Skip to content

Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)

MemorandumDesignGrade 12202322 pages

Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN ONTWERP (TEORIE) 2023 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte] BEANTWOORD OF VRAAG 1.1 OF VRAAG 1.2. 1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek vir 'n totaal van 8 punte.) 1.1.1 Die plakkaat ontwerp is simmetries gebalanseer. Wanneer die plakkaat in die middel verdeel is reflekteer meeste van die fatsoene, versierings en kleure aan beide kante van die ontwerp. Alternatiewelik, kan die plakkaat as redelik asimmetries gesien word omdat 'n ekstra juweliersware ketting op die regterkant, onder die vrou se neus, bygevoeg is. Die fatsoene in die boonste linker en middelkant van die plakkaat is ook effens groter as dié aan die regterkant.  Die plakkaat maak dwarsdeur gebruik van 'n reeks koel kleure en sluit turkoois, poeierblou, dofgroen, wit en sterk swart cloisonnistiese lyne rondom al die fatsoene en versierings in.  Die polichromatiese kleure is in 'n plat, grafiesestyl aangewend wat tot die dekoratiewe kwaliteit van die ontwerp bydra. 'n Verskeidenheid van gestileerde of vereenvoudigde fatsoene is gebruik. Die fatsoene is dekoratief, ornamenteel en ryklik versierd. Van die fatsoene is geometries en ander is organies. 'n Verskeidenheid van dekoratiewe fatsoene is gebruik om die gesig en liggaam van die vrou te skep. Die agtergrond is volgeprop met fatsoene wat 'n besige effek skep. Rondom die portret is 'n ligkrans gekurfde fatsoen geskep om fokus op die portret en titel van die plakkaat te plaas. Beweging is geskep deur die herhaling van kleure, dekoratiewe fatsoene en rigtingaanduidendelyne. Patrone is op 'n slim manier gebruik om die fokuspunt op die portret te vestig. In die boonste linker en regterkant van die plakkaat, lei geometriese, diamantagtige fatsoene jou aandag na die ligkransboog fatsoen en titel van die plakkaat. 'n Sigsagpatroon vorm 'n 'rand' en skep beweging rondom die portret. 'n Dowwe groen kleur is gebruik om die beweging 'te raam' en te stop en jou aandag terug na die fokusportret en titel te trek. 1.1.2 (Ken 2 punte toe.) Die term eklekties behels die leen van 'n verskeidenheid van bronne en dié te kombineer om innoverende ontwerpe te skep. Die patrone op die gesig herinner mens aan die patrone wat in tradisionele Afrika-gesigverf en Afrika- maskerhoutsnywerk gebruik is. Die plakkaat kon ook beïnvloed wees deur Oosterse juweliersware versiering soos gesien in die juweliersware ketting op haar neus.  Oosterse dekoratiewe hennapatrone kan ook 'n verwysing wees. 'n Verdere eklektiese verwysing kan ook Art Deco wees omdat die gestileerde diamant en sigsagfatsoene 'n mens aan Art Deco se patrone wat geïnspireer is deur Afrika of Asteek samelewings, herinner. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne V1.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (10) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.1.1 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1.1.1 1 Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 1.1.1 + 3+1 Organiseer 1.1.2 Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 1.1.1 1 Evalueer, Reflekteer 30% 1.1.1 1 Sintetiseer, Regverdig 1.1.2 1 OF 1.2 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek vir 'n totaal van 10 punte toe.) Die buitelyne rondom die opdienkabinet is eenvoudig en skoon wat dit 'n kontemporêre, masjienagtige gevoel gee. Die effens gekurfde hoeke versag die ontwerp. Die reguit hoekige lyne van die dekoratiewe patrone weerspieël die hoekige lyne van die pote en horingagtige kenmerke in die middel, om eenheid te skep. Die herhaling van hoekige lyne in die patroon stel beweging voor, wat tot die dinamiese kwaliteit van die opdienkabinet bydra. Die opdienkabinet self is amper heeltemal swart, 'n neutrale kleur, wat dit 'n kragtige en sterk impak gee. Die opdienkabinet word meer opvallend as gevolg van die gebruik van sterk, kontrasterende goue liniêre patrone. Die gesamentlike gebruik van goud en swart suggereer rykdom en luuksheid. Die vorm van die opdienkabinet is solied en blokagtig wat dit gewig en stabiliteit gee. Die dun, hoekige pote lig die opdienkabinet van die vloer af wat dit 'n elegante gevoel verleen. Die opdienkabinet is simmetries gebalanseer omdat die linkerkant 'n presiese weerspieëlende beeld van die regterkant is.  Hierdie simmetriese balans dra tot die gevoel van orde en beheer by en trek ook die oog na die middel toe. Die bonkigheid van die opdienkabinet is deur die raamwerk van 'n koei geïnspireer, 'n heilige dier in Afrika mitologie. Die horingagtige kenmerk wat bo die middelste gedeelte van die opdienkabinet uitstaan, is ook deur die koei geïnspireer wat die ontwerp met Afrikakultuur en tradisies verbind. Die goud-geel chevrons, diamante en driehoeke herinner aan die graverings wat op die Ukhamba potte gemaak is (tradisionele kleipotte wat gebruik is om bier uit te drink). Die eenvoudige, skoon lyne van die opdienkabinet verwys ook na die invloed van 1970s se Skandinawiese ontwerp. Die skoon chevron patrone herinner mens aan Art Deco versierings. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne V1.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (10) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.2 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1 Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 1.2 4 Organiseer Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2 Evalueer, Reflekteer 30% 1.2 1 Sintetiseer, Regverdig KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP VRAAG 2 [10 punte] 2.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 4 punte toe.) Die stereotiepe is dat vrouens aan hul mans onderdanig is. Die beeld is 'n vrou wat 'n voorskoot dra en 'n rokende pan in haar hand vashou wat vrouens stereotipeer as nie in staat om effektief te werk nie. Dit stel voor dat vrouens ongefokus is en dat hul kos brand terwyl hul vir hul mans kook. Die sakdoek stel voor dat die vrou huil en dat vrouens emosioneel is en oor eenvoudige dinge soos om kos te verbrand, sal huil.  Vooroordeel is duidelik in die advertensie met die man wat uitgebeeld word as die vergewingsgesinde en vertroostende man wat sê 'darem het jy nie die bier gebrand nie'. Hierdie plakkaat was in die 1950s gemaak, wanneer dit van vrouens verwag was om huisvrouens te wees en die mans die broodwinners. Die man dra 'n besigheids-styl pak wat die stereotiepe uitbeeld dat ʼn man die voorsiener of die geleerde professionele in die huishouding is. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. 2.2 ('n Maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek vir 'n totaal van 6 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Funksie Die haarkamme is vir verskillende haarteksture geskep. FIGUUR D dien 'n dekoratiewe funksie wat gereeld gebruik is om haarstyle te versier en dit in styl te hou, in vergelyking met FIGUUR E wat gereeld verwys word na 'n Afropluk en gebruik word om afrohare te kam en of te styl. Materiaal FIGUUR D is van mensgemaakte plastiek materiaal gemaak en met wit en blou diamante versier  wat dit 'n blink, glansende 'glitzy' gevoel gee, terwyl FIGUUR E meer aards is omdat dit van hout gemaak is wat 'n natuurlike bioafbreekbare materiaal is. Vorm Die vorm van die dekoratiewe gedeelte van FIGUUR D is kromlynig, organies en vol beweging. Dit is ook ingewikkeld, delikaat en kompleks  in vergelyking met die vorm van FIGUUR E wat solied, eenvoudig en stabiel, maar ook kromlynig in voorkoms is. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte mag toegeken word vir 'n tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 4 punte mag toegeken word waar kandidate twee aparte vergelykings aanbied. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning. V2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (10) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 2.1 1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 2.2 2 Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 2.1 2 Organiseer 2.2 2 Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2.1 1 Evalueer, Reflekteer 30% Sintetiseer, Regverdig 2.2 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 [10 punte] (Ken 10 punte toe.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe vir 'n totaal van 10 punte.) 3.1 'n Vergelyking van die Tempel van Hephaestus met die kontemporêre Chamber Church Die funksie van die Romeinse tempel was om die kultusbeelde te huisves, nie die aanbidders nie. Beelde van Hephaestus, die mitologiese god van vuur en die beskermheergodin van Athene Athena, was gehuisves in die middel van die struktuur in die cella. In vergelyking, is die Chamber Church gebou om die gemeente te akkommodeer om 'n godsdienstige ervaring en 'n materialistiese gevoel te skep deur die aanbidders se ervaring van die ruimte. Die grotagtige ruimte gee aan die aanbidders die gevoel van vrede en skuiling. Dit verskaf ook 'n raamwerk vir die ritueel en heiligheid wat benodig word, daardeur veroorsaak dit 'n konneksie tussen die werklikheid en die spirituele dimensies. Die Tempel van Hephaestus, ontwerp deur Ictinus, is 'n goedversorgde Griekse tempel geïnspireer deur die Griekse mitologiese god van vuur, metaalwerk en vakmanskap. Die Griekse tempel is in 'n area gebou waar baie keramiekwerkswinkels en metaalwerkswinkels gevind is, dus word die rede waarom die Tempel aan dié god opgedra is, gemotiveer. Die Chamber Church in China, ontwerp deur Büro Ziyu Zhuang, is geïnspireer deur die behoefte om 'n moderne weergawe van 'n kerk te skep. Vertikale ribbes is gebruik om 'n suiwer vorm te skep wat die argetipe van 'n kerk, oproep. Die interieurontwerp van die Chamber Church is uit ʼn grot ontwikkel en die eksterieur is geïnspireer deur sy voorgangers m.a.w. Romeinse basilikas en Christelike kerke. Die grotagtige interieur vorm van die Chamber Church is geïnspireer deur die eerste grotte wat deur primitiewe mense vir beskerming teen die ongenaakbare elemente en gevaarlike diere, gebruik is. Hul omringende vorm is diep ingelê as 'n teken van veiligheid. Dié vroeë gevoel van sekuriteit binne in 'n grot het gelei tot die ontwikkeling daarvan tot ʼn heilige plek van ritueel, soos bv. die Lascaux grotte in Frankryk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Die Romeinse tempel van Hephaestus se konstruksie was van Pentelies en Pariese marmer. Die wit, semi-deursigtige Pariese marmer was vir die beeldhouwerk gebruik en die Penteliese marmer was meestal vir die konstruksie van die gebou gebruik. Die dakhelling is van houtbalke en teëls gemaak. Die kontemporêre Chamber Church is gekonstrueer uit 'n reeks van sestig aluminium- vinne, wat egalig langs die gebou se lengte geplaas is om die mure, dak en toring te skep. Hierdie staalportaal rame is met glasversterkte gips bedek. Op die oosterse front van die tempel van Hephaestus, is die pediment met 'n Pariese marmer vries versier wat die werke van Hercules en die geveg van Theseus, uitbeeld. Op die westelike pediment, beeld die vries die val van Troy uit. Oorspronklik, het die tempel die bronsbeelde van Athena en Hephaestus gehuisves. 'n Inskripsie teken die betalings, gemaak tussen 421-415 VHJ, vir die twee bronsbeelde aan, maar die beeldhouer word nie genoem nie. Tradisie ken die werke aan Alcamenes toe. Beide die voor-en-agterkant van die cella is met 'n aaneenlopende ikoniese vries, versier. Slegs 18 van die 68 metope van die tempel was beeldhouwerk, meestal van hulle is op die oosterse kant van die tempel geplaas; die res was heelwaarskynlik geverf. In kontras, het die Chamber Church min tot geen dekoratiewe elemente, nie omdat die argitek nie van ornamentasie gehou het nie, of daarteen gerebelleer het nie, maar om die interaksie of oorspronklike inspirasie en kontemporêre interpretasie duidelik te maak, asook die kern kwessies: goddelikheid en ritueel. Die uitleg van die Chamber Church is deur tradisionele Christelike kerk argitektuur beïnvloed en het soortgelyke elemente, soos die kloktoring met sy spitspunt, roosvenster, die basilika uitleg en die herhaling van die interieurpilare wat die gange skep. Soortgelyk, boots die uitleg van die Tempel van Hephaestus sy Antieke Griekse en Romeinse voorgangers se uitleg na. Die tempel het 'n verlengde as, 'n simmetriese uitleg, 'n trapvormige voetstuk en ritmiese spasiëring van kolomme wat die cella omring, wat na 'n basilika verwys. OF 3.2 Die leerder moet enige kontemporêre gebou met enige Klassieke gebou wat hul bestudeer het, volgens die gegewe kolpunte vergelyk. Ken 2 punte per kolpunt toe. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. OF 3.3 Vergelyking van 'n Klassieke gebou met 'n Inheemse Kennisstelsel (IKS)- gebou/-struktuur: Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende moontlike vergelyking: Die Venda woning word met die Romeinse Forum vergelyk: Die Venda woning en hul byekorfhutte se funksie was om vir die dorpbewoner en hul vee beskerming teen wilde diere, die elemente en vyande te verskaf. Dit het ook gefunksioneer as 'n bevestiging van hul identiteit. In kontras, is die forum 'n ruimte waar handelsaktiwiteite voorgekom het, mense vergader het en dit was 'n terrein vir triomfantlike optogte en verkiesings, publieke toesprake en swaardgevegte. Dit was ʼn nukleus van kommersiële besighede. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Die Venda is 'n inheemse groep van mense wie die noordelike grenslyn van Suid- Afrika se Limpopo Provinsie bewoon, en is laastens geassosieer met die Shona van Suidelike Zimbabwe. Geïnspireer deur hul pastorale manier van lewe en die natuurlike kurflyn landskap van Limpopo, het hul inheemse argitektuur oorspronklik uit 'n koepelgevormde rietdakwoning bestaan, wat rondom 'n sentrale kern, die beeskraal gerangskik is. Die Romeinse Forum was oorspronklik deur die uitleg van die Griekse stadsplein geïnspireer, maar het later tot 'n netjiese, meer georganiseerde uitleg ontwikkel. Soos die stad van Rome en die Romeinse Ryk uitgebrei het, het die behoefde aan 'n stadsplein ontstaan en het dit ook die uitleg van die Forum, beïnvloed. Die konstruksie van die Romeinse Forum was 'n manifestasie van hul ingenieurswese en tegnologiese vaardighede. Die forum, op 'n vlei area gebou het ʼn dreineringsisteem gebruik wat alle oortollige water na die nabygeleë Tiber Rivier vervoer het. Die Venda byekorf hutvorms maak van 'n weef/rietdak tegnologie gebruik. Die mure vorm deel van die dak, omdat hul 'n gemeenskaplike houtraamwerk deel. Hout word as materiaal deur die Venda mense gebruik. Die kegeldak, bestaan hoofsaaklik uit soliede Mopaniehout wat opgelig is vanaf 'n sentrale soliede dromvorm van Mopaniepilare wat in 'n sirkel van sowat 4-6 meters in omtrek, geplaas is. Rietdakgras was gebind in 'n aaneenlopende los 'romp' wat om die dakraam, vanaf die onderkant opwaarts, gedraai word. Die Romeinse ontdekking van beton het die Romeine toegelaat om indrukwekkende strukture soos die triomfantelike boë te bou, om hul mag uit te beeld. Die Romeinse geboue is beide kante van die hoofstraat van die Forum geplaas en was met marmer bedek en die straat was met travertyn blokke uitgelê. Die ligging van die Vendadorp is teen 'n heuwel, 'n terrein wat beskerming teen vyande verskaf omdat hul van ver af gesien kon word. 'n Opdraande aanval van vyande sal tot die Vendawoning se voordeel wees. Die Romeinse Forum was in 'n area geleë wat voorheen 'n mark was en sentraal geplaas is. Met die uitbreiding van die Romeinse Ryk het 'n behoefte vir 'n sentrale politiese en godsdienstige plein ontstaan. Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stelling of vergelyking van 'n Klassieke en kontemporêre gebou of Klassieke en Inheemse Kennisstelsel (IKS)-gebou/struktuur wat die kandidaat bestudeer het. NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 6 punte mag toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat 'n substansiële vergelyking wys. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning. V3 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (10) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 3.1, 3.2, 3.3 1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 2 Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 3.1, 3.2, 3.3 4 Organiseer Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 1 Evalueer, Reflekteer 30% 3.1, 3.2, 3.3 2 Sintetiseer, Regverdig TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 [30 punte] 4.1 (Ken 20 punte in totaal toe.) (Ken 10 punte vir elke beweging toe. Neem kennis dat SLEGS EEN punt toegeken kan word vir die naam van die ontwerper en produk van elke beweging. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as riglyne.) Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede: Skandinawiese ontwerp EN Dekonstruktivisme Kandidate mag enige twee bewegings kies solank hul die stellings staaf en na die aanhaling verwys. Skandinawiese ontwerp: Skandinawiese ontwerpers het in 'n na-oorlogse Europa ontwerpe geskep, in 'n tydperk toe Europa herbou moes word. Hulle doelstelling was om dit te bereik deur die skepping van lae koste, eenvoudige, funksionele ontwerpe wat massa geproduseer kon word en wat terselfdertyd esteties mooi was. Skandinawiese ontwerp bemark 'n 'Skandinawiese manier van lewe' en die Nordiese klem op genot van die huislike omgewing, het beteken dat baie nuwe ontwerpe vir die plek, genoem huis, gemaak is. Skandinawiese ontwerp se gebruik van masjien-eeu aspekte is tipies van sy tyd en plek. Hul beklemtoning en gebruik van eenvoud en gladde, onversierde oppervlaktes en skoon lyne toon duidelik die invloed van Modernisme en die masjien-eeu. Hul Nordiese 'plek' of klimaat met sy lang winter en min ure van sonlig het hul geïnspireer om helder, lig en praktiese omgewings met skoon lyne te skep. Skandinawiese ontwerp is ook beïnvloed deur die sosiale filosofieë van die tyd en die idee van ʼn demokratiese samelewing waar alles vir almal beskikbaar is. Eienskap van Skandinawiese ontwerpe is hul kombinasie van modernistiese, masjienagtige skoon lyne en eenvoudige geometriese fatsoene met natuur geïnspireerde, elegante biomorfiese fatsoene, lyne en teksture. Keramiek en tekstiele is met gestileerde ontwerpe van blomme, plante, voëls en diere versier wat tipies is van die volkskuns van die Nordiese 'plek'. Sommige produkte beklemtoon natuurlike teksture en materiaal in hul gebruik van ongeverfde natuurlike hout of laaghout. Ander maak gebruik van plastiek, chroom en aluminium, asook nuwe, helder chemiese geproduseerde kleure wat die nuwe materiale van die tyd, vier.  Een voorbeeld van Skandinawiese ontwerp is die Unikko tekstiel vir Marimekko deur Maija Isolla, Finland, 1964. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Hierdie ontwerp weerspieël al die kenmerkende eienskappe van Skandinawiese ontwerpe in sy gebruik van plat, biomorfiese fatsoene wat deur die natuur geïnspireer is. Sy gebruik van helder en ligte kleure is ook tipies en toon hul poging om lig en helderheid in hul huise te bring om hul plek of klimaat wat donker en koud is, teen te werk. Die blomfatsoene is informeel oor die tekstiel gestrooi wat 'n ligte en vrolike gevoel tot die ontwerp voeg. Die agtergrond is onversierd en die fatsoene is eenvoudig, glad en plat in lyn met die minimalistiese tendense van die tyd. Dekonstruktivisme Dekonstruktivistiese ontwerpe weerspieël die klimaat van die tyd waar 'n beweging weg van die koue, onpersoonlike en outoritêre aard van Modernisme benodig is. In plaas van die Modernistiese beklemtoning op orde, stabiliteit en harmonie, het die Dekonstruktiviste gepoog om dinge uitmekaar te ruk om die verhouding tussen die verskillende komponente te ondersoek. Hierdie het ontstaan in ontwerpe wat literêr lyk, asof hul uitmekaar uitgeruk is. Hulle poog ook om die interaksie met teenoorgesteldes te ondersoek en die feit dat teenoorgesteldes nie sonder mekaar kan bestaan nie, byvoorbeeld, man/vrou, kultuur/natuur, lewe/dood lei tot ontwerpe sonder eenheid en wat onstabiel voorkom. Die Dekonstruktiviste glo dat daar 'n onsigbare verband tussen teenoorgesteldes bestaan en dat daar 'n onderliggende, onsigbare orde bestaan. Dekonstruktivisme is 'n moderne, kontemporêre ontwerp beweging wat in 'n tyd en plek bestaan waar globalisering en vinnige toegang tot verskeie kulture, style en gelowe moontlik geword het. Soortgelyk aan Postmodernisme, is Dekonstruktivisme 'n eklektiese kombinasie van verskillende style en benaderings wat tot ʼn verskeidenheid van ontwerpe met veelvoudige lae gelei het. 'n Hoof invloed op Dekonstruktivisme is die filosoof Derrida se teorie van Dekonstruksie wat sê dat die interaksie van teenoorgesteldes 'n natuurlike onstabiele omgewing weerspieël. Die Anti-Ontwerp beweging se verwerping van aanvaarde standaarde van skoonheid soos harmonie, balans en orde en hul ondersoek van nuwe grensbrekende vorms is nog 'n invloed op Dekonstruksie. Die karaktereienskappe van Dekonstruktivistiese werke weerspieël die huidige tyd van veelsydige perspektiewe waar niks seker is nie. Een karaktereienskap van Dekonstruktivistiese ontwerpe is hul beklemtoning op gedeeltes en fragmente eerder as die geheel wat in ontwerpe ontaard wat 'n tekort aan eenheid toon. Die struktuur verwerp suiwer funksie en tradisionele idees van harmonie, eenheid en stabiliteit. Lyn is dikwels ellipties, kromlynig en diagonaal wat ontwerpe vol beweging skep. Verskuifde en verwronge hoekige vorms word dikwels met konflikterende geometriese of insnydende vlakke gebruik wat plat oppervlaktes skep wat lyk asof hul oor mekaar lê. Ruimte kom voor asof dit met 'n diagonale fokus gesny is. Argitektoniese strukture kom onstabiel voor. Daar is 'n gevoel van visuele chaos wat 'n gevoel van onsekerheid, ongemak, skok of onsekerheid by die toeskouer ontlok. Vorige aanvaarbare konvensies, metodes en materiaal is vervang met nuwe, dikwels skokkende metodes. Een voorbeeld van Dekonstruktivistiese ontwerp is 'Foundation Louis Vuitton Contemporary Art and Performance Space' deur Frank Gehry (Frankryk), 2014. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Hierdie gebou is 'n perfekte voorbeeld van Dekonstruktivistiese argitektuur wat die fokus op die ondersoekende verhouding tussen twee verskillende gedeeltes van 'n gebou, plaas. Die gebou kom voor as 'n reeks skerp, botsende reghoekige vlakke van staal en glas wat uitmekaar getrek is, om wat onder die oppervlak lê, te wys. Hierdie gebruik van staal-en-glas skep ʼn gevoel van gewigloosheid. Die vlakke lê in verskillende rigtings in lyn met die Dekonstruktivistiese teorie van interaksie of teenoorgesteldes om 'n natuurlike onstabiele omgewing te weerspieël. Hierdie dra by tot die gevoel van beweging en ruimte binne in die ontwerp. Die ontwerp verwerp suiwer funksie en tradisionele idees van harmonie, eenheid en stabiliteit omdat die twaalf aparte 'seile' wat die gebou omhul sy funksie wegsteek. Tipies van sy tyd is die gebou 'n verwerping van die funksionaliteit van Modernisme as koud en onpersoonlik. Kreatiwiteit, verskeidenheid en individualiteit word eerder beklemtoon. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V4.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (20) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.1 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 4 Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 4.1 8 Organiseer Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2 Evalueer, Reflekteer 30% 4.1 4 Sintetiseer, Regverdig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2 (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek vir 'n totaal van 10 punte.) Die Art Nouveau se doelstelling waar hul die kwaliteit van handgemaakte produkte tot masjiengemaakte produkte wil oordra, is sigbaar in FIGUUR H omdat dit lyk soos ʼn fyngekerfde houtblokafdruk, maar eintlik 'n meganiese afdruk van 'n pentekening is. Die Bauhaus se doelstelling om die masjien-era te weerspieël is duidelik sigbaar in FIGUUR I se gebruik van eenvoudige geometriese fatsoene, gladde oppervlaktes en skoon lyne. Die Art Nouveau-illustrasie (FIGUUR H) se gebruik van vloeiende, organiese lyne wys duidelik die invloed van die Kuns-en-Kunsvlyt belangstelling in gekurfde lyne en gekurfde takke. Die invloed van die natuur is ook sigbaar in hierdie illustrasie se gebruik van organiese fatsoene. In kontras weerspieël die geometriese reghoeke en suiwer sirkels in die agtergrond van die Bauhaus-styl illustrasie (FIGUUR I) die invloed van Kubisme en die masjien-eeu. Die gestileerde vorms en vloeiende dekoratiewe lyne en patrone van Beardsley se illustrasie (FIGUUR H) wys die invloed van Japannese houtblok afdrukke. Die toneel binne die raamwerk van die Art Nouveau illustrasie is asimmetries gebalanseer met meer klem op die wit mantel van die vrou op die linkerkant, wat 'n dinamiese komposisie skep. Hierdie gebruik van asimmetriese balans is tipies van Art Nouveau ontwerpe. In kontras is die beeld in die voorgrond van die Bauhaus-styl illustrasie baie meer simmetries.  Dit is presies in die middel van die formaat en die wenkbroue, oë, mond en ken is simmetries geplaas wat struktuur en orde oordra. Die agtergrond van die Bauhaus-styl illustrasie is asimmetries gebalanseerd wat die werk dinamies maak. Die lyn van die illustrasie in FIGUUR H is tipies van Art Nouveau omdat dit gestileerd, duidelik en kromlynig en deur die natuur geïnspireer is. Die lyn wat in die Bauhaus-styl illustrasie (FIGUUR I) gebruik is, is skoon en gestileerd maar dit is meestal reguit, reghoekig en masjienagtig en weerspieël nie die natuur nie.  Die onderste patroon van peerbome bevat dun, krullerige sweepslaglyne wat ook tipies van Art Nouveau ontwerpe is. Die illustrasie in FIGUUR H weerspieël die Art Nouveau se liefde vir ornamentasie. Bossies van klein blare skep kurwende patrone al rondom die raam. Binne-in die raampatroon, verseker die herhaling van vertikale boomstompe, blare en 'n motief op die mantel van die vrou dat die illustrasie vol dekoratiewe detail is. In kontras hiermee toon die illustrasie in FIGUUR I baie min detail en ornamentasie. Fatsoene is eenvoudig, plat en glad in lyn met die masjien eeu se liefde vir eenvoud en helderheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 13 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Gee krediet aan enige ander geldige stellings. NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 6 punte mag toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat 'n substansiële vergelyking wys. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning. V4.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (10) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 4.2 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1 Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 4.2 4 Organiseer Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer Evalueer, Reflekteer 30% 4.2 2 Sintetiseer, Regverdig 1 TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 14 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 [20 punte] BEANTWOORD OF VRAAG 5.1 OF VRAAG 5.2. 5.1 (Ken 20 punte in totaal toe.) 5.1.1 (Ken 2 punte toe.) Inklusiewe ontwerp sluit mense met verskillende uitdagings in die lewe in. Die tafelontwerp in FIGUUR J, is 'n inklusiewe ontwerp omdat die ontwerper die gemak van alle mense aanspreek. Die tafel is ontwerp om tot alle hoogtes aan te pas deur die gebruik van 'n knoppie. Dit kan gedoen word staande, sittende of in 'n rystoel. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. 5.1.2 (Ken 2 punte toe.) Hysbakdeure wat verbaal kommunikeer, lig mense met swak sig in dat die deur oop en toe maak.  Bewegingsensitiewe deure maak oop wanneer 'n persoon nader aan die deur kom. Dit is nie nodig vir sommige mense wat in rystoele is, om uit te strek na die deurhandvatsel wat te hoog is nie, of te laag vir mense wat baie lank is nie. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. 5.1.3 Ken 16 punte in totaal toe. (Ken 8 punte toe per gevalle studie.) (Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die ontwerpproduk toe.) EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ONTWERP GROEP: Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk wat sosiokulturele kwessie/s aanspreek: Woza Moya, Dream for Africa Chair, 2010. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 15 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne   Doelstellings, materiaal en tegnieke wat in die ontwerp gebruik is Woza Moya is 'n inkomste genererende ontwerpgroep wat in 2009 gestig is, en hulle is ondersteun deur Hillcrest Aids Centre Trust, wat poog om plattelandse vrouens in KwaZulu-Natal te bemagtig deur opleiding, om armoede te verminder. Woza Moya help vrouens om 'n inkomste te verdien en hul families te voed, dit moedig finansiële onafhanklikheid aan en verminder kinders wat honger ly. Woza Moya staan vir die seëviering van plaaslike kunshandvlyt, hoop en waardigheid.The Dream for Africa Chair is gemaak van geborduurde blokkies wat 150 kunshandwerkers oor 'n tydperk van 8 weke gemaak het. Die geborduurde blokkies was aanmekaar vasgewerk en gestoffeer oor 'n ore-styl stoel wat vlerke in die vorm van 'n kaart van Afrika het, wat aan beide kante uitstaan. 'n Bespreking wat verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessies aanspreek Die stoel was bedoel om 'n nalatingskap van hoop en waardigheid te versterk deur hul kreatiwiteit te gebruik om 'n inkomste te verdien nadat dit ontdek was dat pasiënte en kunshandwerkers by die sentrum opgehou het om te droom weens persoonlike swaarkry.Die stoel toer deur Suid-Afrika en oorsee sodat plaaslike en internasionale kunshandvlytwerkers en leiers met die stoel afgeneem kan word terwyl hulle oor hul drome praat. Hoe meer mense in die stoel oor hul drome gesels, hoe meer betekenis en blootstelling kry dit.   EEN KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE SOSIOKULTURELE ONTWERPER/ ONTWERPGROEP: Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk wat die sosiokulturele kwessie/s aanspreek: Elemental Architectural Firma, Quinta Monroy 2001-2004. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 16 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Doelstellings, materiaal en tegnieke wat in dié ontwerp gebruik is Min staatsbehuising subsidie, gekoppel met 'n swak ekonomie en werkloosheid is 'n struikelblok vir die land en huiseienaarskap. Baie families is geforseer om te plak of om in armoede te lewe. Tot en met 2003, was die Quinta Monroy informele plakkerskamp 'n ad-hoc, propvol gerangskikte selfgeboude behuising wat uit afvalmateriaal van die plaaslike hawe gemaak is. Die informele plakkerskamp was op gehuurde terrein gebou en toe die eienaar oorlede is, het dreigemente van uitsetting die samelewing daartoe gelei om die Elemental Architectural firma te benader. Elemental se direkteurs het die plakkerskamp as 'onooglik en ongesond' beskryf. Die samelewing van Quinta Monroy het oor die misdaad en die risiko van vuur gekla weens die digtheid van die plakkerskamp. Elemental het vir afskaling, bou-waardigheid en bemarkingswaardigheid gemik en sodoende die negatiewe aspekte van Chili se vorige gesubsidieerde behuisingsprojekte aangespreek. Elemental se oplossing het geleenthede vir die inwoners geskep om hul behuisings aspirasies te realiseer deur die konseptualisering van twee tipes huise. Op die grondvlak, en nog een bo-op, kon beide uitgebrei word tot toegekende ruimtes soos wat inwoners se inkomste dit toelaat. Die huise, gekonseptualiseer deur Elemental, was kontrakteur gedrewe, en massa geproduseer om 13 blokke wat 93 huise bevat, rondom vier binne-howe te skep. 'n Bespreking van hoe dié werk sosiokulturele kwessie/s aanspreek Die projek was as 'n 'gesamentlike gebou' beplan eerder as individuele wooneenhede om die idee van gesamentlike lewe te bevorder. Die enkelvlak, herhalende blokke was poreus en ontwerp sodat inwoners die formele geboude struktuur met selfgeboude uitbreidings kon byvoeg. Op hierdie manier het inwoners nog steeds beheer gehad om hul ruimtes persoonlik te maak. Teen 2019, is almal behalwe een van die oorspronklike 93 huishoudings aangebou, wat die inwoners betrokke in hul behuisingskonstruksie gemaak het. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V5.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (20) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.1.1 + 5.1.3 1+1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.1.2 + 5.1.3 1+1 5.1.3 2 Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 5.1.1 1 Organiseer 5.1.2 1 5.1.3 6 Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.3 2 Evalueer, Reflekteer 30% 5.1.3 4 Sintetiseer, Regverdig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 17 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 5.2 5.2.1 (Ken 10 punte toe.) Naam van EEN tradisionele kunsvlyt/ inheemse kulturele gemeenskap wat 'n tradisionele kunsvlyt produseer. AMANDEBELE MUURSKILDERYE  Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om dié tradisionele kunsvlyt te skep Die muurskilderye wat deur die vrouens geskep is was hul geheimsinnige kode vir hul mense, verbloem vir almal behalwe die amaNdebele. Die pienk patrone is een van die mees belangrike aspekte in hul kommunikasie deur hul skilderye. Hulle is gewoonlik dwarsdeur die ontwerpe herhaal met net klein variasies en verskillende kleurkeuses. Die geometriese patrone en fatsoene is eerstens met swart buitelyne geteken en later met kleur ingevul. Die patrone is dwarsdeur die mure gegroepeer in terme van hul basiese ontwerpstruktuur. Hulle het gereedskap nodig gehad vir die groot geometriese fatsoene van plat kleur en klein kwassies vir die klein areas, buitelyne en sakke. Die verbetering van gereedskap het vinniger en meer komplekse ontwerpe dwarsdeur die amaNdebele se huise moontlik gemaak. Die patrone is met die vrouens se vingers geverf. Die oorspronklike verf op die huis was wit kalk. Die kleure wat bygevoeg is om skilderye te maak was meestal neutrale pigmente van bruin, swart en oker. Meeste van die patrone was 'n V- fatsoen en 'n baie eenvoudige driehoek bo-op 'n groot fatsoen van kleur geplaas. Die patrone, aardse tonalewaardes, rigtings, en groottes was meer belangrik as die hedendaagse skerp en helder kleure. Daar is vyf hoofkleure verteenwoordig: rooi en donkerrooi, geel tot goud, 'n hemelsblou, groen, en soms pienk. Die kleure verskaf ʼn intense simboliese betekenis vir die amaNdebele. Die sosiale waarde en funksie van dié kunsvlyt in sy tradisionele konteks. Oorspronklik het die amaNdebele stam in die vroeë 18de eeu in grashutte gebly. Hulle het moddermuur huise begin bou in die middel 18de eeu toe hulle hierdie simbole op hul huise geskep het. Hierdie ekspressiewe simbole was gebruik vir kommunikasie tussen sub-groepe van die amaNdebele mense. Dit het vir hul voortsetting en kulturele teenstand vir hul omstandighede gestaan. Gedurende die 19de eeu, het mense van Suid-Afrika die Ndzundza amaNdebele, hulle eie tradisie en styl van huisskildery geskep. Hierdie skilderystyl het in 1883 begin nadat die amaNdebele vegters en grondeienaars oorlog met die nabygeleë Boere, verklaar het. Toe hulle die oorlog verloor het, het amaNdebele 'n moeilike lewe en aaklike straf beleef. Deur daardie moeilike tye was ekspressiewe simbole geskep deur die leidende mense wat hul hartseer oordra. Hierdie simbole was die begin van dié Ndebele-kunsvorm. Die lewendige simbole en uitdrukkings beeld kommunikasies van persoonlike gebede, selfidentifikasie, waardes, emosies en trou uit. Partykeer is die manlike inisiasie, bekend as ukuwela 'n rede vir oorverf, maar dié ritueel was nooit uitgebeeld nie. Die tradisie en styl van huisskildery is in families oorgedra van geslag tot geslag deur die moeders. 'n Goedgeverfde huis wys dat die vrou van die huis 'n goeie vrou en moeder is. Sy is verantwoordelik vir die skilderye op die buitenste hekke, voorste mure, kant mure en gewoonlik die interieur van haar huis. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 18 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 5.2.2 (Ken 10 punte toe.) Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe. Naam van ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hul produkte. Pinda Furniture deur Siyanda Mbele  'n Gedetailleerde beskrywing van hoe die ontwerper/ontwerpproses tradisionele tegnieke aanpas en toepas om 'n kontemporêre ontwerp te skep. Verwys na die bogenoemde ontwerp om jou stellings te ondersteun. Bespreek die ontwerpe se sosiokulturele bydrae Emerging Creatives alumnus Siyanda Mbele is die stigter van Pinda Furniture en Interior Design, 'n maatskappy gedrewe deur die produksie van funksioneleprodukte met 'n hoë Afrika-estetika kwaliteit. Die Durban-gebaseerde ontwerper het onlangs twee nuwe produkte bekend gestel: die Nandini koffietafel en die Ndalo ineenpassende tafel. Die Nandini koffie-tafel is versier met Ndebele patrone wat gewoonlik in Ndebele argitektuur gevind is. Die hooffokus in die reeks is die trappiramide, wat geïnspireer is deur die internasionale bekende amaNdebele kunstenaar, Esther Mahlangu, se 'istegetsane' sigsagstyl is grootliks gebruik in die sterk en kleurvolle koffietafel. Die geometriese Ndebele patrone is nie net alleenlik op die oppervlak van die tafel gebruik nie, maar ook in die vorm en fatsoen van die tafel geinkorporeer. Dié sytafel is gemaak van lasergraveerde Berk laaghout en staal tafelpote wat in 'n variasie van kleure kom wat maklik gemeng of omgeruil kan word. Die unieke vorm van die tafelpote laat toe dat die tafels maklik bo-op mekaar gestapel kan word om 'n oop rak of vertoon eenheid te skep. Mbele wil sy kennis aan jong mense en toekomstige ontwerpers oordra. Hy hoop dat deur sy werk, hy jong Afrika ontwerpers sal aanmoedig om meer gemaklik te wees met die gebruik van inspirasie uit hul plaaslike kultuur. Die doel van Pinda Furniture is om 'n nuwe eeu van Afrika-estetika te verteenwoordig. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. GEEN punte mag toegeken word vir die herhaling van ontwerper(s) en hul werk wat in die vraestel gebruik is nie. V5.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (20) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.2.1 + 5.2.2 1+1 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.2.1 + 5.2.2 2+2 Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 5.2.1 + 5.2.2 4+4 Organiseer Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.1 + 5.2.2 2+2 Evalueer, Reflekteer 30% 5.2.1 + 5.2.2 1+1 Sintetiseer, Regverdig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 19 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6 [20 punte] 6.1 (Ken 20 punte in totaal toe.) 6.1.1 (Ken 4 punte toe.) Mense in opgeboude stadsareas spandeer meer gereeld tyd binnemuurs as buite. Met die feit in gedagte, het Heatherwick Studio hul fokus verskuif na 'biofilia' – die teorie dat mense naby die natuur moet wees om gesond te bly op 'n biologiese, fisiese, psigologiese en sosiologiese vlak. Die studio se hoofdoel is om stede groen te maak. Hierdie is sigbaar in hierdie wolkekrabber in Singapoer se vertikale tuin om 'n 'Stad in 'n Tuin' te skep. Om sy 'groener visie', te versterk het Thomas Heatherwick 'n natuurlike omgewing geskep met die gebruik van uitgesoekte tropiese plante en bome wat in Singapoer se beroemde Botaniese Tuine gevind is. Blare verwyder die koolstofdioksied van die omgewing en vervang dit met suurstof. Die wolkekrabber ontwerp gebruik natuurlike vorms in sy struktuur, om sodoende die gebou met die natuur te bind. Die mees aantreklike 'groen' kenmerk van die gebou is sy variasie van groot, ronde, voluut balkonne, wat na biomimikrie en biomorfiese beelde of organiese blomme, blomblare, massiewe sampioene en reusagtige kaktusse verwys. Die balkonne is groot om gesonde sonlig te vang. Natuurlike lig help om die buite en binnekant saam te smelt deur elemente van gekontroleerde lugvloei en temperatuur te gebruik. Natuurlike lig help ook om energie te bespaar. 'n 'Groen visie' gebou skep 'n kalmerende en genesende omgewing. Daar is duidelike bewys dat die oopmaak van die geboue tot die natuur en die saamsmelting van die interieur met die eksterieur, fisiese gesondheid van gaste en werkers verbeter omdat dit bloeddruk verlaag, die immuunreaksie verbeter, verstand versterk en mense help om te konsentreer, positief en energiek te bly. Dit is ook bevind dat mense op 'n sterkter sosiale en werksvlak betrokke raak in 'n omgewing wat vol natuur is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 20 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 6.2 (Ken 16 punte in totaal toe.) (Ken 8 punte per gevallestudie toe.) (Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe.) 'N VOORBEELD VAN 'N SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE OMGEWINGSONTWERPER: Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hul ontwerpe Living Tebogo School in Johannesburg, Suid-Afrika deur BASEhabitat ('n projek beplan en gebou by die Kunstuniversität Linz in Oostenryk). Materiaal en tegnieke: Hierdie skoolgebou is hoofsaaklik beïnvloed deur grond argitektuur. Die hoofkonstruksie materiaal is betonblokke, grond, klei, strooi, hout en grasmatte.  Die primêre modderkonstruksie van die twee nuwe geboue wat aangebou is aan die bestaande viergebou-kompleks, is paal en klei, waar horisontale houtlatte (wattelboom) met ʼn kombinasie van nat grond, strooi en ander verbindings (modder) gevul is. In een van die geboue is hierdie konstruksie blootgestel deur die horisontale houtlatte oop te los. Variasies in die spasiëring van hierdie latte, die variasie in kleur in die modder (weens die natuurlike variasie van die plaaslike grond en die verskillende mengsels) maak die fasades meer interessant. Die ander gebou is glad afgewerk, met 'n paar interessante byvoegings: 'n muur met herwinde glasbottels wat regop ingewerk is in 'n spontane patroon en handafdrukke van die studente en plaaslike inwoners. 'n Hout-en-plastiektraliewerk is die laaste komponent van die klein projek. Dit sluit aan by die nuwe geboue en een van die bestaande geboue.  Die plasing van die traliewerk in verhouding met die bestaande gebou skep 'n oop geplaveide ruimte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 21 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Funksie: Gekenmerk deur 'n boom, word hierdie ruimte 'n sosiale vergaderplek vir die skool en dien beide die studente en plaaslike gemeenskap.  Dit is 'n ruimte wat die ou en die nuwe verbind. Die argitektoniese ontwerp is ook visueel opwindend en 'n estetiese mooi struktuur. 'n Analisering van die ontwerp en 'n verduideliking van hoe die ontwerp sy koolstofvoetspoor verminder om 'n 'groener visie' te behaal. Die landskapsontwerp kamoefleer kreatief die Lodge en help om met die omgewing saam te smelt. Die dominante geboue in die area is pondokkies wat van plaatmetaal, sinkdak of motoronderdele gebou is, wat beteken dat 'dit in die somer baie warm in hierdie pondokke kan word (tot en met 45°C), terwyl gedurende winternagte kan dit baie koud raak (tot 2°C).' Hierdie ekstreme temperature is primêr veroorsaak deur die swak insulasie kwaliteite van hierdie goedkoop en maklik verkrygbare materiaal. Deur grond- of modderkonstruksie tegnieke te gebruik in die bouprojek, word temperatuur veranderings met 9°C verminder, wat Living Tebogo Skool 'n gemaklike leeromgewing maak  vir die gestremde kinders in die Orange Farm township van Johannesburg – 'n area wat gekenmerk is deur armoede, AIDS en werkloosheid. Hierdie bouprojek inkorporeer die plaaslike gemeenskap in die grondkonstruksie proses, spaar geld op ingevoerde materiaal en verbeter binnehuistemperature sonder die gebruik van waaiers of lugreëlings en dus bespaar hulle op elektrisiteit. Deur die gebruik van natuurlike volhoubare materiaal, was 'n groen leerarea geskep en koolstofvoetspore is verminder. Die ontwerp inkorporeer voorstoepe en kantelbalkdakke om die gebruik van natuurlike lig en skaduwee te vermeerder. VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hul ontwerpe: Toyota Lexus kartonkar: 'n volskaalse origami IS Sport Sedan deur Moyo Fujamade (LaserCut Works, 3D modelmaker Scales and Models, en DS Smith verpakkingsmaatskappy), (VS), 2015. Materiaal en tegnieke: Die ontwerpspan het gebruik gemaak van kontemporêre presiese 3D karton lasersnytegnieke om die motor te skep en dit het die ontwerpspan drie maande geneem om die ontwerp aanmekaar te sit. Lexus, die luukse motorafdeling van die Japanese motorhandelsmerk Toyota, het spesialis maatskappye Scales & Models aangestel vir die algehele ontwerp van die eiesoortige motor en LaserCut Works vir die tegnieke wat benodig was om hierdie ambisieuse projek 'n realiteit te maak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 22 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Deur die gebruik en skep van 'n 3D model van dié sedan, kon die klein samewerkende span van vyf die algehele kar verdeel in 'n reeks van individuele dele. Die wiele, die sitplekke, die instrumentpaneel en hoofraamwerk is almal een vir een van die grond af gemaak. Die resultaat is ʼn perfekte karton verteenwoordiging (en ʼn duidelike feesviering) van Lexus se eie IS Luxury Sport Sedan. Die vyfmanspan van professionele modelmakers, ontwerpers en handwerkers het al hul inspanning gebruik in die intensiewe drie-maande lange motorbousessie. Die proses was verrassend 'hands-on', met elke laag wat per hand vasgeplak moes word met die gebruik van waterbasis gom en gelos om droog te word vir tien minute na elke aanwending. Die span het 'n produksielyn geskep. Daar was baie herhaling in die proses en hulle moes met militêre presiesheid werk, net soos die spanne wat die werklike Lexus karre maak. Deur digitale tekeninge van elke deel is 10mm-diktes kartonvelle gesny, 2-dimensionele profiele is geskep vir die presiese lasersnywerk wat uiteindelik gebruik is vir die 1 700 ten volle herwinbare kartonvelle wat benodig is in die bou van 'n kinderfantasie. Funksie: Die projek het verby 'n stilstaande kartonmotor gegroei toe die vyfmanspan funksionerende deure, staal en aluminiumrame, hoofligte, wiele wat rol, 'n geïnstalleerde nagebootste interieur en 'n elektriese motor bygevoeg het. Dit is eintlik ʼn volledige funksionerende kartonmotor wat bestuur kan word, in 'n ten volle gekontroleerde omgewing!  Die kar is baie stadig. Analiseer die bogenoemde ontwerp, verduidelik hoe dit volhoubare/omgewings kwessies aanspreek: Die Lexus kartonkar is sonder enige twyfel 'n meesterstuk van vakmanskap. Die gebruik van herwinde karton maak hierdie kar ten volle volhoubaar. Hierdie is die eerste 3D elektriese karton prototipe. Deur die gebruik van ʼn elektriese enjin en karton vir die model vir prototipes, wys Toyota hul groen visies vir toekomstige luukse sport sedan karre. 'n Klein produksiespan en 3D lasersnytegnieke kan 'n groen opsie vir die toekoms wees. Gee krediet aan enige ander geldige stellings. V6 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (20) Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 6.1.1 + 6.2 1+2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf 6.2 3 Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 6.1.1 + 6.2 2+6 Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 6.1 1 Evalueer, Reflekteer 30% 6.2 3 Sintetiseer, Regverdig 6.2 2 TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all