Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

Question paperDramatic ArtsGrade 12201413 pages

Grade 12 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 DRAMATIESE KUNSTE PUNTE: 150 TYD: 3 uur *DRAMDM* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DRAMATIESE KUNSTE (SEPTEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960 – 1994 (40 punte) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Nà 1994 (40 punte) AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Begrippe, Inhoud en Vaardighede (40 punte) 2. AFDELING A Alle kandidate moet hierdie vraag beantwoord deur na die toneelteks wat hulle bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse teaterbeweging te verwys. EPIESE TEATER  Caucasian Chalk Circle Bertolt Brect  Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  Mother Courage Bertolt Brecht  Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht  Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE  Waiting for Godot Samuel Beckett  Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett- toneelteks  Bagasie Andrê P. Brink  The Bald Prima Donna Eugene Ionesco  Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco- toneelteks OF POSTMODERNE TEATER  Skrapnel Willem Anker  Top Girls Carol Churchill  Popcorn Ben Elton  Buried Child Sam Shepard
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) DRAMATIESE KUNSTE 3 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbonengi Ngema and Barney Simon VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company VRAAG 4: Siener in die Surburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani VRAAG 6: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D: Teater Geskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede Hierdie afdeling bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet TWEE vrae soos volg beantwoord. VRAAG 7: Die Geskiedenis van Teater is VERPLIGTEND. VRAAG 8: STEMWERK OF VRAAG 9: FISIESE WERK OF VRAAG 10: LEWENDIGE OPVOERING OF VRAAG 11: KULTURELE OPTREDES EN RITUELE NOTA AAN ONDERWYSERS AFDELING D kan elke jaar ʼn ander getal vrae bevat, afhangend van die aspekte wat getoets word en die bronmateriaal wat gebruik word.
Downloaded from hlayiso.com 4 DRAMATIESE KUNSTE (SEPTEMBER 2014) AFDELING A: 20STE EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Beantwoord hierdie vraag deur na die toneelteks wat jy bestudeer het, asook die relevante 20ste-eeuse teaterbeweging te verwys (Teater van die Absurde, Epiese Teater OF Postmoderne Teater). Dui boaan jou opstel aan watter toneelteks jy bestudeer het. Anders as ander werke in die letterkunde soos die roman en die kortverhaal, is ʼn drama bedoel om met volle klank gehoor te word eerder as om dit self te lees. Die skrywer van die toneelteks, bekend as ʼn dramaturg, skakel tonele met dialoog van karakters aanmekaar om ʼn storielyn te skep wat die gehoor kan volg … [Source: education.goodmantheatre.org] Gebruik die teaterbeweging wat jy bestudeer het en skryf ʼn opstel waarin jy die geldigheid van die bostaande stelling bewys deur na die volgende aspekte te verwys:  Temas  Taal  Struktuur Jou opstel moet uit ten minste 2–3 bladsye bestaan. TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) DRAMATIESE KUNSTE 5 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994) Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1 Verduidelik die term “Agitprop”. (2) 2.2 Noem en verduidelik enige TWEE onregverdige wette wat deur die vorige regering (voor 1994) opgelê is. (4) 2.3 Skryf ʼn kort paragraaf waarin jy die verskillende fases van ʼn werkswinkel van ʼn produksie bespreek. (10) 2.4 Lees die volgende uittreksel uit Woza Albert! en beantwoord die vrae wat volg. PERCY: There’s no jobs! MBONGENI. There is jobs!! Ten thousand bricks! This morning there were many people at the gates standing there looking for work. And you chased them away! PERCY: Zuluboy, you are getting cheeky, huh? MBONGENI: I’m not getting cheeky. It’s true. PERCY: Ja! I’m cutting down your salary. I think you’re getting too much. Ja! Ja! MBONGENI: The boss can’t cut salary. PERCY: Ek gaan dit doen! [I’m going to do it.] MBONGENI: That’s not showing sympathy for another man. PERCY: Zuluboy! Zuluboy! You sit around waiting for Morena and then you come and tell me about the cost of living? You talk about inflation? What do you know about inflation? I’ve got you here, just here. One more mistake, once more cheeky, and you’re fired. 2.4.1 Hoekom gebruik Mbongeni en Percy hulle regte name in plaas van karakterspesifieke name in Woza Albert? (3)
Downloaded from hlayiso.com 6 DRAMATIESE KUNSTE (SEPTEMBER 2014) 2.4.2 Is Woza Albert! ʼn voorbeeld van Protesteater? Verduidelik. (5) 2.4.3 Neem die bostaande uittreksel in ag: Watter temas word as die belangrikstes beskou in die teateraanbiedings in Suid-Afrika voor 1994 en hoe word hierdie temas in Woza Albert! aangespreek? (10) 2.4.4 Is die temas nog relevant in Suid-Afrika vandag? Verduidelik. (6) [40] OF VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Wat was die Groepsgebiedewet en watter impak het dit in die verlede op Suid-Afrikaners gehad? (4) 3.2 Verduidelik die term “free-hold suburb”. (2) 3.3 Bestudeer die uittreksel uit Sophiatown en beantwoord die vrae wat volg. FAHFEE: ‘Nobody believed it was possible. Was this just a fantasy? A Jewish girl living in Softown! It’s not possible. Is she crazy as a bedbug? Who’d leave the easy white life of Yeoville for the seething hot-spots of Kofifi? Well, folks, let me introduce you. She is none other than Ruth Golden. Height: five foot three 5 inches …’ RUTH: Five foot four! JAKES: Oops! Sorry. FAHFEE: Aah … Five foot four. ‘Long black hair pulled back in a swinging switch. A pert but comfortable figure. Curious 10 bright eyes …’ RUTH: come on! FAHFEE: ‘She tells me …’ JAKES: uh, uh – that’s my bit. ‘She tells me she worked at Vanguard’s, the bookshop, and we all know what happens there! Could 15 she be an eager intellectual? A wide-eyed jazz maniac? A demure but daring do-gooder? Or is it just an advertising stunt?’ RUTH: Jakes! 3.3.1 Hoe het die naam Sophiatown ontstaan? Verduidelik. (3) 3.3.2 Wat is so vreemd van Ruth wat by Mamariti’s intrek? (2)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) DRAMATIESE KUNSTE 7 3.3.3 Die karakter van Fahfee verteenwoordig die polities ingeligte in baie opsigte in die toneelstuk. Is die stelling WAAR of ONWAAR? Verwys na die toneelstuk en maak van voorbeelde in jou antwoord gebruik. (4) 3.4 Identifiseer TWEE karakters in die toneelstuk. Verduidelik hulle verhouding en hoe dit deur die gedwonge verskuiwings geraak is. (6) 3.5 Bespreek DRIE sosiale kwessies wat die mense van Sophiatown raak en verduidelik hoe die kwessies in die toneelstuk aangebied is. (9) 3.6 Sal jy die toneelstuk as Realistiese Teater klassifiseer? Oorweeg die volgende in jou antwoord:  Stel/dekor  Plot/intrige  Karakters (10) [40] VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR P.G. DU PLESSIS Bestudeer die uittreksel uit Siener in die Suburbs en antwoord die vrae wat volg. GIEL: Toe-nou maar, my meisie, jy vat my verkeerd op. Ek ken jou 1 gesindhede. Dis net dat diè ding ʼn mooi gedagte is vir die kinders – ek meen, dan’s ek tog ook iets in die huis. TJOKKIE: (loop voor om die motor met ʼn sleutel in sy hand). Ma, koop tog die ding en kry klaar! 5 (Giel trek Ma so bietjie verder van die garage af en hulle gaan sit op die stoepie.) MA: Die kinders hou nie van die ding nie. GIEL: Onse liefde het nie wet nodig nie, my hart. Ek meen ek het jou life. As oorle Pa nog leef, orraait … ek meen … oraait. Hoekom laat jy nie vir 10 Tjokkie ʼn shot oorle Pa sien nie? Hy’s nou al oor ʼn twintig jaar soek. Jy kan mos nie so aangaan nie. Laat Tjokkie ʼn shot sien. MA: Jy moenie lol dat Tjokkie sien nie, Giel. GIEL: Maar dit kos hom niks. 15 MA: Is jy darem bang hy kom terug, Giel? Ek meen oorlede Pa. GIEL: Hoe kan jy nou so ʼn ding vir ʼn man vra wat elke aand bang is hy verloor sy meisietjie dalk? Maar jy’s wettiglik sy vrou, my hart. MA: Nou sien jy nie hoekom ek bang is Tjokkie moet daaroor sien nie?
Downloaded from hlayiso.com 8 DRAMATIESE KUNSTE (SEPTEMBER 2014) 4.1 Wat wil Giel aan Ma verkoop? (1) 4. 2 Is Giel en Ma getroud? Haal vanuit die uittreksel aan om jou antwoord te staaf. (3) 4.3 Wie is Tjokkie se suster? (1) 4.4 Giel word gewys as die vaderfiguur in Ma se huishouding. Word hy as sodanig deur die familielede aanvaar? Ondersteun jou antwoord met ʼn voorbeeld uit die toneelstuk. (4) 4.5 Giel is ʼn slagoffer as gevolg van dit wat die samelewing van ʼn man verwag. 4.5.1 Wat is dit wat die samelewing daardie tyd van ʼn man verwag het? (2) 4.5.2 Verskaf ʼn voorbeeld vanuit die toneelstuk om jou antwoord te staaf. (2) 4.6 Verduidelik die verhoudings tussen die volgende karakters van die toneelstuk:  Tjokkie en Giel  Ma en Giel (6) 4.7 Gee ʼn beskrywing van die kostuums wat geskik sou wees vir beide Tjokkie en Ma en motiveer jou keuses. (6) 4.8 Noem TWEE sosiale probleme in die samelewing wat deur die toneelstuk aangespreek word. (2) 4.9 Verduidelik hoe die dramaturg hierdie probleme in die toneelstuk aanspreek. Verwys na die temas in die toneelstuk om jou antwoord te ondersteun. (6) 4.10 Jy is die kans gegee om die toneel hierbo aan te bied. Hoe sal jy dit opvoer? Verwys na die volgende in jou antwoord:  Gebruik van stem  Karakterisering  En blok/verhoogplasing (beweging op die verhoog) (7) [40] TOTAAL AFDELING B: 40
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) DRAMATIESE KUNSTE 9 AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER NÀ-1994 Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1 Bestudeer die volgende Suid-Afrikaanse Teater-ontleding en reageer op die vrae wat volg. (Die meeste Suid-Afrikaanse toneelstukke word beïnvloed deur internasionale teatertendense, bewegings en style. Hierdie tendense kan vanaf die aktiewe proses van teater skep tot die styl van aanbieding dek.) 5.1.1 “Nothing but the Truth” is op verskeie maniere tipies van die realistiese teater. Is die stelling WAAR of ONWAAR? (1) 5.1.2 Bewys jou antwoord in VRAAG 5.1.1 deur te verwys na die ruimte in “Nothing but the Truth”. (8) 5.1.3 Noem enige EEN van die internasionale teaterbewegings. (1) 5.2 Lees die volgende uitreksel en beantwoord die vrae wat volg. UITTREKSEL VANUIT NOTHING BUT THE TRUTH SIPHO: How was your day? 1 THANDO: Oh! The same grind. Former soldiers, policemen and security people applying for amnesty. Saying they are sorry. Sometimes I sit there translating, interpreting, and not even feeling. It’s easy to get numb you know. SIPHO: That’s why I do not go anymore. It’s pointless. 5 THANDO: The truth does come out, and at least the families get to know what happened. SIPHO: Their version of what happened. THANDO: Don’t start! Don’t start! I know how you feel about that. Pause SIPHO: The undertaker must be on his way now. 10 THANDO: [as she exits]: Daddy, what did uncle Themba die of? SIPHO: His heart gave in, so says his wife. THANDO: [from the bedroom]: Why didn’t Auntie Thelma accompany his body instead of Mandisa? 14
Downloaded from hlayiso.com 10 DRAMATIESE KUNSTE (SEPTEMBER 2014) 5.2.1 Wat is die Waarheid-en-Versoeningskommissie? (2) 5.2.2 Bespreek DRIE punte oor die karakters van Sipho en Thando. Watter soorte persoonlikhede het hulle? (6 x 2) (12) 5.2.3 Hoe weet die gehoor dat Sipho en Thando al vantevore hierdie gesprek gehad het? (2) 5.2.4 Sipho verander die onderwerp na pouse. Hoe sal jy jou stem in die optrede gebruik om die verandering te wys? (4) 5.2.5 Bespreek die tema van “waarheid” in Nothing but the Truth. Oorweeg Thando en Sipho se gesprek oor die Waarheids-en- Versoeningskommissie. (10) [40] OF VRAAG 6: MIS DEUR REZA DE WET Lees die volgende uittreksel van ʼn artikel deur Johan Coetser vir die Universiteit van Kwazulu-Natal. “In Reza de Wet se drama Mis (1993a), maak die ma, Miem, en die dogter Meisie ʼn lewe daaruit om mis te verkoop. Miem se man, Gabriël, bly permanent in die solder en alles wat hy benodig, moet vir hom opgehys word.” [Bron: Afrikaans Theatre: Reflections of Identity, Johan Coetsee, UKZN] 6.1 Watter geleentheid vind in die gemeenskap gedurende die drama plaas? (2) 6.2 Dit lyk of daar ʼn gevaar is wat met die geleentheid geassosieer kan word. Wat is die gevaar? (3) 6.3 Hoe beeld die dramaturg armoede as een van die sosiale probleme in die drama uit? (6) 6.4 Bespreek die ironie van die besoek deur die polisieman. (5) 6.5 Miem en Meisie het vir Gabriël pligsgetrou vir die afgelope sewe jaar bedien. Hoe is dit ʼn aanduiding van geslagskwessies wat in die toneelstuk aangespreek word? (6) 6.6 Dink jy dat Mis die Realistiese teater (realisme) uitbeeld in terme van sy voorstelling en temas wat dit aanspreek? Verduidelik jou antwoord. (10) 6.7 Miem kom teen einde van die toneelstuk terug en kom agter dat Meisie vermis is. Hoe sal jy die karakter van Miem speel, nadat sy besef het dat Meisie vermis is? Verwys na jou kennis van stem en liggaamstaal in die teater. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) DRAMATIESE KUNSTE 11 AFDELING D: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. VRAAG 7: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER 7.1 Noem enige TWEE filosowe en ʼn teaterbewegings wat deur hulle beïnvloed is. (4) 7.2 Watter teaterbeweging het Adolphe Appia beïnvloed? (1) 7.3 Bespreek DRIE verskille tussen Realisme en Ekspressionisme-teater. Jy kan ʼn tabel gebruik om die verskille aan te dui. (3 x 2) (6) 7.4 Hoekom is dit belangrik om bewus te wees van die sosiale en politieke agtergrond van die toneelstukke wat jy in Dramatiese Kunste bestudeer? (3) 7.5 Noem jou gunsteling 20ste eeuse-teaterbeweging wat jy hierdie jaar bespreek het. Verduidelik jou keuse deur na die temas te verwys. (6) [20] Beantwoord slegs EEN vraag uit die volgende. VRAAG 8: STEMWERK Bestudeer die volgende uittreksel uit die boek, “Voice and Speech in Theatre” en beantwoord die volgende vrae. “… Daar is ʼn plek in die teater vir baie stemtipes, maar daar is hoegenaamd geen plek vir ʼn stem wat nie korrek aangewend word nie, of vir stem en spraak wat nie by die toneelstuk pas nie …” [Bron: Voice and Speech in the Theatre deur James Clifford Turner] 8.1 Jou stem is ʼn belangrike instrument in die teater. Is dit WAAR of ONWAAR? Gee EEN rede vir jou antwoord. (2) 8.2 Gee TWEE redes hoekom stemoefening vir ʼn akteur belangrik is. (4) 8.3 Beskryf enige TWEE stemoefeninge en verduidelik hulle belangrikheid. (6) 8.4 Hoe het jy jou stem gebruik om te pas by die karakter wat jy gespeel het? Verwys na jou praktiese toneelspel in jou antwoord. Oorweeg die volgende in jou antwoord:  Die ouderdom van die karakter  Die gebeure in die drama waar die karakter sy stem moet gebruik om emosie oor te dra (8) [20]
Downloaded from hlayiso.com 12 DRAMATIESE KUNSTE (SEPTEMBER 2014) OF VRAAG 9: FISIESE WERK Verwys na die volgende uitbeelding om die volgende vrae te antwoord. [Michael Marmitte in Ma Ravan Ensemble. Cuepix 2009] 9.1 Hoe weet jy dat die bostaande uitbeelding ʼn werklike fisieke teater- aanbieding voorstel? Motiveer jou antwoord. (3) 9.2 Verskaf TWEE redes waarom dit belangrik is om voor ʼn teater- aanbieding op te warm. (4) 9.3 Watter kwaliteite, dink jy, moet ʼn akteur hê, om op te tree in ʼn fisieke teater-aanbieding wat soortgelyk aan die een in die uitbeelding is? (4) 9.4 Beskryf EEN oefening wat jy kan gebruik om jou liggaam vir ʼn fisieke teater-aanbieding voor te berei. (3) 9.5 Skryf ʼn 50–60 woorde storie/verhaal oor die handeling/aksie wat in die foto getoon word. (6) [20] OF
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) DRAMATIESE KUNSTE 13 VRAAG 10: LEWENDIGE OPTREDE Oorweeg die volgende bron en beantwoord die vrae wat volg. BRON ʼn Drama-student het die volgende opmerking teenoor sy drama-onderwyser gemaak: “Die proses by die skep van ʼn optrede hang van baie dinge af; die finale optrede is slegs ʼn refleksie daarvan.” 10.1 Hoe belangrik is dit om deeglik vir jou praktiese optrede voor te berei? Verduidelik. (5) 10.2 As student van die vak, Dramatiese Kunste, het jy deel uitgemaak van die skep van ʼn produksie. Skryf ʼn kort verslag oor die proses van die ontwikkeling van jou praktiese optrede vir die September-eksamen. Jou verslag behoort die hele proses in te sluit – vanaf die eerste dag tot en met die dag van jou optrede. (15) [20] OF VRAAG 11: KULTURELE OPTREDES EN RITUELE Bestudeer die bron wat uittreksel is uit die werke van ʼn kenner van mitologie, Joseph Campbell. BRON “… Gewoonlik het beskawings rituele wat bonatuurlike kragteoorwinnings en helde vereer. Dikwels word bonatuurlike vorme verteenwoordig deur kostuums en maskers te gebruik. Rituele wat uitgevoer is as deel van verpligtinge teenoor die gode, het ook vermaak en plesier verskaf.” [Bron: Joseph Campbell, ʼn mitoloog] Oorweeg die elemente van drama wat jy in die jare as ʼn Dramatiese Kunste- leerder bestudeer het. Bespreek hoe ʼn rituele-seremonie van pas kan wees om as ʼn optrede te kwalifiseer. Jy mag verwys na ʼn tradisionele ritueel wat in jou gemeenskap beoefen word as ʼn voorbeeld in jou bespreking. Dink aan die volgende:  Hoe die seremonie begin  Die deelnemers (karakters) wat betrokke is  Fisieke teater [20] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all