Skip to content

Design Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Question paperDesignGrade 12202324 pages

Grade 12 Design Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V2 (PRAKTIES) 21 JULIE–23 OKTOBER 2023 PUNTE: 100 TYD: ONDERWERP 1: Praktiese proses/voorbereiding gedurende 3de kwartaal by die skool en/of tuis [50] ONDERWERP 2: Finale praktiese produk onder gekontroleerde omstandighede SLEGS by die skool gedoen: 'n maksimum van 24 uur gedurende die 4de kwartaal [50] Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 bylae. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: ONDERWERP 1: Die eksamenbronboek/werkboek (50 punte) ONDERWERP 2: Die finale eksamen-ontwerpproduk (50 punte) TOTAAL: 100 punte 2. Hierdie vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN van die twee opsies. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 3 DBE/November 2023 NSS OPDRAG/TEMA 1: ONTWERP VIR MAATSKAPLIKE WELSYN DIE OPDRAG: Die Aryan Benevolent Home (ABH), wat in 1921 gestig is, is 'n organisasie sonder winsoogmerk (OSW) ('NPO') en ook 'n openbare voordeelorganisasie ('PBO') wat in Chatsworth, Durban, geleë is. ABH is 'n maatskaplikewelsynsorganisasie wat 'n toevlugsoord vir kwesbare en hawelose mense is. Hulle het agt fasiliteite wat 24-uur- dienste aanbied om verwaarloosde, mishandelde of weeskinders, bejaardes, slagoffers van huishoudelike geweld, en andersbevoegde persone te versorg. ABH het 'n teater, 'n leersentrum, eetsaal en nasorggeriewe vir ouer kinders. Die tehuis het ook 'n geakkrediteerde gesondheidsorg-opleidingsprogram wat versorgers in die gemeenskap bemagtig met vaardighede om bejaardes en siekes te versorg. Anders as ander organisasies sonder winsoogmerk, sukkel die ABH om geld in te samel om voort te gaan om die lewens van die inwoners te verryk. Boonop moet baie van hulle geriewe opgeknap en/of gerestoureer word. Hierdie geriewe vereis innoverende ontwerpoplossings om die verskillende aspekte van hulle bestaande geriewe te herontwerp, terwyl hulle ook die omgewing van die ABH voortdurend verbeter. Jy mag ook heeltemal nuwe ontwerpoplossings skep wat waarde by die werk van die ABH sal voeg. Gebaseer op die ABH se bestaande missiebeginsels, skep ('n) geïnspireerde innoverende ontwerpoplossing(s) vir die ABH. Jou ontwerp kan help om fondse in te samel, die omgewing van die tehuis te verbeter en/of die tehuis te hernuwe. Anders kan jy ontwerpoplossings skep wat waarde voeg by enige ander bestaande OSW/'PBO' in jou provinsie, wat soortgelyke werk as die Aryan Benevolent Home (ABH) doen. GEVALLESTUDIE: Aryan Benevolent Home (ABH) Daar word van jou verwag om navorsing te doen oor die Aryan Benevolent Homes, hulle doel, missie en die geskiedenis van die ontstaan daarvan asook die verskillende ontwerpe wat dit kan inspireer. Soek op die internet en bestudeer webtuistes van ander organisasies wat eenders as die ABH is om jou met jou navorsing te help. Hierdie navorsing moet as deel van jou bronboek/werkboek van Onderwerp 1 aangebied word. Verwys na die kriteria vir die ontwerpproses en finale produk saam met die assesseringsriglyne. Skep 'n Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp- en/of Digitale Ontwerp- oplossing wat die hernuwing van die handelsmerk van die bestaande korporatiewe identiteit van die ABH kan insluit. Dit kan bestaan uit 'n logo, briefhoof en besigheidskaartjie. Jy kan ook verpakking vir kospakkies, 'n kort promosievideo van die ABH, en 'n T-hemp- of oortrektruiontwerp vir vrywilligers van die tehuis, ens. insluit. 'n Ander moontlikheid is 'n plakkaatveldtog (met 'n reeks plakkate) wat die verskillende fasiliteite/geriewe van die ABH, bv. die Pattundeen Teater of die ABH Liefdadigheidswinkel, bevorder. Ontwerpers kan ook die ABH se bestaande sosialemediabladsye, soos Facebook en Instagram, herontwerp. Jy kan ook navigasietekens ontwerp wat besoekers en inwoners help om hulle weg in die ABH- fasiliteite te vind, bv. aanduidings oor waar die Educare Sentrum of die eetsaalgeriewe geleë is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 4 DBE/November 2023 NSS Skep 'n Oppervlakontwerp- of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat die bestaande fasiliteite van die ABH verbeter, bv. muurpapier vir gemeenskaplike areas en slaapkamers, tekstielmateriaal wat vir gordyne, duvetoortreksels, stoele en kinderbeddens, voorskootontwerpe vir kombuispersoneel of versorgers se uniforms gebruik kan word. Dit kan ook 'n oppervlakpatroonoplossing wees wat bejaarde pasiënte met dementia kan help om te onthou waar om voorwerpe in hulle kamers te vind of wat Educare Sentrum-leerders help om te lees. Skep 'n Produkontwerp- of Driedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat by die ABH Liefdadigheidswinkel of kuriositeitwenkel gekoop kan word wat deel is van die ABH se fondsinsamelingsinisiatiewe en spesifieke geleenthede, soos die jaarlikse Radioton of die gala-ete vir fondsinsamelingsdoeleindes. Jy kan ook 'n produk ontwerp wat in die fasiliteite gebruik kan ook word, bv. 'n naamplaatjie vir versorgers of skep 'n innoverende multifunksionele gehekelde kombers vir inwoners wat van rolstoele afhanklik is, wat die korporatiewe identiteitskleure van die ABH gebruik of juweliersware wat die ABH-eeufees bevorder. Ontwerpers kan ook eetgerei en breekgoed ontwerp wat in die eetsaal gebruik kan word, bedlampe vir inwoners en speelkameritems. Kandelare vir die eetsaal of ander innoverende beligtingsoplossings vir die ABH Rekenaarsentrum kan ook geskep word. Ontwerpers kan tradisionele Afrika-kunsvlyttegnieke of -invloede gebruik om hierdie produkte te skep. Skep 'n Omgewingsontwerp-oplossing soos 'n speelkamer vir die Educare Sentrum of 'n sosialiseringsarea vir bejaarde inwoners. Ontwerp of knap die teaterruimte of landskap op om waarde by die OSW/'PBO' te voeg. Hierdie fasiliteite help om 'n gevoel van tuishoort en veiligheid by inwoners te skep. WOORDELYS: ONTWERP VIR MAATSKAPLIKE WELSYN Organisasie sonder winsoogmerk: 'n Organisasie sonder winsoogmerk is 'n groep wat vir ander doelwitte as die skep van wins georganiseer is en wat geen deel van die organisasie se inkomste aan hulle lede, direkteure of beamptes versprei nie. Openbare voordeelorganisasie: Die verskil tussen 'n OSW en 'n 'PBO' is dat laasgenoemde vir 'n 'public benefit organisation' (openbare voordeelorganisasie) staan. Toevlugsoord: Skuilplek/Beskerming of 'n veilige plek, veral vir iemand of iets wat agtervolg of gejag word. Andersbevoegde persoon: Andersbevoegdheid word dikwels beskryf met betrekking tot 'n gebrek aan normale funksionering van fisiese, verstandelike of sielkundige prosesse. Dit kan ook gedefinieer word as leerprobleme of probleme om sosiaal aan te pas wat aan 'n persoon se normale groei en ontwikkeling gekoppel is. MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 5 DBE/November 2023 NSS VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 6 DBE/November 2023 NSS OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 7 DBE/November 2023 NSS PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 8 DBE/November 2023 NSS OMGEWINGSONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 9 DBE/November 2023 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 10 DBE/November 2023 NSS OPDRAG/TEMA 2: ONTWERP VIR 'N EKO-LODGE DIE OPDRAG: Eko-lodges (omgewingsvolhoubare verblyf) is vinnig besig om gewild te word soos wat reisigers daarna kyk om te help om die omgewing te bewaar en om tot plaaslike ekonomieë by te dra. Anders as eko-lodges, het tradisionele hotelle, losieshuise en wildsplase 'n negatiewe invloed op die omgewing. Die skep van eko-lodges saam met groen reis gee reisigers die opsie om hulle omgewings positief te verbeter terwyl hulle die skoonheid van die natuur ervaar en die volhoubaarheid van die Aarde se hulpbronne verseker. Eko-toerisme is meer as die installering van sonkragstelsels en die vermindering van afval; dit het gegroei om ook gemeenskapsontwikkeling en die beskerming van inheemse kulturele tradisies in te sluit. Plaaslike gemeenskappe word aan verbeterde werksgeleenthede, infrastruktuurontwikkeling en beter gemeenskapshulpbronne en fasiliteite blootgestel. Skep 'n innoverende ontwerp/ontwerpproduk vir 'n eko-lodge wat die invloed wat dit op die omgewing en die gemeenskap het, aanpak. Doen navorsing oor eko-lodges in Suid-Afrika en in die buiteland. Verwys na eko- bewuste reisblogs en artikels wat die invloed van toerisme op die omgewing bespreek. Wat maak dit anders as die gewone vakansielodge? Hoe gaan jy jou eko-lodge- konsepte/-ontwerpe by toeriste aanbeveel of aan hulle verkoop? Hierdie navorsing moet as deel van jou bronboek/werkboek vir ONDERWERP 1 aangebied word. Verwys na die kriteria van die ontwerpproses en finale produk saam met die relevante assesseringsriglyne. WENK: Definieer die tipe eko-lodge wat jy gaan ontwerp. Gebruik 'n spinnekopdiagram en wees spesifiek oor waar dit geleë is, wie die klandisie gaan wees en wat die missie van die eko-lodge sal wees. Skep 'n Visuele Kommunikasie-/Inligtingsontwerp- en/of Digitale Ontwerp- oplossing wat 'n eko-lodge kan gebruik OF wat eko-reis bevorder. Byvoorbeeld, skep of oorweeg 'n korporatiewe identiteit vir 'n eko-lodge wat pasgemaak (na bestelling gemaak) en omgewingsvriendelik is. Dit kan 'n logo, briefhoof, besigheidskaartjie, verpakking, brosjure, 'n kort video-advertensie wat die etiek van die eko-lodge bevorder OF omgewingsvriendelike naamborde vir 'n eko-lodge insluit. Skep 'n Oppervlakontwerp- of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat eko-vriendelik is, wat eko-toerisme bevorder en wat deur 'n eko-lodge van jou keuse gebruik kan word. Byvoorbeeld, verskillende muurpapier wat die missie/etos van die tipe eko-lodge wat jy gekies het spesifiek interpreteer, tekstielmateriaal of enige ander oppervlakpatroonoplossings wat die probleme wat deur toerisme geskep is, aanpak of wat eko-toerisme bevorder. Skep 'n Produkontwerp- of 'n Driedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing vir gebruik deur 'n eko-lodge wat die probleme van volhoubaarheid in ag sal neem deur gaste in te lig oor die belangrikheid van 'n eko-leefstyl, bv. 'n bioafbreekbare skouersak met die eko-lodge se korporatiewe identiteit daarop. Jy kan ook meubels of breekware van volhoubare materiaal ontwerp of wat plaaslike kulturele style en tegnieke, ens. bevorder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 11 DBE/November 2023 NSS Skep 'n Omgewingsontwerp-oplossing wat in 'n eko-lodge geïntegreer kan word wat die aandag na eko-toerisme sal lei, bv. 'n 'groen' badkamer met 'n kalm en rustige atmosfeer, gebou met volhoubare materiaal en waterbeperkings wat in ag geneem is. Die water uit die badkamer kan versamel word vir gebruik in die tuin. Jy kan 'n pasgemaakte argitektoniese model van 'n eko-lodge of 'n vensteruitstalling wat jou eko-lodge adverteer, ontwerp en skep. Verwys na die kriteria vir die ontwerpproses en finale produk saam met die assesseringsriglyne. WOORDELYS: ONTWERP VAN 'N EKO-LODGE Eko-lodge: Verblyf wat bewustelik 'n poging aanwend om die omgewing te bewaar en tot plaaslike ekonomieë by te dra terwyl die invloed op die natuur en plaaslike bevolkings geminimaliseer word Eko-toerisme: 'n Toerismesektor wat omgewings- en maatskaplik verantwoordelike reis bevorder Groen reis: 'n Manier om te reis wat positief tot die omgewing bydra terwyl die volheid en skoonheid van die natuur gelyktydig ervaar word Infrastruktuur: Die beboude omgewing Sonkragstelsel: 'n Alternatiewe manier om elektrisiteit deur middel van sonkrag op te wek Onetiese toerisme: Toerisme wat doelbewus nie die instandhouding van die omgewing en gemeenskappe waarmee dit saamwerk, in ag neem nie Die visuele beelde/prentjies wat volg is voorbeelde wat produkte toon wat vir eko-lodges in die verskillende ontwerpkategorieë ontwerp is. MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 12 DBE/November 2023 NSS VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 13 DBE/November 2023 NSS OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 14 DBE/November 2023 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 15 DBE/November 2023 NSS PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 16 DBE/November 2023 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 17 DBE/November 2023 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 18 DBE/November 2023 NSS OMGEWINGSONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 19 DBE/November 2023 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 20 DBE/November 2023 NSS VEREISTES AFDELING A ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50] 1. Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/ werkboek getoon word. 2. Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels. 3. Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word, moet getoon word. 4. Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word (d.w.s. in boekvorm). 5. Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik omblaai. 6. Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit maklik vervoer kan word na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word. 7. Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word. LET WEL:  Aangesien ONDERWERP 1 (proses/voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word om die belangrikheid daarvan te erken.  Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees (slegs ONDERWERP 1).  Jy mag tuis werk (slegs ONDERWERP 1). KRITERIA VIR DIE ONTWERPROSES (ONDERWERP 1) Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):  Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering (10)  Bewyse van navorsing, eksperimentering (10)  Bewyse van gedetailleerde beplanning (10)  Bewyse van ontwikkeling en besinning/nadenke (10)  Aanbieding wat met die finale konsep verband hou (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 21 DBE/November 2023 NSS AFDELING B ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50] Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk nie ten opsigte van grootte beperk nie. Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n sentrale nasiensentrum vervoer moet word, en jy moet dus aan moontlike probleme dink wat tydens die vervoer daarvan kan opduik. LET WEL:  Jou onderwyser mag jou op GEEN manier gedurende die finale vervaardiging van die ontwerp help NIE.  ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en/of aangestelde toesighouer by jou skool gedoen word.  Enige vorm van direkte nabootsing/plagiaat of werk wat nie jou oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.  'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer/ onderwyser voltooi word.  Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, bv. in drie opeenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede. KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2) Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):  Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings wat op die opdrag van toepassing is (10)  Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en -beginsels (10)  Tegniek/Vakmanskap/Metode (10)  Die ontwerpoplossing met bewyse van 'n maksimum van 24 uur se werk onder gekontroleerde omstandighede (10)  Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing (10) [50] TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50): 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 22 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER PRAKTIESE EKSAMEN: ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2 (50 PUNTE) – TAAK 7 1. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit TWEE dele: ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek) en ONDERWERP 2 (finale produk). 2. Hierdie praktiese vraestel moet op Vrydag, 21 Julie 2023 aan die kandidate gegee word. Die finale inleweringsdatum sal Vrydag, 20 Oktober 2023 wees. 3. ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigstoekenning as ONDERWERP 2 (finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan spandeer word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word. 4. Kandidate moet daarom genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1 (voorbereiding-/ontwerpproses) te doen. As gevolg van die voorbereidende aard van ONDERWERP 1 word kandidate toegelaat om by die huis te werk. Die onderwyser mag slegs by die voorafgaande voorbereidingsessie vir ONDERWERP 1 betrokke wees. Die voorbereidingswerk vir ONDERWERP 1 moet in Kwartaal 3 begin word. 5. Die onderwyser mag NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE. 6. Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1- en ONDERWERP 2-eksamenwerk moet onmiddellik na voltooiing van die ONDERWERP 2-eksamen by die onderwyser/toesighouer ingelewer word. 7. Enige vorm van direkte nabootsing/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word. 8. ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen word, bv. in drie opeenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede. 9. ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig van die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2 mag onder GEEN omstandighede tydens die eksamen uit die eksamenlokaal verwyder word NIE. 10. ONDERWERP 2 mag NIE tuis gedoen word NIE. 11. Elke provinsie sal die nasienproses van ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek) en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing, deur die provinsies van die datum, tyd en plek vir die indiening van werk by die eksamensentrums in kennis gestel word. 12. Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in albumformaat aangebied word. 13. Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem wees. 14. BYLAE A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die toepaslike ruimte verskyn. Heg BYLAE A stewig aan die finale eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) vas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 23 DBE/November 2023 NSS ASSESSERINGSRUBRIEK Puntestaat/Registernr.:___________ SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Provinsiale Onderwysdepartment: ________________________________________________ GEMODEREERDE GEWIGS- UITKOMSTE NASIENER 1 NASIENER 2 PUNT VEREISTES TOTALE TOEKENNING % PUNT Uitdrukking van bedoeling en beredenering: Hou 'n dinkskrum of maak 'n ideekaart om die tema van die opdrag te ondersoek. Ontwikkel 'n konsepplan deur 'n rasionaal te verskaf om die oplossing wat beplan/gevind 10 is, te regverdig/verduidelik. BRONBOEK/WERKBOEK Bewyse van navorsing: ONDERWERP 1: Doen navorsing oor die opdrag en vind relevante bronmateriaal (visuele verwysings/inspirasie). Toon bewyse van navorsing deur 'n stemmingsbord te skep en 10 klein duimnaelsketsies van verskillende idees te teken. Gedetailleerde beplanning en eksperimentering: Beplanningsidees en/of tekeninge moet 'n verskeidenheid konsepoplossings vir die opdrag (verskillende tegnieke en materiaal) ondersoek. Tekenvaardigheidsontwikkeling 10 50 ONTWERPPROSES moet duidelik wees. Ontwerp 'n paar konsepoplossings wat die opdrag ondersoek en bewyse van eksperimentering toon. Bewyse van ontwikkeling: Toon bewyse van die finale ontwerpoplossing in die vorm van 'n gedetailleerde, benoemde tekening/collage/maket/prototipe, ens. Ondersoek van verskillende materiaal 10 en tegnieke moet aangemoedig word. Nadenke/Besinning en aanbieding: Nadenke/Besinning oor proses moet duidelik wees. Sorgvuldige aandag is gegee aan die 10 aanbieding van die bronboek. Hierdie proses moet kreatief aangebied word. BRONBOEK/WERKBOEK TOTAAL 50 Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie t.o.v. die konsep en oplossings wat met die opdrag verband hou: Is die werk uniek, oorspronklik en op die opdrag van toepassing? 10 Los die produk die probleem van die opdrag op? Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK en -beginsels: Algehele indruk. Hoe word die elemente en beginsels gebruik om 'n unieke 10 ontwerpoplossing te skep? Tegniek/Vakmanskap/Metode: Hoe tegnies vaardig is die finale produk? 10 50 Hoe bevredigend en professioneel is die vakmanskap? ONTWERPPRODUKSIE Bewyse van 24 uur se werk: Bewyse van gebruik van die beskikbare tyd om die produk te voltooi. Toon die ontwerpoplossing enige aanvaarbare betrokkenheid by die maak van 10 die ontwerpproduk? Is aandag aan besonderhede/detail gegee? Professionele aanbieding, funksionaliteit en nadenke/besinning oor die ontwerpoplossing: Word die produk netjies en professioneel aangebied? Vervul die produk sy funksie? 10 Bewyse van nadenke/besinning oor die produk t.o.v. die probleem in die opdrag gestel. FINALE PRODUK TOTAAL 50 GROOTTOTAAL 100 NAAM: HANDTEKENING: DATUM: ________________ HN: _____________________ ________________ IM: ___________________ _______________ Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 DBE/November 2023 NSS BYLAE A Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) vasgeheg word. AMPTELIKE ETIKET: NOVEMBER 2023 BRONBOEK/WERKBOEK 1. Naam van vak ONTWERP 2. Kode van vak DSGN VERKLARING VAN EGTHEID Register Hiermee word gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en die kandidaat se eie werk is. NR.________ Sentrumnommer Eksamennommer Distrik/Kringgroep Handtekeninge en datum Skoolstempel Kandidaat Skoolhoof Hooftoesighouer/Onderwyser -------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- AMPTELIKE ETIKET: NOVEMBER 2023 FINALE PRODUK 1. Naam van vak ONTWERP 2. Kode van vak DSGN VERKLARING VAN EGTHEID Register Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en die kandidaat se NR._______ eie werk is. Sentrumnommer Eksamennommer Distrik/Kringgroep Handtekeninge en datum Skoolstempel Kandidaat Skoolhoof Hooftoesighouer/Onderwyser Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all