You're offline
Skip to content
Question paper

Design P1 Nov 2022 Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: DesignGrade 12202214 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V1 (TEORIE) NOVEMBER 2022 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAAG 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm beantwoord NIE. 6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet bestee. 7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/November 2022 NSS AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Kharetso Aloe-erfenis-Basotho-kombers, ontwerper onbekend (Lesotho), datum onbekend. Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR A hierbo:  Fatsoen  Toonwaarde  Patroon  Balans  Eenheid (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/November 2022 NSS 1.2 FIGUUR B: Die Mebala (beteken 'kleure' in Setswana), 'n handgemaakte leersak wat spesiaal aangepas is deur #DI Emerging Creative, Tlhalefang Moeletsi (Suid-Afrika), 2020. Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR B hierbo:  Lyn  Vorm  Tekstuur  Patroon  Verskeidenheid (5 x 2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/November 2022 NSS VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP 2.1 FIGUUR C: Aanlê-plakkaat ('Cat calling' poster) deur Flone Inisiatief (Kenia), 2019. 2.1.1 Identifiseer 'n stereotipe in FIGUUR C hierbo en bespreek hoe hierdie stereotipe oorgedra word. (2) 2.1.2 Hoe versterk die liggaamstaal en gesigsuitdrukking van die vrou in die plakkaat die boodskap van die plakkaat? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/November 2022 NSS 2.2 FIGUUR D: Sangu-bank deur Katlego Tshuma (Suid-Afrika), 2020. FIGUUR E: Universiteitsbank deur Frederick Kim (VSA), 2010. Vergelyk die bank in FIGUUR D met die bank in FIGUUR E. Verwys na die volgende in jou vergelyking:  Gebruik van materiaal  Moontlike invloede  Funksie (3 x 2) (6) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/November 2022 NSS VRAAG 3: ARGITEKTUUR Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3. FIGUUR F: Romeinse Tempel van Detail van die fries van die Portunus (Italië), 1ste eeu voor huidige Romeinse Tempel van Portunus. jaartelling (VHJ). FIGUUR G: Şakirin-moskee deur Detail van die interieur van die Zeynep Fadillioglu en Hüsrev Tayla, Şakirin-moskee. (Turkye), 2009. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/November 2022 NSS 3.1 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke gebou in FIGUUR F met die kontemporêre gebou in FIGUUR G vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Funksie  Invloede/Inspirasie  Vorm  Materiaal  Versiering (5 x 2) [10] OF 3.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Funksie  Invloed/Inspirasie  Konstruksie/Tegnologie  Materiaal  Belangrikheid van terrein/ligging (5 x 2) [10] OF 3.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)-gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Funksie  Invloed/Inspirasie  Konstruksie/Tegnologie  Materiaal  Belangrikheid van die terrein/ligging (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/November 2022 NSS AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 'Mense ignoreer ontwerpe wat mense ignoreer.' – Frank Chimera Kies enige TWEE bewegings uit die lys hieronder wat die aanhaling hierbo weerspieël of verwerp.  Kuns en Kunsvlyt  Art Nouveau  De Stijl  Bauhaus  Art Deco  Pop  Postmodernisme  Dekonstruktivisme Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy bespreek hoe ELK van jou gekose bewegings die aanhaling hierbo weerspieël of verwerp. Om jou argument te ondersteun, verwys na die volgende in jou opstelle:  Die doelwitte en invloede van BEIDE bewegings  Die stilistiese eienskappe van BEIDE bewegings  Noem en bespreek die werk van EEN ontwerper uit BEIDE bewegings om jou stellings te motiveer. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/November 2022 NSS 4.2 FIGUUR H: Modernistiese kandelaar deur Gaetano Sciolari (Italië), 1970's. FIGUUR I: Skandinawiese Sputnik-kandelaar, ontwerper onbekend, (land onbekend), 1950's. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die kandelaar in FIGUUR H met die kandelaar in FIGUUR I vergelyk. Verduidelik hoe die kandelare tipies is van die ontwerpbewegings wat hulle verteenwoordig. Verwys na die volgende om jou antwoord te ondersteun:  Lyn  Kleur  Vorm  Materiaal  Invloede (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/November 2022 NSS AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 FIGUUR J: Advertensieveldtog deur Council of Europe, ontwerper onbekend (Europa), 2020. 5.1.1 Identifiseer die boodskap van die advertensieveldtog en bespreek hoe hierdie boodskap in FIGUUR J hierbo oorgedra word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/November 2022 NSS Die aantal motorongelukke waarby kinders betrokke is, neem in skoolvakansies toe. Wees asseblief uiters versigtig! FIGUUR K: Afgetrokke Bestuur: Dink aan Beide Kante deur Red Pepper Agency (Rusland), 2013. 5.1.2 Bespreek TWEE visuele leidrade wat die boodskap van die plakkaat in FIGUUR K hierbo beklemtoon. (2) 5.1.3 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ ontwerpgroep wat sosiokulturele kwessies in hulle werk aanraak, bespreek. Verwys na die volgende in jou opstel:  Naam van die ontwerpproduk en die ontwerper/ontwerpgroep  Bespreking van die doeltwitte, algemene eienskappe, materiaal en prosesse van hierdie ontwerper/ontwerpgroep  Bespreking van EEN voorbeeld wat verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessies aanraak Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (8 x 2) (16) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 13 DBE/November 2022 NSS 5.2 FIGUUR L: Meester-mandjieweefster, Angeline Bonisiwe Masuku. 5.2.1 Bespreek hoe die kunshandwerk, wat in FIGUUR L geskep is, die Suid-Afrikaanse ekonomie verbeter. (2) 5.2.2 FIGUUR L is 'n goeie voorbeeld van tradisionele inheemse kunshandwerk. Bespreek EEN tradisionele inheemse kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het. Verwys na die volgende in jou bespreking (ten minste EEN bladsy):  Naam van EEN tradisionele inheemse/kunshandwerk- gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk vervaardig het  Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om dié tradisionele kunshandwerk te skep  Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk in die tradisionele konteks daarvan (8) 5.2.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse/Afrika-ontwerper/-ontwerp- groep wat inheemse kunshandvlyttegnieke aangepas het om unieke en kontemporêre ontwerpe te skep. Verwys na die volgende in jou opstel:  Naam van die ontwerp/ontwerpgroep en sy/haar/hulle produk(te)  Doelwitte en invloede  'n Beskrywing van hoe tradisionele tegnieke/metodes en materiaal op die kontemporêre ontwerp toegepas is. Verwys na 'n spesifieke voorbeeld om jou antwoord te ondersteun. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 14 DBE/November 2022 NSS VRAAG 6 6.1 FIGUUR M: Afval-kabinet met gebruik van afvalhout gemaak deur Piet Hein Eek (Nederland), 2017. 6.1.1 Verduidelik die omgewingsvoordele van die gebruik van afvalmateriaal wanneer unieke ontwerpprodukte geskep word deur na FIGUUR M hierbo te verwys. (2) 6.1.2 Bespreek TWEE ander maniere om omgewingsvriendelike ontwerpe te vervaardig. (2) 6.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpgroep wie se werk volhoubare/ omgewingsontwerppraktyke in ag neem. Verwys na die volgende in jou opstelle:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van sy/haar/hulle produkte  Die doelwitte, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal wat deur die ontwerper/ontwerpgroep gebruik word. Bespreek EEN ontwerpvoorbeeld om te verduidelik hoe die ontwerper/ontwerpgroep omgewingskwessies aanpak. Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (8 x 2) (16) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Design

Explore more published documents in this catalogue.

View all