You're offline
Skip to content
Question paper

Design P1 Nov 2021 MG Afr hlayiso.com

Subject: DesignGrade 12202022 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V1 (TEORIE) NOVEMBER 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 2 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID 'ONGESIENE' VOORBEELDE BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2. VRAAG 1 [10 Punte] 1.1 1.1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerp term vir 'n totaal van 8 punte toe)  Die vorm se struktuur bestaan uit twee lae van verskillende lengtes, waar die onderste laag langer as die boonste laag is.Die sigsag patrone skep 'n dinamiese vorm wat beweging naboots.Die onderste rooi, deurskynende deel van die lamp weerspieël 'n uitgestrekte vorm wat deur die vertikale koorde beklemtoon word.  Die boonste derde van die lamp is gekraal en skep 'n growwe/riffelagtige, tasbare tekstuur wat aan die ontwerp verskeidenheid voeg.  Die gespande wol/koord lyk deurskynend en glad in vergelyking met die gekraalde boonste deel met sy tasbare tekstuur. Die herhaalde krale sowel as die vertikale koord skep 'n illusie van tekstuur.  Die lamp vanuit 'n twee-dimensionele vooraansig, is simmetries gebalanseerd, wat helderheid en kalmte beklemtoon.Die lamp is radiaal gebalanseerd wanneer dit uit 'n drie-dimensionele perspektief gesien word, omrede die plooie lyne skep wat uitstraal in 'n kegelvormige vorm.  Op die boonste gedeelte van die lamp is ritme geskep deur die sigsag struktuur van die raam. Hierdie sigsag ritme is herhaal op die onderste gedeelte en dié herhalende ritme verenig die lamp. Die ritme op die boonste kant is geskep deur horisontale krale, terwyl op die onderste kant is die ritme vertikaal en gevorm deur koorde wat 'n dinamiese ritme skep, wat beweging voorstel. 1.1.2 (Ken 2 punte toe) Hierdie ontwerp is Afrika-geïnspireer omrede dit gemotiveer is deur 'n tradisionele Tsonga romp, die Xibelani. Die gebruik van tradisionele krale wys dat dit deur Afrika beïnvloed is, soos gesien word in die voorbeelde van Zulu kraalwerk.Die fatsoene herinner aan Asteek Kuns wat geïnspireer is deur sigsagpatroonmotiewe sigbaar in die Art Deco-beweging. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 3 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne V.1.1 PUNTE VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (10) TOEKENNING Onthou, Herroep, Herken 1.1.1 2 Laer Orde 30% Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1.1.1 1 Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1.1 3 1.1.2 1 Analiseer, Interpreteer 1.1.1 2 Reflekteer, Beoordeel 1.1.2 1 30% Hoër Orde Sintetiseer OF 1.2 1.2.1 (Ken 2 punte per ontwerp term vir 'n totaal van 8 punte toe)  FIGUUR B gebruik 'n verskeidenheid lyne wat rond, gekrom, hoekig, reguit, dun, en dik is wat 'n opmerkende ontwerppatroon skep. Dik, swart lyne is gebruik om die rand van die vierkantige blokke te beklemtoon.Dun, swart en wit lyne skep 'n baie besige oppervlakpatroon wat aan 'n labirint herinner. Die aanhoudende ronde lyne skep spiraalbewegings wat met die vierkante verweef.  Die gebruik van kleur is minimaal en beperk tot warm kleure van oranje en rooi. Die warm, rooi en oranje gekromde lyne is bo-op die swart en wit agtergrond geplaas om beweging en/of kontras te beklemtoon. Swart en wit kleure (neutrale kleure) domineer die ontwerp en gee die ontwerp 'n dramatiese, sterk effek.  FIGUUR B gebruik die beginsel van eenheid sigbaar in komplekse paadjies om as 'n geheel te werk. Die dominante agtergrond skep ook 'n eenheid deur die gebruik van soortgelyke motiewe te maak. Die herhaling van die dominante rooi en oranje gekleurde krom lyne skep eenheid.   Die patroon in FIGUUR B maak gebruik van verskillende motiewe wat strategies geplaas is om 'n reeks teëwerkende spieëlagtige beelde te skep. Daar is 'n komplekse bolaag van geometriese patrone en lyne wat ronde en diamantagtige patrone skep. Die herhaalde vierkante en spiraalontwerpe skep 'n ritmiese patroon en/of beweging. (Ken 2 punte toe) 1.2.2 'Afro-kontemporêr' verwys na 'n eklektiese ontwerpstyl wat Afrika en kontemporêre invloede saamsmelt. Verwysings na Afrika-patrone wat op houtdeure gekerf is, maskers en meubels is sigbaar in hierdie ontwerp.Die strepe wat oorkruisend lyk, kon dalk beïnvloed wees deur tradisionele grasweefpatrone. Die boonste laag van tradisionele sigsagpatrone, geskep deur rooi en oranje S-lyne, herinner mens aan neonligte te sien in kontemporêre Afrika lewe. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 4 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne V.1.2 PUNTE VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE (10) TOEKENNING Onthou, Herroep, Herken 1.2.1 1 Laer Orde 30% Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 1.2.1 2 Klassifiseer Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.2.1 3 1.2.2 1 Analiseer, Interpreteer 1.2.1 1 Reflekteer, Beoordeel 1.2.1 1 30% Hoër Orde 1.2.2 1 Sintetiseer, Regverdig KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP VRAAG 2 [10 punte] 2.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 4 punte toe) Op die reklamebord maak die ontwerper gebruik van 'n vuurwapen, wat 'n simbool is vir geweld en verlies van lewe, om die skade van lugbesoedeling te kommunikeer. Sowel as, dood met 'n vuurwapen is gewoonlik skielik, onverwags, onnatuurlik en vermybaar. Die ontwerper kan 'n soortgelyke stelling oor lugbesoedeling maak, deur die mensdom te inspireer om aksie te neem en die dood te voorkom wat deur besoedeling veroorsaak is.  Die reklamebord wat 'n groot beeld van 'n vuurwapen het, is op die muur van 'n industriële gebou geplaas, wat die afgryslikheid van die probleem wys deur die gebruik van skaal. Die vuurwapen is proporsioneel groter as die fisiese grootte van die gebou om die skaal van die probleem te beklemtoon. 2.2 Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. (Ken 'n maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 6 punte toe) FIGUUR D en E is beide tydskrifvoorblaaie, FIGUUR D maak gebruik van 'n sagte pastel kleurskema (geel, rooi, pienk en oranje) wat 'n sagte visuele aantrekking skep. In vergelyking maak FIGUUR E gebruik van 'n sterk en helder kleurskema wat bestaan uit helder rooie, oranjes en pienke, wat 'n opvallende ontwerp skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 5 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne In FIGUUR D is die fokuspunt die vrou wat 'n geel rok dra, wie beklemtoon is deur die kontras van die kleur van haar rok teen die turkoois agtergrond.Die fokuspunt in FIGUUR E is die model in die middel wie beklemtoon word deur haar helder rooi lippe, rooi naels, en helder ooggrimering wat met die donker agtergrond kontrasteer. Die tipografie in FIGUUR D maak gebruik van 'n speelse serif-lettertipe gedruk in beide hoofletters en kleinletters in kleure van geel, pienk en wit. Die skrif in hoofletters kontrasteer goed met die skrif in kleinletters. Die kleinlettertipe is meer bonkerig, goedafgerond met 'n sterk hoë streep verskil. Die titel van FIGUUR E is in 'n serif-lettertipe gedruk, die woorde 'Hair and Beauty' is in skuinsdruk, en die oorblywende gedeelte van die tydskrifvoorblad is in 'n sans-seriflettertipe gedruk. In vergelyking met die serif-teks in FIGUUR D, lees die sekondêre sans-serif teks in FIGUUR E makliker weens sy vereenvoudiging. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir ʼn tabel vergelykende antwoord. ʼn Maksimum van 6 punte mag toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ʼn voldoende vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning. V.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (10) Onthou, Herroep, Herken, Noem 2.1 1 Laer Orde 30% Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 2.2 2 Klassifiseer Middel Orde Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 40% 2.1 2 2.2 2 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2.1 1 Hoër Orde Evalueer, Reflekteer, Beoordeel 30% 2.2 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 6 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 10 punte toe) 'n Vergelyking van die antieke Romeinse boog van Volubilis, Morokko met die kontemporȇre Boog vir Aartsbiskop Tutu, Suid-Afrika Die Boog van Caracalla (FIGUUR F) was geïnspireer deur Keiser Caracalla se verkenning van Romeinse burgerskap, aan die vryburgers van Rome se provinsies. Dit toon ook die invloed van Griekse argitektuur in die gebruik van kolomme en 'n entablement. Die #ArchForArch boog (FIGUUR G), ontwerp deur die medestigter van die Noorweegse argitektuur firma, Snøhetta en Johannesburg- gebaseerde argitek, Thomas Chapman van Local Studio, is geïnspireer deur 'n kommissie vir 'n fisiese weergawe van Aartsbiskop Desmond Tutu se krag en die buigsaamheid van die mensdom. Dit is 'n feesviering van die krag en weerstand van die mensdom en 'n herinnering aan die stigtingsbeginsels waarop Suid-Afrika gebou is en is 'n monument aan Tutu se lewensstryd vir gelykwaardigheid vir almal. Die materiaal wat gebruik was om die Romeinse Boog van Caracalla te bou was 'n plaaslike bron van klip wat swaar lyk en die konsep van krag oordra. In Klassieke tye het 'n bronsbeeld van die Keiser Caracalla in 'n ses-perd triomfwa bo die oorwinningsboog gestaan en beelde van nimfe wat water in gekerfde marmer bakke gooi, het teen die voet van die boog gestaan. Die gebruik van hierdie duur materiaal het die belangrikheid en grootheid van die Keiser beklemtoon. Die #ArchForArch is 'n kontemporêre gedenksherinnerings-struktuur wat van hout gemaak is; 'n warm, organiese materiaal. Dit is 'n minder indrukwekkende materiaal as die klip van die Boog van Caracalla en kommunikeer die warm, sorgvuldige persoonlikheid van Aartsbiskop Tutu wie herdenk word. Die boog van Caracalla (FIGUUR F), wat op die eindpunt van die seremoniële straat, Decumanus Maximus, geplaas is, domineer die landskap waarin dit geplaas is, wat die mag van die Keiser Caracalla suksesvol kommunikeer. In kontras hiermee, in plaas van dat dit sy ligging domineer, is die #ArchForArch (FIGUUR G) geïntegreer in die omgewing. Die oop struktuur laat toe dat bome en geboue in die negatiewe spasies besigtig word. Hierdie kommunikeer die Aartsbiskop se vriendskaplike, oop-deur beleid. Twee weergawes van die #ArchForArch bestaan. Die eerste van die boë was gestig op 7 Oktober 2017, om met Tutu se 86ste verjaarsdag saam te val en is geplaas op die ligging naby St. George se Katedraal in Kaapstad wat 'n belangrike ligging is op die oudste laan in die land, waar mens die parlement gebou, St. George se Katedraal, sowel as die Slawe-huisvesting, kan besigtig. Die tweede weergawe was geïnstalleer op 'n ligging by Konstitusie- heuwel in Johannesburg op 10 Desember 2017 om saam te val met die 21ste herdenking van die Suid-Afrikaanse Konstitusie. Hier is 'n manier om demokrasie te integreer as 'n ontwerpprojek en 'n nabyskouing van hoe Suid-Afrika se ruimtelike ontwerp, die godsdienstige gemeenskap, menslike regte, die Konstitusie en Aartsbiskop Tutu self, saamwerk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 7 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Die Boog van Caracalla (FIGUUR F) maak gebruik van die pilaar-en-latei- konstruksiesisteem, wat bestaan uit twee lang kolomme (bekend as 'n pier) aan beide kante van 'n enkele gewelfde poort. Die reghoekige struktuur, met 'n lang tabel bo-op, kom voor as rigied en sterk. Tussen in die kolomme is uitgeholde ruimtes, wat help om die blokagtige vorms te versag. Die elegante boogagtige vorm van die #ArchForArch (FIGUUR G) straal 'n baie sagter gevoel uit as die Arch of Caracalla (FIGUUR F). #ArchForArch in (FIGUUR G) bestaan uit 'n enkele geboogde vorm of koepel, gemaak van 14 individuele geboogde houtbalke  (geïnspireer deur die 14 lyne van die Konstitusie se inleiding). Die balke was gebuig deur 'n Kroatiese bootbouer, Dario Farcic, in Johannesburg en simboliseer die buigbaarheid en sterkte van die ontwerp se boodskap. Die Romeinse Boog van Caracalla (FIGUUR F) funksioneer as 'n triomfboog in die antieke Romeinse stad van Volubilis. Dit is 'n vrystaande monument, gebou in 217 VHJ om die triomfe van Keiser Caracalla te herdenk en daaraan eer te gee. Die kontemporêre Suid-Afrikaanse #ArchForArch (FIGUUR G) herdenkboog was 'n kommissie deur Design Indaba, befonds deur Liberty en funksioneer om erkenning te gee aan die werk en lewe van een van Suid-Afrika se mees gevierde figure, Aartsbiskop Desmond Tutu (liefdevolle verwys na as 'the Arch'). Dit funksioneer ook as 'n feesviering van die Suid-Afrikaanse Konstitusie. OF 'n Klassieke gebou/struktuur vergelyk met 'n Inheemse Kennis Sisteem gebou/struktuur. Tot en met die laat 1800's het voor-koloniale Ndebele huisvestigings (imizi) drie generasies gehuisves. Die strooidak en die byekorf-gekoepelde tipe strukture was in 'n sirkel uitgelȇ rondom 'n sentrale gemeenskapskraal. Gedurende die 1860s het die Ndebele verenig met hul meer kragtige bure, die Pedi, en op hierdie punt begin hul argitektuur deur die vorme, teksture, konstruksie, en selfs die versierings van die Pedi beïnvloed word. Die welbekende praktyk van muurversiering van die Ndebele huise word heelwaarskynlik ook beïnvloed deur hul Pedi bure wie se monochromatiese 'union Jack' patroon nog steeds tussen die Ndebele tot vandag toe oorleef. Die Romeinse Forum ontwikkel vanuit die oorspronklike Griekse stadsplan, maar oor die jare het die invloed minder sigbaar geword. Die uitleg het netjieser en meer georganiseerd geword. Soos Rome uitgebrei het, het 'n behoefde vir 'n sentrale politieke en godsdienstige stadsplein in die middel van Rome ontstaan, wat 'n invloed op die plasing en uitleg van die ligging gehad het. Die oorspronklike Ndebele het in 'n grasveld area gebly en byekorfvormige huise van strooigras gebou. Hulle het die materiaal wat beskikbaar is in hul onmiddellike omgewing gebruik. Na die Boer-Ndebele konfrontasie in 1883, het die Ndebele na 'n droë area getrek en die korf-silindervormige huis, gemaak van nuwe beskikbare materiaal, latte en gesmeerde modder, het die strooigras vervang. Teen die 1940s was die silinderbasis vervang met 'n reghoekige fatsoen wat nog steeds in gebruik is. Die strooigras, latte en gesmeerde modder materiaal skep 'n aardse, organiese gebou wat met die natuur saamsmelt. Met die uitvinding van beton, 'n innoverende Romeinse materiaal, was die Romeinse gemagtig om monumentale, indrukwekkende strukture te bou wat die mag van die Romeinse Ryk reflekteer. Die interieur en eksterieur was meestal met marmer bedek, wat in die onmiddellike omgewing beskikbaar was. Gedurende die regeertydperk van Augustus was die hoofpad van die Romeinse Forum met travertine uitgeplavei. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 8 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Volgens argeologiese ontdekkings is die binneplaas 'n belangrike faktor van die Ndebele huisvestingsligging, al sedert die voor-koloniale tye. Hierdie is steeds tot vandag toe sigbaar in Ndebele argitektuur. Toegang tot die huis is deur 'n voorbinneplaas wat deur 'n muur omring is. Hierdie ingang word deur die vrouens van die huishouding vir 'n verskeidenheid sosiale en huishoudelike aktiwiteite gebruik. Die kombuis en slaap-areas vir die kinders was vanuit die agterste binneplaas toeganklik deur 'n sygang. Soortgelyk, was die Romeinse Forum basies 'n reghoek van oop grond, amper soos 'n binneplaas, omring deur belangrike geboue, met 'n enkele ingang deur 'n triomfboog. Die Romeinse Forum was 'n belangrike ligging omdat dit 'n sentrale area was waar godsdienstige seremonies plaasgevind het, en omdat dit 'n basilika gehad het wat 'n model geword het vir Christelike kerke daarna. Die Romeinse Forum sluit in: die Triomfboog van Titus, die Kerk van San Luca en Martina, sowel as die twee tempels opgedra aan Vesta en Saturnus wat later gebou was. Die ligging is verenig deur die enkele hoofstraat wat deur die middel loop. Volgens die Ndebele kultuur sal die hele familie met die konstruksie van die huisvesting help wat as 'n tipe kwalifikasie gesien was.  Die konstruksie het ontwikkel na aanleiding van tradisies en het verander net soos tradisies ook verander het. Die Romeinse Forum is 'n voorbeeld van die Romeinse ingenieurswese en tegnologiese vaardighede. Die Romeine het ingenieurswesekennis gebruik om 'n dreineringssisteem te skep wat water van die area wat oorspronklik 'n moeras was, te dreineer. Die gebruik van die Romeinse boog en die uitvinding van beton het hul toegelaat om indrukwekkende triomfboë, soos die Triomfboog van Titus, te bou. Die funksie van Ndebele argitektuur het ontwikkel oor die laaste eeu en moet gesien word binne die konteks van die sosio-ekonomiese en politiese veranderings in Suid-Afrika. Die oorlewing van die Ndebele onafhanklikheid was bedreig en om dit teë te werk, het die vrouens 'n sterk beheer oor die familie strukture bevestig en die Ndebele identiteit versterk deur die skep van 'n taal van muurversierings wat nou identifiseer word as uniek aan die Ndebele. Die Ndebele argitektuur staan as 'n huldeblyk aan die vermoë van die Ndebele mans en vrouens om saam te werk om die gekombineerde bedreigings van Kolonialisme, Kapitalisme en Apartheid teë te werk. Vandag het hierdie huisvestings 'n belangrike sektor van die toerisme industrie geword, omrede hulle 'n belangrike deel van die diverse kulture van Suid- Afrika geword het. Die funksie van die Forum was 'n ruimte vir handelsaktiwiteite en publieke vergaderings. Burgers van die antieke stad het oorspronklik na die Romeinse Forum as 'n markplek, of die Forum, verwys. Dit was vir eeue die middelpunt van Romeinse publieke lewe: die plek waar triomfprosessies en verkiesings plaasgevind het; die plek vir publieke toesprake, kriminele verhore, en gladiator spele; en die kern van kommersiële onderhandelinge. Hier was beelde en monumente opgerig om die stad se noemenswaardige mense te eer. Baie van die oudste en mees belangrikste strukture van die antieke stad was op of naby die Forum geleë. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings of 'n vergelyking van 'n Klassieke en kontemporêre gebou of Klassieke en Inheemse Kennisstelsel struktuur wat die kandidaat bestudeer het. NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir ʼn tabel vergelykende antwoord. ʼn Maksimum van 6 punte mag toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ʼn voldoende vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 9 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne V.3 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (10) Onthou, Herroep, Herken 3.2. 2 Laer Orde 30% Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 3.2 1 Klassifiseer 40% 3.2. 4 Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 3.2. 2 Hoër Orde Evalueer, Reflekteer 30% Skep, Sintetiseer, Regverdig 3.2. 1 TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 10 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS VRAAG 4 [30 punte] 4.1 (Ken 20 punte in totaal toe) (Ken 10 punte vir elke beweging toe. Let wel net EEN punt mag toegeken word vir die naam van die ontwerper en produk vir elke beweging. Gebruik asseblief die kognitiewe tabel vir jou punte toekenning.) Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede: Art Nouveau EN Postmodernisme Kandidate mag enige twee bewegings kies solank hul stellings geregverdig word en 'n verband met die aanhaling het. Art Nouveau Art Nouveau gee hulde aan sy voorloper, die Kuns- en Kunsvlytbeweging, op verskeie maniere. Soortgelyk aan die Kuns en Kunsvlytbeweging, het die Art Nouveau-beweging gepoog om 'n samewerking tussen kunstenaars en vakmanne te bewerkstellig. Hulle wou die tradisie en waardes van die ervare vakmanne herleef en het gepoog om die kwaliteit van handgemaakte produkte na fabriekgemaakte produkte oor te dra met die gebruik van moderne materiaal, bv. staal. 'n Hoof invloed op Art Nouveau is die Kuns- en Kunsvlytbeweging se gebruik van die natuurlike omgewing as onderwerp, bv. plantstingels, blomme, voëls, bessies, insekte en blare. Art Nouveau is ook beïnvloed deur die eenvoudige, vloeiende, gestileerde fatsoene wat in Japannese illustrasies gevind is en die ruitpatrone van Japannese interieurs. Die dekoratiewe, spiraalagtige, verweefde, liniêre patrone van Kelties en Wiking ontwerpe is ook sigbaar. Die dinamiese liniêre patrone is beïnvloed deur Laat-Gotiese argitektuur en die plat fatsoene en organiese buitelyne van Simbolisme. Baie van die Art Nouveau ontwerp karaktereienskappe wys 'n voortsetting en verdere ontwikkeling van Kuns- en Kunsvlyt karaktereienskappe. Die beheerste, gekromde lyne gebruik deur die Kuns- en Kunsvlyt ontwerpers is verder ontwikkel deur Art Nouveau tot sweepslaglyne wat vloei en krul op 'n slangagtige wyse om 'n dinamiese oppervlakpatroon te skep. Art Nouveau ontwerpe reflekteer vloeiende kurwes wat soortgelyk aan die organiese fatsoene van die Kuns- en Kunsvlytbeweging is. Beide bewegings maak gebruik van plat kleure, maar Art Nouveau kleure is dof, afgeplat en delikaat, en sluit in pastelkleure, wit, vuilwit, mosterd, olyfgroen, lig geelgroen, ligte pers, goud en poubloue. 'n Ander karaktereienskap van Art Nouveau ontwerpe is hul gebruik van asimmetriese komposisies wat die dinamika van die werke versterk. Art Nouveau ontwerpe gee ook hulde aan die Kuns- en Kunsvlyt se gebruik van mooi getekstureerde oppervlaktes en ontwikkel hierdie aspek verder in oppervlaktes wat eksotiese materiaal soos perlemoen, lapis lazuli en metaal met ivoor ingelê, keramiek en smeeyster gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 11 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 'n Goeie voorbeeld van Art Nouveau ontwerp is die Casa Batllo huis ontwerp deur Antoni Gaudi. Gaudi se oortuiging dat geboue deur die natuur geïnspireer moet word en dat hulle geen reguit lyne of skerphoeke moet wys, is duidelik sigbaar. Die gebou was geïnspireer deur organiese fatsoene soos skulpe, golwe en strande en kom voor asof dit uit die aarde soos 'n plant groei. Die dak is gekrom en herinner mens aan die ribbekas van 'n draak. Sy gebruik van gekleurde mosaïek, gemaak van gebreekte teëls, skep 'n mooi oppervlakversiering en is tipies van Art Nouveau. Postmodernisme Die Postmodernistiese beweging verwerp op verskeie maniere die beginsels van voorlopers soos De Stijl, Bauhaus en Modernisme.  Hulle doel is om weg te breek van onderwerping en outoritarisme (waar lojaliteit tot streng reëls verwag word) of Modernisme om ontwerpe te skep wat verskeidenheid en individualiteit vier. Dit poog om ontwerpe te skep wat aan menslike behoeftes voldoen en om weg te beweeg van die koue, onpersoonlike en masjienagtige ontwerpe van Modernisme, De Stijl en Bauhaus. 'n Hoofdoel van Postmodernisme was om ontwerpe te skep wat verstaan kan word deur die algemene publiek en wat nie elitisties is soos dié van Modernisme nie. Terwyl Modernisme alle vorige style en tradisies verwerp ten Kenste van 'n moderne, masjienestetika, het Postmodernisme gepoog om konneksies te hervestig met vorige ontwerpstyle en om 'n balans tussen moderniteit en tradisie te skep. Die argitek, Venturi, was 'n belangrike invloed op Postmodernisme. Sy slagspreek 'less is a bore' (minder is vervelig) is 'n teenstelling tot die Modernistiese stelling 'less is more' (minder is meer). Sy verwerping van die Modernistiese se klem op suiwerheid, eenvoud en strengheid, beïnvloed Postmodernistiese ontwerp. Die 'Anti-Design Movement' (Anti-Ontwerp Beweging) van die 1960s in Italië was ook 'n invloed op Postmodernisme. Memphis Studio, Archizoom en Super Studio is almal ontwerpgroepe wat deel van die beweging is. Hul gebruik van eklektiese bronne sowel as hul kombinasie van goedkoop met duur materiaal, en hul gebruik van populêre en hoë kultuur beïnvloed Postmodernisme. Hierdie gebruik van eklektiese bronne is direk in teenstelling met die Modernisties se belangstelling in eenvoud en suiwerheid. Kenmerk van Postmodernistiese ontwerp is hul gebruik en kombinasie van vorige style (bv. Grieks en Romeinse gebou elemente) in een ontwerp. Modernisme het die gebruik van vorige style verwerp en vier ornamentasie en versiering. Kleur, verwringing, kitsch, humor, skerpsinnigheid en ironie word essensiële komponente van Postmodernisme. Die streng, neutrale, glad, onversierde en masjienagtige natuur van Modernisme is beskou as vervelig en onpersoonlik. Postmoderne ontwerpe kombineer moderne materiaal, tegnieke en vorms met tradisionele tegnieke, materiaal en vorms (bv. gladde, masjienagtige, geometriese, staalvorms word gekombineer met hout, organiese gekromde boogvorms). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 12 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Die St Coletta School of Greater Washington (USA), 2006 deur Michael Graves is 'n goeie voorbeeld van Postmodernistiese ontwerp. Dit is eklekties in natuur en kombineer geometriese vorms van Modernisme, 'n voorloper van Postmodernisme, met klassieke gebou kenmerke soos 'n atrium. Die atrium is 'n groot, toegemaakte area met hoë boë en 'n groot dakvenster in die middel van St Coletta. Die skool is versier met helder, primêre kleure om dit 'n lig en prettige atmosfeer te gee. Beide die skoolhuise het die vorm van 'n groot speelding of boublok wat humor en skerpsinnigheid tot die ontwerp voeg; 'n tipiese karaktereienskap van Postmodernisme. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. V.4.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (20) Onthou, Herroep, Herken, Noem 4.1 2 Laer Orde 30% Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 4.1 4 Klassifiseer 40% 4.1 8 Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 4.1 2 Hoër Orde Evalueer, Reflekteer 30% 4.1 1 Skep, Sintetiseer, Regverdig 4.1 3 4.2 (Ken 'n maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 10 punte toe) Die Toshiba Rooster in FIGUUR H maak gebruik van kontemporêre, alledaagse, populêre beelde, soos die eenvoudige madeliefie en weerspieël die invloed van die 'Anti-Design Movement' (Anti-Ontwerp Beweging) se verwerping van 'akademiese kuns' op Pop ontwerp. In vergelyking hiermee, wys die Art Deco rooster (FIGUUR I) die invloede van vorige sowel as kontemporêre style op Art Deco bv. die geometriese fatsoene van Kubisme en Asteekkuns en die sigsag patroonvorms van Afrika kuns. Pop ontwerp se doelstelling om die moderne, jeugdige stadslewe op 'n onbesorgde wyse te reflekteer kan gesien word in die gebruik van die helder rooi kleur en moderne materiaal, soos chroom. Art Deco ontwerpe se doelstelling is ook om die kontemporêre masjientydperk te reflekteer; hierdie kan gesien word in hul gebruik van geometriese vorm en moderne materiaal, soos vlekvryestaal. As gevolg van tegnologiese ontwikkelinge in chemie was nuwe sintetiese verwe ontwikkel gedurende die 1960s, wat ontwerpers toegelaat het om te eksperimenteer met 'n wye reeks van helder kleure in verskillende toonwaardes. Die helder rooi kleur van die Toshiba rooster is 'n goeie voorbeeld van die gebruik van sintetiese kleur en dit gee die rooster 'n spelerige, lewendige gevoel. Die kontras van die wit Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 13 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne madeliefie teenoor die rooi agtergrond voeg 'n lewendige element tot die ontwerp by. Aan die anderkant, maak die Art Deco rooster in FIGUUR I, nie gebruik van kleur nie en die oorheersende gebruik van silwer chroom met swart aksente gee aan die rooster 'n elegante, luukse gevoel. Die klem op elegansie en luuksheid is tipies van Art Deco ontwerp wat gepoog het om 'n manier vir ontsnapping van die depressies van die oorlog te skep. Die reghoekige, blokagtige vorm van die Toshiba rooster in FIGUUR H is smal en versag deur die gekromde hoeke wat dit 'n liggewig kwaliteit gee. In kontras hiermee, lyk die Art Deco rooster (FIGUUR I) swaar en sterk omrede dit alleenlik uit hoekige, blokagtige fasette bestaan. Die lyne rondom die madeliefie patroon op die Pop rooster in FIGUUR H is vloeiend en gekrom en skep 'n gevoel van eenheid met die gekromde rande van die rooster. Hierdie gekromde, organiese kwaliteit is tipies van Pop ontwerp. Die lyne van die diamantpatroon op die Art Deco rooster (FIGUUR I) is hoekerig, reguit en diagonaal, wat herinner aan chevrons, en skep dus dit 'n jazzagtige, dinamiese effek. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir ʼn tabel vergelykende antwoord. ʼn Maksimum van 6 punte mag toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ʼn voldoende vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning. V.4.2 KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE VLAK TOEKENNING (10) Onthou, Herroep, Herken, Noem 4.2 1 Laer Orde 30% Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 4.2 2 Klassifiseer Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.2 4 Middel Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 4.2 1 Hoër Orde Evalueer, Reflekteer, Beoordeel 30% 4.2 1 Skep, Sintetiseer, Regverdig 4.2 1 TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 14 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: SOSIOKULTUREEL/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS VRAAG 5 [20 punte] BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2. 5.1 (Ken 20 punte in totaal toe) 5.1.1 (Ken 4 punte toe) Die uitleg van die beelde soos die hand wat 'n bierbeker vashou met 'n vrou se gesig daarop, dra die boodskap van die gevare van drink en hoe dit tot fisiese mishandeling kan lei, slim oor. Op die boonste gedeelte van die plakkaat is die veldtog se opskrif as 'the prevention beer mug' ('voorkomende bierbeker') in hoofletters. Dit lyk asof die persoon wat die bier drink die vrou in die gesig slaan. Die teks Please don't lose control over your drinking (Moet asseblief nie beheer oor jou drinkery verloor nie) is in 'n rooi heksagon op die bierbeker geplaas wat aandag trek en dit simboliseer 'n stopteken of padgevaarteken. Die nabye afsny van die beeld fokus op die beker vol bier, die oorsaak van die fisiese mishandeling teenoor vrouens. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. 5.1.2 Ken 16 punte in totaal toe (Ken 8 punte per gevalle studie toe) Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe. EEN KONTEMPORȆRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ONTWERPGROEP: Balini Naidoo se Braille geïnspireerde klerereeks. Die hoof doelstelling is om 'n reeks klere te skep vir visueel gestremdes en om hulle te help om te identifiseer met wat hulle aantrek. Naidoo se hoof sosiale doelstelling met die Braillebewoording op die klere is om die visueel gestremdes te help. Sy wil hulle meer onafhanklikheid gee sodat hulle hul eie klerekeuses kan maak. Balini Naidoo se oom het sy sig begin verloor en sy het sy alledaagse stryd opgelet met sy klerekeuses en die min opsies vir mense met visuele gestremdhede. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 15 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir die Blindes, is die aantal visuele gestremdheid in Suid-Afrika die hoogste van alle gestremdhede. Hierdie het haar aangemoedig om te begin navorsing doen oor hoe sy 'n Braille identifikasie sisteem vir klere kon ontwerp. Balini Naidoo s. 'Ek glo dat wat ons vir onsself doen gaan dood saam met ons, maar wat ons vir ander doen, lewe vir ewig. My doel is om my debuut tot die skoonheid- en mode-ontwerp wêreld te maak deur in 'n gemeenskap 'n verskil te maak, waar morele waardes nie meer so belangrik is nie.' Sy het bygevoeg: 'Eerlikheid, integriteit, en charisma is woorde wat my die beste beskryf, maar deursettingsvermoë en diversiteit is waardes wat die beste deur my optredes gereflekteer word. Ek glo dat die pad vorentoe baie deure vir geleenthede sal oopmaak, om die mensdom te dien.' Die hoof kenmerke van haar Braille geїnspireerde klerereeks is die gebruik van dowwe kleure met tasbare geborduurde Braille teks op gemaklike, semi-formeel en formele drag vir beide geslagte. Haar klere dien mense tussen die ouderdomme van 15-36. Die Braille identifikasie skrifsisteem is geborduur en op baadjies, T-hemde, rompe en die binnekant van broeksakke gedruk. Vir die wat kan sien, word die Braille as 'n tasbare en visuele patroon van blokkies geïnterpreteer. EEN Kontemporêre INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP: Designnobis ('n Internasionale medewerkende projek gebaseer in Ankara, Turkye en was op die kortlys vir World Design Impact). Designnobis noem hulself Argitekte vir die Samelewing. Hulle doelstelling is om strukture te skep wat gemeenskappe in nood sal help. Die Tentative Hex House is 'n tydelike pop-up modulêre huisvesting ontwerp wat gebruik kan word in rampgebiede. Meer as 65 miljoen mense rondom die wêreld is al ontwortel van hul huise weens natuurlike of mensgemaakte rampe. Die groeiende behoefde van asielsoekers het argitekte en produkontwerpers geïnspireer om nuwe maniere te vind om vlugtelinge te akkommodeer en waardigheid tot hul daaglikse lewens terug te gee. Een van die hoofdoelstellings van die Tentative Hex Huis is om 'n gemeenskaplike leefomgewing te skep en om statige, tydelike behuising te verskaf vir ontwortelde vlugtelinge; mense in ballingskap of mense wat moes vlug weens natuurlike en/of mensgemaakte rampe. Die huis help ook in die groeiende behoefte van asielsoekers in dat dit 'n tydelike veilige skuiling bied. Soos die naam voorgee, is Tentative Hex Huis soortgelyk aan 'n tent omrede dit afslaanbaar is, maar dit bestaan uit baie sterker komponente om 'n realistiese lewensstyl te verskaf. Kenmerkend van die Hex Huis is dat dit 'n geometriese-geїnspireerde van-die-ruit-af, tydelike skuiling vir mense wat informele behuising vir verlengde tydperke in enige klimaat, benodig het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 16 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Ander karaktereienskappe is sy veselglasdop en duursame, weerbestande termiese materiaal. Die dak van die Tentative Hex Huis skuiling is ontwerp om natuurlike lig in te laat, wat ordentlike ventilasie toelaat en om reënwater op te vang wat later hergebruik kan word. Sy vloer is van die grond opgelig met geïntegreerde pote, wat insulasie teen die grondryp van koue areas verskaf. Die ontwerp kan saamgedruk word en platverpak word. Die huis is gemaklik en kan veilig met vier mense gedeel word. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. V.5.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (20) Onthou, Herroep, Herken, Noem 5.1.1 2 Laer Orde 30% Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 5.1.2 4 Klassifiseer 40% 5.1.1 2 Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 5.1.2 6 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.2 3 Hoër Orde Evalueer, Reflekteer, Beoordeel 30% 5.1.2 2 Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.1.2 1 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 17 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 5.2 Ken 20 punte in totaal toe. 5.2.1 (Ken 2 punte toe) Dit is belangrik om die gebruik van tradisionele tegnieke deur kontemporêre ontwerpers aan te moedig omrede die hierdie gebruik die voortsetting van die kunsvlyt kan aanmoedig en werksgeleenthede vir mense wat die kunsvlyt beoefen, kan verskaf. FIGUUR K gebruik die kunsvlyt tradisies van mandjieweeftegnieke vir die produksie van kontemporêre meubels. Wanneer hierdie kontemporêre ontwerpe in ander lande bemark word skep die inheemse kunsvlyt 'n sin van trots vir Suid-Afrikaners. Die bank in FIGUUR K skep 'n belangrike uitvoergeleentheid om die Suid-Afrikaanse ekonomie te laat groei. 5.2.2 (Ken 8 punte toe) Ken 1 punt vir die naam van die inheemse kulturele gemeenskap en die naam van die produk toe. Leerders mag enige inheemse kunsvlyt bespreek, bv. Zulu mandjieweef. Die weef van mandjies is een van Suider-Afrika se bekendste tradisionele kunsvlyte wat veral deur die Zulu mense in KwaZulu-Natal beoefen word. Tradisioneel, word geweefde mandjies gebruik vir die stoor van graanoeste en die dra van varsprodukte heen-en-weer van die markplek af. Hierdie mandjies word in twee variasies gemaak, dié met 'n deksel wat hoofsaaklik gebruik word vir berging en plat mandjies wat gebruik is vir die sif van koring. Buigbare materiaal soos sagte takke, gras en palmblare is gebruik om die mandjies te weef. Gewoonlik word hierdie mandjies met 'n oordadige rangskikking van geometriese motiewe versier, wat 'n patroon skep. Tans is KwaZulu-Natal die voorloper in mandjieweefwerk, hoofsaaklik as gevolg van die oorvloed van geskikte materiaal; grasse en die Ilalapalm. KZN is die belangrikste bron van hierdie tradisionele weefmateriaal. Hierdie buigbare materiaal is in 'n sigsag patroon rondom die mandjie geweef, omdat die strepe van die Ilalapalm om die rolle gras gerol moet word en aanmekaar in 'n spiraalvorm gestik word. Die kleure vir die kleurstof is tradisioneel geoes deur die kook van Ilalapalmblare met bessies, wortels, blare, bas, geroeste blikkies en ander items. Vandag het mandjieweef 'n gesogte kunsvlyt geword wat gereeld in galerye regdeur die wêreld gesien kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 18 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 5.2.3 (Ken 10 punte toe) Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe. Die duidelike herhalende patrone van 'isishweshwe' materiaal in skakerings van indigo, bruin en rooie en tradisionele Xhosa rokke is 'n inspirasie vir die kontemporêre Suid-Afrikaanse mode-ontwerper Bongiwe Walaza. Alhoewel 'isishweshwe' materiaal oorspronklik na Afrika deur die Duitse setlaars toe gebring is, in die middel van die 19de eeu, en met koloniale onderdrukking weerklink, het dit 'n integrale deel van Xhosakleredrag geword. Hierdie nederige 'isishweshwe' katoenstof het sy koloniale oorspronge afgeskud en is nou 'n simbool van stedelike Afrodrag. Walaza wie sterk beïnvloed is deur haar vroeë kinderjare, het in die platteland van die Oos-Kaap, 'n verarmde plattelandse area van Suid- Afrika, groot geword. Die plattelandse landskap, met sy tradisionele Afrika strooidak modderhut dorpies, loop sterk deur Walaza se tradisionele Xhosa regalia-geїnspireerde versameling. Die helder, patroonryke, swaar gestyfde katoenstof was vinnig aanvaar deur die plaaslike swart vrouens wie tradisionele materiaal vervang het met dié nuwe beskikbare katoen. Walaza het die materiaalstof se koloniale verwysings agtergelaat, en sy het 'n styl geskep wat aanvaar is in Suid-Afrika se relatiewe nuwe, na- apartheid demokrasie. Die eindresultaat is pofmou-baadjies wat styf ingetrek is met 'n wye middelband, meerminstert gelaagde rompe, Someragtige 1950s styl rokke en snyersherskeppings van die tradisionele regalia van die Xhosa. In die verlede as jy 'n tradisionele uitrusting in die stad wou dra, was dit gesien as outyds en onopgevoed, Walaza het die persepsie verander en het 'isishweshwe' materiaalstof 'n kontemporêre mode materiaal gemaak. Walaza se kliënte wil nou selfs trourokke hê wat Afrika-geїnspireerd is, in stede van 'n wit, Westerse trourok. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. V.5.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (20) Onthou, Herroep, Herken, Noem 5.2.2 2 Laer Orde 30% 5.2.3 2 Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 5.2.2 1 Klassifiseer 5.2.3 1 40% 5.2.2 4 Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 5.2.3 4 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.1 2 Hoër Orde 30% 5.2.2 1 Evalueer, Reflekteer Skep, Sintetiseer, Regverdig 5.2.3 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 19 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6 [20 punte] 6.1 (Ken 20 punte in totaal toe) 6.1.1 (Ken 2 punte toe) Dit is belangrik om in ons huidige samelewing innoverende, avant-garde materiaal en tegnieke, wat ons omgewing nie verder beskadig nie, te gebruik en te skep. Materiaal soos plastiek is skadelik vir ons omgewing omrede hulle nie bioafbreekbaar is nie. Hulle besoedel ook riviere en die see, dit vul alreeds oorvol opvullingsterreine, en word deur diere en visse geëet. Baie hedendaagse prosesse wat gebruik is om materiaal te skep gebruik giftige chemikalieë en is energie-verbruikend. Deur die herwin van materiaal wat potensiële skadelik is soos plastiek, glas en blik, sal minder rommel weggegooi word. Volhoubare materiaal is materiaal wat geproduseer kan word sonder om die aarde se bronne uit te put en sonder om energie te vermors en rommel te veroorsaak. Ontwerpers moet meer klem op die skep en gebruik van bioafbreekbaar, volhoubare materiaal, wat nie op ons natuurlike wêreld 'n impak het nie, plaas, sodat hulle omgewingsverantwoordelik kan wees soos gesien in die gebruik van kurk in FIGUUR L. Dit is vir hierdie rede dat meer en meer ontwerpers in samewerking met wetenskaplikes werk op eksperimentele projekte wat poog om die omgewing te verbeter. 6.1.2 (Ken 2 punte toe) Bamboes is 'n hoogs volhoubare, higiëniese, sterk en aanpasbare bron. Dit kan vir 'n groot verskeidenheid ontwerpe gebruik word, vanaf kombuisware tot die maak van tafels en vloerbedekkinge. Bamboes groei vinnig en kan in plaas van bome gebruik word.  Koffiebone is onlangs gebruik deur 'n maatskappy genoem Rens- Originals om 'n ekovriendelik seilskoen te produseer. Hierdie seilskoene is totaal en al gemaak van gebruikte, gemaalde koffiebone en herwinde plastiekbottels. Die seilskoene is lig, duursaam, waterdig, tegno- gevorderd, omgewingsvriendelik en volhoubaar. Die koffie industrie is geraam om 20 biljoen dollars werd te wees, met meer as 2 biljoen koppies van koffie elke dag gedrink word. Hope boontjies wat gewoonlik opgemaal en weggegooi word, is nou gebruik om volhoubare produkte te skep. 'n Verskeidenheid van ontwerpers gebruik kelp as 'n aanpasbare, volhoubare en natuurlike ontwerpmateriaal. ‘n Voorbeeld hiervan is die skoenhandelsnaam Algikicks, wat gemaklik, sterk en volhoubare seilskoene maak. Dit is nie alleenlik wêreldwyd beskikbaar nie, maar ook verantwoordelik verkry. Die natuurlike kenmerke wat in kelp gevind word, beteken dat die ontwerp bioafbreekbaar is, wat dit nie skadelik maak nie. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 20 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 6.2 (Ken 16 punte in totaal toe) (Ken 8 punte per gevallestudie toe) Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe. VOORBEELD VAN 'n SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER: Naam van die ontwerper /ontwerpgroep en hulle ontwerpproduk(te) Andre Harms van Ecolution Konsultante het die Hotel Verde ontwerp. Die doelstellings, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal gebruik deur die ontwerper/ontwerpgroep hierbo. Verwys na EEN voorbeeld om te verduidelik hoe omgewingskwessies aangespreek word. Die doel van die ontwerpgroep is om geheel en al omgewingsvriendelike, volhoubare geboue te skep deur groen beginsels en praktyke in die ontwerp, konstruksie, restourasie en operasionele funksies van die hotel te integreer. Een innoverende sisteem wat geïmplementeer is ('n eerste in Afrika) is 'n geotermiese-sisteem, onder die kelderverdieping, wat gekoepel is met verhittingspompe. Hierdie verskaf warm water vir die gebou. Hotel Verde is die enigste hotel in die wêreld wat 'n 'LEED Platinum' sertifikaat het vir sy ontwerp, konstruksie en operasionele werking. LEED staan vir 'Leadership in Energy and Environmental design'. Hotel Verde is 'Afrika se groenste hotel' benoem. Meeste van die kamers wys Noord en Oos wat lig en hitte versterk. Die fasades kyk uit op 'n mooi keerdammetjie en groen area daaragter, waar drafpaadjies geïnkorporeer is vir die gaste. Sonpanele op die Noordwysende fasade genereer krag, sowel as bied skaduwee vir die vensters. Die ingang en voorportaal het 'n groen dak wat nie net alleenlik die termiese insulasie verhoog nie, maar moedig ook plantlewe en biodiversiteit aan. Die vergroening begin by die ingang en loop verder tot by die voorportaal en restaurant, waar plante op vertikale 'groen' mure groei. Ander volhoubare strategieë wat geïmplementeer is, is sisteme vir reënwateropvangs, 'n gryswaterplaas wat water vir die spoel van toilette verskaf, dubbel geglaseerde vensters en 'n hysbak wat van swaartekrag gebruik maak om kraggebruik te verminder. Met 'n gryswaterplaas wat water van storte en baddens herwin, sowel as die kondensasie van ventilasie waaiers vir die gebruik in die hotel se toilette, spaar hulle tot 6 000 liters drinkwater per dag. Drie groot windturbines aan die Westekant genereer krag. Gaste word gemotiveer om hul ligverkoelers af te skakel en om hul handdoeke weer te gebruik. Moontlike energie besparings vir die gebou is ongeveer 50%. Hotel Verde het 'n nul rommel-tot-opvullingsterreindoelstelling, wat hulle wil bereik deur; voorkomming en vermindering van rommel deur hergebruik en 'upcycling' waar moontlik, herwinning en kompos maak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 21 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER Naam van die ontwerper /ontwerpgroep en hy/sy/hulle ontwerpproduk(te) Parkroyal op Pickering ontwerp deur die bekroonde argitektoniese maatskappy WOHA. Die doelstellings, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal gebruik deur die ontwerper/ontwerpgroep hierbo. Parkroyal het gepoog om 'n ikoniese groen struktuur, met 'n hotel-in-'n-tuin ontwerpkonsep te skep, wat Singapoer se tuinstad reputasie sal reflekteer en versterk. Vyftig verskillende plant variasies is gebruik, om 'n welige tropiese stad toringgeboutuin te skep. Die hotel sluit regdeur die eiendom energiebesparende eienskappe in. Sy volhoubare projekontwerp en groen pogings, het gelei tot die BCA Green Mark Platinum toekenning, Singapoer se hoogste groen toekenning. Die vier verdieping hoë lug-tuine, reflekterende poele, watervalle, plantterrasse en vertikale groenigheid, vorm meer as 200% van die totale landsgebied op 'n skaal wat nog nooit voorheen in 'n opgeboude stadsentrum gesien is nie. Parkroyal sluit energie besparing in deur die strategiese gebruik van geplaasde fotosensors om die ligvlakke te monitor, en ingeboude reënsensors in die landskapareas sluit die besproeiing af, wanneer dit gaan reën. Dit is die eerste ontwikkeling in Singapoer om die Cobiaz tegnologie te gebruik; 'n sisteem wat die gebruik van beton verminder deur die insluiting van 'holte vormmakers' wat omgewingsvriendelike herwinde plastiekballetjies in die gegote beton gooi. Die hotel inkorporeer energie en water besparingskenmerke. Buitenste hotelgange is ontwerp om natuurlik geventileer te word om die verkoelingsbenodighede van die gebou te verminder. Die gebou is ontwerp om die meeste te maak van natuurlike lig vir areas in die hotelgange en voorportale en energie besparende gloeilampe (LED en fluoressent gloeilampe) en water besparings toerusting is regdeur die gebou gebruik. Groenigheid hou die mure wat Wes wys koel en verminder energie gebruik vir die verkoeling van gastekamers. Helfte van die gastekamergange lyk soos 'n tuin met natuurlike lig en vars lug. Dakterasse dien as ontspanningsareas wat groen areas vir gaste bied, sowel as om insulasie vir die boonste verdieping van die gebou, te verskaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp/V1 22 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Die hotel bestaan uit 'n selfonderhoudende tuin en die groot hoeveelheid groenigheid absorbeer hitte, verskaf skadu en lei tot verbeterde lugkwaliteit. Flora spesies wat bestaan uit 'n verskeidenheid van skadu bome, hoë palmbome, blomplante, blaaragtige struike en oorhangende klimplante moedig biodiversiteit in die stad aan. Spesifieke plante was gekies om potensiële plantpeste en instandhouding te verminder. Die hotel moedig herwinning aan; in elke kamer is asblikke strategies geplaas vir aparte plastiek, papier en glasverwydering. Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL : 100 V.6 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE TOEKENNING (20) Onthou, Herroep, Herken, Noem 6.1.1 1 Laer Orde 30% Verstaan, Verduidelik, Beskryf, 6.1.2 1 Klassifiseer 6.2 4 40% 6.1.1 1 Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 6.1.2 1 6.2 6 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer Hoër Orde 30% 6.2 2 Evalueer, Reflekteer, Beoordeel Skep, Sintetiseer, Regverdig 6.2 4 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Design

Explore more published documents in this catalogue.

View all