Skip to content

Design Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

Question paperDesignGrade 12201915 pages

Grade 12 Design Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Gauteng Mock Exam 2019

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V2 (PRAKTIES) 15 JULIE–18 OKTOBER 2019 PUNTE: 100 TYD: ONDERWERP 1: Praktiese proses/voorbereiding gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of tuis [50] ONDERWERP 2: Finale Praktiese produk gedoen onder gekontroleerde omstandighede SLEGS by die skool: 'n maksimum van 24 uur gedurende die 4de kwartaal [50] Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 1 bylae. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: ONDERWERP 1: Die eksamenbronboek/-werkboek (50 punte) ONDERWERP 2: Die finale praktiese eksamenproduk (50 punte) TOTAAL: 100 punte 2. Die vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN van die twee opsies. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 3 DBE/November 2019 NSS OPDRAG/TEMA 1: INDUSTRIËLE REWOLUSIE 4.0 DIE OPDRAG: Industriële rewolusies het deur die geskiedenis heen óf die lewe verbeter óf meer probleme vir die mensdom geskep. Ons ervaar tans die uitwerking van die Vierde Industriële Rewolusie. Industriële Rewolusie 4.0 bestaan uit die saamvoeg van gevorderde navorsing in biologie, tegnologie en industriële outomatisasie om sodoende ons huidige manier van lewe te verbeter. Soos ander vorige industriële rewolusies skep die Vierde Industriële Rewolusie ook probleme wat mense se lewens beïnvloed. Hieronder is 'n lys met 'n paar van die probleme wat met die Vierde Industriële Rewolusie geassosieer word:  Werksverlies waar tradisionele vakmanskap deur robotika en kunsmatige intelligensie vervang word  Obsessie met sosiale media wat lei tot vetsug weens onaktiwiteit  Verlies aan privaatheid  Afbreek van inheemse kennisstelsels weens globalisasie  Die verlies aan sosiale kontak wat tot siektes, soos depressie, lei Een voorbeeld van 'n ontwerpoplossing wat met die lys hierbo verband hou:  Veranderinge in privaatheid: Die verlies aan privaatheid kan tot kuberafknouery lei. Een ontwerpoplossing kan daartoe lei dat ontwerpers 'n advertensieveldtog skep wat kuberafknouery ontmoedig. Die grafiese illustrasie hieronder toon die vooruitgang van industriële rewolusies in die geskiedenis van die moderne mens. 1ste 2de 3de 4de Meganisasie, stoom Massaproduksie, Rekenaar en Kuberfisiese stelsels, en waterkrag monteerbane, outomatisasie netwerke en kunsmatige elektrisiteit intelligensie (KI) Skep 'n ontwerpoplossing wat EEN probleem wat met die Vierde Industriële Rewolusie geassosieer word, ondersoek. Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing:  Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp  Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandvlytontwerp  Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandvlytontwerp  Omgewingsontwerp Daar word van die kandidate verwag om navorsing te doen om die impak van al vier Industriële Rewolusies op die ontwerpwêreld te verstaan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 4 DBE/November 2019 NSS Hieronder verskyn nog voorbeelde. MOENIE die voorbeelde wat verskaf word, kopieer NIE. VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 5 DBE/November 2019 NSS OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDVLYTONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 6 DBE/November 2019 NSS PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDVLYTONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 7 DBE/November 2019 NSS OPDRAG/TEMA 2: ONGEHOORSAME ESTETIKA DIE OPDRAG: Die Design Indaba, wat jaarliks in Kaapstad gehou word, stel die beste kontemporêre ontwerpoplossings wat in Suid-Afrika gemaak is, bekend. Die tema vir 2020 is Ongehoorsame Estetika. Jy is gekies om 'n innoverende, funksionele ontwerpoplossing, gebaseer op Ongehoorsame Estetika, uit te stal. Definisie van Ongehoorsame Estetika Estetika is gemoeid met die waardering van skoonheid. Ongehoorsame estetika gaan teen die konvensionele norm van lyn, simmetrie, komposisie, vorm en balans in. Estetiese ongehoorsaamheid is dieselfde as burgelike ongehoorsaamheid wat die kreatiewe oortreding van reëls en vryheid van beperkings ondersteun. Weggooimateriaal, wat as lelik beskou word, kry op unieke wyses kreatiewe uitdrukking omdat dit ontwerpoplossings insluit. OORTREDER Dubbelsinnig POSTMODERNE ANTI-ONTWERP Verontagsaam ALTERNATIEF REWOLUSIONÊR INNOVEREND INKLUSIEF ANTI-SOSIALE KONSEPTE BAANBREKERS DEKONSTRUKSIE Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing:  Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp  Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandvlytontwerp  Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandvlytontwerp  Omgewingsontwerp Daar word van kandidate verwag om navorsing te doen oor die Design Indaba om die tipe ontwerpprodukte wat voorheen uitgestal is, beter te verstaan. Die ontwerpoplossing moet onbekende estetiese instellings/persepsies insluit en/of ondersoek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 8 DBE/November 2019 NSS Die visuele beelde hieronder is voorbeelde van ongehoorsame estetika in verskillende ontwerpkategorieë. MOENIE die voorbeelde wat verskaf word, kopieer NIE. VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 9 DBE/November 2019 NSS PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDVLYTONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 10 DBE/November 2019 NSS OMGEWINGSONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 11 DBE/November 2019 NSS VEREISTES AFDELING A ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50] 1. Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/ werkboek getoon word. 2. Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels. 3. Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word, moet getoon word. 4. Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word (dit wil sê in boekvorm). 5. Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik kan omblaai. 6. Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit maklik na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word, vervoer kan word. 7. Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word. LET WEL:  Aangesien ONDERWERP 1 (voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word.  Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie (slegs ONDERWERP 1) betrokke wees.  Jy mag tuis werk. KRITERIA VIR DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP 1) Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne)  Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering (10)  Bewyse van navorsing, eksperimentering en besinning (10)  Bewyse van gedetailleerde beplanning (10)  Bewyse van ontwikkeling en besinning/nadenke (10)  Aanbieding wat met die finale konsep verband hou (10)  [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 12 DBE/November 2019 NSS AFDELING B ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50] Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk NIE TEN OPSIGTE VAN GROOTTE BEPERK NIE. Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word, en jy dus aan moontlike probleme tydens vervoer moet dink. LET WEL:  Jou onderwyser mag jou glad NIE gedurende die finale vervaardiging van die ontwerp help NIE.  ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en aangestelde toesighouer by jou skool gedoen word.  Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie jou oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.  'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer/ onderwyser voltooi word.  Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, byvoorbeeld oor drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede. KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2) Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):  Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings wat op die opdrag van toepassing is (10)  Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en beginsels (10)  Tegniek/Vakmanskap/Metode (10)  Die ontwerpoplossing met bewyse van 'n maksimum van 24 uur se werk onder gekontroleerde omstandighede (10)  Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing (10) [50] TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50) 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 13 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER PRAKTIESE EKSAMEN: ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2 (50 PUNTE) – TAAK 7 1. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. Die vraestel bestaan uit TWEE dele: ONDERWERP 1 (die eksamenbronboek/-werkboek) en ONDERWERP 2 (die finale praktiese eksamenproduk). 2. Hierdie praktiese vraestel moet op Maandag 15 Julie 2019 aan die kandidate gegee word. Vrydag 18 Oktober 2019 sal die finale inleweringsdatum wees. 3. ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigswaarde as ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan bestee word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word. 4. Kandidate moet dus genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1 (voorbereiding/ontwerpproses) te doen. Die onderwyser mag slegs by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees en nie by ONDERWERP 2 nie. As gevolg van die voorbereidende aard van ONDERWERP 1 word kandidate toegelaat om by die huis te werk. 5. Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1- en ONDERWERP 2-eksamenwerk moet na voltooiing van die ONDERWERP 2-eksamen onmiddellik by die onderwyser/toesighouer ingedien word. 6. Die onderwyser mag glad NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE. 7. Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word. 8. ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen word, byvoorbeeld in drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede. 9. ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig van die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2-werk mag NIE tuis gedoen word NIE. 10. ONDERWERP 2-werk mag onder GEEN omstandighede uit die eksamenlokaal verwyder word NIE. 11. Elke provinsie sal die nasienproses vir ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek) en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing, deur die provinsies van die datum, tyd en plek vir die inlewering van werk by die eksamensentrums in kennis gestel word. 12. Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in albumformaat aangebied te word. 13. Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem wees. 14. ADDENDUM A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die toepaslike ruimte verskyn. Heg ADDENDUM A stewig aan die finale- eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 14 DBE/November 2019 NSS ASSESSERINGSRIGLYNE GEWIGS- UITKOMSTE VEREISTES PUNTE TOEKENNING % Uitdrukking van bedoeling en beredenering: Hou 'n dinkskrum of maak 'n ideekaart van idees om die tema van die opdrag te ondersoek. Ontwikkel 'n konsep. 'n Beredenering moet 10 verskaf word om die oplossing wat gevind is, te regverdig. Bewyse van navorsing, eksperimentering: Vors die opdrag na en vind relevante bronmateriaal (visuele BRONBOEK/WERKBOEK ONDERWERP 1 verwysings). Gee bewyse van navorsing deur klein duimnaelsketsies 10 van idees te teken. Ontwerp 'n paar verskillende oplossings wat die opdrag ondersoek. Bewyse van eksperimentering, bv. 'n stemmingsbord moet duidelik wees. Gedetailleerde beplanning: Beplanningsketse moet 'n verskeidenheid oplossings vir die opdrag ONTWERPPROSES 10 50 (verskillende tegnieke en materiaal) eksploreer. Ontwikkeling van tekenvaardighede moet sigbaar wees. Bewyse van ontwikkeling en besinning: Toon van die finale ontwerpoplossing in die vorm van 'n gedetailleerde, benoemde tekening/collage/maket/prototipe, ens. 10 Ondersoek van verskillende materiaal en tegnieke moet aangemoedig word. Besinning van proses moet duidelik wees. Aanbieding: Gee sorgvuldig aandag aan die aanbieding van die bronboek. Hierdie 10 proses moet kreatief aangebied word. Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings wat met die opdrag verband hou: 10 Is die werk uniek, oorspronklik en relevant tot die opdrag? Los die produk die probleem op? ONDERWERP 2 Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: DIE FINALE PRODUK die gepaste gebruik van ontwerpelemente en beginsels: 10 Algemene indruk. Hoe is die elemente en beginsels gebruik om 'n unieke ontwerpoplossing te skep? Tegniek/Vakmanskap/Metode: Hoe tegnies vaardig is die finale produk? Hoe toereikend en 10 50 professioneel is die vakmanskap? ONTWERPPRODUKSIE Bewyse van 24 uur se werk: Bewyse van en die gebruik van beskikbare tyd om die produk te 10 voltooi. Wys die ontwerpoplossing geldige betrokkenheid by die maak van die ontwerpproduk? Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing: 10 Vervul die produk sy funksie? Is die produk professioneel en netjies aangebied? Werk die produk in verhouding met die opdrag? 100 LET WEL: Onderwysers en nasieners moet na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne en die PAT-Riglyne vir gedetailleerde assesseringskriteria verwys. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 DBE/November 2019 NSS BYLAE A Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) geheg word. NOVEMBER 2019 WERKBOEK/BRONBOEK 1. Naam van vak ONTWERP 2. Vakkode DSGN VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat alle werk ingelewer die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is. Sentrumnommer Eksamennommer Distrik/Kring Handtekening en datum Skoolstempel Kandidaat Skoolhoof Hooftoesighouer/Onderwyser NOVEMBER 2019 FINALE PRODUK 1. Naam van vak ONTWERP 2. Vakkode DSGN VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat alle werk ingelewer die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is. Sentrumnommer Eksamennommer Distrik/Kring Handtekening en datum Skoolstempel Kandidaat Skoolhoof Hooftoesighouer/Onderwyser Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all