Skip to content

Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumDesignGrade 12201823 pages

Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 ONTWERP V1 (TEORIE) NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 23 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING A: ONTWERPGELETTERHEID VRAAG 1: ‘ONGESIENE’ VOORBEELDE Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1  Ken 10 punte in totaal toe  ʼn Maksimum van slegs 2 punte vir elke element/beginsel  Slegs 1 punt per beginsel/element vir identifikasie sonder EFFEK 1.1.1  Ken 8 punte toe  Kies SLEGS 4 elemente/beginsels Lyn: Op die voorkant van die rok is dik vetgedrukte wit lyne en buitelyne van geometriese vorms (driehoek, sirkels, reghoeke) wat ʼn sterk fokuspunt skep. √ Die opstapeling van vorms op die rok skep ʼn geïmpliseerde vertikale lyn wat beweging van bo na onder skep. √ Die silhoeët en statige houding van die figuur vorm ʼn lang geïmpliseerde vertikale lyn. √ (2) Eenheid: Eenheid word behaal deur voortsetting – die vertikale stapeling en rangskikking van een vorm bo-op die volgende. √ Eenheid word behaal deur die herhaling van die geometriese vorms asook hul eenvormige wit kleur. Die nabyheid waarin die vorms op die voorkant van die rok gegroepeer word, skep ʼn gevoel van eenheid. √ (2) Uitleg: Die lyne en vorms is so gerangskik dat hulle die vertikale vorm van die figuur volg. √ Daar is vertikale lyne aan die kant van die figuur wat die krommes van die liggaam ooreenstem en as ‘rokbande’ bo haar skouers optree. √ Daar is driehoeke wat die plasing van haar borste aandui en ʼn lang horisontale reghoek wat die bo- en onderlyf verdeel. √ Die vorms word op ʼn totemistiese manier gerangskik en pas netjies in mekaar wat die figuur verleng. √ (2) Balans: Die rok is simmetries gebalanseerd aangesien daar gelyke visuele gewig aan weerskante geskep word deur die spieëlbeeld van lyne en vorms. √ Dit gee die rok ʼn gevoel van perfeksie en orde. √ Die perfekte haarstyl en stywe houding met haar arms agter haar rug verbeter die simmetrie verder. √ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 3 Kontras: Die wit buitelyne van die vorms word beklemtoon, aangesien hulle met die sterk swart rok kontrasteer. √ Daar is ʼn kontras in die groottes van die vorms wat verskeidenheid skep. Die vorms bly roterend, wys in baie verskillende rigtings op die rok en skep visuele beweging. √ (2) Gee krediet aan enige goedberedeneerde antwoord. 1.1.2  Ken 2 punte toe Bauhaus √ – Eenvoud met die gebruik van suiwer geometriese lyne en vorms √ fokus op die basiese en fundamentele elemente van ontwerp. √ (2) Gee krediet aan enige goeie beredeneerde antwoord. [10] V1.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIG VRAE PUNTE Onthou, Herroep, Herken, Noem 1.1.1 1 Laer orde 30% Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 1.1.1; 1.1.2 1+1 Klassifiseer Middel-orde Pas toe, Implementeer, Organiseer 40% 1.1.1; 1.1.2 3+1 Ontleed, Vergelyk, Interpreteer 1.1.1 1 Hoër orde Evalueer, Reflekteer, Beoordeel 30% 1.1.1 1 Sintetiseer, Regverdig, Skep 1.1.1 1 OF 1.2  Ken 10 punte toe. Maksimum 2 punte per aspek. Postmodernisme: Die gebruik van 'n mengsel van verskillende materiale, goedkoop gekleurde draad en duur vergulde staal. √ Dit is ook baie kleurvol en gee dit ʼn outydse en speelse gevoel. √ Die vorm van die kam lyk soos ʼn vereenvoudigde vroulike figuur wat ʼn andromofiese gehalte het. √ (2) Negatiewe ruimte: Die meeste van die ontwerp beslaan negatiewe (agtergrond) ruimte wat deur die draadraam gevorm word. Die ruimte wat deur die draad ingesluit word, skep meer geometriese vorms soos sirkels en driehoeke en voeg by die gestruktureerde gerifde vorm van die kam. √ Die hoeveelheid negatiewe areas wat binne die ontwerp ingesluit word, gee die kam ʼn gevoel van ligtheid en teerheid, aangesien dit nie ʼn soliede metaalmassa is nie. √ (2) Gebruik van materiale: Die vergulde metaalraam gee ʼn gevoel van elegansie en rykdom. √ Dit is reflektief en kontrasteer teen die matkwaliteit van die gekleurde draad. √ Die draad om die raam van metaalraam is handgemaak. √ Die draadwerk herinner aan Zoeloe-draadmandjie weefsel met die gebruik van gekleurde plastiekbedekte draad. Die kleurvolle drade weerspieël ʼn diverse Suid-Afrikaanse samelewing. √ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) Struktuur: Die haarkam bestaan uit drie hoof afdelings – ʼn ronde (kop), middel chevronvormige (torso) en onderste ‘romp’ van ʼn vroulike figuur. √ Die ontwerp bestaan uit eenvoudige lyne en vorms (sirkels en driehoeke) wat dit eenvoudig maak. √ Die vorms is simmetries gerangskik, soortgelyk aan ʼn menslike figuur, wat perfeksie en orde toon. √ (2) Funksie: Die kam is verguld wat aandui dat ʼn sterker metaal in die kern vir ʼn meer praktiese gebruik kan wees. √ Die draadraam lyk breekbaar as gevolg van die delikaatheid van die konstruksie wat dit kan laat buig. √ Die bo- en middelste gedeelte het rowwe draadspoelings, terwyl die bodem suiwer geplateerde metaal is vir maklike plasing in ʼn persoon se hare. √ As gevolg van die kleurvolle draadwerk kan die kam uitsluitlik vir dekoratiewe doeleindes gebruik word, aangesien dit die oog vang. √ (2) Gee krediet aan enige goeie beredeneerde antwoord. [10] V1.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIG VRAE PUNTE Onthou, Herroep, Herken, 1.2.1 1 Noem Laer orde 30% Verstaan, verduidelik, beskryf, 1.2.1 2 klassifiseer Pas toe, Implementeer, Middel-orde 40% 1.2.1 4 Organiseer Ontleed, Vergelyk, Interpreteer 1.2.1 1 Hoër orde Evalueer, Reflekteer, Beoordeel 30% 1.2.1 1 Sintetiseer, Regverdig, Skep 1.2.1 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 5 VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR MIDDEL VAN ONTWERP 2.1  Ken 10 punte in totaal toe 2.1.1  Ken 1 punt toe Mense vrees/bang vir dinge/mense/situasies wat vir hulle onbekend is. Maar in plaas van vrees, moet mense meer nuuskierig/geïnteresseerd/ weetgierig wees. (1) 2.1.2  Ken 5 punte toe Die teks (Arabiese skrif) onder die borsbeeld van die figuur is ʼn voorbeeld van Arabiese kalligrafie wat nie deur baie Westerse kulture verstaan word nie. Dit is uniek aan die Islamitiese of Moslem-geloof. √ Omdat jy dit nie verstaan nie, mag jy van die kultuur distansieer. √ Die feit dat die figuur volledig in Arabiese klere aangetrek is (Hijab) toon dat die persoon se identiteit ontbreek en hierdie is ʼn verbintenis met die vrees vir die onbekende. √ Dit stel ook ʼn gevoel van geheimsinnigheid voor. √ Die donker swart kleur van die gedrapeerde Hijab kan geassosieer word met duisternis en die bose wat die boodskap weerspieël om die onbekende te vrees. √ Die pienk agtergrondkleur is stereotipies geassosieer met vroue en vroulikheid, aangesien vroue die een is wat die Hijab dra. √ Die feit dat die figuur horisontaal in twee helftes verdeel word, dui aan dat daar twee kante aan die persoon is en dat hulle nie eendimensioneel is nie. √ Dit mag wees dat die onderste helfte iets oor die individu, onder die ‘mantel’, openbaar. √ Die feit dat die vrou van agter gesien word en haar starende blik na regs verlaag word, dui ook aan dat sy wegkruip of wil wegkruip wat ʼn gevoel van geheimhouding toon. √ (5) 2.1.3  Ken 2 punte toe Stereotipes is veralgemenings, of aannames, wat mense oor die eienskappe van alle lede van ʼn groep maak. √ Dit is stereotipies om te dink dat Westerse kulture die Arabiese kulture beskou as ʼn kultuur wat deur ander denominasies/rasse/gelowe gevrees of nie verstaan word nie. √ Om die Arabiese kalligrafie met ʼn Arabiese vrou te assosieer, is stereotipies omdat daar mense is van verskillende ander denominasies/ rasse/gelowe wat Arabies kan lees en skryf. √ Nie alle mense wat Arabies lees/skryf, veral vrouens nie, word ten volle geklee tot die punt van nie-herkenning in hul klere. √ (2) 2.1.4  Ken 2 punte toe Die Gestalt-beginsel van Afsluiting √ is duidelik omdat die Arabiese kalligrafie die vorm van ʼn persoon se bolyf skep. √ Die Gestalt-beginsel van Uniforme Verbinding √ is van toepassing omdat die teks en die klere beide swart en verenig is. √ (2) Gee krediet aan enige goeie beredeneerde antwoord. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) KOGNITIEWE V2.1 VLAK GEWIG VRAE PUNTE VAARDIGHEDE Onthou, Herroep, Herken, 2.1.1 1 Noem Laer orde 30% Verstaan, Verduidelik, 2.1.2; 2.1.3 1+1 Beskryf, Klassifiseer Pas toe, Implementeer, 2.1.2; 2.1.3; Middel-orde 40% 2+1+1 Organiseer 2.1.4 Ontleed, Vergelyk, 2.1.2; 2.1.2 1+1 Interpreteer Hoër orde Evalueer, Reflekteer, 30% 2.1.2 1 Beoordeel Sintetiseer, Regverdig, Skep Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 7 VRAAG 3 Beantwoord OF VRAAG 3.1 of VRAAG 3.2. 3.1  Ken 10 punte toe. Maksimum 2 punte per aspek  3 punte maksimum vir die skryf van 2 afsonderlike paragrawe  Maksimum 30% vir suiwer identifikasie sonder effek Die kleure wat in die Koons-handsak gebruik word, is eg aan die skildery van Vincent van Gogh. Die kleure is analogies groen, blou en geel wat 'n harmoniese effek skep √ terwyl die Mali-handsak gebruik maak van 'n beperkte kleurpalet van soliede treffende kleure van swart en wit met aksente van rooi en blou. √ Die ligblou handvatsel en hasie (‘bunny’)-motief van die Koons-handsak pas perfek by die blou lug om hierdie toebehore aan die sak te verenig √ terwyl die opvallende rooi handvatsel van die Mali-handsak ʼn opvallende fokuspunt skep teen die wit geraamde voering van die handsak. √ (2) Die Koons-handsak was beïnvloed/geïnspireer deur die landskappe van rollende heuwels en koringvelde beelde wat deur Vincent van Gogh was vasgevang is, √ terwyl die Mali-handsak sy inspirasie put uit die geometriese diamantpatrone in Xhosa-kralewerk en Zoeloe-mandjieweef van inheemse Suid- Afrikaanse stamme. √ (2) In die Koons-handsak word ʼn warrelende kontoerpatroon √ gevind in die kenmerkende kwaswerk en onderwerp van 'n Van Gogh-skildery terwyl die Mali- handsak drie fyn geweefde geometriese diamantvorme op die voorkant van die sak toon. √ Die Koons-handsak het ʼn goue monogrampatroon wat spaarsamig geplaas is oor die hele sak wat dit 'n bietjie glans gee √ terwyl die Mali-handsak 'n gedetailleerde swart en wit geometriese diamantpatroon aan die voorkant bevat, in vaste dele van wit, blou en rooi ʼn grenspatroon. √ (2) Daar kan aanvaar word dat die teikenmark vir albei handsakke vir vroue is as gevolg van hul fyn besonderhede wat die besonderhede van die goue letters en afwerking op die Koons-handsak en die dekoratiewe vergulde gespe op die Mali handsak insluit. √ Die Koons-handsak is vir iemand wat ʼn waardering vir visuele kuns of kennis van Post-impressionistiese kuns het, √ terwyl die Mali handsak vir iemand is wat ʼn Suid-Afrikaanse identiteit waardeer omdat dit patrone van inheemse Xhosa en Zoeloe-kulture weerspieël. √ (2) Die produksietegnieke vir beide handsakke kan 'n kombinasie van handwerk en gemeganiseerde produksietegnieke insluit - die Koons-handsak gebruik digitale drukwerk van ʼn kunswerk terwyl die hoofdeel van die Mali-handsak handwerk met leerstroke blyk te wees. √ Beide handsakke het stewige leerhandvatsels, wat hulle prakties vir daaglikse gebruik maak, dus sal hulle nie maklik breek of dra nie. √ Beide handsakke het blykbaar net een opening vir maklike toegang. Die Koons-handsak het ʼn ritssluiter wat die lengte van die bokant van die sak span terwyl die Mali-handsak die gebruik van ʼn gespe en band bevat. √ (2) Gee krediet aan enige goeie beredeneerde antwoord. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) KOGNITIEWE V3.1 VLAK GEWIG VRAE PUNTE VAARDIGHEDE Onthou, Herroep, Herken, 3.1 1 Noem Laer orde 30% Verstaan, Verduidelik, 3.1 2 Beskryf, Klassifiseer Pas toe, Implementeer, Middelorde 40% 3.1 4 Organiseer Ontleed, Vergelyk, 3.1 1 Interpreteer Hoër orde Evalueer, Reflekteer, 30% 3.1 1 Beoordeel Sintetiseer, Regverdig, Skep 3.1 1 OF 3.2  Ken 10 punte toe. Maksimum 2 punte per aspek  3 punte maksimum vir die skryf van 2 afsonderlike opstelle/paragrawe  Maksimum 30% vir suiwer identifikasie sonder effek Hierdie vergelykende opstel vergelyk die (Klassieke) Parthenon in FIGUUR F met die (Hedendaagse) Boeddha-aanbiddingsterrein in FIGUUR G. Die kandidaat kan ENIGE ANDER geskikte voorbeelde vir die vergelyking kies. Doel en funksie: Die oorspronklike doel van die Parthenon was om te dien as ʼn heidense tempel wat aan die godin Athena toegewy was. √ Dit was nie ontwerp om ʼn gemeente te huisves nie, maar die Atheense skatte. Die Parthenon is ontwerp om van buite alleen ervaar te word. √ Die doel van die Boeddha-aanbiddingsterrein was om ʼn gebedsaal te bou wat die aantrekkingskrag van ʼn klip-Boeddha wat 15 jaar gelede gemaak is, verbeter. √ Anders as die Parthenon, word kykers aangemoedig om die struktuur te betree om die Boeddha-standbeeld binne te sien. √ (2) Teikenmark: Die heidense aanbidders van Athena het nooit die Parthenon binnegekom nie, maar het slegs ʼn paar oomblikke van die standbeeld van Athena, wat deur Pheidias ontwerp is, in die binnekamer deur die oop deure raakgesien. Die aanbidders het ʼn ritualistiese pad gevolg wat hulle om die buitekant van die tempel gelei het om die oordadig – versierde friese(‘frieze’) en reliëfbeelde te sien wat die mite en geskiedenis van Athene gevier het. √ Mense wat die na die Boeddha-standbeeld kom kyk het, gaan deur ʼn lang benaderingstonnel sodat die afwagting van die standbeeld, wat onsigbaar van buite af sien, te verhoog. √ Wanneer die saal bereik word, kyk besoekers na die Boeddha, wie se kop deur 'n ligkrans aan die einde van die tonnel omring word. √ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 9 Uitleg/Plan: Die eenvoudige, reghoekige uitleg/plan van die Parthenon is amper 70 meter lank en 30 meter breed, en die fasade is gebou volgens die goue verhouding van 5 : 8, wat as die mees proporsionele reghoek beskou word. √ Die driehoekige voet en fries word ondersteun deur 46 Doriese kolomme wat die gebou omring. Die gebou bestaan uit twee eenvoudige kamers. √ Geringe aanpassings was aan die afmetings gemaak wat die gebou heeltemal reëlmatig vir die blote oog laat lyk deur optiese illusie – die suildraer is ʼn effense konvekse vorm; die kolomme leun almal inwaarts; en die hoofliggaam van die kolomme het ʼn uitwaartse uitsit. √ Die Boeddha-standbeeld word van onder die kop met ʼn heuwel van laventelplante gedek. Eers sien mens net die kop van die beeld wat deur die landskap van die heuwel omring word. √ Die hele liggaam van die Boeddha kan nie van buite af gesien word nie, wat besoekers ʼn rustiger waardering vir die Boeddha gee. Die projek kan eerder op die skaal van landskapontwerp as argitektuur oorweeg word. Een van die plek se sjarme is hoe goed dit harmonie met die natuurlike landskap behaal. √ (2) Materiaal en boutegnieke: Die materiaal wat gebruik is vir die antieke ‘kultus standbeeld’ van die godin Athena was ivoor en goud. Die tempel is van marmer gemaak. √ Die blokke is in plek gehou deur brons- of ysterpenne in gesmelte lood, ʼn buigsame stelsel wat aardbewings kan weerstaan en die plafon is van hout gemaak. √ Die Boeddha-beeld is 13,5 meter lank en weeg 1 500 ton. Dit is gemaak van fyn, uitgesoekte soliede klip. √ Gemaak van boë van gevoude beton, die toegangtonnel is dof verlig om ʼn ‘baarmoederagtige’ atmosfeer te skep, terwyl die opening in die middel natuurlik aangesteek is en omring word deur konsertina-vormige betonmure wat na die hemel reik. √ ʼn Watertuin aan die voet van die heuwel word omring deur lang betonmure en ʼn klein grens van grys gruis. √ (2) Verhouding tot die terrein: Hoog geleë op ʼn heuwel (die Akropolis), is die Parthenon duidelik sigbaar van die stad daaronder. Die Parthenon moet beskou word as wonderlike beeldhoukuns, geïnspireer deur die verhoudings van die menslike figuur. √ Die Boeddha-beeld-aanbiddingsgebied sit op ʼn effense heuwel op 180 hektaar digbegroeide land wat aan ʼn begraafplaas behoort. √ Die plantegroei, wat 150,000 laventelplante insluit, bied ʼn seisoenale geskikte agtergrond vir die beeld, verander van groen in die lente tot pers in die somer en uiteindelik wit in die winter, wanneer die heuwel met sneeu bodem is. √ (2) Gee krediet aan enige goed beredeneerde inligting. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) KOGNITIEWE V3.1 VLAK GEWIG VRAE PUNTE VAARDIGHEDE Onthou, Herroep, Herken, 3.2 1 Noem Laer orde 30% Verstaan, Verduidelik, 3.2 2 Beskryf, Klassifiseer Pas toe, Implementeer, Middel-orde 40% 3.2 4 Organiseer Ontleed, Vergelyk, 3.2 2 Interpreteer Hoër orde Evalueer, Reflekteer, 30% Beoordeel Sintetiseer, Regverdig, Skep 3.2 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 11 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4: INTERNASIONALE ONTWERPGESKIEDENIS 4.1  Ken 20 punte in totaal toe  Ken 10 punte toe vir elke beweging  Kandidate moet gepenaliseer word vir BEPERKTE of GEEN VERWYSING na die verklaring nie  Ken een gekombineerde punt toe vir die naam van ʼn ontwerper en werk  Indien TWEE ontwerpers se werke bespreek word, ken slegs punte toe vir ‘nuwe’ inligting wat die doelwitte/invloede/eienskappe van die beweging ondersteun Hierdie nasienriglyn verskaf ʼn antwoord vir die volgende twee moontlike bewegings: DIE KUNS- EN KUNSVLYTBEWEGING: 4.1.1 As gevolg van vinnige industrialisasie het geboue, fabrieke, brûe en spoorlyne teen die einde van die 19de eeu begin verskyn, en vinnige verstedeliking het dikwels tot krotbuurte in Brittanje en Europa gelei.. Fabrieke was ʼn ernstige gesondheidsrisiko vir mense, so die tydperk was die begin van sosialisme en die beskerming van die regte van vakmanne. √ As ʼn opstand teen industrialisasie in Europa en die ingewikkelde massaprodukte van die Victoriaanse tyd, was die doel om goeie ontwerp te ontwikkel om onnodige versiering te elimineer en eenvoudiger te maak. √ Ontwerpers is beïnvloed deur die natuurlike omgewing – plante, voëls en dierevorme √ en het sodoende natuurlike materiale soos klip leer, hout en natuurlike vesels beklemtoon√ en beweeg na die herstel van ‘pure- craftmanship’ en ʼn beter werkverhouding tussen werker en ontwerper. √ Handwerk soos borduurwerk, houtsneewerk, blokdruk en glasskilderye het herleef. √ Mense het gekyk na Middeleeuse Kuns, veral die Gotiese argitektuur van ʼn suiwer, hoër, goddelike samelewing √ en die Engelse kothuisstyl in huise het plaaslike klip,kaal vloerplanke en binne-dakbalke kenmerkend van die kothuisstyl vertoon. √ Die kuns en vlytstyl is gekenmerk deur handgehamerde afwerkings as bewys van eerlike konstruksiemetodes wat op silwer en koper toegepas is. √ Sommige ambagsmanne het gehamerde afwerkings by masjiengemaakte items vir estetiese doeleindes bygevoeg. Metaal werkswinkels het skarniere, handvatsels, metaalklinknaels vir stoffering en houtkabinete gemaak en dit was vorms van handgemaakte hardeware. √ In 1935 het Frank Lloyd Wright ‘Fallingwater' ontwerp vir die Edgar J. Kaufmann-familie van Pittsburgh. Die ontwerp van die huis het harmonie tussen mens en natuur bevorder. Dit hang reg oor die spitsende bergstroom in perfekte harmonie. √ Dit strek 30 voet hoog bo die rande, hoewel sterk horisontale lyne en lae plafonne help om ʼn algehele skuilingsgevoel te behou wat die band tussen die gebou en die natuurlike omheining versterk.√ Die slaapkamers is klein, sommige met lae plafonne om mense aan te moedig om na die oop sosiale areas, dekke en buitelug te gaan. √ Die ontwerp bevat breë en ruim vensters en balkonne wat in hul omgewing uitkom en die verband tussen die binne- en buite-omgewing laat vervaag. √ (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) ART DECO: Die hoofdoel van Art Deco was om ʼn beter wêreld uit die depressie en omgewing van WW1 te bou met ʼn futuristiese uitkyk op die lewe. √ Oorlog het ʼn verwoestende impak gehad wat die verhouding tussen sy mense en die ekonomieë in Europa en Amerika beïnvloed het. √ Art Deco het ten doel gehad om ʼn gevoel van ontvlugting te skep deur die onwerklike omgewings wat hulle geskep het √ en het sensasionele, sorgvrye moderne lewende en gewaagde, groot nuwe ontwerpe totaal aanvaar het. √ Die beweging het gereageer op die eise van die masjienera en nuwe materiaal, sowel as die vereistes van massaproduksie. √ Vroue het meer geanimeerd, modieus en meer onafhanklik na die Tweede Wêreldoorlog na vore getree, en het bygedra tot manlik oorheersende velde soos sport en teater. √ Gedurende die 1920’s was daar ʼn gefassineerdheid/beheptheid met Ou Egipte as gevolg van die ontdekking van Tutankhamen se graf in 1922. √ Ontwerpe is dus beïnvloed deur Egiptiese motiewe soos die lotusknop en papirus, skarabs en die sfinks. √ Nog ʼn invloed was antieke Griekse en Romeinse kuns vir hulle elegante houdings, spierproporsie van ‘perfekte’ klassieke figure en beelde uit die klassieke mitologie. √ Reis na eksotiese lande soos sommige in Afrika het ook ʼn invloed gehad op ontwerpe wat verder deur die handel van ivoor- en diervelle versterk is. √ Die Chrysler-gebou deur die argitek William van Allen √ in New York was die hoogste gebou in die wêreld ten tyde van sy voltooiing in 1928. Die gebou het tipiese Art Deco-eienskappe vertoon, soos gestreepte vorms en sigsags (‘zigzags’) afkomstig van Aztec- en Inca- tempels en Egiptiese Piramides, √ sowel as die uitbundige sonstraalmotief wat energie simboliseer en opwinding en optimisme vir die toekoms uitdruk. √ Verskeie argitektoniese besonderhede en veral die goties-geïnspireerde drake (‘gargoyles’) was die inspirasie vir Chrysler-motorprodukte soos die enjinkap-siervoorwerpe op die Chrysler Plymouth. √ Walter Chrysler was die voorsitter van die ‘Chrysler Corporation’ en sy voorneme was om die gebou as Chrysler se hoofkwartier te bou, om aan die hoë vraag na motorvoertuie te voldoen. √ Die masjienera het mense se lewens verander en reise vinniger as vroeër gemaak. Vaartbelynde vorms van motors en passasierskepe het spoed, tegnologie en aërodinamika beklemtoon. √ (10)  Gee krediet aan enige ander geldige doelstellings, invloede, eienskappe sowel as ontwerpers en voorbeelde. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 13 KOGNITIEWE V4.1 VLAK GEWIG VRAE PUNTE VAARDIGHEDE Onthou, Herroep, Herken, 4.1 4 Noem Laer orde 30% Verstaan, verduidelik, 4.1 2 beskryf, klassifiseer Pas toe, Implementeer, Middel-orde 40% 4.1 8 Organiseer Ontleed, Vergelyk, 4.1 3 Interpreteer Hoër orde Evalueer, Reflekteer, 30% 4.1 3 Beoordeel Sintetiseer, Regverdig, Skep 4.2 4.2.1  Ken 2 punte toe FIGUUR H – Dekonstruktiwisme √ FIGUUR I – Skandinawiese √ (2) 4.2.2  Ken 8 punte toe. Maksimum 2 punte per aspek.  3 punte maksimum vir die skryf van 2 afsonderlike paragrawe Onderwerp: FIGUUR H bestaan uit gefragmenteerde geometriese vorms (kubusse) in verdraaide perspektiewe met oorvlieënde diagonale lyne wat ʼn sin vir dinamiese beweging skep. √ Die beelde in FIGUUR I wat deur die natuur geïnspireer is, bestaan uit plant- en diermotiewe, wat kenmerkend van Skandinawiese tekstielontwerp is, met gestileerde biomorfiese temas. √ (2) Doelstellings: In Dekonstruktivisme wil dit voorkom asof die ruimte ‘gesny’ word met ʼn diagonale fokus, wat ʼn gevoel van fragmentasie, dinamika en visuele chaos skep, wat duidelik in die voorwerp in FIGUUR H voorkom. √ In FIGUUR I is ontwerpe gebaseer op die natuur met eenvoudige, minimale vorms en ontwerpers fokus op die skep van funksionele en pragtige ontwerpe met skoon lyne. √ (2) Perspektief: Daar is verskeie perspektiewe in FIGUUR H wat onstabiliteit en spanning veroorsaak. √ Die voorwerpe is gelewer met behulp van tweepunt perspektief met verskeie verdwynpunte wat ʼn gevoel van wanbalans en dinamiese energie skep. √ Daar is ʼn gebrek aan perspektief in FIGUUR I wat die tekstiel plat laat lyk. √ Anders as die voorwerpe in FIGUUR H, oorvleuel die voorwerpe nie of raak aan mekaar sodat elke voorwerp sy eie persoonlike ruimte het. √ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) Kleur: Die kleur wat in FIGUUR H gebruik word, is ʼn koel analogiese kleurpalet met tinte en skakerings van blou en maroen/pienk vorms teen ʼn suiwer wit agtergrond wat ʼn gevoel van eenheid binne die chaos skep. √ FIGUUR 1 bestaan uit helder en vrolike kleure wat ʼn gevoel van speelsheid en ondeundheid skep. √ Plant- en diervorms in ligte kleure (oranje, wit, liggeel) skep ʼn lewendige kontras met die koelblou-toon van die agtergrond. √ (2) Oorweeg enige ander goed beredeneerde en ondersteunde feite. [10] KOGNITIEWE V4.2 VLAK GEWIG VRAE PUNTE VAARDIGHEDE Onthou, Herroep, Herken, 4.2.1 1 Noem Laer orde 30% Verstaan, Verduidelik, 4.2.2 2 Beskryf, Klassifiseer Pas toe, Implementeer, Middel-orde 40% 4.2.1; 4.2.2 1+3 Organiseer Ontleed, Vergelyk, 4.2.2 2 Interpreteer Hoër orde Evalueer, Reflekteer, 30% 4.2.2 1 Beoordeel Sintetiseer, Regverdig, Skep Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 15 AFDELING C: ONTWERP IN ’N SOSIO-KULTUUR- / OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 (20 punte) Beantwoord OF VRAAG 5.1 of VRAAG 5.2. 5.1 5.1.1  Ken 2 punte toe Sosiale ontwerp word gedefinieer as ʼn ontwerpproses wat bydra tot die verbetering van menslike welsyn en lewensbestaan en word verbind aan ontwerp vir mense se behoeftes eerder as hul begeertes. √ Die ontwerp in FIGUUR J word beskou as noodsaaklik vir oorlewing aangesien lugbesoedeling ʼn werklike bedreiging vir die gesondheid van jong kinders is. √ (2) Gee krediet vir enige ander goed beredeneerde antwoord. 5.1.2  Ken 2 punte toe Dit is bedoel om beide spelerig en eenvoudig te wees, met eenvoudige vorms. √ Dit het helder kleure wat aandag trek. √ Dit is opvoedkundig – die masker is gemaak van baie verwisselbare dele, sodat kinders en ouers dit self kan saamstel. √ Deur verskillende dele van die masker te kleur, is dit bedoel om kinders te leer hoe om met die masker te werk. √ Die uitruilbare stukke laat ook die kinders toe om dit aan te pas deur ʼn groter gevoel van eienaarskap voor te stel. √ (2) 5.1.3  Ken 2 punte toe Nee. Die toestel kan as sosiaal onaanvaarbaar beskou word vanuit 'n estetiese oogpunt. Die samelewing verwag dat individue moet aanpas en in die meeste dele van die wêreld is die openbaar dra van ʼn gesigmasker nie algemene praktyk nie. √ As ʼn praktiese toestel is dit nie van toepassing in plekke waar luggehalte nie ʼn bedreiging vir mense is nie. √ Ja. Luggehalte versleg in groot stede as gevolg van lugbesoedeling (rookmis). Griep-epidemies en lugdraende oordraagbare virusse soos Ebola word al hoe meer algemeen in die wêreld. √ (2) Gee krediet enige ander goed beredeneerde antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 5.1.  Ken 14 punte toe 4  Ken 7 punte per opstel vir elke ontwerper toe  Ken 1 gekombineerde punt toe vir die naam van die ontwerper / ontwerpagentskap/ateljee en die titel van ʼn produk SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER / ONTWERP-AGENTSKAP / STUDIO YTSAI Ontwerp Studio’s, ‘Laerskool Vissershok’. √ (1) YTSAI is betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte in samewerking met Safmarine – insluitende die kreatiewe omskakeling van ʼn ontmantelde Safmarine-skeepsvraghouer in ʼn broodnodige klaskamer vir ʼn landelike Suid-Afrikaanse skool. √ Die klaskamer is gebou om groen beginsels aan te spreek, sowel as om sosiale funksies te ondersteun, insluitende ʼn uitsteekdak wat stadiumsitplekke oordek, en in ʼn vertikale oppervlak vir filmvertonings kan sak. √ Vir slegs 12 m2 bied die kleurvolle klaskamer ʼn leerruimte vir 25 leerders in Graad R aan. √ Die struktuur dien as ʼn klaskamer in die oggend en ʼn skoolbiblioteek in die namiddag vir leerders en die gemeenskap. √ Die gebou is volhoubaar deurdat die lugvloei natuurlik is en geïmplementeer word deur middel van ʼn gaping tussen die dak en die houer, wat op elektrisiteit vir verkoeling spaar. √ Die groot dak hou direkte sonlig uit en verminder hitte terwyl die kleurvolle vensters langs die kante van die houer kruisventilasie verseker. Staalrame strek uitwaarts uit die houer na ʼn oulike speelarea met swaaie, toue en ʼn glyplank sowel as ander prettige items om die kinders te laat hardloop, spring en speel. √ Die arena-styl sitplekke bied ʼn ruimte vir kinders om te meng en sosialiseer terwyl hulle middagete geniet en bied ook ʼn goeie plek vir skoolbyeenkomste. √ Langs die houer is ʼn redelike groot area wat as ʼn groentetuin dien. √ Hier kan die kinders leer om hul eie kos te laat groei en ook die skool van vars produkte te voorsien om hul voedingsprogram verder aan te vul. √ (6)  Ander Suid-Afrikaanse voorbeelde kan insluit: Monkeybiz; Mapula; Miele; Garth Walker; Streetwires. Gee krediet vir enige ander relevante voorbeelde en inligting INTERNASIONALE ONTWERPER / ONTWERP-AGENTSKAP / STUDIO Diébédo Francis Keré, Gando Laerskool en Biblioteek'. (1) Diébedo Francis Karé is ʼn Duits-opgeleide argitek van die klein Wes- Afrika dorpie Gando in Burkina Faso. In 1998, terwyl hy nog ʼn student was, het hy ‘Bricks for Gando’ gestig, ʼn liefdadigheidsfondasie wat fokus op volhoubare argitektuur vir die groei van sy gemeenskap, √ en hy het fondse ingesamel om ʼn laerskool en biblioteek in sy tuisdorp te bou. √ Die dorpie Gando het 3 000 inwoners wat in klein modderhutte woon, met blik- of strooidakke, en daar is geen toegang tot lopende water of elektrisiteit nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 17 Die gemeenskap was oorspronklik skepties oor die gebruik van klei in die skool se konstruksie, aangesien klei as 'n swak materiaal beskou word, wat waarskynlik nie die reënseisoen sal oorleef nie, en ʼn stewiger beton was verkies. Aangesien beton egter beide duur en hoogs onvanpas sou wees in die hoë temperature van Burkina Faso, het Kéré klei gebruik wat beide goedkoop en plaaslik beskikbaar is. √ Die klei is beskerm met ʼn wye dun dak wat oor die gebou opgerig is om dit teen die reën te beskerm en lug te laat sirkuleer, temperatuur te behou en ʼn ideale leeromgewing vir Gando se kinders te bied. √ Die mans en vroue van die dorp het gehelp om klippe te breek om die vloer voor te berei, klippe vir die fondament te versamel en grond plat te druk vir die skoolmure. Dit het die gemeenskap saamgesnoer. √ Dit het ook die potensiële groot koste van Europese ingenieurs en bouers radikaal verminder. √ Deur met die projek te help, het die mense van die dorp ook opleiding ontvang in ʼn verskeidenheid konstruksie- tegnieke, hul eie vaardighede ontwikkel, √ en hulle het ʼn geleentheid gekry om ander bouwerk-geleenthede te bekom. √ In ʼn streek met ʼn geletterdheidskoers wat baie laer is as die nasionale gemiddeld van 25%, is die meeste leerlinge se ouers ongeletterd en hulle het geen boeke by die huis nie. Die biblioteek stel leerlinge in staat om hul kennis te verbreed en ʼn beter begrip van hul skoolvakke en die wêreld rondom hulle te verkry. √ Dit is ook oop vir nie-studente, en is dus ʼn waardevolle bron vir die hele gemeenskap. √ Die eucalyptus-gewel rondom die biblioteek skep ʼn rustige en oop ruimte waarin leerlinge kan studeer en ontspan. √ Dit is die eerste keer in Gando dat bloekombome vir konstruksie gebruik was. Die ontwerp van die dak verteenwoordig ook ʼn tegniese innovasie, aangesien tradisionele kleipotte in die helfte gesny is en in die plafon geplaas word, wat die lig in laat en vars lug laat sirkuleer. √ (6)  Ander internasionale voorbeelde sluit in: B.J. Krivaneck; Adriana Bertini. Gee krediet vir enige ander relevante voorbeelde en inligting. [20] KOGNITIEWE V5.1 VLAK GEWIG VRAE PUNTE VAARDIGHEDE Onthou, Herroep, Herken, 5.1.1; 5.1.4 1+2 Noem Laer orde 30% Verstaan, verduidelik, 5.1.1; 5.1.4 1+2 beskryf, klassifiseer Pas toe, Implementeer, Middel-orde 40% 5.1.2; 5.1.4 2+6 Organiseer Ontleed, Vergelyk, 5.1.4 2 Interpreteer Hoër orde Evalueer, Reflekteer, 30% 5.1.4 2 Beoordeel Sintetiseer, Regverdig, Skep 5.1.3 2 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 5.2 5.2.1  Ken 2 punte toe Ja. Die geweefde struktuur van die mandjie maak dit sterk en geskik vir sy doel as ʼn inkopiesak en vir die vervoer van groot vragte. √ Die materiaal verweer nie maklik wat dit duursaam en langdurig maak. √ Hulle is gemaak van natuurlike materiale, daarom is dit nie ʼn bedreiging vir die omgewing nie. √ Die mandjie se vorm maak voorsiening vir ʼn wye opening om goed vol kruideniersware te maak. √ Die handvatsels is sterk en dik en maak dit gemaklik om te hanteer en oor lang afstande van te hou en te dra. √ Versierde patrone en kleurstof-kleure kan in die geweefde mandjie saamgevoeg word om kontemporêre tendense te weerspieël. √ (2) Gee krediet enige ander goed beredeneerde antwoord. 5.2.2  Ken 8 punte toe  Kandidate kies om slegs EEN van hierdie tradisionele handwerk te bespreek: isiZoeloe-mandjie, isiZoeloe- pottebakkery, isiZoeloe-kraalwerk, isiXhosa-kraalwerk of Ndebele-muurskildery  Punte kan SLEGS vir die betrokke aspek toegeken word VOORBEELD: Zoeloe-kralewerk  Ken 3 punte toe Materiaal, metodes en prosesse om die handwerkproduk te maak: Die materiale, metodes en prosesse wat deur Zoeloe-kraalwerkers gebruik word, toon die gebruik van verskillende soorte materiaal om kraalwerk na nuwe vlakke te neem deur tradisionele kraalwerkvaardighede met hedendaagse ontwerpe te kombineer. √ Skep juweliersware en voorwerpe wat die sintuie aansteek met hul rykdom en kleur √ Sade, klippe, stukkies been, kleurvolle glaskrale en kosbare edelstene word gebruik. √ Die helderkleurige krale word kreatief op katoendraad in spesifieke rye vasgemaak met kleur as betekenis en boodskap. √ (3)  Ken 3 punte toe ʼn Beskrywing en analise van EEN voorbeeld: Die kralewerk-liefdesbriewe word deur Zoeloe-vroue gebruik om met hul mans te kommunikeer. √ Hierdie kommunikasie is gekodeer in kleure en geometriese driehoekige vorms en bevat gewoonlik ʼn maksimum van sewe kleure. √ Die drie hoeke verteenwoordig die vader, moeder en kind. √ Wit verteenwoordig gewoonlik geestelike liefde, suiwerheid en maagdelikheid. √ Kleurkodering verwys na die gebruik van verskillende kleure om betekenis in ʼn kode oor te dra. Kleurkodering aanvaar dat in ʼn gegewe konteks verskillende basiese kleure ʼn statiese betekenis het, letterlik of figuurlik. √ (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 19  Ken 2 punte toe Die moontlike funksies van die handwerkproduk: Tradisionele kralewerk is gebruik as ʼn metode van koloniale handel. √ Dit was ook ʼn manier van uitdrukking, kommunikasie en storievertelling. √ In die verlede is patrone en kleure in kraalwerk geweef, wat gevoelens en idees aan geliefdes en vriende simboliseer. √ Die funksie van die meeste kralewerk word geskep deur vroue wat in die landelike gebiede van Suid- Afrika woon. √ Hulle het hulself altyd deur persoonlike versiering uitgedruk en dit het as uitdrukking gekom om fisieke voorkoms te verbeter. √ Afgesien daarvan, kan kraalwerk hoër status uitdruk √ of magiese eienskappe om die mens te beskerm teen siekte of skadelike magte. √ (2) Gee krediet vir enige ander goed beredeneerde antwoord. 5.2.3  Ken 10 punte toe in totaal  Punte kan SLEGS vir die betrokke aspek toegeken word Die naam van die ontwerper / ontwerpgroep en die naam van die produk: Monkeybiz, kralewerk-poppe, sakke, diere, kussingslope en beelde. √ (1) ʼn Kort beskrywing en ontleding van minstens EEN werk deur te verduidelik hoe dit die invloed van die tradisionele handwerk weerspieël: Monkeybiz koop ryklik gekleurde glassaadkrale in grootmaat en voorsien dit aan vroue in die townships van Kaapstad.√ Hoë kwaliteit krale word gebruik vir maksimum glans. √ Die struktuur van elke kralewerkpop is van draad gemaak en Monkeybiz herwin weggooi-katoenmateriaal afwerkings van klerevervaardigers as die vulmateriaal vir die kralewerkpoppe en diere. √ Monkeybiz vat die krale en katoen na die kralewerk kunstenaars en sodra die kunswerk voltooi is, word die kralewerk-kunsstukke van hulle versamel. √ Die hoofkunswerke wat deur die kralewerker vervaardig word, word geïnspireer deur Afrika se wilde diere soos kameelperde, leeus en olifante. √ Die kralewerkpatrone word beïnvloed deur hul kulturele agtergrond wat geometriese patrone insluit soos ‘chevron’, strepe en kruise. √ Die kleure wat gebruik word, is oorwegend helderkleurige kontrasterende kleure soos swart en wit oranje en blou ens. √ Elke stuk is ʼn unieke eenmalige kunswerk en word deur die kunstenaar geteken. √ (5) Die etiese kwessies wat aangespreek word deur die werk van die ontwerper/ontwerpgroep: As ʼn nie-winsgewende maatskappy werk Monkeybiz in ʼn kantoorruimte wat geskenk is en die kunstenaars doen kralewerk by die huis wat hulle in staat stel om na hul gesinne te kyk en vervoerkoste te vermy. √ Dit is ʼn volhoubare inkomstegenererende organisasie wat self- indiensnemingsgeleenthede aan kunstenaars bied en hulle vaardigheidsopleiding en ondersteuning bied. √ Hulle woon in Kaapstad se informele nedersettings soos Khayelitsha, Philippi, Mandela Park en ander gebiede en baie van hulle is MIV-positief. Die kraalprojek bied selfvertroue aan 450 vroue wat voorheen werkloos was, met 200 vroue op die waglys. √ (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018)  Ander voorbeelde sluit in: Haldane Martin, Monkeybiz, Laduma Ngxokolo. Gee krediet vir enige ander relevante ontwerpers. [20] KOGNITIEWE V5.1 VLAK GEWIG VRAE PUNTE VAARDIGHEDE Onthou, Herroep, Herken, 5.2.2; 5.2.3 1+3 Noem Laer orde 30% Verstaan, Verduidelik, 5.2.2 2 Beskryf, Klassifiseer Pas toe, Implementeer, 5.2.1; 5.2.2; Middel-orde 40% 1+3+4 Organiseer 5.2.3 Ontleed, Vergelyk, 5.2.2; 5.2.3 1+1 Interpreteer Hoër orde Evalueer, Reflekteer, 30% 5.2.2; 5.2.3 1+2 Beoordeel Sintetiseer, Regverdig, Skep 5.2.1 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 21 VRAAG 6 (20 punte) 6.1  Ken 6 punte toe - Aangesien die struktuur met die hand gebou is, is geen masjinerie gebruik nie, wat tot die besparing van elektrisiteit gelei het en die beperking van koolstofvrystellings uit brandstofbrandmasjiene. √ - Die boumateriaal was plaaslik beskikbaar op die terrein wat die koolstofvoetspoor beperk van voertuie wat materiaal oor afstande na en van die konstruksieterrein vervoer. √ - Die struktuur is in 60 dae opgerig. Daarom het geen langtermyn-bou- en konstruksieprosesse ʼn negatiewe impak op die omgewing gehad nie. √ - Die ligte houtstruktuur wat die dak oplig, laat lig in die gebou, en genereer natuurlike ventilasie sodat lugversorgers en elektriese waaiers nie benodig word nie. √ - Deur natuurlike boumateriaal te gebruik, hoef jy nie nuwe mensgemaakte materiaal vir die area te vervaardig nie. √ - Daar sal altyd ʼn natuurlike beskikbaarheid van boumateriaal (grond, hout, plantegroei) wees en sodoende die beginsel van volhoubaarheid bevorder.√ - As die gebou uitmekaar gehaal moet word, sal die materiaal nie ʼn bedreiging vir die omgewing inhou nie. Hulle sal natuurlik disintegreer. √ - Deur plaaslike inwoners te gebruik om die struktuur te bou, word sterk gemeenskapsbetrekkinge gevorm en sosiale interaksie aangemoedig. √ - Die stoep strek uit in die tuin en vergroot die skadu ruimtes, sodat mense buite kan studeer. √ (6) Gee krediet vir enige ander goed beredeneerde antwoord. 6.2  Ken 14 punte toe  Ken 7 punte per opstel vir elke ontwerper toe  Ken 1 gekombineerde punt toe vir die naam van die ontwerper / ontwerpagentskap/ateljee en die titel van ʼn produk  Punte kan SLEGS toegeken word vir die relevante aspek van die vraag INTERNASIONALE ONTWERPER / ONTWERPAGENTSKAP / STUDIO Die naam van die ontwerper / ontwerpagentskap / ateljee EN die titel van ʼn produk: Julie Bargmann, 'Testing the Waters' / 'Vintondale Reclamation Park'.√ (1) Hoe die ontwerper/ontwerpagentskap of ateljee omgewings- en/of volhoubare kwessies aanspreek in sy/haar/hul ontwerpproses: Julie Bargmann word internasionaal erken as ʼn ontwerper wat besoedelde en industriële terreine in die VSA herwin wat erg geraak is deur byvoorbeeld mynbou of die storting van vullis. √ Sy ondersoek die kreatiewe potensiaal van hierdie gedegradeerde landskappe en verander hulle in regeneratiewe landskappe. √ Sy hou altyd iets van die geskiedenis van die plek/area sodat mense onthou wat daarmee gebeur het. √ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2018) Algemene kenmerke van die ontwerper / ontwerp-agentskap / -ateljee: Haar metode is om eers die bouterrein te identifiseer en dan met die hulp van ʼn span geskiedkundiges, ingenieurs, ekoloë, kunstenaars, landskapargitekte en wetenskaplikes die taak om die bouterrein te ontleed vir vernuwing, begin. √ Suurwater-myndreinering spoel in die strome en riviere en verstik lewensvorme – sy herwin sulke besoedelde industriële terreine. √ Sy ontwerp landskappe wat konstruksie met elemente meng wat die fisiese en kulturele geskiedenis van die bouterreine waarin sy werk, verteenwoordig. √ (2) Die titel en ʼn kort beskrywing van EEN groot ontwerp/ontwerpprojek: ‘Die Toets van die Waters’ is die transformasie van ʼn voormalige steenkoolmyn in ʼn park vir suurmynwaterdreinering en gemeenskapsrekreasie. √ Die park bestaan uit ʼn landmassa wat in ʼn passiewe suurmynwaterdreineringstelsel (SMD) behandel word, wat die publiek toelaat om die suiwering van die besoedelde water fisies te sien. √ Soos wat dit deur ʼn reeks retensiebakke en stortings gaan, verander die kleur van oranje tot groen tot blou-groen. √ Die park bestaan ook uit ʼn tuin van alternatiewe rye inheemse bome en struike, asook ontspanningsgeriewe soos piekniekgronde, speelareas en natuurlewe- roetes. √ (2)  Ander internasionale voorbeelde sluit in: Francis Keré; Martin Kruger. Gee krediet vir enige ander relevante ontwerpers. SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ONTWERPAGENTSKAP / STUDIO Die naam van die ontwerper/ontwerp agentskap/ateljee EN die titel van 'n produk: Porky Hefer, ‘Weaver Nest.’ √ (1) Hoe die ontwerper / ontwerpagentskap of ateljee omgewings- en / of volhoubare bekommernisse aanspreek in sy / haar / hul ontwerpproses: Hefer het op ʼn verskeidenheid driedimensionele vorme van openbare beeldhouwerk tot produk- en meubelontwerp gefokus. √ Hy neem Afrika aan en die vaardighede wat geredelik beskikbaar is. Hy daag ons verhoudings met alledaagse voorwerpe uit en inspireer ons om op 'n ander manier daarna te kyk. Sy ‘menslike nes’-ontwerpe word geïnspireer deur ‘biomimicy’ (die ontwerp en produksie van materiale, strukture en stelsels gebaseer op die natuur). √ Sy ontwerpe kopieer die boutegnieke van weefvoëls. √ (2) Algemene kenmerke van die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee: Hefer se geweefde neste is almal handgemaak in Suid-Afrika deur gebruik te maak van plaaslike materiale en handwerktegnieke. √ Die resultaat is 'n menslike nes wat buite gebruik word in ʼn boom of binne gehang word. Grootte wissel en neste kan 1 tot 4 mense akkommodeer. √ Die grootste deel daarvan word geweef met behulp van buigsame plantstingels wat rondom staalraamwerke draai, terwyl sommige met leeragtige velle bedek is. √ Hefer het verskillende materiale van Port Jackson uitheemse plantegroei tot Kubu-riet tot herwinbare plastiekverpakkingsmateriaal ondersoek, op soek na die mees volhoubare en effektiewe oplossing. √ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) ONTWERP V1 23 Die titel en ʼn kort beskrywing van EEN groot ontwerp-/ontwerpprojek: Die ‘Weaver Nest’ lyk soos die eintlike vinke se nes wat in die natuur voorkom. √ Die struktuur is ʼn massiewe geweefde struktuur om ʼn staalraam, wat ten minste twee volwassenes en ʼn kind kan huisves. √ Die nes is opgebou uit indringerplante, soos Port Jackson-bome, wat omgewings-inisiatiewe soos die verwydering van uitheemse plantegroei ondersteun. √ Toegang tot die nes is van die onderkant van die struktuur wat ongeveer 3 meter van die grond af hang met ʼn touleer. √ (2)  Ander Suid-Afrikaanse voorbeelde sluit in: Heath Nash; Joseph Diliza. Gee krediet vir enige ander relevante ontwerpers. [20] KOGNITIEWE V6 VLAK GEWIG VRAE PUNTE VAARDIGHEDE Onthou, Herroep, Herken, 6.2 2 Noem Laer orde 30% Verstaan, Verduidelik, 6.1; 6.2 2+2 Beskryf, Klassifiseer Pas toe, Implementeer, Middel-orde 40% 6.1; 6.2 2+6 Organiseer Ontleed, Vergelyk, 6.1; 6.2 1+1 Interpreteer Hoër orde Evalueer, Reflekteer, 30% 6.2 2 Beoordeel Sintetiseer, Regverdig, Skep 6.1; 6.2 1+1 TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all