Skip to content

Design Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paperDesignGrade 12201823 pages

Grade 12 Design Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V2 (PRAKTIES) 20 JULIE–19 OKTOBER 2018 PUNTE: 100 TYD: ONDERWERP 1: Praktiese proses/voorbereiding gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of tuis [50] ONDERWERP 2: Praktiese produk gedoen onder gekontroleerde omstandighede SLEGS by die skool: 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur nadat ONDERWERP 1 voltooi is [50] Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 1 bylae. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: ONDERWERP 1: Die eksamenbronboek/-werkboek (50 punte) ONDERWERP 2: Die finale praktiese eksamenproduk (50 punte) TOTAAL: 100 punte 2. Die vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN of KOMBINEER DIE TWEE OPSIES. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 3 DBE/November 2018 NSS OPDRAG/TEMA 1: PLANEET AARDE PLANET EARTH Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 4 DBE/November 2018 NSS Die een ding wat ons almal deel, is PLANEET AARDE. – Wendell Berry Ons word elke dag deur Moeder Aarde se unieke en manjifieke skoonheid begroet. Die planeet Aarde lyk nie meer soos 'n misterieuse en onontdekte stelsel nie. Die mensdom het oor miljoene jare die planeet stadig uitgebuit en sy natuurlike hulpbronne geplunder. Die grootste gedeelte van ons planeet gaan nou gebuk onder 'n wye reeks omgewingskwessies. Die vinnige tempo van verandering op die planeet Aarde dwing ons om met nuwe oë na die wêreld, en ons plek daarin, te kyk. Die millennials (kinders wat in die vroeë 2000's gebore is) van vandag verlang na 'n wêreld voor industrieë en tegnologie. Daar moet dringend aan sleutelkwessies aandag gegee word. Ons moet die volgende generasie wetenskaplikes, bioloë en ontwerpers help om oplossings te vind vir die kwessies wat ons planeet konfronteer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 5 DBE/November 2018 NSS Die illustrasies hierbo beklemtoon die mens in vennootskap met die planeet, eerder as om in beheer te wees. Die mensdom moet hul plek in hierdie simbiotiese, biodiverse ekosisteem respekteer sodat dit vir mense in die toekoms bewoonbaar bly. Stephan Hawking, wêreldberoemde teoretiese fisikus, het die volgende geglo: Die mens sal binne die volgende duisend jaar of so die planeet Aarde onbewoonbaar maak en binne 'n miljard jaar van nou af sal die Aarde 'n baie warm, droë en onbewoonbare planeet wees. Op die een of ander manier sal ons planeet waarskynlik in die toekoms vir die mensdom onbewoonbaar word. Ons moet ernstig begin besin oor hoe ons ons van die beperkinge van hierdie sterwende planeet gaan bevry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 6 DBE/November 2018 NSS DIE OPDRAG/TEMA: Skep 'n oorspronklike omgewing en/of sosiale ontwerpoplossing gebaseer op PLANEET AARDE wat 'n bewustheid skep van die kwesbare skoonheid wat ons omring. Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing. • VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP Skep bewustheid van ons pogings om die planeet Aarde te red/vernietig. Gebruik 'n advertensiebord, plakkaat, webtuiste-ontwerp, brosjure, plakker, boekillustrasie, animasie, verpakkingsontwerp, graffiti, ens. • OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Interpreteer die tema Planeet Aarde deur op binne- en buite-oppervlakke te fokus, soos stoffering, mosaïek-ontwerpe, muurpapier, matte en muurafwerkings. Jou ontwerpoplossings moet daarop fokus om 'n bewustheid te skep van die kwesbare skoonheid wat ons omring. • PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Produkte moet ontwerp word om mense oor volhoubaarheid en die gebruik van omgewingsvriendelike materiaal in te lig: ligte, stoele, rakke, kussings, skoene, meubels, eetgerei, juweliersware, klere, ens. Dit kan ook 'n viering van die skoonheid van die Aarde wees. • OMGEWINGSONTWERP Om die volgende generasie wetenskaplikes en bioloë te help om die wêreld te herstel, moet ons ons koolstofvoetspoor verklein en ontwerpe skep wat nie besoedel of die ekosisteem of ons gesondheid negatief beïnvloed nie. Byvoorbeeld, ontwerp 'n ekovriendelike omgewingsmodel wat met gesondheid te doen het: 'n hospitaal, 'n ontvlugtingsoord; opvoeding: 'n eko-skool; interaktiewe museum en/of groen argitektoniese ruimtes: 'n groen muur of turfdakgebou, dakwoningtuine, ens. MOENIE die voorbeelde wat verskaf word, kopieer NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 7 DBE/November 2018 NSS VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 8 DBE/November 2018 NSS OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 9 DBE/November 2018 NSS PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 10 DBE/November 2018 NSS OMGEWINGSONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 11 DBE/November 2018 NSS OPDRAG/TEMA 2: ONKONVENSIONELE ONTWERP UN UN CONVENTIONAL DESIGN UN DESIGN CONVENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN UN UN CONVENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN UN UN CONVENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN UNCON UN CON VENTIONAL DESIGN UN CON VENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL VENTIONAL UN CONVENTIONAL DESIGN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 12 DBE/November 2018 NSS Beperkings wat deur die ekonomiese resessie en omgewingskrisis veroorsaak is, het tot 'n herbesinning van ontwerp, ontwerpprodukte en -prosesse bygedra. Miskien moet ons nou, in 'n tydperk van diep ekonomiese angs en probleme, ons ONKONVENSIONELE ONTWERP-neigings aangryp omdat dit lewe, kreatiwiteit, entrepreneurskap en skoonheid skep deur die gebruik van alternatiewe, onkonvensionele materiaal. Vanuit 'n besigheidsoogpunt kan die gebruik van onkonvensionele, herwinbare en hernude ('upcycled') materiaal en konstruksiemetodes moontlikhede bied vir die skep en ontwikkel van nuwe, innoverende, opwindende ontwerpprodukte en meer entrepreneursgeleenthede bied. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 13 DBE/November 2018 NSS Onkonvensionele ontwerp moedig herwinning en hernuwing aan, wat algemene kreatiewe oplossings is wat in verarmde gebiede gebruik word. Let op die innoverende gebruik van kartondose, plastiekkratte, plastiek- en glasbottels, en houtstapelborde ('pallets') in die visuele beelde hieronder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 14 DBE/November 2018 NSS DIE OPDRAG/TEMA: Skep 'n ontwerp in een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder wat die tema ONKONVENSIONELE ONTWERP op 'n oorspronklike en kreatiewe manier interpreteer. Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing. • VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP Die fokus kan op handelsmerke ('branding') vir 'n onkonvensionele winkel/besigheid wees, bv. 'n logo, briefhoof, plakkate, webtuiste-ontwerp, brosjure en promosie-items; onkonvensionele of avant-garde maniere om 'n boodskap oor te dra met gebruik van oorspronklike tipografie, innoverende prosesse, materiaal en visuele beelde by die aanbied van kreatiewe ontwerpoplossings. • OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Jy kan kies om muurpapier, tekstiele, mosaïek, stoffering, gordyne en bedekking van vloere, plafonne en mure met onkonvensionele materiaal of tegnieke te skep. • PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Ontwerp enige onkonvensionele produk, bv. ongewone of eksentrieke kussings, ligte, stoele, rakke, skoene, meubels, eetgerei, juweliersware, lampe, klere, handsakke en bykomstighede. Oorweeg jou keuse van materiaal noukeurig. • OMGEWINGSONTWERP Jy kan oorweeg om 'n werklike opslaan('pop-up')-winkel of -uitstalruimte te skep. Dink aan die gebruik van natuurlike en/of kunsmatige lig om jou uitstalruimte en produkte te beklemtoon. Wees innoverend met die gebruik van materiaal, oorweeg die gebruik van herwinde en hernude ('upcycled') materiaal, soos karton, plastiek, blik, houtstapelborde ('pallets') en tweedehandse skeepshouers. Moenie die kreatiewe moontlikhede van platverpakte kartondose as boumateriaal onderskat nie. Jy kan 'n model vir 'n ongewone openbare ruimte, bv. 'n park, plein, lughawe en waterfront skep. MOENIE die voorbeelde wat verskaf word, kopieer NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 15 DBE/November 2018 NSS VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 16 DBE/November 2018 NSS OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 17 DBE/November 2018 NSS PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 18 DBE/November 2018 NSS OMGEWINGSONTWERP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 19 DBE/November 2018 NSS VEREISTES AFDELING A ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50] 1. Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/ werkboek getoon word. 2. Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels. 3. Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word, moet getoon word. 4. Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word (dit wil sê in boekvorm). 5. Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik omblaai. 6. Die bronboek/werkboek moet van 'n ligte materiaal gemaak word sodat dit maklik vervoer kan word na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word. 7. Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word. LET WEL: • Aangesien ONDERWERP 1 (voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word om die belangrikheid daarvan te erken. • Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie (slegs ONDERWERP 1) betrokke wees. • Jy mag tuis werk. KRITERIA VIR DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP 1) Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne): • Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering (10) • Bewyse van navorsing, eksperimentering en besinning (10) • Bewyse van gedetailleerde beplanning en aanbieding wat met die finale konsep verband hou (30) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 20 DBE/November 2018 NSS AFDELING B ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50] Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk nie ten opsigte van grootte beperk nie. Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word. LET WEL: • Jou onderwyser mag jou glad NIE gedurende die finale vervaardiging van die ontwerp help NIE. • ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en die aangestelde toesighouer by jou skool gedoen word. • Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of van werk wat nie jou oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word. • 'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou, die hooftoesighouer en die onderwyser voltooi word. • Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, bv. op drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede. KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2) Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne): • Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings wat op die opdrag van toepassing is (10) • Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en -beginsels (10) • Tegniek/Vakmanskap/Metode (10) • Die ontwerpoplossing met bewyse van ten minste 12 uur, maar nie meer as 24 uur nie, se werk onder gekontroleerde omstandighede (10) • Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing (10) [50] TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50) 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 21 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER PRAKTIESE EKSAMEN ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2 (50 PUNTE) – TAAK 7 1. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE dele: ONDERWERP 1 (die eksamenbronboek/-werkboek) en ONDERWERP 2 (die finale praktiese eksamenproduk). 2. Hierdie praktiese vraestel moet op Vrydag 20 Julie 2018 aan die kandidate gegee word. Die finale inleweringsdatum sal Vrydag 19 Oktober 2018 wees. 3. ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigstoekenning as ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan bestee word om die belangrikheid daarvan te erken. 4. Kandidate moet dus genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1 (ontwerpproses) te doen. Die onderwyser mag slegs by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees en NIE by ONDERWERP 2 NIE. As gevolg van die voorbereidende aard van ONDERWERP 1 word kandidate toegelaat om by die huis te werk. 5. Kandidate moet gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt gebruik. Beide ONDERWERP 1- en ONDERWERP 2-eksamenwerk moet onmiddellik na voltooiing van die ONDERWERP 2-eksamen by die onderwyser/toesighouer ingelewer word. 6. Die onderwyser mag glad NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE. 7. Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word. 8. ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen word, bv. op drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede. 9. ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig van die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2-werk mag NIE tuis gedoen word NIE. 10. ONDERWERP 2-werk mag onder GEEN omstandighede uit die eksamensentrum verwyder word NIE. 11. Elke provinsie sal die nasienproses van ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek) en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing, deur die provinsies van die datum, tyd en plek vir die inlewering van werk by die eksamensentrums in kennis gestel word. 12. Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in albumformaat aangebied te word. 13. Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem word. 14. BYLAE A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die toepaslike ruimte verskyn. Heg BYLAE A stewig aan die finale eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 22 DBE/November 2018 NSS ASSESSERINGSRIGLYNE GEWIGS- UITKOMSTE VEREISTES TOEKENNING PUNTE % BRONBOEK/WERKBOEK ONDERWERP 1 Uitdrukking van bedoeling en beredenering 10 Die Ontwerpproses Die kandidaat kan die ontwerpproses vanaf Bewyse van navorsing, konseptualisering tot eksperimentering en besinning 10 50 realisering verstaan. Bewyse van gedetailleerde beplanning en aanbieding wat met die finale 30 konsep verband hou ONDERWERP 2 Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/ Ontwerpproduksie Vertolking ten opsigte van die konsep 10 en oplossings wat met die opdrag Die kandidaat kan 'n verband hou versameling werke in die gekose dissipline(s) produseer en aanbied, Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: DIE FINALE PRODUK wat 'n begrip van die gepaste gebruik van 10 ontwerpvaardighede en produksieprosesse toon. ontwerpelemente en -beginsels Tegniek/Vakmanskap/Metode 10 50 Die ontwerpoplossing moet bewyse van ten minste 12 uur, maar nie meer 10 as 24 uur se werk nie, onder gekontroleerde omstandighede toon Professionele aanbieding en funksionaliteit van die 10 ontwerpoplossing TOTAAL 100 LET WEL: Onderwysers en nasieners moet na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne en die PAT-riglyne vir gedetailleerde assesseringskriteria verwys. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V2 DBE/November 2018 NSS BYLAE A Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) geheg word. NOVEMBER 2018-BRONBOEK/WERKBOEK 1. Naam van vak ONTWERP 2. Vakkode DSGN VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is. Sentrumnommer Eksamennommer Distrik/Kring Handtekening en datum Skoolstempel Kandidaat Skoolhoof Hooftoesighouer/Onderwyser NOVEMBER 2018 FINALE PRODUK 1. Naam van vak ONTWERP 2. Vakkode DSGN VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is. Sentrumnommer Eksamennommer Distrik/Kring Handtekening en datum Skoolstempel Kandidaat Skoolhoof Hooftoesighouer/Onderwyser Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Design

View all