Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
FEBRUARIE/MAART 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC Supplementary Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1
1.1.1 [Ken 8 punte in totaal toe: 'n maksimum van 2 punte per element/beginsel]
Kleur skema:
Die oppervlak ontwerp maak gebruik van aardse kleure wat in die natuur
gevind word. Die kleure is warm sepia bruine, oranjes, geel oker en donker
bruin. Hierdie identifiseer met 'n Afrika estetika. Die aardkleurige reeks
harmonieuse kleure skep 'n verbintenis met Animal Tribal. Die agtergrond is
'n ligte beige kleurtoon wat 'n growwe tekstuur naboots.
Lyn:
Die oppervlak ontwerp gebruik sterk, opvallende lyne wat die grafiese 2D
kwaliteit van die ontwerp, beklemtoon. Al die patrone is met dik
kloissonistiese lyne wat diamant-tipe patrone vorm geskep, wat 'n eksotiese
ontwerp skep. Dit lyk asof die organise lyne deur dier-patrone, seremoniële
maskers, etniese objekte en plante, bv. blare en mielies geïnspireer is. Die
lyne kan ook verwys na ritualistiese vellittekens of die merk praktyk wat
uitgevoer is in sommige Suid-Afrikaanse kulture of gemeenskappe. Die
komposisionele struktuur is in 'n kris-kruis ruitverwysing opgedeel.
Ritme:
Die herhaling van kleure, vorms, beelde en opvallende lyne skep 'n gekurfde
en sig-sag ritme wat 'n eksotiese ontwerp skep. Die kurwes is in 'n kris-kruis
ruitverwysing gerangskik, in kolomme of strepe wat herhalend deur die
tekstielontwerp loop.
Positiewe en negatiewe ruimte:
Die oppervlak ontwerp gebruik 'n rangskikking van positiewe en negatiewe
ruimtes regdeur dit met geen spesifieke fokuspunt nie. Die ontwerp maak
gebruik van positiewe en negatiewe ruimtes in 'n slim manier, omrede jou oë in
die beelde en vorms ingetrek word deur die sterk gebruik van kleur.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
1.1.2 [Ken 2 punte toe]
Die titel van die oppervlak ontwerp plaas die werk in 'n Afrika-konteks. Die
oppervlak ontwerp, gebruik Afrika beelde soos dierepatrone en Afrika plante as die
onderwerp wat dit 'n Afrika gevoel of estetika gee.
Die vorms is gestileerd, verminder of ekonomies gebruik tot hul basis soos gesien
in tradisionele Afrika ontwerpe, soos Afrika maskers wat dit ook 'n Afrika kwaliteit
en estetika gee.
V1.1 Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 1.1.1 1
Verstaan, Verduidelik, 30% 1.1.1 2
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 1.1.1 4
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 1.1.1 1
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, 1.1.2 2
Sintetiseer, Regverdig
OF
1.2
1.2.1 [Ken 8 punte in totaal toe: 'n maksimum van 2 punte per element/beginsel]
Vorm Die lamp is geskep om 'n realistiese beeld van Suid-Afrika se nasionale
blom: die Protea na te boots. Die keëlvormige 3D vorm is opgebou deur
draad en 'n variasie van multigekleurde glaskrale. Hierdie krale word op 'n
slim wyse gebruik om die gloeilamp van die lamp weg te steek. Die deursigtige
buite blaar vorms is oop gelaat en skep 'n radiale raamwerk rondom die blom
se kern. Die groot 3D vorm is beeldagtig en die uitgestrekte blare lyk asof
hul ons nasionale en 'Trots Suid-Afrika' erfenis seëvier.
Lyn: Die draad wat gebruik word om die Protea te maak gee dit 'n sterk lineêre
kwaliteit. Die gebuigde draadlyne boots die blomblare van 'n Protea na en
voeg 'n organiese effek by. Die buitenste gedeelte van die Protea gebruik 'n
radiale diagonale lyn, maar in die binneste gedeelte word lyne gebruik wat
inwaarts wys en 'n sirkel van negatiewe ruimte in die middel van die blom
vorm. Die lyne wat vol krale is, skep 'n gevoel van komplekse
delikaatheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Tekstuur: Die gebruik van die kralewerk verleen 'n taktiese/werklike tekstuur.
Die verskeidenheid van blomblaargroottes skep 'n sterk, tasbare tekstuur wat
in kontras is met die kern van die Protea wat meer plat en glad lyk. Die
punte van die wit binneste kern gebruik of silwer krale of LED liggies wat 'n
tasbare variasie byvoeg.
Balans: Die Protea gebruik 'n radiale balans omdat die lyne afkomstig is van
die blom basis, met die buitenste blomblare wat weer buitentoe uitstraal. Die
radiale balans is herhaal in die kern van die Protea, maar wys in die
teenoorgestelde rigting. Die handgemaakte produk skep 'n asimmetriese
balans omrede nie al die dele gelyk is nie.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
1.2.2 [Ken 2 punte toe]
Ontwerp moet tegnologie omhels om sodoende bestaande innoverende oplossings
te verbeter wat kwaliteit van die lewe verhoog. Tegnologie speel 'n vername rol
in ons gemeenskap en tyd. 'n Goeie ontwerp is nie net esteties voldoende nie,
maar is ook funksioneel deur die gebruik van tegnologie.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V1.2 Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 1.2.1 1
Verstaan, Verduidelik, 30% 1.2.2 2
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 1.2.1 4
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 1.2.1 1
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer,
Sintetiseer, Regverdig 1.2.1 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]
2.1
2.1.1 [Ken 2 punte toe]
Ontwerp aktivisme verwys na die morele onderneming wat ontwerp gebruik om
kommentaar te lewer oor hoe om gemeenskaplike probleme reg te maak.
Ontwerp aktivisme moedig aan sosiale verandering deur ontwerp wat bestaande
norme en standaarde uitdaag.
2.1.2 [Ken 4 punte toe]
Die jeans in die postkaart ontwerp hierbo kan jeug/lewe en lang lewe simboliseer
omrede jeans meestal deur die jeug gedra word. Jeans kan ook duursaamheid
simboliseer, omrede dit sterk, vir altyd hou en nie maklik voos gedra word nie.
Alternatiewelik, kan jeans ook 'n mode item wees wat kulturele identiteit kan gee.
Die hart is 'n simbool van die lewe, omrede die hart bloed in jou are pomp. Die
kombinasie van die hart en die jeans kan goeie gesondheid simboliseer omrede
jeans 'n weerstandbiedende klerasiestuk is en dus verwys dit na 'n
weerstandbiedende hart.
2.2 [Ken 4 punte toe]
Die karakter 'Elmo' (opgestopde speelgoed) simboliseer jou kinderjare.
Die haelgeweer simboliseer oorlog. Die haelgeweer wat grootter as die
liggaam van die kind is, simboliseer dat kinders nie toegepas is vir volwasse rolle.
Die leë agtergrond simboliseer 'n bleek of leë toekoms en eensaamheid.
Die dun uitgemergelde lyf van die seun simboliseer 'n gebrek aan
voedingsware.
Die verflenterde klerasie van die seun simboliseer armoede en 'n gebrek van
volwasse aandag.
Die hartseer uitdrukking op die seun se gesig, simboliseer hartseer gevoelens
of teenkanting.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V2. Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 2.1.2 1
Verstaan, Verduidelik, 30% 2.2 2
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 2.1.1 2
Organiseer 2.1.2 1
2.2 1
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 2.1.2 2
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer,
Sintetiseer, Regverdig 2.2 1
VRAAG 3
Kandidate beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
3.1 [10 punte: 'n maksimum van 2 punte per aspek]
FIGUUR E is beïnvloed deur die wêreld van elektroniese speletjies of musiek
vorms en geïnspireer deur formele, reguit tegnologiese patrone, terwyl
FIGUUR F die invloede van tradisionele Indiese patrone en kulture wys. Dit is
geïnspireer deur die Indiese dans kostuums en die oppervlak patrone van die
kostuums. FIGUUR E kan ook beïnvloed word deur die Art Deco/Aztec se
gebruik van geometriese, gefasetteerde patrone in teenstelling is FIGUUR F se
gekurfde lyn patrone beïnvloed deur organiese patrone of die natuur.
FIGUUR E se teikenmark is jong, tegnologiese behepte mense, wie byvoorbeeld,
lief is om rekenaar speletjies te speel, terwyl FIGUUR F se teikenmark is mense
wie lief is vir Indiese kos en eksotiese kulture.
Beide ontwerpe is ryklik versier met patrone. FIGUUR E het 'n reguit, blokagtige,
masjien georiënteerde patroon, maar die patroon in FIGUUR F is meer vloeiend.
Die patroon in FIGUUR E skep 'n sig-sag ritme, maar die patroon in FIGUUR F
skep 'n gekurfde spiraalagtige ritme.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR E gebruik helder, plastiek, Popkuns kleure om 'n gelukkig vars gevoel te
skep, terwyl FIGUUR F deur aardse, warm, bruine en groene gedomineer is om
'n ryk oppervlak te skep. Beide ontwerpe maak gebruik van sterk kontraste wat
in dramatiese plakkate ontaard. FIGUUR E gebruik helder turkoois wat sterk
kontrasteer met die helder rooi terwyl in FIGUUR F kontras die lemmetjie groen
met die rooi.
Die fokus punt in FIGUUR E is van die bril tot die bokant van die hoed, omdat die
area swart en wit gebruik wat nie sigbaar op ander plekke is nie. Die vorm van
die hoed is groot en dominant. In FIGUUR F is die fokuspunt in die gesig van die
afgod omdat dit die grootste en enigste area is wat geen patrone bevat nie. Die
gesig is ook met sterk, opsigtelike, neon lemmetjie groen kleur, geverf.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken vir
tabelvergelykende antwoorde. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as
riglyne vir jou punte toekenning.
V3.1 Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken
Verstaan, Verduidelik, 30% 3.1 3
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 3.1 4
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 3.1 2
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, 3.1 1
Sintetiseer, Regverdig
OF
3.2 [10 punte: 'n maksimum van 2 punte per aspek]
'n Hooffunksie van die Kolosseum was om ongeveer 50,000 toeskouers te
huisves en was gebruik vir gladiator veg kompetisies en publieke spektakels. Dit
was ook gebruik vir nagemaakte see oorloë, jag van diere, onthoof van mense, die
uitspeel van bekende oorloë, veldslae, en dramas gebaseer op die Klassieke
mitologie. Die gebou is reeds in die vroeë Middeleeue nie meer vir onthaal
doeleindes gebruik nie. Dit is later weer gebruik vir sulke doeleindes soos
behuising, werkswinkels, kamers vir godsdienstige ordes, 'n fort, 'n
steengroef/myn, en 'n Christelike altaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Alhoewel gedeeltelik beskadig is die Kolosseum nog steeds 'n ikoniese simbool
van Imperiale Rome. Dit is een van Rome se populêrste toeriste aantreklikhede.
Die Nelson Mandela Stadium funksioneer as 'n wêreldklas voetbal/sokker stadium
en is amper so groot soos die Kolosseum en kan 46 000 toeskouers,
akkommodeer. Soos die Kolosseum is dit 'n veeldoelig stadium. Die stadium
spog met 49 gaste kamers, twee besigheidsitkamers, 'n gimnasium, en lesing en
onthaal lokale. Daar is ook twee konferensielokale op die boonste vlak, wat 200
mense kan akkommodeer. Dit was gebou om 8 spele gedurende die 2010 FIFA
Wêreldbeker-toernooi te hou, en Suid-Afrika en Port Elizabeth was gasheerstede.
Dit was die eerste keer dat 'n wêreldklas voetbal/sokker stadium in die Oos-
Kaap gebou is.
Beide stadiums is monumentaal, eenvoudig, uitstaande, strukture wat die
boodskap van mag oordra. Die buitekant van die Kolosseum is baie klassiek in
boustyl. Die oorblywende gedeelte van die buitemuur se monumentale fasade
bestaan uit drie verdiepings, die een na die ander arkade met 'n podium bo-op dit
waarop 'n hoë solder gebou is, beide is met vensters wat ewe ver uit mekaar
geplaas, gebreek. Die arkades word geraam deur half-kolomme van Dories, Ionies
en Korintiese orders, terwyl die solder met Korintiese pilare versier is. Die
buitenste fasade van die Nelson Mandela Stadium is by kontras baie kontemporêr
en hi-tech en bestaan uit 'n unieke dakstruktuur wat gemaak is met 'n reeks
'blomblare' wat dit soos 'n blom laat lyk. Die golwende dak strukture rus op 'n
beton struktuur wat geometries en Modernisties is.
Soos moderne sport stadiums, het die Kolosseum toeskouers genoegsame
skuiling van die son gegee danksy die innoverende afdak, die Velarium. Die
Velarium was 'n enorme linne tarpaulin of bokseil wat gehang het aan 'n sisteem
van toue, hys-apparaat en hout pale wat teen die buitenste muur vasgemaak is.
Een honderd matrose is gebruik om dit op te rig. Die dak van die Nelson Mandela
Sokker Stadium maak gebruik van aluminium bedekking wat afgewissel word met
'n gestrekte membraan wat ontwerp is om die toeskouers van die son en wind te
beskerm.
Die Kolosseum se vermoë om baie mense te huisves, het dit essensieel gemaak
dat die gebou vinnig vol gemaak kon word of vinnig ontruim word. Die argitekte
het soortgelyke oplossings gebruik as die van 'n modern stadium soos die Nelson
Mandela stadium om met soortgelyke probleme te werk. Die Amfiteater was
omring deur tagtig ingange op die grondvlak. Elke ingang en uitgang was
genommer, sowel as elke stel trappe. Die Nelson Mandela Stadium maak gebruik
van 32 ingange en kleurgekodeerde hekke op vlak 2 vir toeskouers om by hul
sitplekke uit te kom en vier skuins op-af gange wat lei tot vlak 2 tot vlak 5.
Gebou van beton en sand, was die buitemuur van die Kolosseum ten volle bedek
in travertien sonder dat beton gebruik word, en dit is bymekaar gehou deur tonne
yster kramme. Die bou materiale reflekteer die sterkte en soliedheid van die
Romeinse Keiserryk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Die dak materiaal van die Nelson Mandela stadium bestaan uit 'n kombinasie van
aluminium bedekking, gekombineer met 'n membraan materiaal genoem
polytetraflurethylene (PTFE), wat 'n veselglas bedekte materiaal is wat oor 'n staal
superstrukture getrek word. Dié materiale reflekteer die kontemporêre,
tegnologiese era waarvan die stadium deel uitmaak.
Die arena van die Kolosseum het 'n hout vloer gehad, maar die arena in die
Nelson Mandela Stadium is met gras geplant met 'n dreineringsisteem onder die
turf. Onder die arena van die Kolosseum was verskillende kamers wat wilde
diere en gladiators gehuisves het.
Die Kolosseum domineer die stad van Rome. Dit is simbolies en presies in die
hart van Rome geplaas. Die Nelson Mandela Stadium is ook in die hart van die
stad Port Elizabeth gebou en domineer die terrein. Die Nelson Mandela
Stadium is gebou op die strand van die North End Lake en kyk oor die lagune wat
verseker dat dit meer opsigtelik is.
Die Kolosseum se gebruik van verskillende klassieke orders, Dories, Ionies en
Korinties wys die invloed van Griekse argitektuur. Die Nelson Mandela Stadium
se gebruik van 'n ovaal arena kon dalk beïnvloed wees deur die gebruik van
ellipse op Romeinse stadiums. Die gebruik van innoverende, moderne materiale
soos staal, veselglas, aluminium toon die invloed van kontemporêre hi-tech
argitektuur aan.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
NEEM KENNIS: 'm Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir tabel
vergelykende. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou punte
toekenning.
V3.2 Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 3.2
Verstaan, Verduidelik, 30% 3.2 3
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 3.2 4
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 3.2 2
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, 3.2 1
Sintetiseer, Regverdig
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: ONTWERP GESKIEDENIS [30 punte]
VRAAG 4
4.1 [Ken 20 punte in totaal toe]
[Ken 10 punte vir elke beweging toe. Neem kennis dat slegs 1 punt mag
toegeken word vir die naam van 'n ontwerper en produk vir elke beweging.
Gebruik die kognitiewe riglyne as 'n gids vir jou punte toekenning.]
Art Deco (1920–1940) ontwerp is 'n uitstaande voorbeeld van 'n gemeenskap se
reaksie op die politiese wreedhede van die Eerste Wêreld Oorlog wat verdere
ontwikkeling van dié styl, vertraag het. As gevolg van die chaos en die
verwoesting van die Eerste Wêreld Oorlog en die moontlikhede van die Tweede
Wêreld Oorlog het dit definitief oor die honger vir lewe en 'n nood vir goed voel oor
jouself gegaan. Art Deco is bevestig met 'n sin van emosie, entoesiasme, glitz
en glamour en 'n vrolike speelvolle gevoel. Die gemeenskap was entoesiasties
om voor uit te gaan. Art Deco se kliente gedurende die 20's en 30's was baie
welgesteld, modebewuste kunsliefhebbers. Hulle het dit geniet om in luukse
omgewings te leef, in elegante restaurant te eet en was versot daarop om vir hul
couture kleredrag gekomplimenteer te word.
Art Deco was dramaties verander deur die Tweede Wêreld Oorlog omrede dit te
'chic en cheeky' was vir oorlogtyd.
Art Deco ontwerpers se doelstelling was om vorms te eenvoudig en toepaslik vir
die doel te maak. Ontwerp motiewe was gestroop tot hul eenvoudigste vorme,
maar het nog steeds hul gesofistikeerder voorkoms behou.
Die styl is toegepas op alle areas van ontwerp ingesluit argitektuur, interieurs,
meubels mode, juwele, skilderye, grafiese ontwerp, boekbindery, keramiek,
kostuum ontwerp, glas, silwer, metaalware en hoogs versierde hoof tooisels.
Dit het vrylik geleen van baie van die ontwerp style uit die verlede om die toekoms
te maak. Sommige voorbeelde is die Engelse Kuns en Kunshandwerk Beweging,
die Franse Art Nouveau en die Duitse Bauhaus Moderniste. Die samelewing se
obsessie met Afrika beeldhouwerk en Amerikaanse jazz het 'n eklektiese
belangstelling in internasionale kulture soos Egipte, Aztec, Oosterse kuns en die
Russiese ballet aangemoedig. Die Art Deco styl is ongetwyfeld gedefinieer deur
die wolkekrabber, die sig-sag en die beelde wat deur jazz na vore gebring is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Meubels was deur die eksotiese Oosterse veneers, ivoorinlegwerk en gestileerde
blommotiewe beïnvloed. Jaques Ruhlmann's (1879 – 1933) se drie-poot hoek-
kabinet van verneerde rooshout met ivoor, ebbehout en rare ingelêde houtsoorte
was 'n revolusie in die styl van die era.
Argitektuur het 'n verskeidenheid van vorms omhels; van slanke, gestroomlynde
kurwes wat met geverfde lyne beklemtoon is; vertikale wat na die hemel wys soos
wolkekrabbers met 'n getrapte piramiede vorms bo-op.
Die Orient Express Stoom trein was die beste uitdrukking van styl en 'n simbool
van misterie en romanse. Die eetlokaal kompartement was versier deur die
avante garde glasmaker René Lalique. Dit was hoogmode om op heerlike Franse
cuisine onder die waarnemende oë van die 'three fates' (godinne van Antieke tye)
in stroombelynde vorm te eet.
'n Ander voorbeeld wat die mensdom se behoefte vir spoed en vervoer
geweerklank het, is die ter waterlating van die Normandie stoomskip in 1935.
Die publieke kamers was versier in die Barok styl soortgelyk aan Louis XIV en die
hof in Versailles. Tweehonderd tafels en stoele was onder 'n glansende glasdak
geplaas, wat deur René Lalique ontwerp is. Massiewe pendulum dak ligte was
aan beide kante geïnstalleer, die mure was bedek met gestampte glas en chroom
panele, wat bygedra het tot die sprankelende weelderige atmosfeer. Kunsmatige
lig het van vyf opgestapelde fonteine, wat in die middel van die ronde eetlokaal
geplaas is, uitgestraal.
In Amerika, was Art Deco ook hoogs geassosieer met Hollywood. Die kostuums,
teater ontwerpe, props vir films, plakkate en ander Hollywood ontwerpe van die
1920s tot die 1940s het die styl populêr gemaak, maar in die einde was dit
Hollywood se 'Screen Deco' wat verantwoordelik was dat die styl uitgesterf het.
Soos Art Deco, het De Stijl, (wat eenvoudig beteken 'die styl' in Hollands), ook 'n
reaksie op die politieke situasie van die Eerste Wêreld Oorlog. De Stijl het
ontstaan as 'n universele visuele taal vir die moderne era en het probeer om 'n
Utopia gemeenskap te skep om die vernietiging wat deur die Eerste Wêreld Oorlog
veroorsaak, is te herstel. Die De Stijl-gemeenskap het in 'n nuwe era bestaan,
'n tydperk waar masjiene die menslike prosesse kon stroomlyn om 'n nuwe
gemeenskap met balans tussen indiwidue en universele waardes, te skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
De Stijl se doelstelling was om 'n abstrakte styl gebaseer op geometriese vorms,
primêre en neutrale kleure, te skep. Hulle het op ontwerpe gefokus waar vorm-
volg-funksie. Die beweging was teen die oordadige versierde kwaliteite en hulle
visie was 'n universele taal en 'n spirituele wêreld orde, vir die moderne
gemeenskap.
Die vermindering van realiteit tot geometriese vorms, reguit lyne, vierkante,
reghoeke en primêre kleure was dié karaktereienskappe van De Stijl. Dit was
gebruik in 'n verskeidenheid van kuns en ontwerpe velde byvoorbeeld; argitektuur,
stadsbeplanning, industriële ontwerpe, tipografie, musiek en in die digkuns.
'n Paar belangrike konsepte het De Stijl beïnvloed; die eerste idee was Neo-
Plastisisme wat verwys na die skilderstyl en idees ontwerp deur Piet Mondrian in
1917, en ingesluit by De Stijl. Mondrian beskryf Neo-Plastisisme as 'n verminderde
benadering tot die maak van kuns, wat tradisionele elemente van kuns, soos
perspektief en uitbeelding stroop.
Die tweede konsep was grootliks geïnspireer deur Schoenmaekers se tesis
Beginselen der Beeldende Wiskunde (Die Beginsels van Plastiese Wiskunde),
wat voorgestel het dat realiteit uit 'n reeks teenoorgestelde magte bestaan
byvoorbeeld, chaos versus orde, manlike versus vroulik, swart versus wit en
horisontaal versus vertikaal.
Die derde konsep is Elementarisme ontwikkel deur Van Doesburg waar nie net
horisontale en vertikale lyne in Neo-Plastisisme gebruik was, maar ook diagonale
lyne wat beweging geskep het.
'n Voorbeeld van De Stijl werk wat hierdie karaktereienskappe reflekteer is Die
Scroder Huis deur Gerrit Rietveld, Utrecht, 1924. Die vorms is verminder tot
eenvoudige geometriese, afgeplatte vorms wat eenvoud en orde voorstel. Die
kleure is verminder tot neutrale grys, swart en wit en gladde teksture. Hierdie
kleure en teksture maak 'n bydrae tot 'n algehele gevoel van kalmte, balans en
beheer.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V4.1 Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 4.1 4
Verstaan, Verduidelik, 30% 2
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 4.1 8
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 4.1 2
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, 2
Sintetiseer, Regverdig 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
4.2 (Ken 10 punte toe)
Gedurende die 17de eeuse Barok, was die argitek Gian Lorenzo Bernini aangestel
om 'n kapel vir die Cornaro familie te skep. Die komposisie van die interieur van
die kapel in FIGUUR I reflekteer 'n tipiese dramatiese, Barok teater ontwerp.
Dit is in kontras met die Skandinawiese interieur ontwerp sigbaar in FIGUUR J
hierbo wat fokus op kalmte, suiwerheid, eenvoud en funksionaliteit.
Modernistiese Skandinawiese ontwerper Alvar Aalto (1930s – 1970s) het meubel
ontwerp gesien as 'n natuurlike uitvloeisel van argitektoniese denke. Sy ontwerp
verteenwoordig 'n filosofie wat deur funksionaliteit, eenvoud, skoon lyne en
bekostigbaar is, gekarakteriseer en dit is duidelik in FIGUUR J sigbaar. In
kontras met Skandinawiese ontwerp, wanneer 'n mens die Barok Cornaro kapel
in FIGUUR I binne loop, is die toeskouer omhels deur sensuele ontwerp en illusie
effekte.
Bernini se sorgsame vermenging van skilderkuns, beeldhoukuns en argitektuur
verskaf 'n kragdadige, spirituele ervaring vir die toeskouer. Hierdie is die
sleutel karakter eienskap van Barok interieur argitektuur en die primêre
doelstelling van die Teen-Reformasie. Een van Bernini se bekendste beelde: The
Ecstasy of St. Teresa beeld sy visie uit van Heilige Teresa van Avila. Die
dramatiese Barok lig van die interieur is verder verhoog deur die goue hout, strale
van lig wat uitstraal van bo die pediment wat die oog lei tot die beeld. Soortgelyk
aan die Barok era, het die Skandinawiese interieur ontwerpers ook lig as baie
belangrik beskou. In FIGUUR J is lig nie gebruik om 'n verhoogde sin van
drama soos wat in die Barok-era geskep is nie (FIGUUR I), maar is gebruik om 'n
ambiance (gevoel)/sagte lig te skep met die gebruik van vloer, muur of tafel
lampe.
Die Barok kapel is met natuurlike lig gevul wat deur 'n versteekte venster bo en
agter die beeld is skyn, wat 'n teatrale atmosfeer skep in die beperkte ruimte.
Die Skandinawiese interieur maak ook gebruik van natuurlike lig maar is gefiltreer
en nie so dramaties nie.
Die Barok Cornaro kapel skep 'n onmiddellike indruk van 'n klein, vlak ruimte.
Om die meeste van die klein ruimte te maak, het Bernini baie slim argitektoniese
elemente gebruik; oordadige polichromatiese, marmer pilare word beklemtoon
deur die gebroke driehoekige pediment, met gebuigde kante wat na buitentoe
druk, en die hoof altaar raam. Skandinawiese interieurs is oop plan en
eenvoudig en sonder enige warboel gelaat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
In kontras met Barok se gebruik van polichromatiese marmer, is
Skandinawiese interieur oppervlaktes karakteristieke van hout gemaak wat
gereeld op die mure, dakke, kaste en meubels gebruik is. Die karakteristieke
gedempte aardse kleure was gereeld gekombineer met wit mure en koel blou en
grys tekstiele. In sekere huise, word helder aksente van geel, oranje en turkoois
gevind, byvoorbeeld met die gebruik van Marimekko tekstiele en matte.
Tipies van Barok ontwerp, is die gebruik van geverfde stucco/gepleisterde figure
en wolke op die mure bokant die pediment in FIGUUR I wat die hoogte van die
dak vergroot. Hierdie illusie tegniek is karakteristies van Barok interieur
ontwerp en is gebruik om die grootte van die kamer verder te vergroot, sowel as
om 'n sin van indrukwekkendheid te skep. In kontras verminder die
Skandinawiese ontwerp in FIGUUR J oppervlak versiering en bykomstighede,
om 'n warboel te verminder en minder visuele verbystering te hê en die
bevordering van die ontwerp filosofie 'less is more' te maak.
Die hoofdoel van Skandinawiese ontwerp is om die daaglikse lewe te verbeter. In
Skandinawiese interieurs, is daar altyd 'n streng verhouding tussen ontwerp
elemente en die natuur. In kontras, was die hoof doel van Barok ontwerp om 'n
indruk van indrukwekkendheid van die Katolieke kerk te skep.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
NEEM KENNIS: 'm Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir tabel
vergelykende. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou punte
toekenning.
V4.2 Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (10)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 4.2 2
Verstaan, Verduidelik, 30% 4.2 1
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 4.2 4
Organiseer
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 4.2 2
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, 4.2 1
Sintetiseer, Regverdig
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: ONTWERP IN 'n SOSIO-KULTURELE/OMGEWING EN
VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
Beantwoord EERDER VRAAG 5.1 OF VRAAG 5.2
5.1
5.1.1 [Ken 6 punte toe]
Dié muurskildery is op 'n verwaarloosde gebou geverf, wat die vaal verwaarloosde
area, ophelder. Die gesamentlik muurskildery projek het duidelik as sy doel
verbetering van 'n verarmde gemeenskap en daarom is dit beskryf as 'n 'sosio-
kulturele ontwerp'. Dit bring kuns en ontwerp binne in die gemeenskappe wat
nie normaalweg toegang tot dit het nie. Die gebruik van lede van die
gemeenskap as 'n vernoot in die skepping van die muurskildery is 'n bevestiging
van hul waardes en verskaf 'n uitlaatklep vir kreatiewe uitdrukking. Hierdie
geleentheid skep trots en 'n sin van identiteit. Die boodskap van die
muurskildery 'Discover the diamond inside you' is baie positief en word gebruik om
ook 'n sin van trots en selfwaarde vir die mense wat in die area leef, te gee.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
5.1.2 [Ken 14 punte in totaal toe]
[Ken 7 punte per voorbeeld toe - 1 punt vir die ontwerper en die produk]
'n Plaaslike sosiale verantwoordelike groep is Metropolitanrepublic. Hulle produk
is die Wimpy Braille Burger.
Metropolitanrepublic se doel is om dinge anders te benader. Hulle kyk na wat
die besigheid se uitdagings is en kom op met besigheidsprobleem oplossings-
idees. Hulle hoof doel is dat kulturele relevansie 'n deel van handelsmerke
word, hulle produkte, en hul dienste. Hulle verseker dat hulle ontwerp kultureel
relevant is, en daarom vestig hulle hul idees in die konteks waarin hul toeskouers
is – dit lei na advertering waarmee hul kliënte kan identifiseer.
Metropolitanrepublic het tans projekte in vyf lande op die kontinent (ingeslote SA).
Hulle sien hulle werkers as burgers van Metropolitanrepublic. Andersins as
agentskappe wat 'n meer tradisionele model volg, glo hulle dat hulle in 'n na-
digitale era is en dat alle mediums, oud en nuut, het 'n rol om te speel en is
relevant.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Metropolitanrepublic het as 'n advertensie agentskap begin, 'n bietjie meer as drie
jaar terug. Hulle het nie aan hulself as 'n advertensieagentskap gedink nie. Hulle
skep 'n variasie van goedere, van hulle is wel advertensies.
'n Analise van een werk wat verduidelik hoe sosiale bemoeienisse in die werk
aangespreek is: Metropolitanrepublic het 'n veldtog geskep vir visueel gestremde
mense deur braille spyskaarte vir Wimpy te ontwerp. Met die hulp van
opgeleide kokke, is sesamesaad op 15 burger rolletjies geplaas wat in braille die
tipe burger beskryf het en die indiwidue in gelig het oor die beskikbaarheid van hul
braille spyskaart. Die braille burgers was afgelewer by die drie grootste blinde
instansies in Suid-Afrika en het 'n oorweldigende emosionele impak op die
werkers by die organisasies gehad. Hierdie beskrywings het dié mense die
vaardigheid gegee om hul kos te 'sien' voordat hulle dit geëet het. Die
uitdrukking van blydskap op hul gesigte soos hulle die boodskap gelees het, was
'n uiters slim aanduiding dat 'n klein bietjie ekstra 'n vêr pad kan loop. Hulle kon
nie glo, dat in 'n wêreld wat meestal siende mense akkommodeer, 'n ketting
restaurant die ekstra myl kan loop, net om hulle welkom te laat voel nie. Die
boodskap was oorgedra na meer as 800,000 visuele gestremde Suid-Afrikaners
en die veldtog het menigte toekennings gekry; insluitend Gold Clio, Gold en Silver
Cannes, One Show Gold en 'n Goue Loerie.
Die ongelooflike 'word of mouth' wat deur so 'n klein groep mense geskep is, is
wat die advertensie so uitnemend maak. Wimpy doen uitstekende werk om 'n
nismark te bereik en hulle in te lig dat hulle waardeer word. Hulle het die
geleentheid gebruik om behoeftes wat tans nie in die visueel gestemde gemeen-
skap aangespreek is nie, en as gevolg hiervan kon hulle ernstige voordele kry.
KONTEMPORÊRE INTERNASIONAAL: 'Luz nas Vielas,' deur Boa Mistura street
art collective.
Die multi-dissiplinêre kuns-koöperasie Boa Mistura se doelstellings is om
grootskaalse muurskilderye in publieke ruimtes te skep met die bedoeling om
gemeenskappe te verbeter en te inspireer. Vanaf hul studio in Madrid, het hulle
projekte hul so vêr as Suid-Afrika, VSA, UK, Brazilië Mexiko en Algeria,
geneem. Die hoof motivering vir die ontstaan van die groep was om saam pret te
hê, wat gereflekteer is in die joie de vivre en hul kleur in hul werk. Boa Mistura
fokus hoofsaaklik op graffiti en gemeenskap bou met 'n missie om die wêreld
meer kleurvol te maak. Die kleure wat hulle gebruik is helder en suiwer. Die
naam van die stadskunsgroep, wat in Portugees 'goeie mengsel' beteken, verwys
na die verskil van perspektiewe en talente van elk van die lede wat in hul werk
gebruik word. Die span bestaan uit argitekte, ingenieurs, skone kunstenaars,
grafiese ontwerpers en advertensie spesialiste. Voordat hulle 'n nuwe
straatkunsprojek aanpak, vra Boa Mistura vir riglyne van die belangrikste aspek
van 'n gemeenskap — die mense daarin. 'We like to feel the place, talk with the
local people, breath the atmosphere and be inspired before start working' het
Purone gesê.
Een werk 'Luz nas Vielas,' is in Sao Paulo favela (township/lokasie) van
Brasilandia. Die mure van die stad is met helder kleure geverf en gebruik 'n slim
visuele illusie — geverfde woorde is gebruik wat lyk asof hulle dryf wanneer van 'n
spesifieke perspektief besigtig word. Met woorde wat positiewe emosies
uitdruk soos 'Amor' (liefde) en'Firmeza' (stabiliteit), is hierdie projek in lyn met die
groep se missie om gemeenskappe te verbeter.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V5.1 Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 5.1.1 1
30% 5.1.2 2
Verstaan, Verduidelik, 5.1.2 3
Beskryf
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 5.1.1 3
Organiseer 5.1.2 5
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 5.1.1 1
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, 5.1.1 1
Sintetiseer, Regverdig 5.1.2 4
5.2 [20 punte in totaal]
5.2.1 [Ken 4 punte toe]
Ja ek stem saam met die stelling omdat die wasgoed mandjie ontwerp van die
isiZulu graan mandjie aangepas is, dit word genoem Isichumo. Die tradisionele
graan mandjie is geweef met afgewisselde styf en oop weefmetodes wat toelaat
dat die lug kan sirkuleer sodat die graan nie kan muf nie en hou so ook insekte uit.
Dieselfde weeftegniek is in die wasgoed mandjie gebruik omdat lug sal sirkuleer
om dit droog te hou. Die tradisionele vorm van die graan mandjie is aangepas
van 'n klokvorm tot 'n verlengde ronde vorm om wasgoed te akkommodeer. Dit
wys hoe tradisionele kunshandwerk aangepas is vir kontemporêre gebruik, wat dit
ook relevant maak vir die kontemporêre wêreld.
Nee, ek stem nie saam met die stelling nie omdat dit 'n verlies van tradisionele
items is, dit kan negatiewe idees oor 'n spesifieke gemeenskap kommunikeer.
Mense sal die oorspronklike estetiese gebruik van natuurlike materiale en die
oorspronklike funksie van die isiZulu graan mandjie vergeet. Dit bedreig die
tradisionele kultuur, gebruike, identiteit en bewaring van die Afrika kontinent se ryk
en diverse geskiedenis. Dit bly ons verantwoordelikheid om te sorg vir, en ons
inheemse kunshandwerk te bewaar, in hul oorspronklike konteks, funksie, vorm
en estetika.
5.2.2 [Ken 6 punte toe]
Titel: ISIZULU INHEEMSE KUNSHANDWERK deur die Zulu gemeenskap van
Suid-Afrika, KZN. Die Isichumo-watermandjie (waterdigtheid)
Dié mandjie, geweef deur die isiZulu, is 'n regop, bottelvormige mandjie gebruik
vir die dra en stoor van vloeistowwe (gewoonlik water), dit het 'n deksel wat oor
die nek pas soos 'n doppie. Hierdie water mandjies is een van die mees
ingewikkelde ontwerpe om te skep, omrede die nou nek en die baie styf
weeftegniek wat dit waterdig maak. Tipies, is twee groottes van die styl
mandjie geskep. Die mandjies is met die Ilalapalmblare geweef. Die vroeë
funksionele mandjies het eenvoudige kleurskemas gehad. 'n Groot mandjie wat
in die hut sou gehou word kon ongeveer 30–40 liter water hou (tipies genoeg vir 'n
familie en sy diere vir twee dae). 'n Kleiner mandjie (wat 5–15 liters kan hou),
sou gebruik word vir die vervoer van water (op vrouens se koppe vir 8km heen en
weer) van die bron na die groot houer toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
5.2.3 [Ken toe 10 punte: ken toe 1 punt vir die naam van die ontwerper en die
produk]
Inkopiesak deur Binky Newman van Design Afrika.
Binky Newman en haar span wie almal goeie ambagsvaardighede besit, het
Design Afrika gestig. Design Afrika kombineer relevante tradisionele Afrika en
kontemporêre kunshandwerk tegnieke. Hulle doel is om die kreatiewe en
entrepreneurskap vaardighede van plaas/dorpgemeenskappe te versorg.
Inspirasie vir nuwe ontwerpe is gevind deur te reis na afgeleë areas oor die
kontinent in die hoop om 'n mandjie te vind wat in 'n tegniek geweef is wat
gereken was om uitgestorwe te wees. Binky Newman spandeer baie tyd in
afgeleë dorpe in Afrika, waar sy met gemarginaliseerde vrouens werk wie 'n
antieke oorgeërfde mandjie weef tegniek ken. Vir die 2015 reeks fokus Binky
op die gebruik van geometriese patrone, handgeweef, en organies of
mensgemaakte materiale. Die inkopie sak ontwerp deur Design Afrika gebruik
materiale soos raffia en gras wat nie so buitengewoon is nie omdat dit
tradisioneel gebruik word regdeur Afrika in 'n verskeidenheid vorms. Die
inkopie sak is 'n veranderde vorm van die tradisionele graan mandjies. Binky
het die tradisionele vorm na 'n meer kontemporêre vorm verander. Deur die
gebruik van tradisionele Afrika weef tegnieke en steke, het Design Afrika 'n
suksesvolle verskeidenheid objekte geskep. Met hierdie reeks het Design
Africa die bedoeling om 'n unieke en vars reeks, te skep. Verder het hulle die
grense vervaag/oorskry tussen funksioneel en beeldagtige vorm, ontwerp en
kunshandwerk hoë en lae kunshandwerk.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
Geen punte moet toegeken word vir die herhaling van ontwerp/s en hul werk
wat in die vraestel gebruik is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
V5.2 Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (120)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 5.2.2 1
30%
Verstaan, Verduidelik, 5.2.2 2
Beskryf 5.2.3 3
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 5.2.2 3
Organiseer 5.2.3 5
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 5.2.1 4
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, 5.2.3 1
Sintetiseer, Regverdig 5.2.3 1
VRAAG 6 [20 punte]
6.1 [Ken 3 punte toe]
Die term bioafbreekbaar in FIGURE M verwys na die kartonraamwerk se
kapasiteit om af te breek en terug na natuurlike materiaal in die natuurlike tuin
omgewing te keer sonder dat enige giftige of beskadigde stowwe agter gelaat
word nie. Op hierdie wyse is die kartonraamwerk omgewingsbaatbaar, omdat
dit vinnig afbreek en stortterrein ruimte spaar, sonder dat dit die omgewing skade
berokken.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
6.2 [Ken 3 punte toe]
Die ekonomiese belangrikheid van volhoubare ontwerp is dat dit negatiewe
omgewingsimpakte vernietig, deur hergebruik aan te moedig deur die versamel
van korrekte/relevante materiale vir hergebruik in ontwerp produkte. Hierdie
manier genereer 'n groter ondersteuning op natuurlike materiale wat goed kan
saamwerk met die omgewing. In hierdie opsig, genereer ontwerpers 'n inkomste
van weggegooide materiaal wat op stortterreine gelos is. Op 'n sosiale vlak,
sluit volhoubare ontwerp in dié deel van kennis, verbeterde omgewingskwaliteit en
'n verbeterde woonbuurt.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
6.3 [Ken 14 punte toe]
[Ken 7 punte per voorbeeld toe – 1 punt vir die ontwerper en ontwerp]
VOORBEELD VAN 'n SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER:
Naam van die ontwerper/ontwerp agentskap of studio en 'n titel van een hoof
projek wat deur die ontwerper onderneem is. [Ken toe 1 punt]
PPC Sement skoot rekenaar sakke deur Wren Designs.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 20 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Kort beskrywing en analise van ten minste een hoof projek/sisteem
onderneem deur die ontwerp studio.
Die PPC Sement skoot rekenaar sakke is van Pretoria Portland Sement papier
sakke gemaak. Die lae van die leë PPC papier sak is verdeel; die boonste laag is
verwyder en met die derde laag geplak. Hierdie twee laer word dan saam geplak
met 'n swart katoen om duursaamheid van die sak te verseker. Die papier van
die sak is dan behandel met tegnieke van saamsmelt en sprei (nanotechnology
liquid glass) om die sterkte van die materiaal te verhoog. Die patroon is dan
geteken, gesny en aan mekaar gestik, nadat die papier behandel is. Die sak het
twee afdelings en twee kleiner sakkies: een om jou skoot rekenaar se kabels in te
dra en 'n iPhone of muis in die ander. Die geïnsuleerde afdeling verdeel jou
skootrekenaar van enige ander papiere of notas, en die hele binnekant van die sak
is ook geïnsuleer om alles wat jy daarin dra, te beskerm. Die sakke is waterdig
840g en 39 x 6 x 26,5cm. Die sak maak styf toe omrede die twee magnete wat
binne in die flap weggesteek is, maar die sterkte van die magnete sal nie skade aan
elektroniese apparate doen nie.
Die doelstellings en inspirasies met verwysing na die materiale
Die origami geïnspireerde skoot rekenaar sak, hergebruik leë sement sakke, dus
word die hoeveelheid afval op afvalterreine verminder. Dit verminder die
negatiewe omgewings impak (Koolstof voetspore).
VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER
Naam van die ontwerper/ontwerp agentskap of studio en 'n titel van een
hoofprojek wat deur die ontwerper onderneem is. [Ken toe 1 punt]
Tripty rugsak deur die Tripty Project.
Kort beskrywing en analise van ten minste een hoof projek/sisteem
onderneem deur die ontwerp studio.
Die Tripty rugsak is deel van The Tripty Project klere reeks, ontwerp van afval
landbou byprodukte van pynappels, addisioneel herwinde materiaal en van
organiese klein hoeveelhede katoen. Die Tripty rugsak is gemaak van verflenterde
pynappel afval, natuurlik gekleur deur die gebruik van indigo en natuurlike
boombas kleurstowwe. Die rugsakke is in twee kleure beskikbaar, 'n lewendige
blou en 'n pienk, beide met af-wit aksente met 'n seil/canvas-tipe tekstuur. Die
rugsak is beide 'n stylvolle item en 'n funksionele produk. Die rugsak maak oop en
toe deur 'n opening wat voorgeplaas is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1 21 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Die doelstellings en inspirasies met verwysing na die materiale
Die Tripty-projek skep bykomstighede en klere van herwonne materiaal gebaseer op 'n
etiese behoefde voorsien-ketting wat beide omgewings en ekonomies volhoubaar is.
Deur hul gebruik van herwinde bronne, verminder hulle die negatiewe omgewings
impak deur die hoeveelheid afval wat op afvalstortterreine beland, te verminder.
Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.
V6 Vlak KOGNITIEWE GEWIGS- VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE TOEKENNING (20)
Laer orde Onthou, Herroep, Herken 6.1.1 2
30%
Verstaan, Verduidelik, 6.1.2 2
Beskryf 6.1.3 2
Middel orde Toepas, Implementeer, 40% 6.1.1 1
Organiseer 6.1.2 1
6.1.3 6
Hoër orde Analiseer, Vergelyk, 30% 6.1.3 2
Interpreteer
Evalueer, Reflekteer, 6.1.3 2
Sintetiseer, Regverdig 6.1.3 2
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Eng)

Question paper