Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DRAMATIESE KUNSTE
NOVEMBER 2016
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all
Dramatic Arts Nov 2016 Afr hlayiso.com
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 15
- File size
- 1.7 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30)
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40)
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40)
AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
Vaardighede (40)
2. AFDELING A
VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
20ste-eeuse Teaterbeweging.
EPIESE TEATER
• Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
• Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• Mother Courage Bertolt Brecht
• Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
• Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
OF
TEATER VAN DIE ABSURDE
• Waiting for Godot Samuel Beckett
• Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
• Bagasie André P Brink
• The Bald Primadonna Eugene Ionesco
• Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
OF
POSTMODERNE TEATER
• Skrapnel Willem Anker
• Top Girls Carol Churchill
• Popcorn Ben Elton
• Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
Barney Simon OF
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company OF
VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4. AFDELING C
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF
VRAAG 7: Mis Reza de Wet
5. AFDELING D
Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Albei vrae is VERPLIGTEND.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
Hierdie vraag is VERPLIGTEND.
VRAAG 1
Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
BRON A
Stryd,
Betekenis van oorwinning,
my lewe? menslike
My geaardheid? omstandighede,
My waarheid? swaarkry …
1. 2.
Lewe, drama,
Vrae!
opvoering,
dramaturg, Antwoorde!
kostuums,
beligting …
3. 4.
20STE-EEUSE TEATER
VERTALING VAN DIE TEKS IN ELKE RAAMPIE VAN BRON A:
1. WAT IS TEATER?
2. DIT VERTEL ONS DIE STORIE VAN ONS LEWENS (LEWENSVERHAAL)
3 JA, MAAR WAT BETEKEN DIT VIR MY??
4. ALLES!!
Evalueer, in 'n opstel, hoe die toneelteks en die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy
hierdie jaar bestudeer het 'die storie van ons lewens vertel' en moontlik 'alles' vir ons
kan beteken.
Verwys na die volgende:
• Die inligting wat in BRON A vervat is
• Die toneelteks wat jy bestudeer het
• Die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het:
o Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater
o Spesifieke voorbeelde in die toneelteks wat jy bestudeer het
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON B
WOZA ALBERT! – 'N RESENSIE DEUR IAN JOHNS
The Times (Verenigde Koninkryk), 12 Junie 2002
Indien stres 'n vereiste van kreatiwiteit is, dan het apartheid dit in die 1970's en 1980's
in oorvloed aan Suid-Afrikaanse dramaturge verskaf; 'n broeikas vir teatertalent wat
stories aangebied het wat geen grense geken het nie, in 'n vorm wat toeganklik
genoeg was om treffers in Londen en New York te word.
Hierdie satiriese verhaal word deur twee akteurs, wat elk verskeie rolle speel, 5
opgevoer. Die Wederkoms van Christus in apartheid Suid-Afrika word in die toneelstuk
verbeeld.
Die titel van die toneelstuk word eers in die finale gedeelte duidelik.
Die dringendheid van die propaganda-oogmerk van hierdie stuk het moontlik vervaag.
Die dominante platkomedie in Woza Albert! kom nou voorspelbaar en satiries matig 10
voor. Maar dit was die manier waarop dit van onreg en vernedering met byna afsydige
goeie humor in teenspoed gepraat het, wat die toneelstuk so hartverskeurend gemaak
het.
Die straatteater-mimiekstyl, -bewegings en -liedjies is nou oorbekend en dit lyk asof
daar baie herhaling in die ontvouing van hierdie fabel is. Dit lyk na 'n 20 minuut- 15
toneeltjie wat uitgerek is om 'n 90 minuut-vertoning te maak.
Dit bly egter 'n vermaaklike tour de force (meesterstuk) vir twee talentvolle akteurs en
hulle voer dit na behore op. Maar hierdie heropvoering beklemtoon net die feit dat ons
tot dusver geen dinamiese nuwe stemme in Suid-Afrikaanse drama gehoor het nie.
2.1 'Indien stres 'n vereiste van kreatiwiteit is, dan het apartheid dit in die 1970's
en 1980's in oorvloed aan Suid-Afrikaanse dramaturge verskaf' (reël 1–2).
2.1.1 Noem EEN Suid-Afrikaanse anti-apartheidsteaterbeweging. (1)
2.1.2 Identifiseer TWEE apartheidswette wat in die toneelteks, Woza
Albert!, duidelik is. (2)
2.1.3 Bespreek EEN wet wat in VRAAG 2.1.2 geïdentifiseer is en die
invloed van die 'stres' van die wet op spesifieke karakters in die
toneelteks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2016
NSS
2.2 'Hierdie satiriese verhaal word deur twee akteurs, wat elk verskeie rolle speel,
opgevoer.' (Reël 5–6)
2.2.1 Noem 'n teaterpraktisyn wat die opvoerstyl ontwikkel het waar
'n akteur verskeie rolle speel. (1)
2.2.2 Bespreek of twee akteurs wat 'elk verskeie rolle' speel (reël 5)
toneelmatig doeltreffend is of nie. (4)
2.2.3 Verduidelik die vokale en fisiese vaardighede wat 'n akteur sal
nodig hê om verskeie rolle te speel. Verwys na spesifieke
voorbeelde in die toneelteks. (6)
2.2.4 Woza Albert! word as 'n 'satiriese verhaal' (reël 5) beskou.
Wat verstaan jy onder die term satire? Gee TWEE voorbeelde van
hoe dit in die toneelteks gebruik word. (6)
2.3 Verduidelik hoe die betekenis van die titel van die toneelteks 'eers in die finale
gedeelte duidelik' word. (Reël 8) (4)
2.4 Oorweeg reël 14–19.
Stem jy saam met die resensent se kommentaar op die opvoeringstyl, inhoud
en toneelmatige invloed van Woza Albert!, of verskil jy daarvan? Motiveer
jou siening. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON C
'N ONDERHOUD
'n Onderhoud met 'n voormalige inwoner van Sophiatown, mnr. Victor Mokine, wat
destyds 'n 12-jarige seun was:
'Ek kon berede polisiemanne in ons erf sien. Ons ouers het gesê ons moet in die huis
bly aangesien hulle gedink het daar kan geweld wees,' sê hy. 'Hulle was met gewere
en pistole gewapen, party met masjiengewere. Ons kon die geluid van bewegende
trokke hoor wat aangekom het om mense se besittings te vervoer. Daar was baie
vrees. Party polisiemanne het eenvoudig die deure stukkend geskop, terwyl hulle op 5
mense geskree het om buitentoe te gaan. Dit het soos 'n oorlogsituasie gevoel.'
3.1 Identifiseer die gebeurtenis wat in hierdie onderhoud beskryf word. (Reël 1–6) (1)
3.2 Beskryf die uitwerking wat hierdie gebeurtenis moontlik op die inwoners van
Sophiatown kon gehad het. (2)
3.3 Verduidelik hoe hierdie gebeurtenis in Sophiatown, die toneelteks, uitgebeeld
word. (4)
3.4 Maak voorstelle oor wat The Junction Avenue Theatre Company gemotiveer
het om 'n toneelstuk oor hierdie gebeurtenis te skep. (4)
3.5 The Junction Avenue Theatre Company het die toneelstuk Sophiatown
sonder 'n teks/manuskrip geskep.
3.5.1 Noem die teaterproses om 'n toneelstuk sonder 'n teks/manuskrip
te skep. (1)
3.5.2 Verduidelik DRIE stappe in hierdie toneelskeppingsproses. (6)
3.5.3 Beskryf DRIE vaardighede wat 'n toneelspeler moontlik benodig
om 'n effektiewe lid van 'n groep te wees wat 'n toneelstuk sonder
'n teks/manuskrip skep. (6)
3.5.4 Bespreek die waarde daarvan om 'n toneelstuk sonder 'n
teks/manuskrip te skep. (6)
3.6 Evalueer die moontlike invloed van die toneelstuk, Sophiatown, op
apartheidsgehore en op kontemporêre gehore.
Verwys na die volgende elemente:
• Onderwerp
• Karakterisering
• Verhoogopstelling/Enscenering (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON D
A
B
'n Toneel in 'n onlangse produksie van Siener in die Suburbs
4.1 Identifiseer karakter A en karakter B in BRON D. (2)
4.2 Beskryf die verhouding tussen hierdie twee karakters. (4)
4.3 Kies EEN van die karakters in BRON D.
4.3.1 Verduidelik hoe die sosio-ekonomiese omstandighede van die
karakter wat gekies is, deurgaans in die toneelteks uitgebeeld
word. (6)
4.3.2 Stel voor, met redes, hoe 'n akteur 'n geloofwaardige (ware) fisiese
vertolking van hierdie karakter se emosionele reis in enige TWEE
betekenisvolle oomblikke van hierdie toneelstuk kan gee. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2016
NSS
Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON E
Die dekorstel van Siener in die Suburbs in 'n onlangse produksie
4.4 Evalueer die doeltreffendheid van die stelontwerp in BRON E vir 'n produksie
van Siener in die Suburbs. Verwys na die toneelteks in die geheel. (6)
4.5 Motiveer die byvoeging van TWEE ander items by die stel om die temas van
die toneelstuk te versterk. (6)
4.6 PG du Plessis het gesê dat die 'toneelstuk die kern van die menslike aard
vasvang'.
Bespreek hoe die 'toneelstuk die kern van die menslike aard vasvang' deur sy
simbole. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2016
NSS
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON F
Skaal van
regverdigheid
Urn met as Bottel met
alkohol
[Bron: Mind The Gap – DBE]
5.1 Die rol van EEN van die karakters in die toneelstuk word aan jou toegeken.
Verwys na BRON F en beantwoord die vrae wat volg.
5.1.1 Gee 'n kort beskrywing van jou karakter. (4)
5.1.2 Bespreek jou voorbereiding om jou karakter realisties uit te beeld:
• Tydens repetisies
• Agter die verhoog net voor 'n opvoering (6)
5.2 Noem 'n tipe verhoog wat die realistiese aard van die toneelstuk sal
weerspieël. (2)
5.3 Beskryf DRIE ander realistiese opvoerelemente van die toneelstuk. (6)
5.4 Evalueer die doeltreffendheid daarvan om BRON F as 'n plakkaat te gebruik
om 'n produksie van Nothing But The Truth te adverteer. (4)
5.5 Verduidelik hoe die twee vroulike karakters in Nothing But The Truth die
spanning tussen Westerse en Afrikakulture uitbeeld. (6)
5.6 Bespreek hoe BRON F die onderwerp en temas van die toneelstuk kan
uitbeeld. (12)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON G
'n Moontlike plek om Groundswell te verfilm
6.1 Jy wil 'n rolprentweergawe van die toneelstuk, Groundswell, regisseer en het
besluit om BRON G te gebruik as die plek om buiteopnames te maak.
Jy moet 'n voorstel aan potensiële produksieleiers maak om die konsep van
die rolprent te verkoop.
6.1.1 Skryf 'n kort samevatting van die storielyn. (4)
6.1.2 Met inagneming van jou kennis van die toneelstuk, motiveer die
keuse van plek om die buiteopnames vir die rolprent te maak. (4)
6.1.3 Ontwikkel 'n spelershandleiding om potensiële akteurs te help
wat 'n oudisie doen vir die rol van Thami, Smith of Johan.
('n Spelershandleiding is 'n stel spelmetodes of -tegnieke.) (6)
6.1.4 Gee TWEE redes waarom die toneelstuk 'n suksesvolle rolprent
kan word. (4)
6.1.5 Watter tipe musiek sou jy as 'n moontlike klankbaan vir die rolprent
gebruik? Motiveer die antwoord. (2)
6.1.6 Beskryf visuele of klankeffekte uit enige toneel van die toneelteks
wat die spanning in die rolprent kan verhoog. (4)
6.1.7 Wat is die moontlike uitdagings wat 'n rolprentweergawe van
Groundswell vir 'n regisseur bied? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2016
NSS
6.2 Die dramaturg, Ian Bruce, het die toneelstuk, Groundswell, baie suksesvol in
die VSA bemark.
Bespreek waarom hierdie toneelstuk enige plek in die wêreld suksesvol kan
wees. Verwys na die onderwerp, karakters en temas van die toneelteks. (12)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON H
VERHOOGAANWYSINGS VIR MIS, DEUR REZA DE WET GESKRYF
Tyd: Agtuur, op die laaste nag van Augustus 1936.
Verhoog- Die handeling/aksie vind plaas in 'n armoedige huisie op 'n plasie/hoewe
plasing: in die buitewyke van 'n plattelandse dorpie in sentraal Suid-Afrika. Daar is
'n agterdeur (regs) wat binnetoe oopmaak, met 'n gaasdeur wat na buite
oopmaak. 5
Styl: Die dekorstel en kostuums moet 'n gevoel van asof in 'n fabel, 'n rowwe
feëverhaal, oordra.
Effekte: Die sirkusmusiek is baie belangrik en wanneer die agterdeur oop is, kan
dit gehoor word. Daar moet ook 'n duidelike verskil tussen die tipes wind in
die teks wees. 10
7.1 Identifiseer die verskillende betekenisse wat die titel van die toneelstuk
kan hê. (4)
7.2 Verduidelik die dramatiese effek van Reza de Wet se keuse van:
• Tyd
• Verhoogplasing (8)
7.3 Stel TWEE moontlike maniere voor waarop 'n stelontwerper ' 'n gevoel van
asof in 'n fabel, 'n rowwe feëverhaal' (reël 6–7) in die dekorstel van die
toneelstuk kan weergee/uitbeeld. (4)
7.4 Bespreek hoe die verskillende 'tipes wind' (reël 9) in die toneelteks simbolies
is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2016
NSS
Bestudeer BRON I hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON I
Mis is niks anders as 'n poppekasvertoning nie – 'n poppemeester wat
marionette (poppe) beweeg om 'n gemanipuleerde werklikheid te skep.
7.5 Watter karakters in Mis kan met die volgende in 'n poppekasvertoning
vergelyk word:
• 'n Marionet
• 'n Poppemeester (2)
7.6 Verduidelik waarom die karakter wat jy in VRAAG 7.5 geïdentifiseer het, met
'n marionet geassosieer kan word. Verwys na die toneelteks in die geheel. (6)
7.7 Bespreek hoe die rolle van mans en vroue in die Calvinistiese Afrikaner-
wêreld van die toneelstuk toneelmatig deur die karakters uitgebeeld word. (12)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2016
NSS
AFDELING D: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE,
INHOUD EN VAARDIGHEDE
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 8
Bestudeer BRON J hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON J
3
2
AFNEMENDE
HANDELING
INLEIDENDE/
INTRIGE-
AANVANGS- DIAGRAM
INSIDENT
GEVOLGTREKKING
1
STRUKTUUR VAN 'N GOEIE, REALISTIESE TONEELSTUK
8.1 Identifiseer die intrigestruktuur wat in BRON J hierbo duidelik is. Kies EEN
van die volgende en skryf die letter (A–C) langs die vraagnommer (8.1) neer.
A Siklies/Sirkelvormig
B Lineêr
C Episodies (1)
8.2 Noem die intrigestadiums wat 1, 2 en 3 in BRON J hierbo gemerk is. (3)
8.3 Ontleed hoe enige TWEE van die volgende elemente van Realisme in die
realistiese toneelstuk wat jy bestudeer het, weerspieël word:
• Karakters
• Dekorstel
• Temas
• Taal
• Kostuums (6)
8.4 Bespreek VIER kenmerke van EEN antirealistiese beweging en die bydrae
daarvan tot 20ste-eeuse teater. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2016
NSS
Bestudeer BRON K hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON K
method-akteur deur cta
Reg, Toneel 3, Ja, Steve, oor hierdie
Waarom staan hy toneel … Wat's my motivering
gereed? Ligte! net daar?! Sny!
Kamera! Aksie! hier? Hoekom steek ek
hierdie pad oor?
Wat's die
probleem, Al?'s
8.5 Noem die teaterpraktisyn wat die toneelspelbenadering, method-toneelspel,
ontwikkel het. (1)
8.6 Verduidelik 'n method-akteur se benadering. (3)
8.7 Motivering is een van die method-toneelspeltegnieke (BRON K).
Verduidelik DRIE method-toneelspeltegnieke wat jy kan gebruik om vir
'n opvoering voor te berei. (6)
Bestudeer BRON L hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
BRON L
Elke nou en dan, wanneer jy op die verhoog is,
hoor jy die beste geluid wat 'n speler (akteur) kan hoor.
Dis 'n geluid wat jy nie in flieks of in televisie
hoor nie. Dit is die geluid van 'n wonderlike,
diep stilte wat beteken jy het hulle getref
waar hulle lewe.
[Shelley Winters]
8.8 Reageer op die stelling in BRON L deur jou eie opvoeringservaring te
evalueer. Verduidelik hoe die toepassing van jou dramavaardighede, die
skeppingsprosesse en jou finale aanbieding tot die 'geluid van 'n wonderlike,
diep stilte' kan lei. (12)
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Dramatic Arts Nov 2016 Eng hlayiso.com

Memorandum
Dramatic Arts Nov 2016 Memo Eng hlayiso.com

Memorandum
Dramatic Arts Nov 2016 Memo Afr hlayiso.com

Question paper
Gr12 DRMA S16 QP Afr hlayiso.com

Question paper
Gr12 DRMA S16 QP Eng hlayiso.com

Question paper
AFRFAL P1 GR12 QP AFR SEP 2016 hlayiso.com
More from Grade 12 Dramatic Arts
Explore more published documents in this catalogue.









--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)

