Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)

MemorandumDramatic ArtsGrade 12201426 pages

Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2014 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 26 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2014 NSS – Memorandum ALGEMENE NOTAS AAN NASIENERS 1. As 'n nasiener, skryf kort opmerkings waarom 'n punt opwaarts of afwaarts aangepas is indien die memorandum nie duidelike riglyne gee nie en die nasiener eie diskresie moet gebruik. 2. Maak duidelike regmerkies om die punt wat behaal is, aan te dui. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke raak. 3. Hoofnasieners moet rubrieke met nasieners fasiliteer. Gebruik die kriteria en vlakbeskrywings van Dramatiese Kunste om die nasien te lei. 4. Hou gereelde konsultasies om te verseker dat nasienwerk gestandaardiseer is. 5. In die geval waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde skryf, moenie penaliseer nie (bv. opstelvraag). 6. Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir kandidate se antwoorde. Hulle moet seker maak dat verskillende onderwysstyle nie die kandidaat benadeel nie. 7. Wy die eerste dag aan die bestudering van die kwaliteit en kwantiteit van bewyse in die memorandum, standaardiseer die vereiste antwoorde en vind gemeenskaplike definisies en konsepte. 8. Sien globaal na, waar moontlik. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit die toneelteks gemotiveer is. Gee krediet vir insigvolle idees en konsepte. 9. Kyk dat kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe. 10. Definisie van “Holisties merk” : Merk met die doel dat die leerder kan motiveer in n bree konteks, dit hoef nie noodwendig in die memo weergegee word nie of konvensioneel wees nie. Holisties is n “mind at work” skeppende uit die boks gedink. Nie noodwendig die punte soos verwag nie maar die kwaliteit van die antwoord wat weergegee word : verduidlikings, aanhalings en voorbeelde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2014 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING SOOS IN DIE VRAESTEL GEGEE 1. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40 punte) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40 punte) AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede (40 punte) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse teaterbeweging. EPIESE TEATER • Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht • Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • Mother Courage Bertolt Brecht • Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht • Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE • Waiting for Godot Samuel Beckett • Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks • Bagasie André P Brink • The Bald Primadonna Eugene Ionesco • Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER • Skrapnel Willem Anker • Top Girls Carol Churchill • Popcorn Ben Elton • Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND. VRAAG 8: Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2014 NSS – Memorandum AFDELING A: 20STE-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die kandiaat moet hierdie vraag in die vorm van 'n opstel antwoord en die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as voorbeeld gebruik. ÓF Teater van die Absurde ÓF Epiese Teater ÓF Postmoderne Teater Die opstelle moet nagesien word deur die rubriek te gebruik. Neem die kandidaat se benadering tot die onderwerp in ag. Gemotiveerde, oorspronklike antwoorde wat insig toon, moet gekrediteer word. Tenminste 3 punte moet genoem word van die punte wat gelys is. Die leerder moet verwys na die teks wat gebestudeer is. Leerders wat krities die antwoord benader en of net inligting memoriseer en weergee moet onderskei word en volgends dit punte ontvang. Met verwysings en voorbeelde na die spesifieke beweging en toneelstuk. Leerders moet die Teks konnekteer in hul antwoord wat wys dat die leerder krities kan dink. Enige drie in detail bespreek of al vyf net aangeraak is ook aanvaarbaar. Die aantal aspekte gelys is nie die indikasie vir punte wat toegedien word nie. PUNT BESKRYWER Kandidaat het 'n duidelike begrip van die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind. Kandidaat kan 'n breedvoerige opstel skryf, die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde uit die Uitstekend beweging en toneelteks. Die kandidaat bespreek ten minste 3 van die punte, kies gepaste punte 27–30 uit die lys wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het. Hy/Sy fokus op die 'waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël insig, diepte van begrip en uitstekende bevoegdheid in effektiewe kommunikasie in 'n breedvoerige opstel. Insiggewend en uniek. Kandidaat verstaan die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind. Kandidaat kan 'n breedvoerige opstel skryf wat die geldigheid Baie Goed van die aanhaling ondersteun en gebruik voorbeelde uit die beweging en toneelteks. Die 24–26 kandidaat bespreek ten minste 3 van die punte, kies sommige gepaste punte uit die lys wat met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy fokus op die 'waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël redelike diepte van begrip en die vermoë om dit in 'n breedvoerige opstel te kommunikeer. Kandidaat verwys na die aanhaling en verbind die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer het, met die aanhaling. Kandidaat probeer om die geldigheid van die aanhaling te ondersteun en gebruik voorbeelde uit die beweging en toneelteks. Die kandidaat bespreek ten Goed 21–23 minste 3 van die punte, kies sommige gepaste punte uit die lys wat met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy fokus op die 'waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël die vermoë om dit in 'n opstel te kommunikeer. Kandidaat kan direk na die aanhaling verwys, maar is meer geneig om 'n verband af te lei, eerder Bevredigend as om dit direk te noem. Hy/Sy bespreek die toneelteks en die teaterbeweging. Kandidaat 18–20 probeer om die beweging en toneelteks te verbind. Kandidaat bespreek sommige van die punte, kies sommige punte uit die lys wat met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy kan meer punte uit die lys dek, maar op 'n oppervlakkige wyse. Sommige foute in uitdrukking kan gevind word. Kandidaat sal waarskynlik 'n verband met die aanhaling aflei eerder as om dit direk te noem. Gemiddeld Hy/Sy verduidelik die toneelteks en teaterbeweging. Kandidaat slaag daarin om sommige 15–17 voorbeeld(e) van drama-teoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste te gee, maar is dikwels nie in staat om dit met die aanhaling te verbind nie. Kandidaat gee sommige basiese beskrywings van punte maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie. Maak gewoonlik breë stellings wat met drie of meer van die punte verbind kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Kandidaat sal waarskynlik die aanhaling ignoreer en dit per ongeluk in verband bring, eerder as doelbewus. Hy/Sy beskryf die toneelteks en teaterbeweging. Kandidaat slaag daarin om Elementêr sommige voorbeelde van drama-teoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste te gee, maar is 11–14 dikwels nie in staat om dit met die aanhaling te verbind nie. Kandidaat gee sommige beskrywings van punte, maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol in verband bring nie. Maak gewoonlik stellings wat met drie of meer van die punte verband hou en fokus dikwels in sy/haar antwoord op die intrige. Kandidaat se antwoord is deurmekaar en vol foute. Kandidaat ignoreer die aanhaling en bring dit per ongeluk in verband, eerder as doelbewus. 0–10 Nie Kandidaat gee sommige beskrywings van punte, maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en bereik aanhaling betekenisvol in verband bring nie. Maak algemene stellings. Kandidaat is vaag en rammel voort oor irrelevant inligting. Uitdrukking is foutief. TOTAAL AFDELING A: 30 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994) Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1.1 Die uitroepteken suggereer die dringendheid en desperaatheid van die mense. Aanvaar dat Woza Albert! geskree word. Dit is 'n oproep (stem), 'n bevel of 'n instruksie. (1) 2.1.2 Die titel beteken 'kom Albert' (1 punt) maar die afleiding aan die einde is 'kom in opstand, Albert'. Nasieners: Aanvaar dit kan 'n verwysing na Albert Luthuli of Albertstraat wees en dat die mense smeek om van apartheid bevry te word. In hierdie sin kan Albert Luthuli alle vryheidsvegters verteenwoordig. Aanvaar enige ander goed gemotiveerde antwoord. (2) 2.2 Nasieners: Aanvaar TWEE goed gemotiveerde stellings of VIER korter punte. Die struktuur van die toneelstuk is episodies. Die toneelstuk bestaan uit 'n reeks beelde en 'n montage tonele wat elk sy eie storie en scenario het, maar saam een storie vertel. Die akteurs speel meer as een rol in hierdie toneelstuk en herhaling, sang en dans word gebruik om die episodes te verbind. Hierdie struktuur maak dit vir die akteurs maklik om gladweg van een toneel na die volgende te beweeg om 'n kaleidoskoop van gebeure uit te beeld. Die struktuur is op Afrika- mondelinge tradisie gebaseer. Dit ontstaan uit die werkswinkelproses. Die gebruik van die episodiese struktuur laat die skeppers van die toneelstuk toe om 'n verskeidenheid kwessies, wat verdrukte mense in die gesig staar, te bespreek of uit te lig. Dit laat ook spronge in tyd, plek en aksie toe. Dit maak dit makliker vir die twee akteurs om vinnig van een toneel na die ander te beweeg. (4) 2.3 2.3.1 Nasieners: Aanvaar ander temas soos werkloosheid, rassisme, vooroordeel, diskriminasie, ensovoorts indien dit goed gemotiveer word. Merk holisties. Uitbuiting In apartheid-Suid-Afrika werk Percy en Mbongeni lang ure vir baie min geld. Hulle word sleg deur hul werkgewer, Baas Kom, behandel. Hy dreig om hulle af te dank elke keer as hulle van hom verskil of oor hul werksomstandighede kla. Hulle werkgewer dreig hulle deur te sê dat daar honderde mense is wat werk soek en dat hulle daarom dankbaar moet wees vir die werk wat hulle het. Die werkgewer gun hulle nie basiese mense- Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2014 NSS – Memorandum /werkerregte nie. In hierdie toneel leer ons dat daar baie mense is wat werk soek, maar Baas Kom stel hulle nie aan nie, want hy sal dan meer aan lone moet betaal. Beide werkers het geen manier om enigsins te protesteer nie. Hulle aanvaar dus die onregverdige behandeling en die dreigemente om hulle af te dank of om hulle betaling te verminder. Armoede Dit is duidelik omdat Mbongeni sê dat die lewenskoste en inflasie te hoog is. Alhoewel die werkers duisende stene maak om huise te bou, bly hulle self in plakkershutte wat Mbongeni 'sardienblikke' noem. Hulle verdien duidelik nie genoeg nie en oorleef skaars. Dit word 'n bose kringloop en 'n gesukkel om te oorleef. Die armoede en lyding wat (6) mense ervaar, word dwarsdeur die toneelstuk beklemtoon deur verskillende karakters soos Auntie Dudu, wat deur vullisdromme grou op soek na kos. (2 x 3) 2.3.2 Nasieners, aanvaar ander geldige antwoorde wat oor verbale en fisiese opvoering handel. Kandidaat kan slegs na die transformasie van Baas Kom verwys. Merk Holisties. Vokaal Bobbejaan het 'n lae status as werker in die apartheidsera. Hy mag met 'n onderdanige, sagte volume praat. Nadat hy deur karakterisering verander het, sal hy net so gesaghebbend, aggressief en baasspelerig soos Baas Kom wees. Sy toonkleur sal verander na 'n aggressiewe/kras toonkleur en sy volume sal hard en dominerend wees. Hy sal alle besprekings oorheers. Fisies Bobbejaan is 'n werker. Hy is in 'n onderdanige posisie. Sy liggaamspostuur mag krom en nie dreigend wees nie. Sy gebare kan klein en binnewaarts wees. As Baas Kom, die baas, is sy postuur meer regop. Hy sal ook 'n ernstige uitdrukking op sy gesig hê, met sy wenkbroue gelig. Hy gebare sal (4) groot en skerp wees. Hy sal al die verhoogruimte vir homself neem. 2.4 2.4.1 Die liggaam word 'n instrument/middel/manier om 'n boodskap te kommunikeer om sodoende iemand se eie oogpunt, idees en gevoelens uit te druk bv. Mimiek, beweging( liggaamsdele, kop, balans en gebare) en fisiese (2) verandering van karakter. 2.4.2 Nasieners, aanvaar enige TWEE geldige antwoorde. Akteurs verander van karakter tot karakter. Hulle verander hulle aksent, postuur en gebare, byvoorbeeld van 'n tandlose ou man na Auntie Dudu. Akteurs verander in voorwerpe, byvoorbeeld 'n instrumentele jazzorkes, die helikopter, ens. Akteurs gebruik ook hulle stemme om klankeffekte/ideofone te skep, byvoorbeeld die sirene of helikopterklanke. Kandidate kan ander voorbeelde noem. (2) 2.4.3 Nasieners, aanvaar enige TWEE goed gemotiveerde vaardighede. Gee punte ook vir 4 kort antwoorde genoem. Vokale vaardighede Akteurs moet vokaal vaardig en sterk wees, omdat die opvoering/produksie van akteurs vereis om verbale dinamiek te gebruik. Hulle moet kan sing, verskeie aksente kan gebruik en toonhoogte en tempo kan varieer om verskillende karakters uit te beeld. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Fisiese vaardighede Die toneelstuk is fisiek; die akteurs moet baie vaardig, rats en soepel wees en goeie stamina en uithouvermoë hê om die vinnige aksie van die toneelstuk vol te hou. Akteurs moet fisies sterk en veelsydig wees. Die opvoering vereis dat hulle van een karakter na die volgende verander, omdat daar net twee (4) akteurs is wat 'n verskeidenheid karakters in 26 tonele speel. Akteurs moet kreatief, energiek en hardwerkend wees, omdat die produksie in terme van die struktuur baie veeleisend is (toneelveranderinge gebeur baie vinnig). Akteurs moet kan dans en toneelspeel. Akteurs moet oor veelvuldige toneelspelvaardighede beskik. 2.5 Nasieners, aanvaar enige ander goed gemotiveerde antwoorde. Merk holisties. Verseker dat al 4 aspekte genoem en gedek word, elke antwoord hoef nie nie selfde gewig te dra nie. Net deur die aspekte te lys is nie voldoende om volpunte te bereik nie. Karakters Hulle is stereotipies van werklike mense wat bekend is en maklik herkenbaar is. Die gehoor kan maklik met die karakters en dit wat hulle sê, identifiseer. Die taal wat deur die karakters gebruik word, sal vir die gehoor herkenbaar wees. Ruimte Die ruimtes is omgewings wat vir die gehoor bekend is, byvoorbeeld die treinstasie, Albertstraat, ens. Die ruimte verander volgens die opvoeringslokaal. Die toneelstuk kan by enige ruimte aanpas. Taal Taal is informeel (spreektaal), baie bekend vir die gehoor, 'n mengsel van Engels, Afrikaans, inheemse tale, Tsotsitaal en slêng. Afrikaans sou as die taal van die onderdrukker erken word. Die gebruik van neerhalende en vulgêre taal sou vir die gehoor bekend wees. Toneelspelstyl (8) Dit is luidrugtig, energiek en oordrewe. Die fisikaliteit van die toneelspelstyl, asook die gebruik van komedie, sang en dans, is almal aspekte wat belangstellings en verskeidenheid sal skep en dus die gehoor se aandag trek. 2.6 Nasieners, aanvaar enige ander goed gemotiveerde antwoorde. Die kostuums is belangrik omdat daar slegs twee akteurs is wat baie verskillende rolle in ses-en-twintig tonele speel. Die akteurs beweeg vinnig tussen karakters. Deur die kostuums op die verhoog te hou, word verseker dat die toneelstuk glad vloei en die vinnige kostuumveranderinge voorkom dat die gehoor lawaaierig en rusteloos raak. Dit hou die gehoor geïntereseerd in die toneelstuk. (3) 2.7 Nasieners aanvaar ander geldige antwoorde. Aanvaar enige antwoord wat die bokse verduidelik al is dit net een ander gebruik goed gemotiveerd. Merk Holisties. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Die bokse word op verskillende maniere dwarsdeur die toneelstuk gebruik. Aan die begin van die toneelstuk sit die akteurs op die bokse en word 'n jazzorkes. Ander gebruike sluit in die vleisverkoper se tafel, die haarkapper se stoel en die steenkoolverkoper se trok. Percy gebruik dit om op te staan wanneer hy die aankondiger by die lughawe is en dit is ook 'n asblik vir Auntie Dudu, ens. (4) [40] VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Nasieners, aanvaar ander geldige en relevante antwoorde. Komiese tegnieke kan na verwys word in opvoering ens. Die gehoor sal dink dit is snaaks dat die werklike rede waarom Mingus by die begrafnis was, nie was om te rou nie, maar eerder om te bewys dat hy nie die (2) afgestorwene vermoor het nie. 3.2.1 Charlie se karakter is belangrik omdat hy verskillende kulture in Sophiatown en hoe die verskillende kulture in harmonie saamgeleef het, voorstel. Dit word getoon in sy werksverhouding met Mingus en die band wat hy met Mingus en die ander wat in Mamariti se huis woon, deel. Dit beklemtoon ook die tragedie van die gedwonge hervestigings aan die einde van die toneelstuk wanneer Charlie nie saam met Mingus na Meadowlands kan gaan nie, omdat hy bruin is. (4) 3.2.2 In die uittreksel is Mingus warm en liefdevol teenoor Princess omdat hy haar sopas ontmoet het en glo dat hy op haar verlief is, maar soos die toneelstuk vorder, word hy meer aggressief teenoor haar en mishandel hy haar fisies en emosioneel. Hy glo dat sy nou aan hom onderdanig moet wees omdat hy vir haar presente koop en haar uitneem en hy behandel haar asof sy sy besitting is. (4) 3.2.3 Nasieners, aanvaar enige ander geldige en relevante antwoorde. Merk holisties en herken geintergreerde antwoorde. Vir 'n oudisie moet my vriend die volgende aspekte van sy karakter voorberei: Fisiek Hy is aggressief, gebruik groot en ekspressiewe gebare om sy wisselende buie oor te dra. Sy gesigsuitdrukkings moet sy emosies reflekteer. Hy het 'n stereotipiese township-bendelid-stappie ('swagger'). Emosioneel Hy is kort van draad, het buie wat vinnig verander en is intensief tot op die punt van aggressie. Hy is by tye emosioneel onstabiel en dreigend. Vokaal Hy is arrogant, dominerend, vernederend, smalend, sarkasties en aggressief. Sy toonkleur en volume is donker en hard, selfversekerd, beheersend en (6) veeleisend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 3.2.4 Jakes is die verteller. Hy vertel die storie. Hy open die toneelstuk deur die geskiedenis van Sophiatown, die plek, te vertel. Aan die einde van die toneelstuk vertel hy wat met al die karakters gebeur het na die gedwonge hervestigings. Hy is 'n joernalis (verteenwoordig die swart intellektuele), gebruik sy skryfwerk om die samelewing te verander en hou die mense van Sophiatown ingelig oor wat sosiaal, en nog meer belangrik, polities, gebeur. Jakes is die stem van rede. Hy bring Ruth na Sophiatown. (4) 3.3 Al die karakters is saam bymekaar en lees of kyk na Jakes se artikel oor Ruth in die Drum-tydskrif. (2) 3.4.1 Daar is 'n gelukkige/opgewonde/uitbundige bui omdat die karakters almal saam in 'n vriendelike luim is. Hulle is opgewonde om oor Ruth en hulleself in die tydskrif te lees. Merkers moet enige ander aanvaarbare antwoorde (2) aanvaar. Gee een punt vir beskrywing en motivering. (Luim) 3.4.2 Nasieners, 'n subjektiewe antwoord word vereis. Aanvaar ander geldige en relevante antwoorde. Omdat die karakters uit verskillende kulture en agtergronde kom, verteenwoordig hulle die lewendigheid en energie van Sophiatown. Hulle stel verskillende rassegroepe wat in Sophiatown bly, voor. • Ruth is Joods en wit. Sy kom van Yeoville, 'n wit voorstad langs Sophiatown. Sy word aanvanklik as 'n buitestander beskou, maar word uiteindelik deur die mense in Mamariti se huis aanvaar. Sy stel die wit Boheme voor wat in Sophiatown gewoon het. • Charlie is bruin. Hy is Mingus se regterhand. Charlie gaan sy gang op 'n stil en beskeie manier. Hy verteenwoordig verskillende kulture en rasse wat in harmonie in Sophiatown saam leef. • Mingus is 'n bendelid, behep met klere en die bendes van die 1950's se Amerikaanse films. Hy verteenwoordig die verskillende bendes wat in Sophiatown bedrywig was en oor gebied geveg het. Hy is luidrugtig, baie spraaksaam en nie bang om te sê wat hy dink nie. • Fahfee reël die weddenskappe (fahfee) in Sophiatown. As gevolg hiervan ontmoet hy verskillende mense en bly hy op hoogte van gebeure in die township. Hy is 'n politieke aktivis en hy bring nuus oor die politieke gebeure in Sophiatown. Hy wil hê dat mense in Sophiatown teen die gedwonge hervestiging moet protesteer. Hy verteenwoordig die politieke aktiviste van die tyd. • Mamariti verteenwoordig die shebeen-eienaars wat sterk, selfversekerd en kleurvol was. • Lulu verteenwoordig die duisende skoolkinders wat deur Bantoe-onderrig in die steek gelaat is deur hulle nie vir die lewe voor te berei nie. Sy beklemtoon die tema van onderwys deur haar verskeie gesprekke met haar ma en Fahfee en die ander karakters. • Princess verteenwoordig die baie vroue in die townships wat niks anders as hulle voorkoms en ambisie gehad het om in die lewe te vorder nie. Hulle het die mishandeling deur hulle kêrels verdra, solank hulle net beter lewens kon hê. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Al die karakters beeld die moeilike situasie uit waarin hulle geleef het met gedurige teistering deur polisie tydens klopjagte. Die karakters beklemtoon die persoonlikhede, temperamente en lewenswyses van verskillende groepe mense in Sophiatown. (6) 3.5 Nasieners, aanvaar ander geldige en relevante antwoorde. Merk Holisties. Gee punte vir kanidate as hul slegs verwys het na die skeppende proses van Sophiatown as n werkswinkel teater stuk. Lede van The Junction Avenue Theatre Company was almal betrokke by die skepping van die toneelstuk. Die werkswinkelfase het ses maande geduur. Hulle het navorsing gedoen en onderhoude gevoer met mense wat voor die gedwonge hervestigings in Sophiatown gewoon het. Elke lid van die geselskap het hul idees en bevindings bekendgemaak. Bendelede (soos Kort Boy, 'n voormalige bendeleier) het inligting oor bendelede en hul beheptheid met modes gegee. Shebeen-eienaars wie se plekke deur alle rasse as plekke van vermaaklikheid gebruik is, eienaars van eiendom, huurders, joernaliste (Can Themba, Don Mattera en Anthony Sampson, wat 'n voormalige redakteur van Drum-tydskrif was), politieke aktiviste en intellektuele (Es'kia Mphahlele, wat 'n skrywer en dosent was) is vir onderhoude genooi en idees is van hulle versamel. Ou Drum-tydskrifte is ook as 'n vorm van navorsing gebruik. Die akteurs het tonele geïmproviseer na aanleiding van idees wat tydens die waarneming- en navorsingsfase versamel is om karakters te skep en om 'n storielyn te ontwikkel. Improvisasie het ook sang en dans ingesluit. Tonele wat geskep is, is óf verwerp, óf gekies óf aangepas. Besluite is gesamentlik geneem. Die groep het die materiaal gekies wat dramaties vir die toneelstuk werk en dit gebruik om 'n werksteks te skep. Die hoofprosesse of fases van Werkswinkelteater is: navorsing, onderhoude, improvisasie, seleksie en teks. Kandidate kan hul eie beskrywing, voorbeelde en motiverings vir hierdie fases gee. Die bogenoemde is slegs 'n voorbeeld. (10) PUNT BESKRYWER 9–10 Uitstaande Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die werkswinkelproses en is in staat om duidelik te verduidelik waarom dit 'n gewilde keuse was in Suid-Afrika. Hy/Sy kan die antwoord ondersteun en die sosiopolitieke omgewing van Suid-Afrika en die gewildheid van werkswinkeltoneelstukke verbind. Kandidaat gebruik relevante voorbeelde uit werkswinkeldramas of -praktisyns om die antwoord te ondersteun. Kanidate moet verwys na die skeppende prosesse van Sophiatown as werkswinkel teater. 7-8 Baie Goed Kandidaat het 'n deeglike begrip van die werkswinkelproses en van die Suid- Afrikaanse sosiopolitieke konteks waarin hierdie toneelskeppingsproses gewild was. Kan die antwoord met relevante voorbeelde uit die toneelstukke en praktisyns van die werkswinkelsproses ondersteun 5-6 Goed Kanidaat het n begrip van die werkswinkel proses en die suid-afrikaanse sosiolpolitiese inhoud. Waarin die toneel skeppende proses populer was kan antwoord en die onderstuende antwoorde kan verskaf met voorbeelde. Sommige verwysiging na Sophiatown as werkswinkel teater. 3–4 Gemiddeld Kandidaat het 'n beperkte begrip van die werkswinkelproses en min of geen kennis van hoekom dit gewild was nie. Maak verkeerde stellings. Kanidaat noem die werkswinkel proses maar verwys nie noodwendig na Sophiatown nie. 0–2 Nie Bereik Kandidaat het 'n baie swak, indien enige, begrip van die werkswinkelproses. Vae stellings. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1 A – Giel B – Tjokkie C – Jakes (3) 4.2 Beide Giel en Jakes probeer om Tjokkie te laat 'sien' – om in die toekoms in te kyk en 'n voorspelling te maak, maar hulle het hulle eie redes waarom hulle dit wil laat gebeur. Gee slegs punte vir die volgende: Karakter A Giel wil hê Tjokkie moet die resultate (wenner) van die perdewedrenne sien. Karakter C Jakes wil hê Tjokkie moet sien of hy die pa van Tiemie se kind is, asook miskien die geslag van die kind. Hy wil weet of Tiemie by iemand anders (2) geslaap het soos die Dandies want hulle vermoed dat Jakes impotent ikan wees. 4.3 Nasieners, daar is baie temas wat die kandidate kan kies en bespreek (ongewenste swangerskappe, dwelms, huishoudelike geweld, familietwis, ens.), maar elke tema moet uit die toneelteks gemotiveer word. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Die volgende dien as 'n gids: Tjokkie Karakter • Tjokkie is die toonbeeld van die arm, wit, verdrukte Afrikaner. • Hy sal waarskynlik nooit die Suburbs verlaat nie. Hy is tevrede om aan sy motor te werk, solank almal hom net met rus laat. • Hy word geboelie om te 'sien' – hy word uitgebuit en gebruik deur mense soos Jakes en Giel omdat hy 'n 'gawe' het. • Hy wil net die beste vir sy suster hê en is agterdogtig oor Jakes en Giel. Tema Hy verteenwoordig die tema van die magtelose, wit man in die samelewing. Hy is arm en onopgevoed. Sy omgewing bied nie baie geleenthede vir toekomstige groei nie. Jakes Karakter • Jakes se mishandeling strek wyd. Hy misbruik alkohol, vroue en die swakker mense rondom hom. • Soos Giel, is hy bygelowig en wil hy antwoorde van Tjokkie hê. • Hy is die simbool van die 'alfaman' en moet in beheer wees. Hy voel dat hy in beheer is en sal ander mishandel en uitbuit om die statushiërargie te behou. Tema Jakes verteenwoordig die witman-kompleks waar 'n man in beheer, gewild en suksesvol moet wees. Deur hom ontdek ons ook die tema van geweld teen vroue. Giel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Karakter • Giel buit Ma en haar gesin uit. • Hy is verslaaf aan dobbel en misbruik alkohol. • Hy is ook bygelowig en boelie Tjokkie om te 'sien'. • Hy is skynheilig en gee voor dat hy vir Ma en haar gesin omgee, maar hy gebruik die eerste kans wat hy kry om weg te loop nadat hy by die perde gewen het. (6) Tema Giel verteenwoordig die tema van 'n parasiet in die samelewing. Hy assosieer slegs met mense wat vir hom iets kan gee. Sodra hy gekry het wat hy wil hê, verdwyn hy om iemand anders te soek om uit te buit. EEN punt – karakter en tema. EEN punt – motivering. 4.4 Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasie wat goed gemotiveer word uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Tjokkie • Tjokkie vermy mense. Hy is nie selfversekerd nie. Hy is teruggetrokke. Fisies mag sy bewegings klein wees. Hy mag baie vroetel en homself altyd besig hou. Hy mag as selfbewus en onseker voorkom. Sy postuur mag amper pateties lyk. Hy treë/stap kan huiwerig en versigtig wees. Hy mag ook dikwels afkyk. Sy gesigsuitdrukking mag nie baie lewendig wees nie, maar eerder ernstig. Hy mag moontlik dikwels frons. Jakes • Hy is die tipiese 'alfaman' en kan baie stereotipies uitgebeeld word. Wanneer hy staan, is hy baie selfversekerd met bene wyd uitmekaar. Sy maniere sal baie 'common' wees, met ander woorde, hande deur die hare, ens. Hy sal selfversekerd loop. Hy vul die vertrek met sy oordonderende postuur. Hy maak homself groter. Sy gesigsuitdrukkings kan wreedheid verklap. Hy sal baie uitdrukkingsvol wees, en sy gebare sal groot en intimiderend wees. Tjokkie DRIE punte. Gee een punt vir fisiese voorkoms. Gee twee punte indien dit met die karakter/persoonlikheid verbind word. Jakes DRIE punte. Gee een punt vir fisiese voorkoms. Gee twee punte indien dit met die karakter/persoonlikheid verbind word. (6) 4.5 Tjokkie pleeg selfmoord omdat hy skuldig voel. Hy dink dat hy sy suster verraai het. Hy wil ook nie meer 'sien' nie en ervaar sy gawe as 'n vloek. Gee 1 punt vir Tjokkie wat selfmoord pleeg. Gee 2 punte vir een goed gemotiveerde rede of twee verskillende redes. (3) 4.6 Nasieners, maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit die toneelteks gemotiveer word. Gee krediet vir insiggewende idees en konsepte. Die volgende dien as 'n gids: • Aanvanklik is Ma se vokale toonkleur verdedigend. Sy probeer om haar lewenskeuse in antwoord op Tiemie se monoloog te verdedig en verwys na die feit dat sy die Suburbs wil verlaat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2014 NSS – Memorandum • Sy het amper 'n gelate stemtoon oor die feit dat sy geen hoop vir haar eie lewe het nie en het 'n duidelike toon van hartseer in haar stem. • Sy probeer om haar stemtoon vertroostend te hou wanneer sy raad gee, maar daar is 'n patetiese desperaatheid in haar stem. • Aan die einde van die monoloog raak sy amper verskonend in haar stemtoon. Gee EEN punt: EEN vir toonkleur + motivering (4) Gee TWEE punte: Verskillende toonkleure + motivering 4.7 Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed gemotiveer is uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal na. • Aanvanklik is Ma verdedigend. Sy probeer om haar lewenskeuse in antwoord op Tiemie se monoloog te verdedig en verwys na die feit dat sy die Suburbs wil verlaat. Ma sal moontlik hier haar vokale volume verhoog en effens harder praat. Haar tempo sal toeneem om haar verdedigende antwoord te beklemtoon. • Sy klink amper gelate oor die feit dat sy geen hoop vir haar eie lewe het nie – 'n duidelike gevoel van hartseer. Hier sal Ma se vokale tempo afneem, haar volume sal laer wees en sy sal effens sagter praat om haar aanvaarding te beklemtoon. • Aan die einde van die monoloog raak sy amper smekend apologeties. In die laaste paar reëls sal haar volume effens verhoog soos sy probeer om Tiemie gerus te stel, maar haar tempo sal beduidend afneem omdat sy na die regte woorde soek. (6) 4.8 Verwys na die rubriek en die notas hieronder om nasienwerk te lei. PUNT BESKRYWER Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die toneelstuk en die sosio-ekonomiese omgewing en konteks van Siener in die Suburbs. Hy/Sy is in staat om sy/haar 9–10 Uitstekend antwoord te ondersteun deur die karakters met hul omgewing te verbind en gee relevante voorbeelde uit die toneelteks. Kandidaat het 'n goeie begrip van die toneelstuk en die sosio-ekonomiese omgewing en konteks van Siener in die Suburbs. Hy/Sy is in staat om sy/haar 7–8 Baie Goed antwoord te ondersteun deur die karakters met hul omgewing te verbind en gee relevante voorbeelde uit die toneelteks. Kandidaat het 'n deeglike begrip van die toneelteks en die sosio-ekonomiese omgewing en konteks van Siener in die Suburbs. Hy/Sy is in staat om sy/haar 5–6 Gemiddeld antwoord te motiveer deur die karakters met hul omgewing te verbind en gee voorbeelde uit die toneelstuk. Daar is egter geen diepte in die bespreking van hoe die karakters met hul omgewing verbind word nie. Kandidaat het 'n begrip van die toneelteks. Hy/Sy is in staat om een of twee 3–4 Elementêr karakters te noem, met baie oppervlakkige verwysings na die omgewing in en buite die Suburbs. Is geneig om breë stellings oor die toneelteks te maak. Kanaidaat het 'n swak begrip van die toneelteks. Hy/Sy kan in staat wees om die name van karakters te gee. Dikwels word niks meer gegee nie. Andersins is hy/sy 0–2 Nie bereik geneig om breë stellings oor die toneelteks te maak wat nie noodwendig die karakters met die binne- en buitekant van die Suburbs verbind nie. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Nasieners, die kandidaat kan na enige drie van die volgende karakters verwys: Tiemie • Tiemie beklemtoon gevangeskap in die arm Suburbs. Sy vorm 'n skakel tussen die lewe binne-in die arm Suburbs met die buitewêreld deur tyd saam met 'dandies' deur te bring en saam met hulle te werk. Sy besef dat daar iets beter aan die buitekant is. Sy weet dat daar min kans is dat sy sal kan ontsnap en dat sy in die arm Suburbs vasgevang is. Giel • Giel kan nie uit die Suburbs ontsnap nie en wag vir sy geluk om te draai voor hy dit doen. Hy wil op 'n onwettige/immorele manier ryk word, bv. deur te dobbel, Tjokkie te laat 'sien' en Ma uit te buit. Hy beklemtoon die tema van verwerping as hy loop nadat hy met die perde gewen het. • Hy verstaan nie die wêreld buite die Suburbs nie en die kans is goed dat hy altyd na die Suburbs sal terugkeer. Hy is vasgevang in die siklus van armoede. Jakes • Jakes is die toonbeeld van Suburbkultuur. Hy is die stereotipiese 'alfaman' met 'n motorfiets en 'n meisie. Hy het geen plan om die Suburbs te verlaat nie. Hy is in beheer van hierdie omgewing en niemand daag hom uit nie. • Die probleem is dat hy nie beheer buite die Suburbs het nie. Op 'n manier is hy bang vir die 'dandies', omdat hy hulle nie kan beheer nie. Hy praat groot en oordryf, maar is waarskynlik nie opgewasse teen dit wat hy nie in die Suburbs kan beheer nie. Tjokkie • Tjokkie verstaan die manier waarop die Suburbs iemand vasvang. Sy 'gawe' gee aan hom moontlikhede, maar uiteindelik sien hy dit as 'n vloek. Sy 'gawe' gee aan ander hoop en 'n moontlike skakel met die buitewêreld. Hy raak teruggetrokke en ontsnap op sy eie manier uit die Suburbs. Ma • Ma ken 'n beter lewe buite die Suburbs, maar sy aanvaar haar lot – dat sy in haar omgewing met sy mishandeling en armoede vasgevang is. Sy is al baie keer in haar lewe agtergelaat. Sy bly in 'n siklus van vernietiging en mishandeling, wat verhoed dat sy 'n beter lewe kan lei en moontlik die Suburbs kan verlaat. Fé • Sy is 'n eerlike karakter wat die goeie in Tjokkie raaksien. Die feit dat sy 'n opvoeding kry, suggereer dat sy ook graag die Suburbs wil verlaat. Sy hou van Tjokkie en dit beteken moontlik dat sy in die Suburbs sal bly. (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2014 NSS – Memorandum AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER (NÁ 1994) Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1 Realisme of Nuwe Realisme of Realisties. Nasieners kan enigeen aanvaar. (1) Bokstel prosenuim boog verhoog “Slice of life” en enige verwysing na die genre van die verhoogstel. Aanvaar enige een opsie. 5.2 Nasieners, gee vol punte as die kanditaat twee goed gemotiveerde punte gee of vier kort basiese feite. • Die Realisme van die stel beïnvloed die toneelspelstyl omdat dit die omgewing is waarin die akteurs hul rolle 'uitleef' in verhouding tot mekaar en die wêreld om hulle. • Die omgewing, 'n tipiese HOP-huis of huis in die township of 'n subekonomiese huis. • Die huis van Sipho Makhaya en sy dogter Thando en hul persoonlike besittings vul die ruimte. • Hulle is in interaksie en in 'n verhouding met die stel en rekwisiete terwyl hulle met mekaar praat (realistiese toneelspel), bv. maak aandete vir Mandisa, praat op die telefoon, alledaagse aktiwiteite. Sekere rekwisiete is fokuspunte vir die dramatiese aksie, bv. die houer met die as, die telefoon en die spanning en aksie wat dit in die ruimte inbring. Die toneelspel is realisties en deur Stanislavski se 'tower-as' ('magic if') beïnvloed, omdat die akteurs glo dat hulle die karakters is. • Hulle kyk nie verder as die vierdie muur van die prosceniumboog in die wêreld van die gehoor in nie, maar bly en leef in hulle eie wêreld. (4) 5.3 Nasieners, aanvaar enige ander goed gemotiveerde opinies/punte. Merk holisties, kan ook sitkamer meubels beskryf. Die ontwerpuitleg stel 'n tipiese townshiphuis in New Brighton voor, 'n beknopte 3,6 x 7,2 meter, gebou met laekoste-asblokke of windstene. Daar is 'n sitkamer met eenvoudige meubels, wat die inwoners se karige bestaan uitbeeld – 'n boekrak vir die bibliotekaris en onderwyser wat daar woon, 'n kas vir stoorplek, familiefoto's en 'n telefoontafeltjie wat geskei is van 'n kombuis met 'n stoof, melamienkombuistoonbank, yskas, tafel, stoele en die ingang van die huis is in die kombuis. Daar is ook kralegordyne wat na twee denkbeeldige kamers vir Thando en Sipho lei. Die wêreld buite die huis word voorgestel deur die townshipvullis, die siklorama beeld die oop lug agter die huis uit. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 5.4 Nasieners, die volgende is slegs 'n gids. Gee twee punte vir n goeie gemotiveerde antwoord per aspek gelys hieronder as dit glad nie goed gemotiveer is nie net een punt. Die kralegordyne Die toneelmatige impak van die gordyne gee 'n Afrika- dekoratiewe karakter/styl aan die huis en bied twee uitgange (deure) vir die akteurs en 'n ruimteagter die skerms waar gesprekke vanaf die verhoog gehoor kan word. Dit skep ook die illusie van ekstra huisspasie (slaapkamers) agter die sitkamer. Dramaties laat dit die akteurs toe om in en uit te gaan en bied 'n fokuspunt vir die gehoor om die toneel tussen Sindiswa en Themba in die slaapkamer voor te stel. Die vullis Dit dra by tot die spesifieke karakter van die plek; 'n verwaarloosde townshipstraat, moontlik sonder die luukse van stadsraadsdienste (nalatigheid deur die stadsraad). Dit help om die 'wêreld' buite die huis te skep en vorm 'n toneelmatige kontras met die netheid en sorg daarbinne. Die siklorama Dit gee 'n agtergrond vir die ruimte en brei die buiteruimte uit om die oop lug en wêreld buite hierdie townshiphuis in te sluit. Dit vorm ook 'n oppervlak wat belig kan word om die tyd van die dag (laatmiddag tot aand) aan te dui en kan amper ongemerk verander soos wat Bedryf Een en Twee vorder, omdat elke bedryf op hierdie tyd van die dag op twee opeenvolgende dae begin. (3 x 2) (6) 5.5 Nasieners, aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord. Een punt vir die identifikasie van 'n geskikte ruimte. Dit kan enige ruimte wees, solank daar 'n stel gebou kan word, byvoorbeeld die skoolsaal, buite, in 'n klaskamer, op die speelgrond, in die veld, openingsvierkant, ens. Gee 2 punte vir die motivering (1 goeie rede is genoeg). (3) 5.6 Nasieners, aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord. Die stel en rekwisiete weerspieël die karakters wat daarin 'leef' realisties voor. Sipho, Assistent-hoofbibliotekaris en Thando, onderwyser en vrywilliger by die WVK, is beide opgevoed en boekliefhebbers, en dit word deur die boekrak uitgebeeld en voorgestel. Familiefoto's en ornamente weerspieël dat almal sorg vir en trots op hulle huis is. Die sitkamer het meubels wat goed versorg is. Hulle woon in New Brighton-township en die omgewing beïnvloed hulle daaglikse lewens. (4) 5.7 Nasieners, aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord. Beligtingseffekte Dit skep die illusie van laatmiddag wat aand word soos wat die wêreld om die huis donker raak. Daar is moontlik 'n straatlig wat aankom. Ligte kan op die siklorama skyn, en mag middag tot sononder en skemer tot nag voorstel en skep. Die binneruimte kan belig word deur ligte of lampe in die huis 'aan te skakel'. Die huis kan helderder belig word soos die karakters na mekaar in die huis inkom. Klankeffekte Seemeeue is in die oorspronklike produksie gebruik om aan te dui dat New Brighton naby die see/in Algoabaai in Port Elizabeth is. Die telefoon lui wanneer mev. Potgieter met Sipho wil praat. Die klank van 'n motorenjin en toeters kan gebruik word om karakteraankomste aan te dui, soos die koms Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2014 NSS – Memorandum van Mandisa van die lughawe af en nadat die vroue na die VWK-verhoor was. Al die effekte is realisties. (4) 5.8 Nasieners, aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord. Twee goeie gemotiveerde antwoorde of een uitstaande antwoord (holisties). Dit sal moeilik, duur, tydrowend wees en mannekrag vereis om hierdie realistiese stel op toer te bou, aan mekaar te sit en op te stel. Miskien kan die regisseur dit wat hy/sy op die plekke vind waarheen die toneelstuk toer, gebruik. Indien teaters gebruik word, sal hulle moontlik iets hê wat aangepas kan word. Indien daar na skole getoer word, kan 'n ruimte of saal/klaskamer met meubels gebruik word en beligting kan tot 'n minimum beperk word. Verhoograme kan dalk gebruik word om kralegordyne op te hang, of dit kan in bestaande deure gehang word. (4) 5.9 Verwys na die rubriek hieronder om die vraag na te sien. Merk Holisties. PUNT BESKRYWER Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die toneelteks en die sosiopolitieke omgewing en konteks van Nothing But The Truth. Hy/Sy is in staat om sy/haar antwoord te ondersteun, die sosiopolitieke omgewing van die 9–10 Baie Goed toneelstuk met die onderwerp en temas te verbind en relevante voorbeelde uit die toneelstuk te gee. Kandidate verwys na die toneelteks en die belang daarvan vir die gemeenskap en samelewing as 'n geheel na apartheid. Kandidaat het 'n goeie begrip van die toneelteks en die sosiopolitieke omgewing en konteks van Nothing But The Truth. Hy/Sy is in staat om sy/haar antwoord te ondersteun, die sosiopolitieke omgewing van die 7–8 Goed toneelstuk met die onderwerp en temas te verbind, en voorbeelde uit die toneelteks te gee. Kandidate verwys na sommige dele van die toneelteks en die belang daarvan vir die gemeenskap en samelewing as 'n geheel na apartheid. Kandidaat het 'n deeglike begrip van die toneelteks en die sosiopolitieke omgewing en konteks van Nothing But The Truth. Hy/Sy is in staat om die 5–6 Gemiddeld sosiopolitieke omgewing van die toneelstuk te verduidelik en verwys soms na die onderwerp en temas, maar verbind die twee nie duidelik nie. Kandidaat het 'n basiese begrip van die toneelteks. Hy/Sy is in staat om die gebeure in die toneelstuk (intrige) te verduidelik, maar maak min of geen 3–4 Elementêr verwysing na die onderwerp of temas nie. Geneig om breë stellings te maak waarvan baie nie duidelik met die vraag verbind kan word nie. Kandidaat het 'n swak begrip van die toneelteks. Geneig om breë stellings 0–2 Nie Bereik oor die onderwerp of die temas van die toneelstuk te maak, maar daar is min (10) of geen begrip van die toneelstuk nie. [40] VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1 Nasieners, aanvaar enige ander goed gemotiveerde antwoord. Kostuums Johan Hy is informeel en slordig. Sy voorkoms is nie juis versorg nie, moontlik omdat hy 'n alkoholis is. Sy moue is opgerol en daar is moontlik vuil merke op. Sy klere weerspieël ook sy beroep, hy het nie netjiese kantoorklere nodig nie. Smith Hy is 'n ouer man met meer konserwatiewe klere, 'n afgetrede sakeman wat nie sy baadjie aan het nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Thami Hy dra 'n ou, wit formele hemp met die boonste knoop oop. Sy hemp kan al uitgewas wees, maar is goed versorg. Hy dra 'n swart langbroek vir werk by die Garnet Lodge. Sy voorkoms is versorg. Hy lyk ordentlik. Sy mou is dalk opgerol vir werk. (3) 6.2 Nasieners, aanvaar enige ander goed gemotiveerde antwoord. Karakter Johan Hy is in sy middeldertigs, 'n permanente inwoner van die Garnet Lodge. Hy het 'n fikse liggaam (duiker) en moet in staat wees om dronkenskap realisties uit te beeld en 'n aggressiewe, komplekse karakter te speel. Thami Omtrent 30; Thami is 'n tydelike bestuurder van die Garnet Lodge. Hy is 'n harde werker wat na sy vrou omsien. Hy is 'n ernstige tipe, nie 'n risikonemer nie (miskien self bang daarvoor). Miskien 'n gevoel van hartseer wat deurgans uitgebeeld word, omdat sy droom van 'n diamant-opdrag nie waar kon word nie. Smith Hy is in sy middelsestigs en 'n oornaggas by die gastehuis. 'n Engelssprekende Suid-Afrikaner wat afgetree, moeg en dwalend is. Die akteur wat Smith speel, moet fisies sy ouderdom kan uitbeeld. (3 x 2) (6) 6.3 Nasieners, die kandidate kan hierdie verhouding op enige ander goed gemotiveerde manier bespreek, maar hulle moet al drie karakters in die antwoord noem. Die dramatiese verhouding kommunikeer dat die karakters in 'n intensiewe vlak van spanning is. Hierdie spanning word deur die situasie geskep, omdat Johan Smith se persoonlike besittings gesteel is. Smith is desperaat om sy beursie by Johan terug te kry. Thami, wat in die agtergrond is en nie deel van die konflik tussen Smith en Johan is nie, neem die situasie waar en is geskok deur Johan se optrede. Thami lyk ook of hy Smith enige oomblik sal wil probeer beskerm. Smith is 'n gas by die gastehuis, terwyl Johan 'n permanente inwoner en Thami 'n tydelike bestuurder is. Hulle ontmoeting op hierdie plek is die katalis vir die aksie en die ontwikkeling van hulle dramatiese verhoudings. (3) 6.4 Nasieners, aanvaar enige ander gemotiveerde antwoord. Kandidate kan na BRON A verwys (of nie) en indien hulle hul eie interpretasie gee, gebaseer op BRON B, is dit ook aanvaarbaar. Johan Sy gesigsuitdrukking is aggressief, bitter en dreigend. Hy wil iets by Smith hê. Hy het in 'n diamantkonsessie belê, maar as hy dit nie kan kry nie, wil hy op ander maniere sy geld kry. Die beweging van sy liggaam is afgesluit van Smith af en hy staan vas op een plek en beweeg/verskuif nie. Die gebaar om Smith se beursie buite bereik te hou, wys dat Johan Smith se geld wil hê. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Smith Die gesigsuitdrukking toon dat sy mond oop is, verbaas oor Johan se optrede. Hy het 'n geskokte uitdrukking op sy gesig. Hy is desperaat en onkant betrap. Die beweging van sy liggaam is van balans af en hy gryp sonder sukses in Johan se rigting na sy beursie. Beweging is 'n grypaksie. Sy arm wat vorentoe gestrek is, weerspieël dit. Thami Sy gesigsuitdrukking toon skok en ongeloof. Sy beweging is moontlik doodstil, omdat hy by die tafel sit. Die gebaar met sy hande op sy knieë laat dit lyk asof hy enige oomblik gaan opspring. (3 x 2) (6) 6.5 Nasieners, aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord. Moenie 'n punt vir slegs Ja of Nee gee nie. Ja/Nee Ja Die foto toon 'n gespanne verhouding tussen die karakters en dui 'n aangrypende drama aan. Daar is 'n misterieuse element in die foto omdat ons nie weet wat volgende gaan gebeur nie. Dit lyk asof die man aan die linkerkant enige oomblik die man aan die regterkant gaan aanval. En waarom kyk die man wat sit toe? Dit skep die begeerte om die toneelstuk te kom kyk om uit te vind wat gebeur. Nee Die foto is te vaag. Ons weet nie wie die karakters is en waaroor die toneelstuk handel nie. Daar is geen mooi vroue in die toneel om 'n sekere gehoor te lok nie. 'n Mes, 'n foto van 'n golf, 'n strand, 'n gastehuis langs die see kon almal moontlike alternatiewe beelde vir 'n plakkaat wees. (2 x 2) (4) 6.6 Nasieners aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord. Johan Sy toonkleur is dreigend of spottend. Sy volume kan hard of dreigend sag wees. Thami Sy toonkleur is een van skok of ongeloof. Sy volume kan hard wees, asof hy geskok is, of sag om te wys dat hy verbaas is. Smith Sy stemtoon is kwaad. Sy volume kan hard wees, of sag asof hy kerm of smeek. (6) 6.7. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Gebruik die volgende rubriek vir die riglyn om die volgende vraag te merk. PUNT BESKRYWER Kandidaat het 'n duidelike begrip van die vereistes van die vraag en antwoord op 'n geïntegreerde manier deur die toneelstuk te bemark en al die aspekte wat deur die vraag vereis word, by die antwoord in te sluit. Die betekenis van die titel, intrige- opsomming, styl van die toneelstuk, verhoogplasing van die toneelstuk en die 10–12 Uitstekend toneelstuk se relevansie vir die onstabiele sosiopolitieke situasie in Suid-Afrika word almal gedek en die kandidaat kan spesifieke voorbeelde uit die toneelstuk met die stelling verbind. Kandidaat dek al die aspekte van die vraag. n Artikel wat die produksie suksesvol sal motiveer. Kandidaat verstaan die vraag en kan duidelike voorbeelde uit die toneelstuk met die vraag verbind. Kandidaat hanteer waarskynlik drie of vier aspekte van die 8–9 Goed vraag en die antwoord kan die feit dat hierdie artikel die toneelstuk bemark, weerspieël. Kandidaat verstaan die vraag op 'n eenvoudige vlak en sluit die feite in sonder om die vraag noodwendig in baie detail te bespreek. Kandidaat is moontlik nie in staat 6–7 Gemiddeld om voorbeelde uit die teks te gee nie. Kandidaat hanteer twee van die drie aspekte van die vraag. Dikwels in die vorm van stellings eerder as samehangende paragrawe. Kandidaat is in staat om sommige inligting te gee, maar maak hoofsaaklik staat op 3–5 Elementêr storie sonder om die onderwerp van die vraag daarmee te verbind, behalwe dalk per toeval. Kort stellings word gemaak, eerder as samehangende paragrawe. Het nie die vermoë om met 'n bespreking van die stellings te verbind nie. Kort 0–2 Nie Bereik stellings word gemaak, eerder as samehangende paragrawe. (12) [40] VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET 7.1.1 Magiese realisme is 'n skuif weg van realiteit (wat werklike situasies uitbeeld) na 'n wêreld van fantasie, die misterieuse en die magiese. Realisme word deur middel van die stelontwerp en atmosfeer toweragtig gemaak. Gee 1 punt vir verwysing na 'realiteit' Gee 1 punt vir verwysing na 'tower-/toor-' (2) 7.1.2 Konstabel van der Riet (1) 7.1.3 Blindheid (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 7.1.4 Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit die toneelteks gemotiveer is. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Punte moet gegee word vir DRIE assosiasies met 'n motivering. Sien globaal na. • Net soos 'n towenaar is Konstabel nie presies soos hy voorkom nie. Die konstabel verander sy voorkoms. Dit sluit aan by die tema van voorkoms teenoor realiteit. Soos 'n towenaar lyk die konstabel asof hy iets is wat hy eintlik nie is nie. • Meisie sien 'n towenaar in die sirkustent en dit kan Konstabel wees. • Konstabel bring amper op 'n toweragtige manier verandering in die lewens van die vroue in die toneelstuk, net soos 'n towertransformasie. Konstabel aktiveer die hele verandering in Meisie. • 'n Towenaar gebruik leuens, illusie en kullery vir effek. Konstabel doen dieselfde as hy oor sy blindheid, sy beroep ens. jok. • Soos die towenaar, kon die konstabel uit die skynbaar gevaarlike eksterne omgewing. • 'n Towenaar hou sy gehoor in vervoering. Konstabel hou die vroue ook in die toneelstuk se aandag met sy storie en sy 'kragte'. • 'n Towenaar skep die illusie van mag, net soos Konstabel met sy 'krag' van verskepte sintuie. (6) 7.2 Nasieners, gee TWEE punte vir houding en motivering vir elke karakter. Aanvaar goed gemotiveerde antwoorde. Miem • Miem is negatief en bang vir die sirkus. • Sy dink die sirkus is 'n boosheid. • Sy wil Meisie teen die 'bose' en gevaarlike wêreld van die sirkus beskerm. • Sy is bang vir die onbekende en dit is waarom sy bang is vir die sirkus. • Alhoewel sy teen die sirkus gekant is, wil sy steeds hoor wat Gertie van die sirkus vertel. • Sy reageer op die sirkus deur te sê dat almal wat daarmee geassosieer word of na aan dit is, verantwoordelik is vir boosheid. • Miem is die een wat die skakel tussen die sirkus en die meisies wat verdwyn, raaksien. Dit vererger haar bitter houding teenoor die sirkus en sy bose musiek. (2) Gertie • Gertie maak of sy negatief en teen die sirkus gekant is. • Sy is egter heimlik aangetrokke tot en gefasineer deur die sirkus. • Sy het na die tent met die sirkusfratse gaan kyk. • Sy is baie nuuskierig, maar as gevolg van haar Afrikaner-Calvinisme weerstaan sy die begeerte. • Sy gaan kyk na die sirkusoptog in die straat. Sy is altyd naby die sirkus. • Sy vertel vir Miem wat Miem oor die sirkus wil hoor. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 7.3 Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit die toneelteks gemotiveer is. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal na. • In die 1930's is die sirkus grootliks as onbybels en teenstrydig met streng Calvinisme beskou. Die sirkus is gevrees en enigiets wat vreemd of anders was, is as boos beskou, bv. die fratsvertonings, naaktheid, towerkuns, ens. • Hierdie sirkusomgewing staan in kontras met die streng en vrome reëls in Miem se huis. • Die sirkus beklemtoon, satiries, wat in Miem se huis gebeur. • Die sirkus toon dat die huis op 'n ironiese manier ook 'n sirkus is. • Die streng Calvinistiese reëls in die huishouding is 'n grap. • Die sirkus word inherent met vryheid en ontsnapping geassosieer, in teenstelling met die binnekant van die huis waar die karakters vasgevang en versmoor word. • Gabriel in die dakkamer is die grootste grap – dit bewys dat hierdie karakters narre is. • Konstabel kul hulle maklik en, soos 'n towenaar, ontbloot hy hulle naïwiteit. • Die boheemse leefstyl van die sirkus staan dus in kontras met die huis en beklemtoon die vasgevange, verkrampte lewens van die karakters. • Die sirkusmusiek en sy verwysings voorspel moeilikheid, iets wat die bestaande statushiërargie sal bedreig en verander. • Die dowwe lig in die huis beteken dat hierdie vroue nie die waarheid sien nie. • Die dowwe lig staan in kontras met die helder ligte van die sirkus. • Die huis is vaal in vergelyking met die kleurvolle en lewendige sirkus. (6) 7.4 Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Kandidate kan nie na die kerkklok verwys nie, omdat dit net lui as 'n meisie wegraak. Kandidate hoef nie noodwendig na 'n klankeffek wat in die toneelteks genoem word, te verwys nie, maar as hulle dit doen, MOET dit relevant wees tot die bui en atmosfeer van die toneelstuk. Maak voorsiening vir kreatiwiteit, maar binne die konteks van die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Alle klankeffekte MOET in konteks wees. • Die ou motorkar kondig Gertie, of aanvanklik dalk iemand onbekends, se aankoms aan. Dit skep afwagting en spanning. • Wagter se gesnuffel by die venster skep spanning. • Die aanhoudende oop- en toemaak van deure skep die isolasie van die karakters en 'n gevoel van gevaar. • Die sterk wind beklemtoon die gevaar. • Die sagte, klaende wind simboliseer Meisie se hartseer bestaan. • Konstabel van der Riet wat aan die deur klop, kan baie hard wees. Die harde klank dra by tot die magiese realisme. • Die geblaf van die polisiehonde in die agtergrond skep 'n gevoel van misterieuse nutteloosheid van die beskerming wat hulle bied. • Daar kan ook verwys word na sommige van Gabriel se klankeffekte in die dakkamer. Gee TWEE punte vir 'n klankeffek en sy motivering. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 7.5.1 Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit die toneelteks gemotiveer is. Gee krediet vir insiggewende idees en konsepte. • Die stelling toon dat Miem pessimisties en die toonbeeld van streng Afrikaner-Calvinisme is. Sy dink altyd die ergste. Op haar naïewe manier wil sy vir Meisie op die ergste voorberei. In die proses versmoor en vang sy die gesin, en veral Meisie, in die huis vas. Sy is, dus, ook 'n gevangene van haar eie dade. Net soos Miem die ergste van die weer verwag, vrees sy ook die ergste oor die sirkus en almal wat daarmee geassosieer word. EEN punt per waarneming. (3) 7.5.2 Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit die toneelteks gemotiveer is. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. • ‘warm nag', ‘humiditeit’ en ‘somer’ suggereer dat die huis bedompig was – dit skep 'n atmosfeer van vasgevangenheid. Dit skep ook 'n gevoel van despraatheid. Mens kry die idee dat die huishouding nie van die hitte kan ontsnap nie. Meisie wil hieruit ontsnap, maar kan dit nie doen nie. Punte word gegee vir EEN verwysing na die weer en TWEE punte word gegee vir 'n motivering van die atmosfeer wat geskep word. (3) 7.5.3 Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit die teks gemotiveer is. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal na. Vokaal • Aanvanklik is Meisie senuweeagtig en bang om oor die sirkus te praat. Daar ma senuweeagtige wees en gespanne. Sy sal onseker voorkom. Haar stem kan onseker en onvas, selfs bewend, wees, en haar volume kan sag wees. Haar ma laat haar nie toe om op enige manier van die sirkus te praat nie. • Soos wat Meisie die herinnering herleef, of deur die herinniering oorgeneem word, raak sy al hoe meer histeries. Sy is bewus van die towenaar en wat hy doen. Sy word dan baie opgewonde – amper histeries gelukkig. Hier sal haar toonhoogte hoog, haar volume hard en haar tempo vinnig wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Fisies • Meisie is aanvanklik baie skaam vir Konstabel. Haar liggaam sal dalk van hom af weggedraai wees, sy sal afkyk en dalk net nou en dan opkyk. Sy sal stilstaan as sy die eerste reëls van die monoloog sê omdat sy onseker is. Haar postuur sal geslote wees en haar gebare baie klein en senuweeagtig. • Soos wat Meisie die herinnering herleef, sal haar beweging meer en meer oordrewe raak asof haar woorde nie genoeg is om haar opgewondenheid en blydskap uit te druk nie. Sy sal uiteindelik heen en weer begin loop, vinniger en vinniger, om die hele verhoogruimte te gebruik. Haar (8) gesigsuitdrukking sal ook al hoe meer opgewonde raak. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 8.1 Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed gemotiveer is. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Arm Teater stroop teater van alle onnodige teatrikaliteit, soos grimering, kostuums, beligting, klank, ensovoorts. Dit laat die akteur toe om sy/haar eie ruimte te skep om die boodskap oor te dra. Arm/Gestroopte Teater het in die 1960's by Grotowski se Theater Laboratory as 'n teatereksperiment ontstaan. Konsepte van toneelspel, teaterruimte, stel, kostuums, beligting, klank, rekwisiete en die akteur-gehoor-verhouding is alles gestroop van teatrikaliteit en 'arm' gemaak. Moenie volpunte gee vir die parafrasering van stellings in BRON A nie. (5) 8.2 Nasieners, gebruik die rubriek hieronder. Kandidate kan verwys na relevante Suid-Afrikaanse toneeltekste wat hulle bestudeer het en/of opvoerings wat hulle gesien het wat Arm Teater gebruik. Die volgende punte kan jou in die nasienproses lei: • As gevolg van die sosio-ekonomiese omgewing van die swart meerderheid in Suid-Afrika as gevolg van apartheid, het swart teaterpraktisyns en akteurs nie die geleenthede en hulpbronne gehad om toneeltekste op te voer nie. • Swartmense is toegang tot publieke teaterfasiliteite geweier en het nie enige befondsing van die regering gekry nie. • Hierdie teaterpraktisyns en akteurs wou egter hul stories vertel en moes 'n manier vind om dit te doen. • Arm Teater was dus geskik omdat dit nie baie ruimte en tegniese aspekte benodig nie. • Produksies wat uit die Arm Teater-styl ontstaan het, het nie uitspattige kostuums, stelle, klank en ruimtes nodig gehad nie. • Dit het ekonomies sin gemaak en die produksie kon vinnig oppak en verskuif, indien nodig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2014 NSS – Memorandum PUNT BESKRYWER Kandidaat het 'n uitstekende begrip van Arm Teater en waarom dit so suksesvol was in die Suid-Afrikaanse konteks. Hy/Sy is in staat om Arm 9–10 Baie Goed Teater-konsepte met die uitdagings in teater gedurende apartheid te verbind. Hy/Sy gebruik breedvoerige voorbeelde uit toneelteks(te) om Arm Teater- konsepte te demonstreer en te motiveer. Kandidaat het 'n goeie begrip van Arm Teater en waarom dit so suksesvol was in die Suid-Afrikaanse konteks. Hy/Sy is in staat om Arm Teater-konsepte 7–8 Goed met die uitdagings in teater gedurende apartheid te verbind. Hy/Sy gebruik 'n verskeidenheid voorbeelde uit toneelteks(te) om Arm Teater-konsepte te demonstreer en te motiveer. Kandidaat het 'n begrip van Arm Teater, maar sukkel om dit met die Suid- 5–6 Gemiddeld Afrikaanse konteks te verbind. Hy/Sy gebruik sommige voorbeelde uit toneelteks(te) om Arm Teater-konsepte te demonstreer en te motiveer. Kandidaat het 'n oppervlakkige begrip van Arm Teater, maar verbind dit nie met die Suid-Afrikaanse konteks nie. Hy/Sy gebruik sommige voorbeelde uit 3–4 Elementêr toneelteks(te) om Arm Teater-konsepte te demontreer en te motiveer. Geneig om breë stellings oor Arm Teater te maak. Kandidaat het geen begrip van Arm Teater nie en verbind dit nie met die 0–2 Nie Bereik Suid-Afrikaanse konteks nie. Hy/Sy gebruik een of twee voorbeelde uit toneelteks(te), maar dit is nie relevant tot Arm Teater nie. (10) 8.3.1 Nasieners: gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Merk globaal. Kandidate kan die foto's as 'n prikkel vir kritiese denke en 'n bespreking oor Ryk Teater in die algemeen gebruik. Kandidate kan na enige voorbeeld uit die foto's verwys. Kandidate kan ook na stelontwerp, chreografie, grimering, kostuums, musiek, poppespel, ensovoorts verwys; tegniese aspekte wat almal saamwerk om 'n Ryk Teater-skouspel te vorm. The Lion King is 'n voorbeeld van Ryk Teater omdat dit teatertegniese aspekte (ligte, klank, kostuums, grimering, stel, rekwisiete, ens) gebruik om 'n grootse en oorvloedige visuele vertoning te skep. Ryk Teater maak oorvloedig gebruik na hierdie verskeidenheid van tegniese aspekte (ligte, klank, grimering, spesiale effekte, stelle, ens.) om 'n dramatiese skouspel te skep. Dit kos meer om op te voer. Dit is visueel stimulerend. Gebruik baie maskers, kostuums en rekwisiete. (5) 8.4.1 Nasieners: Die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies en gee krediet vir insiggewende idees en konsepte. • Sang • Toneelspel • Dans • Akrobate • Soepelheid • Krag • Ratsheid • Poppespel • Vokale sterkte • Fisieseteater-vaardighede • Komediese vaardighede (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Nasieners: Die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies en gee krediet vir insiggewende idees en konsepte. 8.5 PUNT BESKRYWER Die uitstekende kandidaat het 'n duidelik begrip van die vraag en kan 'n duidelike argument voer. Hy/Sy gebruik voorbeelde uit toneelstukke wat hy/sy gesien het, tekste wat bestudeer is en eie ervaring in die argument. Kandidaat kan selfs teaterpraktisyns se filosofieë oor die rol van teater gebruik om die redenasie te 12–15 Uitstekend ondersteun, maar dit is nie noodsaaklik nie. Kandidaat kan 'n argument voer om die vraag te bespreek en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde uit toneeltekste wat bestudeer is, praktiese werk wat gedoen is en eie persoonlike ervarings in Dramatiese Kunste. Kandidaat antwoord breedvoering op sommige van die stellings. Hy/Sy gee redes vir sy/haar antwoorde. Kandidaat kan 'n argument voer wat die vraag 9–11 Goed bespreek en gebruik sommige voorbeelde uit toneeltekste wat bestudeer is, praktiese werk wat gedoen is en eie persoonlike ervarings in Dramatiese Kunste. Kandidaat antwoord op een of twee van die stellings, maar sy/haar antwoord is nie geïntegreer nie. Hy/Sy gee beperkte redenasies vir sy/haar antwoorde. Kandidaat demonstreer 'n 6-8 Gemiddeld beperkte vermoë om 'n agrument te voer en gebruik slegs 'n paar voorbeelde uit toneeltekste wat bestudeer is, praktiese werk wat gedoen is en eie persoonlike ervarings in Dramatiese Kunste. Kandidaat se antwoord toon min begrip van die waarde van Dramatiese Kunste. Sommige van die kandidaat se stellings maak sin. Kandidaat het nie die vermoë 3–5 Elementêr om 'n argument te voer nie en verwys nie na toneeltekste wat bestudeer is, praktiese werk wat gedoen is en eie persoonlike ervarings in Dramatiese Kunste nie. Min of geen begrip van die vraag nie. Swak poging. 0–2 Swak Kandidaat gee eenvoudige stellings; geen bespreking of idees word gegee nie. (15) [40] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all