Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DRAMATIESE KUNSTE
NOVEMBER 2013
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 32 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 



_hlayiso.com_--f9935624-8837-4e6d-b33b-af2ba8822794/v1-9060d4c97069f16ecb74/card.webp)

View all





Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 416.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 32
This exam
NSC November Exam 2013
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
ALGEMENE NOTAS VIR NASIENERS
1. Skryf, as nasiener, kort opmerkings waarom daar 'n punt af- of opgemerk is indien die
memorandum nie 'n duidelike riglyn gee nie en die nasiener sy/haar eie diskresie moet
gebruik.
2. Maak duidelike merkies om die leerpunt wat geassesseer word, aan te dui. Nasieners
behoort aktief om te gaan met die antwoord.
3. Hoofnasieners moet die matriks (rubric) met die nasieners fasiliteer. Die vlakbeskrywers
(level descriptors) in elke matriks moet die nasienproses lei.
4. Gereelde konsultasierondtes is nodig om te verseker dat die nasienproses
gestandaardiseer is.
5. In die geval waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde skryf – moenie
penaliseer nie (opstelvraag).
6. Die memobesprekingsforum kan nie alle response voldoende voorspel nie. Provinsiale
nasieners moet dit in aanmerking neem en oop wees vir kandidate se response en seker
maak dat verskillende onderrigstyle nie die leerder benadeel nie.
7. Spandeer die eerste dag aan die ontleding van die kwaliteit en kwantiteit van die bewyse in
die memorandum en aan standaardisering en om gemeenskaplike definisies en konsepte
te vind.
8. Nasieners moet nagaan dat kandidate se antwoorde vir 'n spesifieke vraag in lyn is met die
Assesseringstandaarde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
INSTRUKSIES AAN NASIENERS VAN DRAMATIESE KUNSTE VIR DIE GRAAD 12-
VRAESTEL
1. Die vraestel is DRIE uur lank.
2. Die TOTALE punte vir die vraestel is 150.
3. Leestyd van VYFTIEN minute moet voor die aanvang van die vraestel aan kandidate
toegestaan word. Dit is noodsaaklik om aan kandidate die geleentheid te bied om die
nodige keuses te maak.
4. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A, AFDELING B en
AFDELING C.
5. AFDELING A tel 30 punte, AFDELING B tel 60 punte en AFDELING C tel 60 punte.
6. AFDELING A bestaan uit TWEE vrae wat hoofsaaklik fokus op LU3, maar LU2 word
ook direk en indirek getoets:
• VRAAG 1: Epiese Teater
• Kaukasiese Krytsirkel OF
• Moeder Courage of OF
• Kanna Hy Kô Hystoe
• VRAAG 2: Teater van die Absurde
• Afspraak met Godot OF
• Die Kaalkop Prima Donna OF
• Bagasie
Kandidate moet EEN van die twee vrae beantwoord.
7. AFDELING B bestaan uit AGT vrae wat hoofsaaklik fokus op LU3 (maar ander LU's
word ook direk en indirek getoets) en spesifieke dramas uit die Suid-Afrikaanse
teaterbeweging:
• VRAAG 3: Boesman en Lena
• VRAAG 4: uNosilimela
• VRAAG 5: Woza Albert!
• VRAAG 6: Sophiatown
• VRAAG 7: Nothing but the Truth
• VRAAG 8: Groundswell
• VRAAG 9: Siener in die Suburbs
• VRAAG 10: Mis
Kandidate moet TWEE van die agt vrae beantwoord.
8. AFDELING C bestaan uit DRIE vrae wat hoofsaaklik fokus op LU1 en LU4.
LU2 word ook direk en indirek getoets.
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
9. Die gewigstoekenning van die LU's vir die vraestel volgens die VAR- ('SAG')
dokument is soos volg:
• LU1 – 20% (30 punte)
• LU3 – 60% (90 punte)
• LU4 – 20% (30 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING A: BEGRYP EN ANALISEER
Kandidate beantwoord EEN van die twee vrae:
VRAAG 1: EPIESE TEATER OF VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE.
Die opstelle moet gemerk word deur die rooster te gebruik. Neem die kandidate se
benadering tot die onderwerp in ag. Gemotiveerde, oorspronklike antwoorde wat insig
toon, moet gekrediteer/erken word.
VRAAG 1: EPIESE TEATER
KANDIDATE HET HIERDIE VRAAG BEANTWOORD INDIEN HULLE DIE VOLGENDE
BESTUDEER HET:
KAUKASIESE KRYTSIRKEL OF MOEDER COURAGE OF KANNA HY KÔ HYSTOE
DIE KANDIDAAT HOEF NIE NOODWENDIG IN OPSTEL FORMAAT TE ANTWOORD NIE.
KATEGORIE PUNT VLAKBESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande 26–30 Kandidaat is in staat om 'n argument saam te stel. Goed georganiseerd, volledig
prestasie en logies, afgeronde struktuur. Ondersteun deur 'n uitstekende hoë vlak van
bevoegdheid om inligting te verwerk tot 'n oorspronklike interpretasie en
deurdagte keuse van feite. Gebruik 'n verskeidenheid relevante dramatiese
verwysings en voorbeelde. Toon insig, is vloeiend; waarneming en kennis word
treffend uiteengesit.
Kandidaat bespreek die Epiese tegnieke duidelik en dek die temas van die
toneelstuk wat ten doel het om die gehoor te kry om krities oor die toneelstuk te
dink. Hy/Sy is in staat om te bespreek hoe die onkonvensionele tegnieke van
Epiese Teater die stelling ondersteun deur spesifieke voorbeelde uit die
toneelstuk wat bestudeer is, te gee. Die kandidaat bespreek die temas van die
toneelstuk om die stelling te ondersteun, en sy/haar antwoord word deurgaans
gestaaf met relevante voorbeelde uit die toneelstuk. Die kandidaat toon
uitsonderlike begrip van Epiese Teater, Brecht se filosofie en die toneelstuk wat
bestudeer is.
Verdienstelike 22–25 Goed georganiseerd, gedetailleerd en omvattend, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur 'n hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite om
inligting te verwerk. Gebruik 'n keuse van relevante dramatiese verwysings en
voorbeelde. Toon insig; waarneming en kennis word goed uitgedruk.
Hierdie kandidaat het 'n soortgelyke vlak van kennis van Epiese Teater, Brecht
en die toneelstuk wat bestudeer is as die Uitstaande kandidaat. Die hoofverskil is
die vermoë om aansluiting by die opstel se onderwerp te vind, die onderwerp te
bespreek en taal effektief te gebruik. Dikwels skryf hierdie kandidaat te veel deur
korrekte maar irrelevante inligting neer te skryf.
Bevredigende 18–21 Georganiseerd, bevat detail, daar is 'n mate van bevoegdheid, sommige foute is
prestasie waarneembaar in die opstelstruktuur. Interessante aanbieding, duidelike en
logiese stellings, oortuigend, eenvoudige en direkte taalgebruik. Ondersteun deur
'n keuse van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Toon goeie begrip
van die onderwerp.
ÓF: Kandidaat poog om die Epiese tegnieke en filosofie te bespreek. Hy/Sy
verwys na sommige tegnieke van Epiese Teater, maar is vaag oor hoe hierdie
tegnieke in die toneelstuk aangebied word. Die kandidaat toon goeie begrip van
Epiese Teater en Brecht se filosofie.
ÓF: Uitstekende ontleding van Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk, maar in
die opstel is aansluiting by die onderwerp per toeval, eerder as wat die
opstelonderwerp bespreek word. Dikwels 'n kort en algemene bespreking van
Epiese tegnieke en temas.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Voldoende 14–17 Struktuur is nie noodwendig logies nie. Demonstreer basiese begrip, maar is
prestasie geneig om meganiese en stereotipiese antwoorde te verskaf. Genoegsame keuse
van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Antwoord voldoende, maar
voel gememoriseerd. Nie altyd 'n hoë vlak van insig nie.
Kandidaat is goed voorbereid en kan detail gee oor Epiese Teater, Brecht en die
toneelstuk wat bestudeer is, maar kan dit nie van toepassing maak op die
opstelonderwerp nie. Dikwels lyk die werk asof dit 'n herhaling van notas is wat in
die klas uitgedeel is en mag dus gefragmenteerd wees. Tog het die kandidaat 'n
soliede kennis van die inhoud.
Middelmatige 10–13 Nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies nie. Beperkte seleksie van
prestasie inligting, swak taalvaardighede kan 'n bydraende faktor wees. Kandidaat toon nie
die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met toepaslike dramatiese
verwysings en voorbeelde nie.
Kandidaat het kennis van Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk wat bestudeer
is, maar is geneig om alles wat hy/sy van Epiese Teater ken, neer te skryf sonder
om aan te sluit by die opstelonderwerp. Inligting is oor die algemeen korrek, maar
kan op 'n verwarde manier aangebied word. Dit is geneig om ÓF 'n
aaneenlopende geskryf (geen paragrawe) te wees ÓF kort sinne wat sekere
aspekte van die inhoud verduidelik. Kandidaat ken die inhoud van die toneelstuk
wat bestudeer is, maar gee nie altyd relevante voorbeelde nie.
Elementêre 6–9 Onsamehangend – geen struktuur, beperkte woordeskat, geringe poging
prestasie aangewend om die inligting op 'n aanvaarbare manier aan te bied. Baie min
inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant. Kandidaat toon nie
die vermoë om sy/haar antwoord met toepaslike dramatiese verwysings en
voorbeelde te ondersteun nie. Dikwels 'n vertelling van die intrige.
Kandidaat toon aanduidings van kennis van Epiese Teater, Brecht en die
toneelstuk wat bestudeer is, maar is geneig om kort frases oor die karakters en
inhoud van die toneelstuk of teorie wat aangeleer is, neer te skryf. Dikwels word
foutiewe inligting ook gegee (oor 'n ander toneelstuk/karakters of 'n ander deel
van teatergeskiedenis). Die nasiener sal in die antwoord moet soek vir korrekte
inligting. Moeilik om na te sien omdat dit met die eerste oogopslag lyk asof die
hele antwoord foutief is. Die kandidaat is geneig om die storie van die toneelstuk
te vertel. Daar is dikwels geen verband met die onderwerp in die antwoord nie.
Onvoldoende 0–5 Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, irrelevante
inligting. Eenvoudige frases of woorde wat die kandidaat geleer het, maar nie
verstaan nie. Baie deurmekaar en moeilik om te lees.
Die kandidaat se kennis van Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk wat
bestudeer is, is swak. Dikwels word foutiewe inligting gegee. Is geneig om 'n lys
woorde, frases en sinne neer te skryf in die volgorde waarin die kandidaat inhoud
onthou.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE
KANDIDATE HET HIERDIE VRAAG BEANTWOORD INDIEN HULLE DIE VOLGENDE
BESTUDEER HET:
AFSPRAAK MET GODOT OF DIE KAALKOP PRIMA DONNA OF BAGASIE
ʼn Kandidaat hoef nie noodwendig in die format van n ‘Opstel’ te antwoord nie.
KATEGORIE PUNT VLAKBESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande 26–30 Kandidaat is in staat om 'n argument saam te stel. Goed georganiseerd,
prestasie volledig en logies, afgeronde struktuur. Ondersteun deur 'n uitsonderlik hoë
vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot 'n oorspronklike interpretasie
en deurdagte keuse van feite. Gebruik 'n verskeidenheid van relevante
dramatiese verwysings en voorbeelde. Toon insig, is vloeiend; observasie en
kennis word treffend uiteengesit.
Kandidaat bespreek die siening van Absurdisme dat jou bestaan sinloos is en
dat mense probeer om die wêreld om hulle te verstaan deur 'n mate van orde
en struktuur te skep. Eksistensiële karakters en hulle handelinge in die
toneelstuk wat hy/sy bestudeer het, word volledig bespreek. Hy/Sy verwys na
tegnieke van Teater van die Absurde en gee spesifieke voorbeelde uit die
toneelstuk. Die kandidaat toon 'n uitsonderlike begrip van Teater van die
Absurde en die toneelstuk wat bestudeer is.
Verdienstelike 22–25 Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur. Ondersteun deur 'n hoë
prestasie vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite om inligting te verwerk.
Gebruik 'n keuse van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Toon
insig; waarneming en kennis word goed uitgedruk.
Hierdie kandidaat het 'n soortgelyke vlak van kennis van Teater van die
Absurde en die toneelstuk wat bestudeer is as die Uitstaande kandidaat. Die
hoofverskil is die vermoë om aansluiting by die opstel se onderwerp te vind,
die onderwerp te bespreek en taal effektief te gebruik. Dikwels skryf hierdie
kandidaat te veel deur korrekte maar irrelevante inligting neer te skryf.
Bevredigende 18–21 Georganiseerd, bevat detail, daar is 'n mate van bevoegdheid, sommige foute
prestasie is waarneembaar in die opstelstruktuur. Interessante aanbieding, duidelike en
logiese stellings, oortuigend, eenvoudige en direkte taalgebruik. Ondersteun
deur 'n keuse van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Toon goeie
begrip van die tema, 'n paar logiese stellings.
ÒF: Kandidaat poog om die karakters en hulle handelinge en die Absurde
filosofie te bespreek. Hy/Sy verwys na sommige tegnieke van Teater van die
Absurde, maar is vaag oor hoe hierdie tegnieke in die toneelstuk aangebied
word. Die kandidaat toon goeie begrip van die karakters, Teater van die
Absurde en die toneelstuk wat bestudeer is.
ÒF: Uitstekende ontleding van Teater van die Absurde en die toneelstuk wat
bestudeer is, maar aansluiting by die onderwerp is per toeval, eerder as wat
die opstelonderwerp bespreek word.
Voldoende 14–17 Struktuur is nie noodwendig logies nie. Demonstreer basiese begrip, maar is
prestasie geneig om meganiese en stereotipiese antwoorde te verskaf. Genoegsame
keuse van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Antwoord
voldoende, maar voel gememoriseerd. Nie altyd 'n hoë vlak van insig nie.
Kandidaat is goed voorbereid en kan detail gee oor Teater van die Absurde,
karakters en die toneelstuk wat bestudeer is, maar kan dit nie van toepassing
maak op die opstelonderwerp nie. Dikwels lyk die werk asof dit 'n herhaling van
notas/karaktersketse is wat in die klas uitgedeel is en mag dus gefragmenteerd
wees. Tog het die kandidaat 'n soliede kennis van die inhoud. Dikwels word die
karakters slegs genoem en 'n kort karakterskets van elk word gegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Middelmatige 10–13 Nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies nie. Beperkte keuse van
prestasie inligting: swak taalvaardighede kan 'n bydraende faktor wees. Kandidaat toon
nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met toepaslike dramatiese
verwysings en voorbeelde nie.
Kandidaat het kennis van Teater van die Absurde, karakters en die toneelstuk
bestudeer is, maar is geneig om alles wat hy/sy van die karakters weet, neer te
skryf sonder om aan te sluit by die opstelonderwerp. Inligting is oor die
algemeen korrek, maar mag op 'n verwarde manier aangebied word. Dit is
geneig om ÒF 'n aaneenlopende geskryf (geen paragrawe) te wees ÒF kort
sinne wat sekere aspekte van die inhoud verduidelik. Kandidaat ken die inhoud
van die toneelstuk wat bestudeer is.
Elementêre 6–9 Onsamehangend – geen struktuur, beperkte woordeskat, min poging
prestasie aangewend om die inligting op 'n aanvaarbare manier aan te bied. Baie min
inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant. Kandidaat toon nie
die vermoë om sy/haar antwoord met toepaslike dramatiese verwysings en
voorbeelde te ondersteun nie. Daar is geen verband met die onderwerp in die
antwoord nie.
Kandidaat toon 'n mate van kennis van Teater van die Absurde, karakters en
die toneelstuk wat bestudeer is, maar is geneig om kort frases oor die
karakters, inhoud van die toneelstuk wat bestudeer is of teorie wat aangeleer
is, neer te skryf. Dikwels word foutiewe inligting ook gegee (oor 'n ander
toneelstuk/karakters of 'n ander deel van teatergeskiedenis). Die nasiener sal
in die antwoord moet soek vir korrekte inligting. Moeilik om te merk omdat dit
met die eerste oogopslag lyk asof die hele antwoord foutief is. Die kandidaat is
geneig om die storie van die toneelstuk te vertel of om kort karaktersketse
weer te gee.
Onvoldoende 0–5 Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig
ondersteuning. Irrelevant. Eenvoudige frases of woorde neergeskryf wat die
kandidaat geleer het, maar nie verstaan nie. 'n Poging is aangewend om die
storie te vertel. Baie vaag en deurmekaar.
Kandidaat se kennis van Teater van die Absurde, die karakters en die
toneelstuk wat bestudeer is, is swak. Dikwels word foutiewe inligting gegee. Is
geneig om 'n lys van woorde, frases en sinne neer te skryf in die volgorde
waarin die kandidaat dit onthou. Kandidaat skryf dikwels onsamehangend en
verwar terminologie en teater praktisyns.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING B: BEGRYP EN ANALISEER
VRAAG 3: BOESMAN EN LENA DEUR ATHOL FUGARD
3.1 Kandidaat mag JA of NEE antwoord met motivering. Ken volpunte aan
antwoorde toe wat goed gemotiveer is. 'n Subjektiewe antwoord word vereis.
Die karakters word getoon in verskillende oomblikke in die toneelstuk en die
collage laat die voornemende gehoor toe om meer te verstaan oor waaroor die
toneelstuk handel.
Sommige kandidate kan aandui dat die karakters, kostuums en rekwisiete word
uitgebeeld en hul antwoorde ondersteun deur na spesifieke voorbeelde in die
collage te verwys. Ander kan dalk fokus op die tema van misbruik en die
toepaslikheid daarvan in vandag se samelewing.
Kandidaat mag tegniese benader. (4)
3.2 (Kandidate moet en/of slegs kostuums rekwisiete bespreek of albei om
volpunte te verdien)
Die kostuums en rekwisiete wat gebruik is, is geskik vir 'n produksie van
Boesman en Lena. Boesman is geklee in 'n ou, verbleikte wit T-hemp met 'n ou
hemp bo-oor, 'n grys of swart vormlose broek en 'n mus. Lena is geklee in 'n
ou, verbleikte, lospassende rok met 'n doek op haar kop. Hulle is altyd aan die
beweeg, en daar is geen tyd om te bad nie, daarom is die kostuums vuil en dit
stel ook hulle armoede voor.
Die rekwisiete weerspieël hul karige besittings wat hulle met hulle saamdra
waar hulle ook al gaan, want hulle is altyd aan die beweeg. Die meeste van die
items wat hulle egter saamdra, blyk klere en komberse te wees, terwyl
Boesman in die drama sinkplate en 'n matras dra. Tog dra die rekwisiete by tot
die feit dat hulle hawelose en ontwortelde mense is. (2 x 2) (4)
3.3 Nasieners moet TWEE punte wat goed gemotiveerd is, of VIER punte wat
kortliks verduidelik is, aanvaar.
Aanvaar beide sienings indien antwoorde goed gemotiveerd is. 'n Subjektiewe
antwoord word vereis.
Sommige kandidate mag sê dat die ras van die karakters irrelevant is en dat
die toneelspelvaardighede en hoe die karakter op die verhoog lewend gemaak
word, belangriker is.
Ander kan sê dat ras 'n belangrike kwessie is, want dit is 'n realistiese drama
en daarom moet Lena bruin wees.
Die kwessie is aktueel en het betrekking op hulle ondervinding, daarom moet
erkenning gegee word indien die kandidaat na sy/haar eie ervarings verwys. (4)
3.4 Nasieners moet holisties merk. Òf DRIE punte in detail bespreek óf SES punte
kortliks verduidelik.
Fisieke – Lena sal opstaan, na Outa hardloop, hom gryp en hom dwing om
weer op die boks te sit. Sy sal sy rug klop om hom te kalmeer. Sy sal stadig na
die rand van die verhoog loop en in die verte staar. Sy stap terug na die vuur
en dan stap sy na die ou man om hom te vertel wat hy moet sê. Sy skud hom
heftig om seker te maak dat hy haar duidelik verstaan.
Gebare – Steek haar vingers na Outa uit, skud haar kop, een hand kan op haar
heup wees as sy met hom praat soos met 'n stout kind. Kan haar arm om hom
plaas.
Gesigsuitdrukking – Oë gerek, wenkbroue gelig, neusgate oopgesper, sy kan
'n kwaai kyk op haar gesig hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Vokaal – Lena begin hardop praat, want Outa probeer om weg te loop. Haar
toon is een van frustrasie en woede.
Sy sal sagter praat soos sy probeer om hom te kalmeer. Sy fluister ook, bang
dat Boesman haar kan hoor as sy te hard met Outa praat –'n
verhoogfluistering. Sy wil nie hê dat Boesman moet weet dat sy vriendelik is
met Outa nie. (6)
3.5 Nasieners moet TWEE punte wat goed gemotiveerd is, of VIER punte wat
kortliks verduidelik is, aanvaar.
Outa is noodsaaklik vir die ontwikkeling in die intrige, want sy aankoms merk
die verandering in die verhouding tussen Boesman en Lena. Vir Lena is hy
nog 'n mens met wie sy haar kos, gedagtes en probleme kan deel. Hy is nie
veroordelend nie, en luister na haar. Dat hy haar naam noem, is betekenisvol
vir Lena. Hy is daar om die gehoor te wys hoe honger Lena werklik is vir
menslike kontak, want selfs al deel hulle nie dieselfde taal nie, deel hulle 'n
gemeenskaplike band; hulle menslikheid.
Outa is 'n bedreiging vir die Boesman – hy is wantrouig teenoor Outa en
verrassend jaloers dat Lena verkies om buite by hom te sit. Outa se dood aan
natuurlike oorsake lei tot die verandering in Boesman se houding teenoor
Lena. Hy dink dat hy op een of ander manier verantwoordelik was vir Outa se
dood; hy raak bang om tronk toe gestuur te word en behandel Lena 'n bietjie
vriendeliker, en verduidelik aan haar waar hulle is en waar hulle vandaan kom
– iets wat hy nie in die verlede gedoen het nie.
Dit dui op 'n verandering in die verhouding met Lena wat uiteindelik besef dat
sy Lena is en dat sy lewe. (4)
3.6 Aanvaar kandidate se sienings, indien gemotiveer – 8 kort, relevante
stellings, of 4 meer gedetailleerde, goed bespreekte punte. 'n Subjektiewe
antwoord word vereis. Aanvaar goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende
is slegs 'n voorstel en dit is onwaarskynlik dat kandidate so 'n lang antwoord
sal gee.
Die bostaande stelling is 'n akkurate beskrywing van die drama Boesman
and Lena, want dit beklemtoon die lot van die mens, vasgevang in 'n siklus
van armoede, vooroordeel, geweld en ontmensliking. Die toneelstuk
ondersoek die verhouding tussen Boesman en Lena, 'n bruin paartjie wat die
hawelose en ontwortelde mense van Suid-Afrika verteenwoordig, die
behoefte aan menslike kameraadskap, deernis en hoop. Boesman en Lena
is voortdurend aan die beweeg, want hulle haastig opgerigte huise word plat
gestoot en hulle word dan gedwing om na 'n ander plek te skuif waar
dieselfde ding weer gebeur. Daar is geen sin vir sekuriteit of stabiliteit nie en
dit word in die egpaar se wisselvallige verhouding weerspieël. Ons as die
gehoor of lesers het empatie/simpatie met 'n karakter soos Lena wat
ongelukkig duisende mishandelde vroue, vasgevang in die siklus van
armoede en verwaarlosing, verteenwoordig. Lena was vir baie jare by
Boesman en het die las van sy toorn baie keer gedra. Boesman is 'n man,
maar hy is ontman deur die samelewing en daarom het hy sy frustrasie op
Lena, Outa en die hond uitgehaal. Hy het Lena op baie maniere mishandel:
hy slaan haar gereeld met sy vuiste en mishandel haar mondelings deur haar
te tart en haar in haarself te laat twyfel. Byvoorbeeld, hy laat haar glo dat sy
drie bottels gebreek het wat hulle van plan was om by 'n bottelomruiler te
verkoop, terwyl hy dit in werklikheid gebreek het. Lena is potblou van al die
slae wat sy van Boesman gekry het, maar sy bly nog by hom. Watter ander
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
alternatief het sy? Hierdie is die enigste lewe wat sy ken – sy weet nie beter
nie. Sy praat 'n paar keer daaroor dat sy hom wil verlaat, maar doen dit nie,
want vir haar is die onbekende meer vreesaanjaend as die bekende.
Belangriker, Boesman is die enigste skakel met haar verlede. Boesman kan
nie sy woede op die blankes, wat sy pondokke vernietig het, uithaal nie, so
hy haal dit uit op Lena, iemand wat hy kan beheer en oor wie hy mag het.
Hy verwaarloos haar en weier om met haar te praat en vertel haar 'n paar
keer dat hy wil hê dat sy hom moet verlaat. Maar hy het haar nog nodig op 'n
verdraaide manier. Sy is altyd daar saam met hom en hy verwag van haar
om daar te wees. Hy kan sy frustrasies op haar uithaal – sy is sy 'slaansak'.
Op 'n disfunksionele manier maak hulle albei op mekaar staat vir
kameraadskap, sekuriteit en 'n bevestiging dat hulle menslik en lewendig is.
Hulle kies hierdie disfunksionele verhouding eerder as om alleen te wees.
Lena het geen uitlaatklep vir haar woede, vreugde, pyn, hartseer, ens. nie
omdat Boesman nie na haar snert of gebabbel, soos hy dit noem, wil luister
nie. Selfs die polisie lag vir haar en terg haar as sy 'n klag teen Boesman wil
lê omdat hy haar geslaan het. Sy word bespot en mishandel, nie net deur
Boesman nie, maar ook deur mense in die samelewing, want sy is 'n
buitestander wat op die rand leef. Beide Lena en Boesman is die slagoffers
van 'n wrede, nalatige samelewing wat hulle vermy en hulle soos
uitgeworpenes in hul eie land behandel.
PUNTE 3.6 BESKRYWER
Baie goed 7–8 Verbind en integreer beide die aanhaling en kennis van die drama. Is in staat om
antwoord te ondersteun met toepaslike voorbeelde van die karakter se
geskiedenis, persoonlikheid en handelinge en is in staat om temas wat
dakloosheid en verplasing beklemtoon, duidelik te bespreek en te toon hoe die
karakters tot uitgeworpenes gereduseer word.
Goed 5–6 Kandidaat is in staat om die karakters, intrige en temas te beskryf en dit met die
aanhaling in verband te bring. Dikwels is die beskrywing van die karakters, intrige
en temas meer gedetailleerd as die verband met die aanhaling.
Gemiddeld 3–4 Kandidaat het ÓF 'n begrip van die vraag en is in staat om dit in detail te beskryf,
maar het nie die vermoë om die karakter, intrige, temas met die aanhaling in
verband te bring nie, ÓF beskryf karakter, intrige en temas op 'n oppervlakkige
wyse en versuim om dit met die aanhaling en vraag in verband te bring.
Swak 0–2 Kandidaat gee 'n basiese beskrywing van 'n karakter en intrige, maar versuim om
by die proses aan te sluit, behalwe om die storie te vertel. (8)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 4: uNOSILIMELA DEUR CREDO MUTWA
4.1 Herhaling is ‘n tipiese Afrika storievertellings tegniek. Hierdie storie is folklore,
diegene wat na die storieverteller luister, is kinders. Die doel van die storie is
om die kinders iets te leer. (2)
4.2 Terwyl die storieverteller die kinders aanspreek, leer hy hulle ook van
aanspreekvorme. In wese besing hy/sy die voortreflikhede van God. Hy/Sy
laat die kinders die seën ontvang. Die verteller doen 'n beroep op die
voorvaders om teenwoordig te wees in hierdie oomblik van vertelkuns, die
kinders te seën en dit open ook die storievertelling. (3)
4.3 Die openingstoneel:
Stel die drama as 'n fabel/folklore bekend
Die element van seën word uitgespeel, die gehoor is deel van die seën
(d.w.s. toneelspel)
Stel die drama bekend as energiek, (die sang skep dit)
Stel 'n figuur wat gesentraliseerde gesag uitoefen, wat orde handhaaf,
bekend. Dit bied die storievertelling uit. (4)
4.4 Die antwoord op hierdie vraag sal wissel na gelang van persoonlike belang,
alhoewel die volgende nie beslissend is nie, maar dit kan toepaslik wees:
Hierdie koor is oor die viering van die lig, en dus gelykstaande aan die Fees
van die Ligte. Die stemming sal dus een van feestelikheid wees.
Die lirieke is oor die son en die lig, dus sal kostuums kleurvol en helder wees.
Soos wat hulle saamsing, sal die kinders optree in 'n regop houding (om trots,
vreugde, vrede en geluk te toon). Die atmosfeer van die liedjie is vrolik, so
ook die gesigte van die kinders. Hulle sal gelei word om hulle vrolike emosies
te visualiseer, hoofsaaklik deur middel van hul gesigte en die manier waarop
hulle hul liggame beweeg.
Die kinders se stemme sal melodies wees.
PUNTE 4.4 BESKRYWER
Uitstekend 6 Kandidaat verstaan duidelik die opvoering en kan hom/haar vereenselwig met die
funksie van die koor. Kandidaat is in staat is om fisies en vokaal leiding
(aanwysings) te gee vir die regie van die koor deur konkrete, spesifieke
voorbeelde uit die teks te gebruik.
Goed 4–5 Kandidaat verstaan die opvoering en kan hom/haar vereenselwig met die koor.
Kandidaat is in staat is om fisies of vokaal leiding (aanwysings) te gee aan die
koor, deur konkrete, spesifieke voorbeelde uit die teks te gebruik.
Gemiddeld 3 Kandidaat lewer uitsprake oor die opvoering en kan hom/haar vereenselwig met
die funksie van die koor. Kandidaat gee 'n mate van leiding (aanwysings) aan
die koor deur algemene voorbeelde uit die teks te gebruik.
Elementêr 2 Kandidaat slaag daarin om 'n paar voorbeeld(e) van die koor te gee, maar is
skaars in staat is om te lei/aanwysings te gee.
Swak 0–1 Kandidaat gee 'n paar basiese aanwysings. Oor die algemeen is stellings wat
verband hou met die antwoord, meer toevallig as beplan. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
4.5 Die storielyn het 'n eenvoudige begin wat vorder tot 'n komplekse situasie.
Die sentrale karakter se belang is nie groter as die hooftema van die storie
nie. Daar is 'n kombinasie van 'n fisiese komponent (bv. sang, musiek, dans,
ens.), visuele komponent (verhoogplasing, kostuum, gebare, ens.), ouditiewe
komponent (stem, woorde, ens.) om die storie te visualiseer. Die toneelstuk
vier die erfenis van Afrika-vertelkuns en -legende. (4)
4.6 Kringteater
Opelug
Arena(aanvaar enige een of meer) (1)
4.7 Reën kan die opvoering versteur.
Stemme kan oorstem raak op 'n winderige dag.
Die geluid wat van die musikale instrumente kom, mag dalk nie so sterk wees
nie.
Terwyl van die gehoor verwag word om deel te wees van die opvoering, kan
daar 'n verlies van orde wees as die gehoor te veel toegee.
Sommige mense mag te dikwels rondbeweeg, en so die hooftema van die
opvoering mis.
Akteurs kan mekaar maskeer (blok). (3)
4.8 Die toneelstuk is geskryf met die Opelug- en/of Kringteater as verwysing.
Daar is baie skouspel, want die gehoor sal die werklikheid van buite-optredes,
soos stof, ervaar. Die natuurlike landskappe, soos bome, vorm deel van die
dekor en verhoog. Met ander woorde, die buite-omgewing is self die natuur.
Die gehoor is in staat om met die akteur te meng.
Die gehoor is in staat om deel te neem aan die handeling. Natuurlike
verskynsels, soos stof, reën, die son, kan deel van die teks/manuskrip wees
en dit sal die storie meer geloofwaardig maak. Daar is sekere Afrika-
musiekinstrumente wat beter klink as dit buite eerder as binne gespeel word.
Die klank gemaak deur die musiekinstrumente, soos die dromme en sang, sal
baie ver gehoor word, en sodoende die inligting na die gehoor ver weg stuur
dat die vertoning gaan begin of reeds begin het. (7)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 5: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
5.1 5.1.1 Aanvaar DRIE eienskappe ten volle verduidelik of SES punte kortliks
verduidelik. Die minimale gebruik van rekwisiete, inkleding en klank
wat tegnies geproduseer is. 'n Enkele rekwisiet het baie funksies.
• Die produksies van 'n mens se eie klankopnames/verbale
dinamika/idiofone, inkleding en die neutrale gebruik van kostuums.
• Die akteur is die fokuspunt in die produksie.
• Gebruik van die fisiese liggaam om kragtige beelde wat 'n indruk
op die gehoor sal maak, oor te dra.
• Kreatiewe gebruik van stem – al die musiek word deur die akteurs
gemaak.
• Arm Teater het alle masjinerie vermy en al die skouspel wat nie
deur die akteur geskep is nie, geminimaliseer.
• Kunstenaars is nie toegelaat om grimering te gebruik of van
kostuum te verander om 'n verandering in die karakter aan te dui
nie.
• Via Negativa
• Gehoor en akteur verhouding
• Aanvaar enige ander kenmerke
(6)
5.1.2 Dit is gebruik om wit mense te verteenwoordig.Kan ook geintrepeteer
word as ‘n nar of ‘n vark neus,om die spot te dryf met die
witmense.Maak ‘n bespotting van witmense. (1)
5.1.3 Twee voorbeelde nodig. Aanvaar ander antwoorde indien geldig.
Die bokse is multifunksioneel en word gebruik vir verskeie doeleindes
soos:
• Sitplekke: Gedurende die opvoering kan die akteurs die kiste
gebruik om op te sit – kan gebruik word as treinsitplekke.
• Plasing en beplanning(Blocking): Die akteur se bewegings en
'opvoerarea' word gemerk deur die plasing van die kiste.
• Dien as die verkoper se tafel, vullisdrom, vragmotorwa waaruit
die akteurs steenkool verkoop.
• Gebruik in die helikoptertoneel. (2)
5.1.4 Die hangstaaf word gebruik om kostuums aan op te hang, want dit
het dit vir die akteurs moontlik gemaak om vinnige
kostuumveranderings te doen. Dit het ook 'n plek aan die karakters
verskaf waaragter hulle kon wegkruip. (1)
5.2 'n Subjektiewe antwoord word vereis. Aanvaar goed gemotiveerde antwoorde.
(Aanvaar ander antwoorde indien dit goed gemotiveer word)
Die volgende is 'n voorstel.
Eerstens is 'n paar van die kwessies wat die toneelstuk beklemtoon, irrelevant
in vandag se demokratiese Suid-Afrika – die pas en die paswette. Die
regisseur sal kreatiewe maniere moet vind om hierdie pynlike deel van die
geskiedenis op 'n sensitiewe manier vir die gehoor aan te bied om hierdie
hoogs emosionele aspek van apartheid te waardeer. Die akteurs sou beslis
hierdie deel van ons geskiedenis nagevors het om geloofwaardige opvoerings
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
te produseer. Die aanvanklike toneelstuk het 'n proses ingesluit waarby al die
oorspronklike akteurs betrokke was en dit was 'n situasie waaraan hulle
blootgestel was, so dit was makliker om te vertaal en persoonlike ervarings op
die produksie toe te pas.
Die regisseur kan dalk die akteurs voor die produksie bewus maak omdat
hulle dalk jong was en nie kan onthou hoe dit regtig was tydens apartheid nie.
Die tsostitaal wat in die drama gebruik word, kan dalk vervang word met sleng
('slang') wat meer bekend is aan 'n moderne gehoor sonder om die betekenis
in die drama te verander. (5)
5.3 Die taal dra by tot die plaaslike atmosfeer van die toneelstuk en maak dit
makliker vir die gehoor om met die karakters te identifiseer. Gehoor kan hulself
dikwels in die karakters inleef. Omdat dit 'n protestoneelstuk is, het dit die taal
van die straat gebruik sodat dit kan maklik deur die gehoor verstaan kon word.
Toon ook dat Mbongeni IsiZulu praat en dat Percy, wat die blanke werkgewers
verteenwoordig, Afrikaans praat. (3)
5.4 Nasieners moet holisties merk.
Vokaal – Aanvanklik kon Mbongeni begin deur 'n gemiddelde tempo en volume
te gebruik. Hy laat die volume geleidelik toeneem en raak meer gefrustreerd as
hy al die dinge noem wat hulle te doen staan. Teen die einde van die reël 7
sou die vokale volume baie hard wees en sy toon sou sy woede weerspieël.
Fisies – Hy sal baie gebare gebruik – wys na homself en Bobbejaan wanneer
hy praat oor al die werk wat hulle moet doen. Gooi sy hande in die lug wanneer
hy sê: " ... there's too much work for two people". Hy wys na homself as hy sê:
"Me and Bobbejaan". Hy kon demonstreer hoe hy 'n vragmotor stoot, die stene
laai en die sand grawe. Hy kon 'n tree agteruit gee, sy hande in die lug gooi en
sê: "Aaay suka!" uit frustrasie.
(Aanvaar ander vokale vaardighede indien dit goed gemotiveer word) (6)
5.5 (Aanvaar enige goed gemotiveerde tema wat in Bron B genoem of erken
word.. Kandidate moet die temas wat duidelik is in die uittreksel, beskou en nie
in die drama in geheel nie.)
Die hooftema is uitbuiting en onderdrukking van werkers. Percy en Mbongeni
werk hard en vir lang ure en word min betaal. Hulle word sleg behandel deur
hul werkgewer, Baas Kom, wat dreig om hulle af te dank elke keer as hulle nie
met hom saamstem nie of oor hul werksomstandighede kla. Hul werkgewer
dreig hulle deur te sê dat daar honderde mense op soek is na werk, dus moet
hulle dankbaar wees vir die werk wat hulle het. Die werkgewer verskaf nie
basiese mense-/werkerregte aan hulle nie.
Dit is relevant vandag omdat baie mense steeds onderbetaal en oorwerk is.
Maar die werkers het ten minste 'n manier om hul griewe te uit druk deur hul
vakbonde en stakings.
Nog 'n tema wat beklemtoon word, is die ironie dat, hoewel hulle duisende
bakstene maak, hulle nie in behoorlike huise leef nie – hulle sê hulle leef in
sardiensblikke.
Die behuisingsprobleem bestaan vandag nog en hoewel die regering effense
vordering op hierdie gebied gemaak het, is daar miljoene mense is wat steeds
wag vir huise. Vandag is korrupsie ook 'n groot probleem in die toekenning van
tenders aan konstruksiemaatskappye wat dalk nie ten volle gekwalifiseer is om
sulke massiewe bedrywighede te onderneem nie; dus word mense gelaat met
huise wat slordig gebou is. (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 6: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE-TEATERGESELSKAP
6.1 (Aanvaar TWEE punte wat goed gemotiveer word of VIER punte wat
eenvoudig gestel word) Die drama Sophiatown dokumenteer 'n waardevolle
en lewendige deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat andersins verlore
sou gewees het omdat die apartheidregering dit heeltemal wou uitwis. Hulle
het dit as 'n klad op hul visie van afsonderlike ontwikkeling gesien, want dit
was 'n plek waar verskillende bevolkingsgroepe saam in vrede en harmonie
geleef het teen die regering se beleid van apartheid. Die toneelstuk is 'n
optekening van die lewe van gewone mense in Sophiatown, hul stryd om te
oorleef, hul vasberadenheid en wil om teen alle verwagtinge in te oorleef, hul
nimmereindigende stryd met die apartheidsregering. Die toneelstuk gee ons
insig in hoe mense, ten spyte van die beperkings wat op hulle geplaas is en
die onderdrukking wat hulle voortdurend in die gesig gestaar het, opgewasse
was. Die kultuur, musiek, tradisies van Sophiatown, wat 'n impak gehad op so
baie prominente swart mense in Suid-Afrika, sou vergete gewees het indien
dit nie opgeteken is nie. (4)
6.2 Jakes is die karakter sowel as 'n verteller in die drama. Hy is opgevoed en
daar word na hom verwys as 'n "intellektuele" of "situasie" – deur Mingus en
die ander in Sophiatown wat nie opgevoed is nie. Hy stel die toneel op en gee
die gehoor belangrike inligting oor die karakters en Sophiatown. Hy tree ook
op as 'n skakel tussen die tonele in die drama.
As 'n joernalis vir die tydskrif Drum hou Jakes al die karakters ingelig oor wat
in Sophiatown sowel as in Suid-Afrika oor die algemeen gebeur. Hy is die
stem van die rede en in beheer. Hy verteenwoordig die kultuur van
Sophiatown.
Hy is 'n belangrike karakter, want hy is betroubaar en daar kan op hom
staatgemaak word om akkurate en onbevooroordeelde inligting oor wat in
Sophiatown en Suid-Afrika oor die algemeen aan die gebeur is, te gee. Die
enigste keer dat ons as die publiek twyfel oor sy egtheid, is wanneer hy sy
ware gevoelens vir Ruth wegsteek. (4)
6.3 Jakes se openingsmonoloog bied die uiteensetting van die drama. Hy
beklemtoon die verskillende name van Sophiatown en trek die gehoor in die
toneelstuk in. Hy vertel dan die publiek oor die verskillende plekke van
belang, soos The Back of the Moon en die fliekteaters – plekke wat gereeld
deur die inwoners van Sophiatown besoek is. Hy vertel van die verskillende
straatbendes en die beroemde mense van Sophiatown, en berei die
stemming van die toneelstuk voor. Ons word dan voorgestel aan 65 Gerty
Street en Mamaritis' Diamond Shebeen waar die meeste van die handeling
plaasvind. Hy beskryf dit nie in glorieryke terme nie, maar hy skep 'n
verwagting by die gehoor van wat aan die kom is.
(Aanvaar ander goed gemotiveerde antwoorde) (4)
6.4 Princess is Mingus se vriendin. Hy het haar uit die krotbuurte gehaal en vir
haar 'n redelike goeie lewe gegee. Sy is trots, dink te veel van haarself en
voel dat sy haar wil kan laat geld bloot omdat sy Mingus se vriendin is. Sy
wantrou Ruth van die begin af, want sy beskou haar as kompetisie. Sy is
jaloers op die aandag wat Mingus aan Ruth gee en sy wil haar nie daar hê
nie. Sy lag hardop, want sy spot met Ruth se naïwiteit oor die lewe in
Sophiatown. Sy voel dat Ruth dom is om te dink sy kan dieselfde lewe wat sy
in Yeoville gehad het, in Sophiatown hê – haar eie kamer, ens. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
6.5 Ruth se verwagtinge is heeltemal onrealisties en beklemtoon haar onkunde oor
die situasie waarin sy haarself bevind. Sy verwag om dieselfde soort toestande
wat sy in Yeoville gehad het, te hê, en oorweeg nie die werklike
lewensomstandighede in Sophiatown nie. Dit is nie wenslik nie, want vir die ander
karakters is die idee van 'n mens se eie slaapkamer 'n luukse wat hulle nie kan
bekostig nie, want ruimte is so beperk. Haar antwoorde is geldig in eie reg, want
jy kan nie regtig 'n kamer deel met 'n man wat jy nie ken nie, maar dit was
aanvaarbaar in Sophiatown as gevolg van die stampvol lewensomstandighede.
Maar sy het gekies om na Sophiatown te kom, dus moet sy aanvaar wat ook al
aan haar gegee word. Die ander karakters vind haar naïwiteit snaaks en die
gehoor verwag dat 'n mate van konflik en moontlik komiese kwessies die gevolg
sal wees van die kulturele en sosiale gaping tussen die karakters. (3)
6.6 Nasieners moet 1 fisiese en 1 vokale vaardigheid aanvaar wat ten volle
verduidelik word, OF vier punte kortliks bespreek. Fisies – Mingus sou baie stadig
om Ruth loop, haar van kop tot toon beskou, moontlik een hand in sy sak sit en
met die ander een sy ken vashou, en sy kop goedkeurend knik oor wat hy sien.
Vokaal – Hy is luid en kru met 'n arrogante toon. Hy het 'n doelbewuste tempo
wanneer hy sê: "Alright she can stay." (4)
PUNTE 6.7 BESKRYWER
Baie goed 7–8 Kandidaat is in staat om 'n duidelike en bondige antwoord wat kennis van die tema
en geskiedenis gee, te gee. Verbind en integreer beide aanhaling en kennis van
gedwonge verskuiwings en die geskiedenis van Sophiatown.
Goed 5–6 Kandidaat is in staat om die tema van gedwonge verskuiwings in detail te
bespreek. Wend 'n poging aan om aan te sluit by die aanhaling en probeer om te
sê hoe dit 'n geldige beskrywing van Sophiatown is.
Gemiddeld 3–4 Kandidaat het 'n begrip van die tema van gedwonge verskuiwings en is in staat
om dit in detail te beskryf, maar het nie die vermoë om na die aanhaling te verwys
en te sê hoe dit 'n geldige beskrywing van die geskiedenis van Sophiatown is nie.
Maak breë en algemene stellings.
Swak 0–2 Kandidaat gee 'n basiese bespreking van temas, maar versuim om by die
aanhaling aan te sluit. Antwoord kan baie vaag en deurmekaar wees. (8)
6.7 SLEGS N VOORSTEL VERWYS NA RUBRIEK.
Nasieners moet holisties merk. Nasieners moet ander geldige en toepaslike
antwoorde van kandidate aanvaar. Die volgende is slegs 'n voorstel:
Sophiatown was 'n losstaande voorstad, in teenstelling met ander swart
townships in Suid-Afrika. Swart mense kon hul eie land besit en is toegelaat om
hul eie huise te bou en kon dit aan huurders verhuur indien hulle wou. Dit was
ook 'n plek waar alle rasse toegelaat is om te meng en vrylik rond te beweeg,
want daar was vryheid van beweging. Alle rassegroepe is toegelaat om eie
besighede te besit en die meeste het gefloreer. Dit was amper asof apartheid nie
in Sophiatown bestaan het nie. Volgens Es'kia Mphahlele, "wat Sophiatown so
spesiaal gemaak het, was die vryheid van gees onder die mense wat daar
gewoon het. Hulle het nie ingeperk gevoel deur grense nie en dit het in hul
gemaklike leefstyl gewys." Dit was die enigste swart woonbuurt wat nie omring
was deur 'n heining soos ander townships nie. Omdat Sophiatown 'n losstaande
voorstad was, het sjebiens en danssale gefloreer. Die lewe hier was lewendig en
opwindend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Maar toe die Nasionale Party-regering aan bewind gekom het, het hulle
Sophiatown gehaat, want dit het gestaan vir alles wat hulle geglo het verkeerd
was met Suid-Afrika en die destydse apartheidsregering het besluit dat
Sophiatown vernietig moes word. Die Raad vir Hervestiging het die
grondeienaars van Sophiatown opdrag gegee om hul eiendomme te verkoop,
maar die inwoners het geweier om dit te doen. In 1955 het die regering 'n datum
aangekondig waarop die uitsettings sou plaasvind. Dit het die mense, wat
weerstandsgroepies gevorm het, woedend gemaak. Maar die regering het vier
dae vroeër as die datum wat hulle gestel het, inbeweeg. Daar was tweeduisend
politieke speurders ('G-men') langs die straat. Dit was 'n skoktaktiek omdat hulle
geweet het dat die mense weerstand sou bied en nie sou trek nie. Toe die mense
hiervan gehoor het, het hulle begin om hul meubels en besittings te skuif na die
skole en gemeenskapsale. So, sonder waarskuwing, het swaar gewapende
polisie en die regering se slopingspanne in Sophiatown inbeweeg en mense uit
hul huise gedwing. Baie mense het nie 'n kans kry om behoorlik te pak of afskeid
te neem van familie, vriende en bure nie.
Die skeppers van die toneelstuk toon die pyn, angs en wanhoop wat die mense
deur die verskillende karakters aan die einde gevoel het. Mamariti sê: "I'd rather
die. Dump me anywhere, I'd rather die. "Jakes sê: "This bitterness inside me wells
up and chokes. We lost, and Sophiatown is rubble."
[30]
VRAAG 7: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
7.1 Mandisa en Thando praat oor Sipho, onbewus daarvan dat Sipho na hul
gesprek luister. Mandla is soos gewoonlik baie uitgesproke en stel aan
Thando voor dat sy haar pa se wense moet verontagsaam. Sy por Thando
aan om Sipho teen te gaan. Die gehoor is bewus daarvan dat Sipho luister.
Dit dra by tot die spanning en afwagting, want die gehoor is die karakters 'n
tree vooruit en is in afwagting om uit te vind wat die karakters se reaksie
daarop gaan wees as hulle uitvind dat Sipho na hul gesprek geluister het.
Spanning word geskep as gevolg van afwagting vir sy optrede. (4)
7.2 7.2.1 'n Karakter agter die skerms is iemand waarna verwys word deur
die karakters op die verhoog, maar wat nie self op die verhoog
verskyn nie. (1)
7.2.2 Kani het Mpho as 'n karakter ingesluit om Thando se stabiliteit en
betroubaarheid as 'n karakter uit te lig. Hy is Thando se kêrel van
vier jaar. Dit lyk asof hulle 'n goeie en bestendige verhouding het
en hy het die feit aanvaar dat, as hy met Thando trou, hy Sipho sal
moet aanvaar as deel van die pakket, wat hy blyk heeltemal bereid
te wees om te doen, want hy is steeds bereid om voort te gaan met
die lobola-onderhandelinge. Hy dra by tot die realistiese intrige om
te wys dat Thando wel 'n lewe buite die een het wat in die
toneelstuk getoon word, naamlik haar rol as 'n dogter en 'n tolk by
die WVK.Sy moet ‘n stabiele lewe met twee geliefdes in ag neem. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
7.3 Mandisa se houding in hierdie reëls is ligsinnig en tot 'n mate arrogant. Sy het
geen respek vir die tradisionele kultuur waarin die pa 'n belangrike
gesagsfiguur is nie. Sy sê wat sy dink en is nie bang om die grense uit te
daag nie. In hierdie reëls sê sy wat sy dink en beïnvloed byna vir Thando om
haar pa te verontagsaam. Dit wys dat sy onafhanklik is, baie verwesters in
haar denke en oortuigings en sy glo dat 'n mens nie toestemming nodig het
van jou ouers vir die besluite wat jy maak nie. Daarom sy sukkel om Thando
se algehele gehoorsaamheid aan haar pa te verstaan. Mandisa is nie
gewoond aan die streng opvoeding waaraan Thando gewoond is nie. (3)
7.4.1 Haar reaksie sou een van skok en verbasing wees en dit sal in
haar verskrikte blik getoon word –oë wyd oop van verbasing,
miskien 'n mond wat oopgeval het, wenkbroue gelig. Sy sou haar
hand oor haar mond kon plaas uit skok. Sy sou 'n tree agteruit kon
neem asof sy geskrik het. (3)
7.4.2 Twee voorbeelde moet genoem word. Sipho bedoel dat Mandisa
net soos haar pa Themba is omdat sy Sipho se rol as Thando se
pa heeltemal verontagsaam. Themba het nooit vir Sipho en sy
gevoelens reg van die begin af tot die tyd van sy verhouding met
Sindiswa in ag geneem nie. Hy het net geneem wat hy wou sonder
om te dink watter uitwerking dit op Sipho kan hê of die gevolge van
sy dade. Sipho bedoel dat dit lyk asof Mandisa in haar vader se
voetspore volg, veral wanneer sy sê: 'To Hell with your father!'
Vreemd genoeg kan Thando Themba se dogter wees en Sipho
besef nie die ironie van wat hy sê. (4)
7.5 Die taal en dialoog wat in die drama gebruik word, is omgangstaal. Dit
weerspieël die sosio-ekonomiese en opvoedkundige vlak van die karakters. Dit
is gewone, alledaagse taal en die realistiese intrige word gedryf deur 'n reeks
gesprekke en argumente wat die uiteindelike waarheid van die situasie, die
karakters en hul standpunte ontbloot. 'n Mens kan egter die realisme van die
gebruik van Engels regdeur die toneelstuk bevraagteken, want Sipho sou
waarskynlik 'n Afrika-taal gebruik het wanneer hy met sy dogter by die huis
praat. (4)
7.6 Nasiener moet holisties merk. Indien 'n kandidaat eenvoudig 'n lys maak van
Stanislavski se tegnieke, ken 'n maksimum van 5 toe. Volpunte word
toegeken aan kandidate wat albei dele van die antwoord integreer en nie
noodwendig al 10 tegnieke gebruik nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
PUNTE 7.6 BESKRYWER
Baie goed 7–8 Kandidaat gebruik Stanislavski se tegnieke om sy/haar toneelspel-
voorbereidingsproses te bespreek vir die karakterisering en vertolking van die rol
van Mandisa/Thando.
Verbind die toneelspelproses van die opvoeringvoorbereiding met voorbeelde van
die karakter se geskiedenis, persoonlikheid en optrede.
Is in staat om beide dele van die vraag samehangend te integreer.
Goed 5–6 Kandidaat is in staat om die toneelspelproses te beskryf en dit in verband te bring
met die karakter waarvoor hy/sy voorberei. Dikwels is die beskrywing van die
proses meer gedetailleerd as die verbinding met die karakter se optrede en
persoonlikheid.
Sommige kandidate kan eenvoudig 'n lys maak van Stanislavski se
toneelspeltegnieke.
Gemiddeld 3–4 Kandidaat het ÓF 'n begrip van die toneelspelproses en is in staat om dit in detail te
beskryf, maar het nie die vermoë om die skepping van die karakter in verband te
bring met die proses nie ÓF beskryf die karakter op 'n oppervlakkige wyse en
versuim om dit in verband te bring met die proses van toneelspel.
Swak 0–2 Kandidaat gee 'n basiese beskrywing van die skep van 'n karakter, maar versuim
om aan te sluit by die toneelspelproses, behalwe om byvoorbeeld te sê 'praat hard',
'tree korrek op'. (8)
Die volgende is slegs 'n riglyn:
Belangrikste punte van Stanislavski se stelsel:
1. Navorsing Akteur doen karakter navorsing bv.ouderdom,taal,
houding,agtergrond ens.
2. Die magiese asof ('magic if'): Die akteur weet dat die toneelstuk en die
verhoogplasing deur die dramaturg geskep is, maar hy vra homself af: "Hoe
sou ek optree as dit ekwas?' Hierdie vraag help hom om die denkbeeldige
wêreld van die toneelstuk na 'n regte een te transformeer.
3. Verbeelding: Om te help met die bereiking van die magiese 'as', moet 'n
akteur 'n lewendige verbeelding hê. Hy moet homself vrae afvra oor die rol wat
hy speel. Tydens die opvoering moet hy verstaan wat die motivering is vir wat
hy sê en doen.
4. Konsentrasie: Die akteur moet sy aandag konsentreer op wat op die
verhoog gebeur en dit moenie afgelei word deur die 'swart gat' in die ouditorium
waar die gehoor sit nie.
5. Fisiese ontspanning: Dit is noodsaaklik om te ontspan, veral in oomblikke
van 'n sterk dramatiese emosie.
6. Fisiese aksies: Klein fisiese handelinge op die verhoog is belangrik. Die
akteur moet daarin glo en probeer om hulle so bewustelik as moontlik uit te
voer, met ander woorde die optrede op die verhoog moet 'n motivering/rede hê.
7. Emosionele geheue: 'n Akteur moet put uit sy emosionele geheue om
waarheid en oortuiging te gee aan sy uitbeelding van 'n karakter.
8. Kommunikasie: Goeie kommunikasie tussen kunstenaars op die verhoog
word bereik deur aandagtig te luister en direk en bewustelik na die ander
karakters te kyk.
9. Internalisering: 'n Akteur moet sy verstand en emosionele perspektief
gebruik om die inhoud van die toneelstuk te verstaan.
10. Subteks: 'n Akteur moet die onderliggende betekenis ondersoek en
verstaan. Dit word bereik deur die subteks van 'n karakter se dialoog te ken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
11. Emosionele verbinding: 'n Akteur identifiseer nie heeltemal met sy rol nie.
Hy 'leef, huil en lag op die verhoog, en terwyl hy huil en lag, neem hy sy lag en
trane waar.'
12. 'Wees lief vir die kuns in jouself, nie jouself in die kuns nie.'
Kandidate mag sommige of al die bogenoemde punte gebruik wanneer die
vraag oor die voorbereiding vir die rol van Mandisa of Thando beantwoord
word.Ander aspekte van die Stanislavski se sisteem kan ook na verwys word.
Ek sal Stanislavski se toneelspeltegnieke gebruik vir die skep van die karakter,
Mandisa of Thando.
Eerstens sal ek die teks in besonderhede bestudeer deur te verwys na die
algehele doelwit van die teks en dit dan in tonele opbreek, elk met sy eie
doelwit. Mandisa is baie meer uitgesproke as Thando, minder sensitief vir
nuanses in interaksie, meer onafhanklik.
Hoewel sy familie is, en trots op haar erfenis as die dogter van 'n held van die
Struggle, is sy duidelik 'n buitestander, 'n produk van die Engelse kulturele
waardes, oortuigings en praktyke. Sy het geen werklike kennis van die
plaaslike gemeenskap, hulle gewoontes en waardes nie. Haar kennis van Suid-
Afrikaanse politieke kwessies is gebaseer op wat sy van haar pa geleer het,
deur die besoek van uitgewekenes, en die Britse media.
Die volgende stap is internalisering waar gereedskap soos 'emosionele
geheue' (die herinnering aan 'n soortgelyke tyd in 'n mens se eie lewe om
toegang te verkry tot die emosies wat nodig is) en 'die magiese asof' (vra
jouself 'Hoe sou ek voel as ek in hierdie posisie was?') gebruik word om die
interne gevoelens wat nodig is vir ware emosies, te skep. Ek was nog nooit in
Mandisa se posisie nie, so ek sou 'die magiese asof' gebruik het en myself
afgevra het hoe ek sou voel as ek gekonfronteer word met inligting oor my
oorlede pa wat die groot emosionele pyn veroorsaak.
Die finale stap is fisikalisasie ('physicalisation'). Die karakter moet lewendig
raak op die verhoog met gedetailleerde en klein, akkurate handelinge. Om dit
te doen, sou ek Mandisa se vrymoedigheid en die gevoel van pret en krag
oordra deur middel van geringe gebare en maniertjies.
[30]
VRAAG 8: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
(MERK HOLISTIES)
8.1 Thami hou nie daarvan om te dink dat hy die wet oortree nie. Die woord is nie
'informeel' nie, maar onwettig. Dit maak dit vir Thami makliker om handel te
dryf in diamante as hy die term 'informeel' gebruik. (2)
8.2 In reël 10 is Thami se stemtoon entoesiasties en positief, sy volume is op 'n
normaal omdat hy vol vertroue is oor wat hy sê. In reël 11 waarsku Johan se
stemtoon – byna dreigend – en sy volume is hard soos hy probeer om die
punt te maak dat wat Thami se voorstel, gevaarlik is. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
8.3 Thami reageer met frustrasie. Hy sou stop waarmee hy besig was, weg van
Johan draai en sy volume verhoog deur hard en met spanning in sy stem te
praat. Sy vokale tempo sal vinnig wees as hy reël 2 begin, maar stadiger na
'... there it is' (reël 3). Hy maak ferm stellings omdat hy oortuig is van sy
interpretasie van die situasie waarin hy homself bevind. Hy kon sy hand
uitgesteek asof hy die pakkie diamante in die palm van sy hand kan sien.
Soos wat hy aanhou praat, sal hy sy hand toemaak en dit in afgryse langs sy
sy laat sak as hy praat van die 'nonsense-makers' (reël 5). (6)
8.4 Thami stel voor dat die polisie weet van die onwettige diamantbesigheid
(ODB) en hulle nie net blind hou nie, maar betrokke is by die hele proses van
die neem van omkoopgeld om stil te bly. (2)
8.5 Beide Thami en Johan neem deel aan kriminele aktiwiteite. Thami het, sonder
Johan se kennis, begin handel dryf in onwettige diamante as 'n manier om
vinniger geld te verdien. Johan dreig en bind Smith was met die hoop om hom
te kry om vir hulle geld te gee in die ontginning van diamante te belê, 'n
manier van ontvoering. Nie een van hulle sien iets verkeerd in die manier
waarop hulle optree nie, maar beide aktiwiteite is onwettig. (4)
8.6 Die taal is realisties en omgangstaal word gebruik. Johan gebruik frases uit
ander tale soos mense in Suid-Afrika dikwels doen in natuurlike spraak. Die
twee lyk gemaklik in mekaar se geselskap en praat op 'n ontspanne,
informele wyse. Die argument wat hulle het, lyk asof dit een is wat hulle
dikwels het. Dit dui daarop dat die twee mekaar goed ken en al vir 'n geruime (4)
tyd vriende is.
8.7 Nasieners moet holisties merk. 4 punte vir die bespreking en beskrywing van
die uitwerking van die konflik op Johan en 4 punte vir Thami.
Thami glo dat onwettige diamantkopery die manier is om uit sy finansiële
verknorsing te kom. Dit behels nie harde handearbeid, die koop van
konsessies of die hantering van plaaslike inwoners wat hul deel wil hê nie. Dit
lok hom as 'n makliker, skoner manier om die geld wat hy nodig het, baie
vinniger te kry. Hy sou as 'n tussenganger optree tussen die koop van
diamante van die dorpenaars en ander 'steel' van die konsessies en die
verkoop daarvan aan kopers in die stede wat die koste van 'n wettige roete
wou vermy.
Fisiese karakterisering: Thami sou wegbeweeg van Johan. Gedurende die
hele toneelstuk hy dit verhoed om te naby aan Johan te kom, veral wanneer
Johan emosionele en dreigend raak in sy aandrang om die konsessie te koop
en vir Smith te probeer oortuig om sy en Thami se sakevennoot te raak.
Vokale karakterisering: Thami sou sy stemtoon en die tempo waarteen hy
praat om sy protes te beklemtoon, kon verhoog. Sy volume kan toeneem by
tye wanneer hy sy verwerping van Johan se besigheidsvoorstel of Johan se
idee om Smith te oortuig om die geld te voorsien, herhaal.
Gebruik van die verhoog: Thami weerstaan Johan, en omdat 'n kalmer tipe
karakteris, sou hy by sy standpunt kon hou. Hy sou dus eerder 'n
verhoogarea kies om homself in te posisioneer, of hy kan dalk selfs van die
verhoog af beweeg na die kombuis om direkte konfrontasie te vermy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Johan glo dat ODB 'n pad is wat tot inhegtenisneming sal lei. Hy meen dat dit
'n kortpad is wat nie die moeite werd is om te probeer nie. Hy stel voor dat die
polisie 'n paar van die ODB-diewe sal moet vang om te wys dat hulle hul werk
doen en hulle is meer geneig om op die nuwelinge te fokus eerder as ander
met wie hulle 'n verhouding in die verlede ontwikkel het. Hy is oortuig daarvan
dat die risiko's swaarder weeg as die kans om geld te verdien. Daar is 'n deel
van Johan wat wil hê dat hy die moeiliker roete moet neem sodat hy homself
aan Thami kan bewys en opmaak vir die foute in sy verlede.
Fisiese karakterisering: Johann kan vorentoe leun om sy vasberadenheid
aan Thami te beklemtoon om hom te oorreed om by hom aan te sluit in 'n
besigheidsvennootskap. Hy is 'n hoogs gespanne karakter, dus kan hy sy
arms rondswaai en oormatige gebare gebruik om sy punt oor te dra.
Vokale karakterisering: Die volume van sy stem kan toeneem en sy toon
kan laer raak soos hy dreigender raak. Hy kan selfs 'n laer stemomvang
gebruik om sy desperaatheid en dreigende houding te beklemtoon.
Gebruik van die verhoog: Hy mag dalk die verhoog kruis van links na regs,
en selfs die verhoog oorkruis van bo na onder om sy opwinding en aandrang (8)
aan te dui. Hy sal 'n vinnige tempo in sy bewegings gebruik. Hy kan later in [30]
die drama die hele verhoog gebruik, want sy spanningsvlak is hoog en hy sal
dit uitdruk deur meer fisies as Thami te wees.
VRAAG 9: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
9.1 Tjokkie praat eerstens in 'n normale volume en met 'n bemoedigende
stemtoon as hy weet Tiemie wil hulp en raad van hul ma hê; hy raak meer
geïrriteerd en verhoog sy volume die tweede keer omdat hy nie kan verstaan
hoekom sy nie haar ma vertel van haar probleme nie. Teen die derde keer is
hy knaend en gedetermineerd, maar kalm en verlaag sy volume 'n bietjie om
Tiemie aan te moedig om met hul ma te praat.Tjokkie se stemtoon kan ook
hoër word en sy volume harder. (6)
9.2 Sy glo sy kan swanger wees, maar omdat dit slegs twee weke is sedert sy
laas gemenstrueer het, is sy nie heeltemal seker nie. Dit is haar manier om
haar ma te vertel dat sy swanger is omdat sy nie gemaklik is om die woorde
mee te deel. (2)
9.3 Tjokkie se sien van die toekoms en die interpretasie daarvan deur die ander
karakters eindig met 'n groot en traumatiese impak op die gesin. Die
swangerskap kan Tiemie se bekommernis wees, maar dit is Tjokkie se 'sien'
van die jonger en ouer man wat 'n saadjie buite Tiemie se slaapkamer plant
wat die onsekerheid oor die vaderskap van haar kind veroorsaak. Beide
Tiemie en Ma is ontsteld en uiters bekommerd. Jakes is van mening dat
Tiemie hom het verneuk het en raak gewelddadig en aggressief in die wyse
waarop hy Tiemie behandel. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
9.4 Tiemie is seergemaak en kwaad oor haar ma se reaksie omdat Ma in 'n
soortgelyke situasie as Tiemie was toe sy jonger was. Daarbenewens bly Ma
by Giel sonder 'n huwelik, so haar opmerking dat sy Tiemie beter as dit
grootgemaak het, is nie korrek of regverdig teenoor Tiemie nie. Ma het 'n
reputasie gehad dat sy 'maklik' was en Tiemie moes ander mense hanteer
wat veronderstel het dat sy ook 'maklik' was aangesien sy jonk was. Haar
eenvoudige herhaling van 'Het Ma?' maak dit duidelik aan haar ma dat sy oor
al hierdie dinge dink. (4)
9.5 Die kort sinne dui op 'n huiwering van die karakters om enige ernstige,
emosionele, persoonlike saak te hanteer. Tiemie gebruik eufemismes om
haar ma te vertel dat sy swanger is. In Suid-Afrika in die 1970's sou baie min
gesinne gemaklik gewees het daarmee om oor seks voor die huwelik of oor
swangerskap te praat. Die dialoog is realisties en die karakters ignoreer die
gehoor en skep die karakters op die verhoog sodat die gehoor 'gewillig sy
ongeloof laat vaar' en ingetrek word in die familiedrama asof dit is die werklike
lewe is. Die Afrikaans wat deur die karakters gepraat word, is eenvoudig en
toon dat hulle laer middelklas eerder as opgevoed is. (4)
9.6 Kandidate wat nie met die stelling saamstem nie, kan volpunte kry, maar
sommige leerders mag stem en punte moet toegeken word vir enige geldige
bespreking.
PUNTE 9.6 BESKRYWER
Baie goed 8–10 Kandidaat bespreek die verband tussen alle laer middelklas gemeenskappe met
'n afwesige vaderfiguur (dood of nie teenwoordig nie), kwessies soos armoede,
ongewenste swangerskap, begeerte om aan die siklus van armoede en misbruik
te ontsnap, en vroue wat afhanklik is van onbetroubare, onverantwoordelike
mans (dikwels ook dronkaards). Hierdie kwessies in die drama is nie beperk tot
enige een ras of taalgroep nie. Baie gemeenskappe vandag sal hulself kan
vereenselwig met die kwessies in die drama.
Goed 6–7 Kandidaat verstaan die kwessie in die drama baie goed. Hy/Sy bespreek 'n paar
van die kwessies: afwesige vaderfiguur (dood of nie teenwoordig nie), kwessies
soos armoede, ongewenste swangerskap, begeerte om aan die siklus van
armoede en misbruik te ontsnap, en vroue wat afhanklik is van onbetroubare,
onverantwoordelike mans (dikwels ook dronkaards). Geneig om breër
kommentaar te lewer en is minder geneig om tot 'n mening te verbind.
Gemiddeld 4–5 Kandidaat maak breë stellings en bespreek ten minste EEN kwessie: afwesige
vaderfiguur (dood of nie teenwoordig nie), kwessies soos armoede, ongewenste
swangerskap, begeerte om aan die siklus van armoede en misbruik te ontsnap,
en vroue wat afhanklik is van onbetroubare, onverantwoordelike mans (dikwels
ook dronkaards). Is geneig om op die toneel te fokus, eerder as die toneelstuk in
gehee.l
Swak 0–3 Kandidaat het 'n mening, maar het nie die vermoë of kennis om dit te staaf nie en
is geneig om vae en algemene stellings te maak. Dit is korrek, meer toevallig as
beplan. (10)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 10: MIS DEUR REZA DE WET
10.1 Etiket A: Meisie
Etiket B: Konstabel (2)
10.2 Die kostuum is geskik. Konstabel is 'n polisieman, daarom dra hy 'n uniform
wat amptelik lyk (nie tydspesifiek nie). Hy is veronderstel om blind te wees,
daarom dra hy 'n donkerbril om sy oë weg te steek en hy dra 'n wit kierie
tipies van blinde mense. Sommige leerders kan noem dat, aan die einde van
die drama, keer Konstabel sy baadjie met die binnekant na buite en haal sy
bril af. Hierdie kostuum is dus 'vals'.
(Sien volgens hul vermoë, wat toon dat hulle kennis van die spel en karakter
het, na.) (4)
10.3 Dit is 'n baie akkurate voorstelling van die twee. Konstabel is vol vertroue en
'n aantreklike man. Hy is op die punt om een van die ander vroue te groet en
Meisie het oë net vir hom; sy is bekoor deur hom. Sy kyk vol bewondering na
hom; sy is gefassineer deur die manlike figuur in hul huis. Hy kom
onbereikbaar en misterieus voor en sy vind dit boeiend. (3)
10.4 10.4.1 Konstabel is bedoel om blind te wees so dit sou die manier waarop
die akteur optree baie anders maak as 'n karakter wat in staat is om
te sien. Hy sou sy kop draai om na iemand te luister eerder as om
na daardie karakter te kyk. Sy sterkste sintuig is reuk en in hierdie
reëls ruik en snuif hy aan die jong vroue. Soos hy aan hulle ruik, sou
hy naby aan hulle beweeg het en dit sou 'n ongemaklike spanning
op die verhoog geskep het omdat hy intiem naby aan vroue, wat
vreemdelinge vir hom is,sou wees . (4)
10.4.2 Meisie is naïef en het baie min ondervinding van mans. Sy is
ongemaklik en verleë, maar ook aangetrokke tot Konstabel. Sy laat
haar kop skaam sak omdat sy nie gewoond is aan die aandag van
mans nie. Sy is 'n simbool van onskuld. Dit is hierdie onskuld wat
haar 'n teiken vir Konstabel maak en hom die geleentheid gee om
haar te oortuig om die huis te verlaat en ongehoorsaam aan haar
ma te wees. (3)
10.4.3 Sy voel seergemaak,verbaas en geskok en uit die veld geslaan
omdat hy sjarmant is, maar maak dan 'n eerlike stelling wat as
onbeskof beskou kan word. Sy vind hom ook aantreklik en wil hê dat
hy van haar moet hou. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
10.4.4 Hierdie rubriek is die antwoord; 10.4.4.
PUNTE 10.4.4 BESKRYWER
Baie goed 7–8 Kandidaat bespreek die tema van die reuksin in die drama en verbind Konstabel
se verhoogde reuksin, die reuk van die mis en die geur van die rose. Hy/Sy is in
staat om die manier te verduidelik waarop die misreuk die lewe verteenwoordig
waarin Miem, Meisie en Gertie vasgevang is en die rose die vryheid waarna
Meisie en Gertie smag. Die kandidaat is in staat om die sensualiteit gekoppel aan
die reuksin te assosieer met die intimiteit geskep deur Konstabel se geruik aan die
vroue en Meisie te kies as gereed om 'afgehaal' te word. Kandidaat het 'n
uitstekende begrip van die drama.
Goed 6–7 Kandidaat verduidelik die tema van die reuksin in die drama deur Konstabel se
verhoogde reuksin, die reuk van die mis en die geur van die rose op te noem. . Die
kandidaat is in staat om die sensualiteit gekoppel aan die reuksin te assosieer met
die intimiteit geskep deur Konstabel se geruik aan die vroue en Meisie te kies as
gereed om 'afgehaal' te word. Kandidaat het 'n goeie begrip van die drama.
Gemiddeld 4–5 Kandidaat maak 'n lys van die verskillende reuke in die drama: Konstabel se
verhoogde reuksin, die reuk van die mis en die geur van die rose. Geneig om
breër kommentaar te lewer oor elke aspek van reuk in die drama, maar koppel dit
nie altyd met die drama in geheel nie.
Swak 0–3 Kandidaat ken 'n paar van die geure in die drama, maar is geneig om eenvoudig 'n
kort beskrywing te skryf, eerder as om dit te bewys deur na die drama te verwys.
Geneig om vae stellings te maak. (8)
10.5 Sy is kwaad en seergemaak en sarkasties en voel dat sy beledig is. Haar
tempo is stadig en afgemete. Haar stemvolume sou gemiddeld tot sag wees
omdat sy in werklikheid met haarself eerder as die ander praat. Amper soos
'n eenkant-kommentaar. (Die kandidate mag vinnige tempo en harde volume
kies, maar dan moet hulle dit regverdig dat sy regtig kwaad is en dat dit 'n (4)
emosionele reaksie is.) [30]
TOTAAL AFDELING B: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING C: PAS PERSOONLIKE HULPBRONNE TOE EN BESIN EN
EVALUEER
AFDELING C is VERPLIGTEND.
VRAAG 11
Nasieners moet in te neem dat leerders die uittreksel vir die eerste keer sal lees en
kreatiewe antwoorde en eie opinies moet aanvaar word, maar maak seker dat hierdie
gemotiveer word uit 'n begrip van die teks.
11.1 (Skep die leefwereld, stel karakters voor, lewer kommentaar oor die aksie)Simon
voer wel 'n paar van die take van 'n verteller uit, maar is meer van 'n storieverteller
en voer op 'n soortgelyke wyse 'n eenpersoonvertoning op. Hy vertel ons wat
gebeur, maar hy self skep die meeste van die karakters (behalwe Ruth). Hy vertel
van sy eie handelinge. As die kandidaat net sê 'hy vertel die storie' kan 1 punt kry,
ten spyte daarvan dat dit in die verduideliking van die uittreksel staan. (2)
11.2 Die volgende is slegs ‘n voorbeeld, die kandidaat kan sy eie Dramatiese kunste
ervaring gebruik.Die kandidaat kan die antwoord in die drie dele verdeel of kan
dalk al drie saam groepeer en holisties antwoord. Solank al drie die aspekte van
die toon, tempo en volume gedek word, kan die kandidaat al 6 punte kry. Dit is nie
2 punte per vokale eienskap nie.
Goed 5-6 Die kandidaat het n goeie begrip van die toepassing van
toonhoogte, tempo en volume. Hy/sy kan in konkrete
detail verduidelik hoe Simon se vokale vertolking die
spanning in die toneel bou tot n klimaktiese moment.
Die kandidaat dek alle aspekte (toonhoogte, tempo en
volume) maar bespreek nie noodwendig elke aspek in
detail nie.
Gemiddeld Die kandidaat beskryf ten minste twee aspekte, soos
3-4 toonhoogte tempo en/of volume. Hy/sy neig om
voorspelbare maar geldige antwoorde te gee.
Swak 0-2 Die kandidaat is geneig om in gefragmenteerde frases
te skryf. Hy/sy antwoord nie holisties/volledig nie. (6)
11.3 11.3.1 Die verkragtingstoneel sal waarskynlik ongemaklik wees vir 'n gehoor om
te kyk. Die gebruik van 'n pop en n akteurmag dalk die gehoor kon
aanmoedig om dramatiesen en toneelmatige doel te misinterpreteer. Die
besemstok en die brood is gewone huihoudelike voorwerpe.Hierdie
rekwisiete word gebruik op ‘nvsimboliese,verteenwoordigende en
metaforiese wyse.Die gebruik van die stok as ‘n voorwerp wat die brood
breek en vernietig laat bewillige verbreking van ongeloof in die gehoor toe
en deur hierdie simboliese daad gebeur die verkragting meer in die
gedagtes van die gehoor as realisties op die verhoog. (3)
11.3.2 Aanvaar die kandidaat se antwoorde mits dit toneelmatig
verantwoordbaar is.
Die brood en die besemstok skep ‘n beeld vir die oomblik in tyd en op die
verhoog in die gehoor se gedagtes. Hierdie is nie n grafiese,
geweldadige voorstelling van die verkragting nie. Hierdie is ‘n ongesiene
teks en baie leerders sal dit volgens hul eie teaterondervinding
interpreter. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 27 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
Baie Goed 4 Die kandidaat met ‘n hoe vlak van vaardigheid is in
staat om te verduidelik hoe hy/sy die toneel sal laat
opvoer waar die akteur wat Simon vertolk rekwisiete
gebruik om n simboliese oomblik op die verhoog te
skep. Hy/sy gebruik 3 jaar van toneelmatige kennis om
hierdie oomblik op die verhoog te skep soos bv beligting
om die voorstelling te bevorder. Die kandidaat kan die
effek op die gehoor, en die impak van die oomblik op die
gehoor, verduidelik.
Goed 3 Die kandidaat is in staat om te beskryf hoe hy/sy die
akteur wat Simon vertolk te kry om die oomblik op die
verhoog te verduidelik met die gebruik van die
rekwisiete. Hy/sy het die tegniese kennis maar kan nie
altyd die idees duidelik verbind aan die taak nie. Die
kandidaat werk met die handeling van die akteur eerder
as n konkrete verduideliking van die effek op die gehoor.
Gemiddeld 2 Die kandidaat is geneig om handelinge te lys/noem wat
toepaslik is vir die karakter wat Simon vertolk. Min of
geen in agneming van die gehoor vind plaas nie
Swak 0-1 Die kandidaat se antwoord is oppervlakkig en maak
merendeels verklarings
[15]
VRAAG 12
12.1 12.1.1 Merk holisties.Die chirurgiese maskers bedek die neus en mond en
dus 'n groot deel van die gesig. Dit sal gesigsuitdrukkings tot die oë
en die koppe beperk en eenvormigheid onder die dansers skep. Dit
fokus ook aandag op die oë en kan die effek van desperaatheid skep
as die oë rondkyk. Die dansers moet minder op hul gesigte
staatmaak en meer op hul liggame.Die maskers kan die akteur se
optrede, projeksie,resonansie en volume affekteer.
Die krukke beperk en help die dansers. Dit is nuttig omdat dit gebruik
kan word as 'n balanspunt vir die kunstenaar om sy/haar liggaam op
te lig van die grond af of te spring, maar belemmer die kunstenaar
wanneer draaie en interaksie met ander kunstenaars gedoen word
omdat die kruk in die pad is. 5)
12.1.2 Die stelte help om die kunstenaar hoër op te lig, hoër as die ander
en sy houding beide indrukwekkend en dreigend te maak. Omdat hy
bo die ander uittoring, is hy 'n sentrale figuur in die opvoering. Die
stelte beperk beweging en dit is moeilik om interaksie te hê met
ander kunstenaars sonder die verlies van balans en om te val. Dit is
onwaarskynlik dat hy in staat sal wees om 'n ander kunstenaar op te
lig of spronge en draaie sal skep om sy vertolking te verbeter. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 28 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
12.1.3 Kandidate mag persoonlike ervaring gebruik om die verskille of
voorbeelde uit die vertoning wat hulle gesien het, te verduidelik.
'n Fisieseteater-geselskap is geneig om dans- en bewegingsvorme
te gebruik en moet bewegingopleiding hê. Hulle is geneig om
optredes te skep wat meer fokus op 'n storielyn, kwessie of tema
wat aangebied word. Hulle gebruik ook elemente van ander
uitvoerende kunste, d.w.s. stem, klankeffekte, dialoog en gedigte.
Soms is die dialoog die beginpunt en fisiese aksies word bygevoeg
om dit te verbeter. Hierdie deelnemers sou hulself akteurs of
kunstenaars noem.
Fisieke teater verduidelik woorde deur beweging. Jou
teenwoordigheid illustreer betekenis en vul die verhoog. Gebruik die
liggaam om te kommunikeer. Dans is ritmies en op die maatslag van
musiek.
'n Dansgeselskap se primêre fokus is die menslike liggaam.
Sommige dansmaatskappye volg 'n bepaalde dansstyl, terwyl ander
verskillende dansbronne gebruik. Stem en dialoog word minder
gebruik in 'n dansgeselskap. Hierdie deelnemers sou hulself
dansers noem. (6)
12.2 12.2.1 Verhoogvrees: wanneer jy op die verhoog staan en paniekerig raak
en die woorde en bewegings wat jy geoefen het, vergeet. Jy verloor
beheer oor jou vermoë om op te tree. (2)
12.2.2 Om te soufleur: As jy vir 'n oomblik jou woorde vergeet en 'n
onderwyser of medestudent die volgende paar woorde voorsê om
jou te help onthou wat jy veronderstel is om volgende te sê.
(2)
12.2.3 Monoloog: Dit is 'n uittreksel uit 'n toneelstuk waar slegs een
persoon vir 'n volgehoue tydperk praat, óf met homself/haarself óf
met 'n ander karakter. Sommige kandidate kan dit verwar dit met 'n
individuele item – indien wel, word slegs 1 punt toegeken.Dit kan
verbale verduideliking wees van die karakter se
gedagtes,gevoellens en emosies. (2)
12.2.4 Gebare is bewegings van liggaamsdele om idees, betekenis,
emosies of gedagtes uit te beeld. Bv. Waaiende hand gebaar.
Gebare: Liggaamsdele beweeg op 'n wyse wat betekenis aandui
(d.w.s. kop, arm, bolyf ens.) wat bydra tot die opvoering of sekere
aspekte wat die akteur probeer om aan die gehoor oor te dra,
duidelik maak. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 29 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
12.2.5 ÓF DRIE eenvoudige punte óf 'n algemene bespreking.
Gereelde oefening is noodsaaklik, beide alleen en met 'n vriend wat
toekyk en wat jou kan aanspoor en opbouende kritiek. Skryf 'n
ontleding van die stuk, of 'n motivering vir die karakter. Maak seker
dat jy geskikte beweging en gebare wat jou help om die woorde te
onthou, choreografeer. As jy regtig die stuk of karakter verstaan, sal
dit makliker wees om die woorde te onthou en selfvertroue te hê.
Vra om sonder 'n gehoor op te tree om jou konsentrasie te help. Vra
'n vriend om die woorde te volg, sodat hy/sy by die opvoering die
woorde kan voorsê.Doen ontspanningsoefening voor op verhoog
gaan.
(3)
12.2.6 Hierdie rubriek is die antwoord: 12.2.6.
PUNTE 12.2.6 BESKRYWER
Goed 4 Die kandidaat is in staat om twee konkrete redes te bespreek waarom Lindi moet
aangaan met die vak, naamlik vertroue, interpretatiewe vermoë, groepwerk en
dink op jou voete. Hy/Sy is in staat om Lindi se probleme met nuttige
dramavaardighede te verbind. Dramatiese kunste is ‘n platform om die lewe te
reperteer asook verskillende reaksies en emosies. Drama bied ‘n veilige ruimte
vir probleem oplossing, om mense te verstaan, om gedrag te motiveer en die
gevolge daarvan.
Gemiddeld 2–3 Die kandidaat is in staat om twee redes te gee waarom Lindi moet aangaan met
die vak. Maar skryf óf nie in genoeg detail nie óf verbind dit nie met die redes vir
Lindi se dilemma nie.
Swak 0–1
Die kandidaat maak 'n eenvoudige stelling oor die toepaslikheid van Dramatiese
Kunste. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 30 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 13
Kies enige EEN van die volgende drie vrae.
13.1 LEWENDIGE OPVOERING (KEUSEVRAAG)
Merkers moet holisties merk. Erken die opnoem van enige tegniese
aspekte of die keuse om dit nie te gebruik nie. (beligting, klank, stel
ens.) wat gaan bydra tot die algemene funksie en doel van die
produksie.
PUNTE 13.1 BESKRYWER
Uitstekend 12–15 Kandidaat verstaan duidelik die tegniese aspekte van die teater en kan sy/haar
eie ervarings in verband bring met die aanhaling. Kandidaat gee konkrete,
spesifieke voorbeelde van dramapraktisyns, toneelstuk opvoerings, dramatekste
bestudeer of rolle gespeel. Die kandidaat kan saamstem of verskil (veral as
hy/sy Grotowski as 'n voorbeeld gebruik) met die stelling dat tegniese aspekte
belangrik is. Toon insig, waarneming en kennis goed uitgedruk.
Goed 9–11 Kandidaat verstaan die tegniese aspekte van die teater en kan sy/haar eie
ervarings in verband bring met die aanhaling. Kandidaat gee ten minste een
konkrete, spesifieke voorbeeld van dramapraktisyns, toneelstuk opgevoer,
dramatekste bestudeer of rolle gespeel. Die kandidaat kan saamstem of verskil
(veral as hy/sy Grotowski as 'n voorbeeld gebruik) met die stelling dat tegniese
aspekte belangrik is. Georganiseerd, omvattend, 'n sekere vlak van
bevoegdheid, sommige klein foute waarneembaar in die struktuur. Duidelike
stellings, oortuigend en eenvoudige, direkte taalgebruik.
Toon goeie begrip van die probleem, 'n paar logiese stellings.
Gemiddeld 6–8 Kandidaat het 'n mate van begrip vir die tegniese aspekte van die teater en
probeer om sy/haar eie ervarings in verband te bring met die aanhaling.
Kandidaat gee ten minste een konkrete, spesifieke voorbeeld van
dramapraktisyns, toneelstuk opgevoer, dramas bestudeer of rolle gespeel. Die
kandidaat kan saamstem of verskil (veral as hy/sy Grotowski as 'n voorbeeld
gebruik) met die stelling dat tegniese aspekte belangrik is. Demonstreer 'n
basiese begrip, maar neig tot ondeurdagte en stereotipe reaksies by tye.
Struktuur nie noodwendig logies nie en skakel dikwels minder direk met die
kwessie.
Elementêr 4–5 Kandidaat kan ten minste een voorbeeld van die tegniese aspek van opvoering
gee, maar antwoord eenvoudig en is geneig om 'n tegniese uitwerking wat hy/sy
gesien of ervaar het, te beskryf.
Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant. Kandidaat
toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met toepaslike voorbeelde te
ondersteun nie.
Swak 0–3 Die antwoord is eenvoudig en sê ten beste dat tegniese aspekte goed is en
probeer om een te beskryf. Nie in staat om enige sinvolle kommentaar op die
tegniese aspekte te lewer nie. Onsamehangend, beperkte vaardighede en
dikwels irrelevant. [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 31 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
13.2 MEDIASTUDIES (KEUSEVRAAG)
Merkers moet holisties merk. Erken die opnoem van enige tegniese
aspekte of die keuse om dit nie te gebruik nie. (beligting, klank, stel
ens.) wat gaan bydra tot die algemene funksie en doel van die
produksie.
PUNTE 13.2 BESKRYWER
Uitstekend 12–15 Kandidaat verstaan duidelik fotografiese regie en kan sy/haar eie ervarings
hiermee in verband bring. Kandidaat gee konkrete, spesifieke voorbeelde van
rolprente gekyk, draaiboeke bestudeer en eie ervarings. Die kandidaat is in
staat om die spesifieke terminologie in die studie van die media en film in
sy/haar antwoord te gebruik. Hy/Sy het ondervinding van die skep van sy/haar
eie filmvolgorde en kan sy/haar persoonlike ondervinding met die aanhaling in
verband bring. Toon insig, waarneming en kennis goed uitgedruk.
Goed 9–11 Kandidaat verstaan fotografiese regie en kan sy/haar eie ervarings met die
aanhaling in verband bring. Kandidaat gee ten minste een konkrete, spesifieke
voorbeeld van rolprente gekyk, draaiboeke bestudeer en eie ervarings. Die
kandidaat verstaan die behoefte aan opleiding in filmfotografie en kan dit
verduidelik. Die kandidaat is in staat om die spesifieke terminologie in die
studie van die media en film in sy/haar antwoord te gebruik. Hy/Sy kan sy/haar
persoonlike ondervinding met die aanhaling in verband bring. Georganiseerd,
omvattend, 'n sekere vlak van bevoegdheid, sommige klein foute
waarneembaar in die struktuur. Duidelike stellings, oortuigend en eenvoudige,
direkte taalgebruik.
Toon goeie begrip van die probleem, 'n paar logiese stellings.
Gemiddeld 6–8 Kandidaat verstaan die fotografiese regie en kan die behoefte aan opleiding in
filmfotografie noem, maar sukkel om dit te ondersteun met konkrete
voorbeelde. Hy/Sy probeer om sy/haar persoonlike ervaring met die aanhaling
in verband te bring en fokus op films gekyk of bestudeer, maar ken nie die
gedetailleerde taal van films nie. Demonstreer 'n basiese begrip, maar neig tot
ondeurdagte en stereotipe reaksies by tye. Struktuur nie noodwendig logies nie
en skakel dikwels minder direk met die kwessie.
Elementêr 4–5 Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant.
Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde te ondersteun nie. Kandidaat fokus op films wat hy/sy gekyk het en
van gehou het, eerder as enige konkrete film en produksieteorie. Dikwels is die
antwoord eenvoudig. Die antwoord korrek, meer toevallig as beplan.
Swak 0–3 Die antwoord is ten beste eenvoudig. Onsamehangende, beperkte
vaardighede en dikwels irrelevant. Kandidaat maak ongegronde stellings oor
die regie van fotografie. Antwoord ondersteun net stelling en toon min of geen
begrip van die film en produksie nie. Oor die algemeen naïewe en simplistiese
stellings. Het waarskynlik nie media bestudeer nie. [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 32 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
13.3 KULTURELE OPVOERING EN RITUELE (KEUSEVRAAG)
Merkers moet holisties merk.
PUNTE 13.3 BESKRYWER
Uitstekend 12–15 Kandidaat verstaan duidelik die aanhaling en kan assosieer met die funksie van
kulturele opvoerings en rituele in die samelewing wat hulle gesien het/bestudeer
het/waaraan hulle deelgeneem het. Kandidaat is in staat om 'n argument ter
ondersteuning van die waarheid van die aanhaling te bou en gebruik konkrete,
spesifieke voorbeelde in die bespreking van die akkuraatheid (waarheid) van
hierdie aanhaling.
Goed 9–11 Kandidaat verstaan die aanhaling en kan assosieer met die funksie van
kulturele opvoerings en rituele in die samelewing wat hulle gesien het/bestudeer
het/waaraan hulle deelgeneem het. Kandidaat gebruik konkrete, spesifieke
voorbeelde om die akkuraatheid (waarheid) van hierdie aanhaling te bespreek.
Gemiddeld 6–8 Kandidaat maak stellings oor die aanhaling en kan assosieer met die funksie
van kulturele opvoerings en rituele in die samelewing wat hulle gesien
het/bestudeer het/waaraan hulle deelgeneem het. Kandidaat gebruik sommige
voorbeelde om die akkuraatheid (waarheid) van hierdie aanhaling te bespreek.
Elementêr 4–5 Kandidaat kan 'n paar voorbeeld(e) van die funksie van kulturele opvoerings en
rituele in die samelewing gee, maar is selde in staat is om dit in verband te bring
met die aanhaling.
Swak 0–3 Kandidaat gee 'n paar basiese beskrywings van die funksie van kulturele
opvoerings en rituele in die samelewing. Oor die algemeen is stellings wat
verband hou met die antwoord meer toevallig as beplan. [15]
TOTAAL AFDELING C: 60
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2013 Memo (English)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2013 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Memo
_hlayiso.com_--f9935624-8837-4e6d-b33b-af2ba8822794/v1-9060d4c97069f16ecb74/card.webp)
Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2020 Memo (English)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper