Die tafellamp in FIGUUR H gebruik slegs strak, glansende silwer en matwit, wat dit luuks, koud en glad laat voorkom. In teenstelling daarmee is die ligte roomkleure en warm bruine van die hout lampstaander van FIGUUR H sagter en meer menslik. Ken ander geldige stellings ook aan. LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir tabelvergelyking-antwoorde toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk. V4.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10) Laer Onthou, Herroep, Herken 30% 4.2 2 orde Verstaan, Verduidelik, 1 Middel- Toepas, Implementeer, 40% 4. 4 Hoër Analiseer, Vergelyk, Vertolk orde Evalueer, Besin/nadink 30% 4. 2 Sintetiseer, Regverdig 2 1 TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 13 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 [20 punte] Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1.1 (Ken 4 punte toe) Zambikes red lewens deur inwoners in veraf dorpies in Zambië met kritiese mediese behandeling te konnekteer. Die Zambulance is 'n tweewiel-ambulanssleepwa wat maklik aan 'n fiets of motorfiets hak. Die staalkarretjie is toegerus met 'n verstelbare bed met kussings (matras), 'n waterdigte kap en sterk motorfietsbande vir 'n vinnige, veilige en gemaklike rit na die naaste mediese fasiliteit. Die Zambulance vang die oog met 'n rooi, vaartbelynde vorm met skoon, eenvoudige lyne. Gee krediet aan ander geldige antwoorde. 5.1.2 (Ken 16 punte toe) Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte, algemene kenmerke, materiaal en tegnieke en 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerp- voorbeeld en hoe dit sosiokulturele kwessies hanteer. EEN SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE SOSIOKULTURELE ONTWERPER/ ONTWERPGROEP: Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk 'Street Sleeper' deur Oliver Brain. Bespreek die doelwitte, materiaal en tegnieke van hierdie ontwerper Oliver Brain se doelwit is om bewustheid met betrekking tot haweloosheid en die ekonomiese en sosiale omstandighede waarvoor haweloses te staan kom, soos die gebrek aan skuiling en blootstelling aan die natuurelemente. Die Street Sleeper transformeer die negatiewe impak van afval in onmiddellike verligting vir diegene wat op straat leef. Die Street Sleeper word gemaak van bederfweerstandige en waterdigte materiaal, herontwerp/vernuwe uit PVC-advertensiereklameborde wat vir afvalhope bestem was. Die Street Sleeper is 'n oorlewingsak, met 'n tweeledige funksie. Gedurende die dag is die Street Sleeper 'n noodsaaklike handige 40 liter-drasak wat waardevolle items berg, en saans is dit 'n 17 meter-katoenslaapsak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 14 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Die Street Sleeper is langer en breër as 'n normale slaapsak en weeg 1,9 kg. Die tegniek maak kreatiewe en innoverende gebruik van die van materiaal vir die produksie proses en in die skep van werk vir hawelose mense asook plaaslike besighede wat by die vervaardiging van die sakke betrokke is. Analiseer EEN voorbeeld wat verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessies hanteer Die spasie in die sak is diep genoeg om die gebruiker in staat te stel om met veelvuldige lae klere te slaap terwyl waardevolle items onderin gestoor word. Dit rol op in 'n handige drasak met 3 meter seildoek rondom. Die sak het 'n kussingsloop wat met klere gevul kan word. Die kussingsloop kan ook as 'n skerm dien teen slegte weer, soos storms en ryp. Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE. EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk 'SightWalks' deur Circus Grey Peru, Cemento Sol en die Miraflores-distrikmunisipaliteit Analiseer die doelwitte, materiaal en tegnieke van hierdie ontwerper SightWalks-teëls se doelwit is om visueel-gestremdes te help om met totale outonomie te oor die weg te kom. Dit is 'n innoverende stelsel wat ontwikkel en saam met assosiasies geskep is om visueel gestremdes in Peru by te staan. SightWalks skep 'n stelsel wat beide standaardiseer en uitbrei op universele stedelike tekens vir visueel gestremdes wêreldwyd. Die doelwitte van die ontwerpers was om saam tekens te skep/ontwerp en die besighede wat die meeste besoek word, te prioritiseer. Die produk se materiaal bestaan uit tasbare sementteëls wat met duidelike lyne gemerk is wat visueel gestremdes en blindes in staat stel om naby geleë geriewe te identifiseer en te vind. Die teëltegniek behels die giet van sement in metaalvorms. Bespreek EEN voorbeeld wat verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessies hanteer Die sementteëls het 'n aantal lyne wat visueel gestremdes tegnies te help om die tipe besigheid of ondernemings waarby hulle beweeg, te identifiseer. Die aantal vertikale lyne word bv. vertolk as een vir restaurante, twee vir banke, drie vir kruidenierswinkels, vier vir apteke, vyf vir bushaltes en ses vir hospitale en nog meer soos wat hulle dit van links na regs tel met hulle kieries terwyl horisontale lyne identifiseer of die plek links of regs van die teël geleë is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 15 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V5.1 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE VAARDIGHEDE TOEKENNING (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.1.1 + 5.1.2 1+1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.1.1 + 5.1.2 1+3 Middel-orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.1.1 2 5.1.2 6 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 5.1.2 2 Evalueer, Besin/nadink 30% Sintetiseer, Regverdig 5.1.2 4 5.2 5.2.1 (Ken 2 punte toe) Die produk in FIGUUR K hervertolk die kunshandewerk daarvan deur die essensie van tradisionele vakmanskap te preserveer deur die fusie van tegnologie en kunshandwerk om 'n kontemporêre ontwerp-estetika te skep. Dit haal uit die ryk Suid-Afrikaanse kulturele erfenis om moderne ontwerp te inspireer. Hierdie benadering laat die produk nuwe lewe in tradisionele ontwerpe, tegnieke en voorwerpe blaas wat die relevansie daarvan in vandag se samelewing verseker sodat dit nie vergeet word nie. Tradisionele materiaal soos gras en Ilala-palmblare is vervang deur telefoondraad en gegalvaniseerde draad om moderne, onverwagse nuwe vorms te skep. 5.2.2 (Ken 8 punte toe): 1 punt vir die tradisionele kunshandwerk/inheemse kulturele gemeenskap, 5 punte vir 'n bespreking van die materiaal, metodes en tegnieke en 2 punte vir die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk. Noem EEN tradisionele kunshandwerk/inheemse kulturele gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk vervaardig het AmaXhosa-rookpyp Die materiaal, metodes en tegnieke gebruik om die tradisionele kunshandwerk te skep: Mans is verantwoordelik vir die vervaardiging van die Xhosa-pype. Die produksie begin by die uitkies van 'n boom vir afkap wat 'n ritueel is. Die boom word nie afgekap voordat die maan gesak het nie, net voor sonsopkoms. Die grondstof vir die Xhosa-pype is die harde hout van die Acacia Caffra wat 'n spesifieke, reëlmatige aar het en ligbruin van kleur is. Die geskikste is die wortelhout van hierdie boom wat harder en ook bietjie donkerder van kleur Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 16 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne is. Pype gemaak van hierdie wortelhout is meer duursaam maar ook duurder want die hout van die wortels is moeiliker om te vorm. 'n Skerp byl word gebruik om te kap, fatsoeneer en die hout uit te hol. 'n Verskeidenheid van dekoratiewe metodes en tegnieke word toegepas. Die algemeenste metode is gravering waar eenvoudige, geometriese patrone uitgesny word en dan word dit met lood gevul. Die tabakpyp word in die sand gelê en tin of lood in vloeistofvorm word in die uitgesnyde dele ingegooi en die gevolg daarvan is 'n pragtige ligte donker effek. Geometriese patrone is gewild, met die son en ander sirkels wat die ontwerp domineer. Sigsag-bande aan beide kante van die pypkop is ook gewild waar voorstellings van jagtonele of menslike figure skaars is. Deesdae word tabakpype met glaskrale versier wat baie duurder is as gevolg van die koste van die krale en die arbeid betrokke. Die kralewerk is hoofsaaklik gefokus op die steel, maar meer luukse pype kry ook 'n netwerk van glaskrale om die pypkop. Sommige pype wat met krale versier is, het spesiale funksies. Bv. die wyse man en die vroulike fortuinverteller of die isangoma besit 'n pyp versier met wit krale op die steel. Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk: Die keuse van tabakpyp-funksies is 'n aanduiding van sosiale waarde in die gemeenskap. Daar is ook 'n duidelike geslagsonderskeiding in die tipe pyp. Die tabakpype van die mans is meer gevarieer en het gewoonlik 'n korter steel. Die werkersklas kies praktiese, eenvoudige pype. Wanneer 'n vrou 'n pyp kies, is die steellengte die bepalende faktor. Hierdie steellengte tel as 'n aanduider van klas waar ouer vroue die langste pype rook. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. 5.2.3 (Ken 10 punte toe): 1 punt vir die naam van ontwerp/ontwerpgroep en hulle/sy/haar produk(te), 6 punte vir doelwitte, invloede en algemene kenmerke en 3 punte oor hoe tradisionele tegnieke/metodes en materiaal toegepas is op die relevante kontemporêre ontwerp. Naam van ontwerp/ontwerpgroep en sy/haar/hulle produk(te): iThongo deur Andile Dyalvane Doelwitte, invloede en algemene kenmerke van die ontwerper/ontwerpgroep se werk Andile Dyalvane het ten doel om met sy Xhosa-voorvaders te konnekteer deur komplekse, grootskaalse keramiekwerk wat metaforiese houers is waardeur hy kulturele tradisies wil vereer. Sy Xhosa-kultuur weerklink kragtig deur die werk wat gekenmerk word deur die wyse waarop hy klei as sy fundamentele medium gebruik om die verbintenis van lewe met die grond te bevestig. Dyalvane rol terracotta-klei met die hand om ronde skulpturele stoeltjies, bankies en stoele te maak. Hierdie stoeltjies kry inspirasie uit beide herinneringe en Afrika-artefakte wat laag en naby aan die aarde is. Hy ondersoek onkonvensionele maniere om 'n verhewe tekstuur en vorm te skep. Hy kombineer insnydingspunte (krapmerke) om die antieke Afrika-tradisie van liggaamsinsnyding te simboliseer. Dyalvane druk sy vryheid uit deur 'n kombinasie van kwashale, laagwerk en patroonwerk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 17 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 'n Ontleding van hoe die ontwerper/ontwerpgroep die tradisionele tegniek aanpas en toepas om 'n kontemporêre ontwerpproduk te skep Andile Dyalvane neem inspirasie uit die sirkelagtige/ronde seremoniële byeenkomste van die AmaXhosa-gemeenskap; die sirkelagtig-gevormde stoelontwerpe verteenwoordig die ewige en ononderbroke vloei van energie. Die stoele met ronde basisse is verder gebaseer op karakters van ongeveer 200 simbole wat die ontwerper geskep het om betekenis aan Xhosa-lewe te gee. Hy gebruik tradisionele kleipot-konstruksietegnieke om unieke, moderne, skulpturele keramieksitplekke te skep. GEEN punte moet gegee word vir die herhaling van ontwerper(s) en hulle werk wat in hierdie vraestel gebruik is, NIE. V5.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.2.1 + 5.2.2 1+2 Verstaan, Verduidelik, 5.2.3 3 Middel- Toepas, Implementeer, 40% 5.2.1 + 5.2.2 1+3 orde Organiseer + 5.2.3 +4 Hoër Analiseer, Vergelyk, Vertolk 5.2.2 3 orde Evalueer, Besin/nadink 30% 5.2.3 1 Sintetiseer, Regverdig 5.2.3 2 VRAAG 6 [20 punte] 6.1 (Ken 1 punt toe) Die term bioafbreekbaar (biodegradeerbaar) verwys na materiaal wat kan vergaan sonder om die omgewing te beskadig. Die sool-tekkieontwerp lyk asof dit van plastiek gemaak is wat eeue neem om te vergaan en baie skadelik vir die omgewing is. Gee krediet aan enige ander geldige stelling. 6.2 (Ken 3 punte toe) Grammatopoulos hanteer die omgewingskwessie van ekologiese herstel wat op die uitbreiding van woude/bosse fokus en die natuur toelaat om sy gang te gaan met minimum menslike inmenging. Die buitenste sool van die tekkie is dig bedek met klein hakies wat vasgryp aan grond- en plantemateriaal soos wat die draer stap. Die hakies op die tekkie stel dit in staat om die proses van natuur na te maak, waar sade vervoer en versprei word deur aan vas te haak aan 'n dier se pels en dan van die pels af te val op die grond. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. 6.3 (Ken 16 punte toe) Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte, materiale, en prosesse en 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld en hoe dit omgewingskwessies aanpak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 18 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne SUID-AFRIKAANSE OMGEWINGSONTWERPVOORBEELD: Naam van ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe: Samewerking met die SA Rooibos Council (SARC) Hot New Natuurlike Kleurstof is Pangaia se Capsule Collection. Doelwitte, materiaal en ontwerpprosesse: Die SA Rooibos Council (SARC) se hoofdoelwitte is om klere te vervaardig op 'n meer etiese en volhoubare wyse. Die wêreld se top-mode-, sport- en buitemuurse handelsmerke het begin om natuurlike kleurstofbronne, soos sampioene, alge, plante en kruietee te gebruik. Rooibostee, met die kenmerkende oranje en amberkleurige skakerings, word al hoe meer gebruik as 'n natuurlike kleurstof. Rooibostee het 'n gewilde natuurlike kleurstof vir materiaal soos wol, katoen en gare geword. Dit het selfs sy eie Pantone-kleurkode – 'n gestandaardiseerde kleurpasstelsel-proses wat oor die hele wêreld gebruik word om drukkers en ontwerpers te help om kleure vir drukwerk te spesifiseer en te beheer. Alhoewel natuurlike kleurstowwe duurder as kunsmatiges is, is hulle beter vir die omgewing en ons gesondheid. Baie internasionale handelsmerke het rooibos-kleure en kleurstowwe as deel van hierdie seisoen se gunsteling voorkoms ingesluit. Die vinnige/haastige modeneiging van massahandelaars om blitsig goedkoop klere te vervaardig in reaksie op die jongste modes, is sleg vir die omgewing. Dit put waterbronne uit, besoedel riviere en is verantwoordelik vir amper 10% van die globale koolstofuitlatings. Een van die drie hoofoorsake van besoedeling is tekstielstofkleurstof, wat lei tot 36% van die bedryf se globale besoedelingsimpak. 'n Ontleding van die ontwerp, verduideliking hoe dit volhoubaar is en hoe dit omgewingskwessies aanpak/hanteer Om die gewildheid van rooibos as 'n kleurstof te toon, en as deel van Pangaia se voortgaande pogings om volhoubare kleurstofoplossings te ontwikkel, is hulle nuwe Capsule Collection meesterlik gekleur met gebruik van voedselafval, met 'n fokus op bestanddele soos matcha, rooibos en bloubessies. Die Pangaia Capsule Collection word gekenmerk deur 'n gebreide mus ('beanie') en rok wat met rooibostee gekleur is. Sommige van die voordele van die gebruik van natuurlike rooibostee-kleurstowwe is: lewendige kleure, natuurlike kleurstowwe is bioafbreekbaar, nie-giftig en nieallergenies, relatief maklik om te onttrek, bevat antimikrobiale eienskappe, verskaf 'n natuurlike hoër UV-absorpsie, en laastens, daar is geen afval nie, anders as produkte wat in die sintetiese kleurstofproses gebruik word. Natuurlike kleurstowwe sal help om die omgewing te bewaar en ons afhanklikheid van skadelike produkte verminder. Die modebedryf se gebruik of rooibos het groot sosiale en ekonomiese voordele vir Suid-Afrika. Om klere te kleur met gebruik van nie-giftige, bioafbreekbare en ekovriendelike natuurlike kleurstowwe soos rooibos, kan die tekstielbedryf se koolstofspoor aansienlik verminder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 19 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne INTERNASIONALE OMGEWINGSONTWERP VOORBEELD: Naam van ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe: Sneature deur Emilie Burfeind.  Doelwitte, materiaal en prosesse Die ontwerper, Burfeind, se doelwit is om 'n tekkie te ontwerp wat van so min komponente as moontlik gemaak word en bioafbreekbaar bly na gebruik. Die ontwerper gebruik 'n sampioenmiselium-sool en 'n gebreide bostuk, gemaak van hondehare wat tydens versorging afkom en andersins weggegooi sou word, as materiaal in die sokkietekkie. Die oefenskoen bestaan uit slegs drie bio-gebaseerde materiale. Die tekkie het nie veters nie en bestaan hoofsaaklik uit een soomlose sokkie, gemaak uit hondehare wat deur Berlin Start-up Modus Intarsia by honde-eienaars gekry is. Sneature het nie veters nie en kan soos 'n sokkie aangeglip word. In die proses om die bostuk te skep, het Burfeind op 3D-breitegnologie staatgemaak, wat essensieel soos 3D-drukwerk met gare is. Maar in plaas daarvan om plastiekfilament te smelt om 'n soliede vorm te skep, is die finale ontwerp gebind deur inslaggare en skerings. Die gebruik van 3D-breitegnologie stel die ontwerper in staat om 'n uiters gediversifiseerde ontwerp te skep via die programmering van elke steek. Die breiwerk kan gemanipuleer word sodat dit sagter of fermer in sommige plekke is, meer asem haal of meer elasties is as ander. 'n Ontleding van die ontwerp wat verduidelik hoe dit volhoubaar is en hoe dit omgewingskwessies aanpak/hanteer Die Sneature is volhoubaar want dit is gemaak uit hare wat in 'n hoëgehalte gare, bekend as Chiengora, gespin word wat 42% beter is om hitte behou as skaapwol. Die sool bestaan uit 'n miseliumsamestelling. In teenstellings word tradisionele tekkies gewoonlik uit 8 tot 12 verskillende komponente gemaak, soos nylontekstielstof en etileen-vinielasetaat- (EVA)-skuim – waarvan baie petroleumgebaseerd is en vir tot 1 000 jaar op afvalhope sal oorleef. Die sokkie word in natuurlike vloeistofrubber gedoop wat uit die sap van die Hevea Brasiliensis-boom om 'n waterwerende modderskerm oor die sool te skep. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V6 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE VAARDIGHEDE TOEKENNING (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 6.1 + 6.3 1+2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 6.2 + 6.3 1+2 Middel-orde Toepas, Implementeer, 40% 6.2 2 Organiseer 6.3 6 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Vertolk 6.3 2 Evalueer, Besin/nadink 30% 6.3 2 Sintetiseer, Regverdig 6.3 2 TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all