Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V2
(PRAKTIES)
26 JULIE–22 OKTOBER 2021
PUNTE: 100
TYD: ONDERWERP 1: Praktiese proses/voorbereiding gedurende die 3de kwartaal
by die skool en/of tuis [50]
ONDERWERP 2: Finale praktiese produk onder gekontroleerde
omstandighede SLEGS by die skool gedoen: 'n
maksimum van 24 uur gedurende die 4de kwartaal [50]
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 1 bylae.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 



View all



Design P2 Nov 2021 Afr_hlayiso.com_.pdf
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 19
- File size
- 2.7 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
ONDERWERP 1: Die eksamenbronboek/werkboek (50 punte)
ONDERWERP 2: Die finale praktiese eksamenproduk (50 punte)
TOTAAL: 100 punte
2. Die vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN van die twee opsies.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 3 DBE/November 2021
NSS
OPDRAG/TEMA 1: AFROFUTURISME
DIE OPDRAG:
Afrofuturisme poog om Afrika-kultuur en -tegnologie met sterk en innoverende,
21ste-eeuse uitdrukkings te vier. Afrofuturisme word ook beskryf as 'n beweging in
letterkunde, musiek en kuns wat futuristiese of wetenskapsfiksie-beelde vertoon wat
elemente van swart kulturele mitologie en geskiedenis insluit. Dit is 'n kragtige
kreatiewe mag wat tegnologie en kreatiwiteit saamsmelt en 'n positiewe interpretasie
van Afrika en sy toekoms gee met die doel om negatiewe waarnemings van Afrika teen
te werk.
Afrofuturisme beskou Afrika as 'n magtige, tegnologies gevorderde kontinent met goeie
hulpbronne. Belangrike Afrofuturistiese werke sluit in Jay-Z en Beyonce se 'Family
Feud'-musiekvideo, wat in 2444 afspeel, met UCLA se Ava DuVernay as regisseur, en
die rolprent Black Panther (2018), met Ryan Coogler as regisseur.
Skep 'n innoverende ontwerpoplossing geïnspireer deur Afrofuturisme vir 'n
futuristiese Suid-Afrika ná Covid, in 'n poging om die hoop en positiwiteit van
Suid-Afrikaners te herstel.
Skep 'n Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp-oplossing
wat wetenskapsfiksie en fantasie met Afrika-kuns, -geskiedenis of -mitologie
saamsmelt om 'n Suid-Afrika ná Covid te visualiseer deur, bv. 'n veldtog of
korporatiewe identiteit wat 'n logo, briefhoof, besigheidskaart, verpakking,
motorhandelsmerk, 'n kort video-advertensie, 'n roerende plakkaat of 'n T-hemp of
trui-ontwerp insluit.
Skep 'n Oppervlakontwerp of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat
Suid-Afrika se lewenskragtigheid en humorsin (gevatheid) in 'n Afrofuturistiese styl
bevorder, bv. in muurpapier, tekstielontwerp of enige ander oppervlak-
patroonoplossing.
Skep 'n Produkontwerp of Driedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat
gekoop kan word om ekonomiese herstel ná Covid-19 aan te moedig, bv. 'n
ultramoderne kostuum, helm, juweliersware en keramiekware. Ontwerpers kan hier
tradisionele Afrika-kunsvlyttegnieke op 'n hoë-tegnologiese wyse gebruik om by 'n
futuristiese samelewing te pas.
Skep 'n Omgewingsontwerp-oplossing wat in voorbeelde soos futuristiese
reklameborde, bushalteskuilings en supermark-interieurs gesien kan word.
Jy moet navorsing doen oor die konsep van Afrofuturisme en die verskillende
ontwerpe wat dit kan inspireer en inkorporeer deur koerantartikels te lees, die nuus te
kyk, tydskrifartikels te lees en afbeeldings/prentjies op die internet te soek. Hierdie
navorsing moet as deel van jou bronboek/werkboek van Onderwerp 1 aangebied word.
Verwys na die kriteria vir die ontwerpproses en finale produk saam met die
assesseringriglyne.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 4 DBE/November 2021
NSS
WOORDELYS: AFROFUTURISME
Futuristies: wat 'n baie moderne masjienagtige of tegnologiese estetika het of behels.
Vorms raak punterig/happerig en geometries, lyne is reguit en skoon en teksture is
glad wat 'n gevoel van spoed en dinamiek skep. 'n Fantasie-, surrealistiese wêreld
word geskep waar die toekoms deur robotmasjiene gedomineer word.
Wetenskapsfiksie: 'n denkbeeldige wêreld wat op moontlike toekomstige
wetenskaplike of tegnologiese vooruitgang en belangrike sosiale of omgewings-
veranderinge gebaseer is. Dit behels dikwels die uitbeelding van ruimte- of tydreise en
lewe op ander planete.
Mitologie: 'n versameling mites, legendes of volksoorlewerings wat aan 'n spesifieke
godsdienstige en/of kulturele tradisie of groep behoort.
Fantasties/Denkbeeldig: die vreemde, eienaardige of verbeeldingryke voorkoms van
iets of iemand wat op 'n spesifieke ontwerpkonsep gebaseer is.
Roerende: kan intense gevoelens opwek of aandui.
Humoristies: 'n vreemde humoristiese houding, gewoonte of 'n eienaardigheid van
iemand of iets.
Lewenskragtigheid: die vermoë om vinnig van moeilikhede of uitdagings te herstel.
Die volgende beelde is voorbeelde van Afrofuturistiese ontwerpe in verskillende
ontwerpkategorieë.
MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 5 DBE/November 2021
NSS
VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 6 DBE/November 2021
NSS
OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 7 DBE/November 2021
NSS
PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 8 DBE/November 2021
NSS
OMGEWINGSONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 9 DBE/November 2021
NSS
OPDRAG/TEMA 2: ONTWERP RED DIE WÊRELD
DIE OPDRAG:
Ontwerp kan die gehalte van menselewens verander, omskep en verbeter deur
bewustheid en oplossings te skep vir spesifieke sosiokulturele probleme, soos honger,
siektes, haweloosheid, behuising, besoedeling of die invloed van natuurrampe.
Sosiokulturele probleme sluit gesondheidsprobleme soos Covid-19, TB, malaria,
diabetes, geestesgesondheid en fisiese gestremdhede in. Ander kwessies wat
aangepak kan word, is 'n gebrek aan toegang tot onderwys, elektrisiteit en
infrastruktuur, soos skoon water of sanitasie. Deur produkte te ontwerp om hierdie
probleme op te los, kan ontwerpers aktief tot die verbetering van menselewens bydra
en die wêreld red.
Skep 'n innoverende ontwerpoplossing geïnspireer deur 'n sosiokulturele of
omgewingskwessie wat jy in jou gemeenskap geïdentifiseer het.
Skep 'n Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp-oplossing
wat 'n sosiokulturele kwessie in jou gemeenskap kan aanvat. Een voorbeeld kan 'n
ontwerp vir 'n gesondheidsveldtog wees wat op hoë bloeddruk fokus deur slegs
simbole te gebruik om 'n groter gehoor te bereik. Jou veldtog kan ontwerpe vir 'n logo,
plakkaat, advertensiereklamebord, verpakking en 'n T-hemp insluit. Dit kan ook 'n
mobiele UX-ontwerp of infografika insluit wat wenke gee oor hoe om jou bloeddruk te
verlaag.
Skep 'n Oppervlakontwerp of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat
'n verandering in publieke persepsie en hantering van 'n spesifieke omgewings- en
sosiale kwessie, bv. waterherwinningsmetodes, bevorder. Dit kan op 'n muurpapier-
/tekstiel- of ander oppervlakontwerp gekommunikeer word wat maniere om water te
herwin, illustreer.
Skep 'n Produkontwerp of Driedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat
gekoop kan word om bewustheid van 'n sosiokulturele kwessie te bevorder wat jy in
jou gemeenskap, of in Suid-Afrika as 'n geheel, geïdentifiseer het. Byvoorbeeld, die
hoë werkloosheidskoers in die land word aangepak deur ontwerpentrepreneurs, soos
Mielie, wat produkte, soos sakke en kussings, saam met sosiale groepe skep en dit
aanlyn verkoop om ekonomiese herstel aan die gang te sit. Ander voorbeelde van
produkte wat geskep kan word, sluit industriële produkte, keramiekware en
meubelontwerp in.
Skep 'n Omgewingsontwerp-oplossing wat bewustheid skep van 'n sosiokulturele
probleem of dit oplos. Een voorbeeld kan 'n muurontwerp vir die interieur van 'n
pediatriese/kinderhospitaal wees wat tot 'n vriendelike en speelse omgewing bydra
wat fisiese en emosionele herstel bevorder. Die muurontwerp sal help om kinders se
vrees om hospitaal toe te gaan, te verminder.
Jy moet navorsing doen oor die konsep 'Ontwerp Red die Wêreld' en die verskillende
ontwerpe wat dit kan inspireer deur koerantartikels te lees, die nuus te kyk,
tydskrifartikels te lees en afbeeldings/prentjies op die internet te soek. Hierdie
navorsing moet as deel van jou bronboek/werkboek van Onderwerp 1 aangebied word.
Verwys na die kriteria vir die ontwerpproses en finale produk saam met die
assesseringriglyne.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 10 DBE/November 2021
NSS
WOORDELYS: ONTWERP RED DIE WÊRELD
Persepsie: die wyse waarop iets waargeneem, verstaan of geïnterpreteer word.
Infrastruktuur: die basiese fisiese en organisatoriese strukture en fasiliteite, soos
geboue, paaie, kragvoorsiening, brûe, watervoorsiening en sanitasie wat vir die
bestuur van 'n gemeenskap benodig word.
Mobiele UX-ontwerp: die ontwerp van toepassings ('apps'), soos Uber Eats, vir hand-
en draagbare toestelle, soos selfone, kameras en tablette.
Die volgende beelde is voorbeelde van ontwerpe wat lewens red in verskillende
ontwerpkategorieë.
MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 11 DBE/November 2021
NSS
VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 12 DBE/November 2021
NSS
OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 13 DBE/November 2021
NSS
PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 14 DBE/November 2021
NSS
OMGEWINGSONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 15 DBE/November 2021
NSS
VEREISTES
AFDELING A
ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50]
1. Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/
werkboek getoon word.
2. Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels.
3. Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word,
moet getoon word.
4. Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word
(dit wil sê in boekvorm).
5. Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik kan omblaai.
6. Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit
maklik vervoer kan word na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word.
7. Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word.
LET WEL:
Aangesien ONDERWERP 1 (voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as
ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word
om die belangrikheid daarvan te erken.
Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie (slegs
ONDERWERP 1) betrokke wees.
Jy mag tuis werk.
KRITERIA VIR DIE ONTWERPROSES (ONDERWERP 1)
Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne)
Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering (10)
Bewyse van navorsing, eksperimentering (10)
Bewyse van gedetailleerde beplanning (10)
Bewyse van ontwikkeling en besinning/nadenke (10)
Aanbieding wat met die finale konsep verband hou (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 16 DBE/November 2021
NSS
AFDELING B
ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50]
Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as
A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk nie ten opsigte van grootte
beperk nie.
Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n
sentrale nasiensentrum vervoer moet word, en jy moet dus aan moontlike probleme
tydens vervoer dink.
LET WEL:
Jou onderwyser mag jou glad NIE gedurende die finale vervaardiging van die
ontwerp help NIE.
ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en/of aangestelde toesighouer
by jou skool gedoen word.
Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie jou oorspronklike werk
is nie, sal streng gepenaliseer word.
'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer en
onderwyser voltooi word.
Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, bv. tydens drie opeenvolgende
dae onder gekontroleerde omstandighede.
KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2)
Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings
wat op die opdrag van toepassing is (10)
Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en
-beginsels (10)
Tegniek/Vakmanskap/Metode (10)
Die ontwerpoplossing met bewyse van 'n maksimum van 24 uur se werk, onder
gekontroleerde omstandighede (10)
Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing (10)
[50]
TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50) 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 17 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER
PRAKTIESE EKSAMEN: ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2
(50 PUNTE) – TAAK 7
1. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. Hierdie vraestel bestaan
uit TWEE dele, ONDERWERP 1 (die eksamenbronboek/-werkboek) en
ONDERWERP 2 (die finale praktiese eksamenproduk).
2. Hierdie praktiese vraestel moet op Maandag 26 Julie 2021 aan die kandidate
gegee word. Vrydag 22 Oktober 2021 sal die finale inleweringsdatum wees.
3. ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigstoekenning as
ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan
spandeer word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word.
4. Kandidate moet dus genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1 (voorbereiding-
/ontwerpproses) te doen. Die onderwyser mag slegs by hierdie voorafgaande
voorbereidingsessie betrokke wees en nie by ONDERWERP 2 nie. As gevolg
van die voorbereidende aard van ONDERWERP 1 word kandidate toegelaat om
by die huis te werk.
5. Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt
gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1- en
ONDERWERP 2-eksamenwerk moet onmiddellik na voltooiing van die
ONDERWERP 2-eksamen by die onderwyser/toesighouer ingelewer word.
6. Die onderwyser mag glad NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale
vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE.
7. Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se
oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
8. ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen
word, bv. tydens drie opeenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede.
9. ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig van
die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2 mag NIE tuis
gedoen word NIE.
10. ONDERWERP 2 mag onder GEEN omstandighede uit die eksamenlokaal
verwyder word NIE.
11. Elke provinsie sal die nasienproses vir ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek)
en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal deur die provinsies van die
datum, tyd en plek vir die inlewering van werk by die eksamensentrums in
kennis gestel word.
12. Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in
albumformaat aangebied te word.
13. Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem wees.
14. BYLAE A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die toepaslike
ruimte verskyn. Heg BYLAE A stewig aan die finale eksamenwerk
(bronboek/werkboek en/of finale produk).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 18 DBE/November 2021
NSS
ASSESSERINGSRUBRIEK
OOREENGEKOME
GEWIGSWAARDE%
UITKOMSTE NASIENER 1 NASIENER 2
VEREISTES TOTALE
PUNT
PUNT VIR KANDIDAAT
Uitdrukking van bedoeling en beredenering:
Hou 'n dinkskrum of maak 'n ideekaart van idees om die tema
van die opdrag te ondersoek. Ontwikkel 'n konsep. 10
'n Beredenering moet verskaf word om die oplossing wat gevind
is, te regverdig.
Bewyse van navorsing, eksperimentering:
BRONBOEK/WERKBOEK
Vors die opdrag na en vind relevante bronmateriaal (visuele
ONDERWERP 1
verwysings). Gee bewyse van navorsing deur klein
duimnaelsketsies van idees te teken. Ontwerp 'n paar
10
verskillende oplossings wat die opdrag ondersoek. Bewyse van
eksperimentering, bv. 'n stemmingsbord, moet sigbaar wees.
Gedetailleerde beplanning: 50
ONTWERPROSES
Beplanningsketse moet 'n verskeidenheid oplossings vir die
opdrag (verskillende tegnieke en materiaal) ondersoek.
10
Ontwikkeling van tekenvaardighede moet sigbaar wees
Bewyse van ontwikkeling en nadenke/besinning:
Toon bewyse van die finale ontwerpoplossing in die vorm van 'n
gedetailleerde, benoemde tekening/collage/maket/prototipe, ens. 10
Ondersoek van verskillende materiaal en tegnieke moet
aangemoedig word. Besinning oor proses moet duidelik wees.
Aanbieding:
Gee sorgvuldig aandag aan die aanbieding van die bronboek. 10
Hierdie proses moet kreatief aangebied word.
BRONBOEK/WERKBOEK-TOTAAL 50
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie ten opsigte van
die konsep en oplossings wat met die opdrag
verband hou: 10
Is die werk uniek, oorspronklik en van toepassing op die opdrag?
Los die produk die probleem op?
ONDERWERP 2
Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van
DIE FINALE PRODUK
ontwerpelemente en beginsels:
Algemene indruk. Hoe is die elemente en beginsels gebruik om
10
'n unieke ontwerpoplossing te skep?
Tegniek/Vakmanskap/Metode:
Hoe tegnies vaardig is die finale produk? 10 50
Hoe toereikend en professioneel is die vakmanskap?
ONTWERPPRODUKSIE
Bewyse van 24 uur se werk:
Bewyse van die gebruik van beskikbare tyd om die produk te
voltooi. Toon die ontwerpoplossing geldige betrokkenheid by die
10
maak van die ontwerpproduk?
Professionele aanbieding en funksionaliteit van
die ontwerpoplossing:
Vervul die produk sy funksie? 10
Word die produk professioneel en netjies aangebied?
Werk die produk in ooreenstemming met die opdrag?
FINALE-PRODUK-TOTAAL 50
GROOTTOTAAL 100
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2 DBE/November 2021
NSS
BYLAE A
Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en vasgeheg word
aan die finale eksamenwerk (werkboek/bronboek en/of finale produk).
NOVEMBER 2021-BRONBOEK/WERKBOEK
1. Naam van die vak ONTWERP
2. Kode van die vak DSGN
VERKLARING VAN EGTHEID Register
Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word
gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, die oorspronklike en eie werk NR.____
van die kandidaat is.
Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kringgroep
Handtekeninge en datum Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser
NOVEMBER 2021-FINALE PRODUK
1. Naam van die vak ONTWERP
2. Kode van die vak DSGN
VERKLARING VAN EGTHEID Register
Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word
gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, die oorspronklike en eie werk NR.____
van die kandidaat is.
Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kringgroep
Handtekeninge en datum Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Design P1 Nov 2021 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Design P1 Nov 2021 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 Nov 2021 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P2 Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P2 Nov 2021 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P2 Nov 2021 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Design
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023-24.pdf
Memorandum
Design P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Question paper
Design P1 Nov 2024 MG Eng.pdf
Question paper
Design P1 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper


