Skip to content

Design Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paperDesignGrade 12201913 pages

Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V1 (TEORIE) NOVEMBER 2019 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAE 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm antwoord NIE. 6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet bestee. 7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/November 2019 NSS AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Deel van The Zambezi Collection ('Die Zambesi-versameling')- tekstielontwerpe deur Halsted Design van Ardmore (Suid-Afrika), 2015. Bespreek die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR A hierbo:  Kleur  Tekstuur  Balans  Kontras  Eenheid (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/November 2019 NSS 1.2 FIGUUR B: Jeppestown Waiting Bench ('Jeppestown Wagbank') deur David Krynauw (Suid-Afrika), 2016. Analiseer en bespreek FIGUUR B hierbo met verwysing na die volgende:  Funksie  Lyn  Negatiewe ruimte  Inspirasie/Invloede  Herhaling (5 x 2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/November 2019 NSS VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP 2.1 FIGUUR C: What Is To Become of the Surplus Labour? ('Wat Gaan Van die Oortollige Arbeiders Word?'), plakkaat deur Ian Whadcock (VK), 2014. Bespreek kortliks hoe die plakkaat in FIGUUR C hierbo sy boodskap oordra deur na die gebruik van beelde, skaal en stereotipes te verwys. (6) 2.2 FIGUUR D: Corporate Corruption ('Korporatiewe Korrupsie'), plakkaat deur Luba Lukova (VSA), 2008. Identifiseer TWEE simbole in FIGUUR D hierbo EN bespreek die moontlike betekenisse daarvan met betrekking tot die plakkaat. (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/November 2019 NSS VRAAG 3 Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Verwys na FIGUUR E en FIGUUR F hieronder en beantwoord die vraag wat volg. FIGUUR E: Ndebele-pop, FIGUUR F: Prinses Barbie Blonde ontwerper onbekend (Suid-Afrika), Pop deur Ruth Handler (VSA), 1998. 1959. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die pop in FIGUUR E met die pop in FIGUUR F hierbo vergelyk. Gebruik die volgende in jou vergelyking:  Vorm  Ontwerp-identiteit  Materiaal en tegnieke  Funksie  Kleur (5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/November 2019 NSS 3.2 FIGUUR G: Public Baths of Caracalla Interieur van Openbare Baddens ('Openbare Baddens van Caracalla') (Rome), van Caracalla. 212 en 219 AE. FIGUUR H: The House of Algae ('Die Glaspanele gevul met vloeibare Algehuis') deur Arup (Duitsland), 2009. biomassa-materiaal (alge) wat sy eie elektrisiteit kan voorsien. Gebruik jou kennis van Klassieke en kontemporêre argitektuur en skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke gebou in FIGUUR G hierbo met die kontemporêre gebou in FIGUUR H hierbo vergelyk. Anders kan jy enige Klassieke gebou met enige kontemporêre gebou wat jy bestudeer het, vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Struktuur  Innoverende/Vernuwende materiaal  Dekoratiewe elemente  Uitleg  Funksie (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/November 2019 NSS AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 Wat is ontwerp? Dit is waar jy met 'n voet in twee wêrelde staan – die wêreld van tegnologie en die wêreld van mense en menslike voorneme. – Mitchell Kapor Kies enige TWEE bewegings uit die lys hieronder wat die aanhaling hierbo weerspieël.  Goties  Renaissance  Barok  Neoklassisisme  Kuns en Kunsvlyt  Art Deco  De Stijl  Bauhaus  Modernisme  Skandinawiese Ontwerp  Pop  Postmodernisme Skryf 'n opstel (ten minste TWEE bladsye) waarin jy bespreek hoe ELKE beweging wat jy gekies het, die aanhaling hierbo weerspieël. Ondersteun jou antwoord deur te verwys na:  Die doelwitte en invloede van ELKE beweging  Die stilistiese eienskappe van jou gekose bewegings  EEN voorbeeld en ontwerper van BEIDE bewegings om jou stellings te motiveer (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/November 2019 NSS 4.2 FIGUUR I: Art Nouveau Gekerfde FIGUUR J: Dekonstruktivistiese Stoel, ontwerper onbekend (Italië), Another Chair ('Nog 'n Stoel') vroeë 20ste eeu. deel van die Boarded up Collection deur Karen Ryan (Engeland), 2008. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die stoel in FIGUUR I met die stoel in FIGUUR J hierbo vergelyk. Verwys na die volgende in jou vergelyking:  Invloede  Ergonomie  Balans  Lyn  Fatsoen (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/November 2019 NSS AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 When you can't talk about abuse, talk to us When you can't talk about abuse, talk to us FIGUUR K: SPEAK OUT Campaign ('SÊ JOU SÊ-veldtog'), plakkate deur Shahed Ali (Londen), 2011. 5.1.1 Bespreek hoe die boodskap in die plakkate hierbo (FIGUUR K) deur die gebruik van uitleg, visuele beelde en teks oorgedra word. (6) 5.1.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die sosiobewuste ontwerp van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep bespreek. Verwys na die volgende in jou opstelle:  Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en EEN ontwerpproduk  'n Kort bespreking van die algemene eienskappe van die ontwerp  Verduidelik hoe die ontwerpers se werk sosiobewustheid weerspieël. Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel voorkom NIE. (14) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/November 2019 NSS 5.2 FIGURE L: Oversized Shopping Products ('Oorgroot Inkopie-items') deur Monkeybiz (Suid-Afrika), 2015. 5.2.1 Bespreek hoe die ontwerpprodukte in FIGUUR L hierbo ons Suid-Afrikaanse ontwerp-identiteit vier. (2) 5.2.2 Bespreek die werk van EEN tradisionele Suid-Afrikaanse kunsvlytgemeenskap wat jy hierdie jaar bestudeer het deur na die stelling hieronder te verwys. Die hoofdoel vir baie tradisionele Suid-Afrikaanse kunsvlyt- gemeenskappe is om die voortsetting van hulle kulturele erfenis- praktyke in stand te hou omdat dit nasionale trots ontwikkel. – Onbekende skrywer Gebruik die volgende in jou bespreking:  Materiaal, metodes en prosesse wat in die maak van die kunsvlytproduk gebruik is  Die moontlike funksies van die kunsvlytprodukte  Moontlike simboliese betekenis van patrone en/of van die kunsvlytprodukte (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/November 2019 NSS 5.2.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor enige EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper wie se ontwerpe beïnvloed word deur Suid-Afrikaanse inheemse kennisstelsels wat ons kulturele erfenis op 'n getransformeerde wyse vertoon. Gebruik die volgende riglyne in jou bespreking:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerpproduk  'n Gedetailleerde beskrywing en analise van die produk hierbo  Verduidelik hoe die ontwerp die invloed van inheemse kennisstelsels weerspieël Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel voorkom NIE. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 13 DBE/November 2019 NSS VRAAG 6 6.1 FIGUUR M: Bioafbreekbare Waterbottels gemaak van seegras, getoon in verskillende stadiums van disintegrasie deur Ari Jónsson (Ysland), 2016. 6.1.1 Verduidelik die term bioafbreekbaar deur na die bottelontwerp in FIGUUR M hierbo te verwys. (2) 6.1.2 Noem TWEE ander produkte wat nie-bioafbreekbaar is en verduidelik waarom dit 'n gevaar vir ons omgewing inhou. (4) 6.2 Om ons ekosisteme te kan herstel, moet ons tegnologie op 'n sensitiewe en intelligente manier gebruik … Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep bespreek wie se werk ons huidige omgewingskrisis ondersoek. Verwys na die stelling hierbo. Gebruik die volgende as riglyne:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep/maatskappy en EEN ontwerpproduk  Omgewingsuitdagings wat ondersoek is  Die toepaslike gebruik van materiaal, prosesse en tegnologieë wat gedurende die navorsing en produksiefases gebruik is Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel voorkom NIE. (14) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all