Skip to content

Design Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

Question paperDesignGrade 12202213 pages

Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN ONTWERP V1 (TEORIE) 2022 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/2022 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAAG 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm beantwoord NIE. 6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet bestee. 7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/2022 SS/NSS AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Portrette en Kleur-muurpapierontwerp deur Temi Coker (VSA), 2019. Bespreek die muurpapierontwerp in FIGUUR A hierbo deur na die volgende elemente en beginsels te verwys:  Fatsoen  Kleur  Fokuspunt  Patroon  Eenheid (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/2022 SS/NSS 1.2 FIGUUR B: Dancing Egrets (Dansende Bloureiers) (watervoël) deur Cecilia Robinson (Suid-Afrika), c. 2012. Analiseer die gebruik van die volgende terme met betrekking tot FIGUUR B hierbo:  Vorm  Tekstuur  Lyn  Balans  Funksie (5 x 2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP 2.1 FIGUUR C: Plakkaat vir Voeding en Hongerte, Wȇreldgesondheidsorganisasie, ontwerper onbekend, 2020. 2.1.1 Identifiseer EEN simbool wat in die ontwerp in FIGUUR C hierbo gebruik is en bespreek die moontlike betekenis daarvan. (2) 2.1.2 Identifiseer en verduidelik EEN stereotipe wat in FIGUUR C hierbo gebruik is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/2022 SS/NSS 2.2 FIGUUR D: BaBa-lettertipe deur Garth Walker (Suid-Afrika), 2002. FIGUUR E: Gotiese-manuskrip-lettertipe Vergelyk die lettertipe in FIGUUR D met die lettertipe in FIGUUR E. Verwys na die volgende in jou vergelyking:  Lyn  Fatsoen  Invloed (2 x 3) (6) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 3: ARGITEKTUUR Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. ÓF VRAAG 3.3. Verwys na FIGUUR F en FIGUUR G hieronder en beantwoord EEN van die vrae wat volg. 3.1 FIGUUR F: Die Romeinse Pantheon, Detail van die interieur van die Romeinse in opdrag van Keiser Hadrian Pantheon. Die koepelplafon bestaan uit (Rome, Italië), 113125 AE. gekassetteerde ('coffered') betonpatrone. FIGUUR G: Zeitz MOCAA (Museum van Atrium van die Zeitz MOCAA Kontemporȇre Afrika-kuns), 'n historiese Die oorspronklike binnestruktuur van graansilo wat as iets heeltemal anders ingespan 56 styfgepakte, silindervormige beton- is deur Thomas Heatherwick Studios graansilo's is uitgekerf om die (Kaapstad), 2017. atrium te skep. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die binnenshuise en eksterne struktuur van die kontemporêre Suid-Afrikaanse Zeitz MOCAA-gebou in FIGUUR G met die binnenshuise en eksterne struktuur van die Klassieke gebou, die Pantheon, in FIGUUR F, vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Belangrikheid van die ligging  Hoe die geboue/strukture hulle funksie weerspieël  Inspirasie  Materiaal  Konstruksie/Tegnologie (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/2022 SS/NSS 3.2 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Belangrikheid van die ligging  Hoe die geboue/strukture hulle funksie weerspieël  Inspirasie  Materiaal  Konstruksie/Tegnologie (5 x 2) [10] OF 3.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsel-gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Belangrikheid van die ligging  Hoe die geboue/strukture hulle funksie weerspieël  Inspirasie  Materiaal  Konstruksie/Tegnologie (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/2022 SS/NSS AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 'Ontwerp is om mense gelukkig te maak; hetsy dit funksioneel, esteties of emosioneel is.'  Robin Siegerman Kies TWEE bewegings uit die lys hieronder wat die aanhaling hierbo weerspieël:  Kuns en Kunsvlyt  De Stijl  Bauhaus  Art Deco  Modernisme  Skandinawies  Postmodernisme  Dekonstruktivisme Skryf 'n opstel (ten minste TWEE bladsye) waarin jy bespreek hoe ELK van die bewegings die aanhaling hierbo weerspieël. Verwys na die volgende in jou opstel:  Die doelstellings en invloede van BEIDE bewegings  Die stilistiese eienskappe van BEIDE bewegings  Noem en bespreek die werk van EEN ontwerper van BEIDE bewegings om jou stellings te ondersteun (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/2022 SS/NSS 4.2 FIGUUR H: Art Nouveau-interieur van Fouguet se juwelierswarewinkel, ontwerp deur Alphonse Mucha (Parys), 1900's. FIGUUR I: Popstyl-interieur, ontwerper onbekend (VSA), datum onbekend. Skryf 'n opstel (EEN bladsy) waarin jy die TWEE interieurontwerpe hierbo vergelyk en verduidelik hoekom hulle tipies is van die ontwerpbewegings wat hulle verteenwoordig. Verwys na die volgende in jou opstel:  Invloede  Kleur  Vorm  Materiaal  Die gebruik van die konsep 'Minder is Meer' (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/2022 SS/NSS AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 FIGUUR J: Plex'eat Hoods vir post-Covid-19-uiteet in restaurante deur Christopher Gernigon (Frankryk), 2020. 5.1.1 Bespreek die praktiese en estetiese voordele en/of nadele van die voorgestelde restaurant-sitplekuitleg (FIGUUR J) met betrekking tot die Covid-19-pandemie. (6) 5.1.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep bespreek wat aan sosiokulturele kwessies in hulle werk aandag gee. Verwys na die volgende in jou opstel:  Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerpproduk  Sosiokulturele kwessies wat in die doelstellings en/of ontwerpprosesse aangepak word  Bespreek hoe die ontwerper/ontwerpgroep deur middel van hierdie ontwerpproduk sosiokulturele kwessies aanpak Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (14) OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/2022 SS/NSS 5.2 FIGUUR K: Zoeloe-mandjie-weefwerk, Hlabisa, KZN, datum onbekend. 5.2.1 Bespreek die waarde daarvan om tradisionele kunsvlyte in die hedendaagse samelewing te beoefen/toe te pas. Verwys na FIGUUR K om jou antwoord te ondersteun. (2) 5.2.2 Bespreek EEN inheemse tradisionele kunsvlyt wat jy hierdie jaar bestudeer het. Verwys na die volgende in jou bespreking (ten minste EEN bladsy):  Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om die tradisionele kunsvlyt mee te skep  Die sosiale waarde en funksie van die kunsvlyt in sy tradisionele konteks  'n Kort bespreking van EEN voorbeeld, asook die naam van die inheemse kulturele gemeenskap wat die tradisionele kunsvlyt geproduseer het (8) 5.2.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse/Afrika-ontwerper/ontwerpgroep bespreek wat inheemse kunsvlyttegnieke aangepas het om 'n ontwerp vir die hedendaagse samelewing te skep. Verwys na die volgende in jou opstel:  Naam van die ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporȇre ontwerpproduk  Doelstellings van die ontwerper/ontwerpgroep  Invloede op die ontwerper/ontwerpgroep  Analiseer hoe die kontemporȇre ontwerpproduk 'n aanpassing en voortsetting van inheemse kunsvlyttegnieke is (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 13 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 6 6.1 FIGUUR L: Nike Space Hippie 4 footwear deur Noah Murphy-Reinhertz (VSA), 2020. Space Hippie-tekkies word van 85–90% herwinde inhoud gemaak. Hierdie ekovriendelike tekkies word geheel en al van afvalmateriaal van die fabrieksvloer, insluitende plastiekbottels, T-hemde en post-industriële oorskietmateriaal gemaak. 'Move to Zero' is Nike se reis na zero koolstof en zero rommel om die toekoms van sport te help beskerm. 6.1.1 Verduidelik Nike se doelstellings deur na die stelling in FIGUUR L hierbo te verwys. (4) 6.1.2 Bespreek TWEE redes waarom plastiek vir ons omgewing skadelik is. (2) 6.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van EEN kontemporȇre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN kontemporȇre internasionale ontwerper/ontwerpgroep, wie se werk volhoubaarheid-/omgewingskwessies ondersoek, bespreek. Verwys na die volgende in jou opstelle:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe  Doelstellings en/of invloede  Analiseer die ontwerp deur te verduidelik hoe dit volhoubaarheid-/ omgewingskwessies aanpak Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE. (14) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all