Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
NOVEMBER 2025
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper View all
Design P1 Nov 2025 Afr
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 15
- File size
- 1.8 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Daar is DRIE keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.
3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
VRAAG 1 tot 3
AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
VRAAG 4
AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
konteks (40 punte)
VRAAG 5 en 6
4. Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.
5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
antwoord NIE.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. Verkeerde nommering sal NIE krediet kry NIE.
7. Beantwoord al die kolpunte ('bullets') by elke vraag.
8. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.
9. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
bestee.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
WOORDELYS 2025
Ubuntu: 'n Waardestelsel wat die noodsaaklike menslike deugde, soos
deernis, menslikheid en empatie, insluit
Inperkbed: 'n Bed wat dikwels gedurende pandemies of uitbrekings van
siektes wat hoogs aansteeklik is, gebruik word; om
geïnfekteerde individue van ander mense af te sonder en om
verdere verspreiding van infeksie te voorkom
Ebola: 'n Aansteeklike en dikwels dodelike siekte wat deur koors en
ernstige interne bloeding gekenmerk word. Ebola word deur
kontak met die liggaamsvloeistowwe van 'n besmette persoon
versprei.
Uitkyktoring: 'n Hoë, smal gebou van waar jy die omgewing kan waarneem
Liggaamsbespotting: Uiting van onvanpaste en negatiewe kommentaar oor 'n ander
persoon se liggaam, hulle gewig, vorm of voorkoms
Nguni: 'n Versamelwoord vir swart mense wat histories in die
oostelike streke van Suidelike Afrika hulle oorsprong het, soos
Swaziland, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap
Aluminium: 'n Sterk metaalallooi wat vir vensterrame en funksionele
voorwerpe gebruik word
Mahonie: 'n Tipe hout wat baie hard en duur is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE
Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1
FIGUUR A: Tekstielontwerp-advertensie deur Thandiwe Muriu (Kenia), 2023.
1.1.1 Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in
FIGUUR A hierbo:
• Kleur
• Tekstuur
• Eenheid
• Beweging (4 x 2) (8)
1.1.2 Identifiseer die fokuspunt van die tekstielontwerp-advertensie in
FIGUUR A en bespreek hoe dit reggekry is. (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.2
FIGUUR B: Handsak deur Erkek Johnature (VK), 2023.
1.2.1 Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels met
betrekking tot die handsak-ontwerp wat in FIGUUR B hierbo getoon
word:
• Lyn
• Fatsoen
• Verskeidenheid
• Balans (4 x 2) (8)
1.2.2 Bespreek die moontlike invloede vir FIGUUR B hierbo. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
2.1
FIGUUR C: Aanvaar Alle Liggaamstipes, Stop die Bespotting –
Skoonheid Ken Nie Grootte Nie ('Embrace Every Body, End the Shame –
Beauty Knows No Size), ontwerper onbekend (VSA), 2024.
2.1.1 Identifiseer en bespreek die boodskap wat deur die plakkaat in
FIGUUR C hierbo oorgedra word. (2)
2.1.2 Identifiseer en verduidelik EEN moontlike stereotipe of vooroordeel
wat in die plakkaat duidelik is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.2
FIGUUR D: Weggesnyde FIGUUR E: Nguni-voustoel deur
handgemaakte aluminiumstoel Groundcover Leather Company
deur Uriel Schwartz (VSA), 2024. (Suid-Afrika), 2022.
Skryf 'n paragraaf waarin jy die stoel in FIGUUR D met die stoel in FIGUUR E
vergelyk.
Verwys na die gebruik van die volgende in jou vergelyking:
• Vorm
• Estetika OF Inspirasie
• Ergonomie (3 x 2) (6)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: ARGITEKTUUR
Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3.
3.1 Akropolis
FIGUUR F: Klassieke Toring van die Winde ('Tower of the Winds') deur die
Griekse sterrekundige Andronikos van Cyrrhus (Romeinse Agora, Athene,
Griekeland), 50 VHJ. Die toring is gebruik om windrigting aan te dui. Hierdie toring
is ook as 'n tydaanwyser gebruik. Aan die buitekant van die toring is tyd deur
sonwysers aangedui, maar binne-in die toring het 'n watertydaanwyser tyd met
waterdruk gemeet.
FIGUUR G: Kontemporêre Uitkyktoring Kärven ('Observation Tower Kärven')
ontwerp deur White Arkitekter (Swede), 2024.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.1 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke Toring van die
Winde in FIGUUR F met die kontemporêre Uitkyktoring Kärven in FIGUUR G
vergelyk.
Verwys na die volgende in jou opstel:
• Funksie
• Materiale
• Versiering OF Invloed
• Tegnologie
• Belangrikheid van ligging/terrein (5 x 2) [10]
OF
3.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur wat jy bestudeer het,
vergelyk.
Verwys na die volgende in jou opstel:
• Funksie
• Materiale
• Versiering OF Invloed
• Tegnologie
• Belangrikheid van ligging/terrein (5 x 2) [10]
OF
3.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels-gebou/struktuur wat jy
bestudeer het, vergelyk.
Verwys na die volgende in jou opstel:
• Funksie
• Materiale
• Versiering OF Invloed
• Tegnologie
• Belangrikheid van ligging/terrein (5 x 2) [10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die visuele beelde (prentjies) hieronder en beantwoord die vraag op
die volgende bladsy.
Art Nouveau Art Deco
De Stijl Pop
Modernisme Skandinawies
Bauhaus Dekonstruktivisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
'As jy nie hou van hoe die wêreld is nie, verander jy dit … een tree
op 'n slag.'
– Marian Wright Edelman
Kies enige TWEE van die ontwerpbewegings/-style uit die lys hieronder, wat
deur die visuele beelde (prentjies) op die vorige bladsy verteenwoordig word,
en verduidelik hoe die ontwerpbewegings/-style die wêreld verander het.
• Art Nouveau
• De Stijl
• Bauhaus
• Art Deco
• Modernisme
• Pop-ontwerp
• Skandinawies
• Dekonstruktivisme
Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy na die
volgende verwys:
• Bespreek die stelling hierbo met verwysing na die beweging/styl wat jy
gekies het. (2 punte)
• Verduidelik die doelwitte, invloede en kenmerke van die ontwerpbeweging.
(5 punte)
• Noem 'n ontwerp en die ontwerper/ontwerpgroep. (1 punt)
• Sluit 'n bespreking in van die ontwerp wat jy gekies het. (2 punte)
(2 x 10) [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.2
FIGUUR H: Kuns-en-Kunsvlyt-mahonieboekrak deur
Wylie and Lockhead (VK), 1900's.
FIGUUR I: Postmodernisme-Carlton-boekrak deur
Ettore Sottsass Memphis Group (VSA), 1981.
Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die boekrakke in FIGUUR H
en FIGUUR I hierbo met mekaar vergelyk en verduidelik hoe hulle tipies is van
die ontwerpbewegings wat hulle verteenwoordig.
Verwys na die volgende om jou antwoord te ondersteun:
• Inspirasie
• Kleur
• Balans
• Doelwitte van die beweging wat in die boekrakke weerspieël word
• Gepastheid vir doel/funksie (5 x 2) [10]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
KONTEKS
VRAAG 5
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1
FIGUUR J: Ubuntu-inperkbed deur Ilteris Ilbasan (Turkye), 2022.
Die Ubuntu-inperkbed is bekostigbaar en maklik om gedurende 'n
Ebola(dodelike virus)-uitbreking aan mekaar te sit en te gebruik. Ebola vereis
dringende mediese sorg.
5.1.1 Bespreek die sosiokulturele voordele van die ontwerp in FIGUUR J
hierbo. (2)
5.1.2 Noem EEN ander voorbeeld van 'n sosiokulturele ontwerpoplossing
behalwe FIGUUR J. Verduidelik hoe hierdie ontwerpoplossing die
lewens van mense verbeter. (2)
5.1.3 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy
die werk van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/
ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/
ontwerpgroep bespreek wat sosiokulturele kwessies in hulle werk
aanpak.
Verwys na die volgende in jou opstel:
• Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerpproduk
(1 punt)
• Bespreking van die doelwitte, ontwerpmateriale en tegnieke wat
deur die ontwerper/ontwerpgroep gebruik is (5 punte)
• 'n Verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
kwessies aanpak (2 punte)
Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen
bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn,
verwys NIE. (8 x 2) (16)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.2
FIGUUR K: Leunstoele deur Andile Dyalvane (Suid-Afrika), 2021.
5.2.1 Identifiseer en bespreek die invloed van tradisionele gemeenskap-
kunshandwerktegnieke wat in FIGUUR K hierbo duidelik is. (2)
5.2.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor EEN inheemse
tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het.
Verwys na die volgende in jou opstel:
• Naam van die inheemse kulturele gemeenskap wat die
tradisionele kunshandwerk vervaardig het (1 punt)
• Die materiale, metodes en prosesse wat gebruik is om die
tradisionele kunshandwerk te skep (5 punte)
• Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk (2 punte) (8)
5.2.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk van
EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse/Afrika-ontwerper/-ontwerp-
groep bespreek wie se ontwerpe geïnspireer is deur of wat gebruik
maak van enige inheemse Suid-Afrikaanse/Afrika-kunshand-
werktegnieke en/of -materiale.
Verwys na die volgende in jou opstel:
• Naam van die ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporêre
ontwerpproduk (1 punt)
• Bespreking van die doelwitte, invloede en materiale van die
ontwerper/ontwerpgroep. (6 punte)
• Verduideliking van hoe die kontemporêre ontwerpproduk 'n
aanpassing en voortsetting van die inheemse handwerktegniek
is. (3 punte) (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 6
6.1
FIGUUR L: Van Afrika met Liefde ('From Africa with Love')-kandelaar
deur Heath Nash (Suid-Afrika), 2013.
6.1.1 Definieer die term ekovriendelik met verwysing na FIGUUR L hierbo. (2)
6.1.2 Bespreek TWEE ander metodes om produkte te maak wat
ekovriendelik is behalwe FIGUUR L. (MOENIE na ontwerp-
voorbeelde in hierdie vraestel verwys NIE.) (2)
6.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van
EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN
internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep bespreek wie se werk
volhoubare/omgewingskwessies aanpak.
Verwys na die volgende in jou opstelle:
• Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe
(1 punt)
• Doelwitte, materiale en prosesse (5 punte)
• 'n Bespreking van die ontwerpproduk en 'n verduideliking van hoe dit
volhoubare/omgewingskwessies aanpak (2 punte)
Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek
het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE. (8 x 2) (16)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 12 Design
Explore more published documents in this catalogue.








--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)








