Downloaded from hlayiso.com
NASIONAAL
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD12
ONTWERP V 1
(TEORIE)
NOVEMBER 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 968.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC November Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
'ONGESIENE' VOORBEELDE
BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
VRAAG 1 [10 Punte]
1.1 1.1.1 (Ken 8 punte toe)
Kleur: Die plakkaat in FIGUUR A gebruik 'n polichromatiese skema bestaande
uit sterk, warm-roes, olyfgroen, lemmetjiegroen en koue grys-blou wat 'n
prettige en vrolike gemoed skep. Hierdie kleure weerklank die plakkaat se
titel wat die toeskouer inlig - 'have fun on foot'! Die kleurvolle beelde is op
wit wolke geplaas wat hul rykheid uitlig. Die witheid van die wolke praat van
reinheid en kraakvarsheid. Die wit verteenwoordig die “ligtheid” (gewig van
die skoene.
Kontras: Die figuratiewe beelde op die wit wolk agtergrond is gedetailleerd en
omlyn wat hulle laat uitstaan. Hulle kontrasteer met die eenvoudige, plat, lig
olyfgroen agtergrond en lig turkoois abstrakte, geometriese patrone, beelde
van reënboë en gekrabbelde kurwende patrone. Hierdie kontras aktiveer die
oppervlak en dra oor 'n gevoel van joligheid/feestelikheid. Die ontwerper se
gebruik van verskillende mediums – die gefotografeerde suede en leer van die
Tsonga Tslops kontras met die karikatuuragtige illustrasies. 'n Verdere
kontras is sigbaar in die gebruik van groot, drie-dimensionele tipografie en
kleiner, plat of tweedimensionele woorde. Kontras op die linkerkant is
meestal organies (olifant, boom, voël en aalwynplant.) terwyl die regterkant
mensgemaakte beelde verteenwoordig.(tradisionele houers, sandale en
traditionele hoed deur vroue gedra.) Daar is kontras in skaal bv. die groot
skoen in die middelgrond kontrasteer met die tipografie in die voorgrond en die
kleiner illustrasies in die agtergrond.Die sandaal word dus uitgelig plakkaat.
Fokuspunt: Die hoof fokuspunt is die Tsonga Tslops sandaal omrede dit die
grootste beeld is en dit in die middel van die komposisie is. Die plakkaat
gebruik 'n werklike foto van die Tsonga Tslops sandaal en die tekstuur-
kwaliteite van die suede en die leer trek jou aandag. Die sterk donker bruin
kleur van die sandaal is beklemtoon omdat dit met die wit wolke en helder
lemmetjies groen van die agtergrond kontrasteer.
Eenheid: In FIGUUR A, is eenheid geskep deur die herhalende gebruik van
roes, olyfgroene, seegroen, sjokolade-bruin, grysblou en wit kleure. Die
herhaling van geometriese versierings en swart buitelyne skep ook 'n
eenheid in die werk. Die wit wolke op verskillende vlakke hou en verenig
alle beelde. Die Tsonga Tslops sandaal raak ook aan die wolke en die
beelde wat 'n eenheid van motiewe skep. Die oor vleueling van voorwerpe
bind die illustrasie ook saam as eenheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
1.1.2 (Ken 2 punte toe)
'Eenheid en diversiteit' is bereik in die plakkaat omdat kulturele simbole van
verskillende kulturele groepe in Suid-Afrika afkomstig is, is hier gebruik. Die
kulturele simbole sluit in die aalwyn plant wat 'n heilige plant is in
kommunikasie met die voorvaders, die olifant wat 'n simbool is van mag en
wysheid vir die Suid-Afrikaner, die tradisionele Afrika houers wat gereeld
gebruik word om water in te stoor, bier of vars produkte van die veld of mark
die getroude Zulu vrouens wat 'n tradisionele hoed (isicholo) dra.
Verskillende simbole kom saam onder een wolk wat eenheid simboliseer en
die verskillende kultuurgroepe verteenwoordiger in Suid-Afrika
Sommige leerders mag ook argumenteeer dat die plakkaat slegs ‘n paar
hoofstroom kulture verteenwoordig en dus nie diversiteit uitdruk nie.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V1.1 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 1.1.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 30% 1.1.1 1
Middel orde Toepas, Implementeer, Organiseer 1.1.1 3
40% 1.1.2 1
Hoër orde Analiseer, Interpreteer
1.1.1 2
Reflekteer, Evalueer 30% 1.1.2 1
Sintetiseer
OF
1.2 [Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerp terme vir 'n totaal van 10 punte
toe
• BIOMIMIKRIE
Die sitvlak en pote van die stoel is organies in vorm en verseker gemak. Die
onderste gedeelte van die agterste poot tot die boonste gedeelte van die
rugstuk mimiek/naboots die vorm en struktuur van 'n reptiel van stert tot kop
en help om die struktuur te versterk. Die (ewe belangrike) kabriool pote
mimiek die kort, stompagtige gekromde bene van reptiele.
• ERGONOMIE
Die stoel reflekteer die vorm en proporsies van die menslike liggaam om te
verseker dat dit die menslike liggaam ondersteun in 'n gemaklike en veilige
manier. Die hoogte van die stoel sal die algemene persoon toelaat om met
hul voete ferm op die grond te kan sit met hul bene by die knie gebuig teen 'n
45 grade hoek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
• VORM
In FIGUUR B, is die stoel se vorm as amorfies beskou omdat dit organies is
en die konvensionele reghoekige vorm wat normaalweg assosieer is met 'n
stoel met vier bene, ontbreek. Instede, het die stoel drie pote en die sitvlak
het 'n meer organiese vorm. Die rugstut is ook amorfies in karakter, wat 'n
kurwende vorm verwys na gekerfde klip of die boots van die vorm van reptiel
vel na.
• TEKSTUUR
Die tekstuur van FIGUUR B is visueel en tasbaar. Die rugkant van die stoel
is grof en knobbelrig en gekerf om 'n skubagtige tekstuur te skep wat 'n
krokodil reptiel naboots. In kontras, is die sitvlak glad en gepoleer,
nabootsend van been om gemak te verseker.
• BALANS
Die stoel is asimmetries gebalanseer wanneer dit van die kant besigtig word.
Dit versterk die estetiese ervaring van die ontwerp. Die stoel blyk
ongebalanseerd met die gewig wat nie ewewigtig versprei is nie. Wanneer
die stoel van die voorkant besigtig is, blyk dit simmetries gebalanseerd met die
linkerkant wat 'n spieëlbeeld van die regterkant is.
V1.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 1.2 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 30% 1.2 2
Klassifiseer
Middel orde Toepas, Implementeer, Organiseer
40% 1.2 4
Hoër orde Analiseer, Interpreteer
1.2 1
Reflekteer, Evalueer 30% 1.2 1
Sintetiseer, Regverdig 1.2 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
VRAAG 2 [10 punte]
2.1 (Ken 6 punte toe)
Beelde met simboliese betekenis sluit in maar nie beperk tot:
• Die Protea kan gesien word om die natuurlike skoonheid van Suid-Afrika te
simboliseer omdat dit ons nasionale blom is.
• Die 'Kaapse Klopse' sanger voor is beide 'n simbool van die Kaapse
Malay kulturele identiteit en van feesvieringe en herdenking van Kaapstad.
• Die beeld van Tafelberg met die sonsondergang agter is 'n simbool van die
wonders van die wêreld omdat dit as een van die Sewe Wonders van die
Wêreld gestem voor is. Dit is ook 'n simbool van Suid-Afrika se natuurlike
skoonheid.
• Die tros van druiwe simboliseer die wyn industrie in Suid-Afrika.
• Die Vigs strik simboliseer vigs bewuswording en gemeenskap
bewustheid.
• Die Madiba hemp simboliseer trots in Afrika erfenis.
• Die sirkel patroon om Mandela se kop kan gesien word as 'n ligkrans/
oureool/heilige kring en gee aan hom 'n heilige kwaliteit.
• Mandela is ‘n simbool van vrede. Hy het eenheid en vrede in Suid Afrika
gebring.
• Die pikkewyn simboliseer ‘n bedreigde spesie.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
2.2 (Ken 2 punte toe)
Die kleure van die hemp is ryk, helder en gevarieer, kommunikeer 'n ryk
geestelikheid en blyk ook om 'n herdenking van die lewe te wees. Die kontras
tussen die monochromatiese kop van Mandela en die hemp versterk die
helderheid van die hemp wat sy uniek kleredrag aksentueer. Die sepia kleure wat
gebruik word om Mandela uit te beeld verskaf 'n ernstigheid en belangrikheid van
sy persoon, jukstaponeer (langs mekaar geplaas) teen die kleurvolle hemp wat
vrolikheid en oppervlakkigheid omhels.
2.3 (Ken 2 punte toe)
Die plakkaat FIGUUR B kan gesien word as eensydig in guns van die Wes-Kaap
omdat net die kulture en natuurlike skoonheid van daai provinsie uitgebeeld is.
Geen ander kulturele simbole en natuurlike skoonhede van ander provinsies is
uitgebeeld nie. Mandela is gesien as 'n inklusiewe figuur wat kulturele
diversiteit bevorder en moet visueel verteenwoordig word as sulks. Die gebruik
van Mandela om ons land te verteenwoordig is ook eensydig omdat daar ook
ander helde is wat regmatig ons land kan verteenwoordig. Die Stralekrans kan
hom voorstel as ‘n heilige met menslike eienskappe. Daar is geslag en ras
ongelykheid; daar is slegs manlike figures (Mandela en man met sambreel) dit is
nie inklusief van die hele reënboognasie nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken, Noem 2.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 2.1 1
Klassifiseer 30%
Middel orde Toepas, Implementeer, Organiseer 2.1 3
40% 2.2 1
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
2.2 1
Evalueer, Reflekteer, Regverdig 30% 2.3 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3 [10 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Ken 10 punte in totaal toe
Beide die teepotvorms in FIGUUR D en E is driedimensioneel. Hennie Meyer se
Teepot (FIG D) is organies, liniêr gekurf en sensueel maar die vorm van die
teepot in FIGUUR E is geometries, abstrak en masjienagtig. Meyer se teepot is 'n
oorbeklemtoonde vorm wat sy funksie verbloem, maar Brandt se teepot is
minimalisties en toon duidelik sy funksie. Brandt se teepot is tipies van Bauhaus
produkte want die vorm is gelei deur die 'Form Follows Function' konsep. Hier
teenoorgestel met Meyer sin, wat 'n besige oppervlak patroon en vorm het.
Hennie Meyer se Postmodernistiese Teepot is per hand geproduseer en elke
teepot wat hy skep is uniek en anders. Die produksiemetode en gebruik van
keramiek klei maak dit moontlik vir sigbare vingermerke en imperfeksies. Marianne
Brandt se teepot is massa-geproduseer deur 'n masjien. Daar is geen sigbare
foute want die produk is versigtig na die tyd ondersoek vir enige defekte. Beide
teepotte is 'n duidelike refleksie van uitnemende handvaardigheid en unieke
produksie metodes geskep met verskillende tegnieke. In geval van tabulering
maksimum punt 1.
Hennie Meyer se teepot is gemaak van klei, 'n medium wat werkbaar is, relatief
bekostigbaar en oral beskikbaar is. Nadat die teepot gemaak en versier is, is dit in
'n kleioond gevuur om die klei waterdig en hard te maak. Die medium is delikaat en
breekbaar. In teenstelling, is Marianne Brandt se teepot, van vlekvrye staal en
swart Ebony/ivoor gemaak om 'n sterk, duursame, blink, gladde produk, daarom die
titel 'Silver and Ebony'. Hierdie materiale is hitte bestand en kan die tee oor 'n
langer tydperk warm hou. Die chroom silwer kleur sal nie oor 'n tydperk vervaal
nie en die teepot benodig net seep en water om mee skoon te maak – geen polering
word benodig nie. Die ontwerper volg die 'Truth to Materials' filosofie.
Hennie Meyer se teepot is oordadig versier. 'n Verskeidenheid patrone en teksture
word gebruik om die grootste gedeelde van die teepot se liggaam te versier en
verleen aan die teepot 'n komplekse en ryk oppervlak. Die patrone en teksture is
met die hand aangewend wat 'n aardse karakter skep. Marianne Brandt se
masjiengeproduseerde teepot is ontneem van enige dekorasies en is meer
onpersoonlik met die fokus op die kwaliteit van die materiaal.
Hennie Meyer se teepot is duidelik geïnspireer deur die natuur. Die teepot lyk soos
'n plant of 'n voël se bek. Die versiering is geïnspireer deur Afrika geometriese
patrone en naïewe kinderlike tekeninge. Die eklektiese vorm en versierings van
die teepot is Art Deco, Aztec sig-sag of Postmodernisties geïnspireerd. Die
produk is gelaai met laag-vir-laag betekenis, pluralisties en kompleks. Marianne
Brandt se teepot is duidelik geïnspireer deur Bauhaus masjien estetika. Die teepot
integreer baie Bauhaus en De Stijl karaktereienskappe, byvoorbeeld die koue en
onpersoonlike Duitse filosofie van wiskundige orde (in die kombinasie van
geometriese vorms), is sigbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
LET WEL: 'n maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir tabel
vergelykende antwoorde. Maak gebruik van die kognitiewe tabel as 'n riglyn
vir jou merk.
V3.1 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 3.1 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 30% 3.1 2
Middel orde Toepas, Implementeer, Organiseer 3.1 4
40%
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
3.1 1
Evalueer, Reflekteer, Skep, 30% 3.1 1
Sintetiseer 3.1 1
OF
3.2 [10 punte]
3.2.1 (Ken 4 punte toe)
Die Tempel van Herkules het 'n geometriese sirkulêre struktuur met 'n
silindriese klip cella wat 'n binne ruimte is wat omring is deur 'n sirkulêre
kolonnade van Korintiese pilare wat dit omkring. Die struktuur van die
Bosjes-kapel in FIGUUR F is gebaseer op 'n vierkantige glas ruimte wat
gedomineer word deur 'n drywende, organiese beton dak wat 'n golwende
laag vorm bo-oor die glas mure.
Die lang pilare van FIGUUR G gee die struktuur 'n verhewe/trotse
voorkoms wat versterk is deur die struktuur van die silindriese gepunte dak.
Die struktuur van die hoofgedeelte van FIGUUR F is in die vorm van 'n
kubus van deursigtige glas wat gekontrasteer is deur 'n beton dak wat dryf
in 'n sensuele golwende vorm wat die indruk gee van vryheid, wat 'n mens
herinner aan 'n voël in vlug of 'n swemende manta(rog).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Die Romeinse tempel van Herkules vertoon sterk Griekse invloede omdat
daar gedink is dat dit deur 'n Griekse argitek Hermodoras van Salamina
ontwerp is gedurend die laaste gedeelte van die 2de eeu VHJ en dit is 'n
monopteros – 'n ronde tempel van Griekse 'peripteral' ontwerp heeltemal
omring deur 'n kolonnade. Die Suid-Afrikaanse platteland beïnvloed die
ontwerp van FIGUUR F, deur Steyns' studio in 2016. Omring deur
majestueuse berge, die golwende dak boots 'n voël in vlug aan en gee
dramatiese uitsigte van die omgewing se berge deur die verglansde glas
mure van die kapel. Geïnspireer deur die manier hoe die Kaap Hollandse
here huise 'n dialoog opstel met hul omgewing deur hul tipiese golwende
gewels en wit gips geverfde mure, die helder wit canopy/dak van die Bosjes
kapel skep 'n skulptureel verhouding met die berge. In FIGUUR G,
Romeinse ontwerp is beïnvloed en is 'n evolusie van vorige style en
kombineer nuwe innovasie en materiale op 'n suksesvolle manier met
bestaande ontwerp elemente van samelewings wat hulle oorheers het.
3.2.2 (Ken 6 punte toe)
Die materiaal wat in FIGUUR F gebruik is vir die golwende dak is gegote
beton wat 'n vry vloeiende spasie skep. Hierdie gevorderde tegnologie
laat toe dat die betondop eenvoudig vertoon, gekombineerd en
gestruktureerd doeltreffend as moontlik. Die dak raak ook die
mure/kolomme met die gebruik van parabolies en hiperbolies (op en af) boë.
Die Tempel van Herkulus, in FIGUUR G, maak gebruik van 'n klassieke
Griekse bou materiaal, Pentelic marmer wat in Athene in Griekeland ontgin
word. Tydens die konstruksie was Pentelic marmer een van die duurder bou
materiale wat skaars gebruik was vir groot projekte. Die kolomme,
entablatuur en cella mure was gebou met Pentelic marmer blokke terwyl die
binne cella mure met tufa en stucco bedek was. Tufa is 'n variasie van
leiklip wat gevorm is wanneer koolstof minerale vinnig afkoel en stucco is 'n
vorm van gips. Die konstruksie van die gebou maak gebruik van tipiese
1ste-eeuse Romeinse argitektuur tegnologie. Hierdie is sigbaar in die
konstruksie van die kolomme se kapitele/kop wat uit twee aparte dele
gemaak is. 'n Enkele blok is gebruik om die basis en die voetstuk van die
kolom uit te kerf en die basis is geïntegreer in die eerste trap van die
podium.
Geïnspireer deur die antieke Griekse monopteroi of ronde tempel wat 'n
sirkelvormige kolonnade is, wat 'n dak ondersteun sonder enige mure in
FIGUUR G, het gefunksioneer as die Romeinse tempel van Heros.
Hierdie het die sig belemmer van die afgod wat binne-in die tempel geplaas
is en het gefunksioneer as 'n meer beskermde privaat ruimte. In kontras
met dié beperkte ruimte, funksioneer die Bosjes-kapel in FIGUUR F as 'n
beskermde ruimte wat die gemeente omhels deur deurskynende glasmure
wat toelaat vir 'n onbelemmerde uitsig dwarsdeur die kapel. FIGUUR F
sal ook 'n dwarssnit van 'n moderne samelewing aantrek in kontras met
FIGUUR G wat 'n meer eksklusiewe funksie gehad het deur slegs 'n kleiner
deel van die bevolking in te sluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings of 'n
vergelyking van 'n klassieke en kontemporêre gebou wat die kandidaat
bestudeer het.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir
tabel vergelykende antwoorde. Maak gebruik van die kognitiewe tabel
as 'n riglyn vir jou merk.
V3.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 3.2.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 30% 3.2.2 1
Klassifiseer
Middel orde Toepas, Implementeer, Organiseer 3.2.2 4
40%
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
3.2.1 1
Evalueer, Reflekteer 30%
Skep, Sintetiseer, Regverdig 3.2.2 1
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1 Ken 20 punte in totaal toe)
(Ken 10 punte vir elke beweging toe. Let wel net een punt kan toegeken
word vir die naam van 'n ontwerper en produk vir elke beweging. Gebruik
asseblief die kognitiewe tabel vir jou puntetoekenning.)
Let wel: Aanhalings is in Engels en was al in vorige vraestelle gebruik. Die
taalgebruik wat in Figure H en I voorkom, voldoen aan Graad 12
standaarde.
Hierdie nasien riglyne gee 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
SKANDINAWIESE ONTWERP EN BAUHAUS
Kandidate mag enige twee bewegings kies solank hul stellings geregverdig word en
terugwysend is na die aanhaling.
Kandidate kan, byvoorbeeld, Skandinawiese Ontwerp kies wat die aanhaling in
FIGUUR H reflekteer.
Skandinawiese ontwerpers se doelstelling is om funksionele produkte te skep wat
goed gemaak is en goed afgewerk is en terselfdertyd poog hulle om estetiese
mooi produkte wat elegantheid, pret en eenvoudigheid reflekteer. Skandinawiese
Ontwerp pas dus by die aanhaling in FIGUUR H.
Die organiese vorms van hul ontwerpe, sowel as die gebruik van ligte houtmateriaal
wys die invloed van natuur. Die gebruik van eenvoudige, funksionele ontwerpe
met skoon lyne en gladde oppervlakke reflekteer die invloed van die masjien
estetika van die Bauhaus en Modernisme. Die invloed van Surrealistiese
kunstenaars soos Miro kan gesien word in die afplatting van organiese vorms tot
abstrakte, biomorfiese fatsoene wat 'n element van pret by die ontwerp voeg.
Hierdie sorgvuldige keuse van invloede om by die doelstellings in te pas is verder 'n
bewys dat hierdie ontwerpers nie net geïnteresseerd is in die funksionaliteit van hul
produkte nie, maar ook in hul estetiese aantrekkingskrag.
Vorms is eenvoudig en organies met gladde oppervlakke en skoon lyne wat
modernisme en min gewigtigheid uitdruk. Ander karaktereienskappe sluit in
kleure wat neutraal en kalm of helder, vrolik, sterk en vars is. Tekstiele maak
gebruik van sterk, gestileerde blom motiewe en patrone. Nuwe materiaal
domineer, byvoorbeeld veselglas, rubber, plastiek, viniel, laaghout, aluminium en
chroom in hul behoefde om lae-koste oplossings vir moderne behoeftes te skep.
Arne Jacobsen's 'Ant Chair' is 'n voorbeeld van Skandinawiese Ontwerp se
gebruik van moderne materiale. Dit is geproduseer vanaf 'n enkele stuk
gelamineerde hout en sy bene is van chroom. Die kurwende buitelyn en
biomorfiese, mier-geïnspireerde fatsoen reflekteer hul belangstelling in die gebruik
van natuur as inspirasie. Die stoel is sorgvuldig beplan om funksioneel te wees,
maar terselfdertyd stylvol en elegant.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Kandidate kan byvoorbeeld, Bauhaus ontwerp kies wat die aanhaling in FIGUUR I
reflekteer.
Bauhaus-ontwerpers verwerp duidelik 'deurmekaar en warboel' in hul doel om
eenvoudig en funksionele ontwerpe wat die masjien era reflekteer te skep.
Bauhaus-ontwerp kan dus gesien word om by FIGUUR I se aanhaling te pas. Die
skool se doel was om kunshandwerkers-ontwerpers op te lei om funksioneel
estetiese bevredigende produkte vir massa-produksie te ontwerp. Hulle het geglo
dat vorm funksie moet volg en dat alle onnodige detail sal aandag aftrek van die
uitdrukking van die funksie van die produk. Hulle 'truth to materials' filosofie kan
gesien word in hul gebruik van ongeverfde, ontblote materiale soos staal, bv.
staalpype op 'n stoel.
Bauhaus ontwerp is beïnvloed deur die De Stijl-geloof in die eliminasie/uitskakeling
van alle nie-essensiële karaktereienskappe of 'warboel' om die mees essensiële
vorme, lyne en kleur te vind. Paul Cezanne se afplatting van vorm tot geometriese
fasette en die Konstruktiviste se gebruik van geometriese abstraksie en geloof in
die maksimum vermindering het ook die Bauhaus beïnvloed.
Soos De Stijl, het Bauhaus-ontwerpers basiese, suiwer, geometriese vorms, reguit
lyne en gladde oppervlakke verkies om onpersoonlike, masjienagtige produkte te
skep. Kleure is verminder tot die primêre kleure (geel, rooi en blou) en die
neutrale kleure (swart, grys en wit) om die algemene doel van eenvoud te
ondersteun.
Wilhelm Wagenfeldt se 'Bauhaus lamp' is 'n goeie voorbeeld van 'uncluttered'
Bauhaus ontwerp omdat dit gemaak is van slegs geometriese vorms en fatsoene
(die hoof gedeelte van die lampskerm is 'n perfekte sfeer, die basis is 'n perfekte
sirkulêre skyf en die been is 'n silindriese pyp). Die oppervlak is glad en onversier
om die funksie van die lamp duidelik te toon. Die silwer of vlekvrye staal, die wit
van die 'frosted'/mat skerm en die skoon deursigtige glas is almal neutrale kleure
wat kalmte uitstraal. Die skoon deursigtige glas kontrasteer met die wit
'frosted'/mat en silwer wat 'n dramatiese impak skep.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V4.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken, 4.1 2
Noem 30%
Verstaan, Verduidelik, 4.1 4
Beskryf, Klassifiseer
Middel orde Toepas, Implementeer, 4.1 8
Organiseer 40%
Hoër orde Analiseer, Vergelyk,
Interpreteer 4.1 2
Evalueer, Reflekteer 30% 4.1 1
Skep, Sintetiseer, 4.1 3
Regverdig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
4.2 [10 punte]
Die Art Nouveau boekomslag in FIGUUR J reflekteer die invloede van die
komplekse, inmekaargeweefde lyne van die Viking-klip-uitkerfwerk, sowel as Viking-
beelde , terwyl die Modernistiese boekomslag in FIGUUR K die invloede van die
Masjien Era se gebruik van reguit lyne, geometriese vorms en gladde, onversierde
oppervlakke reflekteer.
Soos die Kuns-en-Kunsvlytbeweging, Art Nouveau se doelstelling is ook om goeie
verhoudinge tussen die kunstenaar en die kunshandwerker te bewerkstellig en die
kwaliteit van handgemaakte produkte in hul ontwerpe oor te dra. Die
gebosseleerde, komplekse details op die boekomslag in FIGUUR J reflekteer 'n
handgemaakte kwaliteit. Modernistiese ontwerpers, in teenstelling, se doel is om
estetiese bevredigde ontwerpe te skep wat eenvoudig, abstrak en geometries is vir
masjienmassaproduksie. Hierdie doel is sigbaar in die Modernistiese boekomslag
waar vorms abstrak, eenvoudig, masjienagtig en onpersoonlik is.
Die ryk en eksotiese gebruik van kleur in FIGUUR J is tipies van Art Nouveau.
Die agtergrond is 'n dowwe donker blou met ryk goue dekoratiewe vloeiende patrone
wat bo-op gebosseleer is. Die Modernistiese boekomslag in FIGUUR K gebruik 'n
staal grys agtergrond en die rooi en wit geometriese liniêre beeld skep 'n sterk
kontras.
Die lyne op die Art Nouveau boekomslag is tipies van Art Nouveau omrede hulle
kurf en organies is, wat 'n hoogs dekoratiewe, ritmiese oppervlak patroon skep. In
kontras is die lyne op die Modernistiese boekomslag reguit, skerp, geometries en
skoon, wat beheer en masjienagtige rigiditeit oordra. Die lyne van die Art
Nouveau boekomslag het 'n vroulike gevoel met 'n sweepslag beweging, maar die
Modernistiese boekontwerp se lyne is meer manlik, masjienagtig.
Die fatsoen van die Art Nouveau boekomslag is organies en afgeplat, vereenvoudig
en gestileerd, reflekterend van Japannese kunsinvloede. Die fatsoene van die
Modernistiese boekomslag is ook vereenvoudig maar hulle is abstrak in plaas van
figuratief soos dié op die Art Nouveau boekomslag. Die Modernistiese
boekomslag maak gebruik van perspektiewe lyne om optiese illusies van
driedimensionele vorms te skep, in teëstand met die plat fatsoene van die Art
Nouveau boekomslag.
V.4.2 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken, Noem 4.2 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 30%
Klassifiseer 4.2 2
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer
40% 4.2 4
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 4.2 1
Evalueer, Reflekteer, Regverdig 30% 4.2 1
Skep, Sintetiseer, Regverdig 4.2 1
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1 [20 punte]
5.1.1 (Ken 6 punte toe)
(Ken 2 punte toe)
• KOMPOSISIE
Die rangskikking van die objek is formeel. Dit is groot en sentraal geplaas
binne 'n eenvoudige simmetriese ruit van twee blokke wat die betekenis
beklemtoon. Die plakkaat is vertikaal verdeel om verskillende realiteite
te beklemtoon:geweld teenoor passivisme. Elke objek word 'n
fokuspunt in dat dit die toeskouer se aandag vestig op geweld. ‘n
Assimmetries komposisie wat die oog van links na regs lei, hadvatsel van
die rewolwer horisontaal na die luidspreker. Sneller se kurwe lei oog na
die woorde in die middel van die plakkaat.
(Ken 2 punte toe)
• SIMBOLISME
Die rewolwer simboliseer oorlog en geweld terwyl die luidspreker vrede
en geen geweld deur die medium van spraak simboliseer. Die kleur
skema van die objek van oorlog (die rewolwer) is donker, neerdrukkend
en depressief; dit simboliseer die verwoesting van oorlog op die
mensdom - in teëstelling is die luidspreker lig en helder, en dit
simboliseer hoop en 'n stem/opinie.
(Ken 2 punte toe)
• GEBRUIK VAN BEELDE
Naasmekaarstelling ('Juxtaposing') van beelde is in die plakkaat gebruik.
Die grootte van die beelde is oordryf, veral met die grootte van die
rewolwer wat gemanipuleer is om met die luidspreker te pas en saam te
smelt. Beide die beelde is relevant deurdat hulle die boodskap van die
plakkaat beklemtoon met die rewolwer wat oorlog en geweld
verteenwoordig en die luidspreker wat 'n stem en vrede verteenwoordig.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
5.1.2 Ken 14 punte in totaal toe
(Ken 7 punte per gevalle studie toe)
Ken 1 punt toe vir die naam en die ontwerper van die produk.
EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/
ONTWERPGROEP:
The Growbag, deur Bonsela, (Suid-Afrika), 2015 is 'n unieke
buitenshuis planthouer wat 'n gemaklike en mooi manier bied om jou eie
groente, kruie, plante en vetplante, ongeag die grootte van die tuin,
balkon, of die oprit of muur en dak ruimte.
Growbag het in vennootskap met Soil for Life begin om die 'Grow to Life
Programme' te inisieer, om gemeenskappe te leer om in moeilike
omgewings en met beperkte ruimtes en bronne te lewe en met verskeie
tegnieke, hul eie organiese tuine wat waterwys en lae koste metodes
gebruik, te skep. Deur die tuine is hulle families verseker om
genoegsame voedsame kos wat die sosiokulturele probleem van honger
ly sal oorwin. Statistiek wys dat 14 miljoen mense in Suid-Afrika gaan
honger slaap. The Growbag en Soil for Life inisiatief bemoedig
gemeenskappe aan in hul 'Grow to Life Programme' om 'n inkomste uit
hul tuine te maak. In die wyse word armoede aangespreek en
entrepreneurskapsvaardighede word aan nie-werkende individue geleer.
Elke Growbag is individueel handgemaak dus die maak van die
Growbag bemagtig ook die individue om werksgeleenthede te skep.
The Growbag is gemaak van versterkte ou advertensiebord viniel velle,
wat duursaam is en lank kan hou. Ekstra groei en stoor spasie is ook
geskep deur die sysakkies. The Growbag is geskenk aan
onderbevoorregte gemeenskappe in Kaapstad. The Growbag-projek
skakel hongersnood uit wat veroorsaak is deur moeilik verkrygbare grond
vir bestaansboerdery in verarmde gemeenskappe d.w.s. informele
nedersettings en plakkerskampe. gee aandag aan die bogenoemde
sosiokulturele bemoeienisse deur die verskaffing van 'n aanpasbare, lig-
gewig-tuinoplossing.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 16 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
EEN KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE ONTWERPER/
ONTWERPGROEP:
GravityLight deur, Jim and Martin van SkunkWorks projects, ontwerp in
2009, Kenia.
GravityLight is 'n lae koste songelaaide lig wat energie van 'n vallende
gewig gebruik om huishoudings wat nie elektrisiteit het nie, en met minder
as R40 per dag leef, met lig te verskaf. Die lig is 'n revolusionêre nuwe
benadering tot die stoor van energie en die skep van lig. GravityLight was
geskep as 'n volhoubare alternatief vir paraffienlampe. Die lig kombineer
kinetiese en potensiële energie, deur dit te koppel aan 'n hooghangende
gewig – wat gevul is met klippe of sand – en aan 'n katrolstelsel wat stadig
krag verskaf aan 'n kragopwekker wanneer die gewig na die grond toe val.
Dit neem net 3 sekondes om die gewig op te lig wat 'n LED-gloeilamp van
krag voorsien. Dit genereer 30 minute lig met die daling van die gewig.
Omdat die Gravitylight 'n alternatief vir die paraffienlig verskaf, elimineer dit
die gesondheidsgevare en omgewingsprobleme wat veroorsaak is deur
paraffienlampe. Die gebruik van paraffien veroorsaak 3% van die wêreldse
CO 2 -uitlaatgasse en is 'n belangrike bron van swartkoolstof, wat 'n impak
op die omgewing het. Die rook van paraffienlampe veroorsaak ook
asemhalingsprobleme wat gelykstaande is aan die rook van twee pakkies
sigarette per dag. Die gasse veroorsaak oog-infeksies en katarakte.
Onopsetlike paraffienvergiftiging het ook potensieel dodelike gevolge, veral
vir kinders. Die gebruik van paraffien binne die huis kan lei tot
verwoestende vure en brande. Die verbranding van paraffien skep ook
finansiële uitgawes wat van 10 tot 20% van 'n huishouding se inkomste kan
gebruik.
Die GravityLight Foundation help die plaaslike ekonomie deur 'n
volhoubare aanvraag vir skoon, veilige beligtingsoplossings te skep.
Deur die verkoopspan en in samewerking met plaaslike vennootskappe in
Kenia, ondersteun GravityLight Keniane om 'n inkomste te verkry en nuwe
vakmanskappe te leer deur die verkoop van GravityLights. Omrede daar
geen uitgawes na die eerste lae aankoopkostes is nie, het GravityLight die
potensiaal om mense uit armoede te lig, wat hulle die geleentheid bied om
die geld wat hulle gespaar het, te gebruik om meer effektiewe
beligtingssisteme in die toekoms te koop.
Aan die begin was die projek self befonds deur NLE en toe deur Lagos
State, dit het later van Heinrich Boll Stiftung navorsingsfondse ontvang
sowel as fondse vir dié konstruksie van die UNDP/Federal Ministry of
Environment Africa Adaptation Programme (AAP).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 17 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
V.5.1 KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE TOEKENNING (20)
Lae Orde Onthou, Herroep, Herken, Noem 5.1.1 2
30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 5.1.2 4
Klassifiseer
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.1.1 4
5.1.2 4
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.2 3
30% 5.1.2 2
Evalueer, Reflekteer, Regverdig
Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.1.2 1
OF
5.2 [20 punte]
5.2.1 (Ken 2 punte toe)
Die rol van inheemse kunshandwerk in moderne samelewing is om eer te
betoon aan inheemse kulture omdat menigte inheemse kunshandwerk
deel word van tradisionele kulturele praktyke. Die gebruik van inheemse
kunshandwerk in moderne samelewing dra ook by tot die volhouding of die
oordra van kennis en vaardighede van een generasie na die ander. Die
voortsetting van tradisionele kunshandwerk in die moderne samelewing
help ook mense bymekaar te bring en hul kulturele identiteite uit te druk.
5.2.2 (Ken 8 punte toe)
Leerders kan enige inheemse kunshandwerk bespreek, bv. Ndebele muur
skilderye
Die Ndebele mense was sterk vegters wie gereeld die kleiner vestings
onderdruk het en hulle deel gemaak het van die Ndebele gemeenskap.
Ondertrouery het gevolg en kulturele uitruilings het plaasgevind. Dit word
geglo dat die vroeë Ndebele huisstruktuur en muurskilderwerk strategieë
begin het, omrede die bogenoemde interkulturele trouery. Die eerste
muurkunsontwerpe en simboliese vorms is afgelei van die Ndebele
kralewerkvorms en patroonmotiewe. Dus, nadat die Ndebele mense
deur die boere verslaan is in die Boere Oorlog, in die twintigste eeu, het
die Ndebele ook begin gebruik maak van ekspressiewe simbole in hul
muurskilderye om geheimsinnig met mekaar te kommunikeer. Hierdie
boodskappe was nie deur die Boere belangrik geag/verstaan nie, omrede
hulle gedink het dat dit net 'n vorm van kulturele kuns is en dus dekoratief
en skadeloos is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 18 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Ndebele muurskilderwerk is gedoen deur die vrouens en die
kunshandwerk is oorgedra van een generasie na die ander. Gewoonlik
is die buitenste hekke van die huishouding, mure aan die voorkant,
symure en binnemure van die huis geverf. 'n Goed geverfde huis dien
tradisioneel as 'n vorm van kommunikasie wat die rol en die sosiale status
van die vrou in die huishouding oordra.
In die konteks van die bogenoemde bespreking is die Ndebele
muurskilderwerk belangrik as 'n uitdrukking van voortgaande tradisionele
en kulturele weerstand teen kolonialisasie. Dit is ook 'n wyse waarop
erfenis kennis en tradisionele gewoontes van een generasie na die ander
oorgedra word.
Voor die blootstelling aan akrielpigmente in Suid-Afrika in die 1940s, was
slegs natuurlike pigmente in die Ndebele muur skilderwerk gebruik.
Hierdie sluit in monochroom oker, bruin, swart en leiklip-kalkverf. Die
mure is seisoenaal herverf, nadat die somerreën die natuurlike pigmente
afgespoel het. Die vrouens het die pigmente aan die muur met hul
vingers aangewend.
'n Beskrywing van EEN werk, sowel as die naam (name) van die kulturele
groep/kunshandwerkpersoon wat dit geproduseer het.
Ken 1 punt toe vir die naam van die inheemse kulturele
groep/kunshandwerkpersoon
Ndlebele muurskilderye
Ester Mahlangu se tradisionele muurskilderye by die Mahlangu
huishouding in KwaNdebele, is gekenmerk deur simboliese, geometriese
vorms met sterk swaar cloissonistiese buitelyne. Die plat geometriese
fatsoene is in 'n verskeidenheid kleurreekse van rooi, donker rooibruine,
ligblou, diepblou, wit, goudgeel, groen en so nou en dan pienk. Die
kombinasie van die geometriese fatsoene, primêre en komplimentêre
kleurskemas skep 'n ritmiese patroon op die muur oppervlak. Hierdie
muurskilderye was gebruik om in die geheim inligting en kennis oor 'n
verskeidenheid sake wat te doen het met weerstand, kolonialisme, tradisie
en erfenis, oor te dra.
(Ken 10 punte toe)
Ken 1 punt toe vir die naam en die ontwerper van die produk.
5.2.3 Ashanti Design lampskerms deur Robert Walker.
Ashanti Designs in Kaapstad deur Robert Walker se doel is om te herdenk
en tradisionele kunshandwerk op 'n kontemporêre wyse te seëvier.
Ashanti Designs se ontwerpetiek is swaar beïnvloed deur Afrika erfenis,
'n volhoubare ontwerpetiek en biomorfiese vorms.
Die materiaal en tegniek wat gebruik word om die Ashanti Designs
lampskerms te maak is hoofsaaklik beïnvloed deur Zulu
mandjieweeftegnieke. Veral, twee variasies van dié Zulu mandjies, die
variasie met 'n deksel op is hoofsaaklik gebruik vir stoor en die plat
mandjie word gebruik vir die skeiding van die kaf van die koring.
Tradisioneel was hierdie mandjies versier met 'n oordadige rangskikking
van geometriese motiewe of unieke sig-sag patrone.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 19 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Tiperend word hierdie lampskerms geskep met buigbare materiale soos,
sagte takke, gras, palm, palmblare, vesels, raffia, veselagtige boom en
plant wortels. Hierdie materiaal is dan met die hand gemanipuleer met
vlegsel, draai en kruisweeftegnieke om die lampskerms te skep.
Sosiokultureel bemagtig Ashanti Designs kunshandwerkers in
plattelandse gebiede deur die verkoop van hul produkte wat hierdie
kunshandwerkers waardevolle entrepreneursvaardighede leer. Ashanti
Designs probeer ook om Afrika Erfenis aan te moedig en te beskerm deur
die gebruik van tradisionele Afrika tegnieke om produkte te skep wat 'n
funksie het en dus 'n plek in kontemporêre Suid-Afrika.
V.5.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK TOEKENNING (20)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken, Noem 5.2.2 2
5.2.3 4
30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf,
Klassifiseer
Middel Orde Toepassing, Implementeer, Organiseer 40% 5.2.2 4
5.2.3 4
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.1 2
30% 5.2.2 2
Evalueer, Reflekteer
Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.2.3 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 20 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6
6.1 [20 punte]
6.1.1 (Ken 4 punte toe)
Die plakkaat se doel is om die publiek/toerisme in te lig van die
vernietigende effek wat plastiekafval op ons omgewing het – in die geval
spesifiek in verband met olifante.
Die olifant blyk asof hy verwurg word deur die gedraaide plastiekbottel,
soos 'n hulpelose slagoffer. Die plastiekbottel is doelbewus groter en
oorheersend uitgebeeld. Dit dui die vernietigende mag van plastiek aan -
al is dit in die realiteit 'n klein liggewigbottel, sy giftige kwaliteite is so
vernietigend dat dit een van die grootste diere in Afrika kan vernietig.
Die teks 'Time is running out for them, not for plastic' is in 'n eenvoudige
san serif tipe skrif, wat die direkte, emotiewe boodskap in 'n vaal grys kleur
suksesvol oordra.
Die weggegooide plastiekwaterbottel is platgedruk om 'n uurglas na te
boots en die olifant word 'n simbool van lewe wat 'uitloop' weens
besoedeling. Die leë, grys monochromatiese agtergrond verwys na 'n
beskadigde aarde wat besoedeld, vuil en leeg is en wat die mensdom met
'n vaal toekoms los.
6.1.2 (Ken 2 punte toe)
Om te herwin beteken om nuwe produkte te maak van nie-bioafbreekbare
materiale wat potensieel die omgewing kan beskadig en sodoende
voorkom dat dit op 'n stortingsterrein gegooi word of dat dit die aarde
besoedel. Deur die herwinning van hierdie materiaal is die hoeveelheid
produksie van nuwe materiaalproduksie verminder, wat lei tot minder
energiegebruik en minder koolstofdioksied en ander giftige walms of gasse
wat in die atmosfeer vrygelaat word. Herontwerp/upcycle beteken om
aan te pas en bestaande materiaal en produkte wat nie meer gebruik word
nie 'n hoër waarde te gee. Herontwerp/upcycle stel die moontlikhede
voor dat die materiaal en die produk weereens kan funksioneer in 'n ander
konteks met 'n verskillende en hoër doel.
OR
”Upcycling” is ‘n energie effektiewe proses in die hergebruik van afval
materiaal sonder om dit te vernietig vir iets nuuts. “Recycling” is die
tegniese vorm van hergebruik, maar dit verwys na items what weggegooi
is en afgebreek word in rou materiaal om iets nuuts te vorm.
Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 21 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
6.2 Ken 14 punte in totaal toe
(Ken 7 punte per gevalstudie toe)
Ken 1 punt toe vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk
VOORBEELD VAN 'N SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER:
Heath Nash, Don't complain, what you see is what you get, Suid-Afrika, 2011.
Don't complain, what you see is what you get, is 'n samewerking tussen Nash en
plaaslike Zimbabwiese ambagsmanne wat gelei het tot 'n kleurvol en lewendige
gebruik van plaaslike bronne gekombineer met plaaslike kunshandwerk tradisies.
Die doel van die plastiekbottelafdakke wat deur Nash gemaak is, is om
skaduwee areas te skep waaronder mense kan saamvergader, sit, ontspan en
met mekaar praat. Hulle kan ook vir publieke kiosks gebruik word, vanwaar 'n
verkoopspersoon blomme en verversings kan verkoop. Die skadu afdakke was
ontwerp om effektief met die bestaande argitektoniese elemente van die stedelike
Harare landskap te integreer.
Nash se ontwerpproses behels 'n ondersoek van afvalmateriaal, plastiekbottels
van alle fatsoene, kleure en groottes. Afvalmetaal en hout is ook gebruik. 'n
Dak is gemaak van 'n metaalraamwerk wat vasgemaak is met draad om die
plastiekbottels bymekaar te hou. In sekere gevalle, is die raamwerk van hout
en metaalafval gemaak en aluminiumblikke word gesny en geweef om 'n
getekstureerde bedekking te skep.
Die afdakke is 'n voorbeeld van die soort produkte wat Nash ontwerp met die
gebruik van weggooimateriaal. Hierdie projek maak gebruik van skoongewaste
en gesnyde bottels, en enige oorskietstukkies is teruggestuur na die
herwinningsperseel. Die projek help om die omgewing skoon te hou en die
koolstofvoetspoor te verminder.
VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER:
Ocean sole verander flip-flop besoedeling in kuns en funksionele produkte,
byvoorbeeld sleutelhouers in visvorms v of lewensgrootte koeie en leeukoppe.
Die materiaal wat Ocean Sole gebruik is flip-flops wat weggegooi is en uit die
oseaan en waterweë in Kenia verwyder is. Hierdie het 'n konstante inkomste
verseker vir meer as 150 laagbesoldigde Keniane. Hulle doel is om 'n
bewuswording vir die bewaring van ons oseane te kweek . Hulle doel is om
aan die gemeenskap terug te gee en die lewe vir baie te verander deur middel
van opleiding, inkomste en maaltye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 22 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
Tien persent van hul inkomste skenk hulle aan oseaanbewaringsprogramme.
Ocean Sole maak pretkuns sodat mense, besighede en
liefdadigheidsorganisasies sal onthou dat die oseaan onbesoedeld moet bly.
Hulle ontwerpe herinner mense dat die rommel wat in die oseane en
waterweë gevind is op sy pad van die stortterreine tot die strande besig is om
mens en seelewe te vernietig.
Die materiaalbron is vrylik beskikbaar omdat, in 'n groeiende warm klimaat
biljoene goedkoop flip-flops daagliks vir die voete van die armes gemaak word.
Hierdie flip-flops word meestal vir een jaar gedra, en dan na verskeie
regmaaksessies word hulle weggegooi op stortterreine wat op die ou einde in
ons Aarde se waterweë en dan in ons oseane invloei. Dié massa
weggegooide flip-flops hoop op en verstop die waterweë van vars water en
maak hiervandaan hul weg na ons oseane, en vernietig alles in hulle pad.
Tonne flip-flop besoedeling word op die strande elke dag uitgespoel wat 'n
omgewingsramp vir die oseaan ekosisteem en plaaslike gemeenskappe skep.
Die gebruik van weggegooide flip-flops is 'n volhoubare praktyk vir die
vermindering van besoedeling.
Ocean Sole se stigter, Julie Church, was geïnspireer deur die speelgoed wat
kinders besig was om te maak uit weggegooide flip-flops. Sy het moeders
aangemoedig om die weggegooide flip-flops te versamel, was, en te sny. Die
proses wat sy geskep het was om die verskillende kleure flip-flops warm te
maak totdat dit sag en werkbaar is sodat die materiaal in 'n vorm gedruk kan
word. Hierdie proses skep kleurvolle produkte soos sleutelhouers en pret
kunsbeelde bv. die kop van 'n leeu en selfs 'n lewensgrootte koei.
Die maatskappy was gestig om 'trade not aid' te promoveer en om
bewuswording te skep van flip-flop besoedeling. Hierdie jaar het Ocean Sole
daarin geslaag om meer as 50 ton van die weggegooide en verlore flip-flops wat
in die oseaan en op land gevind is, in kunswerke te verander en te herontwerp.
V.6 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
VLAK TOEKENNING (20)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken, Noem 6.1.1 2
30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 6.1.2 1
Klassifiseer 6.2 3
Middel Orde Toepassing, Implementeer, Organiseer 40% 6.1.1 2
6.1.2 1
6.2 5
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, Regverdig 30% 6.2 2
Skep, Sintetiseer, Regverdig 6.2 4
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOT TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Eng)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Question paper