Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DRAMATIESE KUNSTE
NOVEMBER 2014
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all



--295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a/v1-20e004afb86073eee4e0/card.webp)
--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)
Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.9 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2014
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte)
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40 punte)
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40 punte)
AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
Vaardighede (40 punte)
2. AFDELING A
VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
20ste-eeuse Teaterbeweging.
EPIESE TEATER
• Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
• Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• Mother Courage Bertolt Brecht
• Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
• Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
OF
TEATER VAN DIE ABSURDE
• Waiting for Godot Samuel Beckett
• Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
• Bagasie André P Brink
• The Bald Primadonna Eugene Ionesco
• Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
OF
POSTMODERNE TEATER
• Skrapnel Willem Anker
• Top Girls Carol Churchill
• Popcorn Ben Elton
• Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
hierdie afdeling.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney
Simon
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company
VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4. AFDELING C
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
hierdie afdeling.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani
VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce
VRAAG 7: Mis Reza de Wet
5. AFDELING D
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.
VRAAG 8: Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
AFDELING A is VERPLIGTEND.
VRAAG 1
Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse
Teaterbeweging.
Teater van die Absurde
OF
Epiese Teater
OF
Postmoderne Teater
Dui die toneelteks wat jy bestudeer het, boaan jou opstel aan.
'Teater is geskep om mense die waarheid oor die lewe en die samelewing te vertel.'
– Stella Adler
Bespreek, in 'n opstel, hoe die dramaturg 'die waarheid oor die lewe en die
samelewing' ondersoek in die toneelteks wat jy vanjaar bestudeer het.
Jy moet na ten minste DRIE van die punte hieronder in jou opstel verwys:
• Sosiopolitieke konteks
• Temas
• Karakters
• Taal en dialoog
• Intrige/Struktuur
• Teatermiddele/Teatertegnieke
• Ruimte/Skouspel
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON A
MBONGENI: Having rest, baas. Still smoking.
PERCY: Do you think I pay you for smoking? (Glances at the truck.) Hey, push
the truck.
MBONGENI: We pushed the truck! Ten thousand bricks! Boss, there's too much
work for two people. Me and Bobbejaan start the engine. Me and 5
Bobbejaan shovel the sand. Me and Bobbejaan load the bricks. Me
and Bobbejaan push the truck! Aaay suka! We need other people!
PERCY: There's no jobs!
MBONGENI: There is jobs!!! Ten thousand bricks! This morning there were many
people at the gates standing there looking for work. And you chased 10
them away!
PERCY: Zuluboy, you're getting cheeky, huh?
MBONGENI: I'm not getting cheeky. It's true.
PERCY: Ja! I'm cutting down your salary. I think you're getting too much. Ja!
Ja! 15
MBONGENI: The boss can't cut salary.
PERCY: Ek gaan dit doen! (I'm going to do it.)
MBONGENI: That's not showing sympathy for another man. The cost of living is too
high. There's too much inflation.
PERCY: Zuluboy! Zuluboy! You sit around waiting for Morena and then you 20
come and tell me about the cost of living? You talk about inflation?
What do you know about inflation? I've got you here, just here. One
more mistake, one more cheeky, and you're fired!
2.1 Bestudeer die titel Woza Albert!
2.1.1 Waarom, dink jy, gebruik die skeppers van hierdie toneelteks 'n
uitroepteken in die titel? (1)
2.1.2 Verduidelik die betekenis van die titel. (2)
2.2 Verduidelik die dramatiese struktuur wat in die toneelstuk Woza Albert!
gebruik is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2014
NSS
2.3 Verwys na reël 4–11.
2.3.1 Bespreek TWEE temas wat in hierdie reëls na vore kom. Verwys in
jou antwoord na die toneelteks. (6)
2.3.2 Bespreek hoe 'n akteur effektief, vokaal en fisies, van Bobbejaan
na Baas Kom kan verander. (Reël 4–11) (4)
2.4 Die toneelstuk Woza Albert! vang die konsep vas dat die akteur se liggaam 'n
instrument van kommunikasie is.
2.4.1 Wat word met instrument van kommunikasie bedoel? (2)
2.4.2 Identifiseer TWEE verskillende maniere waarop die liggaam in die
toneelstuk as 'n instrument van kommunikasie gebruik word. (2)
2.4.3 Beskryf TWEE belangrike vaardighede wat 'n akteur in Woza
Albert! moet gebruik sodat sy liggaam 'n effektiewe instrument van
kommunikasie kan wees. (4)
2.5 Evalueer hoe die skeppers van hierdie toneelteks 'n intieme en dinamiese
akteur-gehoor-verhouding verkry deur die gebruik van:
• Karakters
• Ruimte
• Taal
• Toneelspelstyl (8)
BRON B
2.6 Waarom het die skeppers van hierdie toneelteks besluit om dwarsdeur die
opvoering kostuums op die verhoog beskikbaar te hê, soos in BRON B gesien
word? (3)
2.7 In BRON B gebruik die karakter die bokse om op te lê. Beskryf ander
gebruike van die bokse in die toneelteks van Woza Albert! (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON A
JAKES: Whe've you been, Mingus? Been making trouble again?
MINGUS: Jakes, I'm in love, man. I've been to a wonderful funeral.
JAKES: A funeral? Is there a story there?
MINGUS: Ja, skryf daar, 'I went so nobody could say I killed him.'
(Charlie has crept up to Mingus and begins to shine his shoes while he is 5
still wearing them.)
MINGUS: Hey Charlie – leave off! Leave off! Go and sleep in the car. We've a job
tonight. I want you wide awake. Hey Charlie – move.
(Charlie persists in trying to clean the shoes.)
MINGUS: Go on! (Mingus pushes Charlie away.) Jakes, ek wil 'n brief hê – 'n letter 10
van love.
JAKES: A love letter for you?
MINGUS: Ja, ek's in love, met a real tjerrie, 'n matara, a real ding, 'n princess ...
That's her name – Princess!
JAKES: Why don't you write it yourself, Mingus? I'm working. 15
MINGUS: Ag man Jakes, ek kan nie skryf nie. You know that – ek kan wietie, maar
ek kan nie skryf nie.
JAKES: Well, that's too bad, man. I'm busy.
MINGUS: Listen, I'll give you a story, a story for a love letter.
3.1 Waarom sal 'n gehoor reël 4 snaaks vind? (2)
3.2 Karakters vervul 'n verskeidenheid funksies in 'n toneelteks.
3.2.1 Bespreek waarom die insluiting van Charlie as 'n karakter in die
storie van Sophiatown belangrik is. (4)
3.2.2 Dui aan wat Mingus se houding teenoor Princess is (reël 13–14) en
verduidelik hoe dit deur die loop van die toneelstuk verander. (4)
3.2.3 Watter raad sal jy aan 'n vriend gee wat 'n oudisie vir die karakter
Mingus wil aflê? Fokus op die fisieke, emosionele en vokale
uitbeelding van die karakter. (6)
3.2.4 Bespreek die dramatiese funksie van die karakter Jakes in die
toneelstuk. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2014
NSS
BRON B
Ensemblegroep van Sophiatown, die toneelstuk
3.3 Verduidelik wat in BRON B gebeur. Gebruik jou kennis van die toneelteks om
jou antwoord te motiveer. (2)
3.4 Beskou die verskillende karakters om die tafel.
3.4.1 Beskryf die algemene bui/stemming wat in BRON B uitgebeeld
word. Motiveer jou antwoord. (2)
3.4.2 Kies TWEE karakters en verduidelik hoe hulle die lewe in
Sophiatown, die plek, weerspieël en voorstel. (6)
3.5 'Ons het drie keer per week ses maande lank in die aand bymekaargekom en
in die werkswinkel probeer om mekaar kreatief oor die apartheidskeiding
heen te konfronteer.' – Malcolm Purkey
Bespreek hoe die toneelteks Sophiatown geskep is. Verwys na Malcolm
Purkey se aanhaling in jou antwoord. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON A
A
B
C
'n Produksie van Siener in die Suburbs
4.1 Identifiseer karakters A, B en C. (3)
4.2 Verduidelik wat karakter A en C elkeen persoonlik wil bereik deur karakter B
tussen die kap en die enjin in te druk. (2)
4.3 Bespreek hoe elke karakter in BRON A ten minste EEN tema in die
toneelteks beklemtoon. Gebruik 'n ander tema vir elke karakter. (6)
4.4 Jy is gevra om oudisies vir beide karakter B en C af te lê. Beskryf hoe jy fisies
die verskille tussen hulle persoonlikhede sal uitbeeld. (6)
4.5 Wat gebeur met karakter B aan die einde van die toneelstuk? Na jou mening,
waarom het hy op hierdie optrede besluit? (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2014
NSS
BRON B
MA: My kind, toe Ma uitvind sy verwag jou, was ek ook party dae lus om 'n
breinaald in my in te druk. Maar toe jy kom, het ek jou liefgehad. Jy weet nie
hoe leef mens vir 'n kleintjie nie – niemand weet nie, net jyself. Jy't nie alleen
wou hê dat jy moet uitkom uit die Suburbs nie. Mooi meisies het swaar met
mans, maar hulle het altyd 'n kans. Ma wou ook dat jy weg kom. Ma het ook 5
gedink, my kind. Baie. Van hoe jy weg is en gelukkig is ... en so goed af dat
jy ons nie eers wil ken nie. Jy sal maar vir jou kleintjie, as dit nou dalk so is,
ook so dink. Dis 'n alleen pad, my kind ... veral omdat die kind dit nie kan
verstaan nie. (Baie teer, soek na woorde.) Tiemietjie ... askies vir die lewe
wat ek jou ingehelp het ... Ma ... ag, Here ... Ma is ook maar mens en Ma ... 10
Ag, my kind ... ma sal nie kla oor jy by Jakes geslaap het nie ... Jy sien ...
Tiemietjie, jy sien, my kind ... Ma wéét, my kind, Ma wéét.
4.6 Identifiseer en verduidelik die verandering in Ma se stemtoon in BRON B. (4)
4.7 Beskryf hoe 'n akteur hierdie monoloog vokaal kan opvoer deur die gebruik
van tempo en volume. (6)
4.8 Bespreek hoe die karakters in die toneelteks die verskille tussen die Suburbs
en die wêreld buite die Suburbs weerspieël. Verwys in jou antwoord na ten
minste DRIE karakters. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2014
NSS
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE TEATER (NÁ 1994)
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
Bestudeer die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON A
Sarah Roberts – Stelontwerp vir Nothing but the Truth
(Hierdie illustrasie is 'n reproduksie van die oorspronklike stelontwerp
deur Sarah Roberts)
Jy is die regisseur van Nothing but the Truth by jou skool. Jy besluit om Sarah Roberts
se stelontwerp in BRON A te gebruik.
5.1 Wat is die genre (tipe) van hierdie stelontwerp? (1)
5.2 Verduidelik hoe hierdie genre die toneelspelstyl in die verhoogruimte
beïnvloed. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2014
NSS
5.3 Beskryf die ontwerpuitleg (rangskikking) van die stel. (4)
5.4 Verduidelik die dramatiese doeltreffendheid van die volgende:
• Die kralegordyne
• Die vullis buite die huis
• Die siklorama ('n lap wat agter op die stel gehang word en waarop ligte
verskillende verhoogeffekte projekteer, byvoorbeeld 'n sonsondergang) (6)
5.5 Identifiseer waar in die skool jy die stel sal bou en noem waarom dit 'n
geskikte plek sal wees om die toneelstuk op te voer. (3)
5.6 Verduidelik hoe die stel en rekwisiete jou gehoor kan help om die karakters
en situasie beter te verstaan. (4)
5.7 Kies die beligting en klankeffekte wat jy sal benodig. Gebruik die toneelteks
om jou keuses te motiveer. (4)
5.8 Jy beplan om met hierdie toneelstuk te gaan toer. Verduidelik watter
uitdagings (probleme) jy met die stel sal hê en hoe jy dit sal oplos. (4)
5.9 Verduidelik waarom dit 'n belangrike toneelteks is om vandag in Suid-Afrika
op te voer. Sluit TWEE temas en hulle impak op die gemeenskap en
samelewing as geheel by jou bespreking in. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON A
'n Produksiefoto van Groundswell wat die uittreksel in BRON B uitbeeld.
BRON B
JOHAN: (Removing a wallet from an inside pocket) Then this must be your wallet?
SMITH: (Taken aback) What?
THAMI: What are you doing?
JOHAN: I'm making sure, that's all. (He opens the wallet and goes through it; takes
out a driver's licence, reads the name.) Jeffrey Reginald Smith. 5
SMITH: (Stands up and lunges towards Johan) Give that to me.
Veronderstel jy is die regisseur van Groundswell.
6.1 Noem waarom die kostuums in BRON A geskik (reg) lyk vir elke akteur. (3)
6.2 Bespreek TWEE eienskappe waarna jy sal soek wanneer jy die rolverdeling
vir elke karakter doen. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2014
NSS
6.3 Wat kommunikeer die dramatiese verhouding van die karakters in die toneel
in BRON A aan die gehoor? (3)
6.4 Verduidelik aan akteurs hoe die verhouding tussen Johan, Smith en Thami
deur gesigsuitdrukkings, beweging en gebare uitgedruk kan word. (Jy mag na
enige van BRON A of B verwys.) (6)
6.5 Sou jy die foto in BRON A op 'n plakkaat gebruik wat die toneelstuk
adverteer? Motiveer jou antwoord. (4)
6.6 Verduidelik hoe jy die akteurs in BRON B sal lei/regisseer om toonkleur en
volume te gebruik om hul dialoog effektief op te voer. (6)
6.7 Skryf 'n artikel vir jou skoolkoerant waarin jy die toneelstuk adverteer.
Bespreek die volgende:
• Die verhoogplasing van die toneelstuk
• 'n Kort opsomming van die intrige
• Die temas en kwessies in die toneelstuk
• Die betekenis van die titel
• Die toepaslikheid van die toneelstuk op Suid-Afrika vandag (12)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON A
Mis – Magiese Realisme
'Sommige karakters in die toneelstuk word meer met die magiese wêreld geassosieer
as ander. Net so laat die towenaar in 'n sirkus die grense tussen skyn en werklikheid
die meeste vervaag.'
7.1 7.1.1 Definieer die term magiese realisme. (2)
7.1.2 Identifiseer die karakter in die toneelteks wat die meeste met 'n
towenaar in 'n sirkus geassosieer word. (1)
7.1.3 Noem die fisiese gestremdheid waaraan hierdie karakter
skynbaar ly. (1)
7.1.4 Verduidelik waarom hierdie karakter simbolies met 'n towenaar
geassosieer kan word. (6)
7.2 Beskryf hoe die volgende karakters op die aankoms van die sirkus in die dorp
reageer:
• Miem (2)
• Gertie (2)
7.3 Die eksterne omgewing van die sirkus is 'n vergelyking met die interne
omgewing van die huis. Bespreek die moontlike redes waarom Reza de Wet
hierdie metafoor/vergelyking gebruik. (6)
7.4 Die sirkusmusiek het 'n belangrike funksie in die toneelstuk. As 'n regisseur,
noem en verduidelik die gebruik van DRIE ander klankeffekte. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2014
NSS
BRON B
MEISIE: 'n Paar jaar gelede was die sirkus hier. Net soos nou. Maar dit was 'n
warm nag. ' 'n Vroeë somer,' het my ma gesê. 'Dit sal droogte en siekte
bring'. (Saggies.) Dis baie bedompig in die huis. Ons het al die vensters
oopgemaak en bed toe gegaan. Ek skrik skielik wakker. Ek lê in die
donker en luister na musiek. En dit klink asof die musiek harder en al hoe 5
harder word. Daar is takke wat krap op die dak en die gordyne waai op
maar van die musiek. Ek gaan staan by die venster en van daar af sien ek
die tent. Die groot tent bedek met klein liggies. Die musiek word harder en
al harder. Skielik klim ek by die venster uit, spring af tussen die rose, glip
deur die tuinhekkie en loop na die sirkusgronde. Net so. Kaalvoet deur die 10
dorings. Ek loop tussen die hokke deur. 'n Tier brul. 'n Apie skree. En nou
staan ek reg langs die tent. (Sy lag.) Daar is 'n klien gaatjie en ek loer
daardeur. (Sy maak 'n 'gaatjie' met haar vinger en duim en loer daardeur.)
Eers die een oog, dan die ander. (Stilte, die betowerde, asof alles weer
gesien word.) Ek sien 'n man met lang, swart hare en 'n blink mantel. Daar 15
is 'n meisie saam met hom. Hy hou 'n saag omhoog sodat die gehoor dit
kan sien, en hy roep iemand nader om te kom voel hoe skerp dit is. Vet
Oom Soon kom vinnig nader, en almal lag, want hy sny sy vinger. Die man
wys na 'n lang kis en slaan die deksel van die kis oop. Die mooi meisie vra
mooi en pleit, en val op haar knieë voor die man neer. Hy gryp haar 20
gewrigte en sleep haar na die kis, gooi haar in en maak die deksel toe.
Haar kop steek aan die een kant uit en haar voete aan die ander kant. Die
man begin saag en saag. Die meisie skreeu. Die saag is met bloed bedek,
en die kis word middeldeur gesaag, maar haar kop en voete beweeg
steeds. Die man gooi sy mantel oor die kis en se 'n paar magiese woorde. 25
Hy haal die mantel af en maak die deksel oop. (Oorstelp van geluk.) Die
meisie spring uit en alles is weer reg! Sy is weer heel! Almal skree en fluit!
Sy strek haar arms wyd uit.
7.5 In BRON B herleef Meisie haar ervaring van die towerwêreld by die sirkus.
7.5.1 Wat suggereer die reël 'Dit sal droogte en siekte bring' (reël 2) oor
Miem se karakter? (3)
7.5.2 Verduidelik hoe die verwysings na die weer in hierdie uittreksel tot
die atmosfeer in hierdie toneel bydra. (3)
7.5.3 Beskryf hoe die akteur wat Meisie speel, hierdie monoloog vokaal
en fisies sal opvoer om haar vertolking van die begin van die
monoloog tot die einde af te wissel.
Jy mag na enige reëls verwys om jou antwoord te staaf. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2014
NSS
AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE
AFDELING D is VERPLIGTEND.
VRAAG 8
Bestudeer AL DRIE bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON A
'Teater kan sonder grimering, sonder kostuums en toneelskilderkuns (stel), sonder 'n
aparte opvoerruimte (verhoog), sonder beligting en klankeffekte, ensovoorts bestaan.
Dit kan nie sonder die akteur-toeskouer-verhouding bestaan nie. Ons beskou die
persoonlike en toneeltegniek van die akteur as die kern van teaterkuns.'
– Grotowski, Towards a Poor Theatre
BRON B
Fotobeelde van 'n produksie van The Lion King – The Musical
8.1 Bespreek wat jy verstaan onder Arm Teater (Poor Theatre). (5)
8.2 Verduidelik hoekom Arm Teater so gewild was in Suid-Afrika en so suksesvol
in Protes- en Werkswinkelteater gedurende die apartheidsera. Jy mag na
enige van die toneeltekste wat jy bestudeer het of enige van die opvoerings
wat jy gesien het, verwys. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2014
NSS
8.3 The Lion King – The Musical kan as Ryk Teater geklassifiseer word.
Verduidelik waarom The Lion King 'n voorbeeld van Ryk Teater is. Verwys in
jou antwoord na die foto's in BRON B. (5)
8.4 Jy het besluit om 'n Arm Teater-produksie van The Lion King aan te bied.
Noem VYF vaardighede wat jy van die akteurs wat oudisies vir die produksie
aflê, sal verwag. (5)
BRON C
Daar is geen toekoms in
Jy kan net Dramatiese Kunste nie!
toneelspeel as jy
Drama studeer!
Drama kan jou
Daar is net plek vir nie in enige
Wiskunde en ander
Wetenskap! loopbaan help
nie!
Drama-
leerders groei
Loopbane in en ontwikkel
Drama? nie!
Watter
loopbane?
In Dramatiese Kunste Drama is nie 'n
word jy niks geleer nie! volhoubare
loopbaan nie!
'Dit is een van die tragiese ironieë van die teater dat slegs
een man daarin op gereelde werk kan staatmaak
– die nagwag.'
8.5 Bespreek hoe jy op die kommentaar hierbo sal reageer. Verwys in jou
antwoord na die volgende:
• Toneeltekste wat jy bestudeer het
• Praktiese werk wat jy gedoen het
• Persoonlike ervarings wat jy in Dramatiese Kunste gehad het
(Jou antwoord moet ten minste EEN bladsy lank wees.) (15)
[40]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2014 QP (Eng)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2014 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 Question Paper

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 QP (Eng)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a/v1-20e004afb86073eee4e0/card.webp)
Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)
Memorandum