You're offline
Skip to content
Question paper

Design P1 Nov 2014 Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: DesignGrade 12201411 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V1 (TEORIE) NOVEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte) VRAAG 1 tot 3 AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte) VRAAG 4 AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare konteks (40 punte) VRAAG 5 en 6 4. Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur. 5. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. 6. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet spandeer. 7. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/November 2014 NSS AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. 1.1 FIGUUR A: Troukoek deur Charly's Bakkery (Kaapstad), 2012. 1.1.1 Analiseer en bespreek die gebruik van die volgende met betrekking tot FIGUUR A hierbo: • Tekstuur • Vorm • Kleur • Kontras (8) 1.1.2 FIGUUR A kan as 'n ontwerpproduk beskryf word. Stem jy saam? Bespreek. (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/November 2014 NSS 1.2 FIGUUR A: Mandela plakkaat deur Garth Walker (Mandela Plakkaatprojek-versameling) (Suid-Afrika), 2013. 1.2.1 Bespreek hoe die ontwerper 'n fokuspunt in FIGUUR A geskep het. (2) 1.2.2 Bespreek die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR A hierbo: • Lyn • Kleur • Ritme • Balans (8) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/November 2014 NSS VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP 2.1 FIGUUR A: Drum-tydskrif-voorblad (Johannesburg, Suid-Afrika), 1956. 2.1.1 Wat, dink jy, is die betekenis van die term vintage-retro? (2) 2.1.2 Die populêre beelde van die 1950's in FIGUUR A beïnvloed dikwels kontemporêre ontwerpidees en word nou as modieuse ontwerppraktyk beskou. Wat is jou mening oor hierdie praktyk? Bespreek. (4) 2.1.3 Die tydskrifvoorblad in FIGUUR A hierbo weerspieël duidelik stereotipering en vooroordeel. Bespreek hierdie stelling deur na FIGUUR A hierbo te verwys. (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/November 2014 NSS VRAAG 3 BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Verwys na FIGUUR A en FIGUUR B hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR A: Ukamba deur Nesta Nala, FIGUUR B: Hopi-pot deur Steve Lucas, (Thukela-vallei, KZN, Suid-Afrika), (Amasone-canyon, VSA), 2004. 1994. Vergelyk FIGUUR A met FIGUUR B hierbo in 'n opstel (van ten minste EEN volle bladsy) deur ooreenkomste en verskille te bespreek met verwysing na: • Vorm • Patroon • Tekstuur • Kleur • Inspirasie/Invloede [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/November 2014 NSS 3.2 FIGUUR A: Die Parthenon (Athene, Griekeland), c. 432 VHJ. Skryf 'n opstel (van ten minste EEN volle bladsy) waarin jy die klassieke gebou in FIGUUR A hierbo – of enige ander klassieke gebou wat jy bestudeer het – met enige kontemporêre gebou wat jy bestudeer het, vergelyk. Verwys na die volgende in jou opstel: • Doel • Uitleg/Plan • Materiale • Inspirasie/Invloede [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/November 2014 NSS AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 4.1 Daar is bewegings/style in die geskiedenis van ontwerp wat 'n dekoratiewe benadering openbaar en bewegings/style wat 'n formalistiese/masjien- geïnspireerde benadering openbaar. Kies enige TWEE ontwerpbewegings/-style uit die lys hieronder en skryf 'n opstel (van ten minste TWEE volle bladsye) waarin jy die stelling hierbo regverdig. Verwys in jou opstel na die invloede en kenmerke van ELKE beweging en ten minste EEN ontwerp uit elke beweging om jou antwoord te motiveer. • Barok • Rococo • Art Nouveau • Bauhaus • De Stijl • Modernisme (20) 4.2 FIGUUR A: Starburst-skoen deur FIGUUR B: Skoen deur Kei T de Bont, Art Deco (Nederland), 1922. Kagami, Japannees Londen- gebaseerd, Dekonstruksie (Brittanje), 2012. 4.2.1 Noem EEN ander ontwerper en ontwerpproduk van die Art Deco- beweging en die Dekonstruksie-beweging. (2) 4.2.2 Skryf 'n kort opstel waarin jy FIGUUR A met FIGUUR B hierbo vergelyk deur hul ooreenkomste en verskille met betrekking tot die volgende te bespreek: • Vorm • Invloede/Inspirasie • Kontras • Funksionaliteit (8) TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/November 2014 NSS AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 FIGUUR A: Kuberafknouery-veldtog deur PSA (VSA), 2013. Die misbruik van persoonlike beelde deur verskeie mediaplatforms wat in die veldtog hierbo getoon word, beklemtoon dat 48% van die halfnaak- en naakfoto's wat deur 13–17-jariges as teksboodskappe deur middel van 'n selfoon gestuur word, in die hande van die verkeerde persoon beland het. 5.1.1 Watter boodskap word deur die plakkate in FIGUUR A hierbo oorgedra? Verduidelik in 'n paragraaf (van ten minste 'n ½ bladsy) hoe die ontwerper stereotipes, gesigsuitdrukkings, komposisie en kleur in die plakkate gebruik om die boodskap oor te dra. (6) 5.1.2 Dwarsoor die wêreld word ontwerp al hoe meer gebruik as 'n instrument om die samelewing te bemagtig. Ontwerpers skep nou vernuwende produkte om almal se lewensgehalte te bevorder. Verwys na die stelling hierbo en bespreek (ten minste 1½ bladsye) EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale ontwerper/ontwerpgroep wat jy bestudeer het wie se werk aandag gee aan sosiokulturele kwessies. Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek het of na wie in hierdie vraestel verwys word NIE. (14) [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/November 2014 NSS 5.2 5.2.1 Verduidelik kortliks hoe inheemse kunshandwerk deur middel van kontemporêre ontwerppraktyk behoue kan bly. (2) 5.2.2 Bespreek enige EEN tipe tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het. Fokus op die volgende in jou bespreking: • Algemene kenmerke van hierdie kunshandwerk • Die tradisionele geskiedenis, die funksie daarvan en die gebruik van materiaal (materiale). (8) 5.2.3 FIGUUR A: Zenzulu Wire Natuurrooi Houer deur Marisa Fick-Jordaan (Suid-Afrika), 2010. Die ontwerper van die houer in FIGUUR A hierbo gebruik tradisionele kunshandwerktegnieke/-materiale op 'n moderne manier en bemagtig terselfdertyd individue of gemeenskappe. Skryf 'n opstel (van ten minste EEN volle bladsy) oor enige EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep. Gebruik die volgende struktuur in die beantwoording van die vraag: • Die naam van die ontwerper/groep en sy/haar/hulle ontwerpproduk • 'n Gedetailleerde beskrywing van hoe tradisionele tegnieke/ metodes en materiaal (materiale) op kontemporêre ontwerp toegepas is. Verwys na spesifieke voorbeelde om jou stellings te ondersteun. • Bespreek die sosiokulturele bydrae daarvan. Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek het of na wie in hierdie vraestel verwys word NIE. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/November 2014 NSS VRAAG 6 6.1 FIGUUR A: Renoster deur plaaslike handwerkkunstenaars wat draadhangers/krale/plastiekbottels gebruik (Pilanesberg, Suid-Afrika), 2012. 6.1.1 Wat is die doel van volhoubare ontwerp? (2) 6.1.2 Dink jy die ontwerpveldtog in FIGUUR A hierbo weerspieël volhoubare ontwerppraktyk? Motiveer jou antwoord met verwysing na hierdie ontwerp. (4) 6.2 Bespreek die werk van enige EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerp-agentskap of -ateljee (ten minste 1½ bladsye) wat jy hierdie jaar bestudeer het, wie se werk aandag gee aan omgewings- en/of volhoubare kwessies. Verwys na die volgende in jou bespreking: • Die naam van die ontwerper/ontwerp-agentskap of -ateljee • Die titel en 'n kort beskrywing van ten minste EEN belangrike projek • Hoe die ontwerper/ontwerp-agentskap of -ateljee aandag gee aan omgewings- en/of volhoubare kwessies in sy/haar/hulle werk Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek het of na wie in hierdie vraestel verwys word NIE. (14) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Design

Explore more published documents in this catalogue.

View all