You're offline
Skip to content
Memorandum

Dramatic Arts Nov 2016 Memo Afr hlayiso.com

Subject: Dramatic ArtsGrade 12201639 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2016 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 39 bladsye en 2 bylaes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2016 NSS – Memorandum ALGEMENE NOTAS AAN DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS 1. Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie die kandidaat benadeel nie. 2. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die memorandum te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om algemene definisies en begrippe te vind. 3. As die memorandum nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie. 4. Maak 'n duidelike merkie langs die betrokke leerpunt wanneer 'n punt toegeken word. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke wees. 5. Hoofnasieners moet die volgende fasiliteer: • Kandidate se verwagte antwoorde op elke vraag • Die kognitiewe moeilikheidsvlak wat van die kandidaat verwag word • Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word • Anderson en Krathwohl se hersiene Bloom se Taksonomie (kognitiewe proses teenoor denkproses) • Aksiewerkwoorde wat by elke kognitiewe vlak gebruik is en die tipes bewyse vereis (feite, begrippe, prosesse, denke) 6. Analiseer elke vraag en sy verwagte antwoord soos volg: • Moeilikheidsgraad van item: Hoe moelik is die vraag? • Moeilikheidsgraad van taak: Hoe moeilik is die kognitiewe vereistes van die taak vir die kandidaat? • Moeilikheidsgraad van stimulus: Is die stimulus relevant en geskik vir die doel? • Moeilikheidsgraad van antwoord: Verskaf die memorandum toepaslike antwoorde en is die toekenning van punte duidelik? 7. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te verseker dat nasien gestandaardiseer is. 8. In geval 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet nie penaliseer nie (bv. opstelvraag). 9. Sien globaal na waar moontlik. Nasieners aanvaar ander korrekte, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Neem in ag, indien relevant, die kandidaat se eie ervaring asook kennis. 10. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe. 11. Merkers pas die volgende konsepte toe om die vlak van die denkproses van die leerder te evalueer: Vaardigheede Beskrywer Verduideliking Kan ʼn kandidaat regverdig hoe hy/sy by die antwoord uitgekom het deur die gebruik van Dramatiese Kunste terminologie. Dit kan toepaslike definisies en oplossings insluit. Regverdiging Verwys na die student se gebruik van Dramaties Kunste inhoud/vaardighede/beginsels om sy denkproses in die oplossing van die probleem te ondersteun of om te demonstreer dat die oplossing korrek is. Dit kan toepaslikke definisies en doelgemaakte Dramatiese Kunste insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2016 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING SOOS IN DIE VRAESTEL GEGEE 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40) AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging. EPIESE TEATER • Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht • Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • Mother Courage Bertolt Brecht • Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht • Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE • Waiting for Godot Samuel Beckett • Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks • Bagasie André P Brink • The Bald Primadonna Eugene Ionesco • Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER • Skrapnel Willem Anker • Top Girls Carol Churchill • Popcorn Ben Elton • Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company OF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die kandidaat moet: • Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord • Die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as 'n voorbeeld gebruik • Na een van drie bewegings en die bron in hulle antwoord verwys: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater • Toon dat die vraag en bron ontleed is, verstaan is en in sy/haar opstel geïntegreer is Die inhoud van die opstel moet die volgende dek: 1. EEN gekose teaterbeweging: o Teater van die Absurde OF o Epiese Teater OF o Postmoderne Teater 2. Toneelteks bestudeer 3. Vraag 4. Bron Nasiener se aantekeninge: • Kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan en krities ontleed is • Kennis wat soos 'n papegaai geleer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke getoon • Die volgende rubriek is 'n riglyn vir die nasiener om die kennisdimensievlak, die kognitieweprosesdimensievlak (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep) en kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon, te assesseer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2016 NSS – Memorandum BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Denkproses: Pas feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die vraag, bron en inhoud aan en integreer die vereistes van die vraag Uitstaande 27–30 • Evalueer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n omvattende verskeidenheid insiggewend gekose teoretiese, praktiese en estetiese Metakognitiewe 90–100 inhoud Kennis • Ontwerp en skep 'n argument in 'n nuwe en unieke patroon wat refleksiewe, A+ kreatiewe, kritiese en analitiese denke voorstel Skep • Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, te herorganiseer, saam te vat, te ontdek, te hernu, te verander, uit te brei en te verbeter • Denkproses: Ondersoek feitlike, konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis in die vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag Uitstekend 24–26 • Beoordeel/Assesseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n betekenisvolle verskeidenheid toepaslik gekose teoretiese, Metakognitiewe 80–89 praktiese en estetiese inhoud Kennis • Stel 'n argument in 'n interessante patroon saam wat reflekteer, kritiese en A analitiese denke voorstel Evalueer • Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te oordeel, te kritiseer, aan te beveel, verslag te doen, te evalueer, te voorspel, te ontdek, voor te stel • Denkproses: Ontleed, onderskei en ondersoek feitlike, konseptuele en Verdienstelik prosedurekennis in die vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag 21–23 • Ontleed/Dissekteer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele Prosedure- bronne in 'n breë verskeidenheid toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese 70–79 kennis inhoud • Stel 'n argument saam wat kritiese en analitiese denke voorstel B Ontleed • Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te ontleed, gevolgtrekkings te maak, begrippe te dekonstrueer, met mekaar in verband te bring, toe te skryf, ontdek • Denkproses: Onderskei feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die vraag, bron en Wesenlik 18–20 inhoud en integreer die vereistes van die vraag • Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n Prosedure- 60–69 breë verskeidenheid toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud kennis • Verskaf 'n argument wat kritiese en analitiese denke voorstel C • Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, te interpreteer, te konstrueer, te Toepas integreer en te simuleer • Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herformuleer feitlike en konseptuele kennis Voldoende van die vraag en bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag 15–17 • Interpreteer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in Konseptuele 'n breë verskeidenheid teoretiese, praktiese en estetiese inhoud, voorspelbaar 50–-59 Kennis • Verskaf ʼn standpunt/siening wat poog om logiese beredenering en gevolgtrekkings maak D Begrip • Kognitiewe vlak: Toon gemiddelde vermoë om met mekaar in verband te bring, toe te lig, te klassifiseer, op te som, te vergelyk, te verduidelik • Denkproses: Verduidelik en interpreteer voorspelbare feitlike en konseptuele kennis Gemiddeld van die vraag, bron en inhoud en, integreer tot ʼn sekere mate, die vereistes van die 12–14 vraag Konseptuele • Verduidelik met enkele voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging en 40–-49 Kennis addisionele bronne in 'n voorspelbare verskeidenheid teoretiese, praktiese en estetiese inhoud E Begrip • Toon voldoende vermoë óm te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, klassifiseer, op te som, te vergelyk, te verduidelik Elementêr • Denkproses: Pas kennis uit geheue toe wat basies verband hou 10–11 • Kies beperkte voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne Feitlike in 'n beperkte verskeidenheid teoretiese, praktiese en estetiese inhoud 30–39 Kennis • Skryf 'n verduideliking in die omvang van voorspelbare denkprosesse • Kognitiewe vlak: Toon elementêre vermoë om probleem op te los, te identifiseer, te F Onthou noem, in verband te bring, te definieer Nie Behaal Nie • Denkproses: Onthou en pas kennis uit geheue toe 2–9 • Kies voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne wat nie Feitlike in konteks is nie asook nie verband hou met die vraag nie 3–29 Kennis • Skryf 'n verduideliking binne 'n basiese verskeidenheid denkprosesse • Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te G Onthou bring, te definieer, te interpreteer en te onderskei Nie Behaal Nie • Toon geen begrip van die vraag of bron, kan nie opstel skryf nie, gee geen voorbeelde 0-1 uit die toneelteks of die teaterbeweging OF Feitlike • Bied min feite aan, hou nie verband met vraag nie OF 1-2 Kennis • Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te definieer nie OF • Bied gememoriseerde inligting aan en inhoud wat nie die vraag antwoord nie H Onthou Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Die volgende is algemene inligting oor die Dramatiese bewegings. Kies aspekte wat van toepassing is op die teks. Jy mag ook enige ander relevante inligting by voeg. EPIESE TEATER Bedoeling en doel • Om die gehoor te distansieer • Laat die gehoor die wêreld waarin hulle leef duideliker sien eerder as om hulle oortuigings as vanselfsprekend te beskou • Maak duidelike onderskeid tussen 'n Illusieteater ('Dramatiese' Teater) en Epiese Teater • Is teen die idee van skynvertoon ('pretence') gekant ('n tipiese kenmerk van Realisme) • Verwag dat toeskouers wakker sal wees • Realisme het sy waarde verloor – het die rol van die toeskouer ondermyn– verlaag hom tot passiewe toeskouer • Verwyder die 'illusie' van Realisme • Gebruik verskillende tegnieke om die gehoor te vervreem – verskil tussen wat hulle op verhoog gesien het en dit wat werklik was Tegnieke: Gebruik van: • 'Verfremdungseffekt' of om gehore van die aksie op die verhoog te distansieer en te vervreem • Doel van musiek – moet noemenswaardige kommentaar lewer op die handeling, bv. in Moeder Courage waar die ironies bitter woorde van 'n liedjie wat oor die karakter se geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus op 'n soet, sorgelose wysie getoonset is – die onversoenbaarheid van die wysie en die woorde dwing die gehoor om oor die ware betekenis van die liedjie na te dink • Liedjies wat tussen tonele geplaas word om te vertel wat moet gebeur voor dit plaasvind • Verhoogruimte nie spesifiek nie • Dekorstelle eenvoudig en simbolies • Teater moet die handelinge wat aangebied word, 'vreemd maak' • Historifikasie – moet die 'oudheid' van die gebeure beklemtoon deur dit van die hede te skei Gehoorreaksie • Toeskouer moet dink dat indien hy/sy dieselfde toestande as dié getoon in die toneel ervaar het, hy/sy anders sou opgetree het as gevolg van die lesse wat geleer is • Toeskouers sou dan oorweeg wat hy/sy sou gedoen het om 'n positiewe verskil te maak • Wees geïnspireer om soortgelyke waardevolle maatskaplike/sosiale veranderinge met betrekking tot die huidige stand van sake te maak • Toeskouer word aangemoedig om maatskaplike/sosiale hervormings in sy/haar gemeenskap of omgewing in te stel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2016 NSS – Memorandum TEATER VAN DIE ABSURD Bedoeling en doel • Die Absurdistiese wêreld lyk asof dit geen ware orde of betekenis het nie • Bied die gehoor 'n eksistensialistiese standpunt van die buitewêreld • Forseer die gehoor om hulle betekenis in die wêreld te bevraagteken • Niks het 'n definitiewe, spesifieke of herkenbare bestaan nie • Mense is wat hulle van hulleself maak • Mense word deur hulle handelinge en keuses bepaal • Pessimistiese beskouing van die menslike stryd • Hoofsaaklik gemoeid met die mens se soeke na betekenis Karakters • Nie vas nie • Verteenwoordig die mensdom wat self niks is nie • Bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis • Verlore, verward • Alle handelinge is waardeloos en absurd • Naragtig • Bly bymekaar omdat hulle bang is om in so 'n onverstaanbare wêreld alleen te wees • Gebrek aan identiteit – vervelig, oninteressant en sonder diepte • Vol foute • Nie goed afgerond nie-geen verlede nie en weinig aanduiding van die toekoms • Bly staties en toon geen ontwikkeling nie • Kom oor as afstootlik, pateties, miserabel en onbevoeg • Emosioneel leeg • Eienskappe word oordryf • Gebruik om Absurdiste se standpunte oor die menslike toestand uit te druk • Onderling afhanklik • 'Sosiale marionette' • Tweemanoptredes Taal en dialoog • Mense is nie bedrewe met kommunikasie nie • Tree as hindernis tot kommunikasie op • Isoleer die individu nog meer • Spraak is feitlik waardeloos • Bevraagteken die waarde van taal • Het vermoë om te kommunikeer verloor • Pogings tot kommunikasie 'disintegreer' gebruik van clichés en betekenislose lettergrepe • Onvermoë van taal om gaping tussen die karakters te oorbrug • Ontmensliking, outomaties en betekenisloos • Bied die onverwagte, die bisarre en die absurde aan • Stilte is net so goeie kommunikasiemiddel as wat die gesproke woord is • Betekenislose gesprekke • 'Uit gewoonte' en oppervlakkig • Taal word beskou as 'n ontsnapping uit vervelige lewens • Nuwe woorde word geskep • Banale alledaagse gesprekke word gemeng met literêre taal, dubbele betekenisse, clichés, sleng en herhalings deurspek met poëtiese taal • 'n Herhalende dialoogstyl word gebruik om die sikliese aard van die lewe te beklemtoon Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Temas • Tydelikheid en verganklikheid (tyd) • Tragiese gesukkel om van jou eie self bewus te word in die genadelose proses van vernuwing en vernietiging wat in die lewe plaasvind • Die verandering van tyd • Moeilik om te kommunikeer • Die nimmereindigende soeke na die werklikheid (realiteit) • Die tragiese aard van verhoudings • Die mens se angs in die aanskyn van totale betekenisloosheid • Angs (Eksistensiële angs) • Die mens is alleen, verlore in 'n wêreld waarin God hom verlaat het • Wetenskap en die rede is illusionêr POSTMODERNISME Bedoeling en doel • Ontwikkel uit die Absurdis-standpunt • Verwerp die sekerhede van die Moderne Era • Geen groot narratief/vertelling of enkele waarheid nie • Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is • 'Vernietig' die 'waarheid' • Verwelkom veelvuldige standpunte, perspektiewe, realiteite • Sluit kuns, teater, argitektuur, musiek, rolprente, letterkunde, modes, TV en ander vorms van uitdrukking in • Leen by 'n reeks verskillende style • Verwerp die idee van 'hoë kuns' en 'lae kuns' • Verwelkom avant-garde-(toekomsgerigte/aktivistiese denke) eksperimentele teater • Skryf nie 'suiwerheid' in kuns voor nie • Is sterk teen hoë kuns gekant ('Trashes high art') • Het nie vaste manier om kuns te skep nie • Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie • Meen dat kultuur aan almal behoort • Dekonstrueer ('n manier om vasgestelde idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe, ontwrigte/verdeelde en deurmekaar manier aanmekaar te sit) idees, beelde en konstrukte/konsepte • Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte • Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie • Meen dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep • Weerspieël en vier die mal en chaotiese leefwyse in 'n populêre kultuur • Geniet nonsenskuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë • Sien ironie en humor • Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word Pastiches • Tegniek in Visuele Kunste waar verskillende beelde, mediavorms, ens. saamgeflans word om een stuk te vorm • Verwysings en lae verskillende tekste en beelde Metateater/Teks: • Herinner kykers daaraan dat hulle in die teater is • Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kan kommunikeer • Dit is die kunswerk wat oor homself besin Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Stories/Verhale: • Nielineêr in konstruksie • Refleksief • Op die periferie, selfs onbelangrik • Teorieë of idees • Gebroke • Oorvleuel met baie standpunte en teenstrydige/botsende stemme Opvoerings: • Die hooffokus • Die hoofproses • Nie in 'n manuskrip/teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia bestaan • Het geen skuldige party nie – niemand is skuldig nie Repetisieprosesse: • Geïmproviseer • Verander • Hersien • Op datum gebring/Bygewerk • Voortdurend omskep deur optrede Gehoor: • Is baie belangrik • Speel 'n rol • Word dikwels by die dialoog betrek Toneeltekste: • Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie • Maak die manuskrip/teks net die beginpunt • Het onbeantwoorde vrae Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.) • Kyk na temas of teatertegnieke/-middele • Laat die toneelstuk se einde oop • Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep • Vra meer vrae as wat beantwoord word • Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies/handelinge • Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie • Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die gedekonstrueerde of gefragmenteerde storie of intrige te eggo • Het nie noodwendig werklike mense nie • Karakters en mense is bloot 'n verteenwoordiging van gefragmenteerde idees • Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik soos wat die toneelstuk ontwikkel TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1.1 Nasieners aanvaar enige EEN korrekte antwoord. • Protesteater OF • Teater vir Bevryding OF • Swartbewussynsteater OF • Teater van die Onderdruktes OF • Werkersteater OF • Eksperimentele Teater (1) 2.1.2 Nasieners aanvaar enige TWEE korrekte antwoorde of verduiliking. • Paswetstelsel • Bantoe-onderwys • Wet op Groepsgebiede (segregasie) • Aanhouding sonder verhoor (Section 29) • Wet op Aparte Geriewe (2) 2.1.3 Nasieners merk holisties en aanvaar ander histories relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Paswetstelsel • Gedurende apartheid moes alle swart Suid-Afrikaners hulle pasboeke saam hulle dra • Pasboeke het al hulle persoonlike inligting bevat, soos hulle name en vanne, ouderdom, werkstatus, werkspermit en woonadres • Is geskep om die bewegings van swart Suid-Afrikaners gedurende apartheid te moniteer en te beperk • Is in hegtenis geneem wanneer hulle nie 'n pasboek kon toon nie • Beleid word aan die begin van die toneel aangeroer wanneer die musikant (Mbongeni) sonder 'n pasboek optree en tronk toe gevat word • Dit beklemtoon die stresvolle situasie van aanhouding sonder verhoor Bantoe-onderwys • Ondergeskikte onderwys, sonder kritiese denke, probleemoplossings- konteks, kreatiewe denke en relevante konteks • Het nie leerders genoegsaam vir arbeidsmark voorberei nie • Is ontwerp om die meerderheid van die bevolking ongeletterd te hou (nie te ontwikkel nie), sodat hulle ongeskoold sou wees en swak betaal kon word • Die karakter van die vleisverkoper toon die probleme wat deur ongeskooldes in die gesig gestaar is. Hulle moes op 'n manier 'n bestaan maak • Onderwys was nie vir swart leerders verpligtend nie en die gevolg was dat daar 'n hoë ongeletterdheidsyfer was, soos in die karakters van Bobbejaan en Zuluboy by Coronation Brickyard getoon word (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 2.2.1 Aanvaar enige van die volgende: • Jerzy Grotowski OF • Bertolt Brecht (1) 2.2.2 Nasieners aanvaar: • Gee 4 punte vir ʼn goed gemotiveerde 'JA' en 'NEE'. • Gee 4 punte vir ʼn goed gemotiveerde 'JA'. • Gee 4 punte vir ʼn goed gemotiveerde 'NEE'. Die volgende is 'n riglyn: • Akteurs kan maklik tussen verskillende karakters beweeg. • Dit spaar tyd en behou die tempo • Dit is makliker om op te voer • Aangesien akteurs hulle eie klankeffekte skep en hulle liggame as rekwisiete gebruik, is dit interessant om na die toneel te kyk • Minimum rekwisiete benodig • Gehoor word in verskillende wêrelde ingeneem wat die akteurs op die verhoog skep, soos wat hulle van een karakter in die volgende verander en voorwerpe word wat op die verhoog gebruik word • Nie doeltreffend: gehoor sal dit moeilik vind om die verskillende omgewings te identifiseer • Mag die verhoor verwar as die akteurs van karakter verander (4) 2.2.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet na beide fisies vaardighede sowel as vokale vaardighede. Die volgende is 'n riglyn: Vokaal Akteurs moet die volgende kan skep: • Verskillende karakters, soos Aunty Dudu en die tandlose ou man • Klankeffekte, soos van 'n trein of 'n musikale instrument, ens. • Verskillende karaktertipes, soos Aunty Dudu, die tandlose ou man, Baas Kom, ens. met gebruik van vokale en fisiese verskeidenheid • Verskillende klanke, soos 'n instrumentale jazz-orkes, polisiesirenes, motor- en masjienklanke, ens. deur vokale en verbale dinamiek te gebruik Fisies • Akteurs moet fisies sterk en veelsydig wees • Opvoering vereis dat akteurs hulle liggame gebruik om van een karakter in die volgende te verander • Met mimiek gebruik akteurs hulle liggame om voorwerpe te word of te verteenwoordig, soos 'n televisiestel of 'n haarknipper • Akteurs skep beelde met hulle liggame • Akteurs moet rats en soepel wees om aan die fisiese vereistes en aksie van die toneelstuk te voldoen • Akteurs moet sing, dans, toneel speel en kommunikeer in verskillende tale om situasies te kommunikeer (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 2.2.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet 'n begrip van satire toon. Ken 2 punte toe vir 'n verduideliking van satire. Ken 4 punte toe vir 2 voorbeelde. Die volgende is 'n riglyn: Satire • Die term wat gebruik word wanneer ʼn persoon (magsfigure) bespot en verkleineer word • Gebruik komiese elemente om ernstige kwessies uit te beeld wat apartheid Suid-Afrika geraak het • Die gebruik van 'n narreneus (pingpongballetjie) om 'n wit Suid-Afrikaner te verteenwoordig, verkleineer en bespot, bv. die polisieman en Baas Kom • Die openingstoneel is 'n voorbeeld van satiriese humor, bv. Mbongeni probeer om voetjie vir voetjie sy pad van die verhoog af te skuifel • Nog 'n satiriese element is sy manier en houding teenoor die polisieman en die manier waarop hy die polisieman aanspreek wanner hy sê: 'my Konstabel', 'my Luitenant', 'my Kaptein', 'my Kolonel', 'my Brigadier', 'my President'. Alhoewel die gebruik van verkleining duidelik sigbaar is met die narreneus op die polisieman se gesig (6) 2.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: In die finale gedeelte • Daar is 'n oproep om alle vryheidstrydhelde, soos Albert Luthuli, te laat herleef • Daar is 'n oproep vir die vryheidstrydhelde om apartheid te beëindig • Albert Luthuli word opgewek • Die belangrikheid van die titel is daarom groter as om een spesifieke persoon op te wek, en simboliseer die mense se verset teen alle onregverdige onderdrukking (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 2.4 Verwys na die aantekeninge hieronder en gebruik BYLAE A (rubriek) om jou nasienwerk te lei Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate kan óf saamstem óf verskil of albei. Die volgende is 'n riglyn: Stem saam Opvoerstyl • Straatteater o Hierdie teatervorm en die stilistiese kenmerke daarvan word met die toneelteks in ooreenstemming gebring wat lei tot 'n dinamiese visuele en ouditiewe teater • Akteur se stel vaardighede o Tegniese vokale vaardighede verseker duidelike en betekenisvolle lewering van die dialoog, bv.:  Tussenribasemhaling  Projeksie  Artikulasie  Uitspraak  Frasering  Pousering  Plaas klem  Intonasie ens. o Vokale dinamiek stel akteurs in staat om voorwerpe te skep en te verteenwoordig/voor te stel:  Sirene van aankomende trein  Klank van vliegtuig wat verbyvlieg  Geraas van 'n helikopter o Fisiese vaardighede stel die akteur in staat om voorwerpe te skep en te verteenwoordig/voor te stel:  Krag  Soepelheid  Koördinasie  Stamina  Vermoë om 'n hoë vlak van fisiese energie te lewer  Vermoë om fisiese energie te fokus o Toneelspeelvaardighede stel akteurs in staat om:  In voorwerpe te verander (helikopter)  Baie verskillende karakters te wees  Emosionele omvang en die talent en toneelspelvaardighede te hê om effektief te karakteriseer o Bemeestering van ander kunsvorms:  Dans (Tsonga)  Sang (In die gevangenis) • Gehoordeelname o Die akteurs nooi die gehoor om:  Aan die herlewing van vryheidstrydhelde deel te neem  Juig jazz-orkes se optrede toe Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Inhoud • Historiese perspektief o Die gehoor word bewus gemaak van apartheid en die gruweldade wat deur die regering en mense gepleeg is • Sosiopolitieke temas o Bantoe-onderwys o Paswette o Wet op Aparte Geriewe o Ontugwet • Universele temas o Honger o Armoede o Diskriminasie o Ontmagtiging o Misbruik/Mishandeling o Geweld (sistemies, sosiaal, emosioneel, verbaal, fisies) Teaterinvloed Effektief want dit het die gehoor vermaak, opgevoed en betrek. • Tonele met 'n vinnige pas • Baie karakters word voorgestel • Verskillende aksente, ouderdomme, rasse, geslagte word geskep • Konkrete voorwerpe, maar denkbeeldig, word deur die akteurs verteenwoordig met gebruik van hulle liggame en stemme • Kunsvorms, soos dans en musiek, versterk die handelinge/aksie Verskil Opvoerstyl • Gebruik akteurs se vokale en fisiese vaardighede om voorwerpe te word of om klank te skep het in teaters voorspelbaar geword • Straatteater is nie meer 'n nuwigheid nie • Die tipes vaardighede wat nodig was toe Woza Albert! die eerste keer opgevoer is, was uniek en nuut; vandag word dit as oorbekend en voorspelbaar ervaar Inhoud • Kontemporêre gehore kan die geskiedenis van apartheid as irrelevant ervaar. Hulle is moontlik besig met aktuele sake soos: o Die doeltreffendheid en waarde van demokrasie o Identiteit o Rassisme o Xenofobie • Nuwe Suid-Afrikaanse skrywers en die aktuele onderwerpe waaroor hulle skryf, is interessanter vir kontemporêre gehore Teaterinvloed • Party van die tonele word herhaal en 'n kontemporêre gehoor kan dalk verveeld raak met die gebruik van hierdie teatermiddel • Nuwe teaterstyle, soos die gebruik van multimedia, is interessanter: o Oorhoofse projeksie o Veelvoudige beligtingseffekte met nuwe 360-beligtingstoerusting o Kragtige klankeffekte, elektronies gewysig om unieke stemming en atmosfeer te skep • Kontemporêre gehore kan eerder aanklank vind by nuwe toneelspelstyle, bv. Anne Bogart, Stella Adler [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Geforseerde verskuiwings (1) 3.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Mense: • Is nie die kans gegun om eers te in te pak nie, daarom het hulle baie van hulle besittings verloor • Het nie kans gehad om familie, bure en vriende te groet nie • Het pyn, vrees en wanhoop ervaar toe hulle die polisie en die stootskrapers gesien het • Het hulpeloos/magteloos gevoel omdat hulle nie op die verskuiwings voorbereid was nie (2) 3.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde gebaseer op die toneelteks. Die volgende is 'n riglyn: Geforseerde verskuiwings getoon deur die Uitsettingsdatum • Deur Fahfee aangekondig • Aktiveer die regering se plan om die inwoners van Sophiatown te verskuif Karakters • Spreek hulle mening oor geforseerde verskuiwings uit • Reageer driftig, alhoewel met die gevoel van magteloosheid, op die ontvangs van hulle uitsettingsbriewe, wat die gevoelens van die inwoners van Sophiatown weerspieël • Voer die proses van geforseerde verskuiwings in die finale toneel van die toneelstuk op • Toon die pyn, lyding en angs van hierdie proses deur hulle woorde, bv. Mamariti sê: 'I'd rather die. Dump me anywhere, I'd rather die.' ('Ek sal eerder sterf. Smyt my enige plek weg, ek sal eerder sterf.') Jakes sê: 'This bitterness inside me wells up and chokes. We lost, and Sophiatown is rubble.' ('Hierdie bitterheid in my stoot op en verstik my. Ons het verloor, en Sophiatown is puin.') (4) 3.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Historiese gebeurtenis • Deur The Junction Avenue Teater Company gedokumenteer • Om deel van ons nasionale geskiedenis te bewaar Skep bewustheid • Van die land se verlede sodat dieselfde foute nie herhaal word nie • Om die voormalige inwoners van Sophiatown 'n platform te gee om oor hulle ervarings te praat of om dit te bespreek Onderwys • Gehore leer oor die sosiopolitieke situasie in Suid-Afrika (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 3.5.1 • Werkswinkelmetode OF • Improvisasie (1) 3.5.2 Nasieners aanvaar enige drie goed gemotiveerde en relevante stappe antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Idee • Kies 'n konsep of idee as 'n basis vir die toneelstuk Waarneming/Navorsing • Gebruik argiewe, boeke, persoonlike onderhoude, neem mense in werklike situasies waar • Vind idees om mee te werk Hou dinkskrum • Skep gesamentlik onderwerpe/idees/'n titel vir die toneelstuk Improvisasie • Speel met moontlike beelde, karakters en tonele • Skep die toneelstuk deur spontane toneelspel en interaksie in karakter Keuse • Redigeer en vorm die geïmproviseerde tonele om die finale manuskrip van die toneelstuk te skep Opname • Die finale vertoning/opvoering in 'n geskrewe manuskrip of rolprent (6) 3.5.3 Nasieners aanvaar enige drie goed gemotiveerde en relevante vaardighede. Die volgende is 'n riglyn: Vaardighede • Ratsheid en soepelheid om 'n volhoubare en afgewisselde opvoering te hanteer • Toneelspel, sang en dans sal die vermaaklikheidswaarde van die opvoering versterk • Fisiese en vokale vaardighede om aan die verskillende eise van die karakterisering te voldoen • Sterk improvisasievaardighede om 'n toneel kreatief te bou • Kommunikasievaardighede om doeltreffend as 'n span te werk • Luistervaardighede om die doel en idees van die toneelstuk te verenig • Selfdissipline om die tyd en persoonlike hulpbronne te bestuur • Kreatiwiteit en verbeelding om 'n nuwe produksie te maak • Waarnemingsvaardighede om karakters geloofwaardig uit te beeld (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 3.5.4 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoord wat ʼn evaluasie van die vraag demonstreer. Die volgende is 'n riglyn: Demokratiese proses • Alle deelnemers maak 'n gelyke en waardevolle/gewaardeerde bydrae • Almal, selfs ongeletterdes, kan betrokke wees Kreatiewe en spontane proses • Hanteer aktuele en relevante kwessies • Gee deelnemers die kans om hulle eie stories te vertel • Die toneelstuk kan geredigeer en gewysig word • Mense kan saamwerk om 'n gesamentlike doelwit te bereik (6) 3.6 Verwys na die aantekeninge hieronder en die rubriek in BYLAE A om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat evaluasie demonstreer. Die kandidaat moet die waarde en invloed van die onderwerp, karakterisering, verhoogopstelling/enscenering en opvoerstyl in sy/haar antwoord assesseer en die invloed van die toneelstuk op apartheidsgehore en op kontemporêre gehore vergelyk. Die volgende is 'n riglyn: Onderwerp • Karakters en gebeure kon onderdruktes tydens apartheid gemobiliseer het en bewustheid geskep het in gehore wat voorheen onbewus was van die situasie in Suid-Afrika op daardie tydstip, terwyl kontemporêre gehore die toneelstuk as 'n gedokumenteerde stuk geskiedenis kon beskou het, 'sodat ons nie vergeet nie' • Universele kwessies sou enige tyd herkenbaar en relevant wees Karakterisering • Karakters is maklik herkenbaar en tydens apartheid aan township- inwoners bekend • Ander Suid-Afrikaners kon bewus of onbewus gewees het van karakters en gebeure tydens apartheid as gevolg van die skeiding van mense in Suid-Afrika (leefareas, vermaaklikheidsareas, skole, ens.) Verhoogopstelling/Enscenering • Sou as dinamies en innoverend beskou word met die gebruik van Brechtiaanse slagspreuke en tekens • Hierdie verhoogopstelling kan deesdae aangepas word om nuwe tegnologie te gebruik, bv. filmmateriaal, multimedia, ens. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1 A: Ma B: Tiemie (2) 4.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: • Ma en Tiemie het 'n gespanne verhouding • Tiemie beskuldig Ma dikwels daarvan dat sy is slegte ma en rolmodel is • Ma maak dit duidelik dat sy oor Tiemie besorg is en wil nie hê sy moet dieselfde foute as sy maak nie • Tiemie maak dieselfde 'fout' as Ma deur swanger te word, wat veroorsaak dat Ma en Tiemie rusie maak omdat Ma oor Tiemie se toekoms bekommerd is • Tiemie is verleë (skaam) oor Ma se voorbeeld en wil uit die suburbs ontsnap (4) 4.3.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees oor enige een van die twee karakters As 'n kandidaat antwoorde oor albei karakters verskaf, krediteer slegs een. Die volgende is 'n riglyn: Ma • Leef buite die huwelik saam met Giel wat impliseer dat hulle in sonde woon, wat sosiaal sterk afgekeur is • Word deur haar kinders beskuldig dat sy 'n slegte vrou is met swak morele standaarde aangesien sy in sonde saam Giel leef • Nie finansieel seker nie en maak staat op haar man, wat in die oorlog vermis geraak het, se pensioen • Geforseer om 'n oorlogsweduwee te wees omdat haar man vermis is, wat haar as die enigste broodwinner laat • Woon in 'n beskeie huisie en onderhou Giel ook met die pensioen Tiemie • Bly saam haar ma, haar broer en Giel in 'n beskeie huisie in 'n arm wit woonbuurt met geen vader om hulle te onderhou nie • Wil wegkom uit haar desperate maatskaplike en ekonomiese omstandighede deur met 'n goeie man te trou wat haar van die arm wit woonbuurt sal red • Wil bevestiging hê dat sy meer as haar arm wit opvoeding is en dat sy ten spyte van haar desperate maatskaplike en ekonomiese omstandighede suksesvol kan wees • Trap in dieselfde slaggat as haar ma wanneer sy met Jakes se kind swanger raak wat beteken dat sy nou in die arm wit woonbuurt vasgevang is • Beklemtoon die feit dat mense in die 'suburbs' in 'n siklus van armoede en morele agteruitgang vasgevang is (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 4.3.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die kandidaat moet begrip toon van die betekenisvolle oomblikke in die toneelstuk en hoe hy/sy 'n geloofwaardige (ware), fisiese vertolking van daardie karakter kan gee. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die akteur kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se Stelsel weergee, bv.: Fisiese stand van handelinge/aksies • Handelinge/Aksies en reaksies moet realisties wees • Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukkings, gebare en bewegings) in die skepping van die toneelstuk se lewe op die verhoog 'Beat Work' • Binnekoms, uitgange, nuwe tonele, nuwe motiverings, nuwe taktiek ens. • Veranderinge in denke en gevoelens moet getrou, effektief en realisties uitgebeeld word • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking weerspieël word Vokale uitdrukking • Aangesien die toneelstuk realisties is, moet die akteur 'n illusie van 'n werklike gesprek skep • Die akteur moet gelei word deur begrip van die denke en gevoelens wat in die akteur se vokale reaksies deur stemtoon, pas, tempo, volume, ens. weergegee word Magiese as ('Magic if') • Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokale en fisiese reaksies kan daarom verskil van opvoering tot opvoering, maar sal altyd realisties en geloofwaardig/waar wees • 'Om toneel te speel, is om te glo' Aandagsirkels • Akteur se fokus moet op die binnewêreld van die toneelstuk wees en nie op die gehoor nie Emosionele geheue • Akteur kan persoonlike ervaring gebruik om insae te kry in die emosionele lewe en werklikheid van die karakter (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 4.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Kandidaat stel voor dat die stelontwerp doeltreffend is omdat dit: • Die ekonomiese status van 'n arm wit gesin weerspieël: karige meubels, diens motors in die agterplaas, slordige konstruksiewerk, ens. wat verband hou met die tematiese aangeleenthede van die toneelstuk. Ma, Giel, Tiemie en Tjokkie woon in 'n arm wit woonbuurt ('suburb') • As realisties geklassifiseer kan word en die stelontwerp voldoen aan die beginsels van Realisme: oortuigende verskynings en afgange, werklike motor op verhoog, vensters en deure, meubels en rekwisiete is realisties, ens. • Die regisseur ruimte gee om realistiese beweging en aksies vir die akteurs te blok Kandidaat stel voor dat die stelontwerp nie doeltreffend is nie omdat: • Alhoewel die toneelstuk realisties is, die stelontwerp nie gedetailleerd genoeg is nie, bv. tekort aan realistiese elemente, soos rekwisiete wat aandui dat dit in die agterplaas plaasvind • Die stelontwerp minimalisties en abstrak is met verteenwoordigende elemente, bv. rekwisiete, mure, ens. • Dit nie soos 'n huis in die woonbuurt ('suburb') lyk nie • Die beligting in die bron lyk nie realisties nie, ens. (6) 4.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings vir ses punte OF • Ses aparte gedagtes/idees vir ses punte Die volgende is 'n riglyn: Moontlike stelitems • 'n Motorfiets kan die gevare van Jakes se teenwoordigheid in die toneelstuk simboliseer • Addisionele meganiese en elektriese onderdele in Tjokkie se werkspasie, simbolies van sy pogings om uit sy onmiddellike omgewing en uiteindelik die 'suburbs' te ontsnap • Rommel in die agterplaas wat 'n aanduiding is dat hulle nie trots is op hulle omgewing nie • Leë alkoholbottels, simbolies van die behoefte om aan die werklikheid te ontsnap • ʼn Wasgoedlyn met ʼn duur of verslete rok (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 4.6 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet 'n begrip toon van hoe die simbole in die toneelteks kommentaar lewer op die 'kern van die menslike aard'. Die volgende is 'n riglyn: Die popliedjie – Sugar-Sugar of Heart • Word deur Tiemie in die huis gespeel en simboliseer Tiemie se onskuld en haar doelwit om liefde te vind selfs al is dit die 'stroopsoet' tipe romanse • Tiemie verromantiseer die idee van liefde • Sy glo dat sy liefde sal vind wat haar sal bevry van wat wat haar aan die voorstedelike lewe vasbind • Sy het onrealistiese verwagtinge van die liefde Altaarkleed • Word gebruik as 'n siniese kommentaar op Ma se ervaring van die liefde in teenstelling met God se liefde. Soms kan mense sinies word oor die liefde, bv. Ma is bekommerd oor hoe Tiemie en Tjokkie die liefde sal ervaar • Die bloedvlekke op die altaarkleed aan die einde van die toneelstuk, is 'n skrille herinnering aan die geweld en lyding wat met Ma se idees van liefde geassosieer word 1948-Buick • Die motor is 'n integrale deel van die stel en simboliseer Tjokkie se begeerte om aan sy onmiddellike omgewing te ontsnap • Hy verdwyn dikwels onder motor in wanneer hy nie lus voel om met die ander karakters te kommunikeer nie • Die ironie van die motor wat Tjokkie so liefdevol regmaak en restoureer is dat dit op die ou end presies dieselfde kar is wat sy dood veroorsaak • Die motor word dan 'n ander tipe ontsnapping aangesien Tjokkie dit gebruik om selfmoord te pleeg om uit die gewelddadige en tragiese omgewing te ontsnap Alkohol • Die drink van alkohol simboliseer die agteruitgang van die morele standaarde van die laer werkersklas • Die karakters wend hulle tot alkohol om aan die skrille werklikheid van hulle omstandighede te ontsnap • Lei daartoe dat Giel en Jakes Tjokkie dwing om te sien wat uiteindelik tot die tragiese einde van die toneelstuk lei (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate kan enige karakter in BRON F kies: Sipho, Mandisa of Thando. Die volgende is 'n riglyn: Sipho • 63-jarige Assistent Hoofbibliotekaris by die Port Elizabeth Openbare Biblioteek • Konserwatiewe en tradisionele Xhosa-vader • Kwaad en bitter oor verliese en gebrek aan professionele bevordering in die verlede Thando • Sipho se dogter • Werk by die WVK • Onderwyser • Tradisionele waardes • Verloof aan Mpho Mandisa • Het 'n Wes-Indiese moeder • Themba is haar vader • In Engeland grootgeword • Westerse waardes • Baie eiewys (4) 5.1.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Gedurende repetisies Die akteur kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se Stelsel weergee, bv.: Fisiese stand van handelinge/aksies • Aksies en reaksies moet realisties wees • Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukkings, gebare en bewegings) in die skep van die toneelstuk se lewe op die verhoog 'Beat Work' • Binnekoms, uitgange, nuwe tonele, nuwe motiverings, nuwe taktiek ens. • Veranderinge in denke en gevoelens moet effektief en realisties uitgebeeld word • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking weerspieël word Vokale uitdrukking • Aangesien die toneelstuk realisties is, moet die akteur die illusie van 'n werklike gesprek skep • Die akteur moet gelei word deur begrip van die denke en gevoelens wat in die akteur se vokale reaksies deur stemtoon, pas, tempo, volume, ens. weergegee word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Magiese as ('Magic if') • Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokale en fisiese reaksies kan daarom van opvoering tot opvoering verskil, maar sal altyd realisties en geloofwaardig/waar wees • 'Om toneel te speel, is om te glo' Aandagsirkels • Akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk en nie op die gehoor wees nie Emosionele geheue • Akteur kan persoonlike ervarings gebruik om insae te kry in die emosionele werklikheid in opvoering Agterverhoog voor 'n opvoering • Die akteur kan kies om vokale en fisiese opwarmingsoefeninge te doen (voorbeelde van opwarmingsoefeninge kan deur die kandidaat gegee word) • Ontspanningsoefeninge (voorbeelde kan gegee word) • Grimering en kostuum relevant tot die karakter • Fokus- en konsentrasieoefeninge om voorbereiding en repetisiewerk te herroep volgens Stanislavski se metode (6) 5.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Prosceniumboog-verhoog • Verskaf 'n lewendige portretraam vir die aksie/handeling • Kan 'n boksstel huisves • Versteek tegniese elemente, bv. beligting Kandidate kan na die prosceniumboog-verhoog of enige ander verhoog verwys as die antwoord gemotiveer is, gebaseer op die realistiese aard van die toneelteks. (2) 5.3 Nasieners aanvaar enige relevante idees gebaseer op die kandidaat se kennis van Realisme in die teks. Ken ses punte toe vir drie goed gemotiveerde idees. Ken ʼn punt toe vir elke item gelys tot ʼn maksimum van drie punte. Die volgende is 'n riglyn: Dekorstel • Weerspieël die sosio-ekonomiese omgewing waarin die karakters leef, bv. twee kamers, kralegordyn, ens. Rekwisiete • Gedetailleerd en nodig om die illusie van werklikheid te steun, bv. bottel met alkohol, urn, ens. Kostuums • Weerspieël die sosio-ekonomiese wêreld van die karakters, bv. Sipho dra 'n pak, wat sy status as bejaarde man toon Verhoogruimte • Geskik en presies dieselfde grootte as 'n township-huis Stel ontwerp • Meubels weerspieël 'n middeklasgesin in 'n township, bv. kralegordyn, boeke, ens. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 5.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien holisties na. Die kandidaat kies dalk nie BRON F as 'n plakkaat nie • Die prent is grys en oninteressant • Die skaduwees en simbole op die prent kan die kyker verwar • Die agtergrond is onduidelik Die kandidaat kies dalk om BRON F as 'n plakkaat te gebruik • Die tekening bevat afbeeldings van die karakters in die toneelstuk wat meer inligting oor die inhoud van die toneelstuk kan verskaf, bv. Thando en Mandisa wat antwoorde by Sipho eis • Die skaduwees wat in die skets uitgebeeld word, kan belangstelling wek oor die onderwerp van die toneelstuk, bv. hoe hierdie figure verbind is aan die karakters en hulle verlede • Die simbole, soos die urn en die skaal van geregtigheid, kan belangstelling wek oor die onderwerp van die toneelstuk, bv. die Waarheids-en-versoeningskommissie (4) 5.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien holisties na. Thando • Verskeur tussen respek vir haar vader se tradisionele Afrika-waardes (Thando mag nie die huis verlaat nie want die familie is besig om te rou) en haar begeerte om haar eie drome te volg (om saam Mandisa Johannesburg toe te reis) • Mandisa se aankoms tree as 'n katalisator op om hierdie spanning te verhoog omdat sy Thando aanmoedig om Sipho te konfronteer oor die waarheid oor Sipho en Themba se verhouding • As gevolg van Mandisa se Westerse opvoeding sou sy die oudstes van die stam uitdaag, terwyl Thando dit nie sou doen nie as gevolg van haar Afrika-opvoeding • Thando worstel om haar eie stem as 'n volwassene te vind omdat sy bang is om met Sipho te praat oor haar verhouding met Mpho Mandisa • Haar aankoms in Port Elizabeth en New Brighton-township maak haar oë oop oor die lewe, tradisies en kultuur in Afrika wat spanning veroorsaak, bv. Mandisa en Thando stry oor die doeltreffendheid van die WVK • Is in konflik met Sipho aangesien sy probeer verstaan waarom hy 'n probleem met verassing het en met Thando wat Johannesburg toe wil reis en sy druk Sipho vir die waarheid oor haar vader • Haar identiteit self is in konflik aangesien haar naam Makhaya na McKay verander is (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 5.6 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Die urn • Simboliseer die dood, bv. Themba se afsterwe • Kan ook beskou word as 'n houer/voorwerp wat innerlike konflik veroorsaak het, omdat Sipho verwag het dat 'n liggaam sou opdaag • Die tema van die dood; dood van die verlede en Themba se dood en hoe dit die hede en die toekoms beïnvloed Die bottel met alkohol • Kan beskou word as verteenwoordigend van Sipho se begeerte om homself van die stres/spanning van die verlede te bevry en word daarom as 'n katalisator gebruik om Sipho se spanning vry te stel (te bevry) en om die waarhede van die verlede te bevry (te laat gaan) • Kan ook bydra tot die tema van ontsnap van die werklikheid. Sipho wil nie die waarheid oor sy vrou en Themba konfronteer nie Uitbeelding van die karakters • Toon hulle uiterlike karakteruitbeelding deur gesigsuitdrukkings en kostuums. Almal se gedrag/houding/optrede is ernstig wat die ernstige aard van die toneelstuk kan weerspieël • Die manier waarop die karakters geposisioneer word, gee die indruk dat die onderwerp 'n botsing van kulture insluit Die skaduwees • Kan die geheime van die verlede en 'n dreigende bron van teëspoed simboliseer, bv. Thando en Mandisa druk Sipho vir antwoorde oor sy verhouding met Themba • Die tema van die verlede wat die hede beïnvloed, steun die genre van Realisme en sielkundig geloofbare karakters, bv. Mandisa se aankoms dwing Sipho om sy verlede te konfronteer Die skaal van regverdigheid • Verteenwoordig regverdigheid en gelykheid vir almal • Sipho wil geregtigheid vir Luvuyo hê • Mandisa wil hê dat die WVK-beskuldigdes voor die gereg gebring word • Die Nuremburg-verhooropsie teenoor die WVK (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Smith kom by die eensame Garnet Lodge aan en ontmoet Johan and Thami wat soek na finansiering vir hulle diamantmynprojek. Konflik breek uit en Johan dreig Smith met 'n mes. Smith vertrek en ons word met die onheilspellende gevoel van onafgehandelde sake gelaat. (4) 6.1.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Afgesonderdheid van die lodge • Kan die feit dat die karakters van die toneelstuk geïsoleer en vasgekeer is, beklemtoon Die lodge se ligging (posisie) • Hoog op 'n krans bo die see kan die idee beklemtoon dat daar 'n gevoel van gevaar is, bv. Johan wat Smith dreig Die volmaan • Donker omgewing/milieu wat tot die geheimsinnigheid van die intrige kan bydra, bv. sielkundige onthulling van Johan wat probeer om geld vir sy onderneming te kry • Kan geleentheid gee vir geheimsinnige beligtingseffekte (4) 6.1.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings • Ses aparte gedagtes/idees Aanvaar enige formaat in hierdie antwoord. Die volgende is 'n riglyn: Die spelershandleiding kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se Stelsel weergee, bv.: Fisiese stand van handelinge/aksies • Handelinge/Aksies en reaksies moet realisties wees • Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukkings, gebare en bewegings) in die skep van die toneelstuk se lewe op die verhoog 'Beat work' • Binnekoms, uitgange, nuwe tonele, nuwe motiverings, nuwe taktiek ens. • Veranderinge in denke en gevoelens moet effektief en realisties uitgebeeld word • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking weerspieël word Vokale uitdrukking • Aangesien die toneelstuk realisties is, moet die akteur die illusie van 'n werklike gesprek skep • Die akteur moet gelei word in die begrip van die denke en gevoelens wat in die vokale reaksies deur stemtoon, pas, tempo, volume, ens. weergegee word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 27 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Magiese as ('Magic if') • Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokale en fisiese reaksies kan daarom verskil van opvoering tot opvoering, maar sal altyd realisties/geloofwaardig/waar wees • 'Om toneel te speel, is om te glo' Aandagsirkels • Akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk wees en nie op die gehoor nie Emosionele geheue • Akteur kan persoonlike ervaring gebruik om insae te kry in die emosionele lewe en werklikheid van die karakter (6) 6.1.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: • Die verhoogplasing/omgewing van die toneelstuk bring die gehoor in die versoeking om meer te weet oor wat besig is om te gebeur, aangesien daar 'n dreigende en onheilspellende gevoel van die onbekende is: presies waar is hierdie plek, presies wie is die karakters en presies wat is besig om te gebeur • Dit sou die rolprentregisseurs 'n keuse van verskillende plekke en omgewings gee om die rolprent te verfilm • Die stormagtige seelandskap en die klotsende branders kan die rolprentganger visueel lok • Klank en beligting is stemmingspesifiek en dra by tot die boeiende aard van hierdie sielkundige riller en gee die beligtingsontwerper die geleentheid om kreatief te wees • Die universele trefkrag van die verhaal maak dit geskik vir 'n rolprentmanuskrip. Dit is 'n verhaal vir alle mense, vir alle tye. Die botsing van klas en kultuur, bv. Thami, Johan en Smith het verskillende agtergronde, skep potensiaal vir konflik wat op alle gemeenskappe van toepassing is • Die karakters het universele trefkrag • Die opwinding van die onderwerp (die jag na rykdom, diamante) is universeel aantreklik (4) 6.1.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Musiek • Die agtergrondmusiek van die rolprent kan emosioneel aangrypend en dramaties wees ten opsigte van die inhoud (sielkundige riller) • Moet die stemming en atmosfeer van die rolprent weerspieël en kan die handelinge/aksie onderstreep/beklemtoon, bv. Johan wat Thami met 'n mes dreig • Sinistere ondertone in die musiek sal die spanning verhoog, bv. Johan hou die ander karakters as gyselaars aan (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 28 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 6.1.6 Nasieners aanvaar ander korrekte, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Klankeffekte • Die klank van die branders wat teen die krans klots • 'n Mishoring ter see • Die klanke van die wilde weerstoestande • Donderweer buite kan die spanning skep Visuele effekte • Weerlig buite kan die spanning en atmosfeer van vrees skep • Dowwe beligting in die lodge kan die stemming weerspieël • Filmmateriaal van bote wat teen die wilde, stormagtige en onvergewensgesinde see veg, kan bygevoeg word • Rekenaargrafika kan vir beelde van die see gebruik word • Kleiner skaalmodelle van die lodge en skepe op die see kan ook vir skote van ver af gebruik word (4) 6.1.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: • Hoofkwessies en -temas kan verlore gaan as gevolg van kommersialisasie • Die interaksie tussen akteur en gehoor raak verlore want dis nie onmiddellik nie • Die kern van die betekenis van die toneelstuk kan verlore raak as gevolg van die rolprentmaker se standpunt en vertolking van die onderwerp • Om geskikte akteurs te vind om die rolle outentiek te vertolk • Groot koste verbonde aan die maak van 'n rolprent (4) 6.2 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Onderwerp • Lok en trek gehoor se aandag in die aksie van die toneelstuk in, bv. Johan hou die ander karakters as gyselaars aan • Op almal van toepassing, bv. Thami, Johan en Smith kom uit verskillende kulture en klasse wat universele trefkrag het • Onmiddellike betrokkenheid by onderwerp deur akteur-gehoor- verhouding, bv. karakters is sielkundig realisties, daarom kan gehoor identifiseer Karakters • Die menslike toestand word blootgelê deur die karakters en hoe hulle reageer op hulle situasies, bv. Johan se desperaatheid om van sy verlede weg te kom om 'n beter toekoms te skep • Universele kenmerke en eienskappe is identifiseerbaar in die karakters, bv. Thami werk om vir 'n beter toekoms vir sy gesin te spaar Temas • Universele temas van hebsug, desperaatheid, behoefte aan sukses, verantwoordelikhede ten opsigte van gesin, ens. is almal kwessies waarmee enige gehoor kan verbind • Empatie is onmiddellik en spanning word ervaar (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 29 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET 7.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Afrikaans = 'Mis' • Bemesting (die 'mis' wat Miem en Meisie in sakke pak om te verkoop). • 'Mis' as menslike ontlasting (die aksies en gesprekke rondom die slopemmer) • Indirekte verwysings na Rooms Katolieke 'Mis' (al die vroue in die drama bieg teenoor Konstabel soos teenoor 'n priester) • Die vroue kyk die waarheid 'mis' • Meisies word uit die dorp ver'mis' • Die feit dat die vroue hul 'mis'gis • Al die karakters 'mis' iets • 'Mis'tig buitekant • 'Mis' voor die vroue se oë English = 'Missing' • The girls who have gone 'missing' • The characters are all 'missing' something: Miem 'misses' Gabriel, Gertie 'misses' her youth and sexual liberation and Meisie 'misses' her freedom • The truth is 'missing' from the house • Absence of Gabriel – his presence is 'missing' • Absence of joy, love and warmth – 'missing' in the house (4) 7.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir twee goed gemotiveerde stellings oor die verhoogplasing en tyd. Kandidate mag nie volpunte kry as hulle na slegs een vereiste verwys nie. Die volgende is 'n riglyn: Tyd • Dui aan dis aand. Dit skep 'n onheilspellende atmosfeer wat 'n voorbode van dreigende onheil kan wees, bv. die meisies raak weg (word vermis). • Aangedui as 'die laaste nag van Augustus' • Dit sal later tot die spanningsvolle atmosfeer van die toneelstuk bydra want elke jaar op hierdie dag raak een meisie weg en mense is gespanne en bang • Die jaar '1936' kontekstualiseer die sosio-ekonomiese omgewing van die toneelstuk. Dit vind plaas na die Groot Depressie en gee die gevoel dat die karakters armoedig en dus nog meer kwesbaar is • Deur Miem se vertelling leer ons hoe hulle die plaas verloor het, en ons hoor van hulle huidige onbestendige bestaan op die plasie/hoewe • Sy en Meisie verkoop mis aan die boere in goiingsakke Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 30 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Verhoogplasing • Die karakters woon in 'n armoedige huisie. Dit dui aan dat hulle sukkel om 'n bestaan te maak omdat die vader hulle aan hulle lot oorgelaat het en Miem die enigste broodwinner geword het • Dra by tot die frustrasie van die vroue in die huis aangesien die vader afwesig is, in die solder wegkruip en weier om af te kom en by te dra • Dat die huisie 'klein' is, dui op die kloustrofobiese bestaan van die karakters • Stel Meisie se beperkte bestaan voor, vasgevang en geïsoleer van die buitewêreld • Die huis is geleë 'op 'n plasie/hoewe in die buitewyke van 'n plattelandse dorpie' wat betekenisvol is aangesien die gesin geïsoleer en kwesbaar is (8) 7.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kreatiewe denke demonstreer. Die volgende is 'n riglyn: • Die moontlike gebruik van kleur kan in die dekorstel ingesluit word om die meubels van die gebied van realisme na fantasie te neem • Die grootte en proporsie van party van die meubelstukke kan oordryf/vergroot word om 'n gevoel van die magiese te skep • Die dekorstel en rekwisiete kan die kern van die ruimte voorstel eerder as om dit realisties voor te stel, bv. 'n minimalistiese dekorstel gevul met sakke mis om die swaarkry van die gesin te verteenwoordig (4) 7.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir twee goed gemotiveerde stellings vir elke tipe wind. Kandidate mag nie volpunte kry as hulle na slegs een wind verwys nie. Die volgende is 'n riglyn: Sagte weeklaende wind en stormwind • Die sagte weeklaende wind skep die idee dat die plasie/hoewe verlate en geïsoleer is wat ook die innerlike geweeklaag van die karakters eggo • Die klank van die wind kan die idee van moontlike dreigende onheil skep • Dra by tot die onheilspellende stemming van die situasie • Versterk Meisie se desperate omstandighede en die feit dat sy vasgevang is in die huis; dit verpersoonlik Meisie se krete om verlossing van haar omstandighede • Soos wat die wind en die spanning in die toneelstuk ontwikkel, word die wind 'n stormwind (4) 7.5 • Meisie OF Miem OF Gertie – Marionet • Konstabel OF Gabriel OF Miem – Poppemeester (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 31 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 7.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir drie goed gemotiveerde stellings. Die volgende is 'n riglyn: Meisie kan met 'n marionet geassosieer word omdat sy deur die volgende karakters in die toneelstuk gemanipuleer word: Konstabel. Hy: • Merk Meisie se verwondering op en verlei haar tot die magiese wêreld van die sirkus • Buit haar verlange na avontuur uit en belowe haar 'n magiese wêreld daar buite • Voel haar behoefte aan ontsnapping uit haar konserwatiewe en onderdrukkende omgewing aan en moedig haar aan om 'n avontuur te onderneem • Manipuleer haar jeug en onskuld deur op die waarheid uit te brei • Lok haar weg met sy sjarmante persoonlikheid en bied haar ontvlugting Miem. Sy: • Maak Meisie glo dat sy aan baie gevare in die buitewêreld blootgestel is • Hou Meisie tuis en geïsoleerd • Weerhou werklike wêreldondervindings van Meisie om haar naïef te hou • Gebruik Meisie om haar met die plaas en huiswerk te help Gabriel. Hy: • Beheer haar gevoelens en emosies deur Meisie vir hom te laat jammer voel • Beheer haar handelinge/aksies deur haar sy harde werk op die plaas te laat doen • Maak geen bydrae tot die huishouding nie; hy dring daarop aan dat Meisie hom met skuiling en kos moet voorsien • Slaan munt uit Meisie se vrees vir die buitewêreld en hou haar tuis om na hom om te sien (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 32 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 7.7 Verwys na die aantekeninge hieronder en die rubriek in BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet begrip toon van hoe geslag in 'n Calvinistiese Afrikaner- samelewing uitgebeeld sal word. Die volgende is 'n riglyn: Afrikaner-Calvinisme en die rol van geslag in die toneelstuk • Die sterk matriargale mag van die moeder wat gedurende die oorlog op die plaas moes bly en die eiendom moes verdedig • Die voortdurende vergelding en veroordeling deur die kerk van 'n kwesbare en dikwels ongeletterde bevolking • Puriteinse houding van die kerk: vroue moet dien en seksueel lojaal wees • Baie swak selfrespek en minderwaardigheidsgevoel na die Britse oorwinning van die Boere • Die Afrikaner word beskou as iemand wat 'mis sou vat' soos duidelik is in die vroue se reaksies en hantering van Gabriel se slopemmer • Tradisioneel moet die man in die huis die vroue versorg en beskerm Karakters • In Mis is die rolle omgeruil met die vader, Gabriel, in die solder. Hy het besluit om na die Groot Depressie hom aan die wêreld te onttrek • Dit is nou Miem wat die rol van broodwinner oorneem en probeer om 'n bestaan te maak saam met haar dogter • Miem is die enigste gesagsfiguur in die huis. Sy is die matriarg en maak Meisie alleen groot • As gevolg van Miem se konserwatisme is sy skepties oor die buitewêreld • Gevolglik isoleer sy Meisie wat na vryheid buite die mure van die huis verlang • Meisie is gefassineer en nuuskierig oor die sirkus, maar Miem beskou dit as boos • Miem is die tronkbewaarder op haar plasie, maar word ook deur haar eie vrese en sinisme oor die lewe gevange gehou • Dit is ook Gabriel wat tot 'n groot mate Miem se bewegings beperk • Die enigste blootstelling wat Miem aan die buitewêreld het, is wanneer sy Meisie by die sirkus gaan haal • Gertie is 'n simbool van onderdrukte sensualiteit aangesien haar Calvinistiese opvoeding en gewete haar verhinder om aan haar drange uiting te gee • Gertie word ook deur Miem beïnvloed en beheer • Konstabel is die simbool van vryheid van die onderdrukkende Afrikaner- Calvinisme • Dit is ironies dat Miem vir Konstabel, 'n man, vertrou aangesien sy deur haar man teleurgestel en verlaat is • Die vroue toon ook 'n sterk gevoel van godsdiens soos in die dialoog duidelik is (12) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 33 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING D: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 8.1 B (1) 8.2 1: Begin/Eksposisie/Uiteensetting/voorlopige situasie/inleiding tot die karakters en hulle situasie 2: Stygende aksie (handeling)/opbou tot spanning/konflik/duidelike oorsaak om ontwikkeling te veroorsaak 3: Klimaks (3) 8.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken punte toe vir antwoorde wat begrip en kennis van Realisme toon. Die volgende is 'n riglyn: Net soos in die werklike lewe is die: Karakters: • Herkenbaar • Geloofbaar • Lede van gehoor kan maklik met hulle identifiseer • Goed afgerond en is driedimensioneel • Ontwikkel emosies soos wat die toneelstuk vorder/ontwikkel Dekorstel: • Realisties • Uitbeelding van werklike lewe • Afgeslote stel gebruik om illusie van werklikheid te skep deur soveel detail as moontlik in te sluit Temas: • Relevant tot die samelewing en alledaagse lewe • Gefokus op maatskaplike probleme, onderdrukking, misdaad, oorheersing van heersende klasse, selfbevryding, ens. Taal: • Weerspieël die tipes karakters in die toneelstuk • Elke karakter het sy eie onmiskenbare manier van praat • Gesprekke word gebruik om die intrige aan te dryf Kostuums: • Relevant vir die karakters en vertoon dikwels die persoonlikhede van die karakters asook hulle sosio-ekonomiese situasies (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 34 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 8.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate sal EEN van die genoemde bewegings kies. Kandidate kan ander relevante en korrekte historiese feite, kontekste, verduidelikings en teaterverskynsels en voorbeelde verskaf, bv. Arm/Gestroopte Teater, Teater van die Absurde, Wreedheidsteater, ens. Ken 8 punte toe vir 4 goed gemotiveerde punte. Ken 4 punte toe vir punte wat kortliks verduidelik is. Die volgende is 'n riglyn: Simbolisme • Een van die invloedrykste van die vroeë reaksies teen Realisme • Het sy wortels in die 1880's in Frankryk • Vroeg in die 20ste eeu uitgesterf • Antirealisties in die ontkenning dat die waarheid gevind word in die bewyse wat deur die sintuie of deur rasionele denke verskaf word • Stel voor dat die waarheid intuïtief aangegryp moet word • Poog om indrukke en gevoelens te dramatiseer – 'n subjektiewe werklikheid • Neig om misterieus en dubbelsinnig te wees • Opvoerings is aan hulle eenvoud herken • Atmosfeer en stemming is deur beligting, kleur, vorms en lyne geskep • Toneelspel en leiding was weergewend/figuratief • Dialoog is op 'n staccato-agtige wyse voorgedra • Om akteurs in staat te stel om die gehoor te bereik en meer te deel is die proscenium dikwels verwyder Ekspressionisme • Fokus op die emosies van die gehoor en die kunstenaar • Voorwerpe wat verantwoordelik is vir die aanwakker/stimulering van emosies was nie die fokus nie • Daar was 'n groot mate van sielkundige introspeksie • Temas het op mense se ontevredenheid met gesag en materialisme gefokus • Stemming van die toneelstuk was sarkasties of satiries • Filosofie het gemeen dat daar geen absolute waarheid of selfs 'n nosie van die waarheid is nie • Enigste waarheid word binne elkeen van ons gevind • Daarom word waarheid subjektief • Dit is hierdie subjektiewe werklikheid wat Ekspressionisme ondersoek Futurisme • Begin in Italië • Wil realiteit verander; het verlede verwerp • Ophemeling van die masjientydperk was die fokus van Futurisme • Tyd en ruimte is saamgepers en veelvuldige onverwante tonele is in 'n enkele dramatiese verhoogplasing/agtergrond/omgewing opgevoer • Wou die tradisionele prosceniumboogbenadering breek en het al die kunste ingesluit: sirkus-, verskeidenheids- ('music hall') en nagklubtonele is in opvoerings geïntegreer • Multimediategniek is gebruik om die gehoor tot bewustheid te ruk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 35 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Algehele opvoering en ondervinding was soms chaoties met multimedia- opvoering en die gebruik van veelvuldige kunsstyle • Akteurs het die vierde muur gebreek, soms in die ouditorium opgetree Konstruktivisme • Begin in Rusland met Meyerhold • Hy het 'n speelstyl, genoem Biomeganika, ontwikkel • Hy het geglo dat sekere emosies opgewek kan word deur sekere spierbewegings te gebruik • Hy het Stanislavski se oortuiging teengestaan dat daar interne motivering moet wees voordat 'n emosie opgewek kon word • Term/Begrip geneem uit 'n studie van die kuns • Teaterrealisasie was utilitêr (nuttig/prakties) en niedekoratief met betrekking tot opvoerings en verhoogopstelling • Dekorstelle het bestaan uit strukture, platforms, wiele, trappe en masjienonderdele • Die groteske is gebruik om die menslike toestand te weerspieël Dadaïsme • Daarop gemik om gekheid/waansin en chaos te ondersoek • 'n Weerspieëling van die wyse waarop mense die samelewing ervaar het • Daar was geen waarheid of orde om betekenis uit sy/haar bestaan te help skep nie • Opvoerings is gewoonlik van gedigte wat nonsensklanke wat aanmekaargeryg word, gebruik (klankgedigte) • Aangedui daar is geen betekenis in die werklikheid of in ons interaksie nie • Gehoor kon nie sin uit hierdie opvoerings maak nie Surrealisme • Dadaïsme is geleidelik in 'n nuwe beweging geabsorbeer • Hierdie ontwikkeling het hoofsaaklik in Frankryk begin • Ook Super-realisme genoem en was 'n opstand teen Realisme. Kunssinnige waarheid was die doelwit van die Surrealistiese kunstenaars. • Doel was om 'n ware staat van werklikheid te bereik • Om dit te bereik, het hulle verskillende bekende menslike toestande met ongewone omgewings naas mekaar geplaas • Die band van gewone realiteit/werklikheid is gebreek • Alledaagse logika is verwerp • Jean Cocteau was die belangrikste teaterpraktisyn van Surrealisme • Antonin Artaud was ook invloedryk en hy het nuwe ruimtes gebruik om tradisionele teatergeboue te vervang • Hy het strak ligte, skril klankeffekte en die stem gebruik om harmonieë en wanklanke/disharmonieë te skep. Sy teater is Wreedheidsteater genoem. • Dit was 'n teater van algehele spektakels • Dit het die seremoniële eienskap van 'n godsdienstige rite gehad (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 36 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 8.5 Stanislavski OR Lee Strasburg (1) 8.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: 'n Method-akteur • Speel realisties • Put uit Stanislavski se metode/stelsel • Identifiseer heeltemal met die karakter • Put uit eie emosionele geheue en gevoelsgeheue • Eksploreer die wetenskaplike benadering tot toneelspel tegnieke (3) 8.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde idees OF • Ses aparte idees/gedagtes Die volgende is 'n riglyn: Gegewe omstandighede • 'n Mens se sielkundige en fisiese gedrag is onderhewig aan die eksterne invloed van sy omgewing. 'n Handeling maak duidelik hoe 'n sekere karakter in 'n gegewe omstandigheid reageer. Die akteur moet tot so 'n mate met die omgewing van die toneelstuk vertroud raak, dat hy deel daarvan word Fisiese stand van handeling/aksie • Begin deur na jou karakter se fisiese lewe te kyk • Dit is belangrik om uit te vind watter aksies word genoem en watter word geïmpliseer • Watter ander aksies is nodig (gebruik jou verbeelding) • Tree slegs binne die omstandighede wat die dramaturg gee, op • Skep 'n fisiese stand van handelinge/aksies • Aksies moet uit 'n plek van waarheid kom • 'Beat work' sal bepaal hoe aksies uit gedagtes en gevoelens ontstaan Konsentrasie • Hierdie karakterverbinding word deur konsentrasie behaal • Fokus op die wêreld om jou en nie op die swart gat nie (gehoor in die donker) • Die akteur konsentreer daarop om sy/haar aksies en sy/haar woorde om te kry wat sy/haar karakter by die ander akteurs in die toneelstuk wil hê • 'n Mens moet intens konsentreer om 'n werklike en geloofbare karakter, anders as jyself, te word Die magiese as ('Magic if') • Verbeel jou dat hierdie gebeure op die verhoog kan plaasvind • Vra die vraag: 'Wat sou ek doen as …' • Die magiese as ('magic if')-vraag help om die karakter se doelwitte in die akteur se doelwitte te verander • Dit help om die akteur in die verbeelde omstandighede in te dra Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 37 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Doel en bedoeling • Aksies moet waar, geloofbaar, logies, doelgerig wees en by die gegewe omstandighede inpas • Jy moet na kyk na wat die dramaturg jou gegee het asook jou eie ervarings • 'Beat work' bepaal doelwitte en doelstellings wat doel en bedoeling inspireer Emosionele geheue • Die tegniek om beelde en die verbeelding te gebruik, is belangrik • As ons iets kan verbeel of in ons gedagtes sien, kan dit na handeling lei, na oortuiging en na gevoel • Die meeste van hierdie beelde is herinneringe aan ervarings wat verby is • Stanislavski het geglo dat jy die sensoriese ervarings van die situasie moet herroep en probeer onthou wat jy gedoen het (6) 8.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en die rubriek in BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken punte toe vir 'n begrip van voorbereiding, opvoering (optrede) en die verantwoordelikheid wat die akteur teenoor die gehoor het. Die volgende is 'n riglyn: Dramatiese vaardighede • Fisiese vaardighede (mimiek, beweging, fisiese teater, ens.) • Vokale vaardighede (projeksie, artikulasie, ens.) • Ontspanning • Asemhaling Skep van opvoering • Opvoering en gebruik van ruimte • Blokkering • Gebruik van vlakke • Repetisies Finale aanbieding/opvoering • Voorbereiding • Vokale karakterisering • Fisiese karakterisering • Gebruik van ruimte • Skakels • Emosionele integrasie • Impak van opvoering op die gehoor (12) [40] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2016 NSS – Memorandum BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3 en 4: 10 PUNTE BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Denkproses: Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis • Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n oorspronklike manier Uitstaande • Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging Metakognitiewe Kennis 9–10 • Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria. • Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte Skep • Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer en te herorganiseer • Denkproses: Bied feitlike, konseptuele en prosedurekennis aan. • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n oorspronklike manier Verdienstelik • Toon 'n insiggewende begrip van die vraag, die aanhaling die Prosedure- 7–8 toneelteks en dramatiese beweging kennis • Verskaf en ontleed 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde Evalueer wat insiggewend gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is • Kognitiewe vlakke: Toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te beoordeel, te evalueer en om gevolgtrekkings te maak • Denkproses: Toon feitlike en konseptuele kennis • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling Gemiddeld • Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag, die aanhaling, Konseptuele 5–6 toneelteks en dramatiese beweging verband hou Kennis • Gee en ondersoek voorbeelde uit die toneelteks en die dramatiese Ontleed beweging • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te kontrasteer, te onderskei, te klassifiseer • Denkproses: Toon feitlike kennis • Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak Elementêr • Toon 'n bietjie feitlike kennis Feitlike 3–4 • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag, die Kennis aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging verband hou Toepas • Gee 'n paar voorbeelde uit die toneelteks • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te organiseer, te vertolk, te identifiseer en te integreer • Denkproses: Herroep feitlike kennis Behaal • Toon 'n basiese begrip van die vraag en die aanhaling Feitlike 1–2 • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag, die aanhaling, Kennis toneelteks en dramatiese beweging verband hou Onthou • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, definieer, vergelyk, verduidelik • Denkproses: Bied onsamehangende, onverwante feitlike kennis aan. • Toon geen begrip van die vraag en die aanhaling nie Nie Behaal Nie • Gee feite wat nie met die vraag, die aanhaling, toneelteks of die Feitlike 0 dramatiese beweging verband hou nie Kennis • Gee geen voorbeelde uit die toneelteks of die dramatiese beweging Onthou nie • Kognitiewe vlakke: Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te definieer nie Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2016 NSS – Memorandum BYLAE B: RUBRIEK VIR VRAAG 5, 6, 7 en 8: 12 PUNTE BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT • Denkproses: Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis • Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag op 'n Uitstaande oorspronklike manier • Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag Metakognitiewe Kennis 11–12 • Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria • Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte Skep • Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend gekies is • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer en te herorganiseer • Denkproses: Bied feitlike, konseptuele en prosedurekennis aan Verdienstelik • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag op 'n oorspronklike manier • Toon 'n insiggewende begrip van die vraag Prosedure- kennis 9–10 • Verskaf en ontleed 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend gekies is Evalueer • Kognitiewe vlakke: Toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te beoordeel, te evalueer en om gevolgtrekkings te maak • Denkproses: Toon feitlike en konseptuele kennis Gemiddeld • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag Konseptuele 7–8 • Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag verband hou Kennis • Gee en ondersoek voorbeelde in terme van die aanhaling Ontleed • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te kontrasteer, te onderskei, te klassifiseer • Denkproses: Toon feitlike kennis • Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak Elementêr • Toon 'n bietjie feitlike kennis Feitlike 5–6 • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag verband Kennis hou Toepas • Gee 'n paar voorbeelde in terme van die aanhaling • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te organiseer, te vertolk, te identifiseer en te integreer Behaal • Denkproses: Bied onsamehangende, feitlike kennis aan • Toon 'n basiese begrip van die vraag Feitlike 3–4 • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag verband hou Kennis • Kognitiewe vlakke: Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, Onthou defileer, vergelyk, verduidelik • Denkproses: Onthou feitlike kennis Nie Behaal Nie • Toon geen begrip van die vraag nie Feitlike 0–2 • Gee feite wat nie met die vraag verband hou nie Kennis • Gee nie voorbeelde nie Onthou • Kognitiewe vlakke: Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te definieer nie Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Dramatic Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all