Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
ONTWERP V1
(TEORIE)
2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC June Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe)
Die materiaal gebruik in hierdie hangertjie is 'n ongewone kombinasie van
koper- en geelkoper wat in kontrasterende vorms gesmee is. Die materiaal is
aan hitte blootgestel om dit smeebaar te maak sodat dit kan rek en gevorm word
deur dit op 'n metaalblok of 'n aambeeld te klop/slaan. Die koper is behandel
om 'n patina te skep wat dit leeragtig laat lyk om die idee van 'n korset voor te
stel. Die turkooissteen voeg verskeidenheid en kontras by om 'n treffende
ontwerp te skep.
Die brons-koper-en-turkooishangertjie is moontlik deur die menslike vorm
geïnspireer. Die bronsdraadoprygwerk in die koper laat 'n mens dink aan 'n
vrou se korset en die blou, ovaalvormige turkooissteen impliseer 'n mens se kop.
Die steen is aan die hangertjie geheg met 'n bronsstuk wat soos die nek en
ruggraat van 'n vrou lyk. Die twee gekurfde bronsstukke wat aan 'n ketting geheg
is wat om die nek vasmaak, kan deur die sleutelbene geïnspireer wees.
Die smee van die metaal laat die ontwerper/juwelier toe om kontrasterende
vorms te skep. Die organiese kopervorm wat soos 'n korset lyk, kontrasteer met
die meganiese vereenvoudigde vorms in brons wat soos 'n vrou se liggaam lyk.
die herhaling van die ovaalvorm van die steen in die ovaalvormige lusse wat
aan die ketting vas is, skep 'n gevoel van ritme. Die vorm van die hangertjie as
'n geheel is funksioneel en sal gemaklik om die nek van die draer hang.
Die fokuspunt is die turkooissteen. Dit kontrasterende ovaal vorm trek
onmiddellik die oog. Daarby is dit die enigste koel kleur in die warm geel en
rooi kleurskema wat deur die metale geskep is. Die horisontaal gekurfde lyn lei
die oog na die steen. Die vertikale lyn van die brons waarin die turkooissteen
gemonteer is, lei die oog op na die steen. .
Die koel blou kleur van die steen kontrasteer met die warm geel brons- en rooi
kopermetale. Die koper is behandel om 'n warm rooi patina te gee. Die
warm geel brons- en rooi kopermetale skep 'n gevoel van eenheid. [10]
V.1.1 PUNTE
KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE
VLAK (10)
Onthou, Herroep, Herken 1.1 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1.1 1
Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1 4
Analiseer, Interpreteer 1.1 1
Hoër Orde Besin, Beoordeel 30% 1.1 1
Sintetiseer 1.1 1
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
1.2 [Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerpterm toe vir 'n totaal van
10 punte]
Die komposisie word opgemaak deur baie organiese lyne wat deur die Art
Nouveau-beweging se sweepslaglyn geïnspireer kon gewees het. Die
kromlynige lyne wat rame rondom die mielies skep, word verkry uit die vorm van
die vesels boaan elke mielie en die vorm van die mieliemeelsak. Die
diamantvorm geskep deur die lyne gee 'n baie dinamiese halfdruppelpatroon.
Variasie in toonwaarde word geskep in die ontwerp deur die vertolkingstegniek
wat op die onderwerpmateriaal gebruik is. 'n Skakeringstegniek van fyn lyne is
gebruik om 'n 3-dimensionaliteit en variasie in toonwaarde te skep aangesien die
beklemtoonde motiewe op 'n plat donker agtergrond realisties verskyn. Die
skakeringstegniek kontrasteer met die plat groen agtergrond en vereenvoudigde
silhoeëtte van vlieënde arende en vlerke. Hierdie kontras skep ook 'n
dinamiese patroonoppervlak.
Die onderwerp van die muurpapier kan moontlik deur die Kuns- en
Kunsvlytbeweging geïnspireer gewees het wat alledaagse fauna en flora gebruik
het. Britse ontwerpers is deur onderwerpe omring – soos aarbeie en klein
voëltjies wat in heinings woon. Op dieselfde wyse gebruik die Suid-Afrikaanse
ontwerper, Quagga, die fauna en flora van Suid-Afrika as onderwerp, d.i. 'n
mieliekop wat meesal in die Vrystaat geoes word, en akkers wat in die Kaap
gevind word. Die klein bruin voëltjies van die Kuns- en Kunsvlytbeweging wat
in struike woon, word vervang met die Suid-Afrikaanse roofvoël, die arend.
Sakke met mieliemeel, stapeldieet van baie Suid-Afrikaners, toon die ware Suid-
Afrikaanse invloed.
Die lyne rondom die spieëlbeeld van die mielies en enkele groot akkers skep 'n
simmetriese balans. Dieselfde balans kom voor in die spieëlbeeld van die
mieliemeelsakke wat met 'n gekurfde sweepslaglyn geraam is. Die muurpapier
het 'n algehele herhalende druppelpatroon wat uit kleiner simmetries
gebalanseerde eenhede bestaan. Hierdie simmetriese balans stabiliseer die
beweging wat deur al die organiese lyne geskep word.
Ritme word geskep deur die herhaling van die patrooneenhede. Die vorm van
die mieliepitte word herhaal met die klein kolletjies wat kleiner word, ingesluit
deur die dubbel buitelyn bo die mielies wat ook ritme skep. Die veranderende
rigting en grootte van akkerboomblare wat diagonaal gerangskik is, skep 'n
ritmiese patroon wat vertikaal gerangskik is. [10]
V.1.2 PUNTE
KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE
VLAK (10)
Onthou, Herroep, Herken 1.2 1
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer 1.2 2
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.2 4
Analiseer, Interpreteer 1.2 1
Hoër Orde Besin, Beoordeel 30% 1.2 1
Sintetiseer, Regverdig 1.2 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]
2.1 (Ken 6 punte toe)
Die vuis wat bo Mandela se kop is 'n simbool van mag en teenstand.
Die wit duiwe in die twee boonste hoeke bokant die koeëls is simbole van
liefde en vrede. Die stembus met die stembrief met 'n kruis daarop in die
reghoek in die middel van die boonste kwart van die plakkaat is 'n simbool van
demokrasie. Die horings wat aan beide kante van die visuele beelde van
Mandela en Charlize uitsteek, kan simbole van Afrika wees met koedoes wat so
volop in Afrika is. Die rooi harte wat langs die koeëls geplaas is, is simbole
van liefde. Die hyskrane in elke hoek onderaan die plakkaat kan
ontwikkeling en nywerheid simboliseer. Swart en wit hande wat mekaar
vashou simboliseer eenheid en harmonie tussen twee rasse.
Krediet moet aan ander geldige simbole en betekenisse gegee word. (6)
2.2 (Ken 4 punte toe)
Die plakkaat weerspieël 'kulturele diversiteit' want dit gebruik visuele beelde en
simbole wat na verskillende rasse, kulture en subkulture verwys wat deel van die
breë gemeenskap van Suid-Afrika vorm. Die ronde skywe met die driehoekige
patrone verwys na die oorringe van die Zoeloe-kultuur en die visuele beeld van
Charlize Theron kan na die Westerse kultuur verwys. Kwaito is 'n musiekgenre
wat aan 'n spesifieke subkultuur in Suid-Afrika behoort. Verskillende visuele
beelde verwys na die verskillende rasse wat deel van ons samelewing vorm, bv.
die swart en wit hande wat mekaar vashou en die wit gesigte wat uit die lug met
wolke bokant Mandela se kop verskyn. Die plakkaat voeg hierdie visuele
beelde almal saam om 'n gebalanseerde en verenigde geheel te vorm. Die
boodskap wat oorgedra word, is dat eenheid verkry kan word al is Suid-Afrika
kultureel so uiteenlopend. Die feit dat hierdie visuele beelde geplaas is om
'n simmetriese geheel te vorm, dra 'n gevoel van orde en balans oor. Die
gebruik van helder kleure, soos geel, rooi, blou en groen dra geluk en
lewendigheid oor.
Krediet moet aan ander geldige stellings gegee word. (4)
[10]
V.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE PUNTE
VLAK (10)
Onthou, Herroep, Herken, Name 2.1 3
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer
2.1 3
Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40%
2.2 1
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2.2 3
Hoër Orde
Evalueer, Besin, Beoordeel 30%
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 3 [10 punte]
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek)
FIGUUR D is moontlik beïnvloed deur die geometriese lyne, vorms en patrone
van ander tradisionele Afrika- gesnede houtprodukte en beeldhouwerk (krediet
kan gegee word as leerders verwys na die gebruik van geometriese lyne deur die
Art Nouveau-ontwerper, Mackintosh), terwyl FIGUUR E se lyne en vorms
herinner aan die kromlynige lyne wat in Victoriaanse en Art Nouveau-haarkamme
gebruik is
Beide haarkamme word gebruik om hare te versier. FIGUUR D fungeer ook
as 'n seremoniële geskenk om 'n naderende troue te erken terwyl FIGUUR E
as versiering tydens 'n troue en ander geleenthede, soos 'n matriekdansfunksie,
gedra word. Die blink gehalte van FIGUUR E dui aan dat dit moontlik vir
deftige aandgeleenthede gebruik word.
Die tekstuur in FIGUUR D is 'n kombinasie van gladde en tasbare oppervlak-
detail. Die horisontale bande toon gegraveerde tekstuur wat kontrasteer met
die gladde oppervlaktekstuur van die vertikale 'tande' van die kam wat 'n
dramatiese kontras vorm. Die verskeidenheid materiaal wat in FIGUUR E
gebruik is, toon tasbare tekstuur wat lewendige beweging en vroulikheid oordra.
Die gladheid van die pêrels kontrasteer met die growwe tekstuur van die
ingelegde diamante op die dekoratiewe kromlynige motiewe.
FIGUUR D kombineer strak, horisontale, gestileerde, dekoratiewe, ingesnyde
diamantpatrone met vertikale, gedraaide, geknoopte stroke, terwyl FIGUUR E
glinsterende, diamantagtige stene en blink pêrels gebruik om organiese,
blaaragtige spiraalvormige dekoratiewe patrone te vorm. FIGUUR D is
vereenvoudig en geometries in vergelyking met die komplekse, baldadige
glinsterende aantrekkingskrag van FIGUUR E.
FIGUUR D is uit hout gekerf wat dit 'n organiese, kunshandwerk-kenmerk gee
terwyl FIGUUR E bestaan uit sintetiese materiaal, soos plastiek, sintetiese
pêrels en nagemaakte diamante, tipies van kostuumjuweliersware. FIGUUR D
is duursaam terwyl FIGUUR E meer tingerig en breekbaar lyk.
Krediet moet vir ander geldige stellings gegee word.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir antwoorde
in tabelvorm. Gebruik die kognitiewe vlakke as nasienriglyne. [10]
V.3.1 PUNTE
KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE
VLAK (10)
Onthou, Herroep, Herken 3.1 1
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 3.1 2
Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 3.1 4
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 3.1 2
Hoër Orde Evalueer, Besin 30%
Skep, Sintetiseer 3.1 1
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
3.2 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek.)
Die funksie of die kontemporêre Mainz-sinagoge in FIGUUR G is nie aanvanklik
duidelik nie want dit is 'n onkonvensionele, unieke en moderne struktuur wat nie
enigsins verwys na tradisionele tempelvorms nie. Aan die ander kant is
FIGUUR F 'n bekende tempelvorm en is dit duidelik 'n godsdienstige ruimte waar
aanbid word. FIGUUR G kombineer publieke funksies met godsdienstige
funksies. Die aansig van die gebou in FIGUUR G na die Ooste skep twee pleine
of oop ruimtes: 'n interne gemeenskapstuin funksioneer as 'n plek vir
ontspanning en viering en 'n openbare plein voor die hoofingang, wat na die
middestad front, skep 'n oop ruimte vir die buurt in 'n digbeboude stedelike
gebied. Hierdie sinagogekompleks in FIGUUR G funksioneer ook as 'n plek vir
volwasse onderrig en 'n Hebreeuse skool vir kinders. Die afwesigheid van enige
tipe hek of versperring beteken dat dit as 'n ware openbare ruimte funksioneer
wat vir alledaagse aktiwiteite gebruik word wat ongewoon vir 'n godsdiensgebou,
veral vir 'n sinagoge, in Duitsland is.
Die monumentale, reghoekige, eenvoudige struktuur in FIGUUR F staan op 'n
enorme opgeligte plaza. Die entablement rus op twee en veertig 19 m hoë,
regop, ongegroefde Korintiese suile wat met yster verbind is, wat 'n tipies
Klassieke struktuur skep, gedomineer deur horisontale en vertikale. Aan die
ander kant is die struktuur in FIGUUR G baie meer kompleks en bestaan uit 'n
baie skerp hoekige fasade. Die vorm is abstrak op die Hebreeuse woord vir
'seën' gegrond en is rondom die openbare binnehof gekurf. Die struktuur
gebruik veelvoudige perspektiewe in 'n perspektiewelike spel met die vensters
wat hulle verdwynpunte voorstel.
'n Verskeidenheid natuurlike materiaal is in die struktuur van FIGUUR F gebruik.
Die suile, basisse en kapitele is uit kalksteen gemaak terwyl die skagte uit
gepoleerde rooi Egiptiese graniet gemaak is en die ryklik gegraveerde
entablement ondersteun. Aan die binnekant is die cella versier met Korintiese
'halwe kolomme' wat aan weerskante van twee vlakke nisse staan wat
mosaïektonele van die geboorte en lewe van Bacchus uitbeeld. Daar word
bespiegel dat die kolomme in 'n onafgewerkte toestand opgerig is en slegs nadat
dit in plek was, afgerond en gepoleer is. Die ruimtelike kenmerk van
FIGUUR G word versterk deur die gebruik van herhalende stroke deursigtige
groen keramiekteëls wat die veranderende ligtoestand van die omgewing
weergee en 'n wye verskeidenheid kleure en skakerings skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Die basiliekstyl tempel van Bacchus in FIGUUR F, wat binne die tempel-
kompleks van Baalbek geleë is, is een van die bes bewaarde en
skouspelagtigste Romeinse tempelruïnes in die wêreld. Beïnvloed deur antieke
Griekse en Miceense argitektuur, word daar gedink dat dit tussen 50 en 250 VHJ
gebou is. Die afwisselende hoë en lae gepunte vorms van die Mainz-sinagoge
in FIGUUR G is geïnspireer deur Hebreeuse skrif en die verband daarvan met
ruimte. Om hierdie Joodse gemeenskapsentrum (sinagoge) met die woonbuurt
Mainzer Neustadt te integreer wat na die 19de eeu terugdateer, is die argitek ook
geïnspireer deur die gebruik van 'n 'omtrekblokpatroon of binnehof'
(Blockrandbebauung) wat 'n dominante argitekstyl in hierdie stedelike gebied is.
Die gepunte, gefragmenteerde struktuur weerspieël ook die invloed van die
Dekonstruktiwiste se gebruik van onstabiele, geometriese fragmentering.
Die tempel van Bacchus is bekend vir die indrukwekkende afmetings, ryklik
versierde klipwerk en monumentale hek met Bacchus-styl figure. Dit is versier
met van die mees verfynde reliëfwerk en beeldhouwerk wat nog uit die antieke
tyd oorleef het en die dekoratiewe klipsnywerk op die kosyn- en frieslyste sluit
rye leeus en bulle in wat motiewe was wat simbolies met die twee gode
geassosieer is. Die versiering het gedien as 'n invloedryke model vir
Neoklassieke argitektuur in die 18de eeu. Die tegnologie wat nodig is om die
kosynlysstruktuur te skep, is bewys van Romeinse ingenieursvermoëns. Blokke
wat tussen 66 ton en 100 ton geweeg het, is 19 m bo grondvlak opgelig met
krane en grondbanke om die klaksteenblokke in posisie te rol. Die versiering
van die sinagoge in FIGUUR G is baie meer uniform en eenvoudig as die van die
tempel in FIGUUR F. Die oppervlak is heeltemal bedek met stroke
geglasuurde keramiekteëls. Hierdie oppervlak asook die verskillende hoeke van
die mure skep 'n visueel opwindende dekoratiewe, rimpel- en driedimensionele
effek.
Krediet moet vir ander geldige stellings of 'n vergelyking van 'n Klassieke
en kontemporêre gebou wat die leerder bestudeer het, gegee word.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir antwoorde
in tabelvorm. Gebruik die kognitiewe vlakke as nasienriglyne. [10]
V.3.2 PUNTE
KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE
VLAK (10)
Onthou, Herroep, Herken 3.2 1
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer 3.2 2
Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 3.2 4
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 3.2 1
Hoër Orde Evalueer, Besin 30% 3.2 1
Skep, Sintetiseer, Regverdig 3.2 1
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1 Ken 20 punte in totaal toe.
Ken 10 punte vir elke beweging toe. Let daarop dat SLEGS EEN punt vir die
naam van 'n ontwerper en produk van elke beweging toegeken kan word.
Gebruik die kognitiewevlakrooster as 'n riglyn vir nasien.
Hierdie nasienriglyn gee 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
• Neoklassisisme
• Dekonstruktivisme
Die doelstelling van Neoklassieke ontwerp is om vereenvoudigde en
geordende geboue of produkte te skep wat gebalanseerd, kalm en stabiel is.
Dit word beïnvloed deur die Klassieke ideale van die Griekse en Romeinse
tydperke. Die ontwerpe weerspieël 'n herlewing van Klassieke bouelemente
soos die kolom, kolonnade, boog, gewelkroonlys, entablement en suilegang.
Die doel is om hierdie elemente te gebruik om harmonieuse, geordende
strukture te skep wat 'n gevoel van beheer, suiwerheid en statigheid uitstraal.
Neoklassieke ontwerp is 'n doelbewuste reaksie op die oordadigheid van
Rococo-ontwerp. Die fokus is nou op die ideale van voortreflikheid, eergevoel,
morele beginsels en verantwoordelikheid.
Kenmerkend van hierdie beweging is die uitbeelding van medaljes, druiweblare,
krulversierings, Klassieke vase, natuurlike elemente en karakters uit die antieke
mitologie, soos sfinkse en griffioene. Tipies van Neoklassieke geboue is die
feit dat dit meesal wit is wat bydra tot die gevoel van reinheid en
stilte/rustigheid/kalmte. Kolomme is hoog – amper die volle hoogte van die
gebou en herhaling van hierdie kolomme en kolonnades is oordadig, wat 'n
gevoel van grootsheid/prag bydra. Komposisies is simmetries gebalanseerd
met die klem op verhouding.
Die Amerikaanse Kongresgebou deur Thornton, Latrobe en Bulfinch,
Amerika, 1793–1830, beeld hierdie eenvoudigheid en suiwerheid baie goed uit.
Die buitekant is heeltemal wit, tipies van Neoklassisisme, en straal rustigheid
en reinheid uit. Die ontwerp het 'n imposante koepel en ronde venster soos die
Pantheon. Tipies van Neoklassisisme is die herhaling van hoë kolomme en
kolonnades wat orde en stabiliteit weergee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Die doelwit van Dekonstruktivistiese ontwerpe is om tradisionele maniere van
sien en uitbeeld omver te werp. Hulle wil dinge uitmekaar trek om verhoudings
tussen die verskillende komponente van 'n gebou of produk te ondersoek.
Hulle werke is verdraai, gefragmenteer en hersaamgestel om lig te werp op
nuwe verhoudings wat onstabiel en ontwrig voorkom. Die kyker word uitgenooi
om betekenis in chaos, wanbalans en verval te vind. Hierdie ontwerpe
oordryf/vergroot en dramatiseer.
Dekonstruktivistiese invloed het gegroei uit die skrywes van die Franse filosoof,
Jacques Derrida, en sy teorie van dekonstruksie wat beweer dat dekonstruksie
op alle vlakke van die lewe duidelik is en die gevolg is van die wisselwerking
tussen teenoorgesteldes wat in 'n onstabiele omgewing bestaan. Ander
invloede op Dekonstruktivistiese ontwerpe is die fasettering van Kubisme asook
die fasettering, geometrisering en klem van dinamiek op Futurisme. Die
bestudering van betekenis wat in nie-estetiese materiaal van Dada gevind word,
is nog 'n invloed. Dekonstruktivisme verwerp die funksionaliteit van
Modernisme as koud en onpersoonlik. In plaas daarvan word 'n outoritêre
ontwerpformule word, kreatiwiteit, verskeidenheid en individualiteit beklemtoon.
Kenmerkend van Dekonstruktivisme is die gebruik van misplaaste en
verwronge, hoekige, geometriese vorms wat 'n gevoel van dinamiek en visuele
chaos skep. Die hele vorm is gefragmenteer en dra 'n gevoel van onsekerheid,
ongemak en ontwrigting oor. Die struktuur verwerp suiwer funksie en
tradisionele idees van harmonie, eenheid en stabiliteit.
'n Voorbeeld van Dekonstruktivisme is Frank Gehry se 'Foundation Louis
Vuitton Contemporary Art and Performance Space'. Die gebou kom voor
as 'n reeks staalvlakke en glas wat uitmekaar getrek is om te onbloot wat onder
die oppervlak lê. Die vlakke lê in verskillende rigtings, wat ooreenstem met die
Dekonstruktivistiese teorie van wisselwerking van teenoorgesteldes, om 'n
natuurlik onstabiele omgewing weer te gee. Dit dra by tot die gevoel van
beweging en ruimte in die ontwerp. Twaalf aparte 'seile' oordek die gebou wat
die funksie daarvan verberg. Op hierdie wyse verwerp die ontwerp suiwer
funksie en die tradisionele idees van harmonie, eenheid en stabiliteit. Die
gebou is as 'n 'katedraal van lig' en 'n 'glaswolk' beskryf. (20)
V.4.1 PUNTE
KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE
VLAK (20)
Onthou, Herroep, Herken, Noem 4.1 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer 4.1 4
Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.1 8
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 4.1 2
Hoër Orde Evalueer, Besin 30% 4.1 1
Skep, Sintetiseer, Regverdig 4.1 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
4.2 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek)
Albei motors is deur die Masjientydperk geïnspireer. Die slanke/gladde,
langwerpige vorm van die Bugatti Tipe 57 toon Art Deco se belangstelling in die
Masjientydperk-, gestroomlynde vorms en die Cadillac Eldorado se gebruik
van vinne lyk asof dit geïnspireer is deur die Modernistiese belangstelling in die
gebruik van visvorms om spoed uit te beeld.
Die doel van Art Deco-ontwerpers is om ontvlugtingsitems te skep wat bekoorlik
en luuks is. Die Bugatti Tipe 57 weerspieël hierdie doel duidelik aangesien dit
'n groot, luukse motor is wat ontwerp is om gemaklik te reis. Die Cadillac
Eldorado is ook 'n luuksemotor maar die Pop-tydperk se doel om die populêre,
alledaagse kultuur van die tyd te weerspieël, kan gesien word in die feit dat die
stemming minder ernstig, meer pret is as wat die Bugatti uitstraal.
Die Bugatti het lang, slanke kromlynige lyne wat help om beide spoed en
elegansie uit te beeld. Die Cadillac Eldorado se lyne is ook lank en
gestroomlyn maar dit eindig nie in bolvormige kurwes nie – in plaas daarvan is
dit meer hoekig en skerp wat energie en pret uitstraal.
Die vorms van die Bugatti Tipe 57-motor is solied en swaar wat tot die deftige en
kragtige voorkoms daarvan bydra. Daarenteen is die vorms van die Eldorado
Cadillac meer lineêr, hoekig en lig. Die bolvormige, gekurfde masjienkap van
die Bugatti kan deur die organiese vorms van Art Nouveau en die
traandruppelagtige vorms uit die studie van aërodinamika geïnspireer wees.
Aan die ander kant, bestaan die Cadillac uit platter, reghoekige vorms wat
moontlik deur die Masjientydperk geïnspireer is.
Die Bugatti se dieprooi en roomkleurige kleurskema is tipies van Art Deco se
gebruik van dramatiese, teatrale kleur en straal prag en praal uit. Aan die
ander kant is die ligpienk van die Cadillac lighartig. Dit herinner aan roomys en
populêre plastiekprodukte en weerspieël die Pop-tydperk se liefde vir die nuwe,
kunsmatige reeks kleure wat in verfproduksie moontlik geword het.
Krediet moet vir ander geldige stellings gegee word.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm
toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as nasienriglyne. (10)
V.4.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE PUNTE
VLAK (10)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken, Name 30% 4.2 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer 4.2 2
Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.2 4
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 30% 4.2 1
Evalueer, Besin, Beoordeel 4.2 1
Skep, Sintetiseer, Regverdig 4.2 1
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOL-
HOUBARE KONTEKS
VRAAG 5 [20 PUNTE]
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1 5.1.1 (Ken 6 punte toe)
• Gebruik van visuele beelde (Ken 2 punte toe)
Die sosiale boodskap in die plakkate hierbo is effektief oorgedra deur
die visuele beelde van uitgeteerde modelle wat poseer nes die
modelle wat in eksklusiewe modetydskrifte poseer. Die Masai-
modelle poseer met duur oppervlakkige produkte wat met die
Westerse daaglikse lewe geassosieer word maar wat nie noodsaaklik
in hulle daaglikse lewe is nie. Die lettertipe (font) (woorde geskryf)
laat mens ook die boodskap maklik verstaan.
• Kleur (Ken 2 punte toe)
Die Masai-modelle is opgestel teen 'n bruin, somber, kaal landskap
wat droogte toon en ook moontlik hongersnood suggereer. Die
produkte wat die Masai-modelle vertoon, vang die oog as gevolg van
die blink, glinsterende geel lig wat deur die son vanaf die
plastiekmateriaal van die sonbril gereflekteer word en die
plastiekdeksel van die naskeermiddel. Die gebruik van kleur in die
boodskap (die woorde) staan uit.
• Gebruik van jukstaposisie/naasmekaarstelling (Ken 2 punte
toe)
Die modelle poseer met duur 'bling'-produkte wat met 'n
modebewuste spoggerige verwesters bestaan geassosieer word. Die
Masai-modelle toon egter fisiese tekens van armoede en wanvoeding.
Die kontras tussen die monetêre waarde van die mode-items
waarmee die modelle poseer en dit wat algemene basiese
noodsaaklikhede (skoon water, skuiling en kos) is, word verder deur
die geskrewe byskrif beklemtoon. Dit beklemtoon die verskil ten
opsigte van waarop geld in eerstewêreldse lande bestee word en wat
daardie tipe finansiële gerief in derdewêreldse lande kon beteken.
Krediteer enige ander geldige stellings. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
5.1.2 Ken 14 punte toe, 7 punte per gevallestudie.
Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
produk toe.
EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/
ONTWERPGROEP
• Doelwitte rakende die konsep van sosiokulturele ontwerp
Die doel van die Lumkani-brandalarm is om kwessies in die
samelewing wat die lewensgehalte van mense beïnvloed, aan te pak/
te verlig/te verbeter. Die Lumkani-brandalarm is vir informele
nedersettings in Suid-Afrika ontwerp, waar stampvol omstandighede
en oop vure vir kookwerk huisbrande tot gevolg kan hê. Vuur kan
maklik van huis tot huis versprei en hele gemeenskappe verwoes en
ontwortel.
• Noem en bespreek 'n ontwerper/ontwerpgroep en EEN van
sy/haar/hulle produkte wat sosiale verantwoordelikheid
weerspieël
Lumkani Fire Alarm by Socio Tech Institute
Die Lumkani-brandalarm is in 2015 deur SocioTech Institute ontwerp.
Dit het 'n ingeboude sellulêre en radionetwerk wat met 'n oudio-alarm
en SMS-boodskappe bure binne 'n radius van 60 meter waarsku oor
die ligging van die vuur sodat die gemeenskap vinnig kan reageer om
'n vuur te blus. Skuilings en pondokke in informele nedersettings
word met die hand uit geredelik beskikbare materiaal wat dikwels
hoogs vlambaar is, gebou. Daarby word hierdie pondokke dikwels
naby aan mekaar gebou wat 'n optimale toestand skep vir 'n vuur om
vinnig te versprei. As gevolg van die onbeplande aard van
informele nedersettings, is dit selde gekarteer wat dit vir
reddingsdienste besonder moeilik maak om die geaffekteerde plekke
te identifiseer en vinnig op 'n brand te reageer.
EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP
• Doelwitte rakende die konsep van sosiokulturele ontwerp
Vestergaard LifeStraw is ontwikkel om feitlik al die mikrobiologiese
kontaminante wat water onveilig maak om te drink, uitfiltreer. Die
tegnologie is 'n persoonlike 'strooitjieagtige' filter. Dit help mense in
ontwikkelende lande waar lopende water nie per pypleiding vanaf
munisipale bronne of ander veilige plekke verkry word nie en ook
tydens noodtoestande na natuurrampe wanneer water besoedel is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
• Noem en bespreek 'n ontwerper/ontwerpgroep en EEN van
sy/haar/hulle produkte wat sosiale verantwoordelikheid
weerspieël
Lifestraw deur Vestergaard
Die LifeStraw is in 1994 deur Vestergaard ontwerp. Dit is 'n filter wat
Guinea-wurm-larwes wat water besoedel, kan verwyder. Hierdie
lapfilter het teen 1991 in 'n meer doeltreffende pypvorm ontwikkel.
Meer as 37 miljoen LifeStraw Guinea Worm-filters het tot op hede tot
die feitlike uitwissing van die siekte bygedra.
Die LifeStraw-span is toegewy aan die herdefiniëring van veilige
drinkwater deur tegnologiese innovering en produkgehalte en
ontwerp. Daardeur dryf ons volhoubare toegang tot veilige
drinkwater deur regerings, skenkers en individuele verbruikers te
betrek om die probleem te verstaan en 'n aktiewe deel van die
oplossing te word.
Vestergaard erken dat alhoewel die LifeStraw-tegnologie vir baie
gebruike effektief was, innovering rondom produkontwerp belangrik
was om aan die behoeftes van verskillende groepe mense te voldoen.
LifeStraw-tegnologie is in 2008 aangepas vir interne (binnenshuise)
gebruik en die LifeStraw-Gesinsuiweraar is ontwikkel om groter
hoeveelhede water te suiwer.
Die LifeStraw-portefeulje ontwikkel voortdurend, soos bv. die hoë-
volume-LifeStraw-Gemeenskapsuiweraar vir plekke soos skole en
hospitale (in 2013 bekendgestel), die LifeStraw-Go-hervulbare
waterbottel (2014) en die LifeStraw Mission, 'n hoëvolume-,
opvoubare sak ideaal vir kampterreine, voetslaan in groepe en
ekspedisies (in 2015 bekendgestel).
'n Gedeelte van die wins uit verbruikersverkope van enige LifeStraw-
produk enige plek ter wêreld gaan vir die aankoop van LifeStraw-
Gemeenskapsuiweraars wat aan skole en ontwikkelende
gemeenskappe versprei word. As gevolg daarvan gee elke
verbruikersaankoop een skoolkind in 'n ontwikkelende gemeenskap
veilige water vir 'n hele skooljaar.
LifeStraw is ideaal vir voetslaan, kampeer, reis en noodtoestand-
voorbereiding. Die strooitjieagtige filterontwerp verander 1 000 liter
besoedelde water in veilige drinkwater. Jy kan direk uit stroompies
en mere of enige houer drink. Gebruik gevorderde holvesel-
membraantegnologie om tot 264 gallon of 1 000 liter water tot
0,2 mikron te filtreer. Dit verwyder 99,9999% wateroordraagbare
bakterieë, E. coli en salmonella ingesluit, en 99,9% water-
oordraagbare protosoë, Giardia en Cryptosporidium ingesluit.
Krediteer enige ander geldige stellings. (14)
[20]
V.5.1 PUNTE
KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE
VLAK (20)
Onthou, Herroep, Herken, Noem 5.1.1 2
Laer Orde 30%
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer 5.1.2 4
5.1.1 4
Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40%
5.1.2 4
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.2 3
Hoër Orde Evalueer, Besin, Beoordeel 30% 5.1.2 2
Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.1.2 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 14 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
OF
5.2 5.2.1 (Ken 10 punte toe, 2 punte per vereiste)
XHOSA-KRALEWERK
• Geskiedenis en sosiale funksies
Kralewerk word in die Afrika-samelewing as 'n middel tot sosiale
differensiasie gebruik; dit word gebruik om die sosiale rol, lewensfase,
geestelike toestand of huwelikstaat van die draer in sy/haar
gemeenskap uit te beeld. Voorwerpe met krale vorm ook 'n
belangrike deel van tradisionele Afrika-kleredrag en van spesiale
geleenthede soos troues en feeste.
• Materiaal, metodes en prosesse
Die materiaal wat in tradisionele Xhosa-kralewerk gebruik word, is
dieresenings en glaskrale waarvan wit krale die gunsteling is.
Spelde om die voltooide produk aan die kledingstuk vas te steek,
word ook gebruik. Die steen- of ruitsteekmetode word gebruik om
presiese, geometriese patrone en vorms te skep.
• 'n Bespreking van EEN voorbeeld en die naam/name van die
inheemse kulturele gemeenskap of inheemse handwerk-
kunstenaar wat dit gemaak het
Bv. die bewaarder-van-die-hart-halssnoer by die Xhosa kulturele
gemeenskap. Die bewaarder-van-die-hart-halssnoer is 'n klein
kralewerkpaneelhalssnoer wat algemeen deur Xhosa-vroue om die
nek gedra word en wat oordra hoe hulle oor hulleself voel. Die
halssnoer het 'n vierkantige of reghoekige paneel waarop daar 'n
gestileerde mensefiguur in gekodeerde vorm verskyn. Die houding
van die gestileerde figuur vertel vir ons dat die draer hom-/haarself
beskou as hardwerkend of 'n goeie danser of, partykeer, dat hy/sy te
oud is om te dans. Die bewaarder-van-die-hart-halssnoer word
soms ook deur mans gedra en dui aan dat die vrou 'n goeie danser of
'n harde werker of 'n goeie huisvrou is.
• Die waarde van die beoefening van hierdie tipe kunshandwerk
in kontemporêre Suid Afrika
Die beoefening van tradisionele kunshandwerk in kontemporêre Suid-
Afrika help om die kunshandwerk lewendig te hou en op hierdie wyse
word tradisionele Afrika-praktyke en -kultuur bewaar. Hierdie
praktyk skep ook ekonomiese vooruitsigte vir die ontwerper en gee
die ontwerper 'n geleentheid om sy/haar gemeenskap te bemagtig.
Dit word gedoen deur vaardighede met die gemeenskap te deel om
potensieel die ekonomiese situasie van die gemeenskap te verbeter.
Krediteer enige ander geldige stellings. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 15 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
5.2.2 (Ken 10 punte toe)
• Naam van ontwerper/ontwerpgroep en sy/haar/hulle
ontwerpproduk(te)
Xhosa-geïnspireerde kralewerk-iPhone-bedekking deur Vukile Batyi
en Laduma Ngxokolo
• 'n Bespreking van hoe tradisionele tegnieke/metodes en
materiaal op kontemporêre ontwerp toegepas is en verwys na
spesifieke voorbeelde om jou stellings te ondersteun
Die Xhosa-kralewerk geïnspireerde iPhone-bedekking is met
glaskrale gemaak en gebruik tradisionele kralewerktegnieke om 'n
21ste eeuse bykomstigheid wat oral te kry is, te skep. iPhone-
bedekkings is net so gewild soos die iPhone self. iPhone-
bedekkings is 'n modieuse bykomstigheid wat iPhone teen skerm- en
vogbeskadiging beskerm. Batyi word deur sy oorlede tante
geïnspireer en hy gebruik tradisionele kralewerkvaardighede om
unieke, helder en treffende ontwerpe vir die Suid-Afrikaanse en
internasionale markte te skep.
• Bespreek of hierdie produk(te) 'n sosiokulturele bydrae maak
Die patrone waarin die krale uitgelê word, word hoofsaaklik in die
Xhosa-kultuur gevind en gebruik. Die gebruik van 'n tradisionele
tegniek om 'n tegnologiese toestel te beskerm en te versier, skep 'n
kontras van teenoorgesteldes, 'n New Age digitale bykomstigheid wat
deur 'n ou handgemaakte element versier en beskerm word. Die
gebruik of Xhosa-geïnspireerde patrone vir 'n kontemporêre ontwerp
is 'n manier om voorheen benadeelde samelewings te eer deur die
bydrae van die ontwerp aan die ontwerpwêreld te erken.
Tradisionele ontwerpers wie se werk hierdie bedekkings beïnvloed
het, kan vir die ontwerpe tantieme betaal word en dus werk skep vir
mense met 'n tradisionele agtergrond. (10)
[20]
V.5.2 PUNTE
KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE
VLAK (20)
5.2.1 2
Onthou, Herroep, Herken, Noem
5.2.2 1
Laer Orde 30%
5.2.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer
5.2.2 1
5.2.1 4
Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40%
5.2.2 4
Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.2 2
Hoër Orde Evalueer, Besin 30% 5.2.1 2
Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.2.2 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 16 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 6 [20 punte]
6.1 6.1.1 (Ken 4 punte toe)
Die omgewingswaarskuwing in FIGUUR K waarsku mense teen die
gevaar van plastiekbesoedeling van die see. Die plakkaat skep
bewustheid van die invloed van plastiekbesoedeling op die omgewing
van die see. Dit beïnvloed die gehalte van die water in die see en ook
die lewensduur van seediere en mariene plante. By mense kan
plastiekbesoedeling lei tot ernstige reaksies en siektes deur fisiese
kontak of inname van water of kos uit die see afkomstig. Die krag
van die boodskap word versterk deur die gebruik van 'n lettertipe
(font) wat vetgedruk, sans serif en hoofletters is. Die visuele beeld
van die heerlike sushi-rolletjies waar plastiek die seewier vervang, is
'n sterk beklemtoning van die boodskap van omgewingsbesoedeling
wat hand uitruk.
Krediteer enige ander geldige stellings. (4)
6.1.2 (Ken 2 punte toe)
Ja, skokkende visuele beelde in 'n plakkaatveldtog kan 'n invloed op
mense se persepsies hê en dit verander, bv. die invloed van
besoedeling kan hulle aanmoedig om hulle gewoontes te verander
nadat hulle skokkende visuele beelde gesien het.
OF
Nee, plakkaatveldtogte is soms nie doeltreffend om mense se gedrag
te verander nie want mense vergeet die boodskap van die plakkaat
sodra hulle wegstap. Uit die oog, uit die hart is dikwels mense se
reaksie. Wetgewing moet in verskeie lande verskerp word om
strenger wette oor kwessies wat die omgewing beïnvloed, af te dwing.
Krediteer enige ander geldige stellings. (2)
6.2 (Ken 14 punte in totaal toe, 7 punte per gevallestudie)
VOORBEELD VAN 'N SUID-AFRIKAANSE OMGEWINGSONTWERPER/
ONTWERPGROEP
Naam van ontwerpmaatskappy: ZETU, naam van skoen: Izimbadada
Die eienaar van ZETU, 'n maatskappy wat in landelike KwaZulu-Natal skoene
vervaardig, en 'n skoenontwerper, Reggie Xaba, wil modieus, stylvol en
ultramodern wees en ook die feit dat hulle van Afrika kom, vier. Izimbadada-
skoene is gewild gemaak deur Mbaqanga- en Maskandi- (Suid-Afrikaanse
musiekgenres met landelike Zoeloe-wortels) musikante wat dit vir duursaamheid
wanneer Zoeloedanse opgevoer word, verkies. Die ontwerp van die skoen is
geïnspireer deur die bekende Afrika-omgewing, soos die stowwerige terrein van
KwaZulu-Natal, die besige strate van Johannesburg, Lagos en Nairobi of enige
ander Afrika-stad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 17 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Hierdie rubbersandale, wat in geheel uit ou motorbande gemaak word, is
oorspronklik gedra deur mense in landelike gebiede, wat stede toe getrek het en
in hostelle gaan woon het. Sedertdien het dit die breër spektrum van die
samelewing as 'n mode-item getref. Die skoene word swaar en stewig gemaak
want Zoeloedans behels baie hewige stampery wat hard op die voete is. Die
ligter weergawes van die tradisionele handgemaakte sandaal gebruik moderne
materiaal en snymetodes en is met modieuse en oorspronklike patrone versier.
Alhoewel die sandale 'n kenmerkende sool het wat van motorbande gemaak
is, verskil ontwerpe en dit word dikwels op bestelling gemaak volgens die koper
se versoek. Die sandale is gemaklik en modieus en die tradisionele drag het
'n herskepte voorkoms gekry. Dit kan bandjies versier met beesvel insluit
asook bandjies wat met krale of borduurwerk versier is.
Die skep van hierdie produkte help om die omgewing skoon te hou want dit word
uit afvalmateriaal vervaardig. In plaas daarvan dat hierdie tipe bande op
grondopvullingsterreine weggegooi word, kry dit nuwe lewe as skoene. Die
rubber wat uit die bande herwin word, verminder ook die koolstofvoetspoor op die
omgewing. Bande is nie-herwinbare bronne met die meeste mense en
handelsvervoernywerhede wat hulle ou bande op grondhervullingsterreine
weggooi. Die gebruik van hierdie bande as materiaal in die ontwerp van produkte
help om afval en die negatiewe invloed op die omgewing te verminder.
VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER
(Ken 7 punte per gevallestudie toe)
Naam van ontwerper: Laurence Brabant, naam van produk: Cold Cuts
Die Cold Cuts-versameling deur Laurence Brabant vat herwinde wynbottels en
verander dit in opdienware en glase. Hulle doel is om onpretensieuse diskrete
ontwerpe deur gesofistikeerde, funksionele, eenvoudige voorwerpe te
vervaardig. Die wynbottels word gesny en afgekant. Laurence Brabant,
gebruik herwinbare hout soos beukehout en kurk om die handvatsels te maak.
Al Laurence Brabant Editions word in hulle ateljee met die hand gemaak.
Geen vorms of modifikasies word gebruik nie. Elke stuk is uniek want dit word op
een slag gemaak wat ervare vaardigheid en konsentrasie verg. 'n Herwinde
wynbottel word as 'n materiaal gekies want dit laat Laurence ontwerpe
vervaardig want andersins deur pypblaas beperk sou gewees het. Hierdie
stukke is hittebestand en bedrieglik duursaam. Laurence Brabant het daarin
geslaag om 'n paar unieke ontwerpe te skep wat teen gewone herwinde uitstaan.
Brabant skep unieke kombuisgereedskap soos deftige wynglase, oulike en
aantreklike glase en nog meer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 18 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
Met Cold Cuts speel die ontwerper met 'n paar standaarde: hierdie wynbottels
wat gesny en afgekant word, het altyd dieselfde binneafmetings want dit word in
vase, kershouers en lepels verander.
Die bottel is nie biodegradeerbaar nie, is herwinbaar, opsikleerbaar en selfs
herbruikbaar wat help om besoedeling van die omgewing te verminder.
Herwinning verminder vervaardigingskoste en -prosesse wat weer bi-produkte
(chemikalieë) oplewer wat 'n gevaar vir die omgewing is. Met Cold Cuts, help
Laurence Brabant om die planeet aarde skoon te maak en te red van gevaarlike
materiaal wat die omgewing beskadig. Glas is 'n herwinbare materiaal wat
gesmelt kan word om nuwe ontwerpprodukte te skep. Die volop afvalglas
beteken dat glas geredelik beskikbaar is met ons steeds groeiende
wêreldbevolking. (14)
[20]
V. 6 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGSWAARDE VRAE PUNTE
VLAK (20)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken, Noem 30% 6.1.1 1
6.1.2 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer 6.2 4
Middelorde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 6.1.2 2
6.2 6
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 30% 6.1.1 1
Evalueer, Besin, Beoordeel 6.1.2 1
Skep, Sintetiseer, Regverdig 6.2 4
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (English)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (English)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Question paper