Skip to content

Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumDesignGrade 12201920 pages

Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V1 (TEORIE) NOVEMBER 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsy Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte] Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe) Swart is gebruik as 'n agtergrond kleur om die voorgrond motiewe te beklemtoon.  Die motiewe wat in FIGUUR A gebruik is, is helder en suiwer in kleur wat hulle oogtreffend maak. Hierdie kleure werk saam om 'n baie dinamiese, opwindende tekstiel ontwerp te skep. Die kleure werk saam om ‘n kleurvolle, opwindende ontwerp te skep.  In die beklemtoning van Afrika identiteit is helder Afrika-kleure gebruik,die bruin en groen is simbolies van die Afrika natuur.  Die rooi en groen is komplimentere kleure wat ‘n treffende energieke effek skep.  Die werklike tasbare tekstuur van die kussing is glad omdat die patroon op die katoenstof gedruk is.  Hierdie gladheid verleen 'n luukse gevoel. Die werklike tekstuur van die meeste van die diere en plante is voorgestel met gestileerde patrone wat die visuele teksture naboots. Dit aktiveer die oppervlak en dra by tot die dinamiese effek wat reeds deur die helder kleur geskep is.  Die olifant in die middel is omring deur motiewe wat soos 'n spieëlbeeld geplaas is om 'n simmetriese balans te skep. Die simmetriese balans stabiliseer die beweging om die oog van die toeskouer na die fokuspunt toe te trek. Die simmetriese balans is effens gesteur deur die plasing van twee verskillende diere, 'n zebra en 'n luiperd, aan beide kante van die middel. Die swart agtergrond skep 'n sterk kontras met die lig en helder voorgrond en dit skep 'n dramatiese toneel. Daar is ook 'n kontras geskep tussen die gladde visuele impliseerde oppervlaktes van die groen blare en die patroonoppervlaktes van die diere en reptiele. Die olifant is van vooraf getoon terwyl die ander diere in profiel getoon is. Kontras is ook geskep deur die verskillende proporsies soos gesien in die verskillende groottes van die olifante. Die swart agtergrond verenig die ontwerp in 'n positiewe ruimte. Die herhaling van groen, pers en oranje dien ook om die ontwerp te verenig. Die plantegroei aan die kante van die beeld dien as 'n raam wat die hele komposisie saamvat om die ontwerp te verenig. Die herhaling van soortgelyke/inheemse diere en plante wat algemeen in Afrika gevind word in ontwerp skep eenheid in ontwerp motief.  Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V.1.1 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (10) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.1 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1 Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1 4 Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2 Evalueer, Reflekteer 30% 1.1 1 Sintetiseer, Oordeel OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 1.2 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe) Die funksionaliteit van hierdie unieke bank gaan teen die norm op verskillende wyses in. Eerstens, kan ses mense daarop sit in plaas van twee tot vier. Tweedens, skep dit sitplekke vir mense van verskillende hoogtes om volwassenes en kinders in terme van hiërargie te akkommodeer. Dit veroorsaak dat mense nie reg langs mekaar hoef te sit nie, maar 'n spesifieke persoonlike ruimte het. Alternatiewelik, is die laaste twee 'sitplekke' hoog genoeg om as tafels of 'n platform om teen te rus te dien, omdat hulle nie as 'sitplekke' funksioneer nie.  Die rugleuning skep 'n skerp gedefinieerde reguit, geometries, trapvormige lyn wat 'n opwaarts sigsag beweging skep. Die pote skep kruis en dwars diagonale lyne wat tot dinamiese beweging lei. Twee van hierdie diagonale lyne vorm lang, swierige, skoon geboë lyne wat die oog sterk oor die bank tot op die hoogste stoel trek. Die rugleuning vorm reghoekige negatiewe ruimtes wat 'n masjienagtige gevoel skep.  Die negatiewe ruimtes wat tussen-in die pote gevorm is, is ook meer gevarieerd waar driehoeke en onreëlmatige diamantfatsoene gevorm is wat tot 'n besige en dinamiese effek lei. Die bank is gemaak van donker, hardehout en gestrekte 'riempies' (leerstrokies wat oor die sitplek op 'n geweefde patroon gestrek is). Hierdie bank is beïnvloed deur tradisionele vroeë Kaap Hollandse meubel tegnieke en is op 'n nuwe onkonvensionele manier gebruik. Hierdie unieke ontwerp is handgemaak en herinner mens aan Kuns en Kunshandvlyt meubels. Die sigsaglyne en die dinamiese beweging van diagonale lyne is beïnvloed deur die Art Deco-beweging.  Die onkonvensionele ontwerp kan moontlike die invloed van Dekonstruktivisme aandui.  Die bank kan ook ‘n duisendpoot verteenwoordig wat na die invloed van die natuur verwys  Die herhaling van die trapvormige rugleuning, die blokkerige sitplek en die diagonale pote help om die ontwerp te verenig. Die herhaling van die geweefde 'riempie' rigiede lyne rondom die rand van elke sitplek kontrasteer met die onreëlmatige lyne van die pote. Die herhaling van die trapvormige fatsoene skep 'n dinamiese ritme wat tot 'n unieke ontwerp lei.Die herhaling skep ook progressiewe ritme wat groei van die laer sitplek na die hoër sitplek.  Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V.1.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.2 2 1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.2 4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2 30% 1.2 1 Evalueer, Reflekteer Sintetiseer, Oordeel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte] 2.1 (Ken 6 punte toe) Die blou manne verteenwoordig reuseagtige robotika rekenaars, wat nou die mensdom beheer, wie in vergelyking dwergagtig is. Hierdie 'rekenaarmanne' is geometries en reghoekig wat hulle hard en sterk laat voorkom. Die dwergagtige mensdom lyk swak en hulpeloos. Hul hulpeloosheid word verder beklemtoon deur die feit dat sommige van hulle uit die geboue, wat deur die rekenaarmanne omgedraai is, val. Die boodskap van hierdie plakkaat, dat mensdom besig is om oorheers te word deur die rekenaarwêreld en verloor hul beheer, word beklemtoon deur die gebruik van 'n oneweredige skaal en gestileerde beelde. Stereotipes is sigbaar deur die gebruik van manlike IT-reuse wat aanneem dat mans die tegnologiese wêreld domineer. Die gebrek aan ouer mense wat teenwoordig is, verhoog die stereotipies aanname dat slegs jongmense tegnologie gebruik . korporatiewe kleredrag reflekteer ook 'n sosiale klasverdeling. Dit is ‘n stereotipiese aanname dat rekenaar tegnologie beter kan take beter kan uitvoer as mense.  2.2 (Ken 4 punte toe) Die kloue  herinner 'n mens aan wrede, genadelose roofvoëls/Hane en suggereer dat die korporatiewe wêreld (die wêreld van besigheid) so werk. Die groot, duur leerleunstoel  is tipies van besigheidsmanne se stoele en simboliseer rykdom en magtige besighede wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir korporatiewe korrupsie. Die banknote  simboliseer kapitalisme, verbruikersdruk en invloed wat die mag van korrupsie in die korporatiewe wêreld versterk. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V.2. KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 2.1 2 2.2 1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 2.1 3 2.2 1 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2.1 1 30% 2.2 1 Evalueer, Reflekteer 2.2 1 Sintetiseer, Oordeel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 [10 punte] Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe) FIGUUR E het 'n silindriese vorm met geen kromlynige kenmerke terwyl FIGUUR F vroulike liggaamskurwes beklemtoon. Die pop se vorm in FIGUUR E lyk groot en swaar terwyl FIGUUR F se vorm slank en lig is. Die gesig en hande van FIGUUR E is gestileer, terwyl FIGUUR F se gesig, hande en skoene baie lewensgetrou voorkom. FIGUUR E se gebruik van gestileerde vorme en verskillende krale en patrone wys die invloed van die inheemse Ndbele-kultuur en gee die pop 'n Afrika-ontwerp- identiteit.  In teenstelling daarmee reflekteer FIGUUR F duidelik 'n Westerse ontwerpidentiteit omdat dit die stereotipiese Westerse ideaal van 'n perfekte vrou met 'n perfekte figuur, vlekkelose gelaatskleur, blonde hare en blou oë verteenwoordig. FIGUUR E is handgemaak deur gerolde swart katoenmateriaal as 'n soliede fondasie vir die kralewerkversiering te gebruik, terwyl FIGUUR F masjiengemaak is en hol is omdat dit van 'n plastiekvorm gemaak is. Die kledingstukke in FIGUUR E gebruik handwerktegnieke om 'n pop te skep wat 'n Ndebele vrou in tradisionele drag verteenwoordig, terwyl die kledingstukke van FIGUUR F fabriekgemaak is met populêre en nuwe sintetiese materiaal van dié era. Die handgemaakte kwaliteit van FIGUUR E gee dit 'n meer persoonlike en individuele kwaliteit  terwyl die masjiengemaakte kwaliteit van FIGUUR F dit kunsmatig en onpersoonlik laat voorkom. FIGUUR E funksioneer as 'n vrugbaarheidspop wat aan jong bruide gegee word en simboliseer geluk in die dra van kinders en groei van hul families  FIGUUR F funksioneer as speelding vir meisies wat dien as die samevatting van Westerse skoonheid en perfeksie. In kontemporêre tye is FIGUUR E ook gebruik vir dekoratiewe doeleindes terwyl FIGUUR F nou 'n versamelaarsitem is. Beide FIGUUR E en FIGUUR F gebruik kleur om die uitdrukking of styl te kommunikeer. Die herhaling van swart en wit op die kop en onder op die romp van FIGUUR E is treffend en verenig hierdie pop. Die herhaling van pienk in die handsak, skoene en rok van FIGUUR F verenig met die pienk/bleek veltoon van die pop. Die kleure in FIGUUR E is helder en sterk maar die kleur in FIGUUR F is pastelagtig en sag. Die kleur gebruik in figuur E is verteenwoordigend van Afrika vroue terwyl die kleurgebruik vir “Barbie” fig F, van gebleikte blonde hare, blou oë en ligte velkleur is stereotipiese van Westerse vroue.  Gee krediet aan enige ander geldige stellings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm toegeken word. Gebruik kognitiewe vlakke as riglyn. V.3.1 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 3.1 1 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 3.1 4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 1 30% 3.1 2 Evalueer, Reflekteer Sintetiseer, Oordeel OF 3.2 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe) Die struktuur van die House of Algae (FIGUUR H) is 'n multiverdieping, blokagtig en geometries wat dit 'n baie moderne eksterieur sonder enige dekoratiewe elemente gee. In kontras met hierdie kontemporêre gebou is die Baths of Caracalla (FIGUUR G) se struktuur duidelik Klassiek omdat sy uitleg 'n enkelverdieping is en horisontaal versprei is. Die Caracalla badkompleks word afgewissel met geboë gewelfde poorte en dekoratiewe pilare. Die House of Algae-woonstelblok (FIGUUR H) is die eerste gebou in die wêreld wat sy eie energie kan verskaf, dit word ten volle operasioneel wanneer die glasfasade met vloeibare biomassa gevul word wat 'n kontemporêre innoverende materiaal is. Terwyl hierdie tegnologiese innoverende panele energie verskaf, sal hulle ook die lig kontroleer en skaduwee vir die interieur van die leefareas verskaf. Die kombinasie van hierdie innoverende materiaal en tegnologie, m.a.w. energiebesparende alge, geotermies en sonenergie, sal meer energie verskaf as wat die inwoners van die huis moontlik kan verbruik. Die Klassieke Baths of Caracalla (FIGUUR G) maak ook gebruik van innoverende materiaal vir hul tyd, soos groot glasvensters om hitte binne in te hou. Die struktuur word 'n heliocaminus genoem; m.a.w. 'n sonverhitter. Die heliocaminus is ook in Romeinse wonings gebruik en kon met verskeie materiaal toegemaak word soos glas of dun mika- of selenietplate. In die dae van Augustus, eerste eeu AE, was sonenergie-argitektuur so belangrik dat dit Romeinse bedekkingsargumente oor sonregte veroorsaak het. Die Romeine verdien groot lof vir hul innoverende tegnologiese gebruik van sonenergie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne Teen die derde eeu AE, het Romeinse ingenieursvaardighede so ver ontwikkel dat hulle in staat was om ten volle geïntegreerde komplekse te ontwerp. Die uitleg van waterverskaffing en dreineringstelsels van baddens was kompleks; die ingenieurs moes toesien dat daar heen en weer voldoende vloei van warm en koue water tussen die baie baddens was. Die water vir die Baths of Caracalla (FIGUUR G) het 90 km ver gevloei in die Aqua Marcia akwaduk. Die komplekse uitleg het die water gelei na 'n groot reservoir waarvandaan dit met gravitasie deur pype onder die tuine tot by die hoofgebou gevloei het. Binne in die hoofgebou is die water dan versprei na die koue poele of na die warmwatertenke waar dit oor houtvure vir die lou en warm baddens verhit is as sonverhitting nie genoegsaam was nie. Gebruikte water is van elke wasbak via afvoerpype na die munisipale afvoersloot in die vallei verwyder. Die verspreiding en dreineerpype was beide toeganklik deur tonnels vir inspeksie en onderhoud. 'n Derde netwerk van tonnels is gebruik om groot hoeveelhede hout te stoor vir die stookoonde (praefurnia). Die stookoonde is gebruik om die water te verhit en ook om die kamers met 'n warm lugsisteem onder die vloere te verhit (hypocausta). Hamburg se doelstelling is om die distrik van Wilhelmsburg, as 'n volhoubare klimaatvriendelike distrik te laat funksioneer. The House of Algae woonstelblok (FIGUUR H) is deel van 'n stadsenergieprojek uitleg wat poog om Hamburg 'n klimaatsvriendelike koolstofdioksied-neutrale distrik te maak. Hierdie innoverende benadering tot volhoubare stadslewe is 'n belangrike teken vir boukonstruksie in tye van klimaatverandering. Die vyfverdieping BIQ (FIGUUR H) Intelligente Kwosiënt-gebou funksioneer as 'n residensiële woonstelblok. Oorspronklik gebou as deel van die International Building Exhibition IBE, is die BIQ woonstelblok die wêreld se eerste gebou om die innoverende tegnologie van 'n bioreaktor-fasade in te sluit. Die algblaarfasade dien ook die meer konvensionele funksie om die gebou teen straatlawaai, hitte en koue te isoleer en skaduwee vir die interieur te verskaf. Die gebou bestaan uit 15 eenhede wat aan die inwoners 'n nuwe benadering op die lewe deur innoverende materiaal en tegnologie gee. Kamers wat individueel gekontroleer is maak dit moontlik om funksies en komponente aan en af te skakel soos benodig. Die Caracalla Baths kompleks (FIGUUR G) funksioneer as 'n plek waar, na 'n oggend se werk; die meeste Romeine dit kon geniet om die middag by die badhuis of publieke badkompleks deur te bring.  Die baddens het ook as 'n sosiale ontmoetingsplek gefunksioneer.  Die BIQ Algae House (FIGUUR H) funksioneer as 'n woonstelblok.  Die fasade van die kontemporêre vyfverdiepinggebou, is suiwer funksioneel en onversierd omdat die reghoekige glaspanele met water, waarin alge dryf, gevul is. Die alge is gebruik om energie te produseer, dus word die gebou 'n Plus Energy House.  In vergelyking met die moderne BIQ House of Algae woonstelblok (FIGUUR H) is die fasade van die Baths of Caracalla (FIGUUR G) met niefunksionele, dekoratiewe Klassieke elemente, soos reliëfkerfwerk, muurpilare, pilare en nisse versier.  Dit skep 'n baie meer dekoratiewe eksterieur as dié van die BIQ House of Algae (FIGUUR H) wie se gladde glaspanele 'n eenvoudige masjienagtige raamwerk van silwer en groen maak.  Indien leerders na eie voorbeelde verwys moet hulle steeds na die die vraag puntverdelings. Gee krediet aan enige ander geldige stellings of vergelyking tussen 'n klassieke en kontemporêre gebou wat die kandidaat bestudeer het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm toegeken word. Gebruik kognitiewe vlakke as riglyn. V.3.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 3.2 1 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 3.2 4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 1 30% 3.2 Evalueer, Reflekteer 2 Sintetiseer, Oordeel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 [30 punte] 4.1 Ken 20 punte in totaal toe. Ken 10 punte vir elke beweging toe. Neem kennis, EEN PUNT kan toegeken word vir die naam van die ontwerper en die produk van elke beweging. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as riglyne. Hierdie nasien riglyn verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede: • Postmodernisme • Popontwerp Die Postmoderne Ontwerp beweging se doelstelling was om van die Modernistiese wêreld van tegnologie af weg te beweeg. Hulle het Modernisme as steriel, vervelig en herhalend ervaar. Hulle wou ontwerpe skep wat die wêreld van mense en menslike doeleindes erken. Hulle ontwerpe was menslik en het duidelik gepoog om aan die behoeftes van die mense aandag te gee. Terwyl Modernisme op die skepping van 'n universele styl gefokus het wat geometriese abstraksie, eenvormigheid en moderniteit geseëvier het, het Postmodernisme op individuele behoeftes en oplossings gefokus. Die Modernistiese ontwerpe het alle style en tradisies van die verlede ten gunste van 'n rigiede, tegnologiese- geïnspireerde styl verwerp. Aan die ander kant, het die Postmoderniste na style en tradisies van die verlede verwys om sodoende mense met hul verlede te verbind.  Postmodernistiese ontwerpers is deur Klassieke gebouelemente soos die pilaar, die pediment, die voorportaal en die boog beïnvloed. Hierdie elemente is sigbaar in ontwerpe soos die 'AT & T-gebou' deur Johnson en Burgee, 'n toringgebou wat in 'n oopgesnyde pediment eindig. Hulle het ook tradisionele boumateriaal soos klip, hout en bakstene weer ingebring om natuur en warmte in die koue tegnologiese, masjienagtige ontwerpe van die Moderniste in te bring. Postmodernistiese ontwerpers wou nie heeltemal Modernisme verwerp nie. Hulle het nog steeds 'hul voete' in die Modernistiese ontwikkelinge in tegnologie en hulle gebruik van tegnologiese uitvindings soos glasgordynmure, die staalraamstruktuur en gewapende beton in hulle geboue gebruik om eklektiese ontwerpe te skep wat die verlede en toekoms kombineer. Postmodernistiese ontwerpe is ook met menslike behoeftes op ander maniere gemoeid, byvoorbeeld kenmerkend bring hulle kleur en versiering terug om sodoende hulle ontwerpe prettig en visueel mooi te maak. In kontras met die Modernistiese beskouing in 'Less is More' glo die Postmoderniste in 'Less is Bore'. Hulle beweeg weg van die ernstige aard van die Modernistiese ontwerpe en bring humor en eienaardigheid in hul ontwerpe in – byvoorbeeld die gebruik van klassieke elemente op 'n niefunksionele wyse, byvoorbeeld 'n uitgesnyde plat pilaar is gebruik as versiering en 'n verwysing na die verlede in Venturi se 'Vanna House'. In kontras tot die Modernistiese beklemtoning op funksionaliteit speel hulle met dubbelsinnigheid waar die funksie nie meer onmiddellik duidelik is nie. Ontwerpe word meervlakkig en vol verwysings wat die observasie meer mensgesentreed, interaktief en opwindend maak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 'n Goeie voorbeeld van Postmodernistiese ontwerp is Portlandgebou deur Michael Graves Die fasades van die Portlandgebou het 'n menslike doel omdat hulle ontwerp is om te vermaak en te amuseer. Hulle is dekoratief en kleurvol, wat die Postmodernistiese beskouing tentoonstel dat mense moeg is vir die Moderniste se vasklou aan 'Truth to Materials', hulle gestandaardiseerde geometriese strukture en beskouing in eenvormigheid. Hulle versiering verwys na geskiedenis, byvoorbeeld die sluitstene en muurpilare is gebruik met die doel om die mensdom met die verlede te herenig. Die gebou is afhanklik van die Modernistiese gebruik van die straalraam en gewapende beton-tegnologie om sy multiverdiepinggrootte te bereik. Popontwerp is geïnspireer deur alledaagse, stadslewe van die 1960's en een van hul doelwitte was om met die menslike behoefte vir ontvlugtende vermaak, die tydelike, en die glanswêreld in aanraking te kom.  Hulle ontwerpe is 'n reaksie teen abstrakte, ernstige, intellektuele ontwerp. Hulle mikpunt is om die wêreld van mense as hul onderwerp te gebruik. Hierdie kan gesien word in hul gebruik van verstaanbare alledaagse kultuur as hul onderwerp. Beelde wat voorheen as oppervlakkig en vervelig geag is, is nou in ontwerpe gebruik, byvoorbeeld kitskos, filmsterre, elektroniese toerusting, blikkieskos, ens. Mense word met hul belangstellings op 'n baie direkte en eenvoudige manier verbind. Popontwerp is dikwels kitsch, en spreek tot mense se liefde vir helder, gelukkige kleure en maklike verstaanbare, sentimentele beelde soos hartjies en rooi lippies.  Die invloed van Optiese Kuns en Kinetiese Kuns kan gesien word in Popontwerpers se gebruik van eenvoudige, sterk, opvallende patrone. Nog 'n invloed op popontwerp is die anti-ontwerpbeweging waar konvensionele norme bevraagteken is en onverwagde vorms, materiale en beelde tot humoristiese, eienaardige ontwerpe lei. Vergrote visuele distorsies disoriënteer en vermaak die toeskouer. Popontwerp het baie duidelik sy voete in die wêreld van nuwe materiaal en tegnologie. Baie popontwerpers geniet dit om met die moontlikhede wat plastiek hulle bied, te eksperimenteer. Die nuwe tegniek van inspuitgevormde plastiek lei tot beeldhouprodukte met vloeiende lyne. Die Verner Panton 'Cantilever Chair' is 'n goeie voorbeeld van hierdie tegniek. 'n Ander nuwe tegnologie wat deur die Pop ontwerpers ondersoek is was gevormde laaghout, wat ook moontlikhede geskep het vir nuwe beeldagtige, liggewigvorms wat koste-effektief en in groot maat vervaardig kon word en sodoende aan die wêreld van menslike behoeftes kon voldoen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 'n Goeie voorbeeld van popontwerp is die Studio 65 Leonardo, sofa, 1969. Hierdie ontwerp illustreer duidelik popontwerpers se gebruik van die wêreld van mense as hul onderwerp. Gewilde, herkenbare, alledaagse beelde (in die geval die Amerikaanse vlag) is gebruik as die inspirasie vir die vorms en die patrone op produkte. Die eenvoudige, prominente sterk streeppatroon en sterre is tipies van popontwerp. Die gebruik van 'n vlagontwerp om 'n rusbank te inspireer is 'n voorbeeld van popontwerp se afkeuring in tradisionele idees in verband met ontwerp en hul gebruik van verassende onkonvensionele onderwerpe. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V.4.1 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.1 4 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.1 8 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2 30% 4.1 2 Evalueer, Reflekteer 2 Sintetiseer, Oordeel 4.2 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe) Die Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) se gebruik van vloeiende, organiese lyne wys duidelik die invloed van die Kuns en Kunshandvlyt se belangstelling in geboë lyn en geboë stamme. Die invloed van die natuur is ook sigbaar in die gebruik van organiese lyne soos gesien in die Art Nouveau stoel. In kontras, die geometriese fasette van die Dekonstruktivistiese stoel (FIGUUR J) reflekteer die invloede van Kubisme/De Stijl/Bauhaus. Die anti-ontwerpbeweging se doel om tradisionele ontwerpstrukture te ondermyn is ook sigbaar in hierdie stoel se gebruik van onkonvensionele, nie-funksionele vorme.  Die Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) het 'n gemaklike gestoffeerde sitplek en rugleuning wat die ergonomie van die ontwerpproduk versterk. Die dekonstruktivistiese stoel (FIGUUR J) het 'n rugleuning wat vorentoe leun en wat terugleun onmoontlik sal maak. Hierdie stoel neem nie die gemak of die postuur van die persoon nie in ag nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne Die Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) toon 'n vertikaal simmetriese balans omdat die eenkant 'n spieëlbeeld van die ander kant is. Hierdie gebruik van simmetrie verleen 'n formele, geordende en gebalanseerde kwaliteit aan die stoel. Die dekonstruktivistiese stoel (FIGUUR J) is asimmetries gebalanseer omdat lyne en fatsoene aan die linkerkant nie dieselfde as aan die regterkant is nie.  Die resultaat is 'n baie meer informele en dinamiese effek. Die Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) toon duidelik hulle liefde vir die golwende, organiese, sweepslag lyn wat baie energieke liniêre ritmes skep. Aan die ander kant, bestaan die dekonstruktivistiese stoel (FIGUUR J) meestal uit reguit en reghoekige lyne wat dit 'n dominant rigiede en sterk voorkoms gee. Hierdie sterkte is versag deur die kontrasterende geboë lyn van die nie-funksionele rugleuning en sitplek. Die bonkige Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) se vorm is tradisioneel met 'n tipiese rugleuning, sitvlak, armleuning en kabrioolpote. Die dekonstruktivistiese stoel (FIGUUR J) ontken hierdie norme deur 'n groepering van reghoekige hortjieslyne in die plek van 'n gemaklike rugleuning in te voeg. Dit maak dat die stoel nie funksioneel nie. Die organies en geboë vorms van die Art Nouveau-stoel suggereer vroulikheid, waar die dekonstruktivistiese vorm meer geometries en manlik is. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. LET WEL: 'n Maksimum van 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as riglyn. V.4.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (10) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.2 2 1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.2 4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 1 30% 4.2 1 Evalueer, Reflekteer 1 Sintetiseer, Oordeel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 13 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: ONTWERP IN 'n SOSIO-KULTUREEL/OMGEWING EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 [20 punte] Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 5.1.1 (Ken 6 punte toe) Die plakkaat maak gebruik van 'n naby, afgesnyde aansig van die poppe se gesigte as die uitleg.  Hierdie 'afsny' verseker dat die oë die fokuspunt word. Hierdie groot kwesbare, smekende oë lyk asof hulle direk op die toeskouer gerig is. Hulle kommunikeer met die toeskouer se blik en die direkte oogkontak vorm 'n emosionele konneksie tussen die toeskouer en die plakkaat. Die swart raam skep die indruk dat dit ‘n fotobeeld is.  Die plakkaat gebruik poppe om te suggereer dat jong kinders heel waarskynlik nie oor mishandeling sal 'uitpraat nie'. Die poppe is sielloos en leweloos, maar het werklike kinderoë wat die poppe lewendig laat voorkom. Poppe is sinoniem met kinders en die konneksie is beklemtoon deur die poppe meer lewendig te laat voorkom. Om die beelde meer kragtig te maak, het die ontwerper elke pop 'n klein traan wat van hulle oë afloop gegee.  Die trane vertel 'n tragiese storie van kinders wat stil in pyn huil. Die trane maak ook hierdie poppe lewendig omrede poppe nie kan huil nie. Die onduidelike of uitgeveede monde maak die toeskouer bewus van die feit dat iets fout is. Mishandelde kinders praat nie gereeld met iemand oor hul mishandeling nie. Hulle is bang dat hul misbruiker sal uitvind, of dat niemand hulle sal glo nie. Die verwydering van hul monde wys die toeskouer dat hul “stemme” verwyder is.  Die gesigte sonder monde skep 'n droomeffek wat die ontstellende en donker boodskap van die plakkaat versterk. Die woorde “SPEAK OUT” is in sterk, swart, sans serif-teks wat heeltemal die monde vervang en die ernstigheid van die boodskap oordra. Dit trek ook die toeskouer se aandag na hierdie hoofboodskap van die veldtog. Maar, op dieselfde tyd, is die woorde “SPEAK OUT” kleiner in verhouding tot die res van die ander gesigskenmerke. Hierdie ontwerptegniek vestig aandag op kinders om te kan praat. Die woorde 'when you can't talk about abuse, talk to us' onderaan elke plakkaat is ook in sans serif-teks, dit help om die ernstigheid van die boodskap te wys.  Die wit letters staan duidelik teen die swart agtergrond uit; dus verseker dit dat hierdie belangrike boodskap leesbaar is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 14 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 5.1.2 Ken 14 punte in totaal toe, 7 punte per gevallestudie. Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die ontwerpproduk toe. EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ ONTWERPGROEP • Naam van die ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en een ontwerpproduk Victoria Yards deur die ontwikkelaar Brian Green van Group 44. (Ken 3 of 4 punte toe) • 'n Kort bespreking van die algemene karaktereienskappe van die ontwerp Die voorheen verwaarloosde groep industriële geboue in die Johannesburgse SSK is omskep in 'n stadsoasis en word deur Group 44 se Brian Green, Victoria Yards genoem. Gebou as 'n wassery in die vroeë 1900's, het die eiendom die myn- en katoendoeknywerhede bedien. Nadat die katoendoeknywerhede agteruit in waarde gegaan het, saam met die feit dat die area sy aantrekkingskrag verloor het, het die eiendom verder verval tot 'n sentrum vir motorslaghuis (chop shops) en onwettige besighede. Victoria Yards is 'n 'stadsgenerasie' projek wat 'n variasie van studio's, werkswinkels en galerye aanbied wat ongeveer 30 0000 m2 bedek en die Jukskeirivier insluit. • Elke maand maak die studio's en werkswinkels hul deure oop, kunstenaars bied teaterproduksies aan en 'n verskeidenheid kos kan by straatstalletjie gekoop word. 'n Oop industriële ruimte sluit 'n groot mark in wat eksklusiewe kase, kombucha, deli-kos, speserye en vars groente van die eiendom en produseerders vanuit die omgewing aanbied. • (Ken 2 of 3 punte toe) Verduidelik hoe die ontwerper sosiale bewustheid reflekteer Die produk is op verskillende maniere sosiaal verantwoordelik. Die erfenis geboue is minimaal verander wat hul argitektoniese eerlikheid en karakter naak los.  Gebou in 1924 as 'n reeks werkswinkels en fabrieke, het die gewelfasade en die trapvormige struktuur dieselfde gebly met net 'n paar rou, industriële elemente wat bygevoeg is.  Die projek het 'n brownfield status; 'n term wat gebruik word in stadsbeplanning vir enige vorige ontwikkelde land wat tans nie in gebruik is nie. Die sosiale verbetering van die gebied deur stadsregenerasie wat volhoubaarheid en vernuwing ondersteun, is as 'n sosiale bekommernis gesien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 15 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne Daar is 'n fokus op samewerking en vaardigheidsontwikkeling vir skeppers wat in die gebied leef. Plaaslike kunstenaars word gratis uitstalruimte gebied om hul produkte op die weeklikse mark te verkoop.  Sommige van die huurders, soos Stitch ('n sosiale inisiatief vir mishandelde vroue wat geborduurde tekstiele skep) word ten volle gesubsidieer. Dit is ook 'n tuiste vir van die land se top kunstenaars en vakmanne. Kunstenaars soos Benon Luutya, Ayanda Mabulu, Blessing Ngobeni en Roger Ballen skep almal hul werk om uit te stal en te verkoop. Baie gewilde vakmanne soos David Krynauw het ook 'n plek langs ander skeppers, ontwerpers, metaalwerkers en produseerders ingeneem en 'n simbiotiese gemeenskap gevorm. EEN INTERNASIONLE ONTWERPER/ONTWERPGROEP • Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en een ontwerpproduk Babocush, ontwerp deur Kerri Nevins. (Ken 3 of 4 punte toe) • 'n Kort bespreking van die algemene karaktereienskappe van die ontwerp Die ontwerpoplossing laat toe dat jou baba op die Babocush vasgemaak kan word direk na voeding vir onmiddellike verligting van wind/gaspyne. Die kussing hou jou baba in 'n baie natuurlike posisie  omdat dit die baba se lugpyp laat ontspan en oophou in teenstelling met die manier van vooroorsit in 'n wip-wieg of babamotorsitplek. Die opwaartse gedeelte van die Babocush is verstelbaar, dus verseker dit dat jou baba in die regte posisie is om refluks te voorkom. Die Babocush vibreer saggies en wieg van kant tot kant wat die baba aanmoedig om te ontspan. (Ken 3 of 2 punte toe) • Verduidelik hoe die ontwerper se werk sosiale bewustheid reflekteer Beperkte sosiale ondersteuning, die onvermoë om kindersorg te kan bekostig en enkelouerskap kan dit baie uitdagend vir ouers maak om met die fisiese en psigologiese verwagtinge van versorging vir 'n pasgebore baba te hanteer. Die frustrasie, tesame met die gevoel van oorweldiging na die geboorte is 'n bydraende faktor tot nageboorte depressie. Uitputting beïnvloed 'n vrou se vermoë om haar baba te borsvoed en 'n gefrustreerde ma lei tot 'n gefrustreerde baba. Die Babocush is 'n kussing wat poog om ouers met noodsaaklike hulp te verleen met die vermindering van huil, koliek en refluks, windopbreking en kalmering van die baba. Babocush help om koliek te verhoed deur die baba veilig vas te hou en dit het die ekstra gemak van 'n sagte vibrasie en hartklopklank. Die Babocush verskaf die aanbevole tyd om op die maag te lê. Pasgebore babas se skedels is so sag dat die koppie moontlik platgedruk kan word as daar nie genoeg tyd vir op die magie lê gegee word nie. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 16 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne V.5.1 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.1.2 2 4 Verstaan, Verduidelik, Beskryf Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.1.1 4 5.1.2 4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.1 2 30% 5.1.2 4 Evalueer, Reflekteer Sintetiseer, Oordeel 5.2 5.2.1 (Ken 2 punte toe) Deur die gebruik van Suid-Afrikaanse tradisionele kralewerk op bekende produkte word hierdie produkte met ons erfenis en kultuur verbind. Hierdie supergroot weergawes (soortgelyk aan popkunsstyl) van gewilde 'Proudly South African' produkte moedig trots in ons tradisionele kralekuns en die behoefte om plaaslik te koop aan. Vroue van hierdie arm gemeenskappe kry 'n werksgeleentheid om hul kralekuns te beoefen en 'n persoonlike styl te ontwikkel terwyl dit ook op 'n kontemporêre bemarkbare produk toegepas kan word. Gee krediet aan enige ander geldige stellings 5.2.2 (Ken 8 punte toe) • Verwys na die stelling ( ken 1punt toe) • Materiale, metodes en prosesse gebruik in die maak van die kunshandvlytproduk( ken 2 or 3 punte toe) Die Ndebeles het groot kleurvolle muurskilderye op hul huise geskep wat met handgemaakte kwasse van hoendervere of met hulle vingers geverf is.  Die oorspronklike verf wat op die hut gebruik is was 'n wit kalkverf. Die kleure wat in die skilderye gebruik is was meestal natuurlike pigmente wat uit bruin, swart en 'n reeks okers bestaan het. Deesdae word akrielverf in plaas van tradisionele natuurlike pigmente gebruik. Die meeste patrone is in 'n V-vorm en 'n eenvoudige driehoek op 'n groot kleurvolle oppervlak geverf en met dik swart lyne omring in patrone wat in Ndebele kralewerk voorkom. Die Ndebele-vrouens is dikwels die tradisiedraers en die hoofontwikkelaars van die muurkuns van hulle huise. Die tradisie en styl van huisverf word van geslag tot geslag deur die moeders oorgedra. Hierdie praktyk vier die kulturele erfenispraktyke van die Ndebeles wat as een kultuur in die diverse Suid-Afrikaanse kulture gesien word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 17 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne Dit versterk nasionale trots sodat ander lande met ons Suid-Afrikaanse erfenis kan identifiseer. Die herhaalde geometriese patrone en fatsoene word eers met 'n swart cloissonistiese buitelyn geteken. Die patrone word dan met wit en swart tonale waardes van kleure gevul. Die patrone is op die mure in terme van hul basiese ontwerpstruktuur gegroepeer. In die laaste deel van die 1960's het 'n nuwe styl begin ontwikkel, die buitelyne en kleure het merkbaar verander; kontemporêre beelde soos selfone en vliegtuie word nou in die ontwerp ingesluit om die moderne samelewing te reflekteer. Die muurskilderye was gebruik as 'n vorm van protes- of weerstandontwerp teen die geforseerde onderdrukking. • Die moontlike funksie van die kunshandvlytprodukte (ken 2 or 3 punte toe) Oorspronklik is patrone op huise geverf as deel van 'n ritueel van Ndebeles om gebeure soos 'n geboorte, dood, troue of wanneer 'n seun na die inisiasie toe gaan, aan te kondig. Hierdie ekspressiewe simbole was 'n vorm van kommunikasie tussen subgroepe van die Ndebeles; simbolies het hulle gestaan vir hul kontinuïteit en kulturele weerstand teen hul toestande. Hierdie skilderye, geskep deur die vrouens, was hul geheime kode vir hul mense en onleesbaar vir enige iemand behalwe vir die Ndebele. Die helder simbole en uitdrukkings beeld kommunikasies of persoonlike gebede, self- identifikasies, waardes, emosies en troues uit. Soms was die manlike inisiasie, bekend as as die 'wela', 'n rede vir die herverf van hul huise. • Moontlike simboliese betekenis van die patrone en/of die kunsvlytprodukte(ken 2 or 3 punte toe) Daar is vyf hoofkleure verteenwoordig: rooi en donker rooi, geel tot goud, 'n hemelblou, groen, en soms pienk. Die kleure het 'n simboliese betekenis vir die Ndebele omdat hulle na die status of mag van die huiseienaar kan verwys, gebede offer, 'n troue in die huis aankondiging, of dit kan 'n huidige protes verteenwoordig. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. 5.2.3 (Ken 10 punte toe) • Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en een ontwerpproduk (ken 1punt toe) Pinda en Nandini Stacked Side Tables ontwerp deur Siyanda Mbele  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 18 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • 'n Gedetailleerde beskrywing en analise van die bogenoemde produk (ken 5 of 6 punte toe) Siyanda Mbele produseer funksionele produkte wat die kleurvolle geometriese patrone van die Ndebele reflekteer en dit 'n vars en kontemporêre opgedateerde voorkoms gee. Die patrone het die inspirasie verskaf vir 'n innoverende reeks meubels genoem 'Nandini'. Die versameling bestaan uit kompakte, multifunksionele klein koffietafels wat opgestapel kan word om rakeenhede te vorm.  Hierdie kleurvolle tafels kan opgestapel word en reflekteer Skandinawiese ideale van ruimtebesparing. Elke tafel is individueel handgeverf, ontwerp, en gemaak onder die Pinda- etiket. Dit laat hom toe om 'bespoke/na maat gemaakte' ontwerpe' te skep. • Verduidelik hoe dit die invloed van inheemse kennis sisteme reflekteer (ken 3 of 4 punte toe)Siyanda Mbele is geïnspireer deur die diverse kulture van Suid-Afrika, deurdat hy onder andere na patrone van die Ndebele, Venda en Zulu in sy werk verwys.  Sy ondersoeke van vereenvoudigheid en sy speel met fatsoene, is ook 'n omskrywende kenmerk van sy ontwerpe. Hy gebruik tradisionele Afrika-estetika om die oppervlak patrone en produkfatsoene bv. die struktuur van die pote te inspireer. Siyanda Mbele verander suksesvol die Afrika-estetika geïnspireerde koffietafel wat met Ndebele-patrone versier is, na 'n kontemporêre ontwerp. Die trappiramide ontwerp, 'n sleutel fokus in hierdie reeks, is geïnspireer deur die werk van die internasionale bekende Ndebele kunstenaar, Esther Mahlangu. Haar 'istegetsane' sigsagstyl is sigbaar in die sterk gestylde, kleurvolle koffietafel. Die toegepaste geometriese Ndebele-patrone is verander na 'n driedimensionele ontwerp, met 'n hoë Afrika-estetika kwaliteit, wat gestapel kan word. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. GEEN punte mag toegeken word vir die herhaling van ontwerper(s) en hul werk wat in dié vraestel voorkom. V.5.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.2.2 4 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.2.3 2 Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.2.1 2 5.2.2 2 5.2.3 4 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.2 2 Evalueer, Reflekteer 30% 5.2.3 2 Sintetiseer, Oordeel 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 19 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6 [20 punte] 6.1 6.1.1 (Ken 2 punte toe) Bioafbreekbare materiaal verwys na materiaal wat heeltemal kan afbreek en geen teken van gifstowwe op ons aarde of in ons water nalaat nie. Die bottel in FIGUUR M is van seewier gemaak; 'n bioafbreekbare, natuurlike materiaal wat vinnig sal afbreek en die aarde geen skade aandoen nie. 6.1.2 (Ken 4 punte toe) Plastiekstrooitjies  is enkelgebruikprodukte wat van plastiek gemaak is, wat nie- bioafbreekbaar is nie en tot die grootskaalse oseaan-, rivier- en landbesoedeling bydra. Kitskosverpakking  van polistireen word na gebruik weggegooi en kan honderde jare neem om af te breek. Hierdie afvalmateriale dra by tot opvullingsterreine en word gereeld deur diere geëet wat tot vergiftiging en dood lei. Neem kennis: Mag ook na materiale verwys. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. 6.2 Ken 14 punte in totaal toe, 7 punte per gevallestudie. Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die ontwerpproduk toe EEN KONTEMPORêRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ONTWERPGROEP • Naam van die ontwerper/ontwerpgroep/maatskappy en EEN ontwerpproduk Munch Bowls deur Georgina de Kock. Verwys na die stelling ( ken 1 punt toe) • Omgewingsuitdagings waaraan aandag geskenk is(ken 2 of 3punte toe) Die Munch Bowls deur Georgina de Kock is geïnspireer deur 'n groeiende bekommernis om die omgewing te bewaar. Die eetbare Munch Bowls is 'n eko- vriendelike, groen alternatief vir giftige en verkwistende plastiek- en polistireen- kosverpakkings. Hierdie Munch Bowls verminder ons koolstof voetspoor omdat dit materiaal gebruik, wat nie negatiewe impak op die omgewing het nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 20 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • Die korrekte gebruik van materiaal, prosesse en tegnologie gebruik gedurende die navorsing- en produksiefases (ken 2 of 3punte toe) Munch Bowls poog om innoverende, praktiese en gesonde eetbare eko-vriendelike produkte in die toekoms te skep. Die eetbare Munch Bowl is verkry van die idee van eetbare beskuitjieroomyshorinkies. Die plantaardige houer is bio-afbreekbaar en 'n ideale opdienbak vir maaltye by feeste en ander buitemuurse gebeurtenisse. EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP • Naam van die ontwerper/ontwerpgroep/maatskappy en EEN ontwerpproduk Eetbare waterdop genoem die "Ooho!" deur Skipping Rocks Lab  • Omgewingsuitdagings wat aandag geniet (Ken 2 of 3 punte toe) Ooho-eetbare waterdoppe gee aandag aan die grootste bydraer tot opvullingsterreine, m.a.w. plastiekbottels. Boonop verdien die besoedeling veroorsaak deur die produksie van plastiekbottels ook aandag. Hierdie eetbare dop, gevul met water, kan die antwoord vir die wêreld se plastiekbesoedeling wees deur die gebruik van plastiek en ander skadelike materiaal te verminder. • Die korrekte gebruik van materiaal, prosesse en tegnologie gedurende die navorsing en produksiefases (Ken 2 of 3 punte toe) • Die deursigtige membrane van hierdie Ooho-doppe is ten volle van bioafbreekbare, seewierekstrak gemaak. 'n Groep van drie tot tien Ooho-doppe kan, net soos 'n lemoen, bymekaar in 'n omhulsel gehou word.  Die materiaal is deursigtig maar kan ook gekleur word om die verskil tussen die omhulsel en die binneste kern te onderskei. Seewier is vryelik beskikbaar en kan in alle lande geproduseer word. Seewier is 'n volhoubare plantaardige bron. Dit is 'n materiaal wat so hernubaar is dat dit mense laat wonder hoekom giftige materiale gebruik word wanneer die natuur materiale verskaf wat so hernubaar is. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V.6. KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (20) Laer orde Onthou, Herroep, Herken 30% 6.1.1 + 6.2 2+2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 6.1.2 2 Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 6.1.2 2 6.2 6 Hoër orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 30% 6.2 2 Evalueer, Reflekteer 4 Sintetiseer, Oordeel TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all