Skip to content

Design Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Question paperDesignGrade 12202415 pages

Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN ONTWERP V1 (TEORIE) MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is DRIE keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAAG 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm beantwoord NIE. 6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet bestee. 7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: 4 Ase ('4 Aces') deur Fabricnation (Suid-Afrika), circa 2020. 1.1.1 Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsel in FIGUUR A hierbo:  Lyn  Fatsoen  Toon  Balans (4 x 2) (8) 1.1.2 Verduidelik hoe die oppervlakontwerp in FIGUUR A hierbo 'n Suid-Afrikaanse identiteit weerspieël. (2) [10] 2024 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.2 FIGUUR B: Metamorfose-haarstylontwerp ('Metamorphosis Hairstyle Design') deur Meleesa Luna, wenner van die Noord-Amerikaanse haarstileringtoekennings, 2011. 1.2.1 Analiseer die volgende terme met betrekking tot die gebruik daarvan in die haarstylontwerp wat in FIGUUR B hierbo getoon word:  Lyn  Tekstuur  Funksionaliteit  Beweging (4 x 2) (8) 1.2.2 Verduidelik die term avant-garde met betrekking tot die haarstylontwerp in FIGUUR B hierbo. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP 2.1 Geïmmuniseerde babas is STERKER babas. FIGUUR C: Sterker Babas ('Stronger Babies')-plakkaatveldtog deur Knox County Gesondheidsdepartement (VSA), 2021. 2.1.1 Bespreek hoe die gebruik van tipografie en beeld die boodskap van die plakkaat in FIGUUR C hierbo ondersteun. (2) 2.1.2 Verduidelik hoe vooroordeel in FIGUUR C hierbo duidelik is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.2 FIGUUR D: Tradisionele sandale (Izimbadada) deur zulu.fire (Suid-Afrika), 2021. FIGUUR E: Plakkies ('Flip-flop sandals') deur Tropical Life (VSA), 2021. Skryf 'n paragraaf waarin jy die sandale in FIGUUR D met die sandale in FIGUUR E vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking:  Materiale  Inspirasie/Invloede  Oppervlakversiering (3 x 2) (6) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: ARGITEKTUUR Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3. 3.1 FIGUUR F: Romeinse Tempel van Die cella van die tempel met Bacchus in opdrag van die Romeinse Korintiese kolomme aan weerskante Keiser Antonius Pius (Libanon), VHJ 150–250. FIGUUR G: Tradisionele Kassena- Tradisionele Kassena-woning dorpie in Burkina Faso (Ghana). Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke gebou in FIGUUR F met die Inheemse Kennisstelsels(IKS)-gebou/-struktuur in FIGUUR G vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking:  Funksie  Invloede/Inspirasie  Vorm  Materiale  Versiering (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking:  Funksie  Invloede/Inspirasie  Vorm  Materiale  Versiering (5 x 2) [10] OF 3.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)- gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking:  Funksie  Invloede/Inspirasie  Vorm  Materiale  Versiering (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 Bestudeer die visuele beelde (prentjies) hieronder en beantwoord die vraag op die volgende bladsy. Kuns en Kunsvlyt Art Nouveau De Stijl Pop Modernisme Skandinawies Postmodernisme Dekonstruktivisme Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik Ontwerpprodukte verteenwoordig nie net die kwaliteit nie, maar ook die styl en karakter van die beweging waaraan hulle behoort. Kies TWEE van die bewegings wat deur die visuele beelde (prentjies) op die vorige bladsy voorgestel word. Skryf TWEE afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy bespreek hoe die ontwerpe van elke beweging die aanhaling hierbo ondersteun. Ondersteun jou antwoord deur na die volgende te verwys:  Die doelwitte en invloede van BEIDE bewegings  Die stilistiese kenmerke van BEIDE bewegings  Noem die ontwerpers uit die TWEE bewegings wat jy gekies het en bespreek hulle ontwerpvoorbeelde om jou stellings te motiveer. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.2 FIGUUR H: Rooi buisvormige-verchroomde-staal-en-leer-rusbank ('Red tubular chromed steel and leather sofa') ontwerp deur Robert Slezak (Bauhaus) (Tsjeggo-Slowakye), 1930's. FIGUUR I: Vaartbelynde rusbank met houtinlegsel ('Streamlined sofa with wood inlay'), ontwerper onbekend (Art Deco) (VSA), 1935. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die TWEE rusbanke hierbo vergelyk en verduidelik hoe hulle tipies is van die ontwerpbewegings wat hulle verteenwoordig. Verwys na die volgende terme om jou antwoord te ondersteun:  Invloede  Vorm  Kleur  Materiale  Die gebruik van die konsep 'Hou dit Eenvoudig ('Keep it Simple') (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 WANNEER WATER 6 KM SE STAP WEG IS, IS DAAR GEEN SKOOL, GEEN DROME, GEEN TOEKOMS NIE FIGUUR J: Borg 'n Kind-plakkaat ('Sponsor a Child poster') deur Steve Ad Agency (Frankryk), 2019. 5.1.1 Verduidelik hoe die uitleg en toon van die plakkaatontwerp in FIGUUR J hierbo tot die impak van die boodskap bydra. (4) 5.1.2 Skryf twee afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ ontwerpgroep bespreek wat sosiokulturele kwessies in hulle werk aanraak. Verwys na die volgende in jou opstel:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerpproduk  Sosiokulturele kwessies wat in hulle doelwitte en/of ontwerp- materiaal en tegnieke aangepak word  'n Ontleding van die ontwerpvoorbeeld/-produk van jou gekose ontwerper/ontwerpgroep en 'n verduideliking van hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessies aanraak Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (16) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 14 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 5.2 5.2.1 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor EEN inheemse tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het. Verwys na die volgende in jou opstel:  Die materiale, metodes en prosesse wat gebruik is om die tradisionele kunshandwerk te skep  Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk  'n Bespreking van EEN voorbeeld, asook die naam van die inheemse kulturele gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk vervaardig het (10) 5.2.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse/Afrika- ontwerper/-ontwerp-groep wie se ontwerpe geïnspireer is deur enige een van die Suid-Afrikaanse/Afrika-kunshandwerktegnieke en/of materiale, of wat dit gebruik. Verwys na die volgende in jou opstel:  Naam van ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporêre ontwerpproduk  Doelwitte van die ontwerper/ontwerpgroep  Invloede op die ontwerper/ontwerpgroep  Analise van hoe die kontemporêre ontwerpproduk 'n aanpassing en voortsetting van die inheemse kunshandwerk- tegnieke is (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V1 15 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 6 6.1 FIGUUR K: KFC- eetbare koffiekoppies deur Robin Collective (Verenigde Koninkryk), 2018. 6.1.1 Bespreek TWEE redes waarom die eetbare verpakking wat in FIGUUR K hierbo getoon word, vir ons omgewing goed kan wees. (2) 6.1.2 Definieer die term aardverwarming met betrekking tot die omgewingsvriendelike ontwerp in FIGUUR K hierbo. (2) 6.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpgroep bespreek wie se werk volhoubare/omgewingskwessies aanraak. Verwys na die volgende in jou opstelle:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe  Doelwitte, materiale en prosesse  'n Bespreking van die ontwerp en 'n verduideliking van hoe dit volhoubare/omgewingskwessies aanpak Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (16) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all