Skip to content

Design Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

Question paperDesignGrade 12202314 pages

Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN ONTWERP V1 (TEORIE) 2023 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAAG 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm beantwoord NIE. 6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet bestee. 7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Black Star-filmfeesplakkaat ontwerp deur Andrea Pippins (VSA), 2016. 1.1.1 Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR A hierbo:  Balans  Kleur  Fatsoen  Beweging (4 x 2) (8) 1.1.2 Definieer die term eklekties kortliks deur na FIGUUR A te verwys om jou antwoord te ondersteun. (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/2023 SS/NSS 1.2 FIGUUR B: Banami-voorvader-opdienkabinet deur Sifiso Shange (Suid-Afrika), 2020. Analiseer die gebruik van die volgende met betrekking tot die opdienkabinet in FIGUUR B hierbo:  Lyn  Kleur  Vorm  Balans  Inspirasie (5 x 2) (10) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP 2.1 'Toemaar, liefling, jy het nie die bier verbrand nie.' FIGUUR C: Schlitz-bieradvertensie, ontwerper onbekend (Amerika), 1950's. Bespreek die gebruik van geslagstereotipering en vooroordeel in die plakkaat in FIGUUR C hierbo. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/2023 SS/NSS 2.2 FIGUUR D: Saffier-bloukristal- FIGUUR E: Die Afrika-houtkam, bruidshaarkam deur Swarovski ontwerper onbekend (Kongo), (Oekraïne), 2009. ongedateer. Skryf 'n paragraaf deur die haarkamme in FIGUUR D en FIGUUR E te vergelyk met verwysing na die volgende:  Funksie  Materiaal  Vorm (3 x 2) (6) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 3: ARGITEKTUUR Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3. 3.1 FIGUUR F: Tempel van Hephaestus deur Ictinus (Griekeland), 450 VHJ. FIGUUR G: Chamber Church deur Büro Ziyu Zhuang (China), 2022. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/2023 SS/NSS Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Antieke Romeinse Tempel in FIGUUR F met die kontemporêre kerk in FIGUUR G vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Funksie  Invloede/Inspirasie  Konstruksie/Tegnologie  Versiering  Uitleg (5 x 2) [10] OF 3.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur, wat jy bestudeer het, vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Funksie  Invloede/Inspirasie  Konstruksie/Tegnologie  Materiaal  Belangrikheid van die terrein/ligging (5 x 2) [10] OF Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke 3.3 gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsel (IKS)-gebou/-struktuur, wat jy bestudeer het, vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Funksie  Invloede/Inspirasie  Konstruksie/Tegnologie  Materiaal  Belangrikheid van die terrein/ligging (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/2023 SS/NSS AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 Betekenisvolle ontwerpe gee ons 'n gevoel van ons tyd en plek. Kies enige TWEE van die ontwerpbewegings/-style uit die lys hieronder en skryf TWEE aparte opstelle (EEN bladsy elk) waarin jy verduidelik hoe ELKE beweging se ontwerpe 'n gevoel van tuishoort by 'n tyd en plek skep. In jou opstelle, verwys na die doelwitte, invloede en eienskappe van ELKE gekose beweging om jou stellings te ondersteun. Sluit ook 'n bespreking in van EEN ontwerper en sy/haar ontwerp wat na die stelling hierbo verwys.  Kuns en Kunsvlyt  Art Deco  De Stijl  Modernisme  Pop  Skandinawies  Postmodernisme  Dekonstruktivisme (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/2023 SS/NSS 4.2 FIGUUR H: Art Nouveau-illustrasie vir Thomas Malory se roman, Le Morte d'Arthur deur Aubrey Beardsley (Engeland), 1893. FIGUUR I: Bauhaus-styl-illustrasie deur Vesa Sammalisto vir Dezeen aanlyn tydskrif (Denemarke), 2018. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die illustrasies in FIGUUR H en FIGUUR I hierbo vergelyk. Verduidelik hoekom hulle tipies is van die ontwerpbewegings wat hulle verteenwoordig. Verwys na die volgende in jou opstel:  Doelstellings  Invloede  Balans  Lyn  Ornamentasie (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/2023 SS/NSS AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 'N ONTWERPER WAT 'N PROTOTIPE VIR INKLUSIWITEIT NAGAAN (TAFEL VERSTEL MET DIE DRUK VAN 'N KNOPPIE) NAGEGAAN VIR WERK NAGEGAAN VIR WERK NAGEGAAN VIR TERWYL STAANDE TERWYL SITTENDE ROLSTOELGEBRUIK FIGUUR J: Inklusiewe Ontwerpprototipe deur V Ryan (VSA), 2017. 5.1.1 Bespreek die term inklusiewe ontwerp deur na FIGUUR J hierbo te verwys. (2) 5.1.2 Bespreek enige TWEE ander voorbeelde van inklusiewe ontwerp waarvan jy bewus is. (2) 5.1.3 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpgroep wat sosiokulturele kwessies in hulle werk aanraak, bespreek. Verwys na die volgende in jou opstel:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerp wat sosiokulturele kwessies aanpak  Doelwitte, materiaal en tegnieke wat in die ontwerp gebruik word  Bespreking van hoe die werk sosiokulturele kwessies aanpak Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (8 x 2) (16) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/2023 SS/NSS 5.2 5.2.1 Bespreek EEN tradisionele inheemse kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het. Verwys na die volgende in jou bespreking (ten minste EEN bladsy):  Naam van EEN tradisionele inheemse kunshandwerk/inheemse kulturele gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk vervaardig het  Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om dié tradisionele kunshandwerk te skep  Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk in die tradisionele konteks daarvan (10) 5.2.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse/Afrika-ontwerper/ -ontwerpgroep wie se ontwerpe geïnspireer word deur die gebruik van enige van die tradisionele Suid-Afrikaanse/Afrika-tegnieke en/of materiaal. Verwys na die volgende in jou opstel:  Naam van ontwerper/groep en EEN ontwerp wat geproduseer is  'n Gedetailleerde beskrywing van hoe die ontwerper/ontwerpgroep tradisionele tegnieke op kontemporêre ontwerpe toepas en aanpas. Verwys na jou gekose ontwerp om jou stellings te ondersteun.  Bespreek die sosiokulturele bydrae van die ontwerp. Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 13 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 6 6.1 FIGUUR K: Ultraluukse toringgebou-hotel in Singapoer met organiese, kroonblaarvormige balkonne deur Heatherwick Studio (Londen), 2021. Binne- en buiteaansigte Die interieur en eksterieur van die gebou se ontwerp in FIGUUR K werk na 'n 'groener visie' vir die toekoms wat tot voordeel van die mensdom is. Verwys na die ontwerp in FIGUUR K en verduidelik die stelling hierbo. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 14 DBE/2023 SS/NSS 6.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpgroep wie se ontwerpe die koolstofvoetspoor deur die gebruik van volhoubare/omgewingsgesinde ontwerppraktyke verminder. Verwys na die volgende in jou opstelle:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van sy/haar ontwerpe  Materiaal en tegnieke  Funksie  'n Analise van die ontwerp en verduidelik hoe dit die koolstofvoetspoor verminder om 'n 'groener visie' te bereik Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (16) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all