You're offline
Skip to content
Memorandum

Design P1 Nov 2025 MG Afr

Subject: DesignGrade 12202523 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 graa ONTWERP V1 (TEORIE) NOVEMBER 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte] Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 (Ken 10 punte in totaal toe) 1.1.1 (Ken 8 punte toe, 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek) Die tekstielontwerp-advertensie in FIGUUR A gebruik warm kleure, oranje-geel, treffende pers-pienk en bruin om 'n sterk visuele impak te skep. Die lewendige, analoë kleurskema van die patrone in die agtergrond en op die model se rok skep 'n harmonieuse maar lewendige ritme. Die gedrukte advertensie het 'n gladde, blink of mat tasbare tekstuur. Op die dekoratiewe cerise-pienk bril vorm die spiraal egter 'n blink en geïmpliseerde tasbare tekstuur. Die geïmpliseerde gladde, syerige tekstuur van die model se vel, kontrasteer met die swart gevlegte haar(tress queue)-verlengstuk wat beide glad, syerig en tasbaar is. Die gedrukte tekstielontwerp met herhaalde lyne in die agtergrond en voorgrond (die model se rok) skep 'n illusie van tasbare tekstuur. Eenheid is duidelik in die tekstielontwerp deur die gebruik van herhaalde gekurfde lyne, organiese en geometriese fatsoene en vorme. Helder-cerise-pienk en oranje kleure word herhaal om die voorgrond en agtergrond van die tekstieladvertensieontwerp saam te bind. Waaieragtige fatsoene in die agtergrond word op die model se rok herhaal en skep 'n geïntegreerde tekstielontwerp- advertensie. Beweging word geskep deur die waaieragtige diagonale fatsoene wat in die ontwerp herhaal word. Hierdie fatsoene word in 'n diagonale rooster geplaas wat die diagonale beweging in tekstielontwerp beklemtoon. Die dekoratiewe 'bril' skep 'n spiraalgerigte beweging. Herhaalde lyne gebruik in die vloeiende patroon skep beweging. 1 1.2 (Ken 2 punte toe) Die fokuspunt van die komposisie is die vrou se gesig in die middel - die deel wat eerste die kyker se aandag vang. Die sentrale plasing van die model wat 'n gladde, warm, sterk, bruin veltoon, kontrasteer met die patroonagtergrond wat 'n sterk fokuspunt vorm. Die spiraalpatroon van die cerise-pienk bril en die cerise-pienk lipstiffie wat die model dra, beklemtoon die model se gesig as die fokuspunt. Die model se gesig word verder geaksentueer as die fokuspunt deur subtiele aksente op haar voorkop, wange en neus wat haar gesig 'n driedimensionele kwaliteit gee en ’n sterk kontras met die plat, tweedimensionele agtergrond met patrone skep. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V1.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSTOE- VRAE PUNTE KENNINGS (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.1.1+1.1.2 2+1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middel orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1.1+1.1.2 3+1 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 1.1.1 3 Evalueer, Besin/Nadink 30% Sintetiseer, Regverdig OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 1.2 (Ken 10 punte in totaal toe) 1.2.1 (Ken 8 punte, 'n maksimum van 2 punte per kolpunt toe) Die oë, neus en mond word belyn deur ’n dun swart cloisonnistiese lyn, wat hierdie vorms beklemtoon. Sterk, hoekige lyne is gebruik om 'n gestileerde agtergrond op die handsak te skep. Dik, geboë kontoerlyne definieer die gelaatstrekke – hierdie ekspressiewe kontoerlyne laat die gesig lewendig word. Die oppervlak is verdeel in klein, geometriese kompartemente van driehoeke, sirkels, boë en onreëlmatige veelhoeke. Herhaalde konsentriese sirkelagtige fatsoene skep 'n lewendige ritme op die oppervlak. Klein, naïewe reghoekige fatsoene is oor die voorkant van die handsak gestrooi wat verskeidenheid by die oppervlakpatroon van die ontwerp voeg. Verskeidenheid is duidelik in die verskillende tinte en skakerings van koue blou, warm beige en rooi kleure. Die tweedimensionele fatsoene en die uitgekerfde driedimensionele fatsoene skep 'n verskeidenheid oppervlak- patrone en -teksture. Die driedimensionele vorm van die handsak is simmetries gebalanseerd aangesien die vorm van die ontwerp vertikaal verdeel kan word. Die variasies in die grootte en plasing van fatsoene skep 'n asimmetriese balans. 1.2.2 (Ken 2 punte toe) Die handsak is sterk beïnvloed deur die gestileerde en geometriese styl van uitgekerfde Afrika-maskers of Kubisme, soos gesien in die oë, neus en lippe. Nog 'n moontlike invloed kan Postmodernisme met die klem op kleurvolle, speelse en komplekse ontwerpstyl wees, en die onduidelikheid van die onderskeid tussen die skone kunste en kunshandwerk. Die invloed van Pop- ontwerp is duidelik in die kitsch en sterk kleur van die eklekties ontwerpte handsak. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V1.2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.2.1 3 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 1.2.2 2+2 Organiseer Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 1.2.1 3 Interpreteer 30% Evalueer, Besin/Nadink Sintetiseer, Regverdig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte] 2.1 (Ken 4 punte toe) 2.1.1 (Ken 2 punte toe) Liggaamsbespotting is onrespekvol teenoor vroue van alle kleure en groottes.  Die plakkaat FIGUUR C toon vroue wat lank, kort, slank en vol kurwes is en wat sonder skaamte poseer, wat die boodskap oordra dat alle vroulike liggaamstipes ewe mooi is. Die advertensie toon ook 'n verskeidenheid vroue van verskillende rassegroepe  om die boodskap oor te dra dat alle vrouerasse ewe mooi is. 2.1.2 (Ken 2 punte toe) Die plakkaat toon geslagsvooroordeel of -stereotipering omdat slegs vroue in die plakkaat uitgebeeld word. Mans lei ook aan liggaamsonsekerhede en word ook onderwerp aan die stigma van liggaamsbespotting. Wanneer die velkleur van die vroue as dieselfde voorgestel word, kan dit as ’n stereotipe beskou word, aangesien dit slegs een rassegroep raak. Al die vroue het swart hare, wat ander tipes hare, soos blond, bruin, ens. uitsluit.  Gee krediet aan enige ander geldige stellings. 2.2 Ken 6 punte toe (2 punte per kolpunt/aspek) Die slanke vorm van FIGUUR D is organies en is moontlik geïnspireer deur bene en/of takkies wat in die natuur gevind word.  Die gegote organiese vorm van die aluminiumraamwerk skep die illusie dat dit handgemaak en broos/breekbaar is. Die rande van die vierkantige geometriese vorm van die houtsitplek word deur die geronde hoeke versag. In kontras hiermee het FIGUUR E 'n geometriese bonkige vorm wat bestaan uit vertikale en horisontale oorvleuelende vlakke. Die vorm van die pilaaragtige pote is op 'n draaibank gedraai en kom dik en stewig voor in vergelyking met die gestrekte Nguni-beesvel-rugleuning, leersitplek en armleunings. Die estetiek van FIGUUR D is modern-industrieel en spreek tot die gebruik van kontemporêre materiale. Die dekonstruktivistiese trefkrag kom voor in die gebroke/onvolledige dele van die rugleuning. In vergelyking daarmee skep FIGUUR E se geskulptureerde estetiek 'n tradisionele gevoel vir 'n stoel wat lyk asof dit vir koninklikes gereserveer is. Die kombinasie van materiaal gesien in die gebruik van Nguni-vel en die houtpote wat op 'n draaibank gedraai is, skep 'n eklektiese estetiek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne FIGUUR D blyk organies geïnspireerd te wees deur die gebruik van takagtige of beenagtige verteenwoordiging van die gegote aluminiumrugleuning en -pote. FIGUUR D se minimalistiese benadering is geïnspireer deur eksklusiewe ('high-end') kontemporêre ontwerp terwyl FIGUUR E se gebruik van tradisionele materiale in 'n kontemporêre rigting gerealiseer is wat 'n unieke en treffende stoel, wat vir koninklikes gereserveer is, skep.  Die Nguni-beesvel is deur Afrika- vakmanskap en kulturele identiteit geïnspireer.  Die stoel in FIGUUR D lyk onvoltooid want die onvolledige rugleuning is ongemaklik, dit is nie ergonomies ontwerp nie want dit ondersteun nie die gebruiker se rug nie. Die pote van die stoel lyk breekbaar, delikaat en asof dit maklik kan breek. In teenstelling hiermee is die sitplek van hout gemaak en is glad met geronde rande wat die stoel gemaklik maak om op te sit. In vergelyking hiermee is die stoel in FIGUUR E van hout en leer gemaak wat beide warm en gemaklik is. Die stoel wat in goeie verhouding is, ondersteun die liggaam en het 'n stewige rugleuning en armleunings. LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte mag vir antwoorde in tabelvorm toegeken word. 'n Maksimum van 4 punte kan toegeken word waar kandidate twee aparte vergelykings aanbied wat substansiële en relevante stellings toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn in jou nasienwerk. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE VAARDIGHEDE TOEKENNINGS (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 2.1.1 1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 2.1.2 1 2.2 1 Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 2.1.1 1 Organiseer 2.1.2 1 2.2 2 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 2.2 3 Interpreteer 30% Evalueer, Besin/Nadink Sintetiseer, Regverdig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 [10 punte] LET WEL: Slegs TWEE voorbeelde (3.1 en 3.2) sal vir hierdie nasienriglyne bespreek word. 3.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe) Die Toring van die Winde en die kontemporêre Sweedse Uitkyktoring Kärven deel ooreenkomste en verskille ten opsigte van funksie. Die Toring van die Winde is in ongeveer 50 VHJ deur die Griekse sterrekundige, Andronikos van Cyrrhus, gebou en dit het as beide 'n kloktoring en 'n meteorologiese stasie gedien. Die oktogonale ontwerp, met elke kant wat aan 'n hoofwindrigting front, het sterrekundiges gehelp met oriëntasie en is aan spesifieke winde gekoppel wat die astronomiese funksie daarvan beklemtoon het. In teenstelling daarmee is die Uitkyktoring Kärven, wat in Augustus 2024 ingewy is, 'n moderne struktuur ontwerp deur White Arkitekter. Dit is 12 meter hoog met 'n diameter van sewe meter en dit het 'n unieke hiperboloïede (eenbladige) uurglasfatsoen wat gedraaide strooi verteenwoordig. Hierdie vorm, gekombineer met die hoogte en opelugplatform, beklemtoon die primêre funksie daarvan as 'n uitkykstasie in 'n natuurlike omgewing. Die materiale wat in die Toring van die Winde en die Sweedse Uitkyktoring Kärven gebruik is, is duidelik verskillend aangesien elke argitektuurstyl in 'n ander historiese tydperk gewortel is. Die Toring van die Winde is 14 meter hoog met 'n diameter van 8 meter. Dit is vervaardig uit Pentaliese marmer, bekend vir die fyn grein en helder wit kleur. Die marmer wat bo-op kalksteenfondasies gelê is, vorm die mure en vloer van die oktogonale struktuur wat duursaamheid en elegansie beklemtoon. Die dakontwerp word gekenmerk deur tapse blaaie wat by 'n sirkelvormige sluitsteen bymekaarkom, wat toelaat vir gelyke gewigsverspreiding – 'n metode wat die presisie van antieke Griekse konstruksietegnieke beklemtoon. In teenstelling hiermee gebruik die Kärven-uitkyktoring meesal materiale soos metaal en hout wat 'n moderne estetiek gefokus op funksionaliteit in sy natuurlike omgewing weerspieël. Metaalringe en reguit houtbalke vorm die hiperboloïede struktuur, wat tot die unieke uurglasfatsoen bydra. Toegang word verkry deur 'n hoekige metaalopening op grondvlak, wat lei tot 'n gegalvaniseerde metaal-spiraaltrap, wat lei tot 'n houtuitkykplatform. Hier word die balustrade geskep deur die struktuur se opgaande houtbalke wat veiligheid verseker terwyl dit die toring se organiese ontwerp komplementeer. Alhoewel beide strukture toewyding tot materiaalgehalte en doelgerigte ontwerp vertoon, beklemtoon die Toring van die Winde Klassieke simmetrie en blywende materiale, terwyl Kärven se ontwerp 'n harmonieuse konneksie met die omgewing prioritiseer deur moderne materiale en 'n meer ope strukturele benadering. Die dekoratiewe benadering na die boonste gedeelte van die buitekant van die torings verskil betekenisvol tussen die twee strukture. By die Toring van die Winde, vertoon 'n omslagtig dekoratiewe fries agt verpersoonlikte windgode wat die invloed van Griekse mitologie aandui, elkeen verteenwoordig 'n hoof- of tussen- Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne hoofwindrigting – Boreas (N), Kaikias (NO), Apeliotes (O), Eurus (SO), Notus (S), Livas (SW), Zephyrus (W), en Skiron (NW). Bokant hierdie fries is daar 'n kroonlys versier met ingewikkeld uitgekerfde leeukoppe wat ook as waterspuite dien wat moeiteloos dekoratiewe en praktiese elemente kombineer. Die binneste plafon is oorspronklik geverf, maar slegs klein spatsels blou verf het oorgebly, dit is miskien beïnvloed deur die behoefte om die lug te vertoon, wat die verbinding met astronomiese waarneming uitlig. In teenstelling doen die Uitkyktoring Kärven afstand van die byvoeg van dekoratiewe elemente ten gunste van die beklemtoning van die argitektoniese fatsoen self. Die ingewikkelde rangskikking van houtbalke is beïnvloed deur die landskap; die balke vorm nie net die buitenste struktuur nie maar skep ook dinamiese patrone deur die interaksie van lig en skaduwee. Die gapings tussen hierdie balke gooi verskuiwende patrone binne en oor die platform wat 'n minimalistiese dog visueel aangrypende dekoratiewe effek bied wat op natuurlike lig en strukturele ontwerp eerder as toegepaste ornamentasie staatmaak. Wesentlik vier die eerste struktuur swierige artistiese versierings en simboliese verteenwoordiging terwyl die tweede een funksionele eenvoud en die invloed van die skoonheid van strukturele geometrie aangryp. Die gevorderde Klassieke tegnologie of gnomoniek, bestudering van sonwysers, word getoon deur die agt kante van die Toring van die Winde; ingesnyde lyne toon die teenwoordigheid van sonwysers. Gate vir die gnomone (stawe wat skadu's skep) is steeds sigbaar wat die waarneming van tyd deur sonlig toelaat. Aan die binnekant van die toring is daar kanale en gate in die vloer wat die teenwoordigheid van 'n wateraangedrewe meganiese tydaanwyser (horlosie) bevestig wat in 'n reservoir, verbind aan die toring, gestoor is. Terwyl die sonwysers op natuurlike lig vertrou het, het die tydaanwysermeganisme 'n meer gevorderde tegnologiese benadering tot tydhou, onafhanklik van die weer, verteenwoordig. 'n 18de-eeuse gravering deur Stuart en Revett toon 'n windwyser bo-op die toringdak, wat die rigting van die heersende winde sou aangedui het en wat verder tot die toring se funksie sou bygedra het. In teenstelling met die Klassieke tegnologieë, het moderne tegnologie verder tot die konstruksie van torings bygedra, soos gesien in die gebruik van modellering- en berekening-sagteware om die Uitkyktoring Kärven te ontwerp. Die metaalringe wat die ondersteunende struktuur vorm, is rondom die trap gerangskik, met diameters wat van grondvlak tot halfpad met die toring op, verminder voordat dit geleidelik na die bokant vermeerder. Hierdie presiese berekening verseker die stabiliteit van die struktuur. Die geweefde raamwerk van reguit houtbalke wat bo-oor die metaalringe gelê is, skep die illusie van 'n gekurfde hiperboloïede fatsoen wat soos 'n uurglas lyk.  Hierdie moderne benadering kontrasteer met die historiese konstruksiemetodes, tog maak beide staat op versigtige ontwerp en materiale om die voorgenome resultate te verkry, wat wys hoe kontemporêre gereedskap antieke argitektoniese tegnieke komplementeer. Die Toring van die Winde is geleë aan die voet van die Atheense Akropolis in Griekeland en het belangrike historiese en kulturele belang, aangesien dit tussen twee sleutelareas geleë is: die Akropolis, die hart van godsdienstige en kulturele lewe, en die Romeinse Agora, die openbare plein waar Atheners en besoekers handels- en sosiale aktiwiteite bedryf het. Die posisie beklemtoon die belangrikheid van tyd in die sosiale lewe van antieke Athene en ook hoe die meet van tyd met die daaglikse lewe en openbare byeenkomste gekruis het. In teenstelling is die Uitkyktoring Kärven geleë in die Getterön-natuurreservaat en dien as 'n fokuspunt vir natuurentoesiaste wat deur die gebied se natuurlike skoonheid aangetrek word. Alhoewel die Athene-toring strategies geplaas is om Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne die belangrikheid van tyd in 'n besige stadsomgewing te weerspieël, beklemtoon die Kärven Toring se ligging sy rol in die versterking van die waardering van die natuurlike wêreld en lok mense om te rustig te wees en oor hulle omgewing te besin. Beide torings, al is hulle verskillend met betrekking tot doel en ligging, beklemtoon die rol van argitektuur in die vorming van hoe mense met hulle omgewings in wisselwerking tree, of dit die besige stad van Athene is of die rustige uitgestrektheid van Getterön is. OF 3.2 VERGELYKING TUSSEN 'N KLASSIEKE GEBOU EN 'N KONTEMPORÊRE GEBOU Geboue gekies: die Toring van die Winde, Athene, Griekeland, en die kontemporêre Makkah Koninklike Kloktoring Die Horologion van Kyrristos, algemeen bekend as die Toring van die Winde, is in ongeveer 50 VHJ deur die Griekse sterrekundige Andronikos van Cyrrhus gebou. Dit het gefunksioneer as 'n kloktoring en meteorologiese stasie (gegee). Die oktogonale ontwerp was in lyn met die funksie daarvan, met elke sy/kant wat aan 'n hoofwindrigting gefront het wat gehelp het met astronomiese waarnemings en korrelering van spesifieke winde, wat die tweeledige doel as 'n tydaanwyser en astronomiese instrument bevestig het. In teenstelling daarmee is die Makkah Koninklike Kloktoring, ontwerp deur SL Rasch GmbH en Dar Al-Handasah, tussen 2002 en 2011 in Mekka gebou. Anders as die antieke Toring van die Winde, funksioneer hierdie moderne struktuur primêr as deel van 'n hotelkompleks wat duisende pelgrims bedien. Die massiewe horlosie (uurwerk) vertoon nie net die tyd nie maar flits vyf keer 'n dag om gebedstye te sein, wat tegnologiese kenmerke met Islamitiese godsdienstige en gemeenskapsdoel integreer. Beide strukture weerspieël die innoverende gebruik van tydhou vir hulle onderskeie tydperke – die een meng astronomie en meteorologie in die antieke tyd, en die ander inkorporeer moderne tegnologie om geestelike behoeftes te dien. Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring toon treffende verskille ten opsigte van die materiale en konstruksietegnieke wat gebruik is en dus word hulle onderskeie historiese tydperke weerspieël. Die Toring van die Winde, 14 meter hoog met 'n 8 meter-diameter, is primêr uit Pentaliese marmer gebou, 'n materiaal bekend vir die fyn grein en wit kleur. Die marmer vorm beide die mure en dak, met tapse blaaie wat by 'n sirkelvormige sluitsteen bymekaarkom om gewig eweredig te versprei. Die toring staan op kalksteenfondasies, wat sterkte/krag met 'n elegante, tydlose estetiek kombineer. Daarteenoor gebruik die Makkah Koninklike Kloktoring moderne materiale soos beton en staal vir die struktuur wat duursaamheid en skaal beklemtoon. Die gebou se boonste 200 meter is met veselversterkte plastiek (FRP) saamgestelde panele bedek, ontwerp vir liggewig sterkte en visuele impak. Dit het miljoene LED-ligte vir verligting snags, en 'n 23 meter hoë simboliese halfmaan, gemaak van goue mosaïek wat met veselglas ondersteun is, bo-op die toring. Die materiale gebruik vir die Toring van die Winde bewys Klassieke vakmanskap en natuurlike bronne, terwyl die Makkah Koninklike Kloktoring moderne ingenieurswese, sintetiese materiale en tegnologie vertoon om 'n monumentale en funksionele baken te skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring bevat ingewikkelde detail wat die kulturele, godsdienstige en funksionele invloede van hulle onderskeie tydperke toon. Die Toring van die Winde is versier met 'n fries wat agt verpersoonlikte windgode toon wat elk 'n hoof- of tussen-hoofwindrigting – Boreas (N), Kaikias (NO), Apeliotes (O), Eurus (SO), Notus (S), Livas (SW), Zephyrus (W), en Skiron (NW) verteenwoordig. Bokant hierdie fries is daar 'n kroonlys versier met ingewikkeld uitgekerfde leeukoppe wat ook as waterspuite dien wat dekoratiewe, estetiese trefkrag en praktiese nuttigheid meng.  Die binneste plafon is oorspronklik geverf, maar slegs klein spatsels blou verf het oorgebly, dit is miskien beïnvloed deur die behoefte om die lug te vertoon, wat die verbinding met astronomiese waarneming beklemtoon. In teenstelling daarmee word die Makkah Koninklike Kloktoring gekenmerk deur wyserplate met ingewikkelde mosaïekontwerpe en Arabiese skrif wat boodskappe oor die Islamitiese geloof, Allah, en Mohammed oordra. Hierdie wyserplate, verlig met LED-ligte, is dag en nag oor ver afstande sigbaar om die invloed van digitale tegnologie op die kontemporêre kloktoring te toon. Bokant die wyserplaat is daar 'n massiewe halfmaan wat die invloed van Islam op die ontwerp wys, terwyl die agt-verdieping hoë toringspits versier is met 'n goudgetinte glasfasade wat 'n moderne en luukse gevoel gee. Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring illustreer gevorderde tydhou-tegnologieë van hulle onderskeie eras alhoewel hulle ontwerpe en doelwitte betekenisvol verskil. Die Toring van die Winde vertoon 'n bemeestering van gnomoniese tegnologie, duidelik in die uitgekerfde sonwyserlyne op al agt kante en die oorblywende gate vir gnomone (stawe wat skadu's gooi). Kanale en gate in die vloer bevestig die bestaan van 'n wateraangedrewe meganiese tydaanwyser aan die binnekant wat gewerk het wanneer sonlig onbeskikbaar was. 'n Silindriese torinkie aan die suidekant het as 'n watertenk gedien en 'n klepmeganisme is gebruik om die watervloei na die tydaanwyser te beheer. Daarby het 'n 18de-eeuse gravering deur Stuart en Revett 'n windwyser bo-op die dak windrigting aangedui. Sirkelvormige relings het eens die tydaanwyser se sentrale meganisme omring, soos deur duike in die vloer voorgestel. In vergelyking daarmee gebruik die Makkah Koninklike Kloktoring die jongste tegnologie ten opsigte van die horlosiemeganisme geïntegreer in die wêreld se hoogste kloktoring. Die klok se 43-meter-deursnee-wysiger is verlig met sonkrag-LED-tegnologie, wat sigbaarheid tot 25 km ver verseker. Dit dien die tydsensitiewe aard van Islamitiese gebed deur vyf keer per dag te flits om gebedstye aan te dui. Die toring sluit ook 'n hoëtegnologie-waarnemingsplatform in met teleskope en interaktiewe uitstallings vir astronomiese doeleindes en is toegerus met groen tegnologieë, soos energie-doeltreffende beligting en klimaatsbeheer. Verder saai gevorderde kommunikasiestelsels die oproep tot gebed en ander godsdienstige aankondigings uit wat die geestelike funksie daarvan beklemtoon. Terwyl die Toring van die Winde antieke vindingrykheid te opsigte van tydhou en meteorologiese waarneming toon, kombineer die Makkah Koninklike Kloktoring voorpunttegnologie en volhoubaarheid met godsdienstige belangrikheid wat aandag gee aan die behoeftes van 'n moderne, globale gehoor. Die Toring van die Winde en die Makkah Koninklike Kloktoring het beide 'n betekenisvolle ligging, wat hulle belangrikheid binne hulle onderskeie kulturele en godsdienstige kontekste beklemtoon, maar hulle dien verskillende gehore en doelwitte. Die Toring van die Winde is aan die voet van die Atheense Akropolis in Griekeland geleë, 'n middelpunt van godsdienstige en kulturele lewe in antieke Athene. Die nabyheid daarvan aan die Romeinse Agora, 'n sentrale publieke plein vir handel- en sosiale interaksie, benadruk die belangrikheid van tyd om die daaglikse lewe in die oudheid te koördineer. Die ligging beklemtoon toeganklikheid Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne en die rol wat dit gespeel het om 'n breë en diverse gemeenskap te dien, vir beide Atheners en besoekers. In teenstelling daarmee is die Makkah Koninklike Kloktoring binne loopafstand (300 meter) van die Groot Moskee van Mekka geleë, die heiligste terrein in Islam en die sentrale bestemming vir miljoene Moslem- pelgrims. Anders as die Toring van die Winde, is toegang beperk tot Moslems aangesien nie-Moslems verbied word om die stad Mekka binne te gaan. Hierdie eksklusiwiteit versterk die toring se godsdienstige belangrikheid en die rol daarvan as 'n simbool van Islamitiese geloof, wat 'n spesifieke geestelike doel eerder as 'n gemeenskaplike doel dien. Terwyl die Toring van die Winde geposisioneer is om gemaklik met die sosiale en kulturele lewe van antieke Athene te integreer, is die Makkah Koninklike Kloktoring doelbewus geplaas om die heilige ervaring van Islamitiese pelgrims te ondersteun en te versterk in 'n hoogs eksklusiewe en godsdienstig belangrike ligging. OF 3.3 Daar word van die kandidaat vereis om 'n opstel te skryf deur enige Klassieke gebou/struktuur met 'n Inheemse Kennisstelsels(IKS)-gebou/struktuur te vergelyk wat hulle bestudeer het deur na die kolpunte gegee, te verwys. Ken 2 punte per kolpunt toe. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings of 'n vergelyking van 'n Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou of 'n vergelyking van 'n Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)- geboustruktuur wat die kandidaat bestudeer het. LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir antwoorde in tabelvorm toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk. V3 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNINGS (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 3 2 Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 3 4 Organiseer Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 1 Interpreteer 30% 3 Evalueer, Besin/Nadink 2 Sintetiseer, Regverdig TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 [30 punte] 4.1 Ken 20 punte in totaal toe. (10 punte vir elke beweging) Vir elke beweging ken soos volg punte toe: 5 punte in totaal vir doelwitte, invloede en kenmerke 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld 1 punt vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp 2 punte vir verwysing na die stelling in die konteks van die ontwerpbeweging LET WEL: SLEGS EEN punt kan vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp van elke beweging toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as riglyne. Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede: • BAUHAUS • ART NOUVEAU Bauhaus Stelling: Die Wassily-stoel deur Marcel Breuer 'verander die wêreld'. Dit het van tradisionele bonkige meubels afgewyk en eerder op die suiwerheid van fatsoen/vorm, industriële materiale en die idee van meubels wat massavervaardig kan word, gefokus. Die Wassily-stoel bly vandag 'n ikoniese modernistiese meubelstuk wat vir sy tydlose ontwerp en invloed op toekomstige generasies van minimalistiese en industriële ontwerp gevier word. Die Bauhaus-skool is in 1919 deur Walter Gropius in Weimar, Duitsland, gestig met die doel om kuns, ontwerp en vakmanskap te verenig om funksionele, pragtige voorwerpe te skep. Gropius het 'n visie gehad van 'n 'totale kunswerk' ('total work of art') wat argitektuur, skilder en beeldhouwerk geïntegreer het en het die skool se kurrikulum rondom praktiese werkswinkels op terreine soos metaalwerk, skrynwerk/meubelmakery, weefwerk en tipografie gestruktureer. Aanvanklik is daar op vakmanskap klem gelê, maar in 1923 het Bauhaus verskuif na industriële produksie met die slagspreuk 'Van Kuns na Industrie' ('Art into Industry') wat 'n praktiese fokus op massaproduksie weerspieël het. Die doelwit van die Bauhaus- skool was om die wyse waarop die wêreld kuns, kunsvlyt en tegnologie waargeneem het radikaal te verander. Deur innoverende onderrigmetodes wat oorleg en funksionaliteit beklemtoon het, het hulle 'n holistiese benadering tot ontwerp geïmplementeer. Die beweging se etos was om kuns in die alledaagse lewe te integreer deur praktiese, esteties aantreklike voorwerpe en geboue te ontwerp. Bauhaus is beïnvloed deur die Kuns-en-Kunsvlytbeweging wat die belangrikheid van tradisionele vakmanskap, eenvoudige vorms en die waarde van funksionele skoonheid van alledaagse voorwerpe beklemtoon het. Alhoewel die Bauhaus industriële produksietegnieke geïntegreer het, het dit die Kuns-en-Kunsvlyt- beklemtoning van hoë kwaliteit vakmanskap, funksionaliteit en 'n estetiek wat selfs utiliteitsvoorwerpe mooi gemaak het, behou. Bauhaus, het daarom 'n brug tussen tradisionele vakmanskap en opkomende industriële tegnieke verteenwoordig. Die Ekspressionistiese beweging, bekend vir hulle emosionele en subjektiewe benadering tot kuns en die De Stijl-beweging het ook die Bauhaus beïnvloed. Onderwysers, soos Johannes Itten en Paul Klee, het kleurteorie, persoonlike uitdrukking en die ondersoek van abstrakte vorms versterk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 'n Kenmerk van die Bauhaus was die ekspressiewe benadering wat Bauhaus- ontwerpe 'n gevoel van individualiteit gegee het, selfs binne die raamwerk van funksionaliteit en eenvoud. Die Bauhaus het ook 'n kenmerkende estetiek en 'n funksionele benadering tot ontwerp ontwikkel wat eenvoud en die gebruik van moderne materiale beklemtoon het. Kunstenaars en ontwerpers is aangemoedig om hulle unieke perspektiewe te ondersoek deur die tegnologiese vooruitgang en samelewingsveranderinge van die vroeë 20ste eeu te ondersteun. 'n Voorbeeld van Bauhaus-ontwerp is die Wassily-stoel, in 1925 deur Marcel Breuer ontwerp. Die Wassily-stoel-ontwerp sluit Bauhaus-kernbeginsels in, soos die 'vorm volg funksie'-filosofie, die gebruik van moderne materiale en 'n stroombelynde, geometriese estetiek. Breuer, geïnspireer deur die sterk, liggewig eienskappe van buisstaal wat in fietsrame gebruik is, het 'n stoel ontwerp wat revolusionêr vir daardie tyd was. Die stoel word gekenmerk deur 'n skeletagtige raam gemaak van gebuigde, gepoleerde chroomstaal met leer of kleedstof daaroor gestrek om die sitplek, rugleuning en armleunings te vorm. Art Nouveau Stelling: Art Nouveau het in die laat 19de en 20ste eeue ontstaan. Beïnvloed deur 'n ryk Europa, was dit 'n nuwe beweging wat gereageer het op die streng verwysing na vorige ontwerpstyle en oordadige ornamentasie van die Victoriaanse era. Die kunstenaars en ontwerpers wou 'hulle wêreld verander' deur 'n verenigde estetiek te skep wat vakmanskap, innovering en die skoonheid van natuurlike fatsoene te vier. Art Nouveau het die balans van die gematigde fasade van die Edwardiaanse en Victoriaanse samelewings te versteur. Op daardie stadium is daar algemeen geglo dat mediums soos skilder en beeldhouwerk verhewe was bo kunshandwerk soos meubelmakery en ysterwerk. Die doel van Art Nouveau-kunstenaars was om daardie oortuiging te verander om eerder te streef na 'totale kunswerke', die beroemde Gesamtkunstwerk, wat geboue en binneversiering geïnspireer het waarin elke element as 'n harmonieuse geheel gewerk het. Dit het ten doel gehad om die hiërargie tussen 'skone kunste' (skilderwerk en beeldhou) en 'toegepaste kuns' (meubelmakery, metaalwerk) uit te daag, en om kushandwerk tot die vlak van hoë kuns te verhoog. In die middel van die 19de eeu het Japan oopgemaak vir die Weste en Europese kunstenaars is aan Japannese houtblokdrukwerk bekendgestel, die skoon lyne, asimmetrie en gebruik van natuurtemas het Art Noneau-estetiek baie beïnvloed. Een van die belangrikste invloede op die Art Nouveau-styl het gekom van natuurlike fatsoene wat organiese, vloeiende lyne en motiewe soos blomme, plante en diere belig het. In reaksie op die swak ontwerpkwaliteit van industriële massaproduksie asook die invloed van die Kuns-en-Kunsvlytbeweging, het Art Nouveau die belangrikheid van vaardige vakmanskap en hoëgehalte materiale, soos ingelegde eksotiese hout, ivoor, emalje en kosbare stene, soos opaal, ens. beklemtoon. Nog 'n invloed was die Simbolisme beweging wat gefokus het op die uitdruk van emosies en idees deur simboliese beelde wat Art Nouveau se gebruik van simboliese en allegoriese temas aangemoedig het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Art Nouveau was bekend vir hulle kenmerkende vry vorm, draaiende lyne (sweepslaglyne), wat die geheime van die natuur, die sensuele wêreld en die vroulike vorm te vier. Natuurlike motiewe soos pouvere, eksotiese diere soos verkleurmannetjies en insekte, soos naaldekokers, het 'n onttrekking aan die werklikheid, 'n verlange na die eksotiese, 'n dekadente dromerigheid getoon. Plat areas met gedempte of dowwe kleur, soos gedempte groen, delikate pienk en ligpers, diep oranje en rooi gemeng met aardse tone en koel blou is gebruik met sterk buitelyne. Art Nouveau het asimmetriese balans in hulle ontwerpe gebruik, dikwels is 'n sensuele vroulike figuur binne 'n raam geplaas. Een voorbeeld van Art Nouveau-ontwerp is die trap in die Hôtel Tassel wat deur Victor Horta ontwerp is. Hierdie ontwerp is 'n voorbeeld van Art Nouveau-ontwerp, beroemd vir die grasieuse, vloeiende lyne en die insluiting van natuurlike fatsoene en materiale. Die gietystertrapleuning, met sy elegante kurwes en plantagtige motiewe, straal 'n organiese lewendigheid uit, terwyl 'n groot dakvenster die ruimte baai in natuurlike lig, wat die ingewikkelde detail aksentueer en 'n dinamiese wisselwerking tussen lig en skadu skep. Victor Horta se innoverende gebruik van lig en ruimte in hierdie ontwerp was revolusionêr, wat 'n blywende impak op moderne argitektuur gelaat het. Kleurglas en mosaïekteëls versterk die estetiek, en moedig 'n gevoel van harmonie en aaneenlopendheid regdeur die huis aan. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V4.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNINGS (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.1 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 4 Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 4.1 8 Organiseer Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2 Evalueer, Besin/Nadink 30% 4.1 4 Sintetiseer, Regverdig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.2 (Ken 10 punte toe] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe) 'n Belangrike inspirasie vir die Kuns-en-Kunsvlytbeweging het van sosiale hervormers Walter Crane, John Ruskin en William Morris gekom wat besorg was oor die afname in ontwerpstandaarde as gevolg van massaproduksie in fabrieke.  Hulle wou terugkeer na handgemaakte ontwerpe met die klem op gehalte vakmanskap en materiale. Sigbaar op die vensters van die kabinet is die herlewing van die Gotiese kleurglasvensterontwerp en die oordadig versierde skarniere is ook deur die Gotiese era geïnspireer. Die beweging is geïnspireer deur die plaaslike materiale wat duidelik is in die gebruik van mahoniehout. In teenstelling met die Kuns-en-Kunsvlyt- minimalisme is die Postmoderne beweging beïnvloed deur Robert Venturi se slagspreuk 'Less is a Bore' ('Minder is Vervelig') soos gesien in die boekrakontwerp met die baie, komplekse lae. Postmodernisme fokus op maksimering en neem eklektiese inspirasie uit Dadaïsme, Surrealisme, Pop-kuns, Modernisme en Dekonstruktivisme. Die klem van Kuns en Kunsvlyt op 'truth to materials' ('getrou aan materiale) is duidelik in die hout wat 'n natuurlike toestand gelaat is. Die natuurlike warm-bruin kleur van die houtgrein, die dowwe silwer piouter en gepoleerde geelkoper toon die fyn vakmanskap van die beweging. Vlak, gekerfde slangmotiewe skep 'n tonale verskeidenheid in die natuurlike kleur hout. In teenstelling daarmee gebruik Postmodernisme lewendige rooi, geel, blou en groen wat deel gevorm het van hulle verwerping van Modernistiese beskeidenheid. Postmodernisme se gebruik van veelvuldige pastelkleure lei tot 'n kitsch-estetiek vir die boekrak. Tipies van Kuns en Kunsvlyt is die gebruik van simmetriese balans. Die kabinet kan in twee ewe groot identiese kante verdeel word en elke kant het dieselfde visuele gewig. Net so is die Postmodernistiese boekrak ook simmetries gebalanseerd aangesien beide die linker- en regterkante van die boekrak identies in vorm en kleur is. Kuns en Kunsvlyt se doel was om terug te keer na die waardes van die Middeleeuse Gotiese samelewing, waar Christelike waardes, orde, stabiliteit en eenvoud hoog geag is, soos gesien in die glasvenster in FIGUUR H. Sterk klem is geplaas op die statusverhoging van die handwerk-kunstenaar, die funksie en eerlikheid van die konstruksieproses. Kuns en Kunsvlyt se doel was om versiering minimaal te hou, terwyl Postmodernisme se doelwit individualiteit was, om Modernistiese konformiteit te verwerp. Die Postmoderne boekrak in FIGUUR I toon duidelik ’n komplekse ontwerp wat nie net funksioneel is nie, maar ook ’n uitsonderlike visuele stelling maak. Een van die kerndoelwitte van Postmodernisme was om die versperring tussen hoë en lae ontwerp af te breek. Die klem in Kuns en Kunsvlyt is op 'vorm volg funksie'. Die kabinet is ontwerp om gepas vir die doel te wees en die versiering is minimaal. Hierdie konsep lê klem op 'n ontwerp wat nie net goed moet lyk nie, maar ook aan die praktiese behoeftes en vereistes van gebruikers moet voldoen. Die Kuns-en-Kunsvlyt-kabinet balanseer funksionaliteit met estetika en verseker dat elke aspek van die ontwerp tot die primêre doelwit bydra. Terwyl die Postmodernistiese boekrak as 'n boekrak kan funksioneer, het dit ook 'n dubbelsinnige funksie wat die elemente van skoonheid, humor, Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne gevatheid en parodie in die omgewing inbring. Afhangend van die konteks kan die betekenis van sulke stukke/items verander, wat kan maak dat dit as standpuntstukke of beeldhouwerke beskou kan word. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir antwoorde in tabelvorm toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon. Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk. V4.2 VLAK KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE (10) VAARDIGHEDE TOEKENNINGS Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.2 2 1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 4.2 4 Organiseer Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 30% 4.2 2 Evalueer, Besin/Nadink 1 Sintetiseer, Regverdig TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 16 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 [20 punte] Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 (Ken 20 punte in totaal toe) 5.1.1 (Ken 2 punte toe) Die titel 'Ubuntu', is 'n Nguni-woord wat menslikheid en deernis beteken. Met die betekenis van die titel van die ontwerp in gedagte, bepleit die Ubuntu-inperkbed die menslike en deernisvolle behandeling van individue wat met Ebola virus besmet is. Gedurende die Ebola-uitbreking is hospitale dikwels oorweldig met te min hulpbronne om siekes te versorg. Die Ubuntu-inperkbed is liggewig, ekonomies en maklik om met die hand aanmekaar te sit en kan daarom as 'n draagbaar of hospitaalbed funksioneer. Dus stel die bed mediese fasiliteite in staat om meer siek mense tydens pandemies of uitbrekings te behandel.  Dit laat toe vir die doeltreffende en menslike behandeling en vervoer van pasiënte by mediese fasiliteite. Bamboes is 'n natuurlike, volhoubare materiaal wat bekend is daarvoor dat dit liggewig en higiënies is, 'n eienskap wat belangrik is om in ag te neem omdat Ebola is hoogs aansteeklike siekte is. Gee krediet aan ander geldige antwoorde. 5.1.2 (Ken 2 punte toe) Die Hippo-'roller' is 'n goeie voorbeeld van 'n sosiokulturele ontwerp wat lewens verbeter het. Dit maak die vervoer van water makliker en 'n prettige aktiwiteit vir kinders in landelike gebiede waar water dikwels ver van leefareas is. Gee krediet aan ander geldige antwoorde. 5.1.3 (Ken 16 punte toe) Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam van die ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte, materiale en tegnieke en 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerp- voorbeeld en hoe dit sosiokulturele kwessies aanpak. EEN SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE SOSIOKULTURELE ONTWERPER/ ONTWERPGROEP: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 17 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne (Ken 1 punt toe) Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpproduk Gehekelde 'Klein Kaktus' ('Tiny Cacti') deur Projekt. (Ken 5 punte toe) Bespreek die doelwitte, ontwerpmateriale en tegnieke deur die ontwerper/ ontwerpgroep gebruik Die doel van Projekt se ontwerpe is om tradisionele kunshandwerk te bewaar en te verhoog deur unieke tasbare stukke te skep. Projekt spesialiseer in uiters fyn hekeltegnieke met gebruik van klein hekelnaalde om hoëgehalte-, handgemaakte stukke te skep. Hulle produkte wissel van snaakse jakkalse en stoute apies tot eienaardige kaktusse. Hulle doel is om natuurlike materiale te gebruik, soos 100% katoen en linne wat volhoubare en etiese produksie beklemtoon. As 'n regverdige-handelsinisiatief verseker hulle dat kunstenaars vaardigheidsopleiding ontvang wat spesifiek op die Imizamo Yethu informele nedersetting gefokus is. Projekt brei opleidingsprogramme uit om besigheids- en geletterdheids- vaardighede in te sluit om die vroue te help om onafhanklik te wees. (Ken 2 punte toe) 'n Verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessie(s) aanpak Die ontwerpgroep bemagtig werklose vroue wat in lae-inkomste-gebiede woon om 'n salaris te verdien. Deur hulle opleiding in hekeltegnieke te gee, leer hulle 'n waardevolle vaardigheid wat kreatiwiteit en innoverende onafhanklikheid aanmoedig. Die Klein Kaktus ('Tiny Cacti') is gesog as 'n binneversierings- ontwerp en kan alleen of in 'n groep vertoon word. EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP (Ken 1 punt toe) Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep en hulle ontwerpproduk: Kusungu Maternity Village (Kraamdorpie) deur MASS Design Group. (Ken 5 punte toe) Bespreek die doelwitte, ontwerpmateriale en tegnieke deur die ontwerper/ ontwerpgroep gebruik Argitektuur het die mag om van die wêreld se dringendste kwessies, veral in Afrika, aan te pak. Argitektuur is in plek, erfenis en kultuur gewortel en kan gemeenskappe vorm en volhoubare ontwikkeling aanmoedig. MASS Design Group is 'n firma wat ten doel het om argitektuur as 'n instrument vir sosiale verandering te gebruik. Mass Design Group se doel is om die probleem van moedersterftes as gevolg van komplikasies tydens geboortes op te los. In 2010 in Malawi was ongeveer een in 36 vroue lewenslank in gevaar te sterf om tydens swangerskap of bevalling, grootliks as gevolg van oorsake wat voorkom kon word. Kraamwaghuise word gebruik om toegang te verkry tot vaardige professionele mense wat langs gesondheidsentrums geleë is. Hierdie fasiliteite verskaf 'n gemoniteerde ruimte vir verwagtende moeders vanaf die 36ste week tot by die bevalling. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 18 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Elke slaapeenheid is ontwerp om optimale daglig en natuurlike ventilasie te kry en verminder die risiko dat aansteeklike siektes versprei. Dit verskaf ook privaatheid en gemak. Die materiaal gebruik is saamgeperste gestabiliseerde grondblokmure wat sonstrale gedurende die dag absorbeer en hitte gedurende kouer aande uitstraal. Dit is ontwerp rondom repliseerbare modules wat by plaaslike bronne verkry word en die nuwe prototipe kan makliker geskaal word en by ander terreine aangepas word. Studies wat ná besetting gedoen is, toon dat hierdie nuwe dorpie-prototipe gemakliker is en verwagtende moeders voel veiliger. In die geboustruktuur ondersteun die suile 'n stelsel van houtkappe wat die daklyn verby die gewelplafon laat steek. Die 'saltbox' en 'butterfly-dakke van die modulêre slaapkamereenhede is in lyn met die komplementêre geometrie om reënwater beter op te vang en te herlei. Die dramatiese oorhellings beskerm die mure teen reën. Die dubbellaag-dakontwerp laat lug sirkuleer om die kamertemperatuur gedurende alle seisoene gemaklik te hou. Die 'butterfly'-effek laat dagligson toe om die mure te verwarm wat saans hitte uitstraal om 'n gemaklike slaaptemperatuur te onderhou. (Ken 2 punte toe) 'n Verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessie(s) aanpak MASS DESIGN GROUP het die kwessie van sosiale verandering met dokters, verpleegsters en verwagtende moeders by die Kasungu-fasiliteit, die Kraamdorpie, bespreek. Die ontwerpers het die enkelblokkonsep van die bestaande Kraamdorpie-prototipe afgebreek in 'n reeks kleiner komplekse wat om klein binnehowe gesentreer is. Hierdie grondplan is geïnspireer deur die volksuitleg van Malawiese dorpies waar familiekomplekse bestaan uit verskeie klein geboue wat uitgebreide en onmiddellike familie huisves. Die kleiner behuisingsblokke hanteer die gebrek aan 'n gevoel van gemeenskap wat intergeneratiewe deel van kennis aanmoedig asook die uitruil en ondersteuning tussen ervare en nuwe moeders en dit help ook om moedersterftes as gevolg van komplikasies tydens bevallings aansienlik te verminder. Die dak van die Kraamdorpie hang ver oor om skadu en beskutting aan die dorpie se binnehowe te verskaf en om die samekoms en wisselwerking tussen moeders aan te moedig. Hierdie ruimtes kan ook familielede en oppassers akkommodeer wat saam met verwagtende moeders reis en hulle noodsaaklike emosionele en sielkundige ondersteuning gee. Toegewyde opleidingsareas steun werkswinkels oor pre- en postnatale versorging en handwerkopleiding en help die moeders om 'n inkomste te verdien terwyl hulle van die huis weg is, wat opmaak vir die verlies aan lone wat 'n betekenisvolle struikelblok is vir wydverspreide gebruik van kraamdorpiefasiliteite in Malawi. Die gedeelde ruimtes het sentrums vir deel, aktiwiteite en leer geword wat help om die lewensgehalte van verwagtende moeders pre- en postnataal te help verbeter. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V5.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNINGS (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.1.2 + 5.1.3 1+1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.1.1 + 5.1.3 1+3 Middel Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.1.3 8 orde Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.1 1 Evalueer, Besin/Nadink 30% 5.1.2 1 Sintetiseer, Regverdig 5.1.3 2 5.1.3 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 19 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.2 (Ken 20 punte in totaal toe) 5.2.1 (Ken 2 punte toe) Die leunstoele in FIGUUR K is beïnvloed deur die muurskilderwerk van die amaNdebele of enige ander Afrika inheemse gemeenskap. Die ontwerp op die leunstoele gebruik 'n verskeidenheid geometriese fatsoene wat herinner aan die amaNdebele-patrone. Die diamant- en driehoekige fatsoene op die ontwerp het 'n dik swart buitelyn wat die amaNdebele-invloed weerspieël. Kandidate kan ook verwys na die patrone van tradisionele amaZulu- of isiXhosa-oorbelle of kralewerk as 'n invloed op die oppervlakpatroon gesien op die leunstoele. 5.2.2 (Ken 8 punte toe) Ken 1 punt toe vir die naam van die inheemse kulturele gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk gemaak het, 5 punte vir 'n bespreking van die materiale, metodes en prosesse gebruik om die tradisionele kunshandwerk te skep en 2 punte vir die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk. (Ken 1 punt toe) Naam van die tradisionele/inheemse kulturele gemeenskap wat die kunshandwerk maak Basotho-gemeenskap wat grasvlegsels vervaadig (Ken 5 punte toe) Die materiale, metodes en prosesse gebruik om die tradisionele kunshandwerk te skep Grasweefwerk is 'n tradisionele kunshandwerk wat deur die Basotho-gemeenskap beoefen word. Gras is die materiaal wat vir die weefwerk gebruik word en word verkry by maatskappye wat dit koop by mense wat dit in die hooglande van Lesotho oes en dit dan na verskeie afsetpunte in die laagland van Lesotho vervoer. Die ouer geslag dra die kuns van grasweefwerk van geslag ná geslag oor.  Daar is waargeneem dat die bemeestering van die weefproses soos 'n leerlingskap is waar die mentor sertifiseer dat die student 'n stadium bereik het waar hulle sonder toesighouding kan weef. Die strooihoede wat mokorotlo of modianyewe genoem word, word deur grasweefwerk gemaak. Die grondstof gebruik om die produkte te maak, is die 'Leholi'- of 'Mosea'-gras, wat vir weefwerk gebruik word. Om 'n hoed te ontwerp, word 'n keëlvorm gekonstrueer deur bondels riete te draai wat deur rye tou in plek gehou word.  Dit word gekenmerk deur twee dekoratiewe bande gevlegte riete op die rand en 'n kenmerkende gedraaide tossel by die boonste punt van die kroon.  'n Veelkleurige gestreepte veselband word aan die binnekant van die hoed gestik; dit kan vir die heg van bandjies gebruik word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 20 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne (Ken 2 punte toe) Sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk in tradisionele konteks Die hoed het 'n breë rand en 'n gepunte bokant, 'n ontwerp wat glo deur die vorm van die berg Qiloane geïnspireer is. Die hoede het in die middel-1900's gewild geword aangesien dit nou verbind is met die vorming van nasionale identiteit.  Hierdie hoede het die nasionale simbool van Lesotho en ook die nasionale simbool van die Basotho-mense geword. Die verskil tussen modianyewe en mokorotlo is in die ontwerp en tipe gras. Slegs barena (stamhoofde) mag modianyewe dra, derhalwe 'uitvoerders van oordeel'.  Die ander meer versierde een is mokorotlo, vernoem na die liedere wat Sotho-mans sing. 'n Visuele beeld (prentjie) van die Mokorotlo verskyn op die vlag van Lesotho en ook op Lesotho se voertuignommerplate. 5.2.3 (Ken 10 punte toe) Ken 1 punt toe vir die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en die naam van die produk, 6 punte vir 'n bespreking van die doelwitte, invloede en materiale van die ontwerper/ontwerpgroep en 3 punte vir 'n verduideliking van hoe die kontemporêre ontwerpproduk 'n aanpassing en voortsetting van die inheemse kunshandwerk is. (Ken 1 punt toe) Naam van ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporêre ontwerpproduk: Siyanda Mbele, die Mvelo Afrika-lessenaar. (Ken 6 punte toe) Algemene doelwitte en invloede van die ontwerper/ontwerpgroep se werk: Mbele neem in ag dat elke stam dieselfde rituele uitvoer, maar op ander maniere, of eenderse simbole gebruik, maar dat dit verskillende betekenisse kan hê. Ná navorsing skep hy 'n storie wat hy beoog(bedoel) as die storie wat die stuk vertel of 'n analogie wat die stuk sal verteenwoordig. Gewoonlik neem hy tweedimensionele simbole of patrone en verander dit in driedimensionele meubels. Beïnvloed deur sy liefde vir die Zoeloe-kultuur, het Mbele die meubelontwerpmaatskappy gestig wat in luukse handgeverfde meubels spesialiseer. Sy maatskappy, Pinda, kombineer moderne ontwerp met tradisionele Suid-Afrikaanse elemente. Mbele is deur Afrika-kulture, simboliek en kulturele praktyke geïnspireer. Hy gebruik Ndebele-, Venda- en Zoeloe-patrone in sy ontwerpe, wat in meubelstukke met 'n kontemporêre Afrika-estetiek geïnterpreteer word, met 'n gevoel van moderne minimalistiese en die middel van die eeu. (Ken 3 punte toe) 'n Verduideliking van hoe die kontemporêre ontwerpproduk 'n aanpassing en voortsetting van die inheemse kunshandwerktegniek is: Die inheemse kunshandwerktegniek van kerfwerk op tradisionele Zoeloe- kleibierpotte word as inspirasie vir hierdie kontemporêre weelderige meubel-ontwerp Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 21 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne gebruik. Die handgekerfde Zoeloe-simbole en die fatsoen van die lessenaar verteenwoordig beide die manlike (driehoeke) en die vroulike (diamante). Wanneer die driehoeke en diamante saamgebind word, verteenwoordig dit eenwording. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. GEEN punte moet gegee word vir herhaling van ontwerper(s) en hulle werk wat reeds in hierdie vraestel gebruik is nie. V5.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNINGS (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.2.1 + 5.2.2 1+2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.2.2 + 5.2.3 1+2 Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 5.2.1 1 Organiseer 5.2.2 + 5.2.3 3+4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.3 2 Evalueer, Besin/Nadink 30% 5.2.3 2 Sintetiseer, Regverdig 5.2.2 2 VRAAG 6 [20 punte] 6.1 (Ken 4 punte in totaal toe) 6.1.1 (Ken 2 punte toe) Ekovriendelik beteken produkte wat ontwerp is om min of geen skadelike effek op die omgewing te hê nie.  Produkte wat van ekovriendelik materiale gemaak is, bevorder die verantwoordelike verkryging van materiaal regdeur hulle lewenssiklus. Daarom kom produkte, goedere, gebeure en ekovriendelik dienste nie die planeet duur te staan nie. FIGUUR L het plastiekdeksels gebruik om 'n ekovriendelike produk te skep wat dit volhoubaar en tog mooi as 'n ontwerpoplossing maak. 6.1.2 (Ken 2 punte toe) Om produkte uit herontwerpte materiale te maak, kan tot voordeel van die omgewing wees. Ou gebruikte materiale kan gebruik word om nuwe produkte te skep, byvoorbeeld maak 'n rugsak uit 'n gebruikte denimbroek. Produkte kan, waar moontlik, van herwinde, na-industriële-graad-plastiek gemaak word in plaas van ongebruikte plastiek. Ongebruikte plastiek is 'n hars wat gemaak word met natuurlike gas of ru-olie. Dit bevat nie enige herwinde materiale nie, waar ná-verbruiker herwinde plastiek die herwinning van plastiekverpakking aan die einde-van-lewensiklus behels. Dit kan water- en koeldrankbottels, plastieksakke, melkhouers, ens. insluit. Herskep van nywerheidsafval soos hout, plastiek, skrootmetaal of tekstiele tot nuwe funksionele produkte. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. 6.2 Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie. Ken 1 punt toe vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte, materiale en prosesse en 2 punte vir 'n Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 22 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne bespreking van die ontwerpproduk en 'n verduideliking van hoe dit omgewingskwessies aanpak. EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE OMGEWINGSONTWERPER/ ONTWERPGROEP: (Ken 1 punt toe) Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van die ontwerpe Transformer(Transformeer)-meubelreeks deur V&A in samewerking met Pedersen en Lennard (Kaapstad, Suid-Afrika), 2023. (Ken 5 punte toe) Doelwitte, materiale en prosesse Die Transformer-reeks eenvoudige modulêre meubel-eenhede het ten doel om in ’n verskeidenheid ruimtes te funksioneer. Afhangend van hoe die eenhede gekombineer word, en op watter hoogte, kan dit vir amfiteatersitplekke tot bistro-styl- tafel-en-stoelkombinasies gebruik word, asook op kindervriendelike en rolstoelvriendelike hoogtes. V&A het heelwat tyd bestee om saam met die plaaslike ontwerpmaatskappy Pedersen en Lennard te werk om 'n oplossing te kry wat herontwerpte plastiekafvalmateriaal gebruik om ongewone meubels te vervaardig en om terselfdertyd ons planeet te red. Plastiekafval en moeilik herwinbare plastiek word versnipper, verhit en in plastiekplanke saamgedruk wat daarna in die meubelstukke gevorm word. Die Transformer(Transformeer)-reeks skep 'n unieke geleentheid vir die gebruik van 'verskillende tipes plastiek, alles in een plank. Elke meubelstuk is van allerhande tipes plastiek gemaak, bv. tandepastabuisies, verpakking, plastiekwinkelsakkies, naamborde, ens. Te danke aan die proses om verskillende plastieksnippers te smelt, het die klaarprodukte 'n unieke terrazzo-agtige estetiek – die finale produk het 'n marmer-, kwartssteen- of granietestetiek. Nog 'n plus vir die ontwerpers is dat die eienskappe van die herwinde plastiekmateriaal hulle verskeie ontwerp- oplossings gegee het wat nie moontlik is met tradisionele materiale soos hout en plaatmetaal nie.  Die materiaal se onderhoud is min, dis hittebestand, waterdig, kleurvas en hoogs duursaam. (Ken 2 punte toe) 'n Bespreking van die ontwerp en 'n verduideliking van hoe dit volhoubare/omgewingskwessies aanpak. Volhoubaarheid, sirkulering en eksperimentering is duidelik in duursame vlekvrye staal en herwinde plastiekmateriale wat vir hierdie modulêre meubelstukke gebruik word. Meer en meer Transformer(Transformeer)-stukke word op verskillende plekke by die V&A bygevoeg. Om volhoubaarheid en omgewingskwessies aan te pak, sal die V&A alle plastiek wat van hulle eie afvalhanteringsfasiliteit kom, herontwerp. Sodoende skep hulle al hoe meer 'n sirkelekonomie. Die meubels is geskik vir families – dit kan 'n gesin van drie of 'n meer uitgebreide byeenkoms akkommodeer.  Die meubels voorsien in die behoeftes van hierdie top Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 23 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne toeristebestemming se klante wat mooi openbare ruimtes met verantwoordelike keuses wat die aarde bewaar, verdien. LET WEL: Kandidate sal krediet kry vir die bespreking van ander voorbeelde deur Heath Nash. EEN KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP (Ken 1 punt toe) Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe: Die Re-Ply-stoel-ontwerp deur Dan Goldstein. (Ken 5 punte toe) Doelwitte, materiale en prosesse Die doelwit van die Re-Ply-stoel is maksimum gebruikergemak as gevolg van die ergonomies-gevormde sitplek en die feit dat dit kan terugleun. Hierdie ontwerp- proses gebruik opeengestapelde kartonhouers as materiaal wat herontwerp word deur dit in die sitplek van 'n stoel te transformeer. Die stoel gebruik vier lae swaardiensriffelveselbord wat opeengestapel, gesny, gelamineer, gevorm en gevou word in 'n sterk, gemaklike skulp. Hierdie skulp word op 'n driehoekige gegalvaniseerde buisstaalbasis geplaas wat die stoel in staat stel om te wieg en terug te leun. Vir bykomende gemak kom dit ook met 'n nagemaakte pels- of viltoortreksel. (Ken 2 punte toe) 'n Bespreking van die ontwerp en 'n verduideliking van hoe dit volhoubare/omgewingskwessies aanpak. Die Re-Ply-stoel pak volhoubare en omgewingskwessies aan deur karton te herontwerp, dit uit die herwinningsirkel te haal en dit in iets permanent en duursaam te maak. Die bokse is relatief sterk ten opsigte van spanning en word in die helfte gevou om 'n ondersteunende sitplek en rugleuning vir die stoel te vorm . Elke element van die stoel ontwikkel uit veelvuldige funksies. Byvoorbeeld slegs een paar boute sit die sitplek aan die metaalbasis vas. Dieselfde boute hou die voulyn in en stel die stoel in staat om te wieg. Aangesien die basis driehoekig is, vereis dit slegs een kontakpunt met die sitplek. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V6 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNINGS (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 6.1.1 + 6.1.2 1+1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 6.2 4 Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 6.1.1 + 6.1.2 1+1 Organiseer 6.2 6 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 6.2 2 Evalueer, Besin/Nadink 30% 6.2 2 Sintetiseer, Regverdig 6.2 2 TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Design

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Design P1 Nov 2025 MG Afr | Hlayiso