Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DRAMATIESE KUNSTE
FEBRUARIE/MAART 2017
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 40 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)
Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 40 pages. Read online or download the free PDF.
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 40 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 40
- File size
- 576.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 40
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
ALGEMENE NOTAS AAN DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS
1. Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde
voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir
kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie die
kandidaat benadeel nie.
2. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
memorandum te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
algemene definisies en begrippe te vind.
3. As die memorandum nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
4. Maak 'n duidelike merkie langs die betrokke leerpunt wanneer 'n punt toegeken
word. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke wees.
5. Hoofnasieners moet die volgende fasiliteer:
• Kandidate se verwagte antwoorde op elke vraag
• Die kognitiewe moeilikheidsvlak wat van die kandidaat verwag word
• Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
• Anderson en Krathwohl se hersiene Bloom se Taksonomie (kognitiewe
proses teenoor denkproses)
• Aksiewerkwoorde wat by elke kognitiewe vlak gebruik is en die tipes bewyse
vereis (feite, begrippe, prosesse, denke)
6. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
verseker dat nasien gestandaardiseer is.
7. In geval 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet
hulle nie penaliseer word nie (bv. opstelvraag).
8. Sien globaal na waar moontlik. Nasieners aanvaar ander korrekte, relevante en
goed gemotiveerde antwoorde.
9. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
INSTRUKSIES EN INLIGTING SOOS IN DIE VRAESTEL GEGEE
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30)
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40)
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40)
AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
Vaardighede (40)
2. AFDELING A
VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
20ste-eeuse Teaterbeweging.
EPIESE TEATER
• Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
• Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• Mother Courage Bertolt Brecht
• Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
• Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
OF
TEATER VAN DIE ABSURDE
• Waiting for Godot Samuel Beckett
• Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
• Bagasie André P Brink
• The Bald Primadonna Eugene Ionesco
• Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
OF
POSTMODERNE TEATER
• Skrapnel Willem Anker
• Top Girls Carol Churchill
• Popcorn Ben Elton
• Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
Barney Simon OF
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Teater Company OF
VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4. AFDELING C
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF
VRAAG 7: Mis Reza de Wet
5. AFDELING D
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.
VRAAG 8: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
VRAAG 1
Die kandidaat moet:
• Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
• Die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as 'n voorbeeld gebruik
• Na een van drie bewegings en die bron in hulle antwoord verwys: Teater van die
Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater
• Toon dat die vraag en bron ontleed is, verstaan is en in sy/haar opstel geïntegreer
is
Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:
1. EEN gekose teaterbeweging:
o Teater van die Absurde OF
o Epiese Teater OF
o Postmoderne Teater
2. Toneelteks bestudeer
3. Vraag
4. Bron
Nasiener se aantekeninge:
• Kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan en krities ontleed is
• Kennis wat slegs gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument
gekontekstualiseer word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe
denke getoon
• Die rubriek op die volgende bladsy is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende
te assesseer:
o Kennisdimensievlak
o Kognitieweprosesdimensievlak (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer
en skep)
o Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
• Denkproses: Pas feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die vraag,
bron en inhoud aan en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n
Uitstaande
27–30 gedifferensieerde, geïnterpreteerde, kreatiewe en oorspronklike wyse.
• Evalueer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n
Metakognitiewe
90–100 omvattende verskeidenheid insiggewend gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
Kennis
• Ontwerp en skep 'n argument in 'n nuwe en unieke patroon wat refleksiewe kreatiewe,
A+ kritiese en analitiese denke voorstel.
Skep
• Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, te herorganiseer, saam te vat, te ontdek, te
hernu, te verander, uit te brei en te verbeter.
• Denkproses: Ondersoek feitlike, konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis in die
vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n
Uitstekend gedifferensieerde, geïnterpreteerde en oorspronklike wyse.
24–26
• Beoordeel/Assesseer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander
Metakognitiewe addisionele bronne in 'n betekenisvolle verskeidenheid toepaslik gekose teoretiese,
80–89
Kennis praktiese en estetiese inhoud.
• Stel 'n argument in 'n interessante patroon saam wat refleksiewe kritiese en analitiese
A
Evalueer denke voorstel.
• Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te oordeel, te kritiseer, aan te beveel, verslag te doen, te
evalueer, te voorspel, te ontdek, voor te stel.
• Denkproses: Ontleed, onderskei en ondersoek feitlike, konseptuele en prosedurekennis in
Verdienstelik die vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n
21–23
gedifferensieerde en verklarende wyse.
Prosedure- • Ontleed/Dissekteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne
70–79
kennis in 'n breë verskeidenheid toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
• Stel 'n argument saam wat kritiese en analitiese denke voorstel.
B
Ontleed • Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te ontleed, gevolgtrekkings te maak, begrippe te
dekonstrueer, met mekaar in verband te bring, toe te skryf, ontdek.
• Denkproses: Ontleed en onderskei feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die vraag,
Wesenlik
18–20 bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n georganiseerde,
gedifferensieerde en verklarende wyse.
Prosedure-
60–69 • Integreer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n breë
kennis
verskeidenheid toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
C • Verskaf 'n argument wat kritiese en analitiese denke voorstel.
Toepas
• Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, te konstrueer, te integreer en te simuleer.
• Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herformuleer feitlike en konseptuele kennis van die
Voldoende vraag en bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n
15–17
gedifferensieerde wyse.
Konseptuele • Interpreteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n
5–-59
Kennis breë verskeidenheid teoretiese, praktiese en estetiese inhoud, voorspelbaar.
• Verskaf 'n argument wat analitiese denke voorstel.
D
Begrip • Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig,
te klassifiseer, op te som, te vergelyk, te verduidelik.
• Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron
Gemiddeld
12–14 en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n gedifferensieerde wyse.
• Verduidelik voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n
Konseptuele
4–-49 voorspelbare verskeidenheid teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
Kennis
• Skryf 'n verduideliking in die omvang van voorspelbare/algemene denkprosesse.
E • Toon vermoë óm te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, klassifiseer, op
Begrip
te som, te vergelyk, te verduidelik.
• Denkproses: Definieer, pas kennis uit geheue toe en integreer die vereistes van die vraag.
Elementêr
10–11 Haal aan op 'n ongekompliseerde/reguit/fundamentele vlak.
• Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n beperkte
Feitlike
3–39 verskeidenheid teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
Kennis
• Skryf 'n verduideliking in die omvang van voorspelbare denkprosesse.
F • Kognitiewe vlak: Toon elementêre vermoë om probleem op te los, te identifiseer, te noem,
Onthou
in verband te bring, te definieer.
Nie Behaal Nie • Denkproses: Pas irrelevante kennis uit geheue toe. Toon beperkte tot basiese vermoë om
1–10
vereistes van die vraag en aanhaling op te los.
Feitlike • Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne met geen
20–29
Kennis verband tot die vraag nie
• Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te
G
Onthou definieer, te interpreteer en te onderskei.
Nie Behaal Nie • Toon geen begrip van die vraag of bron, kan nie opstel skryf nie, gee geen voorbeelde uit
die toneelteks of die teaterbeweging. OF
0
Feitlike • Bied min feite aan, hou nie verband met vraag nie. OF
Kennis • Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te definieer nie. OF
H
• Bied gememoriseerde inligting aan en inhoud wat nie die vraag antwoord nie.
Onthou
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Die volgende is algemene inligting oor die bewegings.
EPIESE TEATER
Bedoeling en doel
• Om die gehoor te distansieer
• Laat die gehoor die wêreld waarin hulle leef duideliker sien eerder as om hulle
oortuigings as vanselfsprekend te beskou
• Maak duidelike onderskeid tussen 'n Illusieteater ('Dramatiese' Teater) en Epiese
Teater
• Is teen die idee van skynvertoon ('pretence') gekant ('n tipiese kenmerk van Realisme)
• Verwag dat toeskouers bewus en krities moet wees
• Realisme het sy waarde verloor – het die rol van die toeskouer ondermyn– verlaag
hom tot passiewe toeskouer
• Verwyder die 'illusie' van Realisme
• Gebruik verskillende tegnieke om die gehoor te vervreem – verskil tussen wat hulle op
verhoog gesien het en dit wat werklik was
Tegnieke: Gebruik van:
• 'Verfremdungseffekt' om gehore van die aksie op die verhoog te distansieer en te
vervreem
• Doel van musiek – moet noemenswaardige kommentaar lewer op die handeling, bv.
in Moeder Courage waar die ironies bitter woorde van 'n liedjie wat oor die karakter se
geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus op 'n soet, sorgelose wysie
getoonset is. Die onversoenbaarheid van die wysie en die woorde dwing die gehoor
om oor die ware betekenis van die liedjie na te dink
• Liedjies wat tussen tonele geplaas word om te vertel wat moet gebeur voor dit
plaasvind
• Verhoogruimte is nie spesifiek nie
• Dekorstelle is eenvoudig en simbolies
• Teater wat die handelinge wat aangebied word, 'vreemd maak'
• Historifikasie – wat die 'oudheid' van die gebeure beklemtoon deur dit van die hede te
skei
Gehoorreaksie
• Toeskouer moet dink dat indien hy/sy dieselfde toestande as dié getoon in die toneel
ervaar het, hy/sy anders sou opgetree het as gevolg van die lesse wat geleer is
• Toeskouers sou dan oorweeg wat hy/sy sou gedoen het om 'n positiewe verskil te
maak
• Wees geïnspireer om soortgelyke waardevolle maatskaplike/sosiale veranderinge met
betrekking tot die huidige stand van sake te maak
• Toeskouer word aangemoedig om maatskaplike/sosiale hervormings in sy/haar
gemeenskap of omgewing in te stel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
TEATER VAN DIE ABSURDE
Bedoeling en doel
• Die Absurdistiese wêreld lyk asof dit geen ware orde of betekenis het nie
• Bied die gehoor 'n eksistensialistiese standpunt van die buitewêreld aan
• Forseer die gehoor om hulle betekenis in die wêreld te bevraagteken
• Niks het 'n definitiewe, spesifieke of herkenbare bestaan nie
• Mense is wat hulle van hulleself maak
• Mense word deur hulle handelinge en keuses bepaal
• Pessimistiese beskouing van die menslike lewenstryd
• Hoofsaaklik gemoeid met die mens se soeke na betekenis
Karakters
• Nie konsekwent nie
• Verteenwoordig die mensdom wat self niks beteken nie
• Bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis
• Verlore, verward
• Alle handelinge/aksies is waardeloos en absurd
• Nar-agtig
• Bly bymekaar omdat hulle bang is om in so 'n onverstaanbare wêreld alleen te wees
• Gebrek aan identiteit – vervelig, oninteressant en sonder diepte
• Vol foute
• Nie goed afgerond nie – geen verlede nie en gehoor kry weinig aanduiding van wat
die toekoms kan wees
• Bly staties en toon geen ontwikkeling nie
• Kom oor as afstootlik, pateties, miserabel en onbevoeg
• Emosioneel leeg
• Eienskappe word oordryf
• Gebruik om Absurdiste se standpunte oor die menslike toestand uit te druk
• Onderling afhanklik
• 'Sosiale marionette'
• Tweeman-optredes
Taal en dialoog
• Mense is nie bedrewe met kommunikasie nie
• Tree as hindernis tot kommunikasie op
• Isoleer die individu nog meer
• Spraak is feitlik waardeloos
• Bevraagteken die waarde van taal
• Het vermoë om te kommunikeer verloor
• Pogings tot kommunikasie 'disintegreer' dikwels van clichés na betekenislose
lettergrepe
• Onvermoë van taal om gaping tussen die karakters te oorbrug
• Ontmensliking, outomaties en betekenisloos
• Bied die onverwagte, die bisarre en die absurde aan
• Stilte is net so goeie kommunikasiemiddel as wat die gesproke woord is
• Betekenislose gesprekke
• 'Uit gewoonte' en oppervlakkig
• Taal word beskou as 'n ontsnapping uit vervelige lewens
• Nuwe woorde word geskep
• Banale alledaagse gesprekke word gemeng met literêre taal, dubbele betekenisse,
clichés, sleng en herhalings deurspek met poëtiese taal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
• 'n Herhalende dialoogstyl word gebruik om die sikliese aard van die lewe te
beklemtoon
Temas
• Tydelikheid en verganklikheid (tyd)
• Tragiese gesukkel om van jou eie self bewus te word in die genadelose proses van
vernuwing en vernietiging wat in die lewe plaasvind
• Die verandering van tyd
• Moeilik om te kommunikeer en betekenis te maak
• Die nimmereindigende soeke na die werklikheid (realiteit)
• Die tragiese aard van verhoudings
• Die mens se angs in die aanskyn van totale betekenisloosheid
• Angs (Eksistensiële angs)
• Die mens is alleen, verlore in 'n wêreld waarin God hom verlaat het
• Wetenskap en die rede is illusionêr
POSTMODERNISME
Bedoeling en doel
• Ontwikkel uit die Absurdis-standpunt
• Verwerp die sekerhede van die Moderne Era
• Geen groot narratief/vertelling of enkele waarheid nie
• Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is
• 'Vernietig' die 'waarheid'
• Verwelkom veelvuldige standpunte, perspektiewe, realiteite
• Sluit kuns, teater, argitektuur, musiek, rolprente, letterkunde, modes, TV en ander
vorms van uitdrukking in
• Leen by 'n reeks verskillende style
• Verwerp die idee van 'hoë kuns' en 'lae kuns'
• Verwelkom avant-garde-(toekomsgerigte/aktivistiese denke) eksperimentele teater
• Skryf nie 'suiwerheid' in kuns voor nie
• Is sterk teen hoë kuns gekant ('Trashes high art')
• Het nie vaste manier om kuns te skep nie
• Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie
• Meen dat kultuur aan almal behoort
• Dekonstrueer ('n manier om vasgestelde idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe,
ontwrigte/verdeelde en deurmekaar manier aanmekaar te sit) idees, beelde en
konstrukte/konsepte
• Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte
• Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie
• Meen dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep
• Weerspieël en vier die mal en chaotiese leefwyse in 'n populêre kultuur
• Geniet nonsenskuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë
• Sien ironie en humor
• Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word
Pastiches
• Tegniek in visuele kuns waar verskillende beelde, mediavorms, ens. saamgeflans
word om een stuk te vorm
• Verwysings en lae, verskillende tekste en beelde
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Metateater/Teks:
• Herinner kykers daaraan dat hulle in die teater is
• Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kan kommunikeer
• Dit is die kunswerk wat oor homself besin
Stories/Verhale:
• Nielineêr in konstruksie
• Refleksief
• Op die periferie, selfs onbelangrik
• Teorieë of idees, nie noodwendig temas nie
• Gebroke
• Oorvleuel met baie standpunte en teenstrydige/botsende stemme
Opvoerings:
• Die hooffokus
• Die hoofproses
• Nie in 'n manuskrip/teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia
bestaan
• Het geen skuldige party nie – niemand is skuldig nie
Repetisieprosesse:
• Geïmproviseer
• Verander
• Hersien
• Op datum gebring/Bygewerk
• Voortdurend omskep deur optrede
Gehoor:
• Is 'n belangrike, aktiewe element
• Speel 'n rol
• Word dikwels by die dialoog betrek
Toneeltekste:
• Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie
• Maak die manuskrip/teks net die beginpunt
• Het onbeantwoorde vrae
Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.)
• Kyk na temas of teatertegnieke/-middele
• Laat die toneelstuk se einde oop
• Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep
• Vra meer vrae as wat beantwoord word
• Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies/handelinge
• Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie
• Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die gedekonstrueerde of gefragmenteerde storie
of intrige te eggo
• Het nie noodwendig werklike mense nie
• Karakters en mense is bloot 'n verteenwoordiging van gefragmenteerde idees
• Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik soos
wat die toneelstuk ontwikkel
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
2.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Rekwisiete
Multifunksioneel (een rekwisiet kan baie funksies hê), bv. 'n stuk lap kan die
volgende word:
• 'n Tjalie/Sjaal vir Aunty Dudu
• 'n Laken vir Barber
• 'n Kombers in die tronktoneel (2)
2.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken 2 punte toe vir beligting
Ken 2 punte toe vir kostuums
Die volgende is 'n riglyn:
Beligting
• Eenvoudig/Basies
• Huisligte
• Geen spesiale beligtingsontwerp, toerusting of effekte nodig nie.
• Die handelinge/aksie moet net vir die gehoor sigbaar wees.
• As daar genoeg natuurlike lig is, is beligting nie nodig nie.
Kostuums
• Eenvoudige kostuum
• Moet nie aandag aftrek van die akteurs en die toneelspel nie.
• Sweetpakbroeke of los broeke
• 'n T-hemp (4)
2.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Ekonomies
• Dit is bekostigbaar en goedkoop.
• Die fokus is op die akteur en toneelspel eerder as op die tegniese aspekte
van die toneelstuk.
• Kan op/in enige plek opgevoer/aangebied word, nie noodwendig in 'n
teater nie.
• Geen kostuumveranderinge nodig nie.
• Koste minimaal (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
2.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet een toneel kies en die satiriese elemente ontleed.
Die volgende is 'n riglyn:
Toneel 1
• Die pingpongbal-neuse verlaag die wit polisieman tot 'n naragtige
karakter/'n vark.
• Die karikatuuragtige toneelspel van die polisieman is humoristies.
• Die oordrywing van die polisieman se status is komiese verlaging.
• Die fisiese humor/boertery (klugtigheid/harlekynspel/hansworsery/
lawaaierige humor) van die polisieman wat die musikant jaag kan die
gehoor laat lag – nabootsing/mimiek.
• Die komiese energie van die toneel dra die ernstige boodskappe wat dit
onderlê. (4)
2.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 3 goed gemotiveerde stellings OF
• 6 aparte idees
Die volgende is 'n riglyn:
Karakterisering
• Akteurs verander van een karakter in 'n volgende karakter.
• Akteurs verander aksente, postuur/houding en gebare, bv. van 'n tandlose
Auntie Dudu, na 'n helikopter, ens.
Fisieke gedaantewisselings
• Die opvoering sal vereis dat akteurs van een karakter in die volgende
verander omdat slegs twee akteurs 'n verskeidenheid karakters in
26 tonele speel.
• Akteurs moet kreatief, energiek, opgelei en fisiek vaardig wees en stamina
en uithouvermoë hê omdat die produksie veeleisend is ten opsigte van die
struktuur (toneelveranderinge gebeur baie vinnig).
• Aangesien daar slegs twee akteurs is, moet hulle knap genoeg wees om
aan die vereistes van die toneelspel, sang en dans te voldoen.
• Akteurs moet hulle liggame transformeer om voorwerpe, bv. 'n
instrumentale jazz-orkes, voor te stel.
Vokale verskeidenheid
• Akteurs moet vokaal vaardig in artikulasie, resonansie en projeksie wees
met gebruik van diafragmatiese interkostale (tussenrib-) asemhaling.
• Hulle moet kan sing, verskillende aksente kan gebruik en vokale
toonhoogte, volume en pas kan afwissel om verskillende karakters uit te
beeld.
• Akteurs gebruik ook hulle stemme om klankeffekte/idiofone te maak, bv.
die sirene of helikopterklanke. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
2.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 2 goed gemotiveerde stellings OF
• 4 aparte idees
Die volgende is 'n riglyn:
Komedie
• Gee geleentheid om deur gelag vermaak te word.
• Die gehoor word betrek by die toneelspel deur hulle gelag.
• Die gehoor word ontvanklik gemaak vir die ernstige boodskappe van die
toneelstuk sonder om van die handeling/aksie vervreemd te raak. Dit is die
algehele doelwit van die toneelstuk. (4)
2.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 3 goed gemotiveerde stellings OF
• 6 aparte idees
Kandidate se antwoorde moet 'n begrip van Protesteater en die invloed
daarvan as 'n vreedsame wapen vir verandering in die Suid-Afrikaanse
samelewing, toon.
Die volgende is 'n riglyn:
Opvoed/Onderrig
• Lig gehore oor die sosiopolitieke situasie in Suid-Afrika in.
• Skep bewustheid van gesensorde inligting.
• Beklemtoon apartheidkwessies plaaslik en oorsee.
Mobiliseer
• Lok 'n emosionele reaksie uit deur mense kwaad, hartseer en gereed te
maak om aan een of ander protesaksie deel te neem.
• Bepleit teenstand deur onderdruktes te vra om op te staan en terug te veg.
• Omdat die meerderheid van die bevolking 'n politieke stem ontsê is en die
enigste stem wat beskikbaar was, 'n kulturele een was. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
2.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Krediteer antwoorde wat kennisdimensievlakke toon wat verband hou met
temas en aktuele kwessies in Suid-Afrika.
Die volgende is 'n riglyn:
• Die toneelstuk is vandag net so relevant vir gehore as wat dit was toe dit
die eerste keer opgevoer is, omdat dit universele kwessies aanpak.
Polisiëring
• In baie gemeenskappe word die polisie steeds gewantrou en word hulle
openlik uitgedaag/uitgetart as gevolg van moontlike onbevoegdheid en
'n gebrek aan ondersteuning om hulle pligte doeltreffend uit te voer.
• Korrupsie in polisiegeledere tans het tot die vrees en agterdog van die
mense bygedra.
• In baie gevalle gebruik die polisie steeds onnodige geweld en brutaliteit
wat tot die dood van mense lei, bv. Marikana-slagting.
Armoede
• Beloftes van behuising, basiese diensleweringsbehoeftes, gratis onderwys
en gesondheidsorg is nie nagekom nie en mense leef dus in moeilike
omstandighede.
• Baie mense leef steeds in volslae armoede en het in 2017 steeds nie
toegang tot water, elektrisiteit en sanitasiegeriewe nie.
• Dit het gelei tot diensleweringsoptogte in baie gebiede en ook tot
xenofobiese aanvalle omdat mense gedwing word om skaars hulpbronne
te deel.
• Ongelukkig neem baie mense hulle toevlug tot geweld om uiting aan hulle
woede te gee. Dit word dikwels gesien in vandalisme, plundery en selfs
onskuldige mense wat doodgemaak word.
• Daar is 'n toenemende kloof tussen ryk en arm wat tot woede, frustrasie
en geweld lei.
• Die gebrek aan werksgeleenthede en die swak ekonomiese situasie het
tot die las van armes bygedra.
Werksomstandighede
• Alhoewel alle diskriminerende wette verwyder is en Suid-Afrika 'n
uitstekende grondwet het, bly werksomstandighede vir baie mense
dieselfde.
• Baie mense word gedwing om laagsbesoldigde werk te doen as gevolg
van 'n gebrek aan vaardighede en opleiding/onderwys.
• Alhoewel ons vakunies het wat namens werkers baklei en basiese
diensvoorwaardes verbeter het, sukkel baie mense nog as gevolg van 'n
gebrek aan werksgeleenthede en swak ekonomiese groei in die land.
• Werkers word steeds deur gewetenlose werkgewers uitgebuit, want daar
is minder werksgeleenthede en baie mense wat werk soek. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
3.1 Werkswinkelteater (1)
3.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 2 goed gemotiveerde stellings OF
• 4 aparte idees
Die volgende is 'n riglyn:
• Sophiatown was 'n lewendige plek waar musikante, digters, skrywers ens.
saamgekom het om inligting te deel en om gehore te vermaak.
• Mense uit verskillende kulturele agtergronde en rasse het in harmonie
saamgeleef sonder inmenging van die polisie of die regering.
• Mense uit alle kringe, soos bendelede, musikante, digters, joernaliste,
ens., kon in Sophiatown gevind word.
• Dit was 'n plek waar mense bymekaar kon kom en hulle liefde vir musiek,
modes, rolprente en skryfwerk kon deel.
• Oorbevolking/Oorbesetting, misdaad en geweld was teenwoordig. (4)
3.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Sophiatown kan as 'n township-musiekvertoning geklassifiseer word
omdat:
• Die toneelstuk sluit liedjies en danse in.
• Tonele wissel tussen dialoog, sang en dans.
• Die toneelstuk gebruik township-taal, soos Tsotsi-taal, wat maklik
geïdentifiseer kan word.
• Het 'n energieke opvoeringstyl.
• Gebruik stereotipes eerder as afgeronde, ten volle ontwikkelde karakters (3)
3.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Pas die inhoud hieronder toe om aan te sluit by die 'smeltkroes'-aspek van
die vraag.
Kandidate kan enige TWEE karakters kies.
Die volgende is 'n riglyn:
Karakters
Weerspieël in die algemeen 'n smeltkroes van kulturele verskille:
• Inwoners van Sophiatown is toegelaat om op 'n veelrassige, multikulturele
en diverse vlak met mekaar om te gaan.
• Elke karakter bring sy of haar eie rykheid van kulturele erfenis na die
wêreld van die toneelstuk.
• Dit word deur die handeling/aksie van die drama, bv. Ruth se Vrydag-
gebed feesvieringe, gedeel.
• Elke karakter verteenwoordig die breër wêreldbeskouing van Sophiatown,
wat 'n baken van hoop vir 'n verdeelde Suid-Afrika is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Mingus
• Leier van die American-bende.
• Skoei homself op die Amerikaanse bendes wat hy in die rolprente sien.
• Beskou homself as die 'Robin Hood' van Sophiatown.
• Verteenwoordig die bendekultuur in Sophiatown.
Ruth
• 'n Wit, Joodse meisie van Yeoville.
• Dapper en avontuurlustig omdat sy die gemak en veiligheid van haar huis
verlaat om die onbekende aan te pak.
• Deel 'n stukkie van haar kultuur met die inwoners van Mamariti se
Diamond Shebeen.
• Ontwikkel gevoelens vir Jakes, 'n swart joernalis.
Charlie
• 'n Bruin man wat Mingus se helper/maat ('side-kick') is.
• Behandel almal, veral Mingus, soos familie.
Mamariti
• 'n Oordrewe 'shebeen queen' en verhuurder ('landlady').
• Slaag daarin om haar gesin te onderhou met die inkomste uit die sjebeen
en die uitverhuur van ruimte in haar huis.
• Aanvaar Ruth as 'n huurder en leer by haar.
Fahfee
• 'n Getalleman ('numbers man').
• 'n Fahfee-agent. (Fahfee is 'n eenvoudige spel wat getalle gebruik, 'n baie
basiese vorm van dobbel.)
• Politieke aktivis en goed ingelig oor politieke kwessies.
• Lig almal by Mamariti se sjebeen in oor die nuutste gebeurtenisse/nuus in
die township.
Princess
• Mingus se meisie uit die agterbuurte.
• Het erkenning as 'n bendeleier se meisie gekry.
• Koester die wens om 'n model te wees en ontvang oordadige geskenke by
Mingus.
• Nie bang om haar mening te gee nie, maar word dikwels deur Mingus
stilgemaak wat haar as 'n besitting behandel.
Jakes
• 'n Intellektueel.
• Joernalis by Drum-tydskrif.
• Gee ons inligting oor Sophiatown en die mense.
• Dit lyk dikwels of hy buite staan en inkyk.
• Het gevoelens vir Ruth, maar is bang om iets daaraan te doen.
• Is dikwels die verstandige/redelike/billike persoon; hy glo hy kan met sy
woorde 'n verskil maak.
Lulu
• Verteenwoordig die studente/leerders.
• Lewendige 16-jarige wat parmantig is en reguit sê wat sy dink.
• Weier om skool toe te gaan want sy glo dat 'Bantoe-onderwys' haar nie vir
die lewe voorberei nie. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
3.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die akteur kan die volgende gebruik:
• Karakterisering wat geloofbaar is
• Toneelspel wat eerlik is
• Vokale verskeidenheid wat vaardigheid en kreatiwiteit toon
• Fisieke verskeidenheid deur die gebruik van gebare, gesigsuitdrukkings,
postuur/houding en beweging
• Handelinge/Aksies om denk- en gevoelsverskuiwings te weerspieël (4)
3.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken punte soos volg toe:
• 3 punte vir 'opvoed'
• 3 punte vir 'vermaak'
Die volgende is 'n riglyn:
Opvoed
• Die gehoor kry 'n vlugtige blik van hoe Sophiatown in die 1950's was.
• Dit wys een van die enigste plekke in Suid-Afrika wat veelrassig en multi-
kultureel was.
• Die toneelstuk wys gehore hoe die mense van Sophiatown die regering se
beleid van aparte ontwikkeling uitgedaag het aangesien verskillende
rassegroepe daar saamgewoon het, bv. Sjinese man en die Indiese
handelaar.
• Leer gehore oor Suid-Afrika se geskiedenis en gedwonge verskuiwings.
• Dit maak die gehoor bewus daarvan dat Sophiatown die tuiste van baie
van ons groot politici, musikante en skrywers was.
• Dit wys ons dat kreatiwiteit daar floreer het en dat verskillende tipes
musiek, soos Kwêla en Afrika-jazz, daar ontstaan het.
• Misdaad en geweld was ook 'n daaglikse werklikheid vir die inwoners van
Sophiatown.
• Armoede en 'n tekort aan werksgeleenthede het tot die vorming van
bendes, wat mense geterroriseer het, gelei.
• 'n Tekort aan behuising het daartoe gelei dat verhuurders armes uitgebuit
het en dit het ook tot oorbevolking gelei.
• Dit dokumenteer die geskiedenis van Sophiatown en die daaropvolgende
vernietiging deur die apartheidsregering.
Vermaak
• Die toneelteks inkorporeer liedjies en danse tussen die tonele.
• Die storielyn is interessant, bv. 'n wit Joodse meisie wat tydens die
apartheids-era op 'n advertensie in die Drum-tydskrif reageer, want dit was
ongewoon vir 'n wit vrou om in 'n township te woon.
• Stereotipe karakters, soos Mamariti ('n 'shebeen queen') en Princess
('n jaloerse meisie), is herkenbaar en kan belangstelling wek.
• Humor, bv. Ruth wat leer hoe om by die lewe in Sophiatown aan te pas
(Charlie kry vir haar 'n bad).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
• Ruth se aksent terwyl sy probeer om Tsotsi-taal te leer, is humoristies.
• Ruth se verwardheid en onkunde is humoristies in haar pogings om te leer
om die bendes te vermy.
• Mingus en Princess word as komiese karikature uitgebeeld in hulle
pogings om die akteurs in die Amerikaanse rolprente na te boots.
• Mingus se poging (sy veeleisende en aggressiewe toon) om 'n liefdesbrief
vir Princess aan Jakes te dikteer, wat uiteindelik 'n onromantiese en
komiese liefdesverklaring is. (6)
3.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Aanvaar 'n 'ja' of 'n 'nee' of beide slegs indien dit goed gemotiveer is.
Geen punt kan vir slegs die woord 'ja' of 'nee' toegeken word nie.
Die volgende is 'n riglyn:
Ja
• Die storie van 'n wit Joodse meisie wat gedurende apartheid na 'n swart
township trek, vorm die basis van 'n baie goeie rolprent, omdat dit
ongewoon en teen die wet was vir 'n wit vrou om in 'n township te woon.
• Die feit dat rassegroepe vreedsaam saamgewoon het, kan as 'n voorbeeld
dien vir gemeenskappe wat met xenofobiekwessies sukkel.
• Die geskiedkundige aspek van die toneelstuk kan gebruik word om die
mense se stryd teen gedwonge verskuiwings te dokumenteer.
• Die lewendigheid en die kreatiwiteit wat bestaan het en die lewens van
party van ons ikoniese musikante, soos Miriam Makeba, Hugh Masekela,
Dolly Rathebe, die Manhattan Brothers, gee 'n geleentheid om ander
teatergenrés, soos dans en musiek, te ondersoek.
• Die verskillende plekke (Mamariti se sjebeen, Yeoville, treinstasie ens.)
waarna in die toneelteks verwys word, kan in 'n rolprent gebruik word wat
'n breër perspektief van Johannesburg in die 1950's kan gee.
• Die skrywers van daardie tyd, soos Can Themba en Nat Nakasa, en die
era van die Drum-tydskrif, kan ook in die rolprent gebruik word om
didaktiese en geskiedkundige diepte aan die rolprent te gee.
• Die misdaad en geweld waarna in die toneelstuk verwys word, kan inslag
vind by 'n teikenmark wat in aksierolprente belangstel.
Nee
• Dit speel af in die verlede en ons het sedertdien aanbeweeg met
betrekking tot die kwessies en aangeleenthede van die apartheids-era.
• Die storielyn is nie interessant nie en daar is nie 'n wesenlike storielyn nie,
want dit fokus op die inwoners van 'n enkele huishouding.
• Die township-omgewing en die gewelddadige apartheidsagtergrond is nie
'n glansryke plek/ligging vir 'n rolprent nie.
• Mense se belangstellings het verander en hulle verkies om eerder op 'n
Suid-Afrika na apartheid te fokus.
• Sou baie duur wees om te maak, aangesien die toneelstuk 'n groot
rolverdeling het wat almal sal moet betaal word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 18 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
3.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet na die stelling hieronder verwys en daarop kommentaar
lewer:
'Ons storie was om geskiedenis uit te grawe wat deur die apartheidsregime
verdraai is en dit openbaar te maak. Die toepaslikheid vandag is dat
enigiemand wat toegang tot daardie deel van die geskiedenis geweier is, nou
'n smakie daarvan kry.'
Die volgende is 'n riglyn:
• Storie van die gedwonge verskuiwings van die Sophiatown-inwoners en
soortgelyke gebeurtenisse in apartheid-Suid-Afrika.
• Die belangrikheid daarvan om nie ons geskiedenis te vergeet nie, sodat dit
nie weer gebeur nie.
• Die onregte van die apartheidsregime: die ontkenning van menseregte,
armoede, skeiding van verskillende kulture en kleure volgens ras.
• Die belangrikheid om vandag hierdie storie aan dié wat nie eerstehands
apartheid ervaar het nie, te vertel.
• Dit gee 'n oorsig van die apartheidsregering se brutale beleid, houding en
optrede teen mense wat nie wit was nie.
• Sophiatown was 'n plek waar mense vrylik met alle rassegroepe kon
meng.
• Die Nasionalistiese regering het bedreig gevoel deur hierdie vryheid onder
die inwoners van Sophiatown en besluit dat dit vernietig moes word.
• Die Hervestigingsraad het grondeienaars in Sophiatown opdrag gegee om
hulle eiendomme te verkoop, wat hulle geweier het om te doen.
• Die regering het in1955 'n datum vir uitsetting aangekondig.
• Die regering het vier dae vroeër as die datum aangekondig was,
inbeweeg.
• Die karakter Fahfee sê: 'Four days earlier they came and we weren't
prepared. There were two thousand G-men lining the street.'
• Die regering wou brutaal wees en het besluit om vroeër as wanneerdie
datum gegee met uitsettings te begin. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 19 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
4.1.1 Suidelike voorstede van Johannesburg. (1)
4.1.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Universeel
• Kan op enigeen op enige plek in die wêreld van toepassing wees.
• Temas en kwessies is relevant, bv. die begeerte na 'n beter lewe.
• Die gehoor in enige spesifieke gebied/area sal by die onderwerp en die
benarde toestand van die karakters aansluiting kan vind, bv. Jakes as die
boelie.
• Deur die toneelstuk in 'n ander omgewing (Kaapse Vlakte) te laat afspeel,
toon die regisseur die universaliteit van die onderwerp van die toneelstuk. (3)
4.1.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet:
• 'n Begrip van 'dekorstel' en 'plek (omgewing)' toon
• Hulle kennis van die toneelteks kreatief in die konseptualisering van hulle
eie produksie kan toepas
Ken volpunte toe vir:
• 3 goed gemotiveerde stellings OF
• 6 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Plek (omgewing)
• Kandidate kan na 'n spesifieke sosiokonteks, bv. hulle eie omgewing,
verwys.
Dekorstel
• Kandidate kan die meubels geskik vir die plek (omgewing) gekies, beskryf.
• Die temas en kwessies word in die plek (omgewing) en dekorstel
weerspieël.
• Realisme kan in die plek (omgewing) en dekorstel weerspieël word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 20 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
4.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van die belangrikheid van byspelers in 'n realistiese
toneelstuk toon.
Ken volpunte toe vir:
• 2 goed gemotiveerde stellings OF
• 4 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Byspelers
• Kan tot die illusie van werklikheid bydra deur geloofbare detail in die
wêreld van die toneelstuk te skep.
• Komplementeer die hoofkarakters om verhoudings en spanning deur
realistiese interaksie te bou.
• Verskaf klankborde/spreekbuise vir dialoog.
• Verskaf bykomende inligting oor ander karakters.
• Kan katalisators vir aksie/handeling in die toneelteks wees.
• Is bevorderlik vir die ontwikkeling van die intrige of aksie/handeling. (4)
4.3.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van Giel se karakter en sy rol in die toneelstuk in die
geheel toon.
Ken volpunte toe vir:
• 3 goed gemotiveerde stellings OF
• 6 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Giel dra die toneelstuk omdat:
• Hy die aksie/handeling inisieer, bv. hy wed op die perde en wil hê Tjokkie
moet die nommers 'sien'.
• Temas word weerspieël in of ontwikkel deur Giel se reaksies en
aksies/handelinge, bv. dobbel, die begeerte na 'n 'beter lewe'.
• Giel dra by tot die druk op Tjokkie om te 'sien' wat uiteindelik tot die
klimaks van die intrige lei waar Jakes vir Tiemie oor die vaderskap van
haar baba konfronteer.
• Dit is deur Giel se karakter wat ons te wete kom dat Pa verdwyn het.
• Giel besluit om op die perd wat Tjokkie geïdentifiseer het te wed, en
besluit onmiddellik om weg te gaan toe hy geld kry.
• Giel toon dat hy glad nie van plan is om by Ma te bly wanneer hy eers geld
in die hande kry nie.
• Hy verteenwoordig almal wat uit die 'suburbs' wil wegkom. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 21 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
4.3.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van Giel se karakter toon wanneer sy kostuum
gekies word. Kandidate kan na spesifieke klere-items verwys, solank hierdie
keuses gemotiveer word.
Die volgende is 'n riglyn:
Kostuum moet die volgende weerspieël:
• 'n Middeljarige man uit 'n armblanke-agtergrond
• Sy karakter as iemand met onvoldoende ekonomiese middele
• 'n Poging tot formaliteit en om bo sy sosio-ekonomiese status uit te styg
• 1950's-style (4)
4.3.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 3 goed gemotiveerde stellings OF
• 6 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die akteur kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se
Tegnieke/Metodes toon, bv.:
Fisiese stand van handelinge/aksies
• Handelinge/Aksies en reaksies moet realisties wees.
• Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukkings, gebare en bewegings) in die
skepping van die toneelstuk se lewe op die verhoog.
'Beat work'
• Verskuiwings in denke en gevoelens moet effektief en realisties uitgebeeld
word.
• Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking
weerspieël word.
Vokale uitdrukking
• Aangesien die toneelstuk realisties is, moet die akteur die illusie van 'n
werklike gesprek skep.
• Die akteur moet gelei word in die begrip van die denke en gevoelens wat
in die akteur se vokale reaksies deur stemtoon, pas, tempo, volume ens.
weergegee word.
Magiese as ('Magic if')
• Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokale en fisiese
reaksies kan daarom wissel van opvoering tot opvoering, maar sal altyd
realisties en geloofwaardig/waar wees.
• 'Om toneel te speel, is om te glo.'
Aandagsirkels
• Akteur se fokus moet op die binnewêreld van die toneelstuk en nie op die
gehoor wees nie.
Emosionele geheue
• Akteur kan persoonlike ervaring gebruik om insae te kry in die emosionele
lewe en werklikheid van die karakter. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 22 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
4.4 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.
Kandidate kan oor die stelling besin deur 'n ontleding van die karakters te doen
en moet begrip toon van hoe die karakters, die plek (omgewing), intrige, temas,
ens. 'die wesentlike (kern) van werkersklasgemeenskappe' opsom.
Die volgende is 'n riglyn:
Karakters
Tjokkie
• Werk aan motors in sy agterplaas.
• Probeer om aan die wrede werklikheid van die 'suburbs' te ontsnap.
Ma
• Leef buite die huwelik saam met Giel.
• Haar kinders beskuldig haar dat sy 'n slegte rolmodel is met feitlik geen
morele standaarde nie.
• Het 'n 'sondige leefstyl'.
• Maak 'n armsalige bestaan in die 'suburbs'.
Jakes
• Werk as 'n 'operateur'.
• Hy is manipulerend, gewelddadig en probeer om sy sin te kry deur
gewelddadig te wees.
• Was voorheen getroud en wil nou met Tiemie trou om aan sy omstandighede
te ontsnap.
• Is kwaad vir die wêreld en haal dit op die mense om hom uit.
• Is 'n produk van sy omgewing.
• Word deur Tjokkie 'n 'skurk/skobbejak' genoem.
• Is onverantwoordelik, drink en boelie Tjokkie om te 'sien'.
Tiemie
• Wil wegkom uit haar omgewing.
• Wil nie in die 'suburbs' vasval nie, maar sê: 'Ek wil van geweet wees.'
• Wil nie dieselfde foute as Ma maak nie.
• Som die 'suburbs' op wanneer sy sê dat sy nie verwagtend wil wees en vir
'n dronk en gewelddadige man moet wag om saans huis toe te kom nie.
Karakters se taal
• Weerspieël 'n 'werkersklas'-omgewing.
• Is beledigend en grootpraterig wat wys na hulle gebrek aan waardes asook
hulle onsekerheid, bv. Jakes.
• Is pateties, bv. Giel se aanhoudende gekerm oor wat van hom sal word, die
feit dat hy nie geld het nie.
• Is apologeties, desperaat en pateties (Ma) soos wanneer sy van Pa se
terugkoms droom.
Dekorstel en verhoogopsteling
• Beklemtoon die 'werkersklas'-omgewing.
• Die plek waar die toneelstuk afspeel is in die suide van Johannesburg.
• Beeld die agterplaas van 'n werkersklasgesin uit.
• Die fokuspunt van die stel is Tjokkie wat aan 'n kar in sy eie agterplaas werk.
Temas
• Beklemtoon spesifieke 'werkersklas'-kwessies, bv. ontsnapping, armoede,
tienerswangerskap, alkoholisme, dobbel, werkloosheid, ens. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 23 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR
Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
5.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van 'n 'baie belangrike kwessie' toon en enige
spesifieke insident of tema kan identifiseer.
Die volgende is 'n riglyn:
Kwessies
• WVK-sake en die belangrikheid daarvan in die proses van vergifnis en
versoening kan jou laat huil.
• Die donker humor van die onverwagte aankoms van Themba se as kan
die gehoor laat lag.
• Hulle kan voorbeelde gebruik wat die gehoor kan laat 'lag' of 'huil', soos:
o Geregtigheid
o Vergifnis
o Wedywering tussen broers en susters
o Kulturele verskille
o Themba se verhouding met Sindiswa (2)
5.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet die belangrikheid van die kwessie wat in VRAAG 5.1 gekies
is, regverdig deur na die teks en die gevolge van die kwessie te verwys.
Die volgende is 'n riglyn:
• Die WVK-proses het 'n bydraende rol in die transformasie van Suid-Afrika
vanaf 'n apartheidsregering tot 'n vry en demokratiese samelewing op 'n
vreedsame wyse, gespeel. (2)
5.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet hulle idees kan motiveer deur die universele aard van die
toneelstuk te herken, maar kan ook redeneer dat 'middel-Australië' dalk nie
die spesifieke sosiopolitieke konteks van die toneelstuk ten volle kan begryp
nie.
Die volgende is 'n riglyn:
Gemaklike middel-Australië sou hierdie toneelstuk verstaan as gevolg
van die universaliteit daarvan
• Hierdie toneelstuk kan op enigiemand en enige plek toegepas word.
• Temas en kwessies is universeel, bv. gesinsdinamiek, versoening met die
verlede en sielkunde van die karakters.
• Die gehoor in enige samelewing sou met die onderwerp en die
gesteldheid van die karakters 'n verband kon vind, bv. Thando se soeke
na die waarheid oor haar moeder en broer.
Gemaklike middel-Australië sou hierdie toneelstuk dalk nie verstaan nie
as gevolg van die spesifisiteit daarvan
• 'n 'Middel'-Australiese samelewing kan moontlik onbewus wees van die
onderwerp en kwessies wat uit die toneelteks voortspruit, bv. kulturele
kwessies, soos lobola en verassing. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 24 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
5.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Krediteer insigryke en kreatiewe idees wat 'n begrip van Sipho se karakter en
die aard van die toneelspel weerspieël.
Ken volpunte toe vir:
• 3 goed gemotiveerde stellings OF
• 6 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die akteur se toneelspel kan die volgende weerspieël:
Persoonlike waardigheid
• Die akteur se toneelspel moet 'n begrip van sy karakter se denke en
gevoelens weerspieël wat weer in die akteur se vokale en fisieke reaksies
weerspieël word.
• Sipho is 'n waardige man wie se tradisies en eer in sy karakter ingewortel
is, sy gedrag sal dit dus weerspieël.
• Wanneer hy egter gedrink het, kan sy gedrag verander.
Morele gesag
• As 'n paternalistiese, tradisionele, konserwatiewe Xhosa-man, moet die
akteur Sipho se inherente geloof in sy morele gesag realisties deur sy
handelinge/aksies, reaksies en vokale uitdrukking, bv. gesigsuitdrukkings,
gebare en bewegings, liggaamshouding, krag in stilte, uitgedruk word.
• Indien dit die karakter se persoonlikheid is, moet die akteur wat Sipho
speel die illusie van 'n werklike gesprek skep.
Stanislavski se metode kan gebruik word as 'n bron in hierdie antwoord, bv.:
Fisiese stand van handelinge/aksies
• Handelinge/Aksies en reaksies moet realisties wees.
• Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukkings, gebare en bewegings) in die
skepping van die toneelstuk se lewe op die verhoog.
'Beat work'
• Verskuiwings in denke en gevoelens moet getrou, effektief en realisties
uitgebeeld word.
• Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking
weerspieël word.
Vokale uitdrukking
• Aangesien die toneelstuk realisties is, moet die akteur die illusie van 'n
werklike gesprek skep
• Die akteur moet gelei word in die begrip van die denke en gevoelens wat
in die akteur se vokale reaksies deur stemtoon, pas, tempo, volume, ens.
weergegee word
Magiese as ('Magic if')
• Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokale en fisiese
reaksies kan daarom verskil van opvoering tot opvoering, maar sal altyd
realisties en geloofwaardig/waar wees
• 'Om toneel te speel, is om te glo'
Aandagsirkels
• Akteur se fokus moet op die binnewêreld van die toneelstuk wees en nie
op die gehoor nie
Emosionele geheue
• Akteur kan persoonlike ervaring gebruik om insae te kry in die emosionele
lewe en werklikheid van die karakter (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 25 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
5.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate kan die vraag in die eerste persoon, as Themba (ek), beantwoord
en kan redes en gevoelens oor ballingskap uitdruk.
Ken volpunte toe vir:
• 2 goed gemotiveerde stellings OF
• 4 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Persoonlike
• Sy ontrouheid het oneer/skaamte en 'n skuldgevoel veroorsaak daarom
het Themba weggegaan/gevlug want hy kon nie sy broer in die oë kyk
nadat hy by sy broer se vrou geslaap het nie.
Politieke
• As 'n aktivis was dit onveilig vir Themba om in Suid-Afrika aan te bly
gedurende die apartheidsregime. (4)
5.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 2 goed gemotiveerde stellings OF
• 4 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Liefde
• Sipho is lief vir sy broer ten spyte van die verlede en Mandisa se aankoms
veroorsaak 'n emosionele reaksie by Sipho.
Verlies
• Mandisa het haar vader verloor en dit benadruk ook Sipho se gevoel van
verlies, spesifiek omdat as al is wat van Themba oorbly.
Afguns
• Mandisa se aankoms is 'n katalisator vir Sipho se verhoogde sin vir
wedywering met sy broer wanneer hy terugdink aan sy verlede saam
Themba.
Woede
• Mandisa bring haar vader se liggaam terug in die onverwagte vorm van
as. Dit lok 'n verwarde en woedende reaksie by die tradisionele en
konserwatiewe Sipho.
Pyn
• Die pyn om Themba te verloor, die verlede, Thando se gevolglike
begeerte om weg te gaan/te vlug, die onthulling van geheime,
werkskwessies, ens. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 26 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
5.7 Nasieners aanvaar relevante idees wat 'n begrip van die aard en
spelleidings-/regieproses toon. Kandidate kan ook na die ontwikkeling van die
akteur en elemente verwys.
Ken 6 punte toe vir 3 goed gemotiveerde idees OF
Ken 3 punte toe indien idees net genoem/gelys is
Die volgende is 'n riglyn:
Verantwoordelikhede en pligte van die regisseur, Janice Honeyman
• Kies 'n toneelstuk vir 'n opvoering.
• Bekom die regs- en opvoerregte.
• Ontwikkel 'n konseptuele visie vir die toneelstuk.
• Hou oudisies vir akteurs vir die rolle.
• Ken rolle aan geskikte akteurs toe.
• Kies 'n geskikte repetisie- en opvoerruimte.
• Repetisies vir akteurs en ontwikkeling van hulle toneelspel, bv. 'beat work',
eenhede en doelwitte om verskuiwings in denke en gevoel te vertoon.
• Neem 'n tegniese span in diens, bv. ontwerpers (dekorstel, beligting,
kostuums).
• Neem 'n verhoogbestuurder in diens. (6)
5.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
• Die toneelstuk moet goed opgevoer word om 'boeiend' te wees.
• Dit word bereik deur die vaardighede en vakmanskap van die akteurs wat
tot die ontwikkeling van die algehele effek van die toneelstuk bydra.
• Die realisme van die toneelstuk kan die gehoor laat empatie hê want hulle
kan die besonderhede van die alledaagse lewe raaksien soos wat dit deur
ware karakters, situasies, plekke en besittings voorgestel word.
• 'n Toneelstuk kan die gehoor op 'n emosionele vlak betrek deur die
gevoelens wat deur die karakters uitgebeeld word.
• Die onderwerp van die toneelstuk is universeel en kan hartverskeurend
wees as gevolg van die universele kwessies van liefde en pyn wat enige
gesin kan ervaar.
• Die gruwels van die WVK, soos in die toneelstuk bespreek, kan 'n diep
emosionele reaksie by die gehoor uitlok.
• Die temas van geregtigheid, vergifnis, liefde, familie, pyn, vernedering en
ontmagtiging, soos deur die karakters ervaar word, is almal emosioneel
gelaai en kan ook die gehoor emosioneel aanraak. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 27 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
6.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Beeld van golwe
• Die titel verwys na die gevaarlike golfuitswellings/-deinings in 'n rowwe
see.
• Gronddeining/Vloedgolf ('Groundswell') kan ook verwys na die simboliese
opbou van ideologiese golwe van verandering wat oor die mense van
Suid-Afrika spoel, soos deur die golwe verteenwoordig.
• Verteenwoordig verhoogde en dreigende spanning in die wêreld van die
toneelstuk deur hulle beweging en die opbou.
Politieke konteks
• Die term 'gronddeining/vloedgolf ('groundswell')' kan ook na 'n politieke
golf van verandering of grondvlakopstand van die mense verwys.
Toneelstruktuur
• Die stygende spanning van die intrige is nog 'n weerspieëling van
'n gronddeining/vloedgolf ('groundswell'). (2)
6.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
• Gastehuis – ' 'n eensame gastehuis op 'n afgeleë Suid-Afrikaanse kus'
• Garnet Lodge
• Eetkamer
• Sitkamer
• Weskus (2)
6.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 3 goed gemotiveerde stellings OF
• 6 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Johan
• Vasgevang deur die aksies en skuld van sy verlede.
• 'n Polisieman gedurende die apartheidsregime.
• Het iemand doodgemaak.
• Probeer desperaat om 'n 'nuwe lewe' te bou.
• Het nie die finansies om dit te doen nie.
Thami
• Vasgevang in sy situasie.
• Bestuurder van die lodge.
• Probeer desperaat om uit sy omstandighede as bestuurder los te breek
om 'n beter lewe vir sy kinders in die Oos-Kaap te gee.
Smith
• Probeer om 'n nuwe lewe in aftrede te begin.
• Wil losbreek uit sy vorige rol as 'n 'wit' man in apartheid-Suid-Afrika. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 28 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
6.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Smith word met 'n mes gedreig
• Hierdie handeling verpersoonlik die opbou van die dramatiese spanning
en die gevolge daarvan.
• Dit is 'n oomblik van rou aggressie.
• Dit kan skokkend en skrikwekkend wees om na te kyk.
• Die gehoor kan Smith se moord voorsien, dus verhoog dit die spanning
wat deur die gehoor gevoel word.
• Die akteurs kan dit deur hulle lyftaal, stemme en gesigsuitdrukkings
vertoon.
• Johan beskou Smith as 'n maklike, swak teiken om geld vir sy
diamantmynprojek te kry.
• Johan probeer om Thami te beïnvloed om druk op Smith te plaas om in
hulle skema te belê. Dit veroorsaak spanning en innerlike konflik by
Thami.
• Soos die toneelstuk vorder, word stygende spanning opgebou deur Johan
se teistering van Smith, wat in dreigemente ontwikkel en uiteindelik word
'n mes uitgehaal.
• Die spanning en konflik lei daartoe dat Johan Smith se lewe met 'n mes
bedreig.
• Johan hou Smith gyselaar. Dit is 'n verhoogde dramatiese oomblik. (4)
6.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Arenastyl-ruimte
• Aan alle kante deur die gehoor omring.
• Sirkelvormig of vierkantig, soortgelyk aan 'n bokskryt.
• Gee intimiteit tussen die akteurs en die gehoor.
• Arenateater/Arenatoneel ('Theatre-in-the-round') (2)
6.6 Nasieners aanvaar ander korrekte, relevante en goed gemotiveerde
antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Akteur-gehoorverhouding
• Akteurs word deur die gehoor omring.
• Dit kan moontlik die binnekoms/verskyning en afgaan van akteurs
belemmer aangesien die toneelspelruimte deur die gehoor omring is en
die gehoor die akteurs goed kan sien.
• Toneelspel moet realisties en drie-dimensioneel wees om vir alle
gedeeltes van die gehoorruimte toneel te speel.
• Hierdie ruimtelike verhouding kan die gehoor laat voel asof hulle ook
inwoners van die Garnet Lodge is, aangesien hulle die ruimte saam
okkupeer en kan sien hoe elkeen die handeling/aksie omring.
Die dekorstel
• Die dekorstelvereistes moet die ruimte in ag neem en hoë meubels vermy
wat die gehoor se uitsig op die aksie/handeling kan beperk.
• Die dekorstel en meubels moet 'n binnenshuise omgewing vir die
aksie/handeling verskaf en die akteurs moet in die ruimte om die dekorstel
werk as gevolg van die ruimtelike beperkings van 'n arenaverhoog.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 29 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Toneelspel
• Akteurs se toneelspel word uit alle hoeke betrag.
• Akteurs moet bewus wees van hulle gehoor se gesigspunt soos wat hulle
in die ruimte beweeg, aangesien daar 'n akteur-gehoorverhouding in enige
toneelstuk moet wees.
• Intimiteit word verkry deur die ruimtelike verhouding tussen die akteur en
gehoor.
Kandidate kan ook verwys na die resensie wat noem: 'Die intimiteit van die
arenastyl White Theatre verskerp ook die verontrustende gevoel van
inperking …' (6)
6.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 2 goed gemotiveerde stellings OF
• 4 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die akteur
• Moet fisieke en vokale keuses maak wat 'die pyn agter die woede'
weerspieël. Dit vereis 'n bewustheid van die komplekse psigologiese en
emosionele toestand van die karakter.
• Druk nie net eenvoudig woede uit nie.
• Moet die emosionele pyn wys wat sy uitdrukking van woede aandryf.
Fisieke uitdrukking kan die volgende weerspieël
• Verskuiwings in denke en gevoelens
• Gesigsuitdrukkings, gebare en bewegings moet die karakter se
emosionele toestand weerspieël.
Vokale uitdrukking kan die volgende weerspieël
• Die illusie van 'n werklike gesprek deur toon, pas, tempo, volume, ens.
• Duidelike en beheersde oortuiging.
• Denke en gevoelens wat weer op hulle beurt in die akteur se vokale en
fisieke reaksies weerspieël word.
• Verskeidenheid en wisselingvan opvoering tot opvoering, maar sal altyd
realisties en getrou aan die karakter wees.
Stanislavski se metode kan by hierdie antwoord ingesluit word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 30 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
6.8 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 2 goed gemotiveerde stellings OF
• 4 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Twiet
• Kan jong gehore trek om na hierdie toneelstuk te kyk.
• Dis onmiddellike publisiteit vir die toneelstuk.
• Het wêreldwyd volgelinge.
• Wye gehoor.
• Dis 'n nuwe bemarkingstrategie, kort, onmiddellik, soms gevat. (4)
6.9 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Simbole
• Dis konkrete beelde wat iets abstraks verteenwoordig wat 'n groter
betekenis opsigself het.
• Gee dieper betekenis aan die toneelstuk se semiotiek/taal.
Die mis
• Die dreigende onheil van die toneelstuk se uitkoms.
• 'n Net waarin die spelers vasgevang is.
Die klok
• Lui as 'n waarskuwing dat daar gevaar op die see is.
• Waarsku oor die gevaar in die gastehuis.
Die gastehuis
• Simboliseer die isolasie van die inwoners, want dis 'n afgeleë plek waar dit
afspeel.
• Dis die mikrokosmos wat die spanning wat in die wêreld buite die
gastehuis voorkom, verteenwoordig.
Blaffende hond
• Die spanning en 'dieragtige' bedreiging van die inwoners.
Karakters
• Hulle is meer omvattend as wat hulle op die oppervlak voorkom.
• Hulle is verteenwoordigend van die makrokosmos van die Suid-Afrikaanse
samelewing. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 31 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
7.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Geen punte word toegeken indien slegs 'ja'- of 'nee'-antwoorde gegee word
nie, maar volpunte kan toegeken word wanneer 'ja'- of 'nee'-antwoorde
gemotiveer is. Kandidate kan ook beide 'ja' en 'nee' antwoord.
Die volgende is 'n riglyn:
Ten gunste
• Gee dit 4 uit 5 sterre.
• Sê dat Clyde Berning se toneelspel 'meesterlik uitgebou' word.
• Noem die toneelstuk 'n 'spanningsvolle drama'.
Nie ten gunste nie
• Sê die uiteensetting is stadig.
• Sê die spelleiding 'laat nie die aksie teen 'n reëlmatige pas plaasvind nie'. (3)
7.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Oopmaak van die valluik
• Gabriel is die een wat die 'valluik' oop- en toemaak.
• Gabriel bly in die solder.
• Hy kom nooit uit die solder nie.
• Hy gebruik die valluik om kos te kry en om afval te laat weggooi. (3)
7.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• 2 goed gemotiveerde waarnemings OF
• 4 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Bisarre elemente
• As gevolg van die Depressie het die vader homself in die solder
afgesonder en niemand het hom nog ooit weer gesien nie.
• Meisie word deur haar moeder teen die buitewêreld beskerm. Die moeder
is paranoïes en bang vir die booshede van die wêreld.
• Hulle voer 'n sikliese bestaan waar dieselfde ding elke dag gebeur.
• Bv. Gabriel maak herhaaldelik die valluik oop om sy slopemmer te laat
sak. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 32 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
7.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Ironie
• Die sirkus word met geluk/blydskap geassosieer, maar elke keer as die
sirkus op die dorp aankom, gebeur daar iets slegs/boos.
• Mense saam in 'n skare impliseer gewoonlik veiligheid, dit is egter in
hierdie omgewing waar daar elke keer iemand verdwyn.
• Dramatiese ironie vind plaas wanneer Gertie onwetend die huis besoek
waarvandaan Meisie uiteindelik sal verdwyn en waar die bedreiging direk
in die vorm van Konstabel is. (2)
7.5.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet die 'momente van dramatiese spanning' kan identifiseer.
Die volgende is 'n riglyn:
Momente van dramatiese spanning
Klanke
• Uit die eksterne omgewing, bv. honde blaf, sirkusmusiek, uil, ens.
• Die oopmaak van die valluik.
Aksie/Handeling
• Konstabel se aankoms, want Meisie is onbewus van sy boosaardige
bedoelings.
• Gertie se aankoms, want sy is onbewus van Konstabel se boosaardige
bedoelings en sy word deur sy sjarme bekoor.
• Die finale toneel, d.i. Konstabel se gedaanteverwisseling en Meisie se
verskyning in haar aannemingsrok, want Meisie sien nie dat Konstabel nie
werklik blind is nie. (2)
7.5.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet beskryf hoe 'n regisseur albei die momente wat in
VRAAG 7.5.1 geïdentifiseer is, sou benadruk. Kandidate kan egter een
moment in meer besonderhede as die ander een beskryf.
Ken volpunte toe vir 3 goed gemotiveerde idees.
Die volgende is 'n riglyn:
Klank
• Om 'n oomblik van spanning te benadruk, bv. die klank van 'n deur wat
toeslaan in 'n oomblik van stilte nadat Konstabel die drie vroue met sy
storie bekoor het.
Beligting
• Om 'n oomblik van spanning te benadruk, bv. Konstabel se
gedaanteverwisseling kan met rooi ligte toegelig word om die gevaar te
benadruk.
Teatermiddels/-tegnieke
• Om 'n oomblik van spanning te benadruk, bv. die valluik wat van tyd tot
tyd oopgemaak word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 33 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
7.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van die dramatiese en toneelmatige betekenis van
die sirkus in die toneelteks toon.
Ken volpunte toe vir:
• 2 goed gemotiveerde idees OF
• 4 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die sirkus, as 'n karakter, sou die volgende benodig:
Teenwoordigheid
• Elke jaar wanneer dit in die dorp aankom, verdwyn 'n meisie.
• Dit word as 'n onheilspellende kreatuur verpersoonlik wat meisies insluk.
Betekenis
• Vir Miem staan dit vir alles wat in die wêreld boos is en sy probeer Meisie
keer om daar besoek af te lê.
• Dit wakker Miem se paranoia verder aan en dra by tot haar selfopgelegde
isolasie.
Effek/Uitwerking
• Dit ontbloot die versmorende en konserwatiewe wêreldbeskouing van die
karakters.
• Meisie is daardeur asook die belofte van die magiese en fantasie
gefassineer en sien dit ook as 'n ontsnapping aan haar beskermde
bestaan.
• Gertie is op 'n vreemde manier daartoe aangetrokke en daardeur
gefassineer.
Die sirkus kan nie ' 'n karakter in eie reg' wees nie, want:
• Dit verskaf net die agtergrond waarteen die verwagtinge en vrese van die
karakters onthul word.
• Dit word nooit op die verhoog gesien nie.
• Die toneelstuk kan sonder die sirkus bestaan.
• Dit is nie 'n persoon/mens nie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 34 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
7.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van karakterisering asook van 'n akteur wat besig is
om toneel te speel, toon. Kandidate kan na toneelspel in 'n realistiese
toneelstuk verwys.
Ken volpunte toe vir:
• 3 goed gemotiveerde idees OF
• 6 aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Fisieke vaardighede kan die volgende weerspieël:
• Verskuiwings in denke en gevoelens
• Gesigsuitdrukking, gebare en beweging om die karakter se emosionele
toestand te weerspieël
Vokale vaardighede kan die volgende weerspieël:
• Die illusie van 'n werklike gesprek deur toon, pas, tempo, volume, ens.
• Duidelike en treffende/beheersde oortuiging
• Gedagtes en gevoelens wat op hulle beurt die akteur se vokale en fisieke
reaksies weerspieël
Stanislavski se metode kan in hierdie antwoord ingesluit word. (6)
7.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Klanke
• Kan vrees, isolasie en eensaamheid simboliseer wat weer 'n donker,
onheilspellende omgewing skep, bv. die verskillende tipes wind.
• Honde blaf, die uil, die kerkklok wat lui, ens.
Onheilspellende/Sinistere feëverhale
• Dra by tot die toneelstuk se magiese en mistieke kenmerke, bv. Raponsie
(Gabriel wat die emmer laat sak), Die Fluitspeler van Hamelin (Konstabel
wat die meisies uit die dorp lok), Rooikappie (Konstabel verteenwoordig
die wolf), ens.
Blindheid en donkerte
• Verteenwoordig vrees, onkunde en isolasie wat deur die verskillende
karakters weergegee word.
Fratsvertoning van die sirkus
• Onkunde en onderdrukking van die inwoners van die dorp wat tot die
onheilspellendheid van die omgewing bydra wat Reza de Wet geskep het.
Karakters
• Miem is 'n simbool van Afrikaner-Calvinisme wat weer die vrees en
paranoia van die dorpsmense beklemtoon.
Mis
• Stel die onderdrukkende, geïsoleerde en ongasvrye omgewing van die
huis voor. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 35 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 8
8.1.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Gemeenskapsteater
• Teater deur die gemeenskap vir die gemeenskap
• Doelwitgeöriënteerd
• Gee oplossings vir gemeenskapsprobleme
• Verskaf vaardighede en voed mense op/onderrig hulle
• Skep bewustheid van gemeenskapskwessies
• Help die gemeenskap om meer proaktief te wees (2)
8.1.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Teater vir Bewaring/Omgewingsteater
• Hanteer omgewingskwessies.
• Gemik op bewustheid en onderrig rondom omgewingskwessies.
• Help om geld vir omgewingsagentskappe in te samel.
• Teater is 'n instrument/middel wat gebruik word om kwessies oor te dra.
• Teater vir Afrika en Nicholas Ellenbogen word gekrediteer met die opkoms
van Omgewingsteater in Suid-Afrika.
• 'n Voorbeeld van hierdie teatervorm is Horn of Sorrow, oor
renosterstropery. (2)
8.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Sien holisties na.
Aanvaar enige 2 goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate kan hierdie vraag uit verskillende oogpunte of persoonlike
kontekste, bv. uit 'n finansiële, teater-, saakgebaseerde of persoonlike
perspektief benader.
Die volgende is 'n riglyn:
Om 'n gemeenskapsteater te begin, het jy die volgende nodig:
• 'n Ruimte om te repeteer
• 'n Groep of lede van 'n geselskap om die proses op enige manier op te
voer/te bestuur/te ondersteun
• Relevante kwessies om die skep van 'n opvoering te stimuleer
• Finansiële middels om die aktiwiteite van die groep te ondersteun
• Akteurs wat opvoer-/toneelvaardighede het
• Opvoer-/Toneelkennis
• Kreatiwiteit en verbeelding
• Konseptuele denke, ens. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 36 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
8.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Krediteer kreatiewe insig en konsepkeuses om die gemeenskap op te voed/
te onderrig oor hoe om water te spaar. Die kandidate moet duidelike bewyse
lewer dat hulle verstaan wat 'n storielyn is, en hoe dit ontwikkel. (4)
8.4 Aanvaar enige geskikte titel. (1)
8.5 Die kandidaat kies óf A óf B in BRON I om as 'n plakkaat te gebruik vir die
advertering van die produksie. Die kandidate moet inligting verskaf wat met
bemarking en advertering/reklame te make het. (3)
8.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die waarde van die produksie vir die gemeenskap
• Gemeenskapsbewustheid van die kwessies
• Gemeenskapsaksie om die kwessie van 'n watertekort op te los
• Gemeenskapsonderrig/-opvoeding oor hoe om water te spaar
• Moontlike werkskepping vir mense in die gemeenskap wat aan die
probleem moet begin werk
• Vermaak verskaf (3)
8.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Hierdie antwoord vereis persoonlike besinning en 'n persoonlike reaksie op
die vraag. Kandidate moet 'n duidelike begrip van die voordele van
Dramatiese Kunste toon.
Die volgende is 'n riglyn:
• Bemoediging dat die vaardighede wat op skool in Dramatiese Kunste
aangeleer is, gebruik kan word om eie werk te inisieer en skep, selfs al is
daar nie geld om verder te studeer nie.
• Inleiding tot 'n entrepreneursbenadering om die probleem van
werkloosheid op te los.
• Entrepreneursvaardighede, soos die bestuur van die begroting van die
gemeenskapsteatergroep, kan in die toekoms gebruik word.
• Werkswinkel- en improvisasievaardighede kan gebruik word om eie
stories, kwessies en moontlike oplossings te weerspieël en te ontwikkel.
• Vermy dit om net by die huis te sit; implementeer eerder Dramatiese
Kunste-onderrig vir eie en gemeenskapsvoordeel.
• Neem verantwoordelikheid vir eie toekoms/lewe/werk/inkomste in plaas
daarvan om op ander vir jou eie welstand staat te maak en verdere
bemagtiging van andere deur jou voorbeeld. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 37 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
8.8.1 Aanvaar enige geldige teaterbeweging.
Die volgende is voorbeelde:
• Teater van die Absurde
• Epiese Teater
• Postmoderne Teater
• Realisme
• Arm/Gestroopte Teater
• Simbolisme
• Wreedheidsteater
• Ekspressionisme
• Protesteater (2)
8.8.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Aanvaar 2 geldige kenmerke van 'n teaterbeweging.
Die volgende is 'n riglyn:
Bv. Teater van die Absurde
Taal/Dialoog
• Verhinder/Strem kommunikasie.
• Spot en grapmet konvensie.
• Dit kan poëties wees.
• Mense praat teenstrydig/Misverstande/Praat by mekaar verby
Karakters
• Geïsoleer in die heelal.
• Probeer om verhouding te skep.
• Nie ten volle ontwikkel nie.
• Stereotipes
• Oordrewe
• Grotesk
Temas
• Hopeloosheid en hulpeloosheid in 'n wêreld waar daar geen betekenis is
nie.
• Eksistensiële angs om te bestaan/om te lewe
Ruimte
• Leeg, kaal, onherbergsaam en verlate; skynbaar leweloos. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 38 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
8.8.3 Verwys na die aantekeninge hieronder en die rubriek op die volgende bladsy
(bl. 39) om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Aanvaar geldige toepassing van kenmerke van die teaterbeweging gekies op
die produksie. Kandidate moet vaardighede wat in Dramatiese Kunste
aangeleer is, op die produksie toepas.
Die volgende is 'n riglyn:
Bv. Arm/Gestroopte Teater
• Ideale keuse van ruimte is in die gemeenskap as gevolg van
beskikbaarheid en toeganklikheid, bv. 'n saal of enige oop ruimte.
• Beperkte fondse kan vereis dat die groep voorwerpe vind vir die dekorstel
en rekwisiete.
• Kostuums kan die speler se eie klere of eenvoudige verteenwoordigende
klere-items wees.
• Enige aantal toneelspelers kan gekies en geregverdig word, met
inagneming van die vereistes van die opvoering.
• Grotowski se beginsels van Arm/Gestroopte Teater kan by die kandidate
se antwoorde ingesluit word wanneer daar na teaterpraktisyns verwys
word.
• Die Heilige Akteur ('Holy Actor') gee homself totaal oor en daarom moet
akteurs ten volle aan alle aspekte van die proses en opvoering toegewy
wees.
• Via Negativa vereis die stroping van alle onnodige benodigdhede/
toerusting en struikelblokke tot 'n kwesbare/gevoelvolle opvoering.
• Die verhoog word verwyder en 'n intieme akteur-gehoorverhouding word
geskep. (12)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 39 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
RUBRIEK VIR VRAAG 8
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
• Denkproses: Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en
metakognitiewe kennis.
• Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n oorspronklike
Uitstaande manier.
• Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese
Metakognitiewe beweging
11–12
Kennis • Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria.
• Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte.
Skep • Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat
insiggewend gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is.
• Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer
en te herorganiseer.
• Denkproses: Bied feitlike, konseptuele en prosedurekennis aan.
Verdienstelik • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n interessante wyse.
• Toon 'n insiggewende begrip van die vraag, die aanhaling die toneelteks en dramatiese
Prosedure- beweging.
9–10
kennis • Verskaf en ontleed 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend gekies
is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is.
Evalueer • Kognitiewe vlakke: Toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te beoordeel, te evalueer en
om gevolgtrekkings te maak.
• Denkproses: Toon feitlike en konseptuele kennis.
Gemiddeld
• Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling.
• Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese
Konseptuele
7–8 beweging verband hou.
Kennis
• Gee en ondersoek voorbeelde uit die toneelteks en die dramatiese beweging.
• Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te kontrasteer,
Ontleed
te onderskei, te klassifiseer.
• Denkproses: Toon feitlike kennis.
Elementêr • Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak.
• Toon 'n bietjie feitlike kennis.
Feitlike • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en
5–6
Kennis dramatiese beweging verband hou.
• Gee 'n paar voorbeelde uit die toneelteks.
Toepas • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te organiseer,
te vertolk, te identifiseer en te integreer.
Behaal • Denkproses: Bied onsamehangende feitelike kennis aan.
• Toon 'n basiese begrip van die vraag en die aanhaling.
Feitlike • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en
3–4
Kennis dramatiese beweging verband hou.
• Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, te definieer,
Onthou te vergelyk en te verduidelik.
• Denkproses: Onthou feitlike kennis.
Nie Behaal Nie
• Toon geen begrip van die vraag en die aanhaling nie.
• Gee feite wat nie met die vraag, die aanhaling, toneelteks of die dramatiese beweging
Feitlike
0–2 verband hou nie.
Kennis
• Gee geen voorbeelde uit die toneelteks of die dramatiese beweging nie.
• Kognitiewe vlakke: Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of
Onthou
te definieer nie.
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 40 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3, 4, 5, 6, 7
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
• Denkproses: Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en
metakognitiewe kennis.
• Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n oorspronklike
manier.
Uitstaande
• Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese
beweging
Metakognitiewe Kennis 9–10
• Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria.
• Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte.
Skep
• Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat
insiggewend gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is.
• Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer, te
herorganiseer en weer te skep/op te voer…
• Denkproses: Bied feitlike, konseptuele en prosedurekennis aan.
Verdienstelik • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n oorspronklike manier.
• Toon 'n insiggewende begrip van die vraag, die aanhaling, die toneelteks en dramatiese
Prosedure- beweging.
7–8
kennis • Verskaf 'n ontleding van 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend
gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is.
Evalueer • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te beoordeel, te
evalueer en om gevolgtrekkings te maak.
• Denkproses: Toon feitlike en konseptuele kennis.
Gemiddeld
• Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling.
• Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese
Konseptuele
5–6 beweging verband hou.
Kennis
• Gee en ondersoek voorbeelde uit die toneelteks en die dramatiese beweging.
• Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te kontrasteer,
Ontleed
te onderskei, te klassifiseer.
• Denkproses: Toon feitlike kennis.
Elementêr • Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak.
• Toon 'n bietjie feitlike kennis.
Feitlike • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en
3–4
Kennis dramatiese beweging verband hou.
• Gee 'n paar voorbeelde uit die toneelteks.
Toepas • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te organiseer,
te vertolk, te identifiseer en te integreer.
Behaal • Denkproses: Herroep feitlike kennis.
• Toon 'n basiese begrip van die vraag en die aanhaling.
Feitlike • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en
1–2
Kennis dramatiese beweging verband hou.
• Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, definieer, vergelyk,
Onthou verduidelik.
• Denkproses: Bied onsamehangende, onverwante feitlike kennis aan.
• Toon geen begrip van die vraag en die aanhaling nie.
• Gee feite wat nie met die vraag, die aanhaling, die toneelteks of die dramatiese beweging
Nie Behaal Nie 0 verband hou nie.
• Gee geen voorbeelde uit die toneelteks of die dramatiese beweging nie.
• Kognitiewe vlakke: Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te
definieer nie.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper