Skip to content
Memorandum

Dramatic Arts Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Dramatic ArtsGrade 12201917 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 DRAMATIESE KUNSTE NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 150 punte Hierdie nasienriglyne is opgestel vir gebruik deur eksaminators en hulpeksaminatore van wie verwag word om almal 'n standaardiseringsvergadering by te woon om te verseker dat die riglyne konsekwent vertolk en toegepas word by die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen bespreking of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer nie. Ons erken dat daar verskillende standpunte oor sommige aangeleenthede van beklemtoning of detail in die riglyne kan wees. Ons erken ook dat daar sonder die voordeel van die bywoning van 'n standaardiseringsvergadering verskillende vertolkings van die toepassing van die nasienriglyne kan wees. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 17 AFDELING A DRAMAS EN OPVOERING IN KONTEKS VRAAG 1 THE CAUCASIAN CHALK CIRCLE – BERTOLT BRECHT 1.1 TITEL en TEMAS 1.1.1 Kandidaat hanteer die "Caucasian"-aspek van die titel. Kandidaat hanteer die "Chalk Circle"-aspek van die titel. Nasieners moet antwoorde in die geheel beskou. Kandidate kan tot 2 punte verdien indien hulle slegs een aspek in detail hanteer het. • Die titel verwys na die geografiese gebied van die Kaukasus – tussen die Swart See en die Kaspiese See – en sy mense. Dit is in hierdie gebied waar daar teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog 'n dispuut is oor die regmatige eienaarskap van 'n vallei. • Hierdie dispuut vorm die inhoud van die proloog. Die titel skakel ook met die ou Chinese legende van die "Chalk Circle" waarin eienaarskap 'n tema is. • Daar word in die drama-binne-die-drama na die ou Chinese legende verwys in die sin dat dieselfde metode om eienaarskap te bepaal wat in die gelykenis gebruik word (die plasing van die voorwerp waaroor die dispuut handel in 'n sirkel wat met kryt getrek is terwyl die strydendes gelyktydig die voorwerp na hulle toe trek), gebruik word om Michael se regmatige moeder te bepaal. Die beeld sluit die krytsirkel in. • Die proloog lei die toneelstuk in. 1.1.2 Kandidate kan óf daarvoor óf daarteen redeneer. Kandidate moet drie geldige aspekte noem. Hulle kan ander argumente as dié in die nasienriglyn aanbied. Aanvaar geldige aspekte: 1 punt per aspek. Indien hulle die proloog behou: • Hulle kan sê dat dit die boodskap versterk wat Brecht wil oordra. (1 punt) • Die proloog bied Brecht se idees aan voordat die drama begin, wat die gehoor help. (1 punt) • Die proloog lig hulle dadelik in oor die hoofboodskap van die drama. (1 punt) • Relevant tot die tyd waarin ons leef. (1 punt) Indien hulle dit wil uitlaat: • Hulle kan sê dat die boodskap te openlik polities is. (1 punt) • Die drama sal nie te goed ontvang word in 'n kapitalistiese land nie. • Brecht het oorspronklik nie toegelaat dat dit gedruk word terwyl hy in die Verenigde State gewoon het nie. (1 punt) • Die boodskap is duidelik genoeg in die drama-binne-die-drama en die proloog maak eenvoudig die drama te lank. (1 punt) Kandidate mag ten gunste van beide moontlikhede argumenteer. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 17 1.1.3 1 punt per tema. Nasieners kan eenwoordantwoorde soos "geregtigheid", "wet" of "kommunisme" aanvaar. • Die verhouding tussen geregtigheid en die wet (gesimboliseer deur die hamer). • Die bevordering van kommunistiese ideale en die solidariteit van die werkersklas (gesimboliseer deur die USSR-sekel). • Konsep van mag. Aanvaar enige ander idees/temas wat met die beeld verband hou. 1.1.4 Verhouding tussen geregtigheid en die wet. Bevordering van kommunistiese ideale. Antwoorde moet in die geheel nagesien word. Oorweeg antwoorde wat op ander idees/temas wat in 1.1.3 genoem is, fokus. Kandidate moet op slegs EEN tema fokus. Verhouding tussen geregtigheid en die wet: Brecht gee vir ons baie voorbeelde wat weerspieël dat die navolging van die letter van die wet dalk nie gelyk is aan wat moreel reg is nie. Wanneer Grusha Michael byvoorbeeld aanvanklik neem, ontvoer of steel sy hom eintlik (volgens die wet), maar in werklikheid verrig sy 'n goeie daad omdat sy hom van die Ironshirts red. Nog 'n voorbeeld is wanneer Azdak hofsake lei. Hy het geen respek vir die wet nie (sit op die Wetboek, is korrup en dronk), tog is sy uitsprake ten gunste van diegene wat in die verlede sleg behandel is (die armes). Hy vra die gehoor om die wet krities te beskou op so 'n manier dat hulle insien dat dit dalk nie noodwendig reg is nie en aangepas moet word. Die bevordering van kommunistiese ideale en die solidariteit van die werkersklas word ook in baie gevalle in die drama ondersoek. Brecht toon dat die deel van rykdom of grond sodat dit almal bevoordeel die regte ding is om te doen. Die bespreking in die proloog illustreer hoe kommunisme kan werk: elkeen het 'n kans om gehoor te word en hul redes te gee waarom hulle die grond moet besit, maar die besluit word logies en rasioneel geneem volgens hoe dit elkeen die beste beïnvloed. Die vrugtekwekende kolchos kry die grond aangesien hul plan behels om baie van die grond vrugbaar te maak en omdat die plan ook diegene rondom hulle bevoordeel, nie net hulself nie. Brecht bevorder ook kommunistiese ideale deur die negatiewe effek van kapitalisme in die drama-binne-die-drama te illustreer. Die Abashvili's en The Fat Prince word as hebsugtig en selfgesentreerd uitgebeeld en hul dade beïnvloed die werkersklas negatief. 1.1.5 Kandidaat verskaf 'n toepaslike beeld. Kandidaat skakel die beeld korrek met die tema. Kandidaat verskaf 'n duidelike regverdiging vir sy/haar keuse. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 17 1.2 OPVOERING 1.2.1 Onverwags of teenstrydig. Onderskeid tussen reg en verkeerd/die doel heilig die middele. Of om 'n besluit te neem. Kandidate moet die morele aspek daarvan toon. Ken 1 punt toe indien hulle bloot verduidelik wat 'n paradoks is. 'n Morele paradoks is iets wat onverwags of teenstrydig is en gemoeid is met die onderskeid tussen reg en verkeerd. 1.2.2 Kandidaat verduidelik dat Brecht 'n intellektuele, kritiese reaksie van sy gehore wil hê. Kandidaat identifiseer Grusha of Azdak as 'n morele paradoks. Kandidaat verduidelik hoe die karakter se dade teenstrydig is. Nasieners moet die kandidate se antwoorde in die geheel beskou. Kandidate kan meer uitwei oor Brecht se mikpunte en minder oor die karakter se dade. Brecht wil 'n gehoor hê wat intellektueel reageer en wat krities gemoeid is met wat hulle sien. Deur vir hulle 'n morele paradoks aan te bied, moedig hy 'n objektiewe reaksie aan. Grusha laat die gehoor byvoorbeeld haar dade ondersoek, aangesien sy die verkeerde ding om die regte redes doen wanneer sy Michael neem om sy lewe te red, en dit is 'n katalisator om die geldigheid van die wet te bevraagteken. Azdak doen ook die verkeerde ding om die regte redes wanneer hy Grusha as die ware moeder verklaar, selfs al is sy nie die biologiese moeder nie. Die gehoor kan sien dat sy die geskikste moeder is, maar wetlik gesproke moet Michael nie vir haar gegee word nie. Weer toon Brecht die gebreke in die regstelsel en moedig hy sy gehoor aan om te bevraagteken of die kapitalistiese wette in werklikheid die gesondste wette is. 1.2.3 Kandidate kan vier geldige aspekte of twee goed ontwikkelde aspekte gee. Hulle kan ander argumente as dié in die nasienriglyn aanbied. Sien in die geheel na. • Brecht was van mening dat ensemblewerk sy kommunistiese sienings weerspieël. Hy het die idee van 'n "ster"-kunstenaar wat die kollig steel, verwerp. • Hy het ook geglo dat die boodskap belangriker as die karakters is; as 'n ensemble fokus die akteurs dus op die aflewering van die boodskap en nie daarop om 'n individuele karakter te probeer toon nie. • Kunstenaars speel veelvuldige rolle. • Sommige rolle word verdeel en verskillende akteurs speel dieselfde rol. • Die ensemble sal heel dikwels op die verhoog bly en die handeling dophou, selfs wanneer hulle nie in die toneel is nie. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 17 1.2.4 Kandidaat identifiseer opvoeringseise akkuraat. Kandidaat verskaf ondersteunende bewys uit die teks. Nasieners moet antwoorde in die geheel beskou. Indien geen verwysings na die teks gegee word nie, maksimum 4 punte. Indien 'n antwoord slegs uit voorbeelde en/of vaardighede bestaan, maksimum 3 punte. • As akteur in 'n Brecht-drama sal jy die rol moet kan demonstreer in teenstelling daarmee om die karakter te word. • Jy sal 'n gevoel van skeiding tussen jouself en jou karakter moet hê. • Jy sal beide aanbiedings- en verteenwoordigende toneelspel in jou werk moet kan gebruik. • Jy sal ook die vierde muur moet afbreek (in die geval van The Singer) en die gehoor moet aanspreek. • Daar kan van jou verwag word om 'n oorvereenvoudigde of gestereotipeerde karakter met 'n generiese naam te speel (byvoorbeeld The Cook of The Fugitive). • Jy sal vaardig moet wees in die gebruik van gestus en die skep van tablo wat die betekenis van die drama oordra. • Jy sal gemaklik moet wees met maskerwerk, aangesien baie van Brecht se karakters halfmaskers gebruik. • Daar kan van jou verwag word om veelvuldige rolle te speel. • Daar kan van jou verwag word om verdeelde rolle te speel. 1.2.5 Kandidaat toon 'n akkurate begrip van Verfremdung: maak die bekende vreemd. Kandidaat verskaf kreatiewe voorbeelde van Verfremdung (plakkate, beelde op skerm, simboliese gebruik van Michael, ens.). Karakter, musiek, ens. Kandidaat kan keuses regverdig deur uit te druk hoe die gehoor beïnvloed sal word, naamlik dat hulle afstand van emosies sal ervaar om op die kwessie te fokus. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 17 1.3 DRAMATURG SE BEDOELINGS Struktuur: Inleiding wat op die vraag toegespits is. Gebruik van paragrawe om logika vol te hou. Gevolgtrekking wat die argument bondig opsom. Inhoud: Kandidaat demonstreer 'n duidelike begrip van hoe Brecht wil hê sy gehoor moet objektief dink en nie passiewe kykers wees nie. Kandidaat verstaan hoe Brecht karakter, taal en struktuur gebruik om sy mikpunte te behaal. Kandidaat motiveer met duidelike en relevante verwysings na die teks. Let wel: Die verdeling van punte wat toegeken word aan die inhoud wat hierbo uitgedruk word, is slegs 'n riglyn. Die opstel moet as geheel nagesien word op grond van die gehalte daarvan en die vermoë van die kandidaat om die vraag suksesvol te hanteer in terme van belese verduideliking en ondersteuning. Een manier om die nasien van die inhoud in hierdie vraag te beskou is om na die volgende te kyk: • 'n Begrip van Brecht se bedoelings en 'n vermoë om dit met die aanhaling in verband te bring. (4 punte) • 'n Begrip van hoe Brecht taal, karakters en struktuur gebruik om sy bedoelings te verwesenlik. (4 punte) • Gee krediet vir duidelike voorbeelde uit die drama. (4 punte) Voorbeeldantwoord: Brecht kritiseer konvensionele teater, naamlik realisme, en vermy die beginsels en konvensies daarvan aangesien hy van mening is dat dit passiwiteit in die gehoor aanmoedig. Hy wil sosiale hervorming met sy teater bewerkstellig en fokus op teater as 'n instrument vir politieke verandering. Hiervoor maak hy gebruik van verskeie tegnieke in die taal van sy dramas, die karakters en die enscenering. Brecht bevorder die beskouing van 'n drama as 'n objektiewe strewe. Hy noem sy gehore toeskouers in plaas van gehore, omdat hy glo hulle moenie passiewe kykers wees wat bloot vir vermaak kyk nie. Hy verwerp nie emosies of vermaak nie, maar hy fokus meer op die opvoeding van sy gehore. Hoewel sommige karakters kompleks is, is baie ander stereotipes of generiese verteenwoordigings van karakters. Hulle is "figure" eerder as karakters en hulle simboliseer idees of tipes. Die idee van die "figuur" is dat dit oop is vir teenstrydige gedrag wat nadenke en nuuskierigheid in die toeskouer uitlok. Die karakters is dikwels tweedimensioneel van aard, wat die geneigdheid van die gehoor verminder om volledig meegevoer te word deur hul emosionele reis. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 17 Brecht maak in sy dramas van narratief gebruik waarvolgens The Singer (in die geval van TCCC) die vierde muur afbreek en die gehoor direk aanspreek. The Singer vertel gedeeltes van die verhaal, stel karakters bekend, verduidelik wat nou gaan gebeur en oorbrug die verloop van tyd. Karakters sal dikwels van die derde persoon gebruik maak wanneer hulle praat en sal van normale spreektaal na spreekwoorde of kort afgebete spraak spring. Daar is min konsekwentheid in die taal, aangesien 'n enkele karakter van plat uitdrukkings en sofistikasie sowel as intellektuele spraak gebruik kan maak. Lied en vers is ook linguistiese middele wat Brecht in sy dramas inkorporeer, wat alles daarop gemik is om die Verfremdungseffekts te versterk wat verhoed dat die gehore in die illusie van teater ingetrek word. Brecht-enscenering sluit elemente in soos om die ouditoriumligte aan te los, toneelveranderinge ten aanskoue van die gehoor aan te bring en stelle te skep wat 'n plek suggereer of verteenwoordig in plaas daarvan om realisties te wees. Hy is deur konstruktivisme beïnvloed en steierwerk of stelle met 'n industriële voorkoms is opgerig. Hy gebruik plakkate en projeksies op skerms om inligting aan die gehoor oor te dra of klem te plaas op die temas wat op die verhoog uitgebeeld word. Sy teater vertoon en dus skep hy tablo en rangskik die akteurs op so 'n manier dat hulle hul karakter se sosiale status met betrekking tot die ander baie duidelik toon. Al hierdie ensceneringskeuses word gemaak met die bedoeling om die gehoor krities by die handeling betrokke te hou en hulle te laat dink oor die gebeure wat hulle aanskou. Die karakters, taal en enscenering van epiese teater het alles ten doel om die gewillige opskorting van ongeloof uit te skakel en om objektiwiteit en intellektuele fokus te bevorder. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 17 VRAAG 2 SUID-AFRIKAANSE TEATER In hierdie vraag moet jy na EEN van die volgende dramas verwys: • Sizwe Bansi Is Dead • The Island • My Life Let wel: Leerders moet slegs EEN van bogenoemde tekste kies en alle antwoorde vir hierdie vraag moet op hul gekose teks gegrond wees. 2.1 SOSIOPOLITIEKE KONTEKS en GENRE 2.1.1 Nasieners moet antwoorde in die geheel beskou. Hulle kan ander argumente aanbied as dié in die nasienriglyn. Aanvaar geldige aspekte: 1 punt per aspek. • Protesteater is tipies 'n werkwinkelstuk teater. • Dit het in die 1970's in Suid-Afrika ontstaan. • Dit lig aktuele kwessies uit. • Dit het ten doel om gehore tot sosiale hervorming te beweeg. • Om die status quo te verander. • Om bewustheid te wek. 2.1.2 Nasieners moet antwoorde in die geheel beskou. Hulle kan ander argumente aanbied as dié in die nasienriglyn. Aanvaar geldige aspekte: 1 punt per aspek. The Island • Milieu is Suid-Afrika gedurende die 1970's. • Gedurende die apartheidsregime toe die NP aan bewind was. • Volgens wetgewing is enige persoon van kleur as minderwaardig teenoor die wit bevolking beskou. • Segregasie in geriewe, afsonderlike gebiede aan afsonderlike rasse toegeken en tallose wette wat die beweging van mense van kleur beperk het, aangesien hulle onderdruk is. • Onderdrukking was duidelik in die tronke, veral op Robbeneiland waar politieke gevangenes onmenslik behandel is. My Life • Milieu is Suid-Afrika in 1996 na die eerste demokratiese verkiesing. • In die "wittebroodsfase" van die Nuwe Suid-Afrika wat daarna streef om 'n Reënboognasie te wees en hard probeer om te versoen en van die verlede te genees. • Die drama probeer om sekere magstrukture te verskuif in sy uitbeelding van karakters/mense in 'n nuwe Suid-Afrikaanse konteks. • Terselfdertyd het dit ten doel om die maniere bloot te lê waarop sommige magsverhoudings nietemin onuitgedaag bly. • Vyf meisies van verskillende rasse wat in ouderdom wissel van 15 tot 21 en staaltjies vertel oor hul ervarings in 1994 toe die eerste demokratiese verkiesing plaasgevind het. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 17 Sizwe Bansi Is Dead • Milieu is Suid-Afrika in New Brighton, Port Elizabeth in die 1970's. • Gedurende die apartheidsregime toe die NP aan bewind was. • Volgens wetgewing is enige persoon van kleur as minderwaardig teenoor die wit bevolking beskou. • Segregasie in geriewe, afsonderlike gebiede aan afsonderlike rasse toegeken en tallose wette wat die beweging van mense van kleur beperk het, aangesien hulle onderdruk is. • Paswette het ten doel gehad om die bevolking te skei en was een van die dominante eienskappe van die land se apartheidstelsel. • Die Groepsgebiedewet het stedelike gebiede in Suid-Afrika as "wit" beskou en alle swart Afrika-mans in stede en dorpe gedwing om te alle tye 'n permit genaamd 'n "pas" te dra. Enigeen wat sonder 'n pas betrap is, is onmiddellik gearresteer en na 'n landelike gebied gestuur. • Die Wysigingswet op Groepsgebiede 1952 het dit vir alle swart Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 16 verpligtend gemaak om te alle tye 'n "pasboek" te dra. Die wet het bepaal waar, wanneer en vir hoe lank 'n persoon kon bly. • Pas was ook bekend as 'n dompas. 2.1.3 Kandidaat identifiseer eienskappe van protesdramas akkuraat. Kandidaat verskaf ondersteunende bewys uit die teks om die gevolgtrekking dat dit 'n protesdrama is te regverdig. Nasieners moet antwoorde in die geheel beskou. Indien geen verwysings na die teks gegee word nie, maksimum 6 punte. Indien 'n antwoord slegs uit voorbeelde bestaan, maksimum 4 punte. Elemente van protesteater: • Word ontwikkel deur die werkwinkelproses op 'n samewerkende manier te gebruik • Sentreer rondom politieke, omgewings- of samelewingskwessies wat aktueel is • Episodies • Gebruik musiek, liedere, danse en klankeffekte as skakelmiddele • Meertalig • Gebruik 'n narratiewe vorm • Is beïnvloed deur Grotowski en sy arm teater • Yl stelle, multifunksionele rekwisiete • Bevorder aksie deur kragtige tonele Al drie dramas kan as protesteater beskou word, dus moet kandidate op hierdie manier redeneer. Kandidate moet kenmerke van protesteater verskaf en dit dan met geldige voorbeelde uit die teks met hul drama in verband bring. My Life – Suid-Afrikaanse drama ontwikkel deur Fugard en 'n groep van vyf jong vroue wat betoog oor identiteit, behoort, generasiegapings en gapings tussen kulture. Hulle betoog teen 'n gebrek aan vryheid en 'n gevoel dat hulle nie aanvaar word nie, maar veroordeel word. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 17 The Island – Suid-Afrikaanse drama deur Fugard, Ntshona en Kani ontwikkel. Dit betoog teen die onbillike toestande op Robbeneiland, die skending van menseregte en waardigheid. Dit lê die wanhoop wat gevangenes ervaar het en die wrede en onmenslike behandeling van die gevangenes deur die bewaarders bloot. Sizwe Bansi Is Dead – Suid-Afrikaanse drama deur Fugard, Kani en Ntshona ontwikkel. Dit betoog teen die pasboekwet en die skending van menseregte en onwaardigheid wat swart mense gedurende apartheid beleef het. Dit betoog ook teen die beperkings wat op die bewegings van swart mense geplaas is en hoe hulle tot 'n blote nommer gereduseer is en nie 'n identiteit gegun is nie. 2.1.4 Kandidaat identifiseer 'n teaterstyl as 'n invloed akkuraat. Kandidaat verskaf ondersteunende bewys uit die teks. Hulle kan ander style as dié in die nasienriglyn aanbied. Aanvaar geldige style indien hulle hul keuses kan motiveer. • Epiese teater • Arm teater • Griekse teater • Mondelinge tradisie om stories te vertel Kandidatemag na meer as een styl verwys. 2.2 INVLOEDE en ENSCENERING 2.2.1 Kandidaat verskaf 'n akkurate verduideliking van die filosofie. Kandidaat bring sy/haar verduideliking met die spotprent in verband. Sien die antwoord in die geheel na. Eksistensialisme is 'n filosofie ('n manier van dink en die wêreld beskou) gebore uit die denke van filosowe soos Jean-Paul Sartre en Albert Camus. Hulle het die volgende geglo: • Die mens se lewe het geen doel nie. • Die lewe is betekenisloos. • Die lewe is vol onsekerheid. • Moraliteit is 'n menslike versinsel. • Chaos, oorlog, misdaad, teenstrydighede, onbeslistheid en roetine is deel van die alledaagse lewe – ons leef in 'n vyandige heelal. • Die lewe is futiel, vol wag (vir die dood) en soeke na identiteit. • Die mens is verantwoordelik vir sy eie dade. • Slegs wanneer ons 'n kritieke keuse oor ons toekomstige optrede maak, sal ons 'n identiteit, 'n doel en waardigheid verkry. • Die mens is geïsoleer: 'n eensame wese vol angs en wanhoop. Die spotprent toon 'n skaap wat sy identiteit probeer vind, vermoedelik omdat hy moeg is om deel van 'n trop te wees waarin alle skape dieselfde lyk. Dit skakel met die eksistensiële idee dat ons na betekenis en identiteit in ons lewe soek en dikwels wanhoop en hopeloosheid ervaar. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 17 2.2.2 Kandidaat identifiseer 'n eksistensiële oomblik akkuraat. Kandidaat verstaan die eksistensiële aard van die oomblik. Kandidaat beskryf die oomblik in detail. 'n Geskikte voorbeeld moet gegee word. In The Island beleef Winston byvoorbeeld die gevoelens van eksistensialisme wanneer hy die dae probeer tel wat hy op die eiland oor het nadat hy die nuus gehoor het dat John binnekort vrygelaat gaan word. Hy voel wanhopig omdat elke dag dieselfde sal wees – in die tronk op die eiland met dieselfde onmenslikheid van Hodoshe, dieselfde werk in die steengroef en geen einde in sig nie. Hy voel sy lewe is betekenisloos. Daar is 'n hopeloosheid aan sy situasie aangesien hy sonder John alleen sal wees. Hy het 'n lewenslange vonnis, dus is hy bang dat hy soos Harry sal word wat perfekte klippe uitkap. 2.2.3 Kandidaat maak toepaslike stemkeuses en verduidelik hoe stem gebruik kan word om die wanhoop, isolasie of lyding te versterk. Kandidaat maak toepaslike fisieke keuses en verduidelik hoe lyftaal, postuur en gesigsuitdrukkings gebruik kan word om die wanhoop, isolasie of lyding te versterk. Nasieners moet antwoorde in die geheel beskou. Kandidate kan meer op een aspek as op die ander fokus, in welke geval 'n maksimum van 6 punte vir 'n enkele aspek toegeken kan word. 2.2.4 Kandidaat maak toepaslike beligtingskeuses en verduidelik hoe beligting gebruik kan word om die wanhoop, isolasie of lyding te versterk. Kandidaat maak toepaslike klankkeuses en verduidelik hoe klank gebruik kan word om die wanhoop, isolasie of lyding te versterk. Nasieners moet antwoorde in die geheel beskou. Kandidate kan kies om net een van die aspekte te hanteer OF hulle kan kies om albei aspekte te hanteer. Albei opsies is aanvaarbaar. 2.3 RELEVANSIE Kandidate kan hierdie vraag op twee maniere interpreteer: • Die eerste interpretasie is om te skryf oor hoe hul drama aandag gee aan kwessies ten tye van die aanvanklike skepping en hoe hul drama aandag gee aan huidige kwessies. • Die tweede interpretasie is om te skryf oor hoe hul drama tans aandag gee aan kwessies van die verlede sowel as kwessies van die hede. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 17 Elke antwoord moet op eie meriete hanteer word. Kandidate moet hul vermoë demonstreer om die boodskap van hul drama en die belangrikheid daarvan in ons lewe vandag aan te pak. 'n Begrip van ons huidige sosiopolitieke konteks moet gedemonstreer word en kandidate moet die temas, bedoeling en boodskap van hul gekose drama met ons huidige konteks in verband bring. Kandidate moet hul begrip toon van die noodsaaklikheid daarvan om uit die verlede te leer om nie foute te herhaal nie en om na 'n beter toekoms te streef. Hulle moet besef dat die styl van hul drama sodanig is dat die boodskap kragtig is, sterk emosies in 'n gehoor ontlok en hulle tot sosiale hervorming beweeg. Struktuur: Inleiding wat op die vraag toegespits is. Gebruik van paragrawe om logika vol te hou. Gevolgtrekking wat die kern van die bespreking in die hoofdeel van die opstel uithaal. Inhoud: Kandidaat verstaan die onderwerp van "mense sensitief maak vir kwessies wat aandag moet geniet". Kandidaat verduidelik hoe hul teks die behoefte bevredig om mense sensitief te maak deur die bedoeling en boodskap van hul gekose drama te verduidelik. Die verduideliking is akkuraat, goed en spesifiek. Kandidaat regverdig die verduideliking met relevante en toepaslike voorbeelde uit hul Suid-Afrikaanse teks. Nasieners moet antwoorde holisties beskou en krediet gee vir goed gemotiveerde punte. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 17 AFDELING B DRAMATIESE ONTLEDING VRAAG 3 OPSTEL Kandidate moet gemoeid wees met die veronderstelling van konfrontasie, rebellie en hervorming. Al die dramas moedig 'n aktiewe betrokkenheid by die inhoud aan en vra die gehoor om verplig te voel om nie net hul sienings aan te pas nie, maar ook om die samelewing aktief te verander. Gee krediet aan kandidate wat na teatergangers van die konvensionele teater (realisme) verwys as wat Brecht in die aanhaling as "sit" beskryf. Hulle moet beide konsepte uit die aanhaling uitpak: "sit" (en al die konnotasies daarvan) en "opstook" (en al die konnotasies daarvan). STRUKTUUR THE CAUCASIAN CHALK CIRCLE • Brecht se vorm van teater was bekend as "epiese teater". • Epiese dramas gebruik 'n groot narratief (in teenstelling met 'n kleiner intrige) wat oor baie plekke en tydraamwerke strek. • Brecht het tonele "episodes" genoem, met elke toneel wat betreklik selfstandig in die verhaal is. • Epiese dramas gebruik nielineêre, gebroke intriges waar die gebeure van 'n episode nie noodwendig 'n gevolg is van die voorafgaande episode nie. • Hierdie jukstaposisie van tonele wat veelvuldige plekke en tydraamwerke gebruik, skep 'n montage-effek. • Fokus is altyd op die samelewing wat in die drama aangebied word, nie op individuele karakters nie. • Gebeure in dramas word soms vanuit die perspektief van 'n enkele storieverteller vertel (vervreemdingsmiddel); kort(er) tonele behels normaalweg gelykenisse wat gebruik word om die gehoor marginaal emosioneel los te maak. • Gelykenistonele behels dikwels die gebruik van liedere – 'n vervreemdingsmiddel wat deur Brecht gebruik word om te help om die (Marxistiese) boodskap van die drama oor te dra. • TCCC het 6 tonele. • Daar is 'n drama-binne-die-drama. • Die drama-binne-die-drama volg twee karakters se verhale. Relevante voorbeelde moet ingesluit word om inligting te ondersteun. SA DRAMAS • Episodiese struktuur want die akteurs/skeppers poog om soveel plekke moontlik oor te dra om die ongeregtighede van hul sosiopolitieke kwessies effektief te deel. • Deur waarneming, navorsing en improvisasie kan baie verskillende mense se idees/ menings/ervarings in ag geneem en gebruik word vanweë die episodiese aard. • Gebruik van skakelmiddele om die episodes saam te voeg, byvoorbeeld sang, dans en stem- en lyfperkussie. • Akteurs maak op hulself staat om die skakelmiddele te skep en op te voer. • Hierdie middele kan saam opgevoer word (meestal), wat samewerkend en meer effektief is. • Daar is 'n invloed van die mondelinge tradisie in die struktuur. • Gebruik van storieverteltegnieke, monoloë en komiese en dramatiese werk vorm deel van die struktuur van elke drama. • The Island het 'n drama-binne-die-drama. • Die struktuur kan siklies/oop wees. • Baie het 'n nielineêre struktuur (The Island is 'n uitsondering aangesien dit min of meer lineêr is). Relevante voorbeelde moet gegee word uit die spesifieke teks wat bestudeer is. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 17 OPVOERINGSTYL THE CAUCASIAN CHALK CIRCLE • Antirealisme. • Narratief in beginsel, dialoog word met vertelling afgewissel. • Toon ooreenkoms met poësie (soos Homeros se Iliad en Odyssey) waarvandaan die term epies afkomstig is. • Episodies. • Aangebied vanuit die perspektief van die storieverteller: gebaseer op 'n gelykenis wat in die drama-binne-die-drama gesien word. • Aanbiedingsteater want dit poog om idees aan te bied. • Akteurs moet formele gebare van Chinese teater gebruik en dit op 'n heeltemal afsydige manier gebruik. • Brecht het die gebruik van gestus (speelstyl) aangemoedig. • Stilistiese middel van Verfremdung word deurgaans in die drama gebruik. • Akteurs moet sing, sing-praat, in 'n reeks dialekte en klasaksente praat en maskers gebruik. • Karakters is tipes en het 'n spesifieke funksie in die verhaal. • Brecht gebruik politieke satire en ironie in die drama. • Liedere word geïnkorporeer. Relevante voorbeelde uit die teks moet gegee word. SA DRAMAS • Protesteater: die werkwinkelproses is samewerkend en demokraties. • Beïnvloed deur Grotowski en sy arm teater. • Eksistensiële invloed kan gesien word. • Elemente van agitprop. • Elemente van epiese teater. • Minimalisties (met betrekking tot stel, rekwisiete en kostuums). • 'n Element van mondelinge tradisie in die sin dat storievertelling duidelik is. • Inkorporeer satire. • Simboliese ensceneringstyl. • Eenvoudige (nie simplisties nie) ensceneringstyl. • Akteurgesentreerd – baie afhanklik van die fisieke en stemvaardighede van die kunstenaars. • Breë fisiese teater-speelstyl. • Nabye en intieme spasies word gebruik en dus moedig nabyheid intieme verhouding aan. • Rou en energiek. • Minimale hulpbronne: funksionele kostuums en multifunksionele rekwisiete. • Vinnige tempo en kragtig. • Onder die ligter oomblikke van komedie is daar 'n ernstige boodskap wat oorgedra word. Relevante voorbeelde moet gegee word uit die spesifieke teks wat bestudeer is. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 17 DIE ROL VAN DIE GEHOOR THE CAUCASIAN CHALK CIRCLE • Brecht was van mening dat gehore van realistiese dramas passief is. Hy wou nie hê sy gehore moet passief wees nie. • Hulle is 'n noodsaaklike deel van die teater en moet intellektueel betrokke wees. • Hy het na die gehoor as "toeskouers" verwys. • Die toeskouer word 'n waarnemer en sy/haar vermoë om op te tree word wakker gemaak. • Die toeskouer word objektief en rasioneel in sy/haar denke. • Die toeskouer word ontmoedig om deur empatie oorweldig te word. • Verfremdung verseker die betrokkenheid van die gehoor se kritiese fakulteite, in plaas daarvan dat hulle toegee aan emosionele identifikasie. • Verfremdung herinner die toeskouers dat hulle na 'n drama kyk in plaas van die "lewensgreep" wat in realistiese teater aangebied word. • Die gehoor moet genoeg deur die drama beweeg word om sosiale hervorming te laat plaasvind. • Hulle moet op die betrokke kwessie fokus en nie meegevoer word deur die emosie nie (d.w.s. die verhaal moet hul fokus wees en nie die karakters nie). • "Epiese teater vra die gehoor om te "leer om verstom te wees oor die omstandighede waarbinne [die drama se held] bestaan" (Benjamin, 18). Volgens Walter Benjamin kom die "ontspanne belangstelling" van die epiese teater se gehoor van die gebrek aan 'n beroep wat op hul empatie gedoen word (Benjamin, 18). Dit spruit voort uit Brecht se teorie dat die teater die gehoor 'n onreg aandoen, hulle selfs verraai, deur hulle as "onnosel" te behandel (Willet, 14) en hulle in die illusie in te sus dat die handeling op die verhoog iets werklik is wat buite hulle staan soos wat die realistiese, Aristoteliaanse teaterbenadering gedoen het. Om hulle emosioneel met karakters te vereenselwig bied toeskouers nie die geleentheid om die teaterproduksie met hul eie lewe in verband te bring nie. 'n Kritiese gehoor is 'n noodsaaklike en onmisbare komponent van die epiese Brecht-teater." [Bron: <https://lucian.uchicago.edu/blogs/mediatheory/keywords/epic-theater/>] Relevante voorbeelde uit die teks moet gegee word. SA DRAMAS • Die gehoor moet beweeg word om 'n verandering in hul samelewing te bewerkstellig. • Hulle moet die probleme wat geopper word, konfronteer. • Hulle moet gewillig wees om te leer uit wat hulle in die drama waarneem. • Hulle word aangemoedig om baie nou by die drama betrokke te raak, aangesien daar baie gevalle is waar hulle direk aangespreek word. • Hulle moet daartoe verbind wees om te leer. • Hulle is dikwels baie naby aan die kunstenaars en moet dus bedag wees op die kwessies wat aandag geniet. • Hulle moet meer gemoeid wees met die konsep wat vir hulle aangebied word as met die karakters. • Getuig van die kwessies wat in die drama aangebied word. • Identifiseer die hoop wat daar in die drama is. Relevante voorbeelde moet gegee word uit die spesifieke teks wat bestudeer is. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 17 INHOUDRUBRIEK PUNT /30 Briljant, toon duidelike insig in die teks, konteks en inhoud. Gebruik toepaslike akademiese register. Argument/bespreking lei tot 'n gevolgtrekking wat besinnende, kritiese en kreatiewe denke toon (nie losstaande/onverwante stellings nie). A+ 27 Regverdig antwoord met toepaslike verwysing na die teks met voorbeelde uit die 90%+ drama(s) (verwantskappe tussen die dramatiese beginsels word herken). Bring antwoord met die gegewe argument in verband en integreer die eise van die vraag en bron op 'n kreatiewe en oorspronklike manier. Uitstekend, maar nie briljant nie. Gebruik toepaslike akademiese register. Argument/bespreking lei tot 'n gevolgtrekking wat besinnende, kritiese en analitiese denke toon, maar nie so goed gestruktureer soos vir A+ nie. Regverdig antwoord A met toepaslike verwysing na die teks met voorbeelde uit die dramas. Bring antwoord 24 80%+ met die gegewe argument/bespreking in verband (antwoord is doelgedrewe en nie slaafse herhaling nie) en integreer die eise van die vraag op 'n kreatiewe en oorspronklike manier. Duidelike begrip van die teks, konteks en inhoud. 'n Goeie opstel. Gebruik toepaslike akademiese register. Bring antwoord met die gegewe argument/bespreking in verband (antwoord is doelgedrewe en nie slaafse B herhaling nie). Ongebalanseerde fokus in die bespreking van die aspekte/elemente 21 70%+ van die opstel (sommige aspekte kry meer aandag as ander). Regverdig antwoord met toepaslike verwysing na die teks met voorbeelde uit die dramas. Verstaan die werk. 'n Gemiddelde opstel. Bring antwoord met die gegewe argument/bespreking in C verband, maar ontwikkel dit nie. Ongebalanseerde fokus in die bespreking van die 18 60%+ aspekte/elemente van die opstel (sommige aspekte kry meer aandag as ander). Regverdig antwoord met verwysing na die intrige. Verstaan die werk. Bring antwoord met die gegewe argument/bespreking in verband, maar dit is D gebrekkig en/of ongemotiveerd. Ongebalanseerde fokus in die bespreking van die 15 50%+ aspekte/elemente van die opstel (sommige aspekte kry meer aandag as ander). Regverdig antwoord met verwysing na die intrige. Redelik goeie kennis van die werk. Verstaan en pak die onderwerp aan, maar argument/bespreking is gebrekkig en/of E ongemotiveerd. 'n Gegorrel, veralgemening en slaafse herhaling van kennis sonder 12 40+ om dit met die vraag in verband te bring. Regverdig antwoord met verwysing na die intrige. F Fokus slegs op een drama of een aspek van die vraag. Bespreking van elemente is 9 30+ baie power. Uitdrukking swak, min struktuur. Kennis swak. FF Swak. Swak begrip van dramas en inhoud. Fokus slegs op een drama of een aspek 6 20+ van die vraag. Uitdrukking swak, min struktuur. G Swakker as FF. Min kennis, geen argument nie. Uitdrukking swak, geen struktuur 3 10+ nie. Geen poging om die vraag te beantwoord nie. H Antwoord hou nie met die vraag verband nie. Geen of geringe poging om die vraag 0 0+ te beantwoord. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 17 STRUKTUURRUBRIEK KRITERIA 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 Inleiding en Belese inleiding 'n Vaardige Die inleiding Die inleiding is Die inleiding is gevolgtrekking wat toon die inleiding. Daar is probeer fokus bloot 'n herhaling afwesig of leerder verstaan bewys dat die op die van die vaag, die onderwerp/ onderwerp/vraag onderwerp/ onderwerp/ ongefokus vraag, fokus op verstaan word vraag en stel vraag. Daar is en/of die onderwerp/ en 'n argument/ 'n argument/ geen poging om onakkuraat. vraag, stel die bespreking wat bespreking op. die fokus van die Die argument/ fokus op die Die argument/ gevolgtrekking bespreking onderwerp/vraag gevolgtrekking bespreking te is afwesig of duidelik en wat gestel is. probeer die vestig nie. Die vaag, spesifiek op, en Die argument/ gevolgtrekking ongefokus neem 'n duidelike gevolgtrekking bespreking in vat die argument/ en/of standpunt in met word duidelik die hoofdeel bespreking in die onakkuraat OF betrekking tot die gestel en toon 'n van die opstel hoofdeel van die dit is bloot 'n onderwerp/vraag. goeie begrip van saamvat, opstel nie regtig herhaling van Die die sentrale maar is redelik akkuraat saam die inleiding. gevolgtrekking is argument/ onduidelik en nie. uitstekend, bespreking in vaag. DIE weerspieël 'n die hoofdeel van KANDIDAAT duidelike die opstel. HET VERSUIM samevatting van OM 'N die argument/ OPSTEL TE bespreking in die SKRYF. hoofdeel van die opstel. Ontwikkeling Skakeling is Die argument/ Geen Geen skakeling Die van argument solied. Die bespreking word skakeling nie. 'n rangskikking en/of argument/ goed ontwikkel duidelik nie. Gefragmenteerde van die opstel bespreking bespreking word en daar is 'n Die argument/ argument/ is nie volledig poging tot bespreking bespreking word samehangend ontwikkel. skakeling. word redelik aangebied. nie en daar is goed dus baie min ontwikkel. tot geen ontwikkeling van 'n argument/ bespreking. Paragrafering Paragrafering is Paragrafering is Paragrafering Paragrafering is Paragrafering uitstaande. 'n aangenaam. Die is net swak. Stellings is baie swak. Duidelike meeste toereikend. wat vaag/ Onvermoë om analitiese stelling paragrawe begin Beginstellings ongefokus is, op 'n enkele wat met die met 'n analitiese is nie altyd word dikwels idee te fokus onderwerp/vraag stelling wat duidelik en op gemaak. Daar is en dit te verbind word, taamlik goed een idee baie min verduidelik en word gevolg deur verduidelik en gefokus nie. ontleding en te ondersteun. soliede ontleding ondersteun Daar is 'n goeie, pertinente Deurmekaar en word. poging om te verduideliking en stellings word ondersteuning. verduidelik en ondersteuning. aangebied met te ondersteun, min of geen maar dit is verduideliking. dikwels vaag. Verwysing na Uitstekende Verwysing is Verwysing is Verwysing is Baie min die twee verwysing – vaardig, maar redelik sporadies en nie verwysing na die dramas pertinent en nie altyd sporadies. altyd akkuraat of twee dramas. akkuraat. aanwesig nie. relevant nie. Onakkuraathede. Totaal: 150 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.