Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
DRAMATIESE KUNSTE
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*DRAMA*
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper View all
Gr12 DRMA S16 QP Afr hlayiso.com
Dramatic Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Pages
- 13
- File size
- 325.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings 30 punte
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 40 punte
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 40 punte
AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Begrippe, Inhoud
en Vaardighede 40 punte
2. AFDELING A
Alle kandidate moet hierdie vraag beantwoord deur na die toneelteks wat hulle
bestudeer het, sowel as relevante 20ste-eeuse teaterbeweging te verwys.
EPIESE TEATER
Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-teks
Mother Courage Bertolt Brecht
Moeder Moed Vertaling van Bertolt Brecht-teks
The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
ABSURDE TEATER
Waiting For Godot Samuel Beckett
Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-teks
Bagasie André P Brink
The Bald Prima Donna Eugeni Ionesco
Die Kaalkop Prima Donna Vertaling van Eugene Ionesco-teks
POSTMODERNE TEATER
Skrapnel Willem Anker
Top Girls Carol Churchill
Popcorn Ben Elton
Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag uit hierdie
afdeling beantwoord.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company
VRAAG 4: Siener in die Suburbs P.G. du Plessis
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 3
4. AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER (NÁ 1994)
Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag in
hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani
VRAAG 6: Missing Reza de Wet
5. AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
Hierdie afdeling bestaan uit VIER vrae. VRAAG 7 is VERPLIGTEND.
VRAAG 7: Die Geskiedenis van Teater (VERPLIGTEND)
Antwoord SLEGS EEN van die volgende vrae:
VRAAG 8: STEM- EN FISIESE WERK OF
VRAAG 9: LEWENDIGE OPVOERING OF
VRAAG 10: KULTURELE OPTREDES EN RITUELE
NOTA AAN ONDERWYSERS
AFDELING D kan elke jaar ʼn verskillende aantal vrae bevat, afhangende van die
aspekte wat getoets word en die bronmateriaal wat gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING A: TWINTIGSTE EEUSE TEATERBEWEGINGS
VRAAG 1: TWINTIGSTE EEUSE TEATERBEWEGINGS
Verwys na die 20ste-eeu se “isme” wat jy hierdie jaar bestudeer het om die vraag te beantwoord.
Bestudeer die volgende aanhaling en beantwoord die vraag wat volg.
Om in staat te wees om in verskillende style toneel te speel, gee vir jou ʼn beter kans om ʼn
suksesvolle akteur te wees. Maar natuurlik moet jy in staat wees om tussen verskillende
style te kan onderskei.
www.acting-classes-online-tips.com
Neem die teatertegnieke van die toneelstuk wat jy bestudeer het in ag en evalueer hoe
hierdie tegnieke die hoofkarakter(s) se toneelspel beïnvloed.
Verwys na die volgende in jou opstel:
Navorsing
Teks-ontleding
Die skep van ʼn karakter
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 5
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER [1960–1994]
Beantwoord SLEGS EEN vraag uit hierdie afdeling.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
2.1 Identifiseer TWEE bybelse verwysings wat in Woza Albert! voorkom. (2)
2.2 Bespreek die gebruik van argitipe/stereotipe karakters en gee voorbeelde uit die
toneelstuk. (6)
2.3 Kan Woza Albert! as deel van die term, ‘agitprop’ geklassifiseer word?
Verwys na ʼn spesifieke kwessie wat in die teks aangeraak word om jou antwoord te
ondersteun. (5)
2.4 Lewer kommentaar op die gebruik van kostuums as ʼn vorm van karakter
transformasie in die toneelstuk Woza Albert! (5)
2.5 Verduidelik die term ‘satire’ in terme van Woza Albert! Gee ʼn voorbeeld uit die
toneelstuk. (4)
2.6 Hoe kan ʼn akteur van stem- en fisiese vaardighede in sy toneelspel gebruik maak in ʼn
produksie soos Woza Albert!? (8)
2.7 Watter bewyse vind ons wat die toepassing van Arm-/Gestroopte Teater-tegnieke in
die toneelstuk staaf?
Verwys na Arm-/Gestroopte teater-konvensies sowel as voorbeelde uit die toneelstuk
om jou antwoord te ondersteun. (10)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
3.1 Noem DRIE redes waarom mense gemeenskapteater maak. (3)
3.2 Kan Sophiatown as ʼn gemeenskapteaterproduksie geklassifiseer word?
Verskaf TWEE redes vir jou antwoord. (4)
3.3 Lees die onderstaande uittreksel van die Universiteit van Johannesburg deur Natasha
Erlank en Karie L Morgan, Sophiatown.2015.
Sophiatown is in die vroeë 20ste-eeu as ʼn vrypag-area, een van twee areas in
Johannesburg waar Afrikaners eiendom kon besit, gevestig. Gedurende die 1940’s en
1950’s was Sophiatown deur armoede geaffekteer, maar dit het ook as ʼn plek vir
politieke aktivisme en kulturele produksie gedien.
3.3.1 Watter politieke aktiwiteite, dink jy, is gedurende die bogenoemde era in die
Sophiatown woonbuurt beoefen? Bespreek ten minste TWEE aktiwiteite. (5)
3.3.2 Bespreek die redes waarom Sophiatown se leefstyl as multi-kultureel
geklassifiseer word. (6)
3.3.3 Verduidelik hoe die politieke situasie van daardie tyd ʼn rol in die sloping van
die muti-kulturele omgewing gespeel het. (5)
3.3.4 Noem enige TWEE skrywers wat in die Sophiatown era geleef het. (2)
3.4 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:
Tsotsis kry hul naam van die VSA se ‘Zoot-suitor’ van ʼn vorige generasie en
hulle vervul die rol. Hulle is straathoek-‘dandies’ wat by die ingange van leë
winkels, treinstasies en bus terminale rondhang en verbygangers aangluur.
[House of Bondage, Cole (1968:123)]
Hoe word die aktiwiteite van Mingus en Charlie se karakters deur die uittreksel
bevestig? (6)
3.5 Neem die Sophiatown-gemeenskap en die kulturele dinamika daarvan in ag en
beantwoord die vraag wat volg.
Skryf kort notas waarin jy voorstelle maak oor hoe Sophiatown gesien kan word as
die Suid-Afrika waarvoor ons almal wens, veral kultureel. (10)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 7
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS BY P.G. DU PLESSIS
4.1 Wat is die sosio-politiese omstandighede wat in die toneelstuk Siener in die Suburbs
voorkom? Noem ten minste TWEE. (5)
4.2 Lewer kommentaar op die gebruik van stokkarakters in die toneelstuk. Gebruik
voorbeelde uit die toneelstuk om jou antwoord te staaf. (5)
4.3 Dink aan die doelwitte van die protagonis in Siener in die Suburbs en bespreek die
volgende:
Hoe blyk dit dat Jakes se karakter die antagonis in die toneelstuk is? Neem sy rol in
die intrige van die toneelstuk in ag. (10)
4.4 Watter kostuum sal jy vir Tiemie aanbeveel om haar sosio-ekonomiese status in die
toneelstuk duidelik uit te beeld? (5)
4.5 Hoe sal jy van dekor gebruik maak om ʼn toneel van Siener in die Suburbs effektief in
jou skoolsaal uit te beeld? (10)
4.6 Is dit nog nodig vir Suid-Afrikaanse gehore van vandag om ʼn produksie van Siener in
die Suburbs te sien? Gee redes vir jou antwoord. (5)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER [NÁ 1994]
Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag uit hierdie
afdeling beantwoord.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
5.1 Bestudeer die onderstaande uittreksel van Portal Studios en beantwoord die vraag
wat volg:
“Motoriese moment gebeurtenisse is gebeure wat dramatiese aksie forseer.
Motoriese momente forseer karakters, instellings, verenigings en gemeenskappe om
in aksie oor te gaan en te reageer. Aan die begin van ʼn storie word daar dikwels na
dit verwys as aanhitsingsvoorvalle, maar motoriese moment gebeurtenisse kan
regdeur veelvuldige strome van intrige gebeur en die effek van die motoriese moment
gebeurtenisse kan ʼn invloed op verskeie intrige-lyne of selfs verskeie vlakke hê”.
Wat is die motoriese moment in Nothing but the Truth? Verwys na die toneelstuk om
jou antwoord te staaf. (4)
5.2 Bespreek die kulturele konflik in die toneelstuk, Nothing but the Truth.
Gebruik EEN karakter van die toneelstuk as ʼn voorbeeld. (6)
5.3 Kan Nothing but the Truth op ʼn traverse verhoog opgevoer word?
Gee ten minste DRIE redes vir jou antwoord. (6)
5.4 Identifiseer redes gebaseer op die intrige van Nothing but the Truth wat dit gepas sal
maak om as ‘verhalend’ geklassifiseer te word. (6)
5.5 Is melodrama ʼn gepaste styl vir ʼn toneelstuk soos Nothing but the Truth?
Verwys na die toneelstuk om jou antwoord te ondersteun. (8)
5.6 Bespreek die tema, versoening, soos in die toneelstuk, Nothing but the Truth ontbloot
word. (10)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 9
VRAAG 6: MISSING DEUR REZA DE WET
6.1 Wat beteken dit as ʼn karakter multi-dimensioneel is?
Verskaf ʼn voorbeeld vanuit die toneelstuk, Missing. (4)
6.2 Bepaal die redes hoekom sommige dramaturge geneig is om naamlose karakters in
hul toneelstukke te gebruik. Verwys na die karakter, Konstabel, in jou antwoord. (6)
6.3 Verduidelik die klankeffekte wat gebruik word en wat dit suggereer oor die wêreld
buite Miem se huis in die toneelstuk, Missing. (5)
6.4 Die dramaturg laat sekere karakters doelbewus hul aksies herhaal. Meisie loer
herhaaldelik deur die venster en Miem maak elke keer beswaar daarteen.
Neem die bogenoemde informasie in aanmerking en skryf ʼn kort paragraaf waarin jy
bespreek hoe die akteur die verhouding tussen Miem en Meisie kan demonstreer
deur van aksies gebruik te maak. (5)
6.5 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg:
Nog ʼn Jungiaanse idee is dat die onderdrukking van diepgewortelde magte en
passies in die menslike psige ʼn vernietigende uitwerking op die individu het.
Bewys die bogenoemde stelling deur na Meisie se karakter te verwys. Gebruik die
toneelstuk as ʼn bron om jou antwoord te staaf. (10)
6.6 Bespreek die verskillende vlakke waarop die tema, blindheid, in die toneelstuk
aangespreek word. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING D: GESKIEDENIS VAN DIE TEATER, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
Hierdie afdeling bestaan uit VIER vrae.
VRAAG 7 is VERPLIGTEND.
VRAAG 7: GESKIEDENIS VAN DIE TEATER (VERPLIGTEND)
7.1 Verwys na die volgende bron: (BRON A) en beantwoord die vrae wat volg:
7.1.1 Watter tipe verhoog word in BRON A uitgebeeld? (2)
7.1.2 Noem TWEE vaardighede wat ʼn akteur benodig om op so verhoog op te tree. (2)
7.1.3 Identifiseer die sterkste fokuspunt in BRON A. Voorsien ʼn motivering vir jou
antwoord (2)
7.2 Verduidelik die term Eksistensialisme. (2)
7.3 Wie was die stigter van Teater van Wreedheid? (2)
7.4 Wat was die hoof doel van Teater van Wreedheid? (2)
7.5 Daar word gesê dat die wêreld huidiglik in ʼn post-moderne toestand verkeer.
Wat beteken die term Post-modernisme? (2)
7.6 Verduidelik die redes wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van die 20ste eeuse
ismes en voorsien ʼn paar voorbeelde van teorieë en of gebeurtenisse om jou respons
te motiveer. Jy kan voorbeelde gebruik wat van toepassing is op die toneeltekste wat
jy bestudeer het. (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 11
Antwoord SLEGS EEN van die volgende vrae.
VRAAG 8: STEM EN FISIESE WERK
8.1 Stem- sowel as fisiese opwarmings is belangrike aspekte van Dramatiese Kunste.
Ontwerp ʼn stem-opwarming waar jy die gebruik van konsonante, intonasie en
artikulasie insluit. (9)
8.2 Wanneer jy vir ʼn karakter voorberei, kan dit uitdagend wees om fisies jou karakter uit
te beeld.
Bespreek die proses wat jy sal volg wanneer jy vir ʼn karakter in een van die Suid-
Afrikaanse toneelstukke wat jy in Drama bestudeer het, moet voorberei.
Gee die naam van die toneelstuk, asook die naam van die karakter waarna jy sal
verwys. (8)
8.3 ʼn Akteur moet in staat wees om ʼn karakter te internaliseer in terme van stem- en
fisiese karakterisering.
Wat beteken dit om ʼn karakter te internaliseer? (3)
[20]
OF
VRAAG 9: LEWENDIGE OPVOERING
9.1 Jy is besig om aan jou tema-program as jou finale praktiese assessering te werk.
Maak aantekeninge oor jou tema, die boodskap wat jy aan die gehoor wil oordra en
waarom dit relevant is om hierdie tema vandag aan te spreek. (6)
9.2 Bestudeer die volgende elemente wat jy met die samestelling van ʼn tema-program
moet oorweeg:
Die keuse van jou tema
ʼn Titel wat die oog vang
Konstruksie van die program
Die skep van skakels
Blok van die program
Verken jou ruimte
Verken jou energie
In ʼn kort opstel, bespreek hoe jy jou program saamgestel het. Verwys na ten minste
DRIE van die bogenoemde elemente en verduidelik hoe jy daardie spesifieke element
in jou program gebruik het. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2016)
9.3 Wanneer jy vir ʼn monoloog voorberei, is daar ook ʼn aantal elemente wat jy moet
oorweeg, soos:
Verhoudings
Konflik
Die oomblik net voor
Humor
Kommunikasie
Ontdekkings
Kies TWEE elemente wat jy gebruik het ter voorbereiding vir ʼn monoloog. Skryf ʼn
paragraaf waarin jy elke element beskryf, asook hoe jy hierdie element gebruik het
om jou te help met die voorbereiding van jou monoloog. (6)
[20]
OF
VRAAG 10: KULTURELE OPTREDES EN RITUEEL
Die volgende is ʼn lys van drama-elemente:
Fokus
Ritme
Kontras
Atmosfeer
Spasie
Klank
Simbole
Konflik
Klimaks
Daar is in vele studies bewys dat teater of drama sy oorsprong in rituele het. Baie kritici glo
dat daar ʼn duidelike ooreenkoms tussen die verhalende strukture en selfs die ‘teater
ondervinding’ is.
Kies VIER elemente uit die lys wat verskaf word en skryf ʼn paragraaf oor elkeen waarin jy
die redes verduidelik waarom ʼn ritueel as nou verband met teater of dramatiese optredes
gesien kan word. [20]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 12 Dramatic Arts
Explore more published documents in this catalogue.















--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)

