You're offline
Skip to content
Question paper

Design P1 May June 2019 Afr hlayiso.com

Subject: DesignGrade 12201913 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN ONTWERP (TEORIE) 2019 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/2019 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAE 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm antwoord NIE. 6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet bestee. 7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/2019 SS/NSS AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Sho't Left-plakkaat deur Karabo Poppy Moletsane (Suid-Afrika), 2014. 1.1.1 Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR A hierbo:  Lyn  Tekstuur  Kontras  Beweging (4 x 2) (8) 1.1.2 Verduidelik die gebruik van visuele hiërargie in FIGUUR A hierbo. (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/2019 SS/NSS 1.2 FIGUUR B: Breidrag deur Sundra Backlund (Swede), 2016. Verduidelik die gebruik van die volgende ontwerpelemente en -terme in FIGUUR B hierbo:  Lyn  Tekstuur  Kleur  Vorm  Funksie (5 x 2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP 2.1 Bestudeer die plakkaat in FIGUUR C hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR C: IBM-plakkaatveldtog deur Ogilvy en Mather (VSA), 2010. IBM se 'smarter planet'-veldtog is 'n verbintenis tot die beskerming van die gehalte van ons toekoms; hulle het ten doel om die wêreld slimmer te maak deur intelligensie by stelsels en prosesse in te voeg, bv. vervoer en onderwys. 2.1.1 Verduidelik die gebruik van EEN simbool in FIGUUR C wat die boodskap van die plakkaat beklemtoon. (2) 2.1.2 Bespreek die gebruik van positiewe en negatiewe ruimte in FIGUUR C hierbo. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/2019 SS/NSS 2.2 FIGUUR D: Boekomslag deur Joey Hifi (Suid-Afrika), 2010. 2.2.1 Verduidelik wat die tipografie jou oor die inhoud van hierdie boek vertel deur na die teksture en beeldgebruik in FIGUUR D hierbo te verwys. (4) 2.2.2 Bespreek die rol wat 'n boekomslag-ontwerp by die verkoop van 'n boek speel. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 3 Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Verwys na FIGUUR E en FIGUUR F hieronder en beantwoord die vraag wat volg. FIGUUR E: Noord-Afrika-oorbelle, FIGUUR F: 'Swinging London'-styl ontwerper en datum onbekend. oorbelle, 1960's. Skryf 'n opstel van ten minste 200–250 woorde (EEN bladsy) waarin jy FIGUUR E met FIGUUR F vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Materiaal  Inspirasie  Kleur  Balans  Fatsoen (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/2019 SS/NSS 3.2 FIGUUR G: Bahá'i-tempel deur Hariri Pontarini Interieur van Bahá'i-tempel Argitekte (Chili), 2014. FIGUUR H: Die Pantheon (Italië), 113–125 CE Binnekant van die Pantheon Skryf 'n opstel van ten minste 200–250 woorde (EEN bladsy) waarin jy die Klassieke tempel in FIGUUR H met die kontemporêre tempel in FIGUUR G vergelyk. Anders kan jy enige Klassieke gebou met enige kontemporêre gebou vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Funksie  Beskermhere/Ondersteuners/Gebruikers  Struktuur  Argitektoniese vernuwings  Boumateriaal (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/2019 SS/NSS AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 Sommige ontwerpbewegings kan verbind word met Mies van der Rohe se filosofie van 'Less is More' ('Minder is Meer'), terwyl ander weer met Robert Venturi se filosofie van 'Less is Bore' ('Minder is Vervelig') verbind kan word. Kies TWEE bewegings uit die lys hieronder. Skryf 'n opstel van 400–450 woorde (TWEE bladsye) waarin jy bespreek hoe een beweging 'n verbintenis met Mies van der Rohe se filosofie het, terwyl die ander beweging 'n verbintenis met Venturi se filosofie het. Verwys na die doelstellings, invloede en eienskappe van elke beweging sowel as EEN ontwerpvoorbeeld en ontwerper uit ELKE beweging om jou stellings te motiveer.  Goties  De Stijl  Renaissance  Modernisme  Barok  Pop  Neoklassisisme  Skandinawies  Art Nouveau  Postmodernisme  Bauhaus  Dekonstruktivisme (20) 4.2 FIGUUR I: Art Deco Emalje-handsak FIGUUR J: Kuns en Kunshandvlyt deur Evans (Engeland), ongeveer 1930. Bewerkte Leersak deur Meeker (Engeland), 1910. Skryf 'n opstel van 200–250 woorde (EEN bladsy) om te verduidelik watter ontwerpbewegings FIGUUR I en FIGUUR J verteenwoordig deur die twee handsakke te vergelyk. Verwys na die volgende in jou verduideliking:  Invloede  Tekstuur  Lyn  Balans  Patroon (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/2019 SS/NSS AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 FIGUUR K: Anti-boelie-plakkaat deur Hooper Galton (Engeland), 2005. 5.1.1 Verduidelik hoe die beeldgebruik in die plakkaat in FIGUUR K hierbo die konsep van 'boelie' uitbeeld. (3) 5.1.2 Dink jy dat die tipografie wat in die plakkaat hierbo gebruik is, die boodskap suksesvol oordra? Bespreek. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/2019 SS/NSS 5.1.3 Skryf TWEE aparte opstelle van ten minste 200–250 woorde ELK (TWEE bladsye in totaal), en noem en bespreek die werke van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep wat sosiokulturele besorgdheid/kwellings beklemtoon. Ondersteun jou bespreking met die volgende:  Die naam van die ontwerper of ontwerpgroep en dui aan of hy/sy/hulle Suid-Afrikaans of internasionaal is  Algemene doelstellings en invloede van die ontwerper en verduidelik hoe sosiokulturele besorgdheid/kwellings aangepak word  'n Beskrywing van EEN voorbeeld en verwys na materiaal en ander sleutelkenmerke Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is nie. (14) [20] OF 5.2 FIGUUR L: Kralewerk-blompotte deur Street Wire (Suid-Afrika), 2012. 5.2.1 Dink jy dat die produk in FIGUUR L hierbo as 'n ontwerp of kunshandwerk, of beide, beskou word? Gee redes vir jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/2019 SS/NSS 5.2.2 Bespreek enige EEN soort inheemse kunshandwerk wat jy bestudeer het. In jou bespreking, verwys na die volgende:  Die naam van die inheemse gemeenskap wat dit geproduseer het  Oorsprong en tradisionele geskiedenis van die kunshandwerk  Funksie en sosiale waarde van die kunshandwerk  Materiaal en metodes gebruik  'n Beskrywing van EEN voorbeeld (8) 5.2.3 In 'n opstel van 200–250 woorde (EEN bladsy) bespreek die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep wat tradisionele kunsvlyttegnieke en/of materiaal by sy/haar/hulle ontwerpe insluit en sodoende sosiale en/of kulturele kwessies ondersoek. Sluit die volgende by jou bespreking in:  Doelstellings, invloede en eienskappe  'n Gedetailleerde beskrywing van hoe tradisionele tegnieke/ metodes en/of materiaal op 'n moderne/kontemporêre wyse toegepas is. Verwys na ten minste EEN voorbeeld om jou stellings te motiveer.  Bespreek die algemene sosiokulturele bydrae wat deur die ontwerper/ontwerpgroep gemaak word Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is nie. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 13 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 6 6.1 FIGUUR M: 'Sneaker'/Tekkie deur Adidas/Parley (Duitsland), 2015. 6.1.1 Die produk in FIGUUR M hierbo is vervaardig deur die konsep van biomimikrie met herwinde plastiek te kombineer. Verduidelik waarom dit 'n positiewe ontwerpbenadering is. (4) 6.1.2 Wat is die negatiewe impak van nie-afbreekbare materiaal op die omgewing? (2) 6.2 Skryf TWEE aparte opstelle van ten minste 200–250 woorde ELK (TWEE bladsye in totaal), en noem en bespreek die werke van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep wie se werk omgewings- en volhoubaarheids- kwessies ondersoek. Verwys na die volgende in jou bespreking:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en een van sy/haar/hulle ontwerpprojekte  Hoe die ontwerper/ontwerpgroep omgewing/volhoubare kwessies in sy/haar/hulle ontwerpprosesse hanteer  'n Kort beskrywing van die bogenoemde ontwerpprojek  Verduidelik die ontwerp se impak op die omgewing Jy mag NIE verwys na enige ontwerper/ontwerpmaatskappy wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in die vraestel gebruik is nie. (14) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Design

Explore more published documents in this catalogue.

View all