Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V2
(PRAKTIES)
15 JULIE–14 OKTOBER 2024
PUNTE: 100
TYD: ONDERWERP 1: Praktiese proses/voorbereiding gedurende 3de kwartaal
by die skool en/of tuis [50]
ONDERWERP 2: Finale praktiese produk onder gekontroleerde
omstandighede SLEGS by skool gedoen: 'n minimum van
18 uur en 'n maksimum van 24 uur gedurende die
4de kwartaal [50]
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 1 bylae.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 




%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1824f556-8e5a-4311-a91a-40026085eb29/v1-fe44b365f35bbfe4ef99/card.webp)
View all



--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)

Design Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)
Grade 12 Design Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Design · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ontwerp/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
ONDERWERP 1: Die eksamenbronboek/werkboek (50 punte)
ONDERWERP 2: Die finale eksamen-ontwerpproduk (50 punte)
TOTAAL: 100 punte
2. Hierdie vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN van die twee
opsies.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
OPDRAG/TEMA 1: ONTWERP VIR 'N GELETTERDHEIDSVELDTOG
DIE OPDRAG:
Siyafunda- en Radio 2000-geletterdheidsveldtog Nov
Siyafunda is 'n isiZulu-woord wat vertaal word met 'ons leer'. Siyafunda is 'n
geletterdheidsveldtog wat in samewerking met Radio 2000 en onderwyskundiges in
reaksie op die hoë vlak van ongeletterdheid in Suid-Afrika ontwikkel is.
Ongeletterdheid is 'n sosiokulturele probleem wat beperkte kennis en kommunikasie
en 'n swak begrip van die wêreld tot gevolg het. Wanneer mense geletterd is, is hulle
in staat om te lees, skryf, praat en luister op 'n manier wat doeltreffende kommunikasie
moontlik maak en wat hulle help om sin te maak van die wêreld. Geletterdheid kan dus
help om armoede te verlig, gesondheid te verbeter en aktiewe burgerskap en
ontwikkeling te bewerkstellig.
Afrika suid van die Sahara het die hoogste aantal ongeletterde individue ter wêreld.
Een derde van die bevolking kan nie lees en skryf nie en ongeveer 75% van alle
kinders van vyf tot nege jaar gaan nie skool toe nie. Die Siyafunda-
geletterdheidsveldtog sal nasionaal bekendgestel word en sal 'n reeks klasse,
werkswinkels en seminare insluit en toegang tot leeshulpbronsentrums bied.
Kha ri Gude (TshiVenda vir 'laat ons leer') is byvoorbeeld 'n massa-
geletterdheidsveldtog wat in 2008 begin het. Kha ri Gude leer individue ouer as vyftien,
wat nie skoolopleiding gehad het nie, om te lees, skryf en in hulle moedertaal
berekeninge te doen. Dit is in alle provinsies in al 12 amptelike Suid-Afrikaanse tale
aangebied, asook in Braille.
As 'n aspirantontwerper kry jy die opdrag om die promosie- en
opleidingsmateriaal vir die Siyafunda-geletterdheidsveldtog te ontwerp. Die
geletterdheidsveldtog, wat in al nege provinsies bekendgestel sal word, vereis
die gebruik van enige EEN van die 12 amptelike tale.
Daar word van jou verwag om navorsing te doen oor geletterdheidsveldtogte in
Suid-Afrika en/of in die buiteland. Verwys na opvoedkundige blogs en speletjies,
asook elementêre televisieprogramme, soos Takalani Sesame, boeke en artikels wat
die impak van ongeletterdheid en swak leesvermoë in Suid-Afrika bespreek. Navorsing
moet ook gedoen word oor die promosiemateriaal en venues wat dikwels gebruik word
om geletterdheidsveldtogte te bevorder, soos brosjures, mobiele biblioteke,
promosietoere, radio- en televisieprogramme. Verken moontlike media wat jy kan
gebruik om mense te bereik. Neem die sosiale stigma wat met ongeletterdheid
gepaardgaan, in ag en spesifiseer jou teikenmark om produkte te ontwerp wat leer
opwindend maak.
Skep 'n Visuele Kommunikasie-/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp-
oplossing, wat 'n korporatiewe identiteit kan insluit vir die opvoedkundige konsultante
wat die taak het om die geletterdheidsprogram bekend te stel. Dit kan bestaan uit 'n
logo, briefhoof, besigheidskaartjie, plakkaat en sosialemedia-advertensie. Jy kan ook
promosiemateriaal vir die veldtog ontwerp, soos T-hemde, plakkate, advertensieborde,
strooibiljette, notaboeke, werkboeke en werkkaarte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Skep 'n Oppervlakontwerp of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp, soos 'n
oppervlakpatroonontwerp wat toon hoe om 'n pen/potlood reg vas te hou, of hoe om
woorde uit te klank vir beter uitspraak en begrip. Jy kan ook tekstielstof vir kussings en
stoele ontwerp wat met die klaskamer of werkswinkelruimte verband hou. Die alfabet
of basiese woordeskat kan gebruik word om muurpapierontwerpe vir biblioteke of
opwip('pop-up')-klaskamers te skep.
Skep 'n Produkontwerp of Driedimensionele Kunsvlytontwerp, soos 'n
leerderwerkboek, 'n elementêre leesboek, legkaarte, lessenaars of stoele wat in die
geletterdheidsklasse gebruik sal word. Ander opsies kan alfabet-juweliersware,
veselkunsvlyt, wat woorde of die alfabet insluit, potloodhouers, ens. wees. Ontwerpers
kan tradisionele kunsvlyttegnieke of invloede daarvan gebruik om hierdie produkte te
skep.
Skep 'n Omgewingsontwerp, soos opwip-leeshoekies, 'n biblioteek-interieur, leesbus/
-skuilings of enige ander gemeenskaplike leeromgewing met leeshandelsware wat
deur die deelnemers van die geletterdheidsveldtog gebruik kan word.
WOORDELYS: ONTWERP VIR GELETTERDHEIDSVELDTOG
Onderwyskundige: 'n Onderwyskundige werk saam met fasiliteerders en
administrateurs om onderrig-, kurrikulum- en assesseringsmetodes te ontwikkel.
Onderwyskundiges werk dikwels saam met leesspesialiste wat fokus op die
geletterdheidsprestasie van sukkelende lesers.
Takalani Sesame: 'n Suid-Afrikaanse televisie-medeproduksie deur Sesame
Workshop en Suid-Afrikaanse vennote. Takalani Sesame is 'n kinderopvoedkundige
program soortgelyk aan Sesame Street, maar gebruik die Suid-Afrikaanse konteks en
amptelike tale om kinders woorde, sosiale en veiligheidsvaardighede te leer, soos
hande was en om die pad oor te steek. Die televisieprogram leer kinders ook tel en
hoe om syferberekeninge te doen deur te speel.
Die visuele beelde/prentjies wat volg, is voorbeelde wat ontwerpe toon wat in die
verskillende ontwerpkategorieë vir geletterdheidsveldtogte gebruik word.
MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
OMGEWINGSONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
OPDRAG/TEMA 2: ONTWERP VIR 'N GEMEENSKAPSMARK
DIE OPDRAG:
'n Gemeenskapsmark is 'n ruimte waar gemeenskapslede produkte kan verkoop wat
hulle self gemaak of gekweek het. 'n Mens kan oor die algemeen vars produkte vind,
dikwels organies gekweek, handgemaakte meubels, keramiekprodukte en
juweliersware, asook kos wat handgemaak is, plante, kruie en tradisionele kookkuns.
Markte bied geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling en indiensneming. Baie
plaaslike markte ondersteun omgewingsvriendelike boerderymetodes wat biodiversiteit
bewaar. Vervoerkoste word verminder omdat die produkte wat verkoop word, plaaslik
gemaak word. Die verkoop van vars, plaaslike produkte bevorder ook gesonder
eetgewoontes.
Gemeenskapsmarkte bied die ideale geleentheid om met jou bure kontak te maak, 'n
gemeenskapsgees te bou en 'n verskeidenheid tuisgemaakte produkte te geniet terwyl
jy plaaslike besighede ondersteun. Mense van alle ouderdomme en kulture kan
saamkom en 'n gevoel van gemeenskap in 'n positiewe, vreedsame en veilige
omgewing geniet. Dit is waarheen 'n gemeenskap kan gaan om die talente en
skeppings van Suid-Afrikaanse entrepreneurs, vakmanne en maat('bespoke')-
ontwerpers te vier en te ondersteun. By hierdie markte besef mense die belangrikheid
daarvan om plaaslik vervaardigde items te koop.
Een voorbeeld van 'n bekende Suid-Afrikaanse mark is die Greenmarket Square
Vlooimark, wat een van Kaapstad se oudste markte is. Dit is bekend as een van die
beste plekke om Afrika-aandenkings en handwerk in Kaapstad te vind. Jy kan verwag
om enigiets van kralewerk, beeldhouwerk, pragtig vervaardigde bakke, kunswerke,
juweliersware en klere daar te kry. Die vrolike atmosfeer en lewendige vermaak,
wat wissel van straatmusikante, tromspelers, tradisionele Afrika-dansers en
mimiekkunstenaars, maak dit 'n ware plesier om te verken. Ander bekende
Suid-Afrikaanse markte is die Wild Oats-mark in Sedgefield, die Elgin Railway-mark in
Elgin, die Victoria Yards-mark in Johannesburg, die Oranjezicht City-mark in Kaapstad,
die Boeremark en Busstop7 Open Air-mark in Tshwane, Lavender Blue Organic-
boeremark in Morgansbaai (Oos-Kaap), die Tembisa Kota-fees aan die Oos-Rand
(Gauteng) en die Made in Chatsworth-mark in Durban.
Skep 'n innoverende ontwerp/ontwerpproduk om vir 'n bestaande
gemeenskapsmark in jou omgewing huidige ontwerpe te verbeter, alternatiewe
daarvoor te bied of dit 'n nuwe handelsnaam te gee. Jy kan ook 'n nuwe
ontwerpproduk skep om by hierdie gemeenskapsmark verkoop te word.
Daar word van jou verwag om navorsing te doen oor gemeenskapsmarkte in
Suid-Afrika. Besoek gemeenskapsmarkte en neem foto's, kyk na hulle webwerwe,
sosialemedia-bladsye en aanlyn bemarkingsmetodes, brosjures, advertensies, stalletjie-
ontwerpe, logo's en naamborde. Ondersoek ook die tipes vars produkte en produkte wat
daar verkoop word en hoe dit bemark word. Kyk na die gebruik van etikette en
verpakking. Kyk na die ontwerp van opwip('pop-up')-restaurante en kosstalletjies. Kyk
na die tipe sitplek wat vir besoekers gebruik word. Het die mark 'n algemene styl of tema?
Kies 'n mark en ontwerp 'n produk wat daar verkoop kan word of bied alternatiewe
ontwerpe aan om die ontwerpe wat tans gebruik word, te verbeter. Hierdie navorsing
moet as deel van jou bronboek/werkboek van ONDERWERP 1 aangebied word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Skep 'n Visuele Kommunikasie-/Inligtingsontwerp- en/of Digitale Ontwerp-
oplossing wat deur 'n gemeenskapsmark gebruik kan word of 'n gemeenskapsmark in
jou omgewing kan bevorder. Skep of oorweeg byvoorbeeld 'n pasgemaakte
korporatiewe identiteit wat 'n logo, briefhoof, besigheidskaartjie, verpakking, brosjure,
plakkaat of 'n kort video-advertensie kan insluit, wat die gemeenskapsmark bevorder.
Skep 'n Oppervlakontwerp of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat
die ideale van jou gemeenskapsmark bevorder. Anders kan jy ook produkte skep wat
by die mark gebruik of verkoop kan word, bv. 'n muurpapierontwerp of ontwerpe wat
op gemeenskapsmarktemas of op 'n tema van jou keuse gebaseer is.
Skep 'n Produkontwerp of Driedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat óf die
ideale van die mark bevorder óf by die mark verkoop kan word, bv. 'n krale- of
geweefde inkopie-skouersak. Skep 'n produk wat by jou plaaslike gemeenskapsmark
verkoop kan word en wat die tema of styl van daardie mark weerspieël, bv. 'n stuk
juweliersware, keramiek of meubelstuk.
Skep 'n Omgewingsontwerp-oplossing wat in 'n gemeenskapsmark geïntegreer kan
word, wat die aandag van verbruikers of klante sal trek, bv. 'n stalletjie wat verband
hou met die tema van die mark of 'n restaurantomgewing waar kos handgemaak word.
Verwys na die kriteria vir die ontwerpproses en finale produk saam met die
assesseringsriglyne.
WOORDELYS: ONTWERP VIR GEMEENSKAPSMARKTE
Handgemaak: Produkte wat individueel deur vaardige mense met die hand gemaak
word, wat gewoonlik tradisionele handvaardighede vereis
Maat ('Bespoke'): Hierdie term het geskiedkundig na pasgemaakte pakke klere en
skoene verwys. Met verloop van tyd is die woord gebruik om alle pasgemaakte
voorwerpe of produkte vir 'n spesifieke klandisie te beskryf.
Die visuele beelde/prentjies wat volg, is voorbeelde wat produkte toon wat vir
gemeenskapsmarkte in die verskillende ontwerpkategorieë ontwerp is.
MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
OMGEWINGSONTWERP
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VEREISTES
AFDELING A
ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50]
1. Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/
werkboek getoon word.
2. Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels.
3. Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word,
moet getoon word.
4. Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word
(d.w.s. in boekvorm).
5. Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik omblaai.
6. Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit
maklik vervoer kan word na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word.
7. Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word.
LET WEL:
Aangesien ONDERWERP 1 (proses/voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as
ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word
om die belangrikheid daarvan te erken.
Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees
(slegs ONDERWERP 1).
Jy mag tuis werk (slegs ONDERWERP 1).
KRITERIA VIR DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP 1)
Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):
Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering (10)
Bewyse van navorsing, eksperimentering (10)
Bewyse van gedetailleerde beplanning (10)
Bewyse van ontwikkeling en besinning/nadenke (10)
Aanbieding wat met die finale konsep verband hou (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B
ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50]
Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as
A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk nie ten opsigte van grootte
beperk nie.
Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n
sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word, en jy moet dus aan moontlike probleme
dink wat tydens die vervoer daarvan kan opduik.
LET WEL:
Jou onderwyser mag jou op GEEN manier gedurende die finale vervaardiging van
die ontwerp help NIE.
ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en/of aangestelde toesighouer
by jou skool gedoen word.
Enige vorm van direkte nabootsing/plagiaat of werk wat nie jou oorspronklike
werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer/
onderwyser voltooi word.
Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, bv. op drie opeenvolgende dae
onder gekontroleerde omstandighede.
KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2)
Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings
wat op die opdrag van toepassing is (10)
Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en
-beginsels (10)
Tegniek/Vakmanskap/Metode (10)
Die ontwerpoplossing met bewyse van 'n maksimum van 24 uur se werk, onder
gekontroleerde omstandighede (10)
Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing (10)
[50]
TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50) 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 18 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER
PRAKTIESE EKSAMEN: ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2
(50 PUNTE) – TAAK 7
1. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit TWEE dele: ONDERWERP 1
(bronboek/werkboek) en ONDERWERP 2 (finale produk).
2. Hierdie praktiese vraestel moet op Vrydag 12 Julie 2024 aan die kandidate
gegee word. Die finale inleweringsdatum sal Maandag 14 Oktober 2024 wees.
3. ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigstoekenning as
ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan
spandeer word om die belangrikheid daarvan te erken.
4. Kandidate moet daarom genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1
(voorbereiding-/ontwerpproses) te doen. As gevolg van die voorbereidende aard
van ONDERWERP 1 word kandidate toegelaat om by die huis te werk. Die
onderwyser mag slegs by die voorafgaande voorbereidingsessie vir
ONDERWERP 1 betrokke wees. Die voorbereidingswerk vir ONDERWERP 1
moet in Kwartaal 3 begin.
5. Die onderwyser mag NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale
vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE.
6. Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt
gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1- en
ONDERWERP 2-eksamenwerk moet onmiddellik na voltooiing van die
ONDERWERP 2-eksamen by die onderwyser/toesighouer ingelewer word.
7. Enige vorm van direkte nabootsing/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se
oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
8. ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen
word, bv. op drie opeenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede.
9. ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig
van die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2 mag NIE tuis
gedoen word NIE.
10. ONDERWERP 2 mag onder GEEN omstandighede tydens die eksamen uit die
eksamensentrum verwyder word NIE.
11. Elke provinsie sal die nasienproses van ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek)
en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing, deur
die provinsies oor die datum, tyd en plek vir die indiening van werk by die
eksamensentrums in kennis gestel word.
12. Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in
albumformaat aangebied word.
13. Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 19 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
14. Instruksies vir digitale-media-ontwerpprodukte:
Bewyse van die handgetekende konsep-ontwikkelingsproses
(duimnaelsketse, konseptekeninge en stemmingsborde ('storyboards') moet
as deel van die bronboek/werkboek ingedien word. Vir animasiekarakters
moet JY al die tekeninge op papier voltooi voor die skandering ('scanning')
en uitvoering ('rendering') daarvan in Photoshop of enige ander digitale
ontwerpsagteware.
ENIGE visuele beelde wat op tablette geteken word, moet gedokumenteer
word deur die gebruik van skermkopieë ('screenshots') op verskillende
stadiums van die proses, wat die sagtewareprogram toon wat gebruik is. In
sommige gevalle kan JY 'n tydverloop-MP4-lêer maak, wat die ontwikkeling
van stadiums van die begin tot einde toon.
Moenie KI('AI')-programme gebruik wat outomaties 3D-modellering uitvoer
of wat beeldfilter-effekte toepas nie.
Alle ontwerpprosesse moet voltooi word met gebruik van bedryfstandaard-
sagtewarepakkette, soos die Adobe Creative Suite (Photoshop, Illustrator,
InDesign, Adobe Premiere) of Coral Draw. GEEN toepassing(toep/'apps')-
gebaseerde KI('AI')-programme, soos Canva, word toegelaat NIE.
Vir eksterne assessering kan ALLE digitale ontwerpprodukte vir indiening
gedruk word. Die digitale weergawe moet ook ingedien word in die
lêeruitbreiding van die sagtewareprogram wat gebruik is om die
ontwerpproduk te skep. In die geval van 'n animasie/video moet die tydlyn
duidelik sigbaar wees.
LET WEL: Daar word van ALLE kandidate verwag om 'n digitale lêer met
oorspronklike geskandeerde tekeninge en die gelaagde ('layered')
weergawe, sowel as 'n plat ('flattened') weergawe (JPEG of MP4), van die
produk in te dien. Hierdie lêer moet op 'n CD/USB/WeTransfer-oplaai,
Dropbox-lêergids '(folder') of Google Drive-skakel opgelaai word, wat vir
indiening beskikbaar gemaak word.
15. BYLAE A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die toepaslike
ruimte verskyn. Heg BYLAE A stewig aan die finale eksamenwerk
(bronboek/werkboek en/of finale produk) vas.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 20 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
ASSESSERINGSRUBRIEK Puntestaat/Registernr.:
Kandidaat se eksamennr. Sentrumnr.
Provinsiale Onderwysdepartment: ____________________________________________
GEMODEREERDE
HOOFNASIENER
GEWIGS-
UITKOMSTE
NASIENER/ TOTALE
VEREISTES
PUNTE
PANEEL
TOEKENNING % PUNT
Uitdrukking van bedoeling en beredenering:
Hou 'n dinkskrum of maak 'n ideekaart om die tema van die opdrag te
ondersoek. Ontwikkel 'n konsepplan deur 'n rasionaal te verskaf om die 10
oplossing wat beplan/gevind is, te regverdig/verduidelik.
BRONBOEK/WERKBOEK
Bewyse van navorsing:
Doen navorsing oor die opdrag en vind relevante bronmateriaal (visuele
ONDERWERP 1
verwysings/inspirasie). Toon bewyse van navorsing deur 'n stemmingsbord te 10
skep en klein duimnaelsketse van verskillende idees te voltooi.
Gedetailleerde beplanning en eksperimentering:
Beplanningsidees en/of tekeninge moet 'n verskeidenheid konsep-oplossings vir
die opdrag (verskillende tegnieke en materiaal) ondersoek. 10 50
Tekenvaardigheidsontwikkeling moet duidelik wees. Ontwerp 'n paar konsep-
ONTWERPPROSES
oplossings wat die opdrag ondersoek en bewyse van eksperimentering toon.
Bewyse van ontwikkeling en besinning:
Toon bewyse van die finale ontwerpoplossing in die vorm van 'n gedetailleerde,
benoemde tekening/collage/maket/prototipe, ens. Ondersoek van verskillende 10
materiale en tegnieke moet aangemoedig word. Besinning oor proses moet
duidelik wees.
Aanbieding:
Sorgvuldige aandag is gegee aan die aanbieding van die bronboek. Hierdie 10
proses moet kreatief aangebied word en 'n persoonlike benadering toon.
BRONBOEK/WERKBOEK TOTAAL 50
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie ten opsigte van die konsep en
oplossings wat met die opdrag verband hou:
Is die werk uniek, oorspronklik en op die opdrag van toepassing? Los die produk 10
die probleem van die opdrag op?
ONDERWERP 2
Bewyse van ontwerpbetrokkenheid – die gepaste gebruik van
DIE FINALE PRODUK
ontwerpelemente en -beginsels:
Algehele indruk. Hoe word die elemente en beginsels gebruik om 'n unieke 10
ontwerpoplossing te skep?
Tegniek/Vakmanskap/Metode:
Hoe tegnies vaardig is die finale produk? Hoe bevredigend en professioneel is 10 50
die vakmanskap?
ONTWERPPRODUKSIE
Bewyse van 24 uur se werk:
Bewyse van die gebruik van beskikbare tyd om die produk te voltooi. Toon die
ontwerpoplossing enige aanvaarbare betrokkenheid by die maak van die 10
ontwerpproduk? Is daar aandag gegee aan besonderhede/detail?
Professionele aanbieding, funksionaliteit en nadenke/besinning oor
die ontwerpoplossing:
Word die produk netjies en professioneel aangebied? Vervul die produk sy 10
funksie? Bewyse van nadenke/besinning oor die produk ten opsigte van die
probleem wat in die opdrag gestel word.
FINALE PRODUK TOTAAL 50
GROOTTOTAAL 100
Naam: Handtekening:
DATUM: ________________ HN: ________________________ __________________
IM: ________________________ __________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ontwerp/V2 21 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
BYLAE A
Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale
eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) vasgeheg word.
AMPTELIKE ETIKET: NOVEMBER 2024 BRONBOEK/WERKBOEK
1. Naam van vak ONTWERP
2. Kode van vak DSGN
VERKLARING VAN EGTHEID Register
Hiermee word gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en
die kandidaat se eie werk is. NR.________
Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kring
Handtekeninge en datum Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
AMPTELIKE ETIKET: NOVEMBER 2024 FINALE PRODUK
1. Naam van vak ONTWERP
2. Kode van vak DSGN
VERKLARING VAN EGTHEID Register
Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word
gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en die kandidaat se NR.________
eie werk is.
Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kringgroep
Handtekeninge en datum Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Eng)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1824f556-8e5a-4311-a91a-40026085eb29/v1-fe44b365f35bbfe4ef99/card.webp)
Question paper
Design Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)
Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum