Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V2
(PRAKTIES)
15 JULIE–18 OKTOBER 2019
PUNTE: 100
TYD: ONDERWERP 1: Praktiese proses/voorbereiding gedurende die 3de kwartaal
by die skool en/of tuis [50]
ONDERWERP 2: Finale Praktiese produk gedoen onder gekontroleerde
omstandighede SLEGS by die skool: 'n maksimum van
24 uur gedurende die 4de kwartaal [50]
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 1 bylae.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 


%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1824f556-8e5a-4311-a91a-40026085eb29/v1-fe44b365f35bbfe4ef99/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--abeb5ebe-1a84-4898-8910-bf3b2c2122be/v1-93fe6927958b36b2bf98/card.webp)

View all



--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)

Design Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
Grade 12 Design Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 2.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC November Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
ONDERWERP 1: Die eksamenbronboek/-werkboek (50 punte)
ONDERWERP 2: Die finale praktiese eksamenproduk (50 punte)
TOTAAL: 100 punte
2. Die vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN van die twee opsies.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 3 DBE/November 2019
NSS
OPDRAG/TEMA 1: INDUSTRIËLE REWOLUSIE 4.0
DIE OPDRAG:
Industriële rewolusies het deur die geskiedenis heen óf die lewe verbeter óf meer
probleme vir die mensdom geskep. Ons ervaar tans die uitwerking van die Vierde
Industriële Rewolusie.
Industriële Rewolusie 4.0 bestaan uit die saamvoeg van gevorderde navorsing in biologie,
tegnologie en industriële outomatisasie om sodoende ons huidige manier van lewe te
verbeter. Soos ander vorige industriële rewolusies skep die Vierde Industriële Rewolusie ook
probleme wat mense se lewens beïnvloed.
Hieronder is 'n lys met 'n paar van die probleme wat met die Vierde Industriële Rewolusie
geassosieer word:
Werksverlies waar tradisionele vakmanskap deur robotika en kunsmatige intelligensie
vervang word
Obsessie met sosiale media wat lei tot vetsug weens onaktiwiteit
Verlies aan privaatheid
Afbreek van inheemse kennisstelsels weens globalisasie
Die verlies aan sosiale kontak wat tot siektes, soos depressie, lei
Een voorbeeld van 'n ontwerpoplossing wat met die lys hierbo verband hou:
Veranderinge in privaatheid: Die verlies aan privaatheid kan tot kuberafknouery lei.
Een ontwerpoplossing kan daartoe lei dat ontwerpers 'n advertensieveldtog skep wat
kuberafknouery ontmoedig.
Die grafiese illustrasie hieronder toon die vooruitgang van industriële rewolusies in die
geskiedenis van die moderne mens.
1ste 2de 3de 4de
Meganisasie, stoom Massaproduksie, Rekenaar en Kuberfisiese stelsels,
en waterkrag monteerbane, outomatisasie netwerke en kunsmatige
elektrisiteit intelligensie (KI)
Skep 'n ontwerpoplossing wat EEN probleem wat met die Vierde Industriële Rewolusie
geassosieer word, ondersoek.
Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing:
Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp
Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandvlytontwerp
Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandvlytontwerp
Omgewingsontwerp
Daar word van die kandidate verwag om navorsing te doen om die impak van al vier
Industriële Rewolusies op die ontwerpwêreld te verstaan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 4 DBE/November 2019
NSS
Hieronder verskyn nog voorbeelde. MOENIE die voorbeelde wat verskaf word,
kopieer NIE.
VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 5 DBE/November 2019
NSS
OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 6 DBE/November 2019
NSS
PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 7 DBE/November 2019
NSS
OPDRAG/TEMA 2: ONGEHOORSAME ESTETIKA
DIE OPDRAG:
Die Design Indaba, wat jaarliks in Kaapstad gehou word, stel die beste kontemporêre
ontwerpoplossings wat in Suid-Afrika gemaak is, bekend. Die tema vir 2020 is
Ongehoorsame Estetika. Jy is gekies om 'n innoverende, funksionele
ontwerpoplossing, gebaseer op Ongehoorsame Estetika, uit te stal.
Definisie van Ongehoorsame Estetika
Estetika is gemoeid met die waardering van skoonheid. Ongehoorsame estetika gaan teen
die konvensionele norm van lyn, simmetrie, komposisie, vorm en balans in.
Estetiese ongehoorsaamheid is dieselfde as burgelike ongehoorsaamheid wat die kreatiewe
oortreding van reëls en vryheid van beperkings ondersteun. Weggooimateriaal, wat as lelik
beskou word, kry op unieke wyses kreatiewe uitdrukking omdat dit ontwerpoplossings insluit.
OORTREDER Dubbelsinnig POSTMODERNE
ANTI-ONTWERP Verontagsaam ALTERNATIEF
REWOLUSIONÊR INNOVEREND
INKLUSIEF
ANTI-SOSIALE KONSEPTE
BAANBREKERS
DEKONSTRUKSIE
Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing:
Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp
Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandvlytontwerp
Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandvlytontwerp
Omgewingsontwerp
Daar word van kandidate verwag om navorsing te doen oor die Design Indaba om die tipe
ontwerpprodukte wat voorheen uitgestal is, beter te verstaan. Die ontwerpoplossing moet
onbekende estetiese instellings/persepsies insluit en/of ondersoek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 8 DBE/November 2019
NSS
Die visuele beelde hieronder is voorbeelde van ongehoorsame estetika in verskillende
ontwerpkategorieë. MOENIE die voorbeelde wat verskaf word, kopieer NIE.
VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 9 DBE/November 2019
NSS
PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 10 DBE/November 2019
NSS
OMGEWINGSONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 11 DBE/November 2019
NSS
VEREISTES
AFDELING A
ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50]
1. Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/
werkboek getoon word.
2. Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels.
3. Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word,
moet getoon word.
4. Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word
(dit wil sê in boekvorm).
5. Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik kan omblaai.
6. Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit
maklik na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word, vervoer kan word.
7. Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word.
LET WEL:
Aangesien ONDERWERP 1 (voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as
ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat
word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word.
Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie (slegs
ONDERWERP 1) betrokke wees.
Jy mag tuis werk.
KRITERIA VIR DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP 1)
Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne)
Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering (10)
Bewyse van navorsing, eksperimentering en besinning (10)
Bewyse van gedetailleerde beplanning (10)
Bewyse van ontwikkeling en besinning/nadenke (10)
Aanbieding wat met die finale konsep verband hou (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 12 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B
ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50]
Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as
A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk NIE TEN OPSIGTE VAN
GROOTTE BEPERK NIE.
Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n
sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word, en jy dus aan moontlike probleme
tydens vervoer moet dink.
LET WEL:
Jou onderwyser mag jou glad NIE gedurende die finale vervaardiging van die
ontwerp help NIE.
ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en aangestelde toesighouer by
jou skool gedoen word.
Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie jou oorspronklike werk
is nie, sal streng gepenaliseer word.
'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer/
onderwyser voltooi word.
Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, byvoorbeeld oor drie
agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede.
KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2)
Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings
wat op die opdrag van toepassing is (10)
Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en
beginsels (10)
Tegniek/Vakmanskap/Metode (10)
Die ontwerpoplossing met bewyse van 'n maksimum van 24 uur se werk onder
gekontroleerde omstandighede (10)
Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing (10)
[50]
TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50) 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 13 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER
PRAKTIESE EKSAMEN: ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2
(50 PUNTE) – TAAK 7
1. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. Die vraestel bestaan uit
TWEE dele: ONDERWERP 1 (die eksamenbronboek/-werkboek) en
ONDERWERP 2 (die finale praktiese eksamenproduk).
2. Hierdie praktiese vraestel moet op Maandag 15 Julie 2019 aan die kandidate
gegee word. Vrydag 18 Oktober 2019 sal die finale inleweringsdatum wees.
3. ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigswaarde as
ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan
bestee word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word.
4. Kandidate moet dus genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1
(voorbereiding/ontwerpproses) te doen. Die onderwyser mag slegs by hierdie
voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees en nie by ONDERWERP 2
nie. As gevolg van die voorbereidende aard van ONDERWERP 1 word
kandidate toegelaat om by die huis te werk.
5. Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt
gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1-
en ONDERWERP 2-eksamenwerk moet na voltooiing van die
ONDERWERP 2-eksamen onmiddellik by die onderwyser/toesighouer ingedien
word.
6. Die onderwyser mag glad NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale
vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE.
7. Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se
oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
8. ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen
word, byvoorbeeld in drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde
omstandighede.
9. ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig van
die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2-werk mag NIE tuis
gedoen word NIE.
10. ONDERWERP 2-werk mag onder GEEN omstandighede uit die eksamenlokaal
verwyder word NIE.
11. Elke provinsie sal die nasienproses vir ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek)
en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing,
deur die provinsies van die datum, tyd en plek vir die inlewering van werk by
die eksamensentrums in kennis gestel word.
12. Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in
albumformaat aangebied te word.
13. Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem
wees.
14. ADDENDUM A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die
toepaslike ruimte verskyn. Heg ADDENDUM A stewig aan die finale-
eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 14 DBE/November 2019
NSS
ASSESSERINGSRIGLYNE
GEWIGS-
UITKOMSTE
VEREISTES PUNTE
TOEKENNING %
Uitdrukking van bedoeling en beredenering:
Hou 'n dinkskrum of maak 'n ideekaart van idees om die tema van die
opdrag te ondersoek. Ontwikkel 'n konsep. 'n Beredenering moet 10
verskaf word om die oplossing wat gevind is, te regverdig.
Bewyse van navorsing, eksperimentering:
Vors die opdrag na en vind relevante bronmateriaal (visuele
BRONBOEK/WERKBOEK
ONDERWERP 1
verwysings). Gee bewyse van navorsing deur klein duimnaelsketsies
10
van idees te teken. Ontwerp 'n paar verskillende oplossings wat die
opdrag ondersoek. Bewyse van eksperimentering, bv. 'n
stemmingsbord moet duidelik wees.
Gedetailleerde beplanning:
Beplanningsketse moet 'n verskeidenheid oplossings vir die opdrag
ONTWERPPROSES
10 50
(verskillende tegnieke en materiaal) eksploreer. Ontwikkeling van
tekenvaardighede moet sigbaar wees.
Bewyse van ontwikkeling en besinning:
Toon van die finale ontwerpoplossing in die vorm van 'n
gedetailleerde, benoemde tekening/collage/maket/prototipe, ens. 10
Ondersoek van verskillende materiaal en tegnieke moet
aangemoedig word. Besinning van proses moet duidelik wees.
Aanbieding:
Gee sorgvuldig aandag aan die aanbieding van die bronboek. Hierdie 10
proses moet kreatief aangebied word.
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die
konsep en oplossings wat met die opdrag verband hou:
10
Is die werk uniek, oorspronklik en relevant tot die opdrag? Los die
produk die probleem op?
ONDERWERP 2
Bewyse van ontwerpbetrokkenheid:
DIE FINALE PRODUK
die gepaste gebruik van ontwerpelemente en beginsels:
10
Algemene indruk. Hoe is die elemente en beginsels gebruik om 'n
unieke ontwerpoplossing te skep?
Tegniek/Vakmanskap/Metode:
Hoe tegnies vaardig is die finale produk? Hoe toereikend en 10 50
professioneel is die vakmanskap?
ONTWERPPRODUKSIE
Bewyse van 24 uur se werk:
Bewyse van en die gebruik van beskikbare tyd om die produk te
10
voltooi. Wys die ontwerpoplossing geldige betrokkenheid by die maak
van die ontwerpproduk?
Professionele aanbieding en funksionaliteit van die
ontwerpoplossing:
10
Vervul die produk sy funksie? Is die produk professioneel en netjies
aangebied? Werk die produk in verhouding met die opdrag?
100
LET WEL: Onderwysers en nasieners moet na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne en die
PAT-Riglyne vir gedetailleerde assesseringskriteria verwys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 DBE/November 2019
NSS
BYLAE A
Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale
eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) geheg word.
NOVEMBER 2019 WERKBOEK/BRONBOEK
1. Naam van vak ONTWERP
2. Vakkode DSGN
VERKLARING VAN EGTHEID
Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat
alle werk ingelewer die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is.
Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kring
Handtekening en datum Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser
NOVEMBER 2019 FINALE PRODUK
1. Naam van vak ONTWERP
2. Vakkode DSGN
VERKLARING VAN EGTHEID
Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat
alle werk ingelewer die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is.
Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kring
Handtekening en datum Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Design Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Eng)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1824f556-8e5a-4311-a91a-40026085eb29/v1-fe44b365f35bbfe4ef99/card.webp)
Question paper
Design Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--abeb5ebe-1a84-4898-8910-bf3b2c2122be/v1-93fe6927958b36b2bf98/card.webp)
Question paper
Design Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)
Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper