Skip to content

Design Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paperDesignGrade 12202112 pages

Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V1 (TEORIE) NOVEMBER 2021 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAAG 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm beantwoord NIE. 6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet bestee. 7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Tutu 2.0 Hangende Lig deur Thabisa Mjo (Suid-Afrika), 2017. 1.1.1 Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR A hierbo:  Vorm  Tekstuur  Balans  Ritme (4 x 2) (8) 1.1.2 Bespreek die moontlike inspirasie vir FIGUUR A hierbo. (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/November 2021 NSS 1.2 FIGUUR B: Bekroonde Patroonontwerp deur Agrippa Mncedisi Hlophe (Suid-Afrika), 2019. 1.2.1 Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR B hierbo:  Lyn  Kleur  Eenheid  Patroon (4 x 2) (8) 1.2.2 Bespreek die term afro-kontemporêr met betrekking tot die gebruik daarvan in FIGUUR B hierbo. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/November 2021 NSS VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP 2.1 LUGBESOEDELING MAAK JAARLIKS 60 000 MENSE 'DOOD FIGUUR C: Publieke Bewustheidsreklamebord deur The Big Ad (VSA), 2016. Bespreek kortliks hoe die reklamebord in FIGUUR C hierbo die boodskap oordra deur na die gebruik van simbolisme en skaal te verwys. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/November 2021 NSS 2.2 FIGUUR D: Ingenue-tydskrifvoorblad FIGUUR E: New African Women- deur Dell Publishing Company tydskrifvoorblad deur (Londen), 1964. IC Publications (Londen), 2014. Vergelyk die tydskrifvoorblad in FIGUUR D met die tydskrifvoorblad in FIGUUR E. Verwys na die volgende in jou vergelyking:  Kleurskema  Fokuspunt(e)  Gebruik van tipografie (3 x 2) (6) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: ARGITEKTUUR FIGUUR F: Die Boog van Caracalla, 'n antieke Romeinse stad Volubilis, in opdrag van goewerneur Marcus Aurelius Sebastenus (Marokko), 217 VHJ. FIGUUR G: #ArchForArch-gedenkboog vir Aartsbiskop Desmond Tutu (Suid-Afrika), 2017. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die antieke Romeinse Boog in Volubilis, Marokko in FIGUUR F met die kontemporêre #ArchForArch vir Aartsbiskop Tutu in FIGUUR G, vergelyk. OF Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk. OF Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsel-gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel:  Invloede  Materiaal  Belangrikheid van die ligging  Konstruksie/Tegnologie  Funksie (5 x 2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/November 2021 NSS AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 Ontwerpstyle verkry dikwels inspirasie by hulle voorgangers (vorige bewegings) of kom in verset teen hulle. Kies TWEE bewegings uit die lys hieronder en skryf TWEE aparte opstelle (EEN bladsy elk) waarin jy verduidelik hoe die een beweging die beginsels van sy voorgangers verwerp en hoe die ander beweging inspirasie by sy voorgangers verkry het. Verwys in jou opstelle na die doelstellings, invloede en kenmerke van die bewegings wat jy gekies het, om jou argument te ondersteun. Sluit ook 'n bespreking van EEN ontwerp en ontwerper van jou gekose bewegings in.  Kuns en Kunsvlyt  Art Nouveau  De Stijl  Bauhaus  Modernisme  Skandinawiese  Postmodernisme  Dekonstruktivisme (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/November 2021 NSS 4.2 FIGUUR H: Toshiba-broodrooster FIGUUR I: Fostoria-broodrooster vervaardig (Pop-ontwerp) (Japan), 1960's. deur Bersted MFG Co (Art Deco) (VSA), 1930's. Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die broodrooster in FIGUUR H met die broodrooster in FIGUUR I hierbo vergelyk. Verduidelik hoe die broodroosters tipies is van die bewegings waartoe hulle behoort. Verwys na die volgende in jou opstel:  Invloede  Doelstellings  Kleur  Vorm  Lyn (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/November 2021 NSS AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 FIGUUR J: Prevention('Voorkoming')-bierbeker-plakkaat deur EURORSCG Advertising Agency (Tseggiese Republiek), 2008. 5.1.1 Bespreek hoe die boodskap van die plakkaatveldtog in FIGUUR J hierbo oorgedra word deur na die ontwerper se gebruik van uitleg en simbolisme te verwys. (4) 5.1.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die sosiale bewustheidswerk van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep bespreek. Verwys na die volgende in jou bespreking:  Die naam van die ontwerper of ontwerpgroep  Die algemene doelstellings en kenmerke van die ontwerper en verduidelik hoe sosiokulturele kwessies aangepak word Analiseer EEN voorbeeld om jou stellings te ondersteun. Jy mag NIE na enige ontwerpers/ontwerpgroepe wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys nie. (16) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/November 2021 NSS 5.2 FIGUUR K: Die Hlabisa-bank deur Phillip Hollander en Stephen Wilson van Houtlander in samewerking met Mash T Design Studio (Suid-Afrika), 2019. Die rugleuning van die bank is deur die meesterwewer Beauty Ngxongo geweef. 5.2.1 Verduidelik die belangrikheid van die insluiting van tradisionele tegnieke by die vervaardiging van kontemporêre produkte deur na die ontwerp in FIGUUR K hierbo te verwys. (2) 5.2.2 Bespreek EEN inheemse tradisionele kunsvlyt wat jy hierdie jaar bestudeer het. Verwys na die volgende in jou bespreking (ten minste EEN bladsy):  'n Kort bespreking van EEN tradisionele kunsvlyt, asook die naam van die inheemse kulturele gemeenskap wat die tradisionele kunsvlyt geproduseer het  Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om die tradisionele kunsvlyt mee te skep  Die sosiale waarde en funksie van die kunsvlyt in sy tradisionele konteks (8) 5.2.3 Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor enige EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse of Afrika-ontwerper/ontwerpgroep wie se ontwerpe geïnspireer is deur, of gebruik maak van, enige van die tradisionele Suid-Afrikaanse/Afrika-tegnieke en/of materiaal. Verwys na die volgende in jou bespreking:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en sy/haar produk(te)  'n Gedetailleerde beskrywing van hoe tradisionele tegnieke/ metodes en materiaal op kontemporêre ontwerp toegepas is. Verwys na spesifieke voorbeelde om jou antwoord te ondersteun.  Die sosiokulturele bydrae van die ontwerpproduk. Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in die vraestel gebruik is, verwys NIE. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/November 2021 NSS VRAAG 6 6.1 FIGUUR L: Stoel uit die Sobreiro-versameling deur die Campana Brothers (Brasilië), 2018. Die stoel is van kurk gemaak. (Kurk is 'n materiaal wat uit die bas van die kurkeikeboom verkry word. Die bas word van die boom, wat nooit afgekap word nie, afgestroop om die kurk te oes. Kurk is omgewingsvriendelik, waterbestand en kan dryf.) 6.1.1 Hoekom is die gebruik van volhoubare en herwinbare materiaal belangrik vir kontemporêre ontwerppraktyk? Verwys na die stoel in FIGUUR L om jou antwoord te bespreek. (2) 6.1.2 Noem en beskryf EEN ander volhoubare materiaal wat in die skep van ontwerpprodukte gebruik word en verduidelik hoekom hierdie materiaal nie 'n negatiewe impak op die omgewing het nie. (2) 6.2 Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werke van EEN Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep noem en bespreek wie se ontwerpe op omgewingskwessies fokus. Verwys na die volgende in jou bespreking:  Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en sy/haar ontwerpproduk(te)  Die doelstellings, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal gebruik deur die ontwerper/ontwerpgroep hierbo. Bespreek EEN ontwerpvoorbeeld om te verduidelik hoe die ontwerper/ontwerpgroep omgewingskwessies aanpak. Jy mag NIE na enige ontwerpers/ontwerpgroepe wat jy voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in die vraestel gebruik is, verwys NIE. (16) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all