Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
DRAMATIESE KUNSTE
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 39 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum View all
Gr12 DRMA S16 MEMO Afr hlayiso.com
Dramatic Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 39 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Pages
- 39
- File size
- 468.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 39
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING A: TWINTIGSTE EEUSE TEATERBEWEGINGS
VRAAG 1: TWINTIGSTE EEUSE TEATERBEWEGINGS
Gebruik die volgende rubriek en notas om die kandidaat se respons te assesseer:
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande struktuur.
• Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn
Uitstekende
27–30 oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed uitgedruk.
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
Verdienstelike • ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite.
24–26
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord.
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid, sommige
foute is waarneembaar in die struktuur.
Beduidende
21–23 • Interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en eenvoudige taalgebruik.
prestasie
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings.
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige logiese stellings.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om meganiese en stereotipiese
Voldoende antwoorde te verskaf.
18–20
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings.
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig
nie en ʼn gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
• Beperkte versameling van inligting en swak taalvaardigheid kan ʼn bydraende
Gemiddelde
15–17 faktor wees.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met gepaste voorbeelde te
ondersteun nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend om die werk
op ʼn aanvaarbare wyse aan te bied.
Basiese
11–14 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met
toepaslike voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig
ondersteuning.
Nie bereik 0–10 • Irrelevant.
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat geleer het, maar nie
verstaan nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 3
Die volgende dien slegs as ʼn voorbeeld:
EPIESE TEATER
Sosio-politiese konteks
Epiese teater het ontstaan as gevolg van ʼn opstand teen realisme. Bertolt Brecht was ʼn
mediese assistent tydens die Eerste Wêreldoorlog en hy het die slagting en brutaliteit van
die oorlog op ʼn daaglikse basis ervaar. Dit was traumaties vir Brecht en daarom was hy
gekant teen die politieke kragte wat talle lewens opgeoffer het. Hy het geglo dat hulle dit net
vir kapitalistiese ekonomiese gewin toegelaat het en daarom was hy ʼn uitgesproke pasifis.
Brecht is ook deur Karl Marx beïnvloed. Marxisme het Brecht ʼn wetenskaplike uitkyk op die
wêreld en sterk politieke oortuigings gebied. Hy is ook deur Piscator en Ekspressionisme
beïnvloed.
Intrige
Epiese Teater is gestruktureer as ʼn montage van onafhanklike insidente wat Brecht geglo
het teenstrydighede in so ʼn manier kan konnekteer dat dit mense tot nuwe erkennings en
begrippe kan “skok”. Elke toneel het ʼn geskrewe subtitel wat slegs verwyder word wanneer
dit deur ʼn nuwe een vervang word met die begin van ‘n volgende toneel. Dit was om die
gehoor krities en oplettend te hou, deur oor-emosionele sentiment en empatie te ontmoedig.
Die episodes was voltooid in hulself en het net ʼn deel van die geheel weerspieël. Die
episodes is verbind deur die tema, waaroor Brecht se gehore moes konfronteer, bepeins,
debatteer en besin. Die gehoor moet vergelykings tussen die verlede en die hede maak.
Karaktereienskappe van Epiese teater
In die beskrywing van sy ideale teater, gebruik Brecht spesifieke terme:
Brecht het sy toneelstuk -epies- genoem omdat hulle epiese gedigte op baie maniere
weerspieël het:
1. Hulle het afgewissel tussen dialoog en vertelling
2. Hulle verander vrylik plek en tyd
3. Sommige tonele word gewys en ander net vertel
4. Hulle kan groot gedeeltes van tyd in ʼn enkele sin oorbrug.
5. Epiese teater poog om sy uiteindelike effek buite die teater te hê. Deur die toeskouer
te laat dink en aan te hits om die nodige sosiale hervorming te bewerkstellig.
Brecht het ook van die term vervreemding gebruik gemaak. Brecht se oorspronklike woord
was “Verfremdungeffekt” wat beteken om te vervreem. Sy doel was om die aksie op die
verhoog " vreemd "of "eenkant" van die gehoor te maak. Hy het geglo dat verskillende
maniere gebruik kan word om dinge vreemd te maak. Hy sou die gehoor se aandag
doelbewus om die onrealistiese aard van die werk vestig, eerder as om die gehoor van die
toneelstuk se realiteit te probeer oortuig. Die gehoor moet nooit toegelaat word om wat op
die verhoog gebeur, met die werklikheid te verwar nie. Die toneelstuk moet aan gedink word
as ʼn kommentaar op die lewe, iets waarna gekyk word en krities beoordeel moet word.
Liedjies, verhalende tekste, verfilmde gedeeltes, musiek en dekor is ʼn paar van die toestelle
wat deur Brecht gebruik word om die gehoor te vervreem.
Sulke toestelle verhoed dat ʼn produksie die publiek in ʼn gevoel van sekuriteit en tydloosheid
laat, maar wakker hul oordeel aan om sosiale bewussyn in hulle te wek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
Brecht het ook gebruik gemaak van Historifikasie.
Dit beteken die gebruik van materiaal uit ander tye en plekke. Brecht het geglo dat die
dramaturg die verlede moet beklemtoon en nie historiese materiaal op ʼn moderne manier
moet aanbied nie. Hy moet probeer om die gevoel in die toeskouer te wek dat indien hy
onder dieselfde omstandighede geleef het, hy positief sou optree. Dat hy dinge anders sou
doen. Die gehoor moet dan sien dat, aangesien dinge anders gedoen kan word, dit moontlik
is om die gewenste sosiale verandering in die huide ook te bewerkstellig. Deur die gebruik
van die historifikasie tegniek het Brecht geglo dat hy die gehoor van ʼn passiewe mens na ʼn
aktiewe een kan verander.
Kostuums
Die kostuums kan baie gemaklik wees. Die kostuums wat die akteur dra kan dalk nie by die
karakter wat hulle uitbeeld, pas nie.
Hulle het van maskers gebruik gemaak om die karakter se houding vir die akteur te skep. Dit
sou vir die algemene karakters wees en nie vir die meer geronde/komplekse karakters nie.
Dekor
Die dekor het teen dié van realisme gegaan. Hulle verwerp die boks stel en sal waarskynlik
ʼn deur hê om deur te loop, maar nie mure of enigiets wat dit ʼn realistiese gevoel sal gee nie.
Daar kan projeksies agter teen die muur wees om die toneel te beskryf en dit kan ons
waarskynlik vertel wanneer en waar daardie spesifieke toneel plaasvind.
Die dekor was onrealisties en meer suggestief. Ligte sou ten aanskoue van die gehoor gelos
word, toneel veranderinge sou ten aanskoue van die gehoor gedoen word en pype,
steierwerk, ens. kan op die verhoog gelos word as ʼn vervreemdingstegniek.
Temas
Temas is dikwels op politiek gebaseer. Brecht gebruik teater om sy siening van Marxisme te
bevorder en dus verken hy die tema van kapitalisme in baie van sy toneelstukke. Omdat die
oorlog ook grootliks vir Brecht beïnvloed het, is die tema van oorlog as die produk van ʼn
kapitalistiese stelsel, sowel as die gevolge van die oorlog ook duidelik in Brecht se
toneelstukke.
Kandidate moet oor hierdie punte skryf om ʼn omvattende opsomming van Epiese Teater as
geheel te gee, asook relevante voorbeelde uit die drama wat hulle bestudeer het om hul
verklarings te motiveer.
Dit is belangrik dat leerders albei aspekte van die vraag verstaan en beantwoord. Hulle moet
die genre van die toneelstuk wat hulle bestudeer het as ʼn geheel bespreek en na voorbeelde
uit die teks verwys om hul antwoord te staaf. Hulle moet ook evalueer hoe dit die
hoofkarakter se toneelspel beïnvloed. Indien die leerder NIE evalueringsvaardighede in die
tweede gedeelte van die vraag toepas nie, kan volpunte NIE vir die vraag toegeken word
nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 5
TEATER VAN DIE ABSURDE
• Teater van die Absurde, soos dit heel gepas deur Martin Esslin in 1961 benoem is, gee
vir die gehoor ʼn eksistensialistiese blik op die buitewêreld en forseer die gehoor om hulle
eie betekenis te bevraagteken in ʼn wêreld waar daar skynbaar geen ware orde of
betekenis is nie.
• Die onderliggende oortuiging van hierdie filosofie is dat niks ʼn definitiewe, spesifieke of
herkenbare bestaan het nie.
• Dit is eerder gegrond op die idee dat mense is wat hulle van hulself maak; hulle word
gevorm deur hulle aksies en die keuses wat hulle deur hulle lewens maak.
Karakters
• Volgens die eksistensialiste bestaan karakters bloot in ʼn droewige stand van sake
eerder as om vaste karakters te wees. Mense is self ook niks nie. Mense, bewus van
hulle menslike toestand, bestaan in ʼn droewige wêreld sonder betekenis.
• Hulle is dus verlore, deurmekaar en al hulle aksies is dan waardeloos, sinloos, vergeefs
en selfs absurd.
• Dramaturge soos Beckett en Ionesco het hierdie pessimistiese uitkyk op die mens se
sukkelende bestaan gedeel.
• Absurdiste is dus gemoeid met die mens se soeke na betekenis en hulle pogings om
sin te maak van hulle sinnelose posisie en om hulle hopelose situasie te aanvaar.
• Ons vind dus dat absurde drama ʼn omgewing skep waar mense geïsoleer word.
• Hulle is naragtige karakters wat deur die lewe strompel omdat hulle nie weet wat anders
om te doen nie.
• Die karakters bly dikwels bymekaar bloot omdat hulle te bang is om in so ʼn
onverstaanbare wêreld alleen te wees, bv. Estragon en Vladimir in Afspraak met Godot.
• Anders as realisme waar die karakters goed afgerond, vol ontwikkel en sielkundig
oortuigend is, het die karakters in die Teater van die Absurde nie identiteit nie en is
hulle vervelig, oninteressant en sonder diepte.
• Eerder as om goeie eienskappe te hê, is die karakters vol foute en omdat hulle nie goed
afgerond is nie, bly hulle staties en toon geen ontwikkeling nie.
• Hulle kom afstootlik, pateties, miserabel en onbevoeg voor. Hulle is emosioneel leeg en
is verteenwoordigers van die menslike toestand soos dit deur die Teater van die
Absurde gedefinieer word.
• Die karakters is Absurde toneelstukke verteenwoordig die mensdom, eerder as om ʼn
poging te wees om ʼn 'werklike' persoon op die verhoog te skep.
• Hulle eienskappe word oordryf en die situasies waarin hulle hulself bevind, word meer
intens gemaak. Hulle het geen verlede nie en ons word geen aanduiding gegee van wat
die toekoms mag inhou nie.
• Absurde dramaturge gebruik karakters om hulle standpunt oor die menslike toestand uit
te beeld.
• Beckett se karakters toon ʼn onderlinge afhanklikheid terwyl Ionesco se karakters as
'sosiale marionette' beskryf kan word.
• Die karakters word dikwels in pare of groepe voorgestel, soos die dubbel handelinge
van Vaudeville of musieksaalkomediante.
• Absurde karakters verskyn dikwels in pare en stel ʼn eenheid of aspekte van dieselfde
persoon voor en is dus spieëlbeelde van mekaar.
• Die boemelaars in Afspraak met Godot is van mekaar afhanklik vir vertroosting,
ondersteuning en bowenal betekenis. Hulle het mekaar nodig om te voorkom dat hulle
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
eensame en betekenislose lewens lei. Hulle voel genoodsaak om mekaar te verlaat
maar ook terselfdertyd om bymekaar te bly.
• Hulle oorweeg dit om van mekaar af weg te gaan, maar doen dit nooit nie en hulle
onvermoë om mekaar te verlaat is nog ʼn aanduiding van die onsekerheid en frustrasie
wat hulle voel terwyl hulle op ʼn verduideliking vir hulle bestaan wag.
• As ʼn gehoor kan ons net toekyk terwyl hulle dieselfde dinge doen en luister terwyl hulle
dieselfde dinge sê en die feit aanvaar dat Godot dalk sal kom, of dalk nie.
• Soos hulle is ons vasgevang in ʼn wêreld waar ons aksies ons oorlewing bepaal.
Taal en dialoog
• ʼn Ander belangrike idee was dat mense nie bevoegde kommunikeerders is nie en
doelbewus met mekaar skoor soek deur hulle dialoog om sodoende betekenis aan ʼn
betekenislose wêreld te gee.
• Taal dien dus as ʼn versperring teen kommunikasie, wat die individu dan verder isoleer
en spraak selfs meer nutteloos maak.
• Beckett bevraagteken die waarde van taal en glo dat taal die vermoë om te
kommunikeer, verloor het.
• Ionesco wys dat pogings tot kommunikasie dikwels van clichés na betekenislose
lettergrepe 'disintegreer'.
• In ooreenkoms met die eksistensialistiese idee dat mense geïsoleerd voel in ʼn wrede
wêreld, fokus Absurde dramaturge dikwels op die onvermoë van taal om die gaping
tussen die karakters te oorbrug.
• Taal is onpersoonlik, outomaties en betekenisloos. Kommunikasie tussen karakters kan
min wees, of karakters kan oor mekaar praat sonder om mekaar regtig te beïnvloed.
Taal se funksie is dan om die onverwagte, die bisarre en die absurde voor te stel.
• Die volgende is voorbeelde van hoe taal in Absurde toneelstukke gebruik kan word:
o Stilte is net so doeltreffend as kommunikasiemiddel as wat die gesproke woord is,
byvoorbeeld in Afspraak met Godot waar daar lang pouses en stiltes is waarin niks
gebeur nie.
o Daar is betekenislose gesprekke en oppervlakkige kommentaar 'uit gewoonte' wat
karakters dikwels uiter. Taal kan beskou word as ʼn blote ontsnapping uit die
verveligheid van die lewe of omdat die stilte onuithoudbaar word.
o Nuwe woorde word geskep om mense se pogings om met mekaar te kommunikeer,
uit te beeld. Maar die poging slaag nooit nie.
o Banale alledaagse gesprekke word vermeng met literêre taal, dubbele betekenisse,
clichés, sleng en herhalings saam met poëtiese taal.
o ʼn Herhalende dialoogstyl word gebruik om die sikliese aard van die lewe te
beklemtoon.
Temas wat algemeen in Teater van die Absurde-toneeltekste voorkom, ontbloot:
• Die ervaring van tydelikheid en verganklikheid (tyd)
• Die gevoel van die tragiese gesukkel om van mens se eie self bewus te word in die
genadelose proses van vernuwing en vernietiging wat met verloop van tyd plaasvind
(tyd).
• Die moeilike kommunikasie tussen mense (taal)
• Die nimmereindigende soeke na realiteit in ʼn wêreld waarin alles onseker is en die
grense tussen drome en wakker wees heeltyd skuif.
• Die tragiese aard van alle liefdesverhoudings en die selfmisleiding van vriendskap
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 7
• Die mens se angs voor totale betekenisloosheid en totale vormloosheid van die heelal
en al die gebeure waaruit dit bestaan.
Die mens is alleen, verlore in ʼn wêreld waarin God hom verlaat het.
• Wetenskap en rede is net illusies, die natuur het wraak geneem
POSTMODERNISME
• Dit is nie ʼn genre wat op ʼn sekere tydstip begin het nie
• Dit is ʼn beweging wat in die middel-1980's ontstaan het.
• Ontwikkel uit die Absurde oogpunt.
• Verwerp die sekerheid van die Moderne Era.
• Bevat geen Groot Narratief of enkele waarheid waardeur die wêreld beskou kan word
nie.
• Verwerp die idee dat daar ʼn dominante stel oortuigings of ʼn netjiese oplossing is
'Vernietig' die 'waarheid'.
• Verwelkom veelvuldige oogpunte, perspektiewe, realiteite
• Sluit in: Kuns, teater, argitektuur, musiek, films, literatuur, mode, TV en ander vorms
van uitdrukking
• Leen uit ʼn reeks verskillende style
• Verwerp die idee van 'Hoë Kuns' en 'Lae Kuns'
• Verwelkom Avant Garde-(toekomsgerigte denke/aktivistiese) eksperimentele teater
• Skryf nie ʼn 'suiwerheid' in kuns voor nie
• Is teen Hoë Kuns gekant
• Bevat nie ʼn vaste manier om kuns te skep nie
• Beweeg in die rigting van ʼn meer subjektiewe opinie
• Beweer dat kultuur aan elke persoon behoort
• Dekonstrueer (ʼn manier om idees uitmekaar te haal en weer op ʼn nuwe, onderbreekte
en deurmekaar manier aanmekaar te las) idees, beelde en konstrukte/konsepte
• Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte
• Skryf nie ʼn betekenis, standpunt of perspektief voor nie
• Beweer dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep
• Weerspieël en vier die mal en chaotiese leefwyse in ʼn Populêre kultuur.
• Geniet nonsenskuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë
• Sien ironie en humor
• Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word
• Gebruik pastiche:
o Tegniek in Visuele Kuns waar verskillende beelde, mediavorms ens. saamgeflans
word om een stuk te vorm
o Verwysings en lae verskillende tekste en beelde
• Metateater/-teks:
o Herinner die kyker daaraan dat hulle in die teater is
o Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kommunikeer
o Dit is die kunswerk wat oor homself besin
• Stories/Verhale is:
o Nielineêr in hulle konstruksie
o Refleksief
o Op die periferie, selfs onbelangrik
o Teorieë of idees
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
o Gebroke
o Oorvleuel met baie standpunte en kontrasterende stemme
• Opvoerings is:
o Die hooffokus
o Die hoofproses
o Nie as ʼn teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia bestaan
o Het geen skuldige party nie – niemand is skuldig nie
• Repetisieprosesse is:
o Geïmproviseer
o Verander
o Hersien
o Op datum gebring
o Verander deur herhaalde opvoering
• Die gehoor:
o Is baie belangrik
o Speel ʼn rol
o Word dikwels by die dialoog betrek
• Toneeltekste:
o Het nie ʼn duidelike begin, middel of einde nie
o Maak die teks net die beginpunt
o Het onbeantwoorde vrae
o Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.)
o Kyk na temas of teatertegnieke/-middele
o Laat die toneelstuk se einde oop
o Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep
o Vra meer vrae as wat dit beantwoord
o Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies
o Dekonstrueer ʼn waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie
o Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die struktuur van die gedekonstrueerde of
gefragmenteerde storie of intrige te eggo
o Het nie noodwendig werklike mense nie
o Karakters en mense is bloot ʼn voorstelling van gefragmenteerde idees
o Begin dikwels op ʼn realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik soos
wat die toneelstuk ontwikkel
Ken punte soos volg toe:
- ʼn Totaal van 6 punte vir elk van die drie kolpunte in uitstekende detail bespreek
- ʼn Totaal van 2 punte vir uitstekend+ e opstelstruktuur (inleiding, liggaam van inhoud en
gevolgtrekking)
- ʼn Totaal van 2 punte vir uitstekende beredeneringsdiepte, gemotiveerde stellings en
praksering van die argument.
- ʼn Totaal van 4 punte vir relevante voorbeelde uit die teks om antwoord te staaf.
- ʼn Totaal van 4 punte vir die evaluering van hoe die tegnieke van die styl die hoofkarakter
se toneelspel beïnvloed asook hoe leerders karakterskepping as die hoofgedagte van die
opstel uiteensit
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 9
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER [1960–1994]
Beantwoord SLEGS EEN vraag uit hierdie afdeling.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA AND
BARNEY SIMON
2.1 Die volgende is ʼn paar van die historiese gebeure:
Die opstanding van Morena na drie dae
Morena wat op water loop.
Morena het die mense van vis (gebraaide vis) voorsien.
Bobbejaan vra vir Morena hoekom hy sewentig maal sewe keer moet
vergewe.
Verwysings na die woorde wat op die kruis gespreek is; vergewe hulle, hulle
weet nie wat hulle doen nie.
Zuluboy verwys na Bobbejaan as Judas.
(Enige TWEE bybelse verwysings kan aanvaar word) (2)
2.2 Die kandidaat demonstreer ʼn begrip van die konsep argetipes soos wat dit in ʼn drama
gebruik word.
Byvoorbeeld: ʼn argetipe is ʼn karakter in baie geskrewe, literêre en dramatiese vorme
wat ʼn tipe in ʼn konvensionele wyse verteenwoordig. Byvoorbeeld ʼn skool kind, ʼn
slegte seun, ʼn Tsotsi, ʼn priester, ens.
Hierdie argetipes dien dus ʼn bepaalde funksie in ʼn toneelstuk soos bepaal deur die
skrywer.
Hier is die agt argetipiese karakters, in terme van hul dramatiese funksies beskryf:
PROTAGONIS: Die tradisionele Protagonis is die drywer van die storie: die een wat
die aksie dwing. Ons staan gewoonlik agter hom/haar en hoop hy/sy slaag.
ANTAGONIS: Die Antagonis is die karakter direk in teenstelling met die protagonis.
Hy/sy verteenwoordig die probleem wat opgelos of oorwin moet word vir die
protagonis om te.
REDE: Dit karakter maak sy besluite en neem aksie op grond van logika en laat nooit
toe dat gevoelens in die pad van ʼn rasionele besluit staan nie.
EMOSIE: Die Emosie karakter reageer met sy gevoelens sonder om te dink, of dit
nou kwaad of vriendelik is, met minagting vir praktiese implikasies.
SKEPTIES: Die Skeptiese karakter betwyfel alles - gang van aksie, opregtheid en die
waarheid - wat dit ook al mag wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
MAKKER: Die Makker is onfeilbare in sy lojaliteit en ondersteuning. Die Makker is
dikwels lojaal teenoor die protagonis, maar kan ook lojaal teenoor die Antagonis
wees.
VOOG: Die Voog is ʼn onderwyser of helper wat die protagonis in sy soektog help en
ʼn morele standaard bied.
KONTAGONIS: Die Kontagonis verhinder en mislei die hoofkarakter, en probeer om
hom in die versoeking te lei om die verkeerde keuse of benadering te gebruik.
Kandidaat moet kan bewys dat hy/sy ten minste die konsep van argetipes en hul
funksies in die toneelstuk verstaan. Ken punte toe vir die begrip van argetipes en die
identifisering van hulle in die toneelstuk.
Byvoorbeeld, die sangers in die strate, die werksoekers aan die kant van die pad, ʼn
behoeftige tante Dudu, die opelug haarkapper, ens., wat die element van stereotipe in
die toneelstuk, Woza Albert! skep. (6)
2.3 Oorweeg die volgende voorstel 0. 0:
Agitprop = aanhitsing en propaganda. Dit is gewoonlik ʼn politieke boodskap wat
oorgedra word deur middel van ʼn kunsvorm, wat daarop gemik is om die publiek te
agiteer en sy boodskap te propageer.
Kandidaat kan positief op hierdie vraag reageer waarvoor die volgende riglyne van
toepassing kan wees:
In 1948 het die Nasionale Party aan bewind gekom, wat gevolg is deur die
Groepsgebiedewet wat in 1950 oorgedra is (wat die swart mense van die blankes
geskei het) In 1955 het die Sophiatown verskuiwings plaasgevind terwyl die Boycott
Beweging in 1959 gestig is. Dit dui daarop dat die tyd/era waarin die toneelstuk
afspeel, aan die era van protesteater behoort. Die onreg wat in die werkplek
plaasvind, die gebrek aan gehalte-onderwys, werkloosheid en armoede, ens. Dit is
die probleem in die samelewing van Woza Albert! en die toneelstuk propageer dat
aksie geneem word om te verlig of selfs ontslae te raak van die kwessies.
Merkers moet die bogenoemde voorstel in ag neem, maar evalueer veral die begrip
van teaterstyle en die vermoë om dit te kan identifiseer in ʼn teaterstuk. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 11
2.4 Kandidaat kan hul eie begrip gebruik en die merker moet diskresie gebruik met die
nasien van hierdie reaksie. Kandidaat moet die begrip van die drama element,
kostuums, en die funksies wat dit dien in die teater, demonstreer. Verder moet die
kandidaat in staat wees om die gebruik van kostuums aan te dui soos die styl vereis.
Byvoorbeeld, in Woza Albert!, ondergaan die akteurs streng opleiding met die fokus
op Arm/Gestroopte Teater van Jerzy Grotowski. As ʼn stelsel of tegniek, impliseer
Arm/Gestroopte Teater minimale toepassing van tegniese teater toestelle in
toneelskepping. Volgens Arm/Gestroopte Teater, moet die gebruik van kostuums
minimaal wees en as ʼn voorstel dien sonder om die verbeelding van die akteur in ʼn
kreatiewe ruimte te beperk. ʼn Hansworsneus, ʼn minimale voorwerp wat dui op en
onderskeid maak tussen verskillende rassegroepe wat in die toneelstuk
verteenwoordig word. Die kostuums word gebruik as simbole of voorstelle en laat dus
die akteurs toe om oor te skakel of te transformeer van een rol na die volgende
sonder die gebruik van volle of verteenwoordigende kostuums.
Die merker moet diskresie gebruik met die nasien van hierdie reaksie. (5)
2.5 Satire is ʼn tradisionele vorm van komedie, maar kan soms in die hart van meer
ernstige drama gevind word. Satire dikwels gebruik om ʼn individu te bespot, maar die
teiken kan ook ʼn groep mense of ʼn instelling wees. Die doel van satire is om die
tekortkominge of soortgelyke eienskappe van ʼn ander te spot.
In die hartjie van effektiewe satire lê die vermoë om die swakhede van ander onder
die gehoor se aandag te bring. Dit is gewoonlik fisiese eienskappe of kwaliteite. Hoe
Mbongeni en Percy, byvoorbeeld, die fisiese eienskappe van Baas Kom uitbeeld, die
wyse waarop hy praat en die hansworsneus. Ook hoe Morena uit die tronk vlieg, die
gewag vir Morena op die lughawe, die eise wat deur Tannie Dudu gemaak is, haar
wense, Baas Kom wat vir Bobbejaan omkoop, ens.
Kandidaat moet verstaan wat satire is. Ken ook punte toe vir voorbeelde uit die
toneelstuk. (4)
2.6 Die opvoering van Woza Albert! berus meestal op die stem gebruik en fisiese
eienskappe van ʼn akteur soos uiteengesit in die konvensies en tegnieke van
Arm/Gestroopte Teater.
Toneelspel in die styl van Arm/Gestroopte Teater plaas klem op die fisiese
vaardigheid van die kunstenaar en gebruik rekwisiete vir transformasies in ander
voorwerpe, soms van groot belang. Die doel was vir die toneelspel om opreg te wees,
wat verwant is aan Stanislavski se sisteem (maar meer fisies). Grotowski het ʼn
variasie van Stanislavski se emosie geheue tegniek met sy eie akteurs gebruik.
Dit is dus belangrik vir ʼn akteur in Woza Albert! om in staat wees om sy stem te
gebruik vir karakter transformasie deur die toepassing van die vaardighede geleer uit
Arm/Gestroopte Teater. Die akteur moet ook in staat wees om fisies van karakter tot
karakter te transformeer. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
2.7 Oorweeg die volgende notas as riglyne wat kan voorstel watter reaksie van die kandidaat
verwag word. Kandidaat mag dalk nie in staat wees om die antwoord woordeliks te skryf nie,
en dit is in hierdie geval waar merker moet evalueer of kennis, begrip van teorie, die
identifisering en toepassing van die inligting om die vrae te beantwoord, toegepas is.
Die eerste leidraad oor die aanbieding van die produksie word in die notas gevind in die
vorm van ʼn inleiding tot die toneelspel. Die aanbieding van die drama is grootliks deur
Grotowski beïnvloed. Ons sien dit deur die akteurs wat net broeke dra sodat die res van die
liggaam as ʼn instrument gebruik kan word.
Die stel volgens die konvensies van Arm/Gestroopte Teater behels die volgende:
Grotowski se speelarea was gewoonlik kaal, met ʼn paar rekwisiete en geen stel nie.
Voorwerp transformasie was ʼn belangrike aspek van Arm/Gestroopte Teater.
Na transformasie was voorwerpe dikwels simboliese en/of van groot belang.
Beligting het gewoonlik die speelarea oorstroom met geen gebruik van kolligte of
fokusareas.
Kostuums is anoniem, nie vir die identifisering van karakter (soos met realisme).
Die kandidaat moet in staat wees om voorbeelde uit die toneelstuk te gee, soos die
wasgoedlyn waar kostuums vir transformasie doeleindes, ens. gehang is, ens.
Gebruik die volgende rubriek en voorgestelde notas om die kandidaat se antwoord te oordeel:
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande struktuur.
• Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn
Uitstekende
9–10 oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed uitgedruk
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
Verdienstelike • ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite.
8
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord.
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid, sommige
foute is waarneembaar in die struktuur.
Beduidende
6–7 • Interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en eenvoudige taalgebruik.
prestasie
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings.
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige logiese stelling.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om meganiese en stereotipiese
Voldoende antwoorde te verskaf.
5
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings.
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig
nie en ʼn gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
• Beperkte versameling van inligting en swak taalvaardigheid kan ʼn bydraende
Gemiddelde
4 faktor wees.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met gepaste voorbeelde te
ondersteun nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend om die werk
op ʼn aanvaarbare wyse aan te bied.
Basiese
3 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met
toepaslike voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig
ondersteuning.
Nie bereik 0–2 • Irrelevant.
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat geleer het, maar nie
verstaan nie. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 13
OF
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
3.1 Gemeenskap teater word vir die volgende redes gedoen:
Om die gemeenskap op te voed oor die kwessies wat die gemeenskap affekteer,
bv. Vigs.
Om ʼn middel van gesamentlike probleemoplossing en konflikhantering te voorsien.
Om inkomste te genereer, indiensneming en/of betekenisvolle ontspanningstyd-
aktiwiteite te voorsien vir beide kunstenaars en die gehoor.
Om die gemeenskap te bemagtig bewus te maak van kwessies.
Om gemeenskapsgees en eenheid te skep.
Om vir die gemeenskap met opleiding-vaardighede in teater en
fasiliteringsvaardighede toe te rus.
Ken volpunte toe vir DRIE genoemde punte. (3)
3.2 Die kandidaat mag saamstem of nie saamstem met die voorgestelde verklaring van
die vraag, maar hulle moet redes verskaf. Die volgende, byvoorbeeld, is moontlike
redes waarop dit as gemeenskap teater geklassifiseer kan word.
As gevolg van die feit dat die produksie self deur ʼn wyse van samewerking
gemaak is.
Die toneelstuk skep ʼn gevoel van eenheid onder die mense, veral deur historiese
verwysings.
Of kandidaat mag verskil en dit as ʼn Township-musiekblyspel klassifiseer en redes
verskaf om dit te staaf.
Oorweeg kandidaat redes, aangesien Sophiatown meer as ʼn Township-musiekblyspel
as ʼn Gemeenskap Teater-produksie gesien kan word. (4)
3.3 3.3.1 Daar is ʼn hele paar politieke aktiwiteite wat tydens die tyd van Sophiatown
plaasgevind het.
Die volgende is voorstelle gebaseer op die kontekstuele inligting in die
toneelstuk:
Fahfee se karakter hou ons op hoogte van die politieke situasie in die
toneelstuk.
Dr Xuma, wat eens was die president van die ANC was, het in Sophiatown
gewoon en dit vorm bewyse van die politieke beweging van swart
bewussyn, die kongres wat Fahfee voortdurend na verwys. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
3.3.2 Die volgende is voorstelle van wat Sophiatown ʼn multikulturele voorstad
gemaak het:
Daar was ʼn aantal Indiese en Chinese inwoners, en Indiese, Chinese,
sowel as Joodse winkeliers/handelaars.
Die voorstad het ʼn invloed van buitelandse populêre kultuur gehad en die
mode is geskets, die musiek en skryfkuns het geblom.
Sophiatown was een van die min plekke waar verskillende rasse hul erwe
en huise kon besit.
Sophiatown se bevolking het in 1921 op net minder as drie duisend
gestaan. Hiervan was net minder as die helfte Afrikaners, met Blankes net
minder as 600 bereken en kleurlinge amper ʼn duisend, die aantal Indiërs
het skaars op ʼn honderd gestaan.
Kandidaat mag dalk nie die bogenoemde kognitiewe toepassing van ontleding
bereik nie, dus moet merkers die bogenoemde slegs as ʼn riglyn gebruik. (6)
3.3.3 Neem die volgende riglyne in ag ten opsigte van die kandidaat se antwoord:
Sophiatown verteenwoordig ʼn tydperk wat gekenmerk word deur die
militêre besetting van swart woonbuurte en duisende apartheid-verwante
sterftes.
Die vernietiging van Sophiatown is wyd gedokumenteer, beskou as die
model van die Nasionale Party (NP) regering se stedelike
apartheidswetgewing en beleide.
In 1950 het die NP-regering die Groepsgebiedewet in plek gestel, wat
spesifieke gebiede vir bepaalde rassegroepe aangewys het. Alle nie-
blankes wat in sogenaamde wit gebiede gewoon het, moes hervestig word
in gebiede wat opsy gesit is vir swart/nie-blank bewoning.
Die Bantoe Hervestiging Raad, die NRB (Native Relocation Board), was
verantwoordelik vir die opstel en implementering van operasionele planne
vir die verwydering en hervestiging van Sophiatown inwoners in
verskillende dele van Soweto.
Ontugwet van 1957
Iewers in 1954 het die eerste groep inwoners kennisgewings van die NRB
ontvang om hulle in te lig van die datums wat geoormerk is vir hul
verwydering na Meadowlands. Op hierdie stadium was ʼn paar honderd
van die klein huise in Meadowlands byna voltooi. Sommige inwoners het
die geleentheid gehad om die huise in Meadowlands voor die noodlottige
dag van verskuiwings te sien. Weereens blyk dit of daar teenstrydige
terugvoering omtrent die inwoners se indruk van die standaard van huise
was in vergelyking met wat hulle in Sophiatown gehad het.
Sommige opskrywings oor die vernietiging van Sophiatown het voorgestel
dat hierdie ontwikkelings die hele gemeenskap gegalvaniseer (tot aksie
aangehits) het, hulle voorberei het vir ʼn konfrontasie met die owerhede
wat na verwagting ʼn vurige weerstand teen die hervestiging skema sou
wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 15
Die ANC het teen die verskuiwings geprotesteer en ʼn 18 maande-veldtog
teen die voorgestelde verskuiwings geloods. "Ons sal nie beweeg nie/we
won’t move/Asihambi was die slagspreuke wat deur die Kongres gewild
gemaak is. In die parlement het die Minister van Justisie beweer dat die
ANC teen die verskuiwings sou verset met behulp van masjiengewere,
motors gelaai met plofstof, en bande wat gevul sou word met plofstof en
teen die polisie gerol sou word.
Die bogenoemde gebeure dui op die redes vir die skuif en die resultate, veral
die impak wat hierdie wette op die lewens van die mense van Sophiatown
gehad het.
Gebruik die bogenoemde voorgestelde antwoord as ʼn riglyn om die kandidaat
se antwoord na te sien. (5)
3.3.4 Bloke Modisane, Eskia Mphahlele, Nat Nakasa, Can Thema, ens.
Gee ʼn punt per skrywer genoem. (2)
3.4 Mingus en Charlie is die stereotipe bendelede in die drama Sophiatown.
Hulle is geklee soos Amerikaanse bendelede en daarom het hulle ook hulle eie
soortige leefstyl aangeneem.
Charlie en Mingus is werklose karakters wie se inkomste gebaseer is op ”pulling
the jobs.” (hulle het geroof of geld onwettig bekom).
Hulle beroof die treine en trams. Mingus beskik oor ʼn “baby brown”, die een
waarvan hy vir Jakes vertel in ruil vir ʼn liefdesbrief.
Beide die karakters glo dat geweld enigiets kan oplos en Prinses is gedwing om in
ʼn verhouding met Mingus te wees, Mingus vertel vir Rut "Ek klap prinses totdat sy
my liefhet".
Die pêrels wat Mingus vir Rut gee en die wyse waarop hy hulle verkry; beroof die
dames en here asof hy besig was met ʼn kerkinsameling, ens.
Ken volpunte toe vir enige drie goed gemotiveerde redes wat die aanhaling staaf.
Oorweeg kandidate se begrip van die aanhaling en die wyse waarop hulle daarna
verwys in hulle antwoord. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
3.5 Gebruik die volgende notas en rubriek om kandidaat se antwoord te oordeel:
Suid-Afrika is in die gesig gestaar deur groot gruweldade in terme van
rassesegregasie. Die geskiedenis van hierdie land is gevul met baie voorbeelde van
vernietiging wat polities gebonde was en ʼn duidelik skeiding in terme van
grondverdeling. Dit was ʼn verdeelde land en die gevolge daarvan word nogsteeds
vandag beleef.
Selfs al het Sophiatown sy eie nadele ten opsigte van armoede, oorbevolking en
geweld gehad, was daar tog ook iets goeds in. Mense kon grond besit, dit was
vrypag. Daar was ʼn verskeidenheid van mense wat in hierdie voorstad gewoon het.
Daar was ʼn verskeidenheid van kuns, gelowe, kulture en filosofië wat hierdie voorstad
regeer het.
Daar was baie ander voordele: Die skrywers, kunswerke, modes, musiek, dans en die
pret kon een van die sentrale aspekte wees wat die kalmerende faktor in die lewenstyl
van Sophiatown se mense gevorm het. Suid-Afrika, nou, kan doen met sulke
lewenskragtige kuns, kultuur en die ander aspekte wat die menslike harmonie sal
regeer.
Gebruik die volgende rubriek en voorgestelde notas om die kandidaat se respons te
assesseer:
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande struktuur.
• Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn oorspronklike
Uitstekende
9–10 interpretasie en deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed uitgedruk
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
Verdienstelike • ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite.
8
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord.
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid, sommige foute is
waarneembaar in die struktuur.
Beduidende
6–7 • Interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en eenvoudige taalgebruik.
prestasie
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings.
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige logiese stelling.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om meganiese en stereotipiese antwoorde
Voldoende te verskaf.
5
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings.
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig nie en ʼn
gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
Gemiddelde • Beperkte versameling van inligting en swak taalvaardigheid kan ʼn bydraende faktor wees.
4
prestasie • Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met gepaste voorbeelde te
ondersteun nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend om die werk op ʼn
aanvaarbare wyse aan te bied.
Basiese
3 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met toepaslike
voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig ondersteuning.
• Irrelevant.
Nie bereik 0–2
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat geleer het, maar nie verstaan
nie.
Die notas is slegs ʼn riglyn, neem die kandidaat se begrip van die geskiedenis van
Suid-Afrika in ag, die vermoë om relevansie te vind en om die sintetisering te
demonstreer. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 17
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR P.G. DU PLESSIS
4.1 Die volgende is ʼn paar kwessies wat in die drama Siener in die Suburbs aangeraak
word en daar is voorbeelde van hierdie in die teks self:
Dood: PA en die familie kompleksiteit wat voortspruit uit sy afwesigheid. Giel kan
ook as ʼn gevolg gesien word, die onbewuste chaos in terme van familie bestuur
wat gesien kan word as ʼn weerstand teen verandering. Ons sien hierdie
weerstand op die manier waarop die kinders vir Giel behandel en hoe
teleurgesteld hulle in MA is.
Armoede: Giel doen sy rondtes en verkoop muurskilderye met godsdienstige
boodskappe op om ʼn bestaan te maak. Die woonbuurt en die dekorstel stel ook
bepaalde ekonomiese omstandighede voor, naamlik armoede.
Gebrek: Dit is baie debatteerbaar of Tjokkie se vermoëns as ʼn gestremdheid van
sy eie in hierdie drama gesien kan word. Die karakters blyk ʼn sekere sin van
wasigheid te hê wat ʼn gevoel van sielkundige gestremdheid gee.
Geweld: Die wyse waarop ʼn paar karakters in die drama hul probleme hanteer
toon meestal op die staatmaak van gewelddadige eienskappe. Jakes dreig om
almal te slaan en kom oor die as die karakter wat oor die grootse mag beskik.
Werkloosheid: Giel, Tjokkie en Ma verskaf nie enige aanduiding van enige
indiensnemiming as beroep nie. Die onrus in die gesinsprobleme wat ontstaan is
nou verwant aan die afwesigheid van ekonomiese lewensvatbaarheid in die
drama.
Swangerskap: Tiemie se swangerskap, miskien ʼn aanduiding van nuwe lewe of
die beëindiging van haar onskuld. Die alledaagse onsekerhede wat met
swangerskap in baie samelewings kom. Wie is die pa? Wil sy saam met die pa
wees?
Kandidaat kan enige TWEE kwessies noem en ʼn kontekstuele voorbeeld vir elk
voorsien. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
4.2 ʼn Stokkarakter is ʼn fiktiewe karakter wat baie staatmaak op kulturele tipes of
stereotipes vir hulle persoonlikheid, spraakpatrone en ander eienskappe. ʼn
Stokkarakters is onmiddellik herkenbaar aan lede van ʼn bepaalde kultuur. In hul mees
algemene vorm, hou stokkarakters verband met literêre argetipes, maar hulle
karakterisering is dikwels meer spesifiek. Stokkarakters is ʼn belangrike komponent
van genre; wat verhoudings en interaksie voorsien wat onmiddellik herken sal word.
Stokkarakters dien as maklike teikens vir enige parodie van ʼn gegewe genre en die
parodie sal waarskynlik met enige stereotipes wat verband hou met hierdie karakters,
oordryf.
Hier is ʼn paar aspekte van stokkarakters:
Nie ten volle gerond nie
Illustreer spesifiek een bepaalde eienskap ten koste van ander eienskappe
Word geken deur:: Stasie in die lewe, Seks, Beroep en persoonlikheid
In moderne terme, kan stokkarakters ʼn held, wees, ʼn rampokker, heldin, ens.
Die motorfietsryer (biker): Die motorfietsryer, jakes en die karakter se verworwe
prestasies waarvoor hy bekend is. Tiemie die mooi naïewe meisie! Ma, ʼn eensame
persoon vir wie die afwesigheid van ʼn pa bydrae tot haar besluite, ens.
Die kandidaat moet hul begrip van stokkarakters demonstreer en hulle moet in staat
wees om hierdie kennis toe te pas om te bepaal of die toneelstuk van die tegniek
gebruik maak. (5)
4.3 Gebruik die volgende rubriek en voorstelle om kandidaat te assesseer.
Die antagonis is die hoofkarakter se hoof teenstander. Dit is algemeen om te verwys
na ʼn antagonis as ʼn skurk (die slegte ou) teen wie ʼn held (die goeie ou) veg om
homself of ander te verlig. In sommige gevalle kan ʼn antagonis binne die hoofkarakter
bestaan, wat ʼn innerlike konflik of ʼn morele konflik in sy gedagtes veroorsaak. Hierdie
innerlike konflik is ʼn belangrike tema van baie literêre werke.
As die toneelstuk vir Tiemie as die protagonis beskou, gebaseer op haar
hoofdoelwitte en haar goeie bedoelings, dan is dit waar dat Jakes die antagonis is.
Tiemie se wense vir ʼn beter lewe, weg van die woonbuurt, is eerder somber gemaak
deur die situasie van haar swangerskap. Sy wil die woonbuurt verlaat en geen
assosiasie daarmee in die toekom hê nie, natuurlik met die uitsluiting van
bloedverwantskappe, maar dit lyk of die baba haar selfs meer aan die einste
woonbuurt bind.
Jakes is ʼn op baie ander maniere ʼn antagonis; die motorfiets beteken moeilikheid, die
geluid daarvan word die oorsaak van paniek in die res van die karakters. Hy is die sin
van harmoniese afwesigheid wat die grootste deel van die karakters wil bereik. Hy het
nie die verwagte respek van ʼn potensiële skoonseun nie. Hy praat egter nes hy wil en
hy boelie vir Tjokkie, vir wie ons lief is, met elke geleentheid.
Jakes se karakter dui op die gebrek aan vrede en vriendskaplike maniere om
probleme op te los. Sy opmerkings is altyd vol beledigings tot die nadeel van die
ander karakters in die drama. Hy vorm die stereotipe of die mikrokosmiese
verduideliking van wat die groter probleem in arm gemeenskappe kan wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 19
Gebruik die volgende rubriek en voorgestelde notas om die kandidaat se respons te
assesseer:
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande struktuur.
• Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn
Uitstekende
9–10 oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed uitgedruk
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
Verdienstelike • ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite.
8
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord.
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid, sommige
foute is waarneembaar in die struktuur.
Beduidende
6–7 • Interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en eenvoudige taalgebruik.
prestasie
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings.
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige logiese stelling.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om meganiese en stereotipiese
Voldoende antwoorde te verskaf.
5
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings.
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig
nie en ʼn gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
• Beperkte versameling van inligting en swak taalvaardigheid kan ʼn bydraende
Gemiddelde
4 faktor wees.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met gepaste voorbeelde te
ondersteun nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend om die werk
op ʼn aanvaarbare wyse aan te bied.
Basiese
3 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met
toepaslike voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig
ondersteuning.
Nie bereik 0–2 • Irrelevant.
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat geleer het, maar nie
verstaan nie. (10)
4.4 Oorweeg die volgende voorstelle en hou in gedagte dat die kandidaat dalk nie
heeltemal tot hierdie gevolgtrekking sal kom nie. Let op of die kandidaat die essensie
van wat ʼn toneelstuk en die karakters daarin is, verstaan. Dit word geassesseer deur
die vermoë om die teks en (karakters) se posisie in die gemeenskap en die ekonomie
van die teks self te analiseer.
Die toneelstuk speel af in ʼn arm suidelike woonbuurt in Johannesburg. Tiemie word
as ʼn slim en aantreklike dogter in die toneelstuk uitgebeeld; Tiemie is in opstand teen
haar sosiale beperkings. Sy is goed geklee, deftiger as die ander karakters. Haar
kostuum dui op haar karakter se wense en weerspieël die soort lewe wat sy graag wil
leef.
Kandidaat kan verwys na Tiemie se kostuum as ʼn meer stedelike deftig, haakskoene
en deftige rok of ʼn broek met ʼn netjiese haarstyl, en juwele.
Ken punte toe as die kandidaat die ware analise in terme van die interpretasie van
kostuum en die karakter van Tiemie verduidelik. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
4.5 Gebruik die aantekeninge en die rubriek om die kandidaat se antwoord te assesseer:
LW: Kandidate sal die kondisie van hul huidige speelruimte gebruik wat moontlik nie
eens ʼn skoolsaal is nie. Maar in die geval waar daar wel ʼn skoolsaal is, moet merkers
die volgende verhoogkonvensies wat verband hou met die styl van die spel, versigtig
oorweeg:
Skoolsale is meestal gebou in die vorm van ʼn prosceniumverhoog.
Siener in die Suburbs volg die konvensies van realisme en dus moet die
aanbieding daarvan ook daaraan voldoen.
Die dekor sal na aan die werklike of bekende omgewing moet wees.
By ʼn skool mag daar dalk nie genoeg rekwisiete wees om die visuele effek/realiteit
van die stel uit te beeld nie en in so geval moet die kandidaat se kreatiwiteit in
verhouding met die skool se infrastruktuur in ag geneem word.
Byvoorbeeld, daar kan dalk nie ʼn motor vir Tjokkie op die stel wees nie, maar wat
kan die kandidaat gebruik om ʼn motor op die verhoog voor te stel.
Kyk ook na die toneel wat die kandidaat kies om aan te bied en of die dekor
geloofwaardig is en by die styl van die toneelstuk pas.
Nasieners moet hul diskresie gebruik, want antwoorde sal verskil, afhangende van die
skool en soms die artistiese aard.
Gebruik die volgende rubriek en voorgestelde notas om die kandidaat se respons te
assesseer:
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande struktuur.
• Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn
Uitstekende
9–10 oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed uitgedruk
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
Verdienstelike • ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite.
8
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord.
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid, sommige
foute is waarneembaar in die struktuur.
Beduidende
6–7 • Interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en eenvoudige taalgebruik.
prestasie
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings.
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige logiese stelling.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om meganiese en stereotipiese
Voldoende antwoorde te verskaf.
5
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings.
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig
nie en ʼn gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
• Beperkte versameling van inligting en swak taalvaardigheid kan ʼn bydraende
Gemiddelde
4 faktor wees.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met gepaste voorbeelde te
ondersteun nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend om die werk
op ʼn aanvaarbare wyse aan te bied.
Basiese
3 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met
toepaslike voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig
ondersteuning.
Nie bereik 0–2 • Irrelevant.
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat geleer het, maar nie
verstaan nie. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 21
4.6 Nasiener moet kandidaat op grond van hul totale begrip van die waarde van
Dramatiese Kunste as ʼn veld assesseer. Die kandidaat moet ʼn begrip van die
produksie van toneelstukke en die rol wat hulle in die lewens van die
gemeenskap/gehoor speel, demonstreer. Verder moet die kandidaat ʼn indiepte
teksontleding van temas in die drama demonstreer, asook die vermoë om huidige
kwessies wat in die tematiese situasie van die drama aangeraak word aan te dui, in
verband te bring. Die Kandidaat moet sy antwoord kan staaf. (5)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER [NÁ 1994]
Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in hierdie
afdeling beantwoord.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
5.1 ʼn “Motoriese moment” kan gesien word as daardie oomblik in die toneelstuk waar
dramatiese handeling in werking gestel word. ʼn Gebeurtenis vind plaas tydens ʼn
harmonieuse situasie in ʼn toneelstuk. Gewoonlik is daar harmonie en vrede en almal
kom goed oor die weg tot op hierdie oomblik en as ʼn gevolg word die handeling in ʼn
ander rigting geloods.
Themba se dood kan gesien word as die motoriese moment, want die hele
toneelstuk is gesentreer rondom die reëlings vir die begrafnis
Of die koms van Mandisa van Londen met die as in plaas van ʼn lyk.
Dit is uit die bogenoemde gebeurtenisse wat die konflik in werking gestel word en die
basiese vorm van die verhaal ontwikkel word. Dit is ook in die oplossing hiervan
waardeur die verhaal weer harmonie vind en die karakters hul omstandighede
aanvaar en vergewe.
Kandidaat moet punte kry vir die begryp van die konsep: van die toneelstuk en die
toepassing daarvan in die ontleding van die dramateks.
TWEE punte vir die begryp van ‘motoriese moment’ en TWEE punte vir die
kontekstuele voorbeeld. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
5.2 Gebruik die volgende as ʼn riglyn:
Mandisa is anders as Sipho en Thando in terme van waar hulle grootgeword het
Mandisa is meer verwesters as die tradisioneel gegronde Sipho en Thando
Sipho verkies en is besig om te reël vir ʼn tradisionele begrafnis terwyl Mandisa ʼn
kruik met Themba se as saambring
Sipho glo in sekere rituele wat uitgevoer moet word in die proses van die
begrafnis; die rou tydperk en die nagwaak voor die begrafnis
Die kulturele verskille word meestal gesien in die karakters se verskillende
wêreldbeskouing en dit lei tot ʼn reeks van argumente in die teks
Mandisa kom voor asof sy nie respek vir Sipho het nie, maar haar siening is dat sy
vryheid van spraak het
Kandidaat moet punte kry vir die identifisering van die verskille en die vermoë om dit
met ʼn toneel of ʼn insident in die drama te assosieer. (6)
5.3 Daar is verskeie redes wat Nothing But the Truth ongeskik maak vir ʼn traverse
verhoog:
Die drama speel af in ʼn boks-stel
Die huis lyk soos ʼn alledaagse moderne huis in ʼn township
Die teks maak voorsiening vir ʼn realistiese omgewing wat net op ʼn
prosceniumverhoog kan inpas
Die verhaal vind plaas in een huis en die stel verander nie en dit kan slegs
effektief wees indien die illusie op ʼn prosceniumverhoog gebou word.
Die gehoor word in ʼn huishouding geplaas asof hulle in die lewens van die
karakter inloer
Die meeste realistiese toneelstukke maak staat op die metode van aanbieding wat
die idees van die well-made-play deur Eugene Scribe ondersteun
Die karakters is regte mense en moet gesien word deur die onsigbare vierde muur
Ken punte toe vir kennis van verhoë in drama en die redes daarin voorsien. (6)
5.4 Die fokus hier is op die intrige:
ʼn Vertelteks kan sinoniem geplaas word met storievertelling. Nothing But The Truth is
geskik om ʼn verhaal genoem te word in terme van sy intrige. Die volgende intrige
struktuur beskryf die essensie van wat NBT verhalend maak.
Verhalende tekste volg meestal die volgende Eugene Scribe-formulering:
Die intrige is gebaseer op ʼn geheim wat weerhou word – net bekend aan ʼn paar
karakters – gewoonlik ʼn geheim oor die toneelstuk se held, en die openbaring van
hierdie geheim verskaf die draaipunt van die toneelstuk.
ʼn Deeglike uiteensetting vertel die gehoor wat die situasie is – gewoonlik
insluitend een of meer geheime wat later bekend gemaak word.
Verrassings – soos briewe wat op ʼn kritieke oomblik oopgemaak word en/of
identiteite wat later in die teks geopenbaar word.
Spanning wat geleidelik regdeur die toneelstuk bou – gewoonlik deur krans-hang
situasies bereik waar karakters mekaar mis deur goeie tydsberekening.
ʼn Klimaks laat in die toneelstuk wanneer die geheime geopenbaar word en die
held (of heldin) sy opponente/antagonis konfronteer en slaag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 23
ʼn Ontknoping van die drama waar al die los punte bymekaar getrek word en
verduidelikings verskaf word wat al die aksie baie geloofwaardig maak.
Met die bogenoemde riglyne, moet die kandidaat volpunte kry as hulle gepaste
voorbeelde uit die toneelstuk verskaf om te bevestig dat Nothing but the Truth onder
die term verhalend pas. (6)
5.5 Melodrama is ʼn tipe verhaal waarin die oor-dramatiese intrige ontwerp is om te op
mense se emosies te speel, soms ten koste van karakter ontwikkeling, sub-teks, en
nuanse. Verder is melodramas geneig om reduktiewe intriges en karakters te bevat
wat stereotipiese argetipes is. In literatuur en verhalende werk is ʼn argetipe ʼn karakter
wat ʼn tipiese voorbeeld van ʼn tema is. Satan, byvoorbeeld, is ʼn klassieke argetipe van
absolute boosheid.
Die bogenoemde definisie pas nie in die geval van Nothing but the Truth nie. Dit is
meer van ʼn realistiese toneelstuk en die karakters hoef nie op te tree in ʼn oordrewe
wyse soos dié in ʼn melodrama nie.
Dit is dus noodsaaklik vir akteurs om die realistiese styl van toneelspel te volg soos
voorgeskryf deur die Stanislavski se sisteem. (8)
5.6 Oorweeg die volgende notas:
Waarheid kan sentraal tot die idee van die Waarheids- en Versoeningskommissie
(WVK) wees; Sommige akademici het aangevoer dat die WVK net ʼn publisiteitsfoefie
was en dat dit nie sy belangrikste voorneme van sy ontstaan bereik het nie. Dit word
aangevoer dat die skuldiges en die slagoffers hulself in ʼn versoening wyse gedra het
ter wille van die publiek. Ja, die waarheid en die eerlikheid van hierdie verhore was
dalk ʼn bietjie naby aan akkuraatheid of eerlikheid, maar niemand kan hulle regtig
kwalifiseer as werklike "waarhede" nie en versoening kon ʼn publisiteitsfoefie wees in
plaas van die werklike eindpunt.
Daar is verskeie versteekte waarhede wat die harmonie tussen die karakters, dood en
lewend, verhinder. Sipho het ʼn baie wat hy innerlik hanteer en dit raak sy gedrag in
die toneelstuk. (LW, gedrag = handelinge en die maniere van ʼn karakter) Die
kandidaat kan tot hierdie gevolgtrekking kom en dit staaf met voorbeelde waar
waarhede geopenbaar was en versoening die gevolgtrekking was.
Dit kan ook in ag geneem word dat Sipho eers met homself moes versoen en homself
vergewe voor versoening in die toneelstuk bereik kon word. Nadat Sipho versoening
met homself vind in die toneelstuk, kan die karakters met mekaar versoen en ʼn
vreedsame ontknoping bereik.
Gebruik die volgende rubriek en die bogenoemde aantekeninge om die kandidaat se
antwoord te assesseer:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande struktuur.
• Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn
Uitstekende
9–10 oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed uitgedruk
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
Verdienstelike • ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite.
8
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord.
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid, sommige
foute is waarneembaar in die struktuur.
Beduidende
6–7 • Interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en eenvoudige taalgebruik.
prestasie
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings.
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige logiese stelling.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om meganiese en stereotipiese
Voldoende antwoorde te verskaf.
5
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings.
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig
nie en ʼn gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
• Beperkte versameling van inligting en swak taalvaardigheid kan ʼn bydraende
Gemiddelde
4 faktor wees.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met gepaste voorbeelde te
ondersteun nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend om die werk
op ʼn aanvaarbare wyse aan te bied.
Basiese
3 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met
toepaslike voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig
ondersteuning.
Nie bereik 0–2 • Irrelevant.
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat geleer het, maar nie
verstaan nie. (10)
[40]
VRAAG 6: MISSING DEUR REZA DE WET
6.1 ʼn Multi-dimensionele karakter kan verskillende goed beteken. Hierdie karakters is
geneig om als wat goed, alles wat verkeerd is, alle goedhartigheid, alle vertroue, alle
onaangenaamhede of alles wat positief is, uit te daag. Multi-dimensionele karakters
toon meestal teenstrydige gedrag en die gehore kan hulle op baie maniere
interpreteer; wat ook die ontwikkeling van die intrige verander.
Byvoorbeeld, die karakter van Konstabel; wanneer ons hom die eerste keer ontmoet,
sien ons ʼn blinde man wat homself in Miem se huishouding bevind. Hy vertoon as ʼn
"goeie ou" veral wanneer ons sien hoe die drie ander karakters reageer op sy
teenwoordigheid in die huis, hulle voel veilig. Die gehoor word ook gemaak om die
kwesbaarheid van die drie dames te voel en die Konstabel hits ʼn valse gevoel van
sekuriteit aan van beide die gehoor en die drie ander karakters. Daar is subtiele
veranderinge in die verloop van die intrige waarvan ons bewus word omtrent
Konstabel, hy is nie wat ons gedink het hy was nie - en die idee van ʼn multi-
dimensionele karakters kan op hierdie wyse gesien word.
Kandidaat moet geassesseer word op die kennis, begrip en assosiasie van die
konsep van die vraag en ʼn karakter uit die toneelstuk. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 25
6.2 Om te kyk en redes te vind hoekom Konstabel nie ʼn naam soos die res van die
karakters het nie. Die volgende is ʼn paar van die redes ten opsigte van Konstabel:
Hy is geheimsinnig
Hy dra ʼn polisie-uniform en is baie eienaardig vir ʼn Konstabel, hy is blind. Dit maak
nie sin nie. Reeds voel ons die teenwoordigheid van ʼn vreemde, magiese element.
Tydens sy metamorfose as ʼn nar, dra hy nie ʼn hemp nie, en die polisie-uniform se
baadjie is onderstebo. Hy lyk nou soos ʼn hof nar of Pierrot (ʼn Franse nar-figuur).
Tesame met hierdie "nuwe" kostuum, kan hy skielik weer sien
Deur dit te doen, word elke lid van die publiek eintlik deel van die "sameswering".
As dit ʼn heel ander baadjie was, sou dit nie dieselfde uitwerking gehad het nie, en
dit sou beslis nadelig vir die toneelstuk wees as hy dit op ʼn ander plek aangetrek
het. Op hierdie manier is die gehoor betrokke by die dramatiese einde.
Konstabel is nie net geheimsinnig nie; Hy is ook ʼn manipulerende en magiese
karakter. Hy openbaar net inligting oor homself as hy dit kan gebruik om ander te
manipuleer. Vergelyk dit wat hy vir Gertie oor "Tant" Hannie vertel. Hy is bewus
van haar seksuele frustrasie, en tot ʼn mate bevry hy haar uit daardie frustrasie. Hy
sê hy word net in spesiale gevalle gebruik. Dit gee Miem ʼn gevoel van
belangrikheid - om te dink dat ten spyte van hul armoede hulle " ʼn spesiale geval"
is! Om te vergoed vir sy blindheid, is hy geseënd met buitengewone goed-
ontwikkelde organe vir reuk en gehoor. Oor sy oorsprong sê hy niks nie. Hulle
noem hom "snuf in Die neus". Vreemd inderdaad, is die feit dat Miem, wat altyd op
soek is na ʼn skurk agter elke heuwel, nie "snuf in Die neus" kry nie. (Let op die
woordspeling!)
Hy vertel vir Gertie van sy ervaring met "Tant" Hannie, en vergesel haar
mondelings (deur middel van woorde/vertelling) in haar fantasiespel as Hannie.
Op ʼn latere stadium, as die nar teenoor Meisie, speel hy sy rol heeltemal en
manipuleer haar in die situasie sonder om veel inligting oor homself te gee.
Hy is merkwaardiglik sensitief vir menslike swakhede en innerlike konflikte binne
mense, en hy buit dit uit. Hy manipuleer die drie met sy demonstrasie van ʼn
verskerpte reuksintuig deur elkeen se ouderdom en seksuele status korrek te raai.
Meisie sien hom as ʼn sensitiewe biegvader teenoor wie sy kan bely omtrent haar
gedwonge bestaan en haar behoefte aan vryheid. Vir hom kom hierdie inligting
handig te pas op ʼn latere stadium.
Die bogenoemde is ʼn paar van die redes waarom die dramaturg gekies het om die
Konstabel ʼn naamlose karakter te hou. Neem die kandidaat se standpunte in ag selfs
al is dit die woordeliks dieselfde nie. Ken volpunte toe indien kandidaat drie redes
aanbied wat goed bespreek word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
6.3 Die volgende is die byklanke wat in die toneelstuk gebruik word en ʼn verduideliking
van die gebruik daarvan:
Die gebruik van wind en musiek:
Wind dra by tot die effek/ambiance. Kom ons kyk na die drie verskillende tipes wind
wat in hierdie toneelstuk gebruik word:
ʼn Huilwind wat Meisie se melankoliese/hartseer gemoedstoestand uitbeeld en ʼn
spookagtigheid aan die toneelstuk verleen. Dit wind klink soos fluisterstemme of
soos lokkende roepstemme van buite af.
Sagte vlae wind wat saamval met die vertelling van Meisie se geheime besoek
aan die sirkus. Hierdie vlae wind klink soos sagte, lokkende roepstemme van
buite. Dit simboliseer Meisie se behoefte om vry te wees, om buitentoe te gaan.
Die wind wat in die vlae waai dui daarop dat haar behoefte net soms na vore kom.
Hard vlae wind tydens Konstabel se vertelling van die sonsverduistering. Dit wind
gee ʼn bisarre emosionele waarde aan die vertelling. Die vallende kwepers en
blomme wat wegvlieg in die tuin gee die vertelling ʼn droomagtige gevoel.
Sirkusmusiek:
Volgens die teks aanduidings moet die sirkusmusiek ongewoon en onheilspellend
klink. Die musiek is dus die lokstem van die irrasionele wat haar na buite roep. Meisie
weet haar ma verbied haar om daarna te luister. Dit is iets wat sy saam te haar ma
moet aanpak. In die laaste toneel druk sy nog steeds haar ore toe om nie die musiek
te hoor nie, maar dan gee sy op verlaat die huis dansend – oppad na vryheid.
Wanneer sy die deur oopmaak, kom die musiek ongehinderd na binne. Hou in
gedagte dat die kombuisdeur oop bly. Dit blyk dat, in die laaste toneel, die musiek
bedoel is om die emosies van die gehoor ook vas te vang.
Kandidaat moet TWEE klankeffekte noem en die betekenis daarvan in die toneelstuk
verduidelik. (5)
6.4 Hierdie vraag is om kandidate se vermoë om ʼn karakter vir ʼn toneelstuk te skep, te
toets.
• Dit begin met die begrip van die karakter deur ʼn kort ontleding.
• Die begrip van die karakter se verhoudingsdinamika in die toneelstuk en die
vaardigheid om die karakter se gedrag te bepaal – ʼn leidraad tot die sielkundige
wese daarvan.
• Metodes van karakterisering wat gebruik kan word om die psigo-patologiese
gedrag van karakters in aksie, ens. te bereik.
Kandidaat kan ʼn paar van Stanislavski se metodes noem en dus moet die toepassing
daarvan in verhouding met die verwagtinge van die vraag in ag geneem word. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 27
6.5 Oorweeg die volgende aantekeninge oor die karakter van Meisie:
Sy is ʼn pragtige jong meisie met lang hare, en sy dra ʼn ou rok. Sy lyk bleek. Die
bleekheid kan verband hou met haar beperkende binnenshuise bestaan. Haar
vereelte hande (vir ʼn jong meisie) en geboë skouers voltooi die prentjie. Sy is
onderdanig, onderdruk en gemanipuleer deur haar ma. Verder is sy ook stil, inskiklik
(stem in vir alles) en semi hartseer/melankolies. (Let op hoe dikwels die Huilwind
geassosieer word met Meisie. Die wind word ʼn verpersoonliking van haar gevoelens.)
Alhoewel sy baie onderdruk word, bly sy in ʼn innerlike konflik met haar algemene
omstandighede. Sy is ook ʼn dromer wat nie net die sirkus, die sirkusmusiek en die
sirkusliggies bewonder, maar ook verlang ook daarna, naamlik sy verlang na vryheid
en geluk. Ons voel aan wanneer ons sien hoe sy na die venster staar. Haar ma streng
verbied haar om dit te doen.
Hierdie innerlike begeertes het duidelik ʼn invloed op haar gedrag regdeur die
toneelstuk, sowel as die uiteindelike oomblik wanneer sy werklik die huis verlaat. Dit
was haar begeerte.
Gebruik die volgende rubriek en die bogenoemde aantekeninge om die kandidaat se
antwoord te assesseer:
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande struktuur.
• Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn
Uitstekende
9–10 oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed uitgedruk
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
Verdienstelike • ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite.
8
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord.
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid, sommige
foute is waarneembaar in die struktuur.
Beduidende
6–7 • Interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en eenvoudige taalgebruik.
prestasie
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings.
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige logiese stelling.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om meganiese en stereotipiese
Voldoende antwoorde te verskaf.
5
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings.
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig
nie en ʼn gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
• Beperkte versameling van inligting en swak taalvaardigheid kan ʼn bydraende
Gemiddelde
4 faktor wees.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met gepaste voorbeelde te
ondersteun nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend om die werk
op ʼn aanvaarbare wyse aan te bied.
Basiese
3 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met
toepaslike voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig
ondersteuning.
Nie bereik 0–2 • Irrelevant.
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat geleer het, maar nie
verstaan nie. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
28 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
6.6 Daar is verskeie verwysings na blindheid in die toneelstuk. Die volgende is die mees
waarneembare:
Aanvanklik kla Miem oor die feit dat sy nie meer goed kan sien nie. Meisie moet
die garing deur die naald sit. Hierdie verwysing behels meer as bloot net die
verlies van sig weens ouderdom. Dit verwys ook na haar onvermoë om die
waarheid te sien, om te sien wat rondom haar gebeur – hoe sy besig is om vir
Meisie te versmoor. Sy verwys na die ander dogters wat verdwyn het en die foute
van hul ouers, maar sy is te "blind" om te sien dat sy dieselfde foute maak. Sy
vertrou ook blindelings vir Konstabel.
Die Konstabel is blind – baie vreemd vir iemand in sy beroep. Hy vertel hoe hy
blind geword het, maar teen middernag kan hy weer sien!
Miem sê almal het voorgegee om blind te wees, dit wil sê niemand wou verstaan
wat wat gebeur het nie.
Konstabel sê hulle is obsessief oor feite ( "Staar hulle blind teen die feite"). Dit kan
ook verwys na die titel, Mis. Almal van hulle mis die punt. (“het dit gemis.”)
Konstabel verwys ook na goed wat misgekyk is. Konstabel also refers to things
Meisie vra vir die Konstabel of hy al die sirkus gesien het, en dan besef sy haar
fout. Min weet sy dat hy wel kan sien.
"Tant" Salie se katarakte is ook ʼn aanduiding van blindheid. Neem kennis van die
feit dat sy sien deur middel van drome.
Op bladsy 52 vind ons die uitdrukking "om iemand uit die oog te verloor". Alles dui
op sig, want al hierdie mense kan sien maar nie begryp nie.
Wanneer Konstabel van die sonsverduistering vertel, is dit asof hy dit weer "sien".
Konstabel kan ná middernag sien.
Oorweeg die bogenoemde in kandidaat se antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 29
Gebruik die volgende rubriek en die notas hierbo om die kandidaat se respons te
assesseer:
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande struktuur.
• Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn
Uitstekende
9–10 oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed uitgedruk
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
Verdienstelike • ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite.
8
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord.
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid, sommige
foute is waarneembaar in die struktuur.
Beduidende
6–7 • Interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en eenvoudige taalgebruik.
prestasie
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings.
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige logiese stelling.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om meganiese en stereotipiese
Voldoende antwoorde te verskaf.
5
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings.
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig
nie en ʼn gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
• Beperkte versameling van inligting en swak taalvaardigheid kan ʼn bydraende
Gemiddelde
4 faktor wees.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met gepaste voorbeelde te
ondersteun nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend om die werk
op ʼn aanvaarbare wyse aan te bied.
Basiese
3 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met
toepaslike voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig
ondersteuning.
Nie bereik 0–2 • Irrelevant.
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat geleer het, maar nie
verstaan nie. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
30 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING D: GESKIEDENIS VAN DIE TEATER, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
Hierdie afdeling bestaan uit VIER vrae.
VRAAG 7 is VERPLIGTEND.
VRAAG 7: GESKIEDENIS VAN DIE TEATER (VERPLIGTEND)
7.1 7.1.1 Tongverhoog. (2)
7.1.2 Die akteur moet in staat wees om hul stem effektief te projekteer omdat die
gehoor aan drie kante van die verhoog sit.
Die akteur moet in staat wees om hul lyftaal effektief aan die gehoor oor te
dra.
AANVAAR REDELIKE, GELDIGE ANTWOORDE. (2)
7.1.3 Die akteur wat upstage, op die hoogste vlak staan.
Hy/sy is moontlik die dominante karakter omdat hy/sy die hoogste is, asook
die feit dat hy/sy in die middel van die verhoog (centrestage) is. (2)
7.2 Eksistensialisme het te make met die probleme van menslike bestaan. Dit
bevraagteken menslike bestaan. (2)
7.3 Antonin Artuad (SLEGS vanne aanvaarbaar) (2)
7.4 Om die gehoor se sintuie te skok deur dissonansie en harmonie en vir die gehoorstuk
om ʼn seremoniese kwaliteit van ʼn godsdienstige ritueel te hê. (2)
7.5 Dit is letterlik die periode na modernisme wat in die middel van die 1980’s begin het. (2)
7.6 Kandidate moet verseker dat hul reaksie ʼn rede sowel as ʼn voorbeeld van teorieë,
geleenthede of praktisyne bevat.
Verwys na die onderstaande rubriek:
DESCRIPTOR PUNTE THE CANDIDATE
Uitstekende Bron-, vraag-, inhoud toepassing en denkprosesse is
5–6
prestasie uitstekend en vol insig.
Voldoende Bron en gememoriseerde inhoud - onvoldoende
3–4
motivering.
Nie voldoende 0–2 Gememoriseerde inhoud- antwoord is swak. (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 31
Antwoord SLEGS EEN van die volgende vrae.
VRAAG 8: STEM EN FISIESE WERK
8.1 Kandidate moet sorg dat al hulle al drie aspekte aanspreek: ʼn stem opwarming wat
KONSONANTE, INTONASIE en ARTIKULASIE insluit.
Hier is ʼn paar voorgestelde antwoorde:
"RRR-RRR-RRR"
Haal diep asem en rol die tong deur die klank, “RRR-RRR-RRR” te herhaal. (in een
asem)
Haal weer diep asem en rol die tong deur “RRR-RRR-RRR-RRR-RRR-RRR” te
herhaal, wat nou twee keer so lank is (in een asem)
Kyk hoe lank die studente met hierdie patroon kan volhou sonder om weer asem te
haal.
Hou aan met die beweging van die tong, maar begin die eerste “RRR” so laag as
moontlik en verhoog jou toonhoogte elke keer en laat val dit dan weer na ʼn lae noot.
Dit sal die hoogste en laagste toonhoogtes van die studente se stemme opwarm.
Om artikulasie ook in te sluit, kan jy die artikulasie van die “r-klank” oefen wat die
opwarming van artikulasie organe (bv. Lippe, tong, tande, wange, ens.) sal verseker.
Bv. Rooi Ribbok Ram.
Oorrol die “r-klank” om die maksimum effek te kry..
* DIT KAN MET ENIGE ANDER KONSONANT VERVANG WORD.
Reaksies moet akkuraat wees en punte moet toegeken word indien kandidate ʼn
gepaste opwarmings-voorbeeld gegee het wat aan al die vereistes voldoen.
DRIE punte moet toegeken word vir elk van die vereistes (3 x 3) (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
32 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
8.2 Kandidate mag dalk van karakteriseringstegnieke vanuit Graad 11 Realisme gebruik
maak ((Stanislavski se “Sisteem”).
Kandidate mag ook die volgende reaksies toon:
INTERNE ONTDEKKING EN KARAKTER BEGRIP.
Benader deur ʼn organiese metode
Benader dit en bring dit in verband met hul eie persoonlike proses
Wees oop vir ontdekkings
Gebruik intuïsie
EKSTERNE ONTDEKKING EN BEGRIP VAN KARAKTER
Fokus op kostuums/grimering
Leer woorde en gaan deur die woorde
Fokus op die karakter se geskiedenis
Laat die teks toe om oor die karakter in te lig
MAAK GEREED VIR OPTREDE
Doen fisiese opwarmings-oefeninge
Ontspan en fokus op jouself
Fokus op jou optrede
EVALUERING VAN OPTREDE
Met betrekking tot die proses:
Konstante assesseringsproses
Bevraagteken die optrede (8)
8.3 Om die karakter te internaliseer is om die houdings of gedrag van die karakter aan te
neem en vir die karakter om ʼn bewustelose assimilasie te word, die fisiese handelinge
en denkprosesse van die akteur. (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 33
VRAAG 9: LEWENDIGE OPVOERING
9.1 Die kandidaat in staat is om volledige aantekeninge te skryf oor wat hul tema behels,
ʼn duidelike boodskap wat hulle aan die publiek wil oordra en aantekeninge oor die
toepaslikheid van hul tema in die samelewing vandag. Die kandidaat moet in staat
wees om hul tema in terme van al drie aspekte te evalueer.
Ken TWEE punte toe vir elke aspek goed verduidelik. Die nasiener moet hul diskresie
gebruik met die nasien van hierdie vraag. (6)
9.2 Die kandidaat demonstreer ʼn begrip van die element en hoe dit belangrik is in die
voorbereiding van die program as ʼn geheel. Die kandidaat verskaf ook inligting oor
hoe hulle hierdie element in hul voorbereidingtoegepas het.
Gebruik die volgende notas en rubriek as ʼn riglyn om jou te help:
Die keuse van jou tema
Dit maak nie saak hoe jy te werke gaan om ʼn tema te kies nie, maar watter metode jy
ook al gebruik, dit moet deur almal ooreengekom word. ʼn Tema moet dieper
betekenis en relevansie vir die publiek of gehoor hê.
Kyk TV-programme, lees toneelstukke, lees gedigte, selfs aanhalings vir inspirasie.
Wees spesifiek.
Wanneer jy ʼn tema kies, fokus op ʼn spesifieke aspek van ʼn breër tema.
Byvoorbeeld as jy wil om te fokus op die lewe, watter aspek van die lewe? Die tema is
te breed en kan eintlik enigiets beteken.
Maak seker van presies waarop jy wil hê die moderators op moet fokus.
ʼn Titel wat die oog vang
Wanneer jy ʼn boek van ʼn rak afhaal, gaan jy gewoonlik vir die een met die mooi
prentjie of interessante titel. Iets wat jou oog vang en jou nuuskierigheid prikkel. Dit is
dieselfde met die titel van jou program. Kies ʼn titel wat dissektering benodig.
Konstruksie van ʼn tema-program
Sodra jy jou tema en jou materiaal het, moet jy besluit oor die volgorde waarin jy dit
gaan opvoer. Jy moet ʼn verskeidenheid van gedigte, monoloë, tonele, bewegings,
liedjies, ens. gebruik om ʼn samehangende teaterstuk te vorm. Wanneer dit by die
keuse van jou stukke kom, moet jy probeer om stukke van verskillende genres,
verskillende historiese periodes, ens. te vind.
Jou program moet ʼn struktuur hê met ʼn duidelike beginpunt, ʼn middel waar jy dalk
verskillende scenario's van die onderwerp ondersoek en dan ʼn einde om jou idees op
te som, of die gehoor laat dink.
Die skep van skakels
Skakels is belangrik in ʼn tema-program. Dit kan in die vorm van kort beweging-stukke,
kreatiewe stel-veranderinge, ʼn aanhaling of kort stelling, ʼn baie kort uittreksel wat ʼn
relevante punt maak, poësie, ʼn lied of fisiese bewegings wees. Dit kan enige aantal
vorms aanneem. Hierdie skakelstukke is daar by die program bymekaar te hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
34 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
Blok die program
Terwyl elke stuk sy eie blokuitleg sal hê gebaseer op die karakter-keuses wat jy
gemaak het en die verhoudings wat ondersoek word, sal die program as ʼn geheel ook
geblok moet word. Oorweeg die gebruik van ruimte noukeurig; Onthou dat daar geen
grense is nie!
Wees innoverend. Kyk of jy jou tema in jou blok kan inkorporeer.
Verken jou ruimte
Elke ruimte het sy eie unieke energie. Jy moet vertroud raak met die grootte van die
ruimte, die verskillende aanbieding moontlikhede, die akoestiek, ens. Hoe groter en
leër die ruimte, hoe moeiliker raak dit om die ruimte met jou energie en stem vul. Dit
sal dus ekstra aandag aan artikulasie, resonansie en asemhaling verg.
Voordat jy jou finale praktiese assessering doen, moet jy in die opvoerruimte oefen
sodat jy en jou groeplede die volume en eggo's van jou stem kan toets om te verseker
dat jy die beste klank kwaliteit moontlik kry. Wanneer julle, repeteer, kan een persoon
agter in die "teater" staan en seker maak dat almal hoorbaar en duidelik praat.
Wanneer dit kom by verhoogplasing (staging) moet jy uit die boks uit dink. Jy moet al
die beskikbare ruimte gebruik. Dink aan hoe jy verskillende vlakke en verskillende
speelareas kan skep, asook hoe jy almal op die verhoog gaan plaas om ʼn
samehangende stuk te skep terwyl individue optree om die algehele "prentjie" (beeld
– image) te verbeter.
Gebruik die onderstaande rubriek om die kandidaat se antwoord te assesseer:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 35
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande
struktuur.
• Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om
inligting te verwerk tot ʼn oorspronklike interpretasie en
Uitstekende
8 deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese
verwysings.
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed
uitgedruk.
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
• ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van
Verdienstelike feite.
7
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese
verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord.
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van
bevoegdheid, sommige foute is waarneembaar in die
struktuur.
Beduidende • Interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en
6
prestasie eenvoudige taalgebruik.
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings.
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige
logiese stelling.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om
Voldoende meganiese en stereotipiese antwoorde te verskaf.
5
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings.
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd
ʼn hoë vlak van insig nie en ʼn gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
• Beperkte versameling van inligting en swak
Gemiddelde
4 taalvaardigheid kan ʼn bydraende faktor wees.
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met
gepaste voorbeelde te ondersteun nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging
aangewend om die werk op ʼn aanvaarbare wyse aan te
bied.
Basiese
3 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg,
prestasie
dikwels irrelevant.
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te
ondersteun met toepaslike voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte
vaardighede, benodig ondersteuning.
Nie bereik 0–2 • Irrelevant.
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat
geleer het, maar nie verstaan nie. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
36 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
9.3 Die kandidaat is in staat om TWEE elemente te verduidelik en hulle begrip van elke
element te demonstreer. Hulle is ook in staat om hierdie elemente op ʼn monoloog wat
hulle voorberei het, toe te pas.
Die kandidaat word toegeken met DRIE punte per element wat verduidelik word.
Gebruik die volgende notas tot jou te help:
Verhoudings
Die skep van verhoudings is geweldig belangrik, selfs in monoloë of gedigte. Maak
seker dat jy verstaan wie of wat jou karakter mee verband hou en hoe hulle voel oor
die persoon of ding in die oomblik van die optrede. As dit nodig is, dink aan die
persoon met wie jy praat en laat jouself toe om deur hom of haar beïnvloed te word.
Wees spesifiek, wees spontaan en reageer.
Konflik
Waarvoor veg jou karakter? Hoekom hou hulle aan praat?
Hoekom bly hulle in ʼn toneel? Hoekom vertel hulle hierdie storie?
Wie meng in met wat dit ook al is waarvoor hulle veg?
Die oomblik net voor
Wat gebeur voor jou stuk begin? Waar kom jou karakter vandaan? Waarmee kom
hulle in die stuk in? Wees spesifiek, fokus en visualiseer sodat jy elke stuk/toneel met
energie begin.
Humor
Vind die humor in wat jy doen. Dit beteken nie net die snaakse nie, dit beteken om ʼn
vonk in selfs in die mees tragiese oomblikke te vind. Selfs die donkerste stuk moet ʼn
flikkering van humor iewers hê.
Ontdekkings
Wat leer jou karakter vir die eerste keer in die monoloog? Watter ontdekkings maak
hulle?
Kommunikasie
Kommunikasie is noodsaaklik in elke stuk waarin jy optree.
Maak seker dat jou kommunikasie voltooid is - jou boodskap moet duidelik wees, die
ontvanger moes dit ontvang het, die ontvanger moet reageer op die kommunikasie en
die kommunikeerder moet registreer dat die ontvanger gereageer het. (6)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 37
VRAAG 10: KULTURELE OPTREDES EN RITUEEL
Kandidaat kan kies uit ʼn verskeidenheid van tradisionele beoefende rituele en seremonies
binne hul onmiddellike gemeenskap. Hierdie praktyke kan wissel van die normale praktyke
soos die huwelik/troue, begrafnis, oestye en inisiasie.
LW: Om die diversiteit van kandidate wat ons in ons provinsie het te akkommodeer, is
die voorstelle nie kultuurgroep spesifiek nie.
Kandidate kies ʼn ritueel en enige vier elemente van drama soos die opsies in die instruksies
gegee is. Die volgende notas bevat ʼn lys van al die elemente wat in die instruksies gegee is
met ʼn verduideliking van elk.
Nasieners moet hierdie riglyne gebruik om kandidaat se begrip van die konsepte per
element te assesseer en evalueer of hulle in staat is om dit toe te pas in hul daaglikse lewe.
Kandidate behoort die drama elemente te kan toepas en hul tradisionele seremonies of
rituele as ʼn voorbeeld te kan gebruik.
Die volgende is drama elemente en die algemene definisies daarvan:
Fokus
Fokus word dikwels uitruilbaar gebruik met die term konsentrasie en betrokkenheid. Dit
dien as ondersteuning in die uitbeelding in die uitbeelding van geloofwaardige karakters.
Dit impliseer ook memorisering van die teks (insluitend woorde, bewegings en gebare).
Verder vereis fokus die kanalisering (fokus) van al die karakter se energie tot die
bereiking van die gegewe doelwitte in ʼn toneel.
Ritme
Ritme verwys na die maat en tempo van die toneelstuk. Dit beteken ook die maat of
tempo van die opvoering. As ʼn reël moet die ritme nooit dieselfde regdeur die drama
wees nie, ongeag van die lengte van die toneelstuk. Ritme kan die emosionele toestand
van een of meer karakters of die atmosfeer van die opvoering op bepaalde oomblikke
volg.
Kontras
Sonder die versigtige gebruik van kontras is ʼn opvoering vervelig en sonder spanning. ʼn
Duidelike voorbeeld van kontras is ʼn hartseer toneel gevolg deur ʼn gelukkige een. Maar
kontras kan ook op ʼn subtieler en gesofistikeerde manier geskep word, soos die
manipulering van die toneelstuk om ʼn verandering in die dekor, die gebruik van ruimte of
ritme te skep. Die tempo van tonele kan ook verander word, so ook verskeie dramatiese
elemente binne ʼn klein gedeelte van ʼn toneel.
Atmosfeer
Atmosfeer is die gevoel van ʼn opvoering. Dit verwys na die ambience of aura en word
dikwels geskep deur ʼn kombinasie van ʼn paar dramatiese en toneelkuns elemente wat in
harmonie met mekaar werk. Die atmosfeer van ʼn opvoering is nou verbind met die
alledaagse gevoelens soos jammer, woede, begeerte of frustrasie. Atmosfeer in drama
kan geskep word deur middel van klank, beligting, beweging, dekor, ritme, kontras,
konflik en nog baie meer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
38 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
Ruimte
Hierdie dramatiese element verwys na die effektiewe gebruik van beskikbare ruimte in ʼn
optrede. Verskillende vlakke van ruimte word deur die kunstenaar gebruik, soos sit,
vooroor buig, lê of kruip. Natuurlik kan dit ook verwys na die beweging boverhoog en
onderverhoog (upstage en downstage) of om op die verhoog rond te loop. Om die ruimte
doeltreffend te gebruik, is beweging ʼn belangrike faktor. Gebruik van ruimte impliseer ook
die duidelike kommunikasie met die gehoor oor waar die aksie plaasvind. Dit kan enige
veranderinge in die dekor wat in die optrede mag voorkom, insluit..
Klank
Die gebruik van simbole in dramatiese vertonings kan een van die eenvoudigste en ook
een van die mees ingewikkelde van alle tegnieke wees. In kort impliseer simboliek ʼn
groter/dieper betekenis as die letterlike voorstelling. Rekwisiete is die maklikste om mee
te werk omdat voorwerpe in die alledaagse lewe simbole in die samelewing is
(byvoorbeeld ʼn roos simboliseer liefde, ʼn kruis simboliseer Christendom).
Simbole
Simbole kan ook gevind word in die gebruik van kleur. Ons assosieer dikwels pers met
koninklikes, rooi met woede of begeerte, swart met die bose en duisternis of wit met
suiwerheid en onskuld. Kleur assosiasies kan effektief wees met simbole in kostuums,
dekor en rekwisiete. Maar die mees gevorderde gebruik van simbole kom voor met die
toepassing van gebare en bewegings. ʼn Spesifieke gebaar kan vroeg in ʼn optrede deur ʼn
karakter gebruik word en later onder verskillende omstandighede (konteks) herhaal word
en het ʼn heel ander betekenis. Wanneer dit slegs een keer gebruik word, kan ʼn gebaar
ook ʼn kragtige simbool wees. Natuurlik kan al die bogenoemde voorbeelde gekombineer
word vir ʼn beter effek.
Konflik
Die dramaturg, George Bernard Shaw (wat Pygmalion, wat later aangepas is om die film,
My Fair Lady te maak, geskryf het) het eenkeer gesê: "Geen konflik, geen drama.” Hoe
reg was hy! Drama sonder konflik is gewoonlik eentonig en ongeïnspireerd. As ʼn reël,
moet konflik altyd beskou word as ʼn noodsaaklike bestanddeel vir alle dramatiese
vertonings. Konflik kan tussen twee of meer karakters, of net een (innerlike konflik) wees.
Baie Elizabethaanse alleensprake bevat innerlike konflik ( "Om te wees of nie te wees ..."
is ʼn uitstekende voorbeeld). Konflik op die verhoog kan verbaal, fisies of nie-verbaal
(sielkundig) wees. Konflik verskil van spanning in dat dit dikwels ʼn vaste deel van die
struktuur van ʼn toneelstuk is, met karakters wat bestem is om uit die staanspoor met
mekaar te bots.
Klimaks
Die meeste toneelstukke sal een of meer krisisse in die ontwikkeling van die intrige hê. ʼn
Krisis is ʼn belangrike oomblik van dramatiese spanning en konflik in die toneelstuk, wat
gewoonlik tussen twee of meer karakters voorkom en ernstige implikasies vir die uitslag
van die intrige inhou. Die uiteindelike krisis, of hoogste piek, is gewoonlik bekend as die
klimaks en dikwels (maar nie altyd nie) kom aan die einde van ʼn toneelstuk voor. Daar
kan ook meer as een klimaks wees, maar dit is ongewoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 39
Die kandidaat moet hul begrip van die drama element verduidelik en die seremonie gebruik
om voorbeelde met betrekking tot die ooreenkoms te staaf of om die geldigheid van ʼn ritueel
as teater of dramatiese optrede te staaf.
Ken VYF punte toe per punt wat van die lys af bespreek word.
KATEGORIE PUNTE BESKRYWING
• Goed georganiseerd, volledig en logies, uitstaande struktuur.
Uitstekende • Toon ʼn uitstekende hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn oorspronklike
16–20 interpretasie en deurdagte keuse van feite.
prestasie
• Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings .
• Insiggewend, vloeiend, observasie en kennis word goed uitgedruk.
• Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur .
Verdienstelike • ʼn Hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite .
14–15
prestasie • Gebruik ʼn verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings.
• Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord .
• Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid, sommige foute is
waarneembaar in die struktuur.
Beduidende
12–13 • interessante lees, duidelike stellings, oortuigend, en eenvoudige taalgebruik .
prestasie
• Gebruik ʼn uitgesoekte relevante dramatiese verwysings .
• Toon ʼn mate van insig, maar nie genoeg nie. Sommige logiese stelling.
• Struktuur nie altyd logies nie.
• Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om meganiese en stereotipiese antwoorde te
Voldoende verskaf.
10–11
prestasie • Genoegsame versameling van dramatiese verwysings .
• Voldoende leesstof, maar voel gememoriseerd. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig nie en ʼn
gebrek aan verbeelding.
• Nie altyd georganiseerd of logies nie.
Gemiddelde • Beperkte versameling van inligting en swak taalvaardigheid kan ʼn bydraende faktor wees .
8–9
prestasie • Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met gepaste voorbeelde te ondersteun
nie.
• Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend om die werk op ʼn
aanvaarbare wyse aan te bied.
Basiese
6–7 • Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant .
prestasie
• Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met toepaslike
voorbeelde nie.
• Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig ondersteuning .
Nie bereik 0–5 • Irrelevant
• Eenvoudige frases of woorde wat toon dat die kandidaat geleer het, maar nie verstaan nie . [20]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 12 Dramatic Arts
Explore more published documents in this catalogue.


--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)














